Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
2015
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 24 bladsye wat drie rubrieke insluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)




Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2015 Memo
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2015, 24 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 676.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
NSC June Exam 2015
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/2015
SSE – Memorandum
ALGEMEEN
1. Gebruik die assesseringsrubrieke soos volg:
BYLAAG A: VRAAG 1 OPSTEL
BYLAAG B: VRAAG 2.1 FORMELE BRIEF
VRAAG 2.2 HULDEBLYK
VRAAG 2.3 INFORMELE VERSLAG
VRAAG 2.4 DIALOOG
BYLAAG C: VRAAG 3.1 ADVERTENSIE
VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
VRAAG 3.3 INSTRUKSIES
2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3. As ʼn onderwerp misgetas is, word die leerder se antwoordboek na die senior
nasiener verwys. Die leerder moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud
aangeslaan word.
Indien daar twyfel oor ʼn onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.
4. Indien ʼn skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die leerder geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien
5. dele van die skryfstuk wel die leerder se eie werk is, assesseer hierdie dele
volgens die laagste kode.
Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) gebruik by die
nasien van ʼn skryfstuk. Om net strepe te trek is ONAANVAARBAAR.
6.
7. By skryfstukke wat te lank is, word die maksimum lengte nagesien en ʼn
streep deur die res getrek. Dan word die leerder nie verder vir lengte
gepenaliseer nie.
8. Vraag 1.6
• Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.
• Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
• Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd
of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/2015
SSE – Memorandum
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word:
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde ( ) Hakies en pyltjie
Spelfout = Twee kort strepies onder ʼn woord
Woordkeuse / Haal met ʼn streep deur
Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp [ Begin van ʼn nuwe sin
sin
Woorde uit ander tale/nie- X Trek ʼn X bo die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde
Standaardafrikaans bly die norm.
Gebruiksafrikaans moet vermy
word. Aanvaar terminologie
waarvoor Afrikaans nog nie
ekwivalente het nie.
Aanvaar ook gemotiveerde
Afrikaanse streekswoorde/
streekuitdrukkings.
Erkenning van taaljuweeltjies (bo die woord) Regmerkie bo goeie taalgebruik,
idees of uitdrukkings.
Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh
Onduidelik/onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie O Omkring
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die leerder se skryfstukke na aanleiding van die vyf
HOOFVLAKOMSKRYWINGS volgens:
AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte).
AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en
TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte).
AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en
TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/2015
SSE – Memorandum
3. • Bepaal heel eerste in watter hoofvlakomskrywing die skryfstuk val,
byvoorbeeld KNAP.
• Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val,
byvoorbeeld KNAP Hoë vlak.
• Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt
neer, byvoorbeeld uit die punt (22-24) besluit die nasiener op 22 uit 30 vir
Inhoud en Beplanning.
• Dieselfde werkswyse word by Taal, Styl en Redigering gevolg.
4. Hou die persentasies by die vlakomskrywings in gedagte. Dis ʼn hulpmiddel.
5. Let daarop dat Afdeling B en C nie onderskei tussen hoë en lae vlak nie.
6. Skryf die punte soos volg neer:
AFDELING A Kode Punt AFDELING Kode Punt
I/B Knap + 22 B
T/S/R Uitsonderlik - 13 I/B/F Gemiddeld 10
S Knap 4 T/S/R Elementêr 5
TOTAAL: 39 TOTAAL: 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/2015
SSE – Memorandum
TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED
Hierdie memorandum moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings-
rubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word.
LET WEL: Leerders word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die
rubrieke maak daarvoor voorsiening.
AFDELING A: OPSTEL
1.1 Hy/Sy het my weer laat dink.
• Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld verhalend/beskrywend/
bespiegelend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ʼn interessante wyse van ʼn
insident waar hy/sy deur iemand beïnvloed is om weer oor ʼn
saak/persoon/gebeurtenis te dink. Die insident kan die skrywer dus
beïnvloed/herinner om weer oor ʼn saak/persoon/gebeurtenis te dink.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ʼn lewendige wyse hoe die
persoon hom/haar beïnvloed het om weer oor ʼn saak/persoon/gebeurtenis te
dink.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder oor die persoon wat
hom/haar beïnvloed het. Die leerder oorweeg/deurdink die situasie oor hoe die
persoon hom/haar weer oor iets/ʼn persoon laat dink het/onthou het. Die leerder
kan ook bespiegel hoe anders dinge kon wees indien hy/sy nie bereid was om
weer te dink nie. Dis belangrik dat die uiteinde van die bespiegeling by die
onderwerp aanpas, naamlik dat die leerder besef dat die persoon die leerder
weer oor ʼn saak/persoon/gebeurtenis laat dink het.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. [50]
1.2 ʼn Dag om te onthou!
• Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld beskrywend/verhalend/
bespiegelend/beredeneerd/argumenterend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ʼn lewendige wyse die
ding(e)/mens(e)/ervaring(s)/gebeurtenis(se) wat hom/haar laat besef dat hy/sy
die dag wil onthou, ens.
Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ʼn interessante wyse wat dié dag
gebeur het en waarom hy/sy die dag sal onthou.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder wat hom/haar die dag laat
onthou. Die leerder sal die gebeure van die dag wat hy/sy onthou,
oorweeg/deurdink.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/2015
SSE – Memorandum
1.3 ʼn Lewe sonder reëls …
• Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld bespiegelend/ verhalend/
beskrywend/beredeneerd/argumenterend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder oor ʼn lewe sonder reëls.
Die leerder sal die situasie wat hy/sy skep, oorweeg/deurdink.
Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ʼn interessante wyse van ʼn
gebeurtenis/lewe sonder reëls.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ʼn lewendige wyse ʼn lewe
sonder reëls. Die beskrywing sal aansluit by die emosies of gevoelens gewek
deur ʼn lewe sonder reëls.
Beredeneerde opstel: Hier moet die leerder redeneer oor die impak van ʼn
lewe met/sonder reëls en tot ʼn gevolgtrekking kom.
Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin af ʼn
standpunt in, byvoorbeeld dat ʼn lewe sonder reëls moontlik/nie moontlik is nie
en motiveer sy/haar standpunt.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. [50]
1.4 ʼn Matrieksertifikaat maak deure oop.
• Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld beredeneerd/
argumenterend/verhalend/beskrywend/ bespiegelend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Beredeneerde opstel: Hier moet die leerder in ʼn gebalanseerde opstel
redeneer in watter opsig(te) ʼn matrieksertifikaat deure oopmaak of nie oopmaak
nie. Die leerder moet die standpunt(e) motiveer en tot ʼn gevolgtrekking kom.
Argumenterende opstel: Hier moet die leerder ʼn rede/redes aanvoer waarom
ʼn matrieksertifikaat deure oopmaak of nie.
Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ʼn interessante wyse van ʼn
insident as bewys dat ʼn matrieksertifikaat deure oopmaak.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ʼn lewendige wyse
hoe/waarom ʼn matrieksertifikaat deure oopmaak of nie.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die leerder of ʼn
matrieksertifikaat deure oopmaak of nie.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/2015
SSE – Memorandum
1.5 Is popsterre goeie rolmodelle?
• Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld argumenterend/
beredeneerd/bespiegelend/verhalend/beskrywend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin af die
standpunt in, naamlik popsterre is goeie/slegte rolmodelle en motiveer die
standpunt.
Beredeneerde opstel: Hier redeneer die leerder in ʼn gebalanseerde opstel of
popsterre goeie rolmodelle is of nie. Die leerder mag uiteindelik tot ʼn
gevolgtrekking kom.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die leerder of popsterre
goeie/slegte rolmodelle is.
Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ʼn interessante wyse waarom
popsterre goeie/slegte rolmodelle is.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ʼn lewendige wyse popsterre
as goeie/slegte rolmodelle.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. [50]
1.6 VISUELE PRIKKELS
• Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet
onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir ʼn verskeidenheid interpretasies. Die
leerder se perspektief moet by assessering oorweeg word.
• Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ʼn persoonlike inkleding van
die gekose onderwerp/prent van die leerder verwag word.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
1.6.1 Prentjie: Bouvallige huis
• Die leerder kan enige soort opstel aanbied.
• Letterlike interpretasie: bouvallige huis, spookhuis, die huis waarin jy
grootgeword het, ens.
• Figuurlike interpretasie: Die huis kan ʼn mens se lewe simboliseer, “Elke huis het
sy kruis”, jou lewe op ʼn onvaste fondament bou, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. [50]
1.6.2 Prentjie: Kruispaaie
• Die leerder kan enige soort opstel aanbied.
• Letterlike interpretasie: Die persoon verdwaal/ ʼn nuwe dag.
• Figuurlike interpretasie: Kruispaaie as simbool van keuses wat gemaak moet
word/son as simbool van hoop.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/2015
SSE – Memorandum
1.6.3 Prentjie: Voetspore in die sand
• Die leerder kan enige soort opstel aanbied.
• Letterlike interpretasie: ʼn Mens wat op die strand loop, ens.
• Figuurlike interpretasie: In iemand se voetspore volg, invloed op ander mense,
eensaamheid, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/2015
SSE – Memorandum
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 FORMELE BRIEF [30]
FOKUS
Die leerder skryf ʼn formele brief aan die redakteur van die plaaslike
koerant waarin hy/sy sy/haar opinie oor vuurwerke gee.
KENMERKE
• Die formele brief word aan die redakteur van die plaaslike koerant gerig.
• Die taal en styl van die brief is formeel en saaklik.
• Die inleidingsparagraaf stel die leerder se mening/standpunt duidelik.
• Die liggaam brei uit op sy/haar mening en gee moontlike oplossings
indien nodig.
• Die toon en woordkeuse is respekvol, maar selfgeldend.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees.
Leestekens
• Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum
• Die adres van die briefskrywer mag regs boaan in blokvorm geskryf
word.
• Dit kan ook links onder na die briefskrywer se naam geskryf word. ʼn
Reël word oopgelaat tussen die naam en die adres.
• Daar behoort nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te
word nie.
Toegewing: ʼn Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
• Die datum word voluit geskryf: 15 Mei 2015.
• ʼn Reël word tussen die adres van die sender en ontvanger oopgelaat.
• Die redakteur se adres word links teen die kantlyn in blokvorm geskryf.
• Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
Die aanhef, afsluiting en slot
• Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is formeel.
• Die redakteur word as “Geagte ...”/“Meneer”/“Mevrou” aangespreek.
• ʼn Opskrif wat die essensie/doel van die brief weergee, volg en word
onderstreep. Indien die essensie van die brief in hoofletters geskryf
word, word dit nie onderstreep nie.
• “Die uwe” en die briefskrywer se handtekening/naam vorm die slot.
• Die briefskrywer se voorletters en van kan onder uitgeskryf word.
• Wanneer ʼn skuilnaam gebruik word, word dit eerste aangebring en dan
die sender se regte naam en handtekening. ʼn Streep word dan onder
die skuilnaam getrek.
• ʼn Reël word nie tussen “Die uwe” en die naam/handtekening oopgelaat
nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/2015
SSE – Memorandum
Die paragrawe
• ʼn Reël word na elke paragraaf oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik.
• Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die
briefskrywer gee sy/haar opinie oor vuurwerke.
• Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees.
VOORBEELD
Noordstraat 14
Durban
4001
15 Mei 2015
XXX
Die Redakteur
Die Ster
Wesstraat 112
Durban
4001
XXX
(Geagte) Meneer
XXX
MENING OOR VUURWERKE/Mening oor vuurwerke
XXX
Ek wil graag my opinie oor vuurwerke en die skade wat dit veroorsaak, lug.
XXX
Dit is ʼn mens se reg om Guy Fawkes, Diwali en ander feesvierings te vier. Dit
is ook ʼn mens se reg om die rustigheid en stilte in jou huis te kan geniet.
XXX
Die geraas van die vuurwerke dring die stilte van ons kamermure binne. Die
slapelose nagte help nie as jy die volgende dag moet werk en die kinders
skool toe moet gaan nie.
XXX
Vuurwerke is gevaarlik, veral as kinders sonder toesig daarmee speel.
Troeteldiere raak vreesbevange.
XXX
Ek stel voor dat daar ʼn oplossing gevind word wat almal tevrede sal stel. Die
gebruik van vuurwerke kan byvoorbeeld tot ʼn sekere area en tyd beperk word
in plaas van dwarsdeur die nag en oral toegelaat te word.
XXX
Die uwe
Thandeka Mahlobo/T. Mahlobo
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/2015
SSE – Memorandum
As ʼn skuilnaam gebruik word, is die afsluiting van die brief soos volg:
ʼn Diereliefhebber
______________________________________________________________
Die uwe
Thandeka Mahlobo/T. Mahlobo
XXX
OF
Noordstraat 14
Durban
4001
15 Mei 2015
(148 woorde)
Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewende laan 10 of Sewende Laan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ʼn
samestelling van TWEE soortname is. Arcadia Straat is ʼn samestelling
tussen ʼn eienaam en ʼn soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf
word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat,
Arcadia-Straat. (AWS, 2009 bl. 121)
Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/2015
SSE – Memorandum
2.2 HULDEBLYK [30]
FOKUS
Die leerder skryf ʼn huldeblyk oor ʼn oudonderwyseres.
KENMERKE
• Die huldeblyk handel oor die oorledene wat ʼn belangrike rol in die leerder
se lewe gespeel het.
• Die volgende besonderhede van die oorledene kan gegee word: naam en
van, ouderdom, datum van afsterwe, oorsaak van dood, prestasies of
hoogtepunte van die persoon se lewe, staaltjies oor die oorledene, die rol
wat die oorledene in die leerder se lewe gespeel het.
• Die doel van die huldeblyk is om die persoon se lewe te vereer en om die
betekenisvolle bydrae wat sy gelewer het, uit te lig.
• Die gehoor moet ʼn geheelbeeld van die persoon kry.
• Die familie word ook vertroos. Hierdie gedeelte word in die teenwoordige/
toekomende tyd geskryf.
• Die huldeblyk word in die verlede tyd geskryf wanneer daar na die
persoon verwys word.
• Die toon, styl en woordkeuse is formeel, versagtend, liefdevol,
vertroostend, bemoedigend en taktvol van aard.
• Kultuurkontekste moet in ag geneem word.
FORMAAT
• Opskrif
Die huldeblyk moet ʼn opskrif hê.
Die huldeblyk mag ʼn subopskrif insluit.
• Inleidende paragraaf
Die huldeblyk word met die groet ingelei en die aanwesiges se aandag
word vasgevang. Die inleiding moet oor die verering van die persoon se
lewe gaan. Die inleidende sin is baie belangrik.
• Paragraaf 2 en verder
Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure
en staaltjies van die persoon se lewe bevat. Dit word in verskillende
daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik)
oor ʼn nuwe feit/gedagte.
• Slotparagraaf
In die slot kan die spreker ook vir die familie/leerders/kollegas sterkte
toewens.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/2015
SSE – Memorandum
VOORBEELD
Sylvia Reddy: Die ‘Moeder Teresa’ van ons gemeenskap
Ons het mevrou Sylvia Reddy ons Moeder Teresa genoem. Dié titel is ʼn
weerspieëling van die mens wat sy was.
Ons liewe Sylvia was ons mamma, onderwyseres en steunpilaar. Sy was tien
jaar gelede my Afrikaans-onderwyseres in graad agt. Sy het ons vrees op
daardie eerste dag op hoërskool met haar glimlag en moederliefde laat
verdwyn. Vir graad nege was ons gereed: verantwoordelik en vol
selfvertroue. Haar waardevolle lesse het ons rigting in die lewe gegee.
Haar rol in die gemeenskap was onskatbaar. Sy het die sopkombuis begin.
Sy was geliefd onder oud en jonk.
Mamma Sylvia, ons was geseënd om ʼn hardwerkende mens soos u in ons
lewe te hê! Ons harte voel leeg, maar u teenwoordigheid sal orals ervaar
word.
Rus in vrede, Mamma Sylvia.
(135 woorde)
2.3 INFORMELE VERSLAG [30]
FOKUS
Die leerder skryf ʼn informele verslag oor die pretdag.
KENMERKE
• Die inhoud van die informele verslag is opsommend en saaklik en neem
die besonderhede van die pretdag in aanmerking.
• Die verslag verskaf inligting oor die vrae: wie?, wat?, waar? en wanneer?
• Die toon, styl en woordkeuse is saaklik en objektief.
FORMAAT
• Daar is ʼn opskrif wat die doel van die verslag aandui.
• Die inligting moet korrek en verifieerbaar wees.
• Geen emosionele taal nie; die styl is saaklik.
• Die leerder mag met persoonlike besonderhede begin.
• Die paragrawe moet ʼn logiese verduideliking wees van wat gebeur het.
• Die verslag is kort en bondig, maar moet soveel moontlike detail verskaf.
• Die inleidingsparagraaf stel die positiewe aard van die gebeurtenis
duidelik.
• Die liggaam brei uit op ekstra inligting oor die pretdag.
• Tyd, datum, plek en moontlike gevolge van die pretdag kan as
deel van die detail gegee word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 14 DBE/2015
SSE – Memorandum
• Die inligting mag onder subopskrifte gegee word.
• Die leerder gebruik sover moontlik die bedrywende vorm.
• Die verslag word in die verlede tyd aangebied.
• Die slotparagraaf mag ʼn gevolgtrekking insluit.
• Die verslag word onderteken.
VOORBEELD
Verslag oor pretdag vir personeel van Nasionale Bank
Nasionale Bank het Donderdag, 15 Februarie 2015, ʼn pretdag vol aktiwiteite
vir die personeel gereël. Dit was ʼn dag om te onthou.
Die hele personeel het om agtuur by die konferensiesentrum bymekaargekom.
Die bestuurder en spanleiers het die program saamgestel. As ysbreker moes
elke lid hom-/haarself voorstel.
Die volgende aktiwiteit was ʼn voorstelling van ʼn aktuele banksituasie. Dit kon
snaaks of ernstig wees. Die doel was om sosiale vaardighede aan te leer.
Tydens die aktiwiteite het die werkers mekaar geëvalueer. Daarna het die
bestuurder die wenspan en wenprys, ʼn bootreis langs die Durbanse kus,
aangekondig.
Die waarde van die dag lê daarin dat almal saamgewerk het en dat elke lid
ook introspeksie oor sy/haar optrede en sosiale vaardighede gedoen het.
Die pretdag is met ʼn bring-en-braai afgesluit.
Na die positiewe terugvoering het die bestuurder besluit om dit ʼn jaarlikse
instelling te maak.
Don Mehmood
(150 woorde)
2.4 DIALOOG [30]
FOKUS
Die kandidaat skryf die gesprek tussen hom/haar en ʼn ouer suster in
dialoogvorm. Die ouer suster is bekommerd oor die kandidaat se vriendskap
met sy/haar nuwe maat.
KENMERKE
• Die dialoog handel oor die keuse van vriende.
• Elke spreekbeurt dra by tot die doel van die dialoog.
• Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel.
• Die spreekbeurte volg op mekaar om ʼn aaneenlopende gesprek te vorm.
• Toon, styl en woordkeuse is respekvol, maar selfgeldend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 15 DBE/2015
SSE – Memorandum
FORMAAT
• Leerders mag ʼn konteks skets voordat die dialoog geskryf word.
• Die sprekers (suster en kandidaat) word netjies onder mekaar teenaan die
linkerkantlyn aangedui.
• Die naam van die kandidaat kan met “Ek” vervang word.
• Na elke naam is ʼn dubbelpunt.
• Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
• Laat ʼn reël na elke spreekbeurt oop.
• Die spreekbeurte is in blokvorm.
• Ekstra inligting word tussen hakies voor die spreker se woorde geskryf of
waar dit toepaslik is.
Let wel: Alle woorde in die inhoud behalwe die name van die sprekers word getel.
VOORBEELD
Tania: Boetie, dis hoog tyd dat ons praat!
XXX
Ek: (Verveeld) Waaroor, Tania?
XXX
Tania: Die regte keuse van vriende is belangrik.
XXX
Ek: Waarvan praat jy? Ons is nie op dieselfde golflengte nie!
XXX
Tania: Ek praat van Katie. Ek dink sy is ʼn slegte invloed. Ek hoor sy
gebruik dwelms, besoek klubs en het baie kêrels.
XXX
Ek: (Ergerlik) Skinderpraatjies! Is dit al weer Kandy wat seker by
Emily gehoor het ...? Katie is net anders, dis al! As jy hierdie
beskuldigings kan bewys, sal ek my vriendskap met Katie
heroorweeg.
XXX
Tania: Boetie, ek is net bekommerd oor jou.
XXX
Ek: Ek is volwasse genoeg om te weet wat om te doen. Ek kan self
besluit wat reg of verkeerd is en my eie keuses maak. Jy is
verniet bekommerd.
XXX
Tania: Ek hoop net dat jy sterk genoeg is om die regte besluite te neem.
XXX
Ek: Sonder goeie rede is ek nie bereid om my vriendskap met Katie
te beëindig nie. Dis finaal!
(139 woorde)
ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 16 DBE/2015
SSE – Memorandum
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
3.1 ADVERTENSIE [20]
FOKUS
Die leerder ontwerp ʼn advertensie om onnodige artikels in sy/haar huis te
verkoop.
KENMERKE
• Die advertensie moet die mense van die woonbuurt oorreed om die
verkoping te ondersteun.
• Die advertensie teiken die mense wat in winskopies belangstel.
• Die advertensie noem waar en wanneer die geleentheid gaan plaasvind
en die doel van die verkoping.
• Die krag van ʼn advertensie lê in sy eenvoud.
• Die leser moet die advertensie maklik verstaan.
• Hierdie advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
Die advertensie moet ʼn leser se aandag trek deur verskillende
lettertipes en lettergroottes.
Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
interessante inhoud en uitleg.
Hierdie advertensie moet ʼn begeerte by die leser wek om die
verkoping te ondersteun deur die verskillende produkte wat te koop is,
te noem.
As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan
deur die verkoping te ondersteun.
• Toon, styl en woordkeuse moet lesers oorreed om die verkoping by te
woon.
FORMAAT
• Die volgende inligting moet in die advertensie verskyn:
Wie is die teikengroep?
Wat word aangebied?
Wanneer vind die verkoping plaas?
Waar vind die verkoping plaas?
Waarom word die goed verkoop?
Kontakbesonderhede
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 17 DBE/2015
SSE – Memorandum
VOORBEELD
Wat?
MOET DIT NIE MISLOOP NIE!
ALMAL IS WELKOM. Teikengroep
DAAR IS DEFINITIEF IETSIE VIR ALMAL
- VAN KLERE TOT KOFFIEMASJIENE -
TEEN SAKPASPRYSE!
Kom geniet Ekstra inligting
ʼn gratis koppie tee en
varsgebakte botterbroodjies
terwyl jy kies en keur!
HET JY ʼn BAKKIE, VRAGMOTOR of ʼn KRUIWA nodig om alles weg te
ry?
Ek kan dit reël!
KOM VROEG EN KIES EERSTE!
Wanneer?
DATUM: SATERDAG, 10 APRIL 2015 Tyd
TYD: 08.00 tot alles verkoop is!
PLEK: MARIE MALAN SE HUIS Waar?
Suidstraat 20, Kimberley
Net kontant word aanvaar.
Kontak-
Skakel Marie (084 1262 101) vir verdere besonderhede. besonderhede
(95 woorde)
3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS [20]
FOKUS
Die leerder maak TWEE dagboekinskrywings, een VOOR die afspraak en
een NA die afspraak.
KENMERKE
• Die dagboek is ʼn informele skryfstuk wat spreek van die leerder se
emosies voor die afspraak en die leerder se gevoelens na die afspraak.
• Gevoelens/ervarings wat beleef word, word beskryf.
• Die dagboekinskrywings word in die eerste persoon geskryf.
• Plekke, familie en vriende word op die naam genoem.
• Toon, styl en woordkeuse moet die inhoud ondersteun.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 18 DBE/2015
SSE – Memorandum
FORMAAT
• Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf
word.
• Die leerder moet dagboekinskrywings vir TWEE dae maak.
• Die leerder hoef nie met “Liewe Dagboek” te begin nie.
• Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees.
Let wel:
• Getal woorde:
o In die dagboekinskrywing word slegs die getal woorde in die inhoud
getel.
o Die getal woorde vir albei inskrywings moet altesaam 80-100 woorde
wees.
• Assessering:
o Assessering moet albei inskrywings as EEN taak in ag neem en moet
dus as ʼn geheel geassesseer word.
o Indien een van die inskrywings ontbreek, word die leerder by die
kategorie inhoud, beplanning en formaat gepenaliseer. Die leerder
kan ʼn maksimum van 7/12 punte behaal.
VOORBEELD
07 Februarie (2015) (of aan regterkant van die bladsy)
OF
Woensdag
OF
Woensdag, 7 Februarie (2015)
Liewe Dagboek (opsioneel)
XXX
Ek het jou nou al dae lank vertel van die mooi Jean wat daagliks langs my in
die bus sit. Sjoe! UITEINDELIK het ek haar uitgevra vir ete môreaand! En raai
wat? Sy het ingestem. Ek is so opgewonde! Ek kan nie wag nie!
8 Februarie 2015 (of aan regterkant van die bladsy)
Liewe Dagboek (opsioneel)
XXX
Sal Jean my ooit weer wil sien? Alles het vlot verloop: die gehuurde motor,
die roos ... tot by die restaurant. In my geesdrif om haar te beïndruk, het ek
my neus teen die glasdeur gestamp. Die gevolg? Ons het die res van die
aand in die hospitaal deurgebring. Het ek my kanse met haar bederf?
(100 woorde)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 19 DBE/2015
SSE – Memorandum
3.3 INSTRUKSIES [20]
FOKUS
Die leerder skryf instruksies neer oor hoe om frikkadelle voor te berei.
KENMERKE
• Die instruksies moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.
• Die inligting is bedoel om instruksies te gee oor hoe om frikkadelle voor te
berei.
• Toon, styl en woordkeuse moet by die ontwikkelingsvlak van die maat wat
na die instruksies luister en by die inhoud pas.
FORMAAT
• Die uiteensetting kan soos volg aangebied word:
Puntsgewys
Reëls tussen-in oopgelaat
Ander aanduiders soos koeëlpunte
Paragraafvorm
• Die skryfstuk kan ʼn opskrif hê, bv. Hoe om frikkadelle voor te berei.
• Die instruksies moet in volsinne aangebied word. Die sinne kan met
werkwoorde begin.
VOORBEELD
INSTRUKSIES
Hoe om frikkadelle voor te berei.
1. Meng 1 teelepel elk van die volgende: mosterd, fyngedrukte
knoffelhuisies, fyngekapte brandrissies, tiemie en koljanderblare goed
met 500 gram maalvleis.
2. Week 2 snye brood in water en druk die oortollige water uit die brood.
3. Meng die brood en die maalvleismengsel.
4. Geur met sout en peper na smaak.
5. Vorm frikkadelle en verkoel minstens 30 minute.
6. Verhit olie in ʼn pan en braai die frikkadelle.
7. Die frikkadelle kan ook vir 25-30 minute lank teen 200°C in die oond
gebak word.
( 72 woorde)
ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE
Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose
onderwerp van die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes
en belangstellingsvelde word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING C: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
Downloaded from hlayiso.com 20 DBE/2015
SSE – Memorandum
OPSOMMING VAN DIE VRAE IN VRAESTEL 3: MEI 2015
TIPE SPESIFIEKE SPESIFIEKE DOELSTELLINGS
SKRYF
SKRYFSTUK DOELSTELLINGS
Met hierdie vraestel moet getoets word of die spesifieke doelstellings vir die aanleer van
AFDELING A Eerste Addisionele Taal bereik is.
OPSTEL
VRAAG 1
1.1 Al vyf tipes (i) (ii) (iii) (iv) (vi) Dit toets of die leerders:
1.2 Al vyf tipes (i) (ii) (iii) (iv) (vi) i. Taalvaardighede verwerf het wat nodig is om akkuraat en gepas te
1.3 Al vyf tipes (i) (ii) (iii) (iv) (vi) ii. kommunikeer, met inagneming van die teikengroep, doel en konteks;
1.4 Al vyf tipes (i) (ii) (iii) (iv) (vi) iii. Met vertroue en genot kan skryf/aanbied;
1.5 Al vyf tipes (i) (ii) (iii) (iv) (vi) iv. Eie idees, sienings en emosies, skriftelik en met vertroue kan uitdruk en
1.6.1–1.6.3 Al vyf tipes (i) (ii) (iii) (iv) (vi) regverdig ten einde selfstandige en analitiese denkers te word;
LANG v. Die addisionele taal en verbeelding kan gebruik om menslike ervarings uit te
AFDELING B beeld en te verken sodat hulle hul eie ervarings en bevindinge oor die wêreld
TRANSAKSIONELE
VRAAG 2 skriftelik kan uitdruk;
TEKSTE
2.1 Formele brief (i) (ii) (iii) (iv) (v) (vi) vi. Die addisionele taal kan gebruik om inligting te verkry en te bestuur vir leer oor
2.2 Huldeblyk (i) (ii) (iii) (iv) (v) (vi) die kurrikulum heen en in ʼn wye verskeidenheid ander kontekste;
vii. Die addisionele taal kan gebruik as ʼn instrument vir kritiese en kreatiewe denke;
2.3 Informele verslag (i) (ii) (iii) (iv) (v) (vi)
opinies oor etiese kwessies en waardes kan uitdruk; krities in interaksie kan tree
2.4 Dialoog (i) (ii) (iii) (iv) )v) (vi)
met ʼn wye verskeidenheid tekste; perspektiewe, waardes en magsverhoudings in
KORT tekste kan herken en bevraagteken.
AFDELING C
TRANSAKSIONELE
VRAAG 3
TEKS
3.1 Advertensie (i) (ii) (iii) (iv) (v) (vi)
3.2 Dagboekinskrywings (i) (ii) (iii) (iv) (vi)
3.3 Instruksies (i) (ii) (iii) (iv) (v) (vi)
15 onderwerpe/keuses 12 tipes skryfstukke
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
Downloaded from hlayiso.com 21 DBE/2015
SSE – Memorandum
BYLAAG A
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant
(Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en
Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, baie oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp
vir beplanning; volwasse en interessant en lewer -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie
Hoë vlak
Bewustheid van doel, stem leser tot bewys van en redelik organisasie en -Vaag en herhalend
gehoor en konteks nadenke volwassenheid samehangend, samehang -Geen organisasie nie
-Uitsonderlike -Organisasie baie insluitend inleiding, en is onsamehangend
30 PUNTE organisasie en goed en liggaam en
samehang, insluitend samehangend, samevatting/slot
inleiding, liggaam en insluitend inleiding,
samevatting/slot liggaam en
samevatting/slot
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
-Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging
maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in
treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met
van ’n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie
Lae vlak
-Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant
volwasse samehangend, samehangend en -Skaars ’n bewys van en ontoepaslik
-Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen
samehang, insluitend liggaam en -’n Mate van samehang fokus nie
inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en
samevatting/slot samehang, insluitend
inleiding, liggaam en
samevatting/slot
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
Downloaded from hlayiso.com 22 DBE/2015
SSE – Memorandum
BYLAAG A
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Taal onverstaanbaar
woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat nie gepas -Toon, register, styl en
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en vir doel, gehoor en woordeskat minder
woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks konteks nie gepas vir doel, gehoor
Hoë vlak
vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie en konteks
konteks; van vertroue, en ’n deurlopende om betekenis oor te basies -Woordeskat so
Woordkeuse; indrukwekkend gepaste toon word dra -Toon en woordkeuse beperk dat dit
Taalgebruik en -Toon retories treffend gebruik -Toon is gepas skaars toepaslik onmoontlik is om sin
konvensies, en effektief -Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte te maak
punktuasie, -Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat
grammatika, spelling spelling feitlik foutvry foutvry te versterk
-Knap gedaan -Baie goed gedoen
15 PUNTE 13 10 7 4
-Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik -Voldoende -Taalgebruik
uitstekend en toon is en oor die algemeen taalgebruik, maar onvoldoende
retories effektief effektief teenstrydighede word -Weinig indien enige
Lae vlak
-Grammatika en -Toon gepas en opgemerk sinsverskeidenheid
spelling feitlik foutvry effektief -Toon oor die -Woordeskat baie
-Baie goed tot knap -Enkele foute in algemeen gepas en beperk
gedaan grammatika en beperkte gebruik van
spelling retoriese middele
-Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
-Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige punte -Noodsaaklike punte
Kenmerke van teks; ontwikkeling van van details ontwikkel geldig ontbreek
Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe
en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer foutief foutief
-Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin -Opstel maak nog -Opstel maak nie sin
5 PUNTE uitsonderlik effens sin nie
gekonstrueer
VERSPREIDING VAN
PUNTE 43–50 33–40 23–30 13–20 0–10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 23 DBE/2015
SSE – Memorandum
BYLAAG B
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4
BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie
Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik
Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking
beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in
Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie
kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail
en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die
fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp
18 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas
-Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie
Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en
Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward
Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie
12 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig
belemmer
VERSPREIDING VAN 25–30 19–23 14–17 9–12 0–7
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 24 DBE/2015
SSE – Memorandum
BYLAAG C
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie
Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik
Organisering van idees; volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking
Kenmerke/konvensies -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in
en konteks kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie
soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail
12 PUNTE -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die
fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp
-Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas
-Idees behoorlik onbeduidende foute. -Formaat oorwegend onderwerp nie
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
woordeskat geskik vir doel gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
en konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie
Taalgebruik en konvensies akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en
Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward
Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie
8 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig
belemmer
VERSPREIDING VAN 17–20 13–15 10–11 7–8 0–5
PUNTE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2016 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper