Downloaded from hlayiso.com
Onderwys en Sportontwikkeling
Lefapha la Thuto le Tlhabololo ya Metshameko
Dept. Van Onderwys en Sportontwikkeling
Dept. of Education and Sport Development
NOORDWESPROVINSIE
AFRIKAANS
EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 10
JUNIE-EKSAMEN
Vraestel 1
DATUM: 01 JUNIE 2017
Punte: 80 Tyd: 2 ure
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Afrikaans FAL Grade 10 P1 North West June 2017 QP
Grade 10 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the North West June 2017, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 10 · North West June · 2017 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- North West June
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 1.8 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
North West June 2017
- Paper 1Question paper
- Other filesMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)12 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)2 marks
- Question 5.1Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)14 marks
- Question 5.2Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2017
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: LEESBEGRIP (30 PUNTE)
AFDELING B: OPSOMMING (10 PUNTE)
AFDELING C: TAAL (40 PUNTE)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin elke afdeling op 'n NUWE bladsy.
4. Trek ’n lyn na elke Afdeling.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.
7. Gee spesiale aandag aan spelling en sinskonstruksies.
8. Voorgestelde tye:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
2
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2017
AFDELING A – LEESBEGRIP
VRAAG 1 - ARTIKEL
TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL
Olifante diep in die moeilikheid
Sensusinligting oor bosreuse in Afrika ‘ontstellend’.
Grootvoet, ou gryse. Moenie van ’n muggie ’n olifant maak nie. En jy het die geheue van ’n
olifant. Die olifant is deel van ons stories, hy is deel van ons taal.
1 Die hartseer nuus is dat olifante in diep moeilikheid is. Die wêreld se
olifantbevolking het die afgelope 10 jaar met 62% minder geword. Op die lys
van bedreigde spesies word die Afrika-olifant as kwesbaar geklassifiseer.
Foto: REUTER
2 Daar loop vandag nie meer as 352 271 van die olifante in Afrika rond nie. Dit
is sowat ’n derde van die meer as 1 miljoen olifante wat aan die begin van die
20ste eeu in Afrika gewoon het.
3 Dít is die uitslag van die Great Elephant Census (GEC) wat bekend gemaak
is. Dié sensus het olifante in 16 van die 18 Afrika-lande waar olifante
voorgekom het, getel. Olifante in Suid-Soedan en die Sentraal-Afrikaanse
Republiek is nie bygetel nie.
.
4 Volgens GEC is byna ’n derde van Afrika se olifante tussen 2007 en 2014
deur stropers uitgewis. Benewens stropery, is olifante ook onder druk weens
voortdurende konflik met mense veral omdat hul blyplek in Afrika al hoe
kleiner word. Grootskaalse mynbou in Afrika vernietig ook die diere se habitat.
Die diere se voortbestaan word ook in ’n groot mate bedreig deur gewapende
konflik op die vasteland.
5 Angola, Mosambiek en Tanzanië, die suidweste van Zambië, Kameroen en
die noordooste van die Kongo het die meeste olifante verloor. ’n Verrassende
bevinding was ’n nuwe bevolking olifante wat in Ethiopië gekry is.
3
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2017
6 In Suid-Afrika is omtrent 17 433 olifante, in Botswana 130 451, in
Zimbabwe 82 304, en in Mosambiek 9 605. Conservation Action Trust
(CAT) het berig die sensus is gefinansier deur die miljardêr-filantroop
Paul Allen van Microsoft. Hy het ’n vloot van 81 klein vliegtuie tydens die
sensus gebruik. Die sensus is gedoen in die droë wintertyd wanneer daar
min blare aan bome is en die olifante makliker sigbaar was.
7 “Ware en ernstige bewaringsinisiatiewe oor grense heen moet nóú begin,”
het Allen gesê. Mike Chase van Elephants Without Borders, wat uit
Botswana werk, het gesê die uitslag van dié sensus sal mense hopelik uit
hul “apatiese houding” skok. Altesaam 286 mense, onder wie 90
wetenskaplikes en ses nie-regeringsorganisasies, het aan die opname
deelgeneem.
8 Het jy geweet?
- Die Afrika-olifant is die wêreld se grootste soogdier op land.
- Olifante kan tot 70 jaar oud word.
- ’n Volgroeide bul se tande kan tussen 50 en 60 kg weeg.
- Die kenmerkende en sensitiewe slurp kan selfs water wat onder die grond
versteek is, uitwys.
- Olifante loop eintlik op hul tone.
- ’n Olifantkoei is vir 22 maande swanger!
9 Groot, sterk, beskermend en familievas. Kwaliteite wat ek bewonder en wens
ek self het. Wat sal ons wêreld wees sonder ons olifante – die Dumbo’s, die
sagte reuse? ’n Gebroke een, as jy my vra.
1.1 Skryf EEN woord uit die hoofopskrif neer wat aandui dat olifante in groot
moeilikheid is. (1)
1.2 “Grootvoet, ou gryse…”
Waarom word hierdie woorde gebruik om die olifant te beskryf? (1)
4
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2017
1.3 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer 1.3 en die
antwoord (A-D) neer, byvoorbeeld 1.3 E
“Moenie van ʼn muggie ʼn olifant maak nie.”
Die uitdrukking hierbo beteken:
A muggies is baie kleiner as olifante.
B dat ʼn klein probleem nie groter gemaak moet word nie.
C alle probleme is so klein soos muggies.
D dat iemand baie probleme het. (1)
1.4 Die volgende stelling is ʼn FEIT.
Die hartseer nuus is dat olifante diep in die moeilikheid is.
Haal ʼn SIN aan uit paragraaf 1 as bewys daarvan. (1)
1.5 Skryf in woorde wat die volgende simbool beteken: % (1)
1.6 Noem TWEE lande in Afrika waar die olifante nie tydens die sensus
getel is nie. (2)
1.7 Olifantgetalle in Afrika word al hoe kleiner.
Gee TWEE redes daarvoor uit paragraaf 4. (2)
1.8 Skryf EEN woord uit paragraaf 5 neer as bewys dat die wetenskaplikes
iets in Ethiopië gevind het wat hulle nie verwag het nie. (1)
1.9 In watter land is die meeste olifante getel? (1)
1.10 Kies die korrekte antwoord tussen die hakies.
Paul Allen word beskryf as ʼn miljardêr-filantroop.
Dit beteken dat hy gehelp het met die sensus omdat hy (baie geld het
en verveeld is/baie geld het en ʼn goeie saak ondersteun). (1)
1.11 Waarom is die sensus gedurende die droë winter gedoen? (paragraaf 6) (1)
1.12 Watter versamelnaam word in paragraaf 6 gebruik? (1)
1.13 Noem die naam van die kontinent waar hierdie sensus gedoen is. (1)
5
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2017
1.14 Die volgende stelling is ONWAAR.
Almal wat aan die sensus deelgeneem het, was wetenskaplikes.
Skryf ʼn rede uit paragraaf 7 neer as bewys dat die stelling ONWAAR is. (1)
1.15 Wat gebruik olifante om water te vind? (1)
1.16 Hoe lank vat dit voor ʼn olifantjie gebore word? (1)
1.17 Dink jy die skrywer van die artikel hou van olifante. Motiveer jou
antwoord. (1)
1.18 Waarom dink jy, word olifante deur stropers doodgemaak? (1)
1.19 Verduidelik in jou EIE woorde wat die volgende uitdrukking beteken:
Hy het ‘n geheue soos ʼn olifant. (1)
1.20 Dink jy die opskrif van die artikel pas by die inhoud van die artikel?
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
1.21 Voltooi die volgende sin in jou eie woorde.
Dit is belangrik dat mense help om olifante te beskerm, omdat … (1)
1.22 Waarom sê die skrywer dat die olifante familievas is? (1)
[24]
6
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2017
TEKS B: PRENT
Bestudeer die prent en die teks en beantwoord die vrae wat volg.
Dumbo is ‘n bekende Disney sprokieskarakter uit ‘n rolprent wat in 1941 gemaak is.
Hy is ‘n olifantjie sonder ‘n ma en almal spot hom omdat hy anders as die ander
olifante is. Net soos Elmer, die gelapte olifantjie, word Dumbo se karaktertjie gebruik
om die boodskap aan kinders oor te dra dat dit nie saak maak dat jy “anders” is nie.
Hy is gebore met
abnormaal groot
ore.
Almal lag vir hom tot
hulle uitvind sy ore help
hom om te vlieg.
1.23 Kies die korrekte antwoord. Skryf net vraagnommer (1.23) en die antwoord
(A-D) neer, byvoorbeeld 1.23 E.
ʼn Sprokieskarakter is:
A ʼn karakter in ware verhaal.
B ʼn menslike karakter.
C ʼn karakter met menslike eienskappe.
D ʼn verbeeldingskarakter wat onmoontlike dinge kan doen. (1)
7
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2017
1.24 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
1.24 en die antwoord neer.
Die feit dat Dumbo groot ore het en daaroor gespot word is ʼn voorbeeld van
(stereotipering/diskriminasie). (1)
1.25 Voltooi die sin deur die ontbrekende woord in te vul.
Die ander diere wou eers niks van Dumbo weet nie totdat hulle uitgevind
het dat hy kan … (1)
1.26 Wat was die naam van die gelapte sprokiesolifantjie wat ook anders
behandel is? (1)
1.27 Hoe dink jy het Dumbo gevoel toe almal hom so sleg behandel het?
Skryf EEN woord neer. (1)
1.28 Dink jy dit is ʼn goeie idee om ʼn sprokieskarakter te gebruik om vir
kinders lewenslesse te leer. Motiveer jou antwoord. (1)
[6]
TOTAAL AFDELING A: 30
8
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2017
VRAAG 2
AFDELING B - OPSOMMING
In die artikel word die waarde van goeie vriende bespreek. Lees die artikel aandagtig deur.
Voer dan die instruksies hieronder uit.
INSTRUKSIES
1. Som die EIENSKAPPE VAN VRIENDSKAPPE in SEWE sinne op.
2. Skryf die feite PUNTSGEWYS neer.
3. Nommer die sinne van 1 tot 7
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die regte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
Tjommas, pêlle of maatjies - noem hulle wat jy wil, maar sonder hulle kan die
meeste van ons nie klaarkom nie …
Een tiener slaap met haar selfoon onder haar kussing sodat sy nie belangrike SMS’e
mis nie. ʼn Ander een kry meer as 100 boodskappe terwyl sy in die bed is. Volgens
tieners is dit belangrik om beskikbaar te wees as jou vriende jou nodig het.
Van die dinge wat vriendskappe laat werk, is eerlikheid. As jou hare lyk asof ʼn voël
daarin nes gemaak het, sal ʼn goeie vriend dit vir jou op ʼn mooi manier sê. ʼn Kennis sal
nie so eerlik wees nie.
ʼn Vriend is iemand wat die lafste ding op die vreemdste tyd sal sê, net om te keer dat jy
nie huil nie. Vriende sal mekaar deur dik en dun ondersteun.
Dikwels is vriende omtrent die hele dag saam. Hulle studeer saam, oefen saam en
kuier saam. Vriendskappe word versterk deur dinge saam te doen.
Tieners praat eerder met hulle maats oor emosies, en probleme as met hulle
gesinslede. Deur te praat word negatiewe emosies verwerk.
In ons moderne samelewing is veiligheid ʼn absolute prioriteit. Jy moet veilig wees in die
huis. Op straat en tussen mense. Maats met dieselfde waardes as jy, verskaf ʼn gevoel
van veiligheid en sekuriteit.
ʼn Verskeidenheid vriende help om ʼn goeie vriendekring te bou. Deesdae is jy in ʼn
kliek. Saam met jou in die kliek is jou BFF.
[10]
9
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2017
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE
TEKS D
● Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande advertensie gebaseer.
● Opsetlike taalfoute kom voor.
Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
10
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2017
3.1 Gee die ENKELFOUT van vliegkaartjies. (1)
3.2 Skryf die volgende sin oor in die TEENWOORDIGE TYD
Dit was altyd moeilik om met SAA te vlieg. (1)
3.3 Kies die KORREKTE ANTWOORD tussen hakies.
“Gee jou trollies vleuels” is ʼn voorbeeld van (denotasie/konnotasie) (1)
3.4 Gebruik die HOMONIEM van geld in ʼn volsin sodat dit ʼn ander betekenis het.
Bepalings en Voorwaardes Geld. (1)
3.5 Skryf die volgende sin oor in die INFINITIEF (te/om te)
Jy sal in die wolke wees.
Begin so: Jy behoort … . (1)
3.6 Kies die ANTWOORD. Skryf slegs die vraagnommer (3.6) en die antwoord
(A - D) neer.
Jy sal in die wolke wees beteken dat …
A jy hoog sal vlieg.
B jou vlerke sal geknip word.
C jy baie gelukkig sal wees.
D jy baie sal baklei. (1)
3.7 Gee die ANTONIEM (teenoorgestelde) van die vetgedrukte woord.
Dit was nog nooit maklik om met SAA te vlieg nie. (1)
3.8 Skryf die volgende sin in die VERLEDE TYD
Jy kan jou SAA-vliegkaartjies op die internet bespreek. (1)
3.9 Kies die KORREKTE woord tussen hakies.
Daar is nog baie mense wat nie (weet/ken) hoe om kaartjies op die internet
te bespreek nie. (1)
3.10 Hoe vestig die adverteerder ons aandag op die trollie? (1)
Totaal: 10
11
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2017
VRAAG 4: STROKIESPRENT
TEKS E
● Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande strokiesprent gebaseer.
● Voer die instruksies by elke vraag uit.
Die Aphrodite van Melos, of die Venus de Milo, is ʼn antieke Griekse beeld. Dit beeld
skoonheid en liefde uit. Die beeld se arms is nie volledig nie.
4.1 Kies die ANTWOORD. Skryf slegs die vraagnommer (4.1) en die antwoord
(A - D) neer.
In raampie 2 sien ons dat tant Minnie baie ____________ is.
A opgewonde
B hartseer
C bekommerd
D ligsinnig (1)
4.2 Gee die VERGROTENDE TRAP van groot.
Tant Minnie is (groot) as oom Willie. (1)
12
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2017
4.3 Kies die KORREKTE woord tussen hakies.
Willie is (beholpe/onbeholpe). (1)
4.4 Skryf die volgende sin in die VERLEDE TYD.
Willie groet vandag vir tant Minnie. (1)
4.5 Verander die volgende sin in ʼn VRAAGSIN.
Jy het die arms gebreek.
Begin so: Wie … (1)
4.6 Verbind die volgende sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.
Jy kan huis toe gaan. Jy het die glasstukke opgetel. (nadat) (1)
4.7 Skryf die volgende sin in die TOEKOMENDE TYD.
Ek het die beeld omgestamp. (1)
4.8 Skryf die volgende sin in die ONTKENNENDE vorm.
Tant Minnie het die beeld se arms afgebreek. (1)
4.9 Vorm ʼn SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.
Willie het die beeld van die (spieël + tafel) afgestamp. (1)
4.10 Oom Willie weet nie dat die beeld se arms nie volledig is nie. Motiveer (1)
Totaal: 10
VRAAG 5: TEKS EN PRENT
5.1 TEKS F
Hoekom spin katte?
Spin is ʼn natuurlike instink wat katte het. Pasgebore katjies spin nog voor hulle
(5.1.2) oë oop is. Dit klink byna soos ʼn sagdreunende (5.1.1) motor. (5.1.8) Maar
hoekom spin katte?
Die (5.1.4) sag geluid in hul kele lei tot die afskeiding van natuurlike chemiese
stowwe wat endorfiene genoem word. Die stof help die kat ontspan. Die sagte geluid
kan gespanne of (5.1.5) siek katte help om hulself te kalmeer en gesond te laat
word.
Gelukkige katte spin, want hulle is tevrede met hul omgewing en (5.1.6) baie lief vir
jou...
13
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2017
5.1.1 Gee die VERKLEININGSVORM van motor. (1)
5.1.2 Gee die ENKELFOUT van oë. (1)
5.1.3 Kies die KORREKTE woord tussen hakies.
Party katte (lei / ly) aan ongeneeslike siektes. (1)
5.1.4 Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies.
Die (sag) geluid in hul kele … (1)
5.1.5 Gee die ANTONIEM (teenoorgestelde) van siek. (1)
5.1.6 Voltooi die sin deur die regte VOORNAAMWOORD in te vul.
Die mannetjieskat rek _____ uit voordat hy stadig verder stap. (1)
5.1.7 Kies die korrekte antwoord. Die LEESTEKEN aan die einde van die sin is ʼn
(vraagteken/uitroepteken)
Maar hoekom spin katte? (1)
5.1.8 Gee die INTENSIEWE vorm van die woord tussen hakies.
ʼn Pasgebore katjie is (blind). (1)
5.1.9 Voltooi die VERGELYKING.
Hy het ʼn emmer water op hom uitgegooi, nou is hy so nat soos ʼn ________.
(1)
5.1.10 Kies die korrekte BETEKENIS van die IDIOOM.
As die kat weg is, is die muis baas beteken …
A die muis is nie bang vir die kat nie.
B die muis is baas van die huis as die kat nie daar is nie.
C kinders luister nie na hul ouers nie.
D as die ouers weg is, maak die kinders soos hul wil. (1)
5.1.11 Verdeel die woord tussen hakies in LETTERGREPE, bv. Katoliek = Ka-to-liek.
Die katte slaap in die kattebak van die motor. (1)
14
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2017
5.1.12 Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE.
Die seun sê: “My kat spin tevrede.” (1)
5.1.13 Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM.
Die veearts het die kat op sy boud ingespuit. (1)
5.1.14 Dink jy ʼn kat behoort in die huis te slaap? Motiveer jou antwoord. (1)
TEKS G
Die vrae wat volg is op die prent gebaseer.
Gebruik die woorde in die lys hieronder om die sinne (5.2.1 – 5.2.6) te voltooi.
ouers verbaas skaatsplank onderstebo heup gelukkig voor
ski-bord agterstevoor grootouers kop agter
5.2.1 Frankie se pa kyk na sy rapport. Sy uitdrukking op sy gesig wys dat hy baie
_________ is. (1)
5.2.2 Die pa staan ___________ die stoel. (1)
5.2.3 Die ________________ staan teen die stoel. (1)
5.2.4 Die seun hou die boek _________________ vas. (1)
5.2.5 Een woord vir Pa en Ma, is _______________ . (1)
5.2.6 Die ma staan met haar hand op haar __________ . (1)
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 80
15
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 10 P1 North West June 2019 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 10 P1 North West June 2018 QP

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 North West June 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 North West June 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 North West June 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 Paper 1 November Mock 2026 Memo
More from Grade 10 Afrikaans FAL

Study guide
Gr10 AFR EAT OG SG LR

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 Paper 2 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 Paper 3 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 P1 November Mock Exam 2 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 P2 November Mock Exam 2 2026 Memo

Memorandum