Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2015 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 1220156 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC June Exam 2015, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2015

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 2015 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/2015 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Lang transaksionele teks (30) AFDELING C: Kort transaksionele teks (20) 2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling. 3. Skryf in die taal wat geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ʼn kopkaart of ʼn vloeidiagram of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elke afdelings skryf. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word aanbeveel dat jy ʼn streep deur alle beplanning trek. 7. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 80 minute AFDELING B: 40 minute AFDELING C: 30 minute 8. Nommer elke skryfstuk soos dit op die vraestel genommer is. 9. Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk. 10. Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/2015 SSE AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 • Skryf ʼn opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe. • Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. Hy/Sy het my weer laat dink. [50] 1 1.1 ʼn Dag om te onthou! [50] 1 1.2 1.3 ʼn Lewe sonder reëls … [50] 1.4 ʼn Matrieksertifikaat maak deure oop. [50] 1.5 Is popsterre goeie rolmodelle? [50] 1.6 Kies EEN van die volgende prente en skryf ʼn OPSTEL daaroor. Skryf die vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van jou opstel neer. LET WEL: Daar moet ʼn duidelike verband tussen die opstel en die prent wat jy gekies het, wees. 1.6.1 [Uit www.google.com] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/2015 SSE 1.6.2 [Uit www.google.com] [50] 1.6.3 [Uit www.google.com] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/2015 SSE AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 2 • Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor. • Skryf die nommer van die teks wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 2.1 FORMELE BRIEF Vuurwerke vorm dikwels deel van feesdae. Party mense geniet hierdie vuurwerke, terwyl ander nie daarvan hou nie. [Uit www.google.com] Skryf ʼn formele brief aan die redakteur van die plaaslike koerant waarin jy jou opinie hieroor gee. Rig jou brief aan: Die Redakteur Beeld Posbus 124 Johannesburg 2000 [30] 2.2 HULDEBLYK ʼn Onderwyseres wat lank gelede vir jou Afrikaans geleer het, is oorlede. Jy is gevra om tydens ʼn saalbyeenkoms ʼn huldeblyk te lewer. Skryf ʼn huldeblyk oor die onderwyseres. [30] 2.3 INFORMELE VERSLAG Die bestuurder by jou werkplek het ʼn pretdag vol aktiwiteite vir die werkers gereël sodat almal beter met mekaar kan saamwerk. Skryf ʼn informele verslag om werkers wat nie die pretdag kon bywoon nie, te vertel hoe die dag verloop het. Vertel wat julle gedoen het en hoe suksesvol die dag was. [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/2015 SSE 2.4 DIALOOG Jou ouer suster is bekommerd oor jou vriendskap met 'n nuwe maat en gesels met jou daaroor. [30] Skryf die dialoog tussen jou en jou suster neer. TOTAAL AFDELING B: 30 AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3 • Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor. • Skryf die nommer van die teks wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 3.1 ADVERTENSIE Jy wil alle onnodige artikels in jou huis verkoop. Ontwerp ʼn advertensie wat teen lamppale in jou woonbuurt geplak sal word om die verkoping te adverteer. [20] 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS Jy het ʼn afspraak met iemand van wie jy baie hou. Maak dagboekinskrywings vir TWEE dae soos volg: • VOOR die afspraak • NA die afspraak [20] 3.3 INSTRUKSIES Jou maat het by jou kom aandete eet en baie van die frikkadelle gehou. Hy/Sy het jou gevra om presies neer te skryf hoe jy dit gemaak het. Skryf SEWE instruksies neer oor hoe om die frikkadelle voor te berei. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all