Skip to content
Study guide

Gr10 AFR EAT OG SG LR

Grade 10 Afrikaans FAL study guide (Afrikaans), 130 pages. Read online or get the free PDF download.

Publisher: Via Afrika

Subject: Afrikaans FALGrade 10130 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Via Afrika Graad 10 Onderwysersgids Afrikaans Eerste Ek is mal daaroor om met kinders te werk, en my grootste beloning lê daarin om hulle waardes te leer Addisionele Taal wat hulle in die toekoms goed kan toepas. Graad 10 Studiegids — Nomlungisi Dlelembe, Onderwyser L. Greeff, R. Hugo, M. Manyane, A. Stanley, M. Struwig, A. van den Berg Via Afrika verstaan en waardeer jou bydrae as onderwyser en wil jou graag ondersteun. Jy het die belangrikste taak in die Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal onderwys, en ons besef dat jou verantwoordelikhede veel meer as bloot die onderrig van leerinhoude behels. Ons het ons bes gedoen om jou tyd te bespaar en jou lewe te vergemaklik. Ons is trots dat ons jou kan help om hierdie vak suksesvol aan te bied. Hier volg ’n paar kenmerke van hierdie nuwe reeks: 1. Die reeks is volgens die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (“CAPS”) geskryf. Kyk op bladsy xiv-xx hoe ons aan die vereistes van CAPS voldoen. 2. ‘n Moontlike werkskedule is ingesluit. Kyk op bladsy vii-xi hoeveel tyd dit jou kan bespaar. 3. Elke onderwerp begin met ‘n oorsig van wat onderrig word en die hulpbronne wat jy benodig. Kyk op bladsy 1-3 hoe dit jou met jou beplanning sal help. 4. Daar is advies oor die voorgestelde pas wat jou sal help om die hele jaar se werk betyds af te handel. Bladsy 1 wys jou hoe dit gedoen word. 5. Ons gee by elke onderwerp raad oor hoe om konsepte bekend te stel en hoe om leerders met steierwerk voor te berei en te ondersteun. Kyk op bladsy 4-7 vir ‘n voorbeeld. 6. Al die antwoorde word gegee; jy bespaar dus tyd omdat jy nie die oefeninge self hoef uit te werk nie. Kyk op bladsy 8 vir ‘n voorbeeld. 7. ‘n CD propvol hulpbronne is ook ingesluit om jou met onderrig en assessering te help. Sien die binnekant van die voorblad. 8. Addisionele voorbeeldvrae, toetse of assesseringstake, wat jy kan kopieer, sal jou help om jou leerders effektief te assesseer. Sien ’n voorbeeld op bladsy 86-88 en 182-190. Die bypassende Leerderboek bevat die volledige inhoud wat jou leerders moet bemeester. Dit is in toeganklike taal geskryf wat dit vir leerders maklik maak om te leer. Die opwindende ontwerp en uitleg van die Leerderboek sal leerders se belangstelling aanwakker, hulle inspireer om te leer en die onderrigtaak vir jou aangenaam maak. Ons wil graag hoor hoe dit met jou onderrig gaan. Stuur jou terugvoer per epos aan ons by afrikaans@viaafrika.com of besoek ons onderwysersforum by www.viaafrika.com. Language: Afrikaans www.viaafrika.com
L. Greeff • R. Hugo • M. Manyane A. Stanley • M. Struwig • A. van den Berg Studiegids Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10 ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Inhoud AFDELING 1 Studiewenke wat werk......................................................................................... 4 AFDELING 2 HERSIENING: LUISTER EN PRAAT. .............................................................................................27 AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK...................................................................................................... 32 AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED............................................................................................. 44 AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL......................................................................................... 65 AFDELING 6 VOORBEELDVRAESTELLE VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS............................................................................ 111 Memorandum Vraestel 1: Taal in konteks....................................................117 VRAESTEL 2: letterkunde............................................................................... 120 Memorandum Vraestel 2: letterkunde....................................................... 126 VRAESTEL 3: SKRYF........................................................................................... 128 ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 3
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK studieWENKE WAT WERK ’n Taal rus basies op vier bene wat jy moet aanleer. Hulle is Luister, Praat, Lees en Skryf (LPLS). As jy hierdie vier vaardighede onder die knie het, sal jy suksesvol wees. Tussen al hierdie vaardighede deur loop die goue draad van taalgebruik. Elke taal het sy eie unieke reëls en een taal is nie beter of slegter as ’n ander nie. Onthou wat die spreekwoord sê: Hoe meer tale jy kan, hoe meer male is jy man (of vrou!) Luister en praat loop gewoonlik hand aan hand. Jy hoor iets of luister na iets, en dan reageer jy daarop deur te praat en soms te skryf ook. Daarom is dit moeilik of amper onmoontlik om hierdie vier aspekte elkeen in hulle eie boksie te plaas en afsonderlik te ontwikkel. Luister en Praat In die laer grade val die klem op baie luister en baie praat, maar in Graad 10 verskuif die klem veral na lees en skryf, want dis hierdie vaardighede wat ons as mense veral van diere onderskei – hulle kommunikeer ook met mekaar en luister na mekaar, maar hulle skryf dit nie neer nie. In Graad 10 tot 12 word veral gefokus om doeltreffend te luister en praat, en die kennis toe te pas op interpersoonlike verhoudings en suksesvolle leer dwarsoor die hele kurrikulum. Luister bestaan uit drie fases: Pre-luister, Luister en Post-Luister. Maniere van luister Betekenis Dit beteken basies dat jy in Graad 10 gehelp word om die teks beter te verstaan omdat daar sekere aktiwiteite Pre-luister vooraf plaasvind. Verder word jy geleer waarop om te fokus. Luister Jy luister aandagtig om te hoor of jy alles verstaan. Ná die tyd kan jy dan praat oor verskillende aspekte Post-luister van die tekste en vrae daaroor beantwoord. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 4
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK ●● Inligting wat iemand mondeling aan jou oordra, moet verstaan en gebruik word en diagramme en tabelle moet vinnig geïnterpreteer word. ●● Jy moet kan luister na inligting en aantekeninge daaroor maak. ●● Om probleme op te los en jou gevoelens en emosies in woorde uit te druk, raak al hoe belangriker. ●● Ander mense se opinies en sienings moet in ag geneem word en jy moet daarop kan reageer deur teenargumente te stel. Hier leer ons hoe om mekaar te respekteer. ●● Ons leer nou hoe om ander mense se perspektiewe te bevraagteken en te ondersoek. Praat vind informeel of formeel in groepsverband of individueel in die klas plaas. Verskillende situasies sal met rolspel in die klas nageboots word sodat jy reeds vroeg oor jou keuses en manier van doen kan besluit. Formele praataktiwiteite behels voorbereide toesprake, hardoplees, onderhoude, debat en paneelbesprekings. Daar is twee aspekte wat belangrik is by formele mondeling: (a) Beplanning, navorsing en organisering van idees en inligting. (b) Aanbieding soos die gebruik van korrekte taalstrukture, duidelikheid, lyftaal. Lees en Kyk In Graad 10 moet jy al (verkieslik) self ’n boek op jou eie in die teikentaal kan deurlees. Lees het ook drie fases: Pre-lees, Lees en Post-lees. Maniere van lees Betekenis Pre-lees Voordat die teks gelees word, is daar maniere wat sal help om dit beter te verstaan en om voorspellings te maak. Aandagtig lees Wanneer die teks aandagtig gelees word, kan jy ook kyk na taalgebruik, woordkeuse en interessante maniere om inligting oor te dra. Post-lees Alles wat gelees is, word ondersoek. Idees word opgesom, vergelyk en gekontrasteer as die teks homself daartoe leen. Woordeskat word terselfdertyd uitgebrei. Tekste wat gelees word, kan ook later gebruik word om eie skryfwerk te doen. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 5
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK Daar is drie leesfokusse: 1. Tydens aandagtige lees sal kort tekste gebruik word om aantekeninge op te stel, opsommings te maak en bewus te raak van taalgebruik. Die soort tekste kan kom van kortverhale, dramas, romans, artikels, advertensies, spotprente, grafieke, foto’s en filmgrepe. Taalkenmerke sal deurgaans aandag geniet. 2. Voorgeskrewe letterkunde sal gekies word waaarin estetiese en kulturele eienskappe bestudeer word.Gedigte, dramas, films, romans en kortverhale sal die leerders help om hulle eie wêreld te verken. 3. Geskrewe en visuele tekste moet gelees word. Leerders moet weet hoe ’n biblioteek of die internet gebruik word. Hulle moet koerante en tydskrifte in die klaskamer gebruik om hulle persepsies te verbreed. Skryf en Aanbied In Graad 10 moet jy alreeds oor die basiese kennis beskik om sinne saam te stel, paragrawe uit verskillende sinne op te bou en opstelle te skryf. Kreatiewe skryfstukke, langer en korter transaksionele skryfwerk gaan geoefen word. Onderwysers moet: ●● Die onderwerp aan julle bekend stel. ●● ’n Voorbeeld saam met julle deurlees. ●● Saam met die klas die doel en konteks bespreek om die styl en register te bepaal. (Dis vir EAT-leerders moeilik, want hulle is gewoonlik nog nie taalvaardig nie.) ●● Die rubriek ook verduidelik sodat die leerders verstaan waarvoor hulle punte gaan kry of verloor. ●● Gesels saam oor die onderwerp (dinkskrum) of doen navorsing daaroor. ●● Die leerders help om woordeskat vir die onderwerp aan te leer. ●● Begin nou met die stappe van die skryfproses wat hieronder genoem word. Stappe wat tydens die skryfproses geneem moet word: ●● Beplan die skryfstuk. ●● Skryf die konsep neer. ●● Redigeer en proeflees die konsep (saam met ’n maat of in ’n groep). ●● Herskryf die stuk en verbeter alle foute wat tydens redigering opgemerk is. ●● Bied die skryfstuk aan vir evaluering. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 6
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK Geïntegreerde taalgebruik (Grammatika en Woordeskat) As jy hokkie speel, hardloop jy nie met ’n tennisraket op die veld rond nie. As jy rugby speel, gooi jy nie ’n tennisbal rond nie. Net so is dit om ’n taal aan te leer: jy het die volgende twee aspekte nodig: ●● Jy moet die taalreëls ken. ●● Jy moet daagliks jou woordeskat uitbrei. Dit kan jy slegs doen deur baie te lees, binne en buite die klaskamer. Alhoewel daar net een uur in elke twee weke spesifiek aan grammatika gewy word, moet jy elke dag oplet hoe woorde verander word om betekenis oor te dra. Sien die volledige taalreëls wat hierby ingesluit is. Vanaf Graad 10 tot Graad 12 gaan jy 7 groot eksamens en baie toetse skryf. Hierna gee ons goeie raad vir die verskillende soorte eksamens wat jy sal aflê. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 7
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK VRAESTEL 1 Vraag 1: BEGRIPSTOETSE A. Maak eerstens seker jy verstaan die volgende instruksies: Kennisvrae: (Alle W- en H-vrae soos Wie, Wat, Waar, Waarom, Hoekom, Hoe) 1 Wat het gebeur nadat...? 2 Gee die naam van die...? 3 Beskryf wat gebeur het by...? 4 Wie het met die man gepraat? 5 Waaroor het hulle twee baklei? 6 Wat is die betekenis van hierdie sin? 7 Waarvandaan het die man gekom? 8 Hoekom het dit daardie dag gebeur? 9 Noem die name van die mense wat betrokke was? 10 Waarop het hy gestaan toe die pawiljoen gebreek het? Begripsvrae: 1 Gee ’n voorbeeld van hierdie uitdrukking... 2 Verduidelik in jou eie woorde wat hierna gebeur het. 3 Het die man die boodskap verstaan? 4 Wie is volgens jou die hoofkarakter van hierdie verhaal? Toepassingsvrae: 1 Kan jy aan ’n ander geleentheid dink toe dieselfde situasie plaasgevind het? 2 Dink jy die metafoor wat in die tweede paragraaf gebruik word, is gepas? 3 Hoekom is personifikasie in hierdie gedig/paragraaf effektief? Analisevrae: 1 Hoe stem hierdie situasie ooreen met die een wat die hoofkarakter noem? 2 Hoe verskil dit van die vorige gebeurtenis? 3 Kan jy enige ander ooreenstemmende punte noem? 4 Wat is die hooftema van hierdie verhaal? 5 Wat is die onderliggende tema(s) van hierdie verhaal? 6 Hoekom dink jy het hierdie situasie soveel hartseer veroorsaak? ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 8
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK Sintesevrae: 1 Ons het baie verskillende dinge van die hoofkarakter se lewe gehoor. Gebruik dit en skryf drie van die belangrikste dinge neer wat hom anders maak as ander karakters in die verhaal. 2 Watter soort persoon was sy ma? 3 Watter positiewe invloed het sy pa op sy lewe gehad? 4 Dink jy sy pa het ook ’n negatiewe invloed op hom gehad het? Gee redes vir jou ant- woord./Motiveer jou antwoord met voorbeelde/ten minste een voorbeeld. Evalueringsvrae: 1 Hoe effektief was die beskrywing van die seun se huislike omstandighede? 2 Lees weer die teks waarin die karakter beskryf word. Kan jy aan ’n beter manier dink om dit te beskryf? B. Lees die vrae en maak vir jouself ’n opsomming van die vrae. Kyk na die volgende vrae om hierdie tegniek te oefen: 1.1 Die spreker sê op twee maniere hy weet nie veel van tegnologie nie. Gee enige EEN van die twee goed wat hy daarvan sê. (1) 1.2 Wat het hy liewer gedoen terwyl sy vriende rekenaarspeletjies gespeel het? (2) 1.3 Haal ’n idiomatiese uitdrukking aan wat bewys hy verstaan tegnologie nie so goed nie.(Paragraaf 1) (1) 1.4 Noem EEN van die goed wat hy tegnologies kan doen (1) 1.5 Vir watter vak het hy nie veel respek nie? (1) 1.6 Haal EEN woord aan wat bewys die verteller weet nie wat is die k onneksie wat ’n mens gebruik se naam nie. (1) 1.7 Was hy heeltemal verkeerd met die raad wat hy die redakteur gegee het? Haal ’n sinsdeel aan om jou antwoord te bewys. (2) 1.8 Wat probeer die verteller eintlik vir die leser in hierdie artikel sê? Sê dit in jou eie woorde. (1) 1.9 Watter soort toestel sal wel ontplof as jy die verkeerde knoppies druk? (1) 1.10 Om die elektroniese bul by die horings te pak beteken dat jy... (A) aan die antenna van die toestel moet vat. (B) ’n nagemaakte bul soos ’n matador moet aanvat. (C) deur ’n bul met skerp horings gesteek gaan word. (D) nuwe tegnologie sonder vrees moet aanpak. (1) (12) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 9
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK Opsomming vir jouself nadat jy die vrae gelees en die belangrikste woorde onderstreep het. 1 Waaroor gaan vraag 1.1? Antwoord: Iemand weet nie veel van tegnologie nie. 2 Het die verteller rekenaarspeletjies saam met sy vriende gesspeel? Antwoord: Nee 3 Soek vir ’n idiomatiese uitdrukking in par. 1. As daar twee is, moet dit klink asof iets nie verstaan word nie. 4 Daar is iets wat hy kan doen. 5 Hy het nie van ’n sekere vak op skool gehou nie. Soek die naam daarvan. 6 Soek ’n snaakse naam wat nie tegnologies korrek klink nie. 7 Hy’t vir iemand (sy baas?) raad gegee. Dit klink nie asof hy heeltemal verkeerd of heeltemal reg was nie. 8 Wat is die boodskap of tema van die leesstuk? Antwoord: Iets met tegnologie te doen!! 9 As jy nie die woorde toestel en ontplof ken nie, gaan jy sukkel met hierdie vraag. 10 Antwoord: iets soos ’n bom of handgranaat. DIGITAAL-DEURMEKAAR 1. Dit gaan baie van julle wat hier lees dalk skok, maar as dit by tegnologie kom, is ek nogal dof. Mooi gestel: ek is digitaal-gestrem! Ek is so omdat ek liewer as seun teen mure uitgeklim en van ons huis se dak ge-abseil het, terwyl my vriende rekenaarspeletjies gespeel en alles van DOS geleer het. Iewers het ek nie my vingers op die knoppies gedruk nie! Of soos my outop seker sou sê: “Ek het nie die kloutjie by die oor gekry nie.” 2. Ek erken ek kan die maklike goed doen: CD’s brand, liedjies op my MP3-speler laai en ’n roetekaart op my GPS inskandeer, maar dis omtrent al waarmee ek tegnologies vaardig is. Dis ook hoekom ek paniekerig geraak het toe my baas, die redakteur, my onlangs vra hoe om foto’s van ’n digitale kamera op ’n iPod af te laai. Hierdie vraag van hom het my beslis herinner aan hoërgraad wiskunde op skool – toe wiskunde nog wiskunde was en nie “wiskundige geletterdheid” nie! Hoërgraad, my bra, vrekmoeilik! 3. Tog moet ek weet hoe om dit te doen, want dit was ék wat voorgestel het dat hierdie metode gebruik word. Dis eenvoudig en effektief om jou foto’s te bêre. Al wat ek kon sê, was: “Jy kry so ’n megheftertjie wat jy by jou iPod inprop en dan laai jy die foto’s.” Ek het blitsvinnig ’n draai gaan maak by die naaste Apple-winkel om uit te vind wat om te doen en ek was nie te ver uit die kol nie. Ek het uitgevind dis eintlik doodmaklik. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 10
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK 4. My punt is dit: ons het deesdae fantastiese tegnologie wat ons net moet leer om te gebruik. Die meeste van ons vermy dit soos die pes omdat dit so ingewikkeld lyk, maar dit is eintlik kinderspeletjies. My raad is: pak die elektroniese bul by die horings: as jy GPS het, moet jy die wêreld verken, as jy ’n Cybershot het, gebruik die lensverstellings en as jy daarvan hou om te draf – gebruik al die knoppies op jou hartklopmonitor! Slotsin: Hierdie goed sal nie soos bomme ontplof as jy die knoppies verkeerd druk nie! deur Mark Johnston (Verwerk uit Weg! Julie 2007) MEMORANDUM: 1.1 Hy is dof OF hy is digitaal-gestrem (1) 1.2 Hy het van die dak af ge-abseil en teen mure uitgeklim. (2) 1.3 “die kloutjie by die oor gekry” (1) 1.4 Hy kan CD’s brand, liedjies op sy MP3-speler laai en ’n roetekaart op sy GPS inskandeer. (Enige een) (1) 1.5 Wiskundige geletterdheid (1) 1.6 megheftertjie (1) 1.7 Nee. “nie ver van die kol af nie” (2) 1.8 Gebruik tegnologie/raak tegnologies-vaardig (1) 1.9 ’n Bom (1) 1.10 (D) nuwe tegnologie sonder vrees moet aanpak. (1) (12) Vrae 2 & 3: ADVERTENSIES OF PRENTE/STROKIES OM BEGRIP TE TOETS Die woorde en onderskrifte wat gebruik word in advertensies of prente is baie belangrik. In strokies of spotprente moet die lyftaal van die karakters baie noukeurig nagegaan word. Let ook op enige woorde wat in ’n kleiner of groter lettertipe (font) geskryf word. Soms is dit die kontakbesonderhede en vrae kan ook daaroor gevra word. In strokies en spotprente moet die volgende woorde geleer word sodat die lyftaal korrek geïnterpreteer kan word: As die karakter ’n vraagteken bokant sy/haar kop het of kop krap, kan dit beteken die karakter is verbaas/verwonderd/dom/verward/deurmekaar of verskrik. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 11
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK As die karakter ’n hartjie bokant sy/haar kop het of met liefde na iemand anders kyk, kan dit beteken die karakter voel respek, eerbied, agting, liefde, begeerte vir die ander persoon. As die karakter ’n frons op sy/haar voorkop het of lyk asof hy/sy tande kners, kan dit vir die leser sê die karakter is kwaad/woedend/ontevrede of vies. As daar trane oor die karakter se wange loop, wys dit hy/sy voel baie hartseer of mismoedig. Vraag 4: OPSOMMING Hou die volgende in gedagte: ●● Om ’n goeie opsomming te maak, is ’n baie nuttige vaardigheid wat jy dikwels in jou lewe gaan gebruik. ●● In Graad 10 mag daar nie meer as 200 woorde gebruik word in die teks wat opgesom word nie. In Graad 11 is dit 230 woorde en in Graad 12 nie meer as 250 woorde nie. ●● Die soort teks wat vir opsommings gebruik word, wissel baie en die manier waarop dit nagesien word, wissel ook. Die teks kan gaan oor ’n stel instruksies wat jy moet nakom of ’n klomp waarskuwings of aanwysings. ●● Een van die wenke wat werk, is dat jy die opsomming van bo tot onder en van onder na bo moet lees. ●● Daar is gewoonlik meer feite/wenke/leidrade in die opsomming as waarvoor jy moet soek. Party word “weggesteek” tussen baie woorde en soms word daar twee in een sin gebruik. Jy moet dus baie versigtig lees. ●● Die belangrikste van alles is: jy moet presies weet waarvoor jy soek. Dit is gewoonlik die tweede instruksie net ná die vraagnommer. Voorbeeld 1: INSTRUKSIES: ●● Lees die volgende teks aandagtig deur. ●● Tweede instruksie: Skryf dan SEWE wenke neer oor hoe om jou tande goed te versorg. ●● Nommer jou sinne van 1 tot 7. ●● Gebruik slegs VOLSINNE. ●● Laat ’n reël oop na elke sin. ●● Dui die getal woorde wat jy gebruik het aan die einde van die opsomming aan. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 12
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK HOU JOU TANDE GESOND 1. Onthou om jou tande altyd saggies met die regte tandeborsel te borsel. Tandvleise wat bloei, kan later tot probleme lei. Gesonde tandvleis is belangrik, want dit hou jou tande in posisie. 2. Moenie vergeet om daagliks te flos om van die bakterieë tussen die tande ontslae te raak nie. Plaak kan vinnig aan die binnekant van die tande opbou. 3. As jy te veel kosse en drankies inneem wat verfynde suiker bevat, kan dit nadelig vir die tande wees. 4. Het jy geweet kraakvars, rou vrugte en groente soos appels, wortels en seldery kan help om jou tande skoon te hou? 5. As jy te veel sitrusvrugte asook koffie inneem, kan dit probleme skep, want dit verhoog ook die suikervlakke in die mond, wat tot tandbederf kan lei. 6. Dis ook belangrik om elke ses maande by jou tandarts en ’n mondhigiënis uit te kom. Dit sal verseker dat jou tande in ’n goeie toestand en silwerskoon gehou word. 7. Om ’n goeie mondspoelmiddel te gebruik, help baie. Colgate se nuwe Plax Whitening keer die vorming van plaak en help ook om die tande mooi wit te hou. Die spoelmiddel bereik plekkies wat jou tandeborsel nie kan bykom nie. (199 woorde) (Aangepas uit: Leef, April 2009) MEMORANDUM: ●● Jy moet jou tande saggies borsel. ●● Flos daagliks. ●● Moenie te veel kosse en drankies inneem wat ’n oormaat verfynde suiker bevat nie. ●● Vermy te veel sitrusvrugte en koffie. ●● Eet genoeg vars, rou vrugte en groente. ●● Besoek jou tandarts en ’n mondhigiënis een tot twee keer per jaar. ●● Gebruik ook ’n mondspoelmiddel. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 13
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK Voorbeeld 2: Maniere om jou huis te beveilig. Enige SEWE van die volgende: Sorg dat daar twee soorte telefone Sorg dat jy twee telefone het. byderhand is indien daar iets by jou huis gebeur. Misdadigers sal dalk die kabels van die landlyn afsny, maar jou selfoon is klein en kan iewers Steek een van jou telefone weg. weggesteek word. Hou altyd die belangrikste Toets dikwels belangrike nommers sodat telefoonnommers iewers en maak seker jy weet hulle werk. dat hierdie nommers dikwels getoets Moenie belangrike nommers tydens ’n word. Moenie in die middel van die krisis in ’n gids soek nie. nag tydens ’n krisis in die gids na die Plaas diefwering voor glaspanele sodat polisie se nommer soek nie. dit nie uitgeskop kan word nie. As jou voordeur glaspanele het, moet jy Plaas diefwering voor alle vensters en diefwering aanbring, want misdadigers deure. skop die glas vinnig stukkend. Al die vensters en deure van jou huis moet Plaas slotte en kettings aan deure sodat met diefwering bedek word. dit moeilik lyk om in te breek. As daar ’n veiligheidshek, ’n groot slot Hou deure gesluit, al is jy by die huis. en ’n massiewe ketting by jou voordeur Plaas jou naam en adres met ’n is, sal dit vir diewe en skelms na te merkerpen op waardevolle artikels. veel werk lyk om dit af te haal. Slotte en Maak ’n lys van waardevolle artikels. kettings moet die sterkstes wees. Hou jou deure gesluit en jou garagedeur Ligte moet begin brand as enige iemand toe, al werk jy in die tuin. Merk al jou naby die huis kom. waardevolle items met ’n merkerpen. Hou honde aan sodat hulle kan blaf as Sodra jy iets nuuts aanskaf, moet jy vreemdes by jou huis aankom. sommer dadelik alle inligting daarop skryf. Goeie, sterk ligte en groot, kwaai honde is gewoonlik die beste afskrikmiddels vir ongenooide gaste soos diewe. Die ligte moet begin brand as iemand naby jou huis kom en die honde moet blaf om jou teen gevaar te waarsku. (208 woorde) (10) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 14
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK Vraag 5: WOORDSTRUKTURE Belangrik: ●● Jy moet jou taalreëls baie goed ken om goed te doen in hierdie afdeling. ●● Elke antwoord kry een punt. My kat het ’n deftige 5.1 (Frankryk) naam: 5.1 Gee die korrekte byvoeglike Honoré de Balzac, maar ons noem hom naamwoord. sommer Tat. 5.2 (In die aand), terwyl ek sit en skryf, slaap hy op die lessenaar naby 5.2 Gee EEN woord vir die omskrywing. die rekenaar en snags slaap hy op die 5.3 (waar my voete op die bed is). Wanneer 5.3 Gee EEN woord vir die omskrywing. ek in die tuin stap, stap hy saam. Hy laat nie toe dat die honde saamstap nie. 5.4 (Tydens) etes sit hy agter my op die 5.4 Gee ’n sinoniem. vensterbank en ek mag nie vergeet dat hy saameet nie. As ek vergeet, klap hy my op my skouer. Hy hou veral van 5.5 (aartappels, wortels en kool). 5.5 Gee die versamelnaam. Tat is baie 5.6 (vrede + lief), solank as wat 5.6 Gee die samestelling. jy na sy 5.7 (_____) dans. As hy 5.7 Voltooi die vaste uitdrukking. 5.8 (syself/homself/hyself) in die son 5.8 Kies die korrekte woord. sit en lek, is hy die toonbeeld van 5.9 5.9 Gee die korrekte vorm van die (ontspan) rustigheid. Maar kielie hom byvoeglike in die maag en hy word ’n mallemeule naamwoord. (adj.) (merry-go-round) van 5.10 (skerp) naels en tande. As jy ’n papier frommel, kom hy 5.10 Gee die antoniem. aangehardloop, gereed om met die papier te baklei 5.11 (____) die dood toe! 5.11 Gee die ontbrekende voorsetsel. Maar moenie vir hom ’n muis wys nie. Tat hou niks van hulle 5.12 (ruik/reuk) nie. 5.12 Kies die korrekte woord: Hy sal 5.13 (groot) skrik as die muis en vir ruik (ww.) reuk (s.nw.) die res van die dag hoef jy hom 5.14 (soek) 5.13 Gee die vergrotende trap. nie. Toe ons hom eenkeer by ’n muis los, 5.14 Voltooi die infinitief. het hy vir dae lank in die 5.15 (varings) weggekruip. 5.15 Gee die verkleinwoord. Daar is ’n tafeltennisballetjie in die huis. Gooi dit vir Tat en hy word ’n luiperd, ’n leeu wat sy prooi 5.16 (kruip), ’n tier wat 5.16 Vorm ’n ander werkwoord hiervan. jag. 5.17 Gee die afkorting. 5.17 (In plaas van) ’n muis, duik hy op ’n balletjie af. As die balletjie wegkom, 5.18 Voltooi die uitdrukking. jaag Tat hom tot in ’n hoek en 5.18 (stadig 5.19 Gee EEN woord as sinoniem. maar _____) sal hy 5.19 (die oorhand kry). Hy behandel daardie balletjie net soos ’n 5.20 Gee die korrekte vorm van die leeu ’n 5.20 (dood) bok behandel. Maar ’n byvoeglike naamwoord. muis? Aikôna!! (20) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 15
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK MEMORANDUM: ●● Spelling moet korrek wees. ●● Pasop vir meervoude of byvoeglike naamwoorde wat van vorm verander. 5.1 Franse 5.11 tot 5.2 saans 5.12 reuk 5.3 voetenent 5.13 groter 5.4 gedurende 5.14 nie te soek nie 5.5 groente 5.15 varinkies 5.6 vredeliewend 5.16 bekruip 5.7 pype 5.17 i.p.v. 5.8 homself 5.18 seker 5.9 ontspanne 5.19 wen/oorwin 5.10 stomp 5.20 dooie (20) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 16
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK Vraag 6: SINSTRUKTURE 6.1 (Mitchell Johnson is al deur die 6.1 Skryf die sin oor in die bedrywende media as een van die beste snelboulers vorm. ter wêreld beskryf), maar hy is ook Begin so: Die media... (1) ’n man wat die skares gereeld met sy kolfvermoë en rats veldwerk verstom. Geen wonder dat 6.2 Skryf die sinsdeel in die 6.2 (almal beskou Mitchell as die beste lydende vorm. Begin so: Mitchell... (1) veelsydige speler). Vroeg in die onlangse As-toer tussen Engeland en Australië 6.3 (is dit asof 6.3 Skryf in die verlede tyd. (1) Mitchell sy vonk verloor). Die mense wat weet, het gesê dat 6.4 (hy’t ’n groot 6.4 Skryf in die toekomende tyd. (1) uitval met sy ma gehad.) Hy het nou ’n nuwe bynaam gekry: Mamma-se- seuntjie. Vikki Harber (45) se aanmerkings dat 6.5 Gee die korrekte woordorde. (1) 6.5 (haar seun gee meer aandag aan sy nuwe verloofde, Jane,) as aan haar, was blykbaar die rede waarom die sportman 6.6 Gee die ontkennende vorm. (2) 6.6 (iets op die veld goed gedoen het). 6.7 Herskryf die sinsdeel. 6.7(Wêreldwyd vlam ’n debat oor hierdie Begin so: ’n Debat... (1) eeue-oue kwessie op): die vreemde verskynsel dat seuns nie hulle ma’s 6.8 Gee die verlede tyd. (1) 6.8 (kan laat los) nie. 6.9 Gee die korrekte woordorde. (1) Mitchell is sensitief, dus 6.9 (sy ma se opmerkings het sy selfvertroue ’n knak 6.10 Skryf die sin in die indirekte rede. (2) gegee). Shane Warne sê: 6.10 (“Ek is bly sy is nie my ma nie.”) Die probleme het verlede maand begin toe Vikki aan 6.11 Skryf in die direkte rede. (2) die media gesê het: 6.11 “(sy haar seun onwillig aan Jane gee).” Vrouens soos 6.12 Voltooi met ’n infinitief. (1) Vikki hou daarvan 6.13 Voltooi die Hoe...hoe... 6.12 (hulle seuns se lewens regeer). Hoe -konstruksie. (1) ouer die seun word, 6.13 (die ma raak jaloers op enige meisie). (16) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 17
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK MEMORANDUM: Kyk waarvoor punte toegeken word. 6.1 Die media het al MJ as een van die beste snelboulers ter wêreld beskryf. (1) 6.2 ...Mitchell deur almal as die beste veelsydige speler beskou word nie. (1) 6.3 ...was dit asof Mitchell sy vonk verloor (het). (1) 6.4 ...hy sal ’n groot uitval met sy ma hê. (1) 6.5 ...dat haar seun meer aandag aan sy verloofde, Jane, gee. (1) 6.6 ...niks op die veld goed gedoen het nie. (1) 6.7 ’n Debat oor hierdie eeue-oue kwessie vlam wêreldwyd op. (1) 6.8 ... kon laat los (1) 6.9 ..., dus het sy ma se opmerkings sy selfvertroue ’n knak gegee. (1) 6.10 ...dat hy bly is sy is nie sy ma nie. (2) 6.11 “Ek gee my seun onwillig aan Jane.” (2) 6.12 ...om hulle seuns se lewens te regeer. (1) 6.13 ...hoe jaloerser raak die ma op enige meisie. (1) (16) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 18
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK HOEKOM ’N TEKS? ’n Teks word gebruik om Die teks gee die die konteks te skep vir woordeskat vir die taalvrae. taalvrae. • Woordstrukture (die vorm • Sinstrukture WAT WORD van die woord verander) (die woordorde in sinne) GETOETS? • Woordeskat • Kommunikasie • Woordvorming (om in ’n situasie te kan (nuwe woorde word gemaak) kommunikeer.) WENKE OM TAALVRAE TE BEANTWOORD 1. Moenie haastig wees nie. Hier tel korrektheid. 2. Lees die instruksies aandagtig en doen wat gevra word! 3. Skryf duidelik. Spelling tel. As hulle nie jou skrif kan lees nie, kry jy nul! 4. Kontroleer, m.a.w. kyk of jy die reëls toegepas het. 5. Moenie dink jy ken dit glad nie. Jy ken genoeg Afrikaans om te probeer! Met vriendelike vergunning: Martie Venter ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 19
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK WAT KAN EK LEER WOORDVORMIMG VIR TAAL? Samestellings (verbind woorde) eet+tyd= etenstyd, reus+boom=reuseboom Afleidings (gebruik voor- of agter- voegsels, vokaalverandering) WOORDSTRUKTURE ver+slaap=verslaap, …twee (…) be+spring=bespring …baie (…) werk+er=werker, Selfstandige naamwoord Word in die plek Meervoud: -e, -s, -te, -’s… moed+loos=moedeloos klein (…) van name gebruik. sing… sang, help… hulp Verkleinwoord: -tjie, -kie, -pie Geslag: bul x koei, sy…(akteur) Voornaamwoord Sê aan wie dit hy…(tante) behoort. WOORDESKAT Jy, hy, sy, ons, julle, hulle… Gee een woord vir Joune, syne, hare, julle s’n… (plek waarheen siek mense gaan) Staan voor die Wie se? Met wie? Waarin? Vraagwoorde Land, volk en taal naamwoord. wat, van wie … Engeland, Engelse en Engels Byvoeglike naamwoord Verbind sinne. Sinonieme lelike (…), hoë (…) Staan na Woorde met dieselfde betekenis (…) is lelik, (…) is hoog nmw. Antonieme mooier as, vetter as, droër as… Aksie is nog besig Teenoorgestelde betekenis die ligste, die kwaadste (…) as = … om te gebeur: Homofone stokoud (baie oud) er as -ende Klink dieselfde, spelling verskil Deelwoord Homonieme laggende (…), huilende (…) die (…) = die Spelling dieselfde, betekenis gebreekte (…), verkoopte (…) Aksie is verby: ..ste verskil gebroke (…), opgewonde (…) ge(…) -te, ge(…)-de Idiome Telwoord Ook vergelykings veertien, tagtig Idiomatiese uitdrukkings tweede, veertigste Eindig op -e, Voorsetsel vokaal verander, kwaad vir, glo aan spoke figuurlik PUNKTUASIE Skryftekens Tekens by woorde: deelteken, kop- pelteken, kappie, afkappingsteken. Leestekens Gebruik dit in sinne om jou te help lees: punt, hoofletter, vraagteken, aanhalingstekens. SPELLING AFKORTINGS AFKORTINGS Los en vas skryf asseblief = asb. asseblief = asb. Reëls by lettergrepe straat = str. straat = str. Met vriendelike vergunning: Martie Venter ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 20
AFDELING 1 STuDIEWENKE WAT WERK As jy die woordorde in die enkelvoudige sin ken, is WOORDORDE IS al die ander sinstrukture sommer baie maklik! • TYD, WYSE, PLEK! BAIE BELANGRIK IN • PLEK VAN DIE SINSTRUKTURE! Die sin se orde van tyd, wyse, plek bly altyd die- WERKWOORD! selfde in ander soort sinne. Dit is net die werkwoord en medewerkwoord wat rondspring! Wanneer? = TYD Dit is twee of meer Dit is die voeg- Jy moet weet wat- Hoe? = WYSE sinne wat met woord wat bepaal ter voegwoorde in Waar? = PLEK ’n voegwoord(e) waarheen die ww. elke groep is! Doel? = INFINITIEF verbind word. skuif. Enkelvoudige sin Samegestelde sin • Tyd, wyse, plek en inf. • Groep 1: Gewone woordorde • Sy loop vandag, vinnig, skool toe om • Groep 2: Werkwoord tweede, te leer. direk na die voegwoord • Begin nie met die onderwerp nie • Groep 3: Werkwoord aan die einde • Vandag loop sy… van sin iets ie- mand Direkte en indirekte rede Ontkennende vorm • Stellings êrens ooit • Net een nie • Paul sê: “My motor is gesteel.” > Paul sê dat • Ek eet. Ek eet nie. sy motor gesteel is. • Twee x nie • Vrae wat met werkwoord begin al • Ek eet ’n appel. Ek eet nie ’n appel nie. • Paul vra: “Gaan sy saam met ons?” > Paul vra nog • Bevele – moet > moenie of sy saam met hulle gaan. • Bly stil! Moenie stilbly nie! • Vrae wat met vraagwoord begin • Bevele met asseblief – Moet asseblief nie! • Paul vra: “Wie het my motor gesteel? > Paul • Bly asseblief stil Moet asb. nie stilbly nie. vra wie sy motor gesteel het. altyd • Ontkenningswoorde • Bevele • (Die woord verander met nie aan die einde, • Paul: “Anne, kom hiernatoe!” > Paul beveel behalwe óf…óf) Anne om daarnatoe te kom. óf...óf Lydende en bedrywende vorm Bedrywend (aktief)- Sin begin met Behoort en hoef onderwerp • Word met die infinitief gebruik, maar nooit Lydend (passief) - Sin begin met voorwerp saam met “om” nie. Die kat vang die muis. • Hoef word gewoonlik in die negatiewe vorm Die muis word deur die kat gevang. gebruik. Teenw. tyd: word… gevang • Sy behoort die medisyne te drink. Verl. tyd: is… gevang • Sy hoef nie die medisyne te drink nie. Met medeww: sal/kan/moet… gevang wor Die verlede tyd Hersien al die aspekte van die verlede tyd: skeibare en on- skeibare wwe., deeltjiewwe., wwe. verbind met en, wwe. met voorvoegsels, ens. Met vriendelike vergunning: Martie Venter ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 21
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK VRAESTEL 3: STELWERK INSTRUKSIES EN INLIGTING Maak seker jy het die instruksies by die vraestel goed verstaan. 1 Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings, naamlik Afdeling A, Afdeling B en Afdeling C. 2 Kies en beantwoord een vraag uit elke afdeling in hierdie vraestel: ●● Beantwoord een vraag uit Afdeling A: Opstel (50) ●● Beantwoord een vraag uit Afdeling B: Langer transaksionele teks (30) ●● Beantwoord een vraag uit Afdeling C: Korter teks: transaksioneel/naslaan/ informatief (20) 3 Nommer die skryfstukke wat jy kies volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4 Begin elke skryfstuk/teks bo-aan ’n nuwe bladsy. 5 Die uiteensetting van jou skryfstuk is baie belangrik: 5.1 Beplanning: ●● Doen elke skryfstuk se beplanning op ’n nuwe bladsy. ●● Skryf elke keer die woord beplanning bo-aan. (Nie ROF nie!) 5.2 Finale skryfstuk: ●● Begin elke finale skryfstuk op ’n nuwe bladsy. ●● Skryf die woorde finale produk langs die vraagnommer. 6 Dui die nommer en die onderwerp van jou skryfstuk netjies aan. 7 Punte word toegeken vir beplanning/redigering, vir taal/styl en vir inhoud. 8 Lees al die vrae aandagtig deur en voer die opdragte noukeurig uit. 9 Skryf netjies en leesbaar. Algemene inligting oor skryfstukke: die OPSTEL Daar is vier soorte opstelle of prosastyle: (a) verhalend (b) beskrywend (c) argumenterend (beredenerend) en (d) bespiegelend (filosoferend). Die eerste twee soorte (verhalend en beskrywend) word as die mees algemene of “maklikste” beskou en sal eerder in die laer grade geskryf word. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 22
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK Die argumenterende en bespiegelende opstelle vereis dat die skrywer feite kan gebruik om (’n) stelling(s) te motiveer. Hierdie soort opstel is gewoonlik kontensieus of omstrede. Met die bespiegelende opstel moet die skrywer filosofeer of dink. Die skrywer van hierdie soort opstel moet sorg dat hy/sy nie dieselfde enkele idee oor en oor herhaal nie. Keuse van onderwerp: Die goue reël is: Kies die onderwerp waarvan jy iets weet. Dit sal baie gou duidelik word die skrywer weet niks van ’n onderwerp nie en die woorde sal opdroog. Versameling van inligting waarmee gewerk gaan word: Verskillende bronne moet gebruik word. Die volgende vrae sal help om die opstel te beplan: Wat beteken die sleutelwoorde in die titel? Aan watter aspekte moet ek veral aandag skenk? Wat is my agtergrondskennis van hierdie onderwerp? Is daar voordele en nadele hieraan verbonde? Watter assosiasies en/of toepassings kan gemaak word? Tydens ’n eksamen sal die skrywer van hierdie soort opstel sy kennis of verbeelding moet gebruik. Hoe meer die leerder lees, hoe beter is die kans dat hy/sy hierdie soort opstel tydens ’n eksamen sal kan skryf. Beplanning: Ons beplan ’n opstel om die volgende redes: ●● Die opstel moet ’n bepaalde vorm aanneem. ●● Alle toepaslike inligting moet ingesluit word. ●● Daar moet ’n eenheid tussen tema en inhoud wees. ●● Die opstel se paragrawe moet logies opgebou kan word. ●● Herhaling moet voorkom word. ●● Die skrywer moenie halfpad “opdroog” nie. Voorbeeld: Is natuurrampe die grootste bedreiging vir die mensdom se oorlewing op aarde? ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 23
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK Woordbegrippe om te verstaan: (a) natuurrampe – voorbeelde soos: aardbewings/watertekorte/vloede/brande/ skade aan osoonlaag/aardverwarming/tsoenami’s, ensovoorts. (b) bedreiging – gevaar. Is dit die grootste gevaar of is daar ander gevare soos oorlog/hongersnood? (c) oorlewing – wat word hiermee bedoel? Net basiese oorlewing of oorlewing volgens ons huidige lewenstyl? (d) Die mensdom – alle mense soos daar tans in die wêreld is of ’n veranderde, nuwe aangepaste wese (being). Aspekte wat genoem sal moet word: (a) Soorte natuurrampe waarvan die skrywer weet. (b) Ekonomiese aspekte – word die osoonlaag bv. vernietig sodat iemand kan ryk word? (c) Politieke aspekte/tegnologiese aspekte. (d) Sosiologiese aspekte: die effek op die gemeenskap/bewyse van die effek op mense. Algemene agtergrond: (a) Watter natuurrampe het al in die verlede plaasgevind. (Dink aan Noag, Pompei, Krakatoa, ens.) (b) Voordele en nadele van natuurrampe. (Brande bevorder die groei van sekere plante.) (c) Ander faktore wat die mensdom bedreig: oorlog, misdaad, epidemies, besoedeling, ensovoorts. Bring al die genoemde aspekte in verband met die gegewe tema bymekaar en neem ’n standpunt in. Uiteindelik moet die vraag in die titel beantwoord word: Ja of Nee. Inligting ten opsigte van nasien: 1. Bestudeer en bespreek die nasienskaal en die riglyne vir die gebruik daarvan. Maak seker elke leerder weet wat van hom/haar verwag word. 2. Afdeling A word volgens die nasienskaal uit 50 nagesien. 3. Afdeling B word volgens die nasienskaal uit 30 nagesien. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 24
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK 4. Afdeling C word volgens die nasienskaal uit 20 en ’n memo nagesien. 5. As ’n skryfstuk in Afdeling A te kort is (leerder het minder as ⅔ van die verwagte aantal woorde – minder as 200 – geskryf), word die leerder met ’n ½ kerf of 2 punte gepenaliseer. Beklemtoon dat die leerders telkens die woorde moet tel. As hulle te min woorde het, moet hulle byskryf. As daar te veel woorde is, moet hulle redigeer. Dis die moeite werd om nie hiervoor punte te verloor nie. 6. As ’n skryfstuk in Afdeling B en C te kort is (leerder het minder as ⅔ van die verwagte aantal woorde – minder as 100 – geskryf), word die leerder met ’n ½ kerf of 1 punt gepenaliseer. 7. As ’n skryfstuk in Afdeling A te lank is (leerder het meer as ⅓ van die verwagte aantal woorde te veel geskryf (400 woorde), word die hele skryfstuk gelees en nagesien, maar die leerder word met ’n ½ kerf of 2 punte gepenaliseer. 8. As ’n skryfstuk in Afdeling B en C te lank is (leerder het meer as ⅓ van die verwagte aantal woorde te veel geskryf (200 woorde), word die hele skryfstuk gelees en nagesien, maar die leerder word met ’n ½ kerf of 1 punt gepenaliseer. 9. As skryfstukke uit die vraestel saamgeflans word, sal die skryfstuk nie logies opeenvolg nie en die leerder ontvang dan S-. Kommentaar sal wees: ●● Geen eie werk nie. ●● Geen kommunikasie nie. ●● Saamgeflans. 10. As die leerder ’n gememoriseerde opstel onder ’n sekere onderwerp indwing, word die leerder ook gepenaliseer wat die inhoud betref. Die inhoud is dan verkeerd geïnterpreteer en moet as swak beskou word. Kommunikasie moet ook as swak beskou word. By die taalaspek word die gemiddeld van die taal van die ander twee skryfstukke geneem (aangesien ons weet dat dit die persoon se eie taal is). 11. As ’n onderwerp misgetas word, word die leerder ook streng gepenaliseer as dit by inhoud en kommunikasie kom (’n baie lae punt). Taal sal normaal nagesien word. 12. Simbole en punt(e) word regs onderaan die laaste bladsy van die skryfstuk en die groottotaal links bo-aan die begin van elke afdeling neergeskryf. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 25
AFDELING 1 studieWENKE WAT WERK 13. Hierdie metode van nasien word by alle skryfstukke toegepas. 14. Voorstel vir nasiensimbole: ^ Woord(e) weggelaat. = Spelfout. (Dui asseblief direk onder spelfout aan.) ( ) Verkeerde woordorde. Nie nodig om reg te maak nie. ? of ξ Sinneloos; verstaan nie. // Nuwe paragraaf/punktuasie/dui hoofletters, kommas, punte ens. aan. NB! In alle kreatiewe skryfwerk hoef leerders wat inhoud betref hulle nie deur die leidrade te laat lei nie. Hulle kan hulle eie idees gebruik, solank dit net by die onderwerp pas. Resep vir prestasie in Afrikaans Eerste Addisionele Taal Nadat jy hierdie afdeling bestudeer het, het jy ’n goeie idee van die studiewenke wat nodig is om sukses te behaal in Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Jou volgende stap is om al die teorie van die vak te hersien en die volgende afdelings: Afdeling 2: Luister en praat Afdeling 3: Lees en kyk Afdeling 4: Skryf en aanbied Afdeling 5: Taalaspekte Die laaste stap wat sal verseker dat jy presteer, is deeglike voorbereiding vir die eksamen. Werk die 3 voorbeeldvraestelle uit in Afdeling 6. Toets jou antwoorde met die memorandums wat verskaf word. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 26
AFDELING Unit XX 2 HERSIENING: ExamLUISTER PapersEN PRAAT LUISTER EN PRAAT Die luisterproses vind in drie stadia plaas: pre-luister: hier bepaal jy die doel waarom jy luister luister: luister, besin en evalueer post-luister: besin oor aanbieding/gesprek Luister vir spesifieke inligting Luister, eerder as om net te hoor, is die sleutel tot enige intelligente respons op die wêreld rondom jou. In ’n wêreld waar tegnologie ’n eindelose hoeveelheid klank, stemme, musiek en gesprekke skep, is die vermoë om net te luister na dit wat betekenisvol of bruikbaar is, uiters belangrik. Soek dus gedurig betekenis in dit wat jy hoor en prosesseer hierdie inligting tot dit wat relevant vir jou is. Luister vir kritiese ontleding en evaluering ●● identifiseer en interpreteer oorredings-, gevoels- en manipulerende taal, partydigheid, vooroordeel en stereotipering ●● onderskei tussen feite en menings ●● reageer op styl, toon en register en evalueer korrek ●● oordeel en lewer bewyse ●● verstaan logiese volorde van inligting ●● maak aannames en voorspel gevolge ●● toon bewustheid van en interpretter toon, tempo en taalgebruik Luister vir waardering Om ’n teks te waardeer, beteken om die waarde daarvan te bepaal, dit ten volle te geniet en te begryp. Waardering kan jou ook dankbaar maak vir dit wat eie aan jou is. Goeie gesprekke is selde monoloë (wanneer slegs een persoon praat). Elke gespreksgenoot kry ’n beurt waarna daar na hom geluister word. Taal, gebare, oogkontak en liggaamstaal is uiters belangrike boustene vir ’n gesprek om te verseker dat daar na jou geluister sal word en wat dit vir jou aangenaam maak om na ander te luister. Onthou, die oordra van inligting word bepaal deur die verhouding tussen taal en kultuur. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 27
AFDELING 2 HERSIENING: LUISTER EN PRAAT Praat/Gesels Dit is belangrik dat jy leer hoe om gemaklik met mense te gesels. In ’n gesprek is daar mense wat praat en dié wat luister. Vir sommige van ons is dit maklik om met ander te gesels, vir sommige nie. Kyk na die volgende riglyne om jou te help: Probeer hierdie wenke as jy in ’n informele geselskap betrokke is: ●● Lees tydskrifte, koerante en boeke en kyk na aktuele programme op TV sodat jy iets het om oor te gesels ●● As jy die mense ken met wie jy gaan gesels of saamwerk, vind vooraf uit oor hul belangstellings en kry inligting daaroor. ●● Kry ’n paar vrae gereed sodat jy dadelik iets het om te vra en volg antwoorde op met nog vrae. (As jy met ’n meisie uitgaan wat mal is oor ballet, kry inligting van iemand wat jou kan inlig of doen naslaanwerk in die biblioteek) ●● Goeie lyftaal sal help om die ander mense in die geselskap gemaklik te laat voel. ●● Luister aandagtig na die spreker en kyk hom of haar in die oë. ●● Antwoord beleefd op ander se vrae en brei uit waar nodig. Goeie maniere bevorder kommunikasie: ●● Die lees en stuur van sms’e in ’n geselskap is swak maniere. ●● As jy ’n belangrike oproep verwag, sê vooraf vir die mense in die geselskap daarvan. ●● Indien jou selfoon lui, maak verskoning en verlaat die geselskap; moet nooit jou gesprek in die geselskap voer nie. Kom gou weer terug. ●● Vermy die gebruik van elektroniese toerusting sonder die toestemming van die geselskap. (neem foto’s/video’s, die opneem van inligting) ●● Vermy grappies wanneer die gesprek oor ernstige sake gaan. ●● Daar is sekere taboe-onderwerpe in goeie geselskap: bv. ouer mense se ouderdom, iemand se bankbalans, rassistiese grappies ●● Wees hoflik en praat duidelik in goeie Afrikaans. ●● Inisieer die gesprek en hou dit vol, maar moenie die gesprek oorheers nie. ●● Moenie ’n spreker in die rede val nie; wag jou spreekbeurt af. ●● Wanneer iemand by die geselskap aansluit, skep ook vir hom ’n spreekbeurt. ●● Respekteer en toon begrip vir ander se menings. ●● Stel jou standpunt en verdedig dit. ●● Bly kalm as iemand jou uitlok. ●● Wanneer ’n opmerking of vraag onduidelik is, vra die spreker om te verduidelik. ●● Betrek almal by die geselskap – ook die stilles. ●● Vra neutrale vrae om ongemaklike stiltes te verbreek. ●● Lei die gesprek altyd weer na die oorspronklike onderwerp terug. ●● Indien die gesprek of bespreking in ’n vergadering plaasvind, moet die voorsitter altyd aangespreek word. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 28
AFDELING 2 HERSIENING: LUISTER EN PRAAT Voorbereide toesprake Die formlele praatproses vind in drie stadia plaas: ●● beplanning, navorsing en organisering ●● voorbereiding ●● aanbieding Beplanning: ●● gebruik die gepaste register, styl en toon volgens die gehoor, doel, konteks en tema ●● gebruik toepaslike taal ●● demonstreer kritiese taalbewustheid deur feite, menings, denotatiewe en konnotatiewe betekenis en geïmpliseerder betekenis te verduidelik ●● gee uitdrukking aan waardes en houdings en toon bewustheid van partydigheid, stereotipering, gevoels-, oorredeings en manipulerende taal ●● gebruik bronne en verwysingsmateriaal om die aanslag en akkuraatheid van aanbiedings te verhoog ●● gebruik ’n treffende inleiding, dit trek en behou die aandag ●● sorg dat jou inligting logies en chronologies is ●● kyk na die skryf van ’n toespraak by Skryf en aanbied Jou beplanning van jou toespraak vorm jou gedagtes. Voorbereiding: ●● sorg dat jy vertroud is met die inligting in jou toespraak ●● sorg dat jy glo in dit wat jy gaan oordra ●● ken jou toespraak se inhoud, nie noodwendig uit jou kop nie, maar sodat jy verstaan wat jy wil sê Aanbieding: ●● praat direk met die gehoor ●● gebruik intonasie en frasering ●● gebruik gepaste aanspreekvorme ●● maak gebruik van verbale en nieverbale tegnieke soos toon, volume, stemprojeksie, tempo, frasering, oogkontak, gesigsuitdrukking, gebare en liggaamstaal om jou aanbieding te versterk Onvoorbereide toespraak ●● gebruik toon, stemprojeksie, tempo, oogkontak, liggaamshouding en gebare om jou te help in om aanklank by die gehoor te kry ●● gebruik gepaste en doeltreffende woordeskat ●● gebruik ’n effektiewe inleiding en slot ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 29
AFDELING 2 HERSIENING: LUISTER EN PRAAT Onderhoud Kyk by die Onderhoud by Skryf en Aanbied Tydens die onderhoud, nadat jy goed voorbereid is: ●● gebruik vraagstelling, oorreding, die afneem van notas, maak van opsommings, goeie luistervaardighede en nieverbale kommunikasie ●● wees ingelig oor dit wat jy wil weet Onderhoudstegnieke: ●● stel jouself in die inleiding bekend en verduidelik die doel van onderhoud ●● skep ’n vertrouensverhouding ●● stel relevante en toepaslike vrae ●● teken response aan vir latere gebruik ●● bedank die persoon met wie die onderhoud gevoer is en kry kontakbesonderhede indien nodig Paneelbespreking Elke spreker praat oor ’n bepaalde aspek van die onderwerp voor ’n gehoor. Gebruik konvensionele/alledaagse/gewone uitdrukkings Pligte van die voorsitter: ●● handhaaf orde ●● bestuur die tyd ●● hou by die agenda ●● moedig deelname aan ●● bly neutraal ●● vra vir voorstelle of stemme Die opmerkings word nie vooraf beplan en geoefen nie, maar volg spontaan. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 30
AFDELING Unit XX 2 HERSIENING: LUISTER EN PRAAT Debat ●● Resolusie: die standpunt waaroor twee spanne redeneer ●● Repliek: verduidelik waarom een span van ’n ander span verskil ●● Bevestigende sprekers: stem bewysbaar saam met voorstel/resolusie ●● Opponerende sprekers: stem bewysbaar nie saam met resolusie nie Debatsprosedures ●● onderwerp en eerste argument word deur die eerste bevestigende spreker gestel ●● eerste argument word deur die eerste opponerende spreker gestel ●● tweede bevestigende spreker stel sy span se argument ●● tweede opponerende spreker stel sy span se argument ●● die bevestigende en opponerende spanne kry elk ’n pouse van 5 – 10 minute om hul repliek voor te berei ●● elke span is verplig om hul teenstanders se argumente te weerlê en om hul eie saak te bevestig en te verdedig ●● die opponerende span lewer twee replieke op die bevestigende span se twee argumente en stel hul eie twee redes ●● die bevestigende span lewer twee replieke op die opponerende span se twee argumente en stel hul eie twee redes ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 31
AFDELING Unit XX 3 HERSIENING: Exam LEES PapersEN KYK LEES Lees is ’n aktiwiteit met drie fases wat gebaseer is op onafhanklike luisterstrategieë vir die dekodering en begrip van tekste. Elke stap sal nie altyd gebruik word nie. LEESPROSES ●● Pre-lees: dit stel die leerders aan die teks bekend en aktiveer assosiasies en vorige kennis. ●● Lees: dit verwys na die verstaan van die teks en om nadere aandag te skenk aantaalkenmerke daarvan ●● Post-lees: dit stel die leerders in staat om die teks as geheel te beskou en daarop te reageer. LEESTEGNIEKE en –STRATEGIEë ●● Vluglees: lees vlugtig die opskrif en eerste sin van elke paragraaf/moontlike hoofgedagtes ●● Soeklees: soek slegs vir spesifieke inligting (bv. ’n datum/naam/gebeure/nommer/ ens) ●● Maak voorspellings/lei betekenisse af/herlees en kyk weer/visualiseer/maak notas/ verduidelik kwessies/maak afleidings en gevolgtrekkings/evalueer/vergelyk en kontrasteer/vorm sinteses ●● hoof- en ondersteunende gedagtes: haal slegs die hoofgedagtes uit die leesstuk en skryf dit in die formaat soos gevra ●● psomming: soos jy dit doen in diagramme/borrels/kleur/ens ●● precis: hoofgedagtes in volsinne in EEN PARAGRAAF volgens ’n spesifieke aantal woorde ●● puntsgewys: elke hoofgedagte genommer/nog steeds in enkelvoudige volsinne ●● Kritiese taalbewustheid deur die volgende: ●● feit: dit wat bewysbaar is. Woorde soos: bewys/navorsing/navorser/studies /statistiek/ens. evestig ’n feit ●● mening: dit is nie statisties bewysbaar nie. Woorde soos: meen/dink/volgens iemand/glo/mense sê/ens. bevestig ’n mening ●● motiveer jou eie respons: dit kan gedoen word slegs as genoegsame kennis oor die leesstuk bestaan en die leser sy/haar respons daaruit kan formuleer ●● direkte en geïmpliseerde betekenis: daar word direk ’n stelling gemaak en wanneer iets geïmpliseer word beteken dit jy lei dit af a.g.v. dit wat gesê, of gedoen of moontlik geïnisieer is ●● donotasie: letterlike betekenis ●● konnotasie: figuurlike betekenis ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 32
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK ●● sosio-politieke en kulturele agtergrond van tekste en outeur: dit is belangrik om te weet uit watter agtergrond ’n teks geskryf is – dit verklaar baie van die betekenis van die teks, bv. ’n Kleurling digter se woordgebruik ●● invloed wat seleksie en weglating op die betekenis van ’n teks het: dit wat in die teks geplaas is en dit wat om spesifieke redes uitgelaat is, moet die leser weet om die teks te kan verstaan bv. ’n skry wer wat in die tronk was sê dit nie in sy/haar teks nie, maar dit beïnvloed die teksbetekenis ●● verhouding van mag en taal: die taal is magtig en woordgebruik het ’n magtige invloed om lesers/gebeure te beïnvloed/te manipuleer ●● gevoels- en manipulerende tegnieke: dit beïnvloed die betekenis van die hele teks INTERPRETASIE VAN VISUELE TEKSTE (grafiese en visuele tekste) Visuele geletterdheid speel ’n groot rol in ’n verskeidenheid van tekste. Ontwerpers van advertensies gaan byvoorbeeld baie slim te werk deur van verskillende mediums gebruik te maak om sodoende ’n bepaalde boodskap oor te dra, bv. ●● Lettergrootte en lettertipe: hoe groter die letters, hoe meer aandag sal daarop gevestig word. Belangrike gedagtes of woorde kan deur lettergrootte uitgehef en sodoende beklemtoon word. Die spesifieke lettertipe wat gebruik word, sluit gewoonlik aan by die boodskap van die teks. Indien die teikenmark van ’n advertensie byvoorbeeld jong kinders is, kan die lettertipe moontlik in ’n kinderlike handskrif aangebied word. ●● Hoof- en sub-opskrifte: is gewoonlik die grootste en verskeie maniere (soos kleur en lettergrootte) word aangewend om hierdie opskrif te laat uitstaan. Die hoofopskrif moet die leser se aandag trek om sodoende te verseker dat die res van die teks ook gelees word. Die sub-opskrif is kleiner en word gebruik om meer inligting aan die leser te verskaf. ●● kleurgebruik ●● spesifieke praatborrels ●● suggesties: bv. rook wat trek suggereer iets wat brand ●● spotprent: alles op ’n spotprent moet in ag geneem word wanneer die betekenis daarvan bepaal word (die skematiese voorstellings is in die plek van geskrewe paragrawe) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 33
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK Om ’n teks maksimaal te kan interpreteer, moet daar na alle moontlike inligting gekyk word en die doel daarvan verstaan word. WOORDESKATONTWIKKELING EN TAALGEBRUIK Literêre begrippe sal hierna gegee en verklaar word, maar alle verdere begrippe onder dié opskrif word deeglik onder Geïntegreerde taal en Skryf en aanbied bespreek. Die woordeskat en taalgebruik is slegs van waarde en betekenis binne ’n spesifieke konteks. Beeldspraak en stylfigure word slegs behandel soos wat dit in die gekose tekste voorkom. KENMERKE VAN LETTERKUNDE TEKSTE Literêre begrip Betekenis Voorbeeld idiomatiese uit- vaste uitdrukkings – eie aan ’n taal noustrop trek drukkings spreekwoorde kort gesegde waarin gewoonlik ’n les môrestond het goud in die mond ingesluit is retoriese vraag vraag sonder direkte antwoord – leser wie het nie die afgelope week geson- word gedwing om oor saak te dink dig nie? Literêre begrip Betekenis Voorbeeld Beeldspraak vergelyking twee dinge word vergelyk o.g.v. twee of hy lyk nes ’n nat hoender meer ooreenkomste deur nes, net soos, soos en as te gebruik metafoor ’n beknopte vergelyking, daar word egter hy is ’n jakkals (’n skelm) nie gesê iets is soos ’n ander nie, maar dit IS die ander personifikasie nie-menselike voorwerp kry menslike die wind huil eienskappe Stylfigure metonimia ’n saak word benoem volgens dit wat die ketel kook (bedoelende die water daarmee geassosieer word kook) klanknabootsing nabootsing van klanke die kar maak “brrrrrrr” hiperbool oordrywing die water was so veel soos ’n oseaan kontras twee sake word in teenstelling met me- swart en wit kaar geplaas om ’n beeld duideliker na vore te bring ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 34
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK Literêre begrip Betekenis Voorbeeld ironie die teenoorgestelde gebeur as wat ver- die beste elektrisiën is dood geskok wag word satire spot met verskynsels wat nou in die Afrikaners is taalsnobiste maar praat samelewing voorkom meer Engels humor komiese/snaakse sarkasme dit wat bedoel word, word direk gesê om Gee jy dan die antwoord, jy is mos die spot/ontevredenheid aan te dui so slim antiklimaks wanneer iets belangriks omgeswaai word die held in ’n film word skielik die na iets nietigs boef klimaks hoogtepunt simboliek om ’n abstrakte begrip konkreet uit te ’n wit duif in die plek van vrede beeld eufemisme versagting – laat iets onaangenaams met verwissel die tydelike met die ewige ’n mooier woord beter klink (as iemand dood is) litotes word gebruik om ware/valse beskeiden- verwys na sy duur motor as ’n “ou heid uit te druk karretjie” sinekdogee gedeeltelike benoeming – net ’n onder- hy is met sy raket hier uit (impliseer deel word genoem maar die geheel word dat hy gaan tennis speel) geïmpliseer sinestesie sintuiglike verwarring – jy ervaar iets met jy ruik die groen gras ’n ander sintuig as die normale antitese: teenstelling waar twee uiterstes teenoor in die songloed van ons somer, mekaar gestel word in ons winternag se kou • paradoks • ’n skynbare teenstelling – by nadere • wit duisternis ondersoek het die twee dinge wel iets met mekaar te doen • oksimoron • opsetlike bymekaarplaas van twee • siende blind/horende doof teenstrydige woorde antonomasia wanneer ’n eienaam as gebruiksnaam koop Skip ook asb gebruik word (bedoelende wasgoedseep) elisie weglating van ’n lettergreep om by ritme kyk daar’s druppels op jou mou in te skakel woordspeling woorde kan binne sekere kontekste ver- die rys/reis was lekker skillende betekenisse hê stemming gemoedsgesteldheid/atmosfeer van ’n situasie Innerlike bou van ’n gedig woordkeuse elke woord in ’n gedig moet presies inpas om maksimale trefkrag/betekenis te hê ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 35
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK Literêre begrip Betekenis Voorbeeld refrein dieselfde woorde wat telkens na ’n strofe herhaal word herhaling word gebruik om gevoelens van hartseer/vreugde/eensaamheid/ens aan te dui of om kernbegrippe te beklemtoon tipografie dit is hoe die gedig gedruk is – m.a.w. die bou van die gedig • strofebou • versbou • inversie • inkeping • leestekens • tipografiese wit • alleenplasing • skuinsdruk • titel en subtitel emosionele reak- woordjie “O” lok emosie uit sies woordkeuse elke woord in ’n gedig het ’n spesifieke doel en betekenis punktuasie: • punt (.) • sluit ’n bepaalde gedagte/frase af • kommapunt (;) • kerngedagte word geïsoleer • komma (,) • pouse word geskep wat soms as uitheffingstegniek dien • aandagstreep (-) • vestig aandag op verdere inligting/dui parentese aan • hakies ( ) • dui parentese aan • dubbelpunt (:) • verduideliking volg/direkte rede • ellips (…) • onvoltooide stelling/suggestie (ook beletselteken genoem) • uitroepteken (!) • verleen trefkrag aan sekere gedagte • hoofletters (H) • beklemtoon woord • skuinsdruk (i) • aanhaling/beklemtoning van woorde toon stembuiging/manier van praat/intonasie progressie vordering t.o.v. tyd/gebeure/emosies/individue tot groepe/vreemdelinge tot bekendes inversie belangrike woorde staan op ’n ander plek as wat die normale woordorde sou vereis Uiterlike bou van ’n gedig versreëls een reël in ’n gedig (nie ’n sin nie) strofes versreëls wat saam gegroepeer is in ’n gedig – strofes bestaan uit verskillende versreëls: • twee versreëls : koeplet • drie versreëls : tersiene • vier versreëls : kwatryn • vyf versreëls : kwintet • ses versreëls : sekstet • agt versreëls : oktaaf ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 36
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK Literêre begrip Betekenis Voorbeeld rympatrone volrym: binnerym (woorde wat in een reël met mekaar rym) eindrym: paarrym (aabb) kruisrym (abab) omarmende rym (abba) slagrym (aaaa) gebroke rym (rym is wel teenwoordig/ sonder vaste patroon) rym woorde in die rymsposisie word uitgehef ritme/metrum/ deur die klem op opeenvolgende woorde te laat val, word sekere woorde/ versmaa betekenisse uitgehef tipografiese wit wit gedeeltes tussen paragrawe/strofes: dui ’n verandering aan halfrym alliterasie: herhaling van dieselfde konsonant assonansie: herhaling van dieselfde vokaal • kernwoord word aan die hand van dieselfde klank uitgehef • bepaalde atmosfeer word geskep/versterk • versterk musikaliteit van ’n gedig enjambement een reël gaan oor na ’n ander sonder ’n leesteken • verdoesel die eindrym • bevorder vloeiendheid • versnel tempo • bind verse en strofes tot ’n eenheid • woord aan die begin van ’n reël word uitgehef ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 37
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK POëSIE Daar is twee kernvrae wat leerders oor ’n gedig moet vra: Wat word gesê? Hoe weet ek dit? Die tweede vraag dien as motivering op die eerste vraag en tog is daar nie altyd finaliteit met betrekking tot die interpretasie van ’n goeie gedig nie. Tema en boodskap: Die tema van ’n gedig is die sentrale boodskap, kerngedagte of lewenswaarheid wat die digter met die skryf van die gedig wil oordra. Die tema is nie gebind aan tyd, plek of karakters nie. Jy mag byvoorbeeld nooit na spesifieke karakters in jou tema verwys nie. Dis ’n universele boodskap wat op enige persoon van toepassing kan wees. Soorte gedigte: Verhalende gedigte Ballade Dit is ’n verhalende gedig, met of sonder ’n refrein* lees soos ’n storie Epos/Heldedig Dit is ’n verhalende gedig waarin heldedade of die lewens van gode breedvoerig beskryf word. Bv. Raka (NP van Wyk Louw) Dramatiese Dit is ’n verhalende gedig waarin die spreker met homself monoloog/ in gesprek tree. Alleenspraak Liriese gedigte Sonnet Dit is ’n gedig met ’n vaste vorm en 14 versreëls. Daar is gaan meer om die twee vorme van die sonnet: Engels/Shakesperiaans en emosie van die Italiaans/Petrarcaans. digter Ode/Loflied Dit is ’n liriese lofdig oor ’n spesifieke onderwerp, bv. die liefde. Elegie/Klaaglied/ Dit is ’n gedig oor die dood van ’n geliefde. Lykdig/ Treursang/Treurdig Haikoe Dit is ’n liriese digvorm wat in Japan ontstaan het en bestaan uit drie kort versreëls sonder rym. Reël 1 het vyf lettergrepe, reël twee 7 en reël drie 5 lettergrepe. Ander digsoorte Vrye vers Geen funksionele leesteken- en hooflettergebruik. Geen vaste rymskema Versreëls en strofes nie ewe lank nie Praatpoësie Blanko vers Dit is ’n gedig sonder rym. Limeriek Dit is ’n grappige, kort vers van vyf reëls. Die rymskema is aabba. Parodie Dit is ’n gedig wat ’n ander ernstige gedig naboots en grappig van aard. Hekeldig/Spotdig Dit is ’n gedig waarin daar gespot word met euwels van die samelewing. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 38
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK DRAMA Drama het te doen met beweging, stem, lig en donker, interaksie, handeling en opvoering. Voordat ons na die bou van ’n drama kyk, is daar belangrike woordeskat, wat met ’n drama verband hou, wat jy moet ken. ●● ’n Dramaturg is die skrywer van ’n drama. ●● Voor in elke drama is daar ’n lys van al die karakters wat in daardie betrokke drama speel. Dit word die dramatis personae genoem. ●● ’n Dramateks word verdeel in bedrywe en die bedrywe word weer in tonele verdeel. ●● Die toneelaanwysings gee vir die leser ’n verduideliking van hoe die stel lyk en waar die toneel plaas vind. ●● Dekor is die versierings wat geskep word om die plek waar die toneel afspeel, voor te stel. ●● Alle ekstra benodigdhede behalwe die dekor word die rekwisiete genoem. ●● Die dramateks bestaan uit die hoofteks (die dialoog) en die neweteks (aanwysings in kursief gedruk). Dit is belangrik dat ons die bou van die drama ten volle verstaan. Die intrige of die plot word gevorm deur die botsing tussen die twee strydende partye in die drama. Dit lei tot die spanning in die drama. Daar is ses fases wat in ’n drama geïdentifiseer kan word. 1. Eksposisie (uiteensetting) In hierdie eerste fase maak die leser kennis met al die noodsaaklikste besonderhede bv. die karakters en hul verhoudings tot mekaar, die tyd en die ruimte waarin die drama afspeel. 2. Motoriese moment Dit is die oomblik wat die gebeure aan die gang gesit word. Sonder ’n motoriese moment, kan die res van die drama nie plaasvind nie. Dink bv. aan Rooikappie. Indien haar ma haar nie met die mandjie eetgoed na Ouma toe gestuur het nie, sou die Wolf haar nooit raakgeloop het nie en sou die res van haar wandeling deur die bos sonder voorval verloop het. 3. Ontwikkelingsfase Die ontwikkelingsfase is waar die verloop van die drama plaasvind. Hier wil dit voorkom asof ’n botsing tussen die twee opponerende magte onafwendbaar is. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 39
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK 4. Krisisfase Tydens hierdie fase vind daar uiterlike of innerlike botsing vanweë verskillende denkwyses plaas. 5. Klimaks (hoogtepunt) In die klimaks bereik die botsing ’n breekpunt. Tydens hierdie fase moet daar gewoonlik ’n keuse gemaak word of een van die partye sal as wenner uit die stryd tree. 6. Ontknoping Hier is daar ’n duidelike afname in spanning voor die slot en dit val gewoonlik saam met ’n oplossing. Die drama neem ’n wending na een of ander kant toe. ASPEKTE IN DIE DRAMA WAT HELP OM DIE TEKS TE BEVORDER karakterisering: die manier hoe die akteur die spesifieke karakter vertolk om die karakter so ver moontlik lewensgetrou weer te gee vertellers/vertellersperspektief: die akteurs wat die karakters vertolk, is die vertellers tema en boodskap: dit is die sentrale boodskap, kerngedagte of lewenswaarheid wat die skrywer wil oordra. Die tema is nie gebind aan tyd, plek of karakters nie. Jy mag byvoorbeeld nooit na spesifieke karakters in jou tema verwys nie. Dit is ’n universele boodskap wat op enige persoon van toepassing kan wees agtergrond/milieu: die verhoog en dekor intrige en subintrige: (dit is die ses fases hierbo genoem) reeks gebeurtenisse/situasies in ’n verhaal wat tot ’n klimaks ontwikkel – dit help om ’n span ningslyn daar te stel ironiese wending/afloop: die teenoorgestelde van wat verwag word, gebeur en dit bring ’n wending (draai) in die verhaal mee toneelaanwysings/subteks: dit wat in hakies in die teks gegee word sodat die regisseur en akteurs presies weet wat die dramaturg verwag dialoog: gesprekke tussen mense monoloog: wanneer een karakter ’n “gesprek” met die gehoor voer dramatiesse ironie: wanneer die gehoor of leser weet wat gaan gebeur, maar die betrokke karakter weet nie wat gaan gebeur nie handeling: die optrede van die karakters tyd: die tyd wat dit neem om die drama op te voer/wanneer drama geskryf is ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 40
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK ROMAN/KORTVERHALE Alle kulture en die meeste mense se lewe bestaan uit stories. Die genot om ’n goeie storie te lees, bly die belangrikste. ASPEKTE IN DIE ROMAN/KORTVERHAAL WAT HELP OM DIE TEKS TE BEVORDER karakterisering: hoe leer ons ’n karakter ken? vier karakteriseringstegnieke: • deur dit wat die karakter self sê • deur dit wat die karakter doen • deur dit wat die ander karakters van hom/haar sê • deur dit wat die verteller van hom/haar sê karakters: • Hoofkarakter: Die hoofkarakter is die sentrale figuur waarom die gebeure draai. Hy word die beste belig in die verhaal. Hy ondergaan karakterontwikkeling in die verhaal. Dit is die persoon wat die leser die beste leer ken en wie se innerlike en uiterlike die beste uit gebeeld word. Die persoon bly konstant op die voorgrond en is die middelpunt van die ander karakters se gesprekke en ged agtes. Hoofkarakters word soms ook ronde karakters genoem. • Newekarakters: Newekarakters is bykomende karakters wat in die verhaal betrek word om die hoofkarakter te belig en die verhaalgebeure te bevorder. Hulle help om gestalte te gee aan die milieu waarin die hoofkarakter beweeg en verskaf die moontlikheid van botsing of konflik waarin die hoofkarakter sy innerlike kan openbaar. Die newekarakters ondergaan geen noe menswaardige karakterontwikkeling nie. Newekarakters word ook plat karakters genoem. karakterontwikkeling: daar vind verdieping by 'n karakter plaas/die karakter kom tot ander insigte vertellers/vertellersperspektief/ eerstepersoonsverteller: karakter in verhaal en vertel uit eerstepersoonsperspektief, ook ek-verteller genoem derdepersoonsverteller: nie ’n karakter nie, vertel verhaal uit derdepersoonsperspektief en moet by die situasie/karakter wees om te kan vertel alomteenwoordige verteller: nie ’n karakter nie, vertel verhaal uit derdepersoonsperspektief MAAR hoef nie by die situasie/karakter te wees om dit te vertel nie tema en boodskap: soos by drama agtergrond/milieu: Dit is die plek of agtergrond waar ’n verhaal afspeel, bv. kleredrag/ tegnologie/geldeenheid/ens. Dit bepaal baie keer ’n karakter se gemoedstoestand en optrede. Soms ondersteun die ruimte die emosies en gevoelens van ’n karakter intrige en subintrige/spanningslyn: soos by drama ironiese wending/afloop/stemming: soos by drama innerlike konflik: Dit vind plaas wanneer daar konflik in die karakter se gemoed is, wanneer hy bv. ’n geestelike, emosionele of morele wroeging beleef. uiterlike konflik: Hierdie soort botsing kan fisies van aard wees, soos byvoorbeeld ’n vuisgeveg, of dit kan iets wees soos argumente en redenasies, selfs ’n kyk vol haat of verwyt. tydsverloop/chronologie: opeenvolging van tyd terugflitse: flitse na gebeure/mense in verlede, maar keer dadelik terug na storie terugspronge: dit waarheen teruggespring word, word nou vertel/verduidelik verteltyd: hoe lank dit vat om die verhaal te vertel/te lees (tyd of aantal bladsye|) vertelde tyd: in watter tyd is die verhaal geskryf (verlede/teenwoordige tyd)/ tyd waarin vertel word. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 41
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK FILMSTUDIE Alhoewel die hantering van ’n film dieselfde onderrigpatroon as dié van ’n drama/ roman kan hê, verdien die begrip kinematografiese tegnieke spesiale aandag. Om ’n film aandagtig en akkuraat te “lees”, hang grootliks af van die mate waartoe die kyker bewus is van die volgende aspekte: Dialoog in die film: ●● Dialoog dui op die verbale kommunikasie tussen karakters. ●● Die karaktereienskappe van ’n persoon kan uit sy dialoog afgelei word, daarom moet die draaiboekskrywer baie aandag skenk aan die juiste woord. ●● Die dialoog moet aanpas by die situasie waarin die karakter hom bevind. ●● Die dialoog moet ook in ooreenstemming met die handeling wees. ●● Dialoog in die film moet by die tema aansluit. ●● Leon van Nierop, bekende resensent sê die volgende oor dialoog: ●● Daar moenie te veel dialoog wees nie. Die minimum dialoog moet gebruik word om ’n hele wêreld te skep. ●● Die krag van die stem en oë is dikwels genoeg om emosie oor te dra – is woorde dan nog nodig? ●● Minder dialoog, maar die manier waarop dit oorgedra word, het meer effek. ●● Woorde is kommunikasie, maar daar kan ook gekommunikeer word sonder woorde. Handeling in die film: ●● Handeling in die film dui op die optrede van die karakter, byvoorbeeld sy liggaamshouding en die bewegings wat hy uitvoer. ●● Die handeling van die persoon is karakteropenbarend, met ander woorde hoe ’n persoon in ’n sekere situasie optree, sê vir die kyker watter soort persoon hy is. ●● Handeling en dialoog moet nou by mekaar aansluit. ●● Handeling, sonder dialoog, word dikwels in films as enigste manier van kommunikasie aangewend, byvoorbeeld gesigsuitdrukkings, afwerende of uitnodigende handgebare ens. ●● Die regisseur is in beheer van die hele film. Hy laat die kyker deur sy regie sien wat hy wil hê gesien moet word. Sodoende help hy met die interpretasie van die teks, volgens Leon van Nierop. Die regisseur sal dus ook die handeling van die karakters haarfyn uitwerk. Skok: (hoe dit geskep word?) Dit word geskep deur klank, musiek, vae beelde, agterplasing, dramatiese ironie en kleurgebruik ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 42
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK Kinematografiese tegnieke • kleur: • helder kleure: trek dadelik die kyker se aandag • kleur as ’n motief: bv. ’n kind wat verdrink het ’n rooi jassie aan – later laat dink alle rooi klere die kyker aan ’n tragedie • swart en wit: dit dra by tot die betekenis van die film en later lyk dit of die swart-en-wit-film in kleur is • onderskrifte: Die dialoog wat in skrif onderaan die beeld verskyn in die taal van keuse • komposisie: Dit is die rankskikking van beelde en beweging in ’n spesifieke verhouding tot me- kaar in ’n spesifieke spasie/raam • dialoog: D.m.v. die dialoog tussen karakters gee die regisseur die belangrikste inligting van die film deur aan die kyker Dialoog moet egter so ekonomies moontlik gebruik word – dit moenie vertel dit wat die kyker reeds sien nie • musiek: Dit beklemtoon die atmosfeer wat die regisseur daar wil stel Dit wek sekere emosies op/kan die kyker inspireer/waarsku jou soms op naderende gevaar/dit kan spanning skep of verlig • klank: Dit skep die atmosfeer – bv. klanke het baie keer ’n groter impak op die kyker as die beelde wat gesien word • beligting: Die hoeveelheid lig wat op die beeld is, beklemtoon dit wat die regisseur wil hê die kyker moet sien, bv. die helfte van die man se gesig is sigbaar en die ander helfte is in donker gehul/die voorgrondkarakter is in rook gehul en die agterste karakter is dof – albei hierdie beelde skep spanning • redigering: Dit beteken die aanmekaar sit van een fotoskoot/reekse skote op die mees effek- tiewe manier Die seleksie skote, die tydsberekening en plasing van skote maak of breek ’n film • rame: Dit is die beeld wat op ’n spesifieke oomblik op die skerm sigbaar is • kameraskote: Die regisseur maak van verskillende kameraskote gebruik om ’n stelling te maak: • Verskoot – ’n groot area word gesien en nie al die karakters in detail nie • Mediumskoot – gewoonlik in die meeste dele van ’n fliek • Nabyskoot – fokus op die karakter of objek • kamera - Verskillende tegnieke word gebruik om sekere beelde te skep: beweging: • Volgskoot: Die kamera volg die bewegende karakter • Kantelbeweging: Die kamera word gedraai (gekantel) van horisontaal na vertikaal. • Rolwaskoot: Die kamera is gemonteer op ’n karretjie/waentjie en beweeg saam met die beweging van die karakter. • Swaaibeweging: Vinnige en stadige swaaibewegings word gebruik om verskillende effekte te verkry. • voorplasing: Gewoonlik die belangrikste deel/karakter van die spesifieke raam/toneel • agterplasing: Dit wat die kyker slegs vaag in die agtergrond kan waarneem – nie baie duidelik nie Skep ’n gevoel van afwagting/vrees/verrassing Bron: Leon van Nierop, Seeing Sense on Film Analysis, 1998 ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 43
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED SKRYFPROSES ’n Mens kry ’n keuse van temas waaroor jy kan skryf. Voordat jy een kies en sommer net begin skryf, is daar ’n proses wat jy moet volg om sodoende die beste opstel te skryf. Hier volg die prosesse: Jy het bv. die volgende drie temas gekry en weet glad nie watter een om te kies nie. Doen BREINSTORMS met al drie. (’n Breinstorm beteken jy skryf ENIGIETS neer wat in jou kop kom nadat jy die gegewe tema gesien het - moenie redes/verbande soek nie, skryf net soveel as moontlik idees neer) Die dag op die berg . . . graadkry sportsoorte vakansie swot span boer matriek kaptein grot vakkeuses sportbeurse verkluim matriekvakansie Springbokkleure bergwater lees toernooie verdwaal werk vakansieromanse abseiling trou beserings verlief/verlowing vrou en kinders balans beloning toekomsplanne wild wilddiewe Besluit nou op een van die temas en besluit oor watter onderwerp wat in jou breinstorm staan, jy wil skryf. Kyk of daar aspekte is wat bymekaar pas/of aansluit. Nou maak jy ’n BREINKAART met jou onderwerp as middelppunt. Maak bene vanuit die onderwerp met onderafdelings - soveel as moontlike idees waaraan jy kan dink. Nou moet jy jou geskrewe idees begin orden en in volgorde begin skryf. Formuleer ’n TITEL. Byvoorbeeld: My toekomsplanne ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 44
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED opvoeding ambisie belangstellings wat kort ek om my droom wat wil ek bereik? watter van my te verwesenlik? wat is my droom? belangstellings gaan help het ek die regte vakke? hoe gaan ek dit bereik? om my droom te kry? is ek in die regte skool? wat moet ek hieromtrent doen? mense het ek mense nodig om my werksgeleenthede droom te verwesenlik? watse werk gaan ek doen? wie is die mense en waarom waar gaan ek werk kry? hulle? is dit betalend? wat moet ek doen sodat hulle is dit wat ek wil doen/ my kan help? is dit my droom? Onder elkeen van hierdie punte skryf jy jou idees wat jy daaroor wil sê neer. Dit vorm dan jou paragrawe. Jou skryfstuk kan jy vergelyk met ’n SPYSKAART. Die voorgereg, hoofgereg en nagereg word tog nie alles op een bord aangebied nie, so moet jou paragrawe ook wees - elke ander aspek in ’n ander paragraaf maar dit moet bymekaar aansluit. Nou begin ons met die PARAGRAWE. Inleidingsparagraaf: Hierdie paragraaf is gewoonlik kort, treffend en plaas jou onmiddellik in die atmosfeer van dit wat jy nou wil skryf - jou inleidingsparagraaf maak of breek op skryfstuk Paragrawe: Die res van die paragrawe volg nou op mekaar soos wat jy dit beplan het: soos jy beplan het die verloop van jou skryfstuk gaan wees Onthou dat die verskillende paragrawe oor verskillende aspekte van dieselfde onderwerp moet handel en gebruik woorde wat die onderskeie paragrawe by mekaar laat aaneenskakel. (As jy oor rugby skryf en daar is een paragraaf waar jy jou vakansie by die see beskryf, moet daar ’n definitiewe aanduiding wees hoe hierdie twee paragrawe by mekaar inskakel) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 45
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED Slotparagraaf: In die slotparagraaf kom jy by ’n gevolgtrekking/afsluiting/samevatting van dit wat jy geskryf het. Die slotparagraaf beeld gewoonlik jou gevoel oor jou hele skryfstuk uit en wat belangrik is, die paragraaf moet maak dat jou hele skryfstuk in die leser se gedagtes “hang”/bly. Wenke vir die skryf van ’n eerste poging: ●● Gebruik hoof- en ondersteunende idees vir effektiewe beplanning ●● Skryf ’n eerste poging en hou die doel, gehoor, onderwerp en genre in gedagte ●● Lees jou eerste poging krities en kry terugvoer van ander (maats) ●● Kies gepaste beskrywende woorde, frases en uitdrukkings wat die regte stemming skep en die teks duidelik en lewendig maak ●● Let veral op die volgende: Paragrawe: Skryf die kernsin en dan ondersteunende idees Woordkeuse: Gebruik ’n wye verskeidenheid werkwoorde, byvoeglike naamwoorde en bywoorde om spesifieke interpretasies, besonderhede en ’n lewendige beskrywing aan jou opstel te gee. Sodra jy jou hele skryfstuk klaar geskryf het, LEES dit weer deur en kyk vir die volgende: ●● pas jou onderwerp by jou tema (die aanvanklike prenjite/aanhaling wat jy ontvang het) ●● onnodige taal- en struktuurfoute ●● of elke paragraaf oor ’n ander aspek van jou onderwerp handel ●● pas elke paragraaf by jou onderwerp ●● skakel die paragrawe by mekaar aan ●● is jou inleidings- en slotparagrawe treffend en dien dit ’n doel Maak gebruik van woordeboeke indien jy steeds twyfel oor die regte betekenis of spelvorm van woorde. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 46
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED DIE BESKRYWENDE OPSTEL Met ’n beskrywende opstel/beskrywing wil ’n persoon gewoonlik ’n sekere atmosfeer of stemming skep. ●● Waak daarteen dat jou beskrywende opstel nie bloot verhalend word nie. ●● Waak teen die oormatige gebruik van byvoeglike naamwoorde – elke byvoeglike naamwoord wat jy gebruik, moet deeglik gemotiveer wees. ●● Jou beskrywing kan realisties wees, maar dit kan ook die verbeelding prikkel of slegs as versiering dien. ●● Moenie net opnoem nie, maar toon insig en begrip en gee jou eie belewing weer. ●● Jy mag jou eie gevoelens oor die beskrywing gee. ●● Beskryf plekke, gebeure en karakters lewensgetrou volgens hul uiterlike en innerlike. ●● Gebruik beeldspraak, idiome en spreekwoorde oorspronklik. ●● Bestee baie aandag aan sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering. ●● Deeglike beplanning is noodsaaklik! Die onderstaande paragraaf is ’n uittreksel uit ’n beskrywende opstel. Lees dit deur en identifiseer die sintuie wat vir die beskrywing ingespan word, asook die atmosfeer wat deur die spesifieke woordkeuse geskep word: “Dis vyfuur. Die strand is verlate. In die ooste begin die horison net-net rooi verkleur. Die oseaan lê spieëlglad, wagtend op die nuwe dag. Die ligte bries is koel en waai die soutmis van die see teen my lippe aan. Klam, koue seesand kleef aan my voetsole vas, kriewel tussen my tone. In die lug hang die verrottende geur van brokstukke wat in die nag uitgespoeg is. Branders donder teen sensitiewe oortromme. Onophoudelik. Oorverdowend. Die strand is verlate. Eensaam. Kil. Ek kyk om. Agter my lê ’n enkele ry spore. Verlate... Eensaam... Kil...” ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 47
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED BESKRYWENDE OPSTEL: KONTROLEVORM JA NEE Struktuur Is daar ’n opskrif/titel? Is daar reëls oop tussen paragrawe? Inhoud Is daar sintuiglike waarnemings in die opstel? Is plekke/gebeure/karakters lewensgetrou beskryf? Is daar drie of meer kere gebruik gemaak van beeldspraak/idiome/ spreekwoorde Is hierdie ’n beskrywende opstel of word dit verhalend? Taal Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute Gee ’n nulpunt vir meer as twaalf spelfoute Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute Gee ’n nulpunt vir ses en meer taalstruktuufoute TOTAAL uit 10 DIE ARGUMENTERENDE OPSTEL ’n Argumenterende opstel stel ’n argument vir of teen iets. Die skrywer het ’n spesifieke mening/opinie oor ’n saak en argumenteer daaroor deur sy/haar standpunt te motiveer. ●● dit gaan hier oor subjektiewe redenerings wat die skrywer gebruik om sy/haar standpunt te regverdig ●● die argument wat in dié opstel aangevoer word, word reeds in paragraaf 1 gegee ●● eie menings moet op ’n oorspronklike en treffende manier gegee word ●● definitiewe opinies word gegee ●● gee standpunte om argumente te motiveer ●● gevoelstaal mag gebruik word, maar krutaal is onaanvaarbaar ●● die slot moet sterk, duidelik en oortuigend gegee word – dit sluit die argument af Uit: SELF-STUDIEGIDS van Nasionale Departement van Onderwys, Oktober 2009. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 48
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED ARGUMENTERENDE OPSTEL: KONTROLEVORM JA NEE Struktuur Is daar ’n opskrif/titel? Is daar reëls oop tussen paragrawe? Inhoud Word die argument duidelik in die eerste paragraaf gegee? Is die skrywer oortuig van sy/haar saak? Word argumente oortuigend bewys/gemotiveer? Is die slot sterk/duidelik/oortuigend? Taal Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute Gee ’n nulpunt vir meer as twaalf spelfoute Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute Gee ’n nulpunt vir ses en meer taalstruktuufoute TOTAAL uit 10 DIE VERHALENDE OPSTEL Die verhalende opstel handel oor die aanbied van ’n reeks gebeure in ’n sinvolle volgorde. Die opstel gaan oor iets wat gebeur en vertel word (’n storie/gebeurtenis) ●● dit word opreg en met entoesiasme geskryf ●● dit moet dus ’n oortuigende storielyn hê ●● dit word gewoonlik in die verlede tyd geskryf, maar baie skrywers gebruik die teenwoordige tyd om ’n gevoel van die hede te skep\ ●● die inleidingsparagraaf moet boeiend wees ●● ’n goeie verhaal het altyd ’n ongewone/onvoorspelbare en interessante slot ●● gebruik direkte rede om die gevoel van die hede te skep; indirekte rede indien jy afstand tussen die leser en die karakter wil skep ●● die verhaal word gewoonlik uit eie ervaring geskep of dit kan heeltemal fiktief wees ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 49
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED VERHALENDE OPSTEL: KONTROLEVORM JA NEE Struktuur Is daar ’n opskrif/titel? Is daar reëls oop tussen paragrawe? Inhoud Het die inleidingsparagraaf dadelik jou aandag getrek en gehou? Volg die gebeure logies op mekaar? Is die storielyn oortuigend? Is die slot ongewoon/onvoorspelbaar/interessant? Taal Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute Gee ’n nulpunt vir meer as twaalf spelfoute Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute Gee ’n nulpunt vir ses en meer taalstruktuufoute TOTAAL uit 10 ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 50
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED DIE TOESPRAAK Hierdie opstel handel oor ’n onderwerp waaroor daar standpunt ingeneem word. ●● jy moet oortuig van jou saak wees en 100% daarin glo, want jy moet jou toehoorders oortuig ●● oorredende en emotiewe taalgebruik kan voorkom ●● die inhoud ontwikkel logies en helder ●● paragraaf 1: gee duidelik jou standpunt weer ●● paragrawe 2 – 4: maak gebruik van minimum DRIE redes wat jou standpunt staaf en gee by elke rede ten minste drie bewyse om jou standpunt te staaf ●● in die slotparagraaf word die drie redes net weer genoem en daar word hier tot ’n gevolgtrekking gekom Uit: SELF-STUDIEGIDS van Nasionale Departement van Onderwys, Oktober 2009. DIE ARTIKEL Dit is ’n skryfstuk wat inligting oordra en gewoonlik in tydskrifte voorkom Die artikel het die volgende kenmerke: ●● die opskrif moet aantreklik en interessant wees ●● ’n subtitel kan gegee word ●● die styl moet persoonlik wees en direk tot die leser spreek ●● die styl kan beskrywend of figuurlik wees ●● name, plekke, tye, gebeurlikhede, standpunte en enige ander besonderhede behoort ingesluit te wees want dit is dit wat maak dat lesers die artikel lees ●● daar is tog ’n ooreenkoms tussen ’n feitelike opstel en ’n artikel/’n goeie artikel verg deeglike kennis oor die onderwerp ●● die omgekeerde piramiedemetode word hier gebruik waar die meeste feite in die eerste paragraaf gegee word en die res van die inligting dan in dalende orde van belangrikheid WIE/WAT/WAAR/WANNEER HOE/HOEKOM/WAAROM ●● die slot gee ’n samevatting van die inhoud van die inligting ●● die formaat is in geen vaste formaat nie en ons kry artikels in die volgende formate: In gewone In kolomme ’n Geselsartikel waar vrae aan die betrokke paragrawe geskryf geskryf persoon gevra word - die vrae word in vetdruk geskryf en die antwoorde direk onder die vraag Uit: SELF-STUDIEGIDS van Nasionale Departement van Onderwys, Oktober 2009. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 51
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED VRIENDSKAPLIKE BRIEF ●● ’n Vriendskaplike brief is persoonlik, openhartig en word in ’n informele styl geskryf. ●● Dit is gewoonlik ’n geselsbrief wat lewendig en interessant geskryf word. ●● Die toon en register (taalgebruik) moet pas by die tipe verhouding wat daar tussen die skrywer en ontvanger bestaan. ●● Die inleidingsparagraaf skakel die ontvanger en die skrywer met mekaar. ●● Die slotparagraaf vat die brief saam en gee dalk ook ’n rede waarom die ontvanger moet terugskryf. ●● ’n Vriendskaplike brief moet nog steeds in goeie taal geskryf word. Buitekantstraat 17 Jou naam verskyn nêrens nie Riversdal Geen punktuasie in jou adres nie 6670 Die datum word voluit geskryf 14 April 2013 Liewe/Beste Susan Laat reël oop Dit was nou omtrent ’n groot verrassing om weer ’n slag jou stem te kon hoor. Ek hoop dat dit sommer gou weer gaan gebeur. Gelukkig is daar darem nog ’n lekkerder manier om met mekaar verbinding te kan hou – skryf! Laat reël tussen jou paragrawe oop Laat reël tussen jou paragrawe oop Laat reël oop Maak nou die beste gebruik van elke geleentheid – ook om met my kontak te hou! Laat reël oop Jou boekwurm van ’n vriendin Lanie Uit: SELF-STUDIEGIDS van Nasionale Departement van Onderwys, Oktober 2009. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 52
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED VRIENDSKAPLIKE BRIEF: KONTROLEVORM JA NEE Struktuur Is die adres regs in blokvorm? Is daar geen leestekens in die adres nie? Is die datum voluit geskryf? Is daar ’n korrekte aanhefvorm? Is daar ’n reël oop na die aanhef? Is daar reëls oop tussen paragrawe? Is daar GEEN reël oop na die afsluitingswoord? Is daar geen punt na die naam aan die einde van die brief nie? Inhoud Skakel die eerste paragraaf die skrywer en die ontvanger met mekaar? Is dit ’n lekker geselsbrief? Is daar van informele taalgebruik gebruik gemaak? Taal Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute Gee ’n nulpunt vir meer as twaalf spelfoute Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute Gee ’n nulpunt vir ses en meer taalstruktuufoute TOTAAL uit 15 FORMELE BRIEF Dit is ’n brief wat geskryf word wanneer jy inligting vra of inligting gee. ●● die taalgebruik is formeel en die inhoud is saaklik en op die punt af – geen onbenullighede word gegee nie ●● die adres aan die linkerkant is presies dieselfde adres wat op die koevert kom ●● daar is dus GEEN DATUM in hierdie adres nie ●● die aanspreekvorm is altyd MENEER, tensy jy presies weet aan wie die brief gerig moet word (Meneer is hier slegs ’n aanspreekvorm en nie ’n geslagsaanduiding nie) ●● die insake word ALLES IN HOOFLETTERS geskryf en dit dui aan waaroor die brief handel ●● ’n formele brief word altyd met Die uwe afgesluit met jou volledig voorletter/naam en van (jou handtekening is opsioneel) ●● slegs by briewe aan die pers kan ’n skuilnaam gebruik word ●● geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 53
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED Langstraat 32 Riversdal 6670 12 Augustus 2013 Die Bestuurder Kulkaskenades en Vermaak Grenslaan 61 Bellville 7530 Laat reël oop Meneer Laat reël oop DANK VIR SKITTERENDE DIENS (alles hoofletters) Laat reël oop Hiermee my opregte dank vir puik en professionele diens aan ons organisasie gelewer. Laat reël oop Reeds van die eerste korrespondensie tussen ons kon ek getuig van flinke en duidelike reaksie. Dit het my laat besef dat ek by die regte firma aangeklop het. Selfs die gaste en hooggeplaasdes, wat ons fondsinsamelingsfunksie bygewoon het, het hul waardering uitgespreek. Laat reël oop U kan daarvan verseker wees dat ons in die toekoms weer van u dienste gebruik sal maak – ook dit onder die aandag van ander instansies sal bring. Laat reël oop Maak nou die beste gebruik van elke geleentheid – ook om met my kontak te hou! Laat reël oop Nogmaals hartlike dank. Laat reël oop Die uwe Handtekening JM Bosman Voorsitte ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 54
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED DEKBRIEF SAAM MET CV Skoorsteenstraat 20 Palmpark Kimberley 8301 19 Maart 2011 Die Bestuurder Kimberley Paneelkloppers Posbus 10 Kimberley 8300 Meneer AANSOEK OM BETREKKING: SEKRETARESSE Ek doen graag aansoek om bogenoemde betrekking soos in Volksblad van Vrydag 11 Maart 2011 geadverteer. • Die taal, styl, toon en register moet formeel wees. • Skryf nugter en saaklik. • Jy reageer op ’n advertensie wat in die pers verskyn het. Die briefinhoud moet dus pas by wat in die advertensie verlang word. • Inligting oor tweetaligheid, sport- en kultuurprestasies en leierskapposisies kan ook vermeld word. • Inligting op die CV word nie in die dekbrief herhaal nie. In die dekbrief word daar hoofsaaklik na die dokumente soos die CV en moontlike getui skrifte wat ingesluit word, verwys. • Maak ook gebruik van ander dokumente, getuigskrifte en sertifikate wat ingesluit word. Ek verseker u van my lojaliteit en harde werk indien my aansoek suksesvol is. Ek hoop om gou van u te hoor. Die uwe (Handtekening) A. du Plessis ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 55
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED CURRICULUM VITAE (CV) Dit is ’n dokument waarin jy jouself aan die wêreld bekend stel. ●● bied alle relevante en nuutste inligting duidelik, netjies en georden aan ●● die formaat is nie vas nie, maar die CV moet duidelik en maklik leesbaar wees ●● ’n CV word altyd van ’n begeleidingsbrief (dekbrief) vergesel Let daarop dat die inhoud van die CV moet aanpas by die doel waarvoor dit aangewend word, met ander woorde die teikenleser. Vir die voorstelling van ’n geleentheidspreker is referente nie van toepassing nie, maar wanneer die CV benodig word om vir ’n betrekking aansoek te doen, moet daar ten minste twee referente ingesluit word. Die bostaande is ’n voorbeeld van ’n CV van ’n bekende sportman wat genooi is om as geleentheidspreker by jou skool te kom optree. Hierdie CV behoort jou in staat te stel om die spreker aan die skool voor te stel. Jy moet nou besluit watter inligting in die CV vir die voorstelling van toepassing is. (Die name en prestasies in die onderstaande CV is natuurlik fiktief!) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 56
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED CURRICULUM VITAE VAN CHARL HANEKOM PERSOONLIKE BESONSERHEDE: Naam en van: Charl Hanekom Adres: Jacobstraat 43 Universitas Bloemfontein 9301 Kontakbesonderhede: Tel.: 051 8679777 Sel.: 084 886 7414 E-pos: ch18@gmail.com Geboortedatum: 18 Junie 1980 Geboorteplek: Kimberley Identiteitsnommer: 8006185067086 Huwelikstatus: Getroud Naam van gade: Carien Kinders: Karla (5), Kobie (3) Nasionaliteit: Suid-Afrikaner TERSIêRE OPLEIDING 1998 – 2003: Universiteit van die Vrystaat Hoogste kwalifikasie: Honneursgraad in Menslike Bewegingskunde Afrigtingskursusse: Krieket, rugby, swem SKOOLOPLEIDING: Sekondêre opleiding 1985 – 1997: Hoërskool Grasbult (Kimberley) Hoogste kwalifikasie: 1997: Nasionale Senior Sertifikaat Vakke: Afrikaans Huistaal Engels Huistaal Wiskunde Biologie Natuur- en Skeikunde Rekeningkunde RUGBYLOOPBAAN: Eerste rugbyspan (1996 – 1997) Craven week o/19 Griekwas (1996 – 1997) SA o/19 (1997) Shimlas (1998 – 2000) Cheetahs (2001 – 2003) Blou Bulle (2004 tot 2009) SA Nasionale Span (2005 – 2009) Afrigter: Natal Haaie o/21 (2010 – huidig) REFERENTE: Prof. S J Pretorius (Dekaan) Fakulteit: Geesteswetenskappe Universiteit van die Vrystaat Selfoon: 083 876 5334 ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 57
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED VERSLAG ’n Verslag is ’n formele dokument oor ’n gebeure wat reeds plaasgevind het. ●● dit is ’n presiese weergawe van ’n gebeurtenis/ongeluk/sentrum/restaurant/ film/ens. ●● ’n verslag gee feite ●● feite word chronogies, kort en bondig gegee ●● in die inleidingsparagraaf word presies gesê waaroor verslag gelewer word ●● ’n verslag kan formeel of informeel wees, dit hang af wie die teikengroep is, want dit bepaal die taal en styl Taal en styl moet by die verslag pas, d.w.s. die teikengroep gaan jou taal bepaal, bv. die inhoud van ’n verslag oor ’n sportbyeen-koms by jou skool wat jy vir die skoolkoerant skryf, se taal gaan verskil van dieselfde verslag wat jy vir die hoof skryf – alhoewel die inhoud dieselfde gaan wees ●● daar is verskillende tipe verslae, bv. ooggetuieverslag/notule/resensie OOGGETUIEVERSLAG Die ooggetuieverslag is ’n presiese, feitelike weergawe van ’n gebeurtenis en word dikwels vir nuusuitsendings of koerantberiggewing gebruik. Dit is dus ’n verklaring wat ’n persoon aflê oor wat hy gesien het. Kenmerke: ●● Paragraaf 1: Persoonlike inligting (Volle name, identiteitsnommer, adres en kontaknommer) ●● Paragraaf 2: Besonderhede van gebeure: datum, tyd, plek ●● Paragraaf 3: Uitbreiding van besonderhede ●● Paragraaf 4: Samevatting of gevolgtrekking Die ooggetuieverslag aan die polisie word onderteken en van ’n datum voorsien ●● die ooggetuieverslag word in die eerste persoon geskryf, byvoorbeeld: Ek het gesien hoe die motor om die draai jaag. ●● formele verslae deur ’n onbetrokke verslaggewer word in die derde persoon geskryf. ●● besonderhede wat die ooggetuie gesien het, moet in fyn detail beskryf word. ●● die ooggetuieverslag moet saaklik geskryf word – tegniese woorde en frases is dikwels nodig. ●● geen emosioneel gelaaide woorde moet gebruik word nie, gebruik selfstandige naamwoorde. ●● formele en onpersoonlike taal word gebruik. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 58
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED AGENDA ’n Agenda is die program waarvolgens ’n vergadering verloop. ●● dit word voor die vergadering aan die betrokke persone gegee ●● dit rangskik die sake in orde van belangrikheid en gee struktuur aan die vergadering ●● aan die hand van die agenda kan vasgestel word hoeveel tyd aan elke saak spandeer kan/moet word ●● dit word puntsgewys opgestel ●● die vetgedrukte punte moet altyd op ’n agenda verskyn – die res is addisionele sake wat bespreek word ●● die notule (verslag van die vergadering) word aan die hand van die agenda geskryf AGENDA HOKKIE ONDERSTEUNERSKLUB-VERGADERING DINSDAG, 15 MAART 20... 1. Opening en verwelkoming 2. Presensie 3. Notule van die vorige vergadering 4. Sake uit vorige notule 4.1 Snoepie-yskas 5. Nuwe sake 5.1 Eerstespan klere en borge 5.2 Wedstrydbepalings 5.3 Hokkiesokkie-beplanning 6. Algemeen 6.1 Hekgelde 6.2 7. Datum van volgende vergadering 8. Afsluiting ____________ ___________ D.B. van Rensburg C. Cloete Voorsitter Sekretaresse ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 59
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED NOTULE ’n Notule is ’n verslag van ’n vergadering ●● op die notule word die naam van die organisasie, die presiese datum en plek waar die vergadering plaasgevind het, aangedui ●● die notule word aan die hand van die agenda geskryf ●● die vooorsitter se naam word eerste by die presensie geskryf en die res van die teenwoordige lede volg alfabeties ●● die notule word in die teenwoordige tyd geskryf ●● besluite word woord-vir-woord genotuleer en onbenullighede word uitgelaat ●● die voorsitter en sekretaresse teken die notule ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 60
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED NOTULE van vergadering van die Hokkie Ondersteunersklub gehou op 15 Maart 20... in die Konferensiekamer 1. Opening en verwelkoming Die voorsitter open die vergadering en verwelkom almal by die nuwe hokkieseisoen. 2. Presensie Teenwoordig: Mnr. D.B. van Rensburg, Mnr. K. Burger, Me. C. Cloete, Me. G. Swanepoel, Me. D. van der Merwe, Afwesig met verskoning: Me. B. Marais woon die koorvergadering by. 3. Notule van die vorige vergadering 3.1 Die notule van die vorige vergadering, 13 Oktober 20…, word voorgelees. 3.2 Me. Swanepoel keur dit goed en Mnr. Burger sekondeer. 4. Sake uit vorige notule 4.1 Die stukkende yskas in die snoepie is herstel. 5. Nuwe sake 5.1 Die borg vir die eerstespan het onttrek as gevolg van ’n skielike finansiële krisis en dus sal die spelers voorlopig hul eie klere moet betaal. Daar word wel ’n ander borg gesoek en verdere inligting sal op ’n latere stadium gegee word. 5.2 Me. van der Merwe onderneem om so gou as moontlik die probleme met die wedstryd- bepalings op te volg en die korrekte inligting aan al die spankapteine deur te gee. 5.3 ’n Hokkiesokkie sal op Vrydag 25 Maart in die skoolsaal gehou word. Me.L van Rensburg sal die snoepie beman, mnr. Burger sal kaartjies by die deure verkoop en alle komiteelede sal ’n diensrooster vir die aand ontvang. 6. Algemeen 6.1 Mnr. Burger herinner al die lede dat alle ouers wel hekgelde tydens sportdae moet betaal. Spelers hoef egter nie te betaal nie. 7. Datum van volgende vergadering Die volgende vergadering sal gehou word op Woensdag 23 Maart in die konferensiekamer. 8. Afsluiting Die voorsitter bedank almal vir hul teenwoordigheid en wens almal ’n genotvolle seisoen toe. ____________ ___________ D.B. van Rensburg C. Cloete Voorsitter Sekretaresse ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 61
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED RESENSIE ’n Resensie is ’n verslag oor ’n film/boek/sentrum/restaurant/kunswerk/toneel/ens. Dit is m.a.w. ’n kommentaar op iets. ●● ’n goeie resensent bly objektief en gee feite weer om die leser te oortuig ●● dit word gewoonlik in die derdepersoon geskryf ●● die titel sê wat geresenseer word ●● paragraaf 1: naam van boek + skrywer/film of toneel + regisseur en belangrike akteurs/ restaurant + eienaar/word gegee ●● paragraaf 2: gee ’n algemene indruk oor dit wat geresenseer word ●● paragraaf 3: vertel iets oor inhoud van boek/film/kos van restaurant ●● paragraaf 4: verdere uitbreiding van dit wat geresenseer word ●● slotparagraaf: gee resensent se laaste indrukke/gevolgtrekking/ samevatting en aanbeveling van die produk DIALOOG Dit is die gesprek tussen twee/meer persone ●● sprekers se name staan teen linkerkantste kantlyn ●● daar is dubbelpunte na die name ●● geen aanhalingstekens word gebruik nie ●● ’n reël word na elke verskillende spreker oopgelaat ●● ekstra inligting om emosie/gevoel aan te dui, word tussen hakies geskryf ●● die taal en styl moet by die onderwerp pas en aanpas by die verhouding tussen die betrokke sprekers Piet: (verbaas) Wat op aarde doen jy? Sarie: (tevrede met haarself) Kan jy nie sien nie? Ek was ons kat. Sy was vol stof. Piet: (buite homself van woede) Dit is MY kat! Jy kan nie my kat was nie én katte wil nie gewas word nie! Ek sal jou aanrand! Sarie: (sarkasties) Nou vat jou ou vuil kat. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 62
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED ONDERHOUD ’n Onderhoud word gewoonlik met ’n persoon gevoer om meer inligting oor die betrokke persoon of dit wat hy/sy doen of waarby hy/sy betrokke is, te kry. ●● die onderhoudvoerder moet deeglike navorsing doen oor die persoon met wie die onderhoud gevoer word of die saak waaroor die onderhoud gevoer word ●● die vrae moet met die teikenlesers as eindbestemming opgestel word ●● duidelike en kort vrae word aan die persoon gerig en relevante antwoorde verskaf die inligting vir die skryfstuk wat hieroor geskryf gaan word ●● die kommunikasieproses moet gemaklik en natuurlik wees en die taal moet toepaslik wees ●● die onderhoud kan dan in ’n dialoog of ’n geselsartikel weergegee word Uit: SELF-STUDIEGIDS van Nasionale Departement van Onderwys, Oktober 2009. BERIG ’n Berig is ’n weergawe van iets wat reeds gebeur het en kom in ’n koerant voor. ●● die opskrif/titel moet aandag trek (foto’s kan ook gebruik word) ●● die feite moet so akkuraat moontlik gegee word ●● in die eerste paragraaf word onmiddellik die volgende inligting gegee: ●● wat het met ●● wie ●● waar en ●● wanneer gebeur? ●● dan word daar op die res van die gebeure uitgebrei ●● die berig kan in gewone paragrawe of kolomme geskryf word ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 63
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED BERIG: KONTROLEVORM JA NEE Struktuur Is daar ’n opskrif/titel? Is daar reëls oop tussen paragrawe? Inhoud Trek die opskrif/titel dadelik jou aandag? Word daar in die inleidingsparagraaf gesê wat het met wie waar en wanneer gebeur? Word daar oor die gebeure uitgebrei? Is die inligting feitelik? Taal Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute Gee ’n nulpunt vir meer as twaalf spelfoute Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute Gee ’n nulpunt vir ses en meer taalstruktuufoute TOTAAL uit 10 ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 64
Unit 5 AFDELING XX HERSIENING: TAALASPEKTE Woordkeuse en woordbetekenisse WOORDEBOEKE EN TESOURUSSE HELP JOU MET DIE UITBREIDING VAN JOU WOORDESKAT Hoe om ’n woordeboek te gebruik: Die doel van ’n woordeboek is (a) om betekenis van woorde in woordeboeke na te slaan, (b) hoe om die spelling en uitspraak/klem van woorde te bepaal, (c) vir die gebruikvan vertalings, (d) oordsoortlike gebruik vas te stel en ook (e) hoe om die gebruikskonteks te bepaal. Ons sal dus kyk na: ●● Tipes woordeboeke; ●● Hoe om ’n woordeboek te gebruik; ●● Die gebruik van ’n woordeboek vir vertaling; en ●● Ander gebruike van ’n woordeboek. Op hierdie stadium behoort julle te weet dat dit belangrik is om altyd ’n woordeboek byderhand te hou as ’n mens ’n addisionele taal aanleer. As jy Afrikaans of enige ander taal aanleer is ’n woordeboek absoluut noodsaaklik. Dis iets waarsonder jy nie kan klaarkom nie. Inhoud Kom ons kyk eerstens na die verskillende tipes woordeboeke en ander taalhulpmiddels wat daar is: ●● Verklarende woordeboeke ●● Tweetalige woordeboeke (Afr-Eng, Zoeloe- Xhosa,ens) ●● Tesourusse ●● Afrikaanse Woordelys en Spelreëls ●● Elektroniese woordeboeke en speltoetsers ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 65
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE ’n Paar van die woordeboeke sal bespreek word. Eentalige woordeboek Die eentalige woordeboek sal woorde se betekenis vir ons aandui. Tweetalige woordeboek Die een wat jy waarskynlik die meeste gaan gebruik, is die tweetalige Afrikaans-Engelse woordeboek. Wat hierdie tipe woordeboeke so nuttig en kosbaar maak, is die feit dat dit Afrikaanse woorde se vertalings (in Engels, Xhosa of Zoeloe, ens) gee en natuurlik ook die omgekeerde. Meertalige woordeboek Die woordeboek is presies wat dit sê dat daar meer as een taal in die woordeboek is. Dit is ’n woordeboek wat meestal betekenis van ’n woord vir meer twee tale wees. Gebruike van ’n woordeboek (Woordeboekgebruik) Vertaling Betekenis Spelling en uitspraak (Klem) Woordsoorte ’n Woordeboek is iets wat jy altyd by jou moet hê in die Afrikaanse klas of wanneer jy tuis taalaktiwiteite doen. Omdat jy die taal aanleer en jou woordeskat heeltyd besig is om te groei, gaan jy dit baie nodig kry om die betekenis van Afrikaanse woorde op te soek of om ’n Engelse woord se Afrikaanse vertaling te kry. Moenie vergeet om elke keer as jy ’n nuwe woord ontdek het dit agter in jou werkboek in jou woordelys te skryf nie. Kom ons kyk na die volgende vertaalfoute wat leerders soms maak, ten opsigte van: MEERVOUDE (met uitgange van: -e, -s) ●●ENGELS: There is a lot of apples on the tree. ●●AFRIKAANS: Daar is baie appels aan die boom. ●●ENGELS: There is a lot of oranges on the tree. ●●AFRIKAANS: Daar is baie lemoens aan die boom. û Daar is baie lemoene aan die boom. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 66
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE DIE GEBRUIK VAN WIE EN WAT Reël: AS DAAR ’n VOORSETSEL VOOR WAT STAAN VERANDER DIT NA WIE VOORBEELD: ●● Die man wat daar loop, is verlief. ●● Die vrou op wie hy verlief is, dra ’n rooi rok. DIE GEBRUIK VAN MEER EN MEES ●● Die gesin is gelukkig. ●● Die dogter is gelukkiger. ●● Die dogter is meer gelukkiger. ●● Die ma is die gelukkigste. ●● Die ma is die mees gelukkigste. DIREKTE VERTALINGS ●● He lost his way. ●● Hy het sy pad verloor. ●● Hy het verdwaal. ●● He wears spectacles. ●● Hy dra brille. ●● Hy dra ’n bril. ●● WOORDEBOEKE gee nie net vir ons die betekenis van woorde nie, maar ook ander belangrike inligting soos die woordsoortlikheid, meervoude, verkleinings, hoe dit in ’n sin gebruik word, sinonieme, hoe om dit uit te spreek en hoe om dit te gebruik. ●● Daarmee saam is daar ook ’n lys met afkortings wat ons kan gebruik. Verder het ons ook geleer hoe om sinne van Engels na Afrikaans te vertaal en omgekeerd. Hoe om ’n tesourus te gebruik: Die belangrikste funksie van ’n tesourus is om die regte woord in die regte konteks te kry. Dit help ook herhaling te voorkom. As jy net kan sê “My vakansie was baie lekker, want die weer was baie lekker en die mense was baie lekker en die see was baie lekker”, dan sal jy nooit goeie punte vir jou skryfwerk behaal nie. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 67
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE WOORDEBOEKE EN TESOURUSSE HELP JOU MET DIE UITBREIDING VAN JOU WOORDESKAT BYVOORBEELD: Gee een woord vir ’n omskrywing: Omskrywing Een woord Omskrywing Een woord (Persoonsname) (Persoonsname) Hy sien altyd die positiewe optimis Hy sien altyd die pessimis kant negatiewe kant Hy/Sy waag baie waaghals Baie bang persoon bangbroek Optree in iemand se plek plaasvervanger Iemand wat ’n orkes lei dirigent Soldate sonder ondervinding rekrute Soldate met ondervinding veterane Iemand wat goed by veiling afslaer Doen elektriese bedrading elektrisiën verkoop Kontroleer die boekhouding ouditeur Gryp vrouens se handsakke grypdief Breek by huise en kantore in inbreker Pas geboue en persele op sekuriteitswag Iemand wat te voet loop voetganger Iemand wat tussen huis en pendelaar werk beweeg Iemand wat na iets kyk toeskouer Iemand wat aan atletiek atleet deelneem Iemand wat die land bin- immigrant Iemand wat die land verlaat emigrant nekom ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 68
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE Enkelvoudige sin (O, G,V) WOORDORDE ’n Enkelvoudige sin bestaan uit: ’n onderwerp (subject) ’n voorwerp (object) ’n gesegde (gewoonlik ’n werkwoord/handeling; iets word gedoen) (verb) Kry altyd eers die gesegde; vra dan wie/wat? voor die gesegde. Die antwoord daarop is die onderwerp. Vra wie/wat? na die gesegde, dan kry jy die voorwerp. Verdeel enkelvoudige sinne in onderwerp, gesegde, en voorwerp. Identifiseer bepalings van tyd, plek en modaliteit. (1) Onderwerp (2) Gesegde (3)Voorwerp Die man eet die piesang ●● Elke sin kan verskil. ●● Gewone orde: ONDERWERP/GESEGDE/VOORWERP (1)Die kleremaker [ONDERWERP] (2) verstel [GESEGDE] (3) die mansbroek. [VOORWERP] Wanneer daar bepalings bykom moet die volgende orde altyd gehou word: TYD/WYSE/PLEK (T/W/P) (1) Die kleremaker (2) verstel nou (T) haastig (W) (3) die mansbroek in die werkskamer (P) (STELLING) As jy begin met die gesegde (werkwoord) maak jy ’n vraag! Haastig (Wyse) (2) verstel (1) die kleremaker (3) die mansbroek in die werkskamer. In die werkskamer (Plek) (2) verstel (1) die kleremaker haastig (3) die mansbroek. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 69
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE Wat sien jy? Die werkwoord (gesegde) saatn elke keer TWEEDE in die sin! Maar! As jy met die gesegde begin dan vorm jy ’n VRAAG of ’n BEVEL VRAAG: (2) Verstel (Werkwoord – ook genoem GESEGDE) (1) die kleremaker haastig (3) die mansbroek in die werkskamer? (VRAAG) BEVEL: (2) Verstel die mansbroek! NEGATIEWE BEVEL: MOENIE die mansbroek VERSTEL NIE! Die sinsdele kan rondgeskuif word deur die skrywer om verskillende dele te beklemtoon. Sinsoort: stelsin Jy moet die verskillende soorte sinne kan onderskei: stelsin, vraagsin, bevelsin en uitroep Die Bevelsin Die vraagsin Die stelsin Die uitroep Versoeke of bevele is Wanneer gaan julle weg? Feite en menings word Hei! twee voorbeelde van die Hoekom het jy dit ge- so oorgedra. Sjoe! bevelsin: Gaan doen gou doen? Daar is water op die Aitsa, jy’s oulik! jou huiswerk. Wie het dit gesê? maan. Maggies, sy’s mooi! Staan stil! Waarheen gaan jy? Stout kinders moet Vrae kan ook met werk- gestraf word. woorde begin: Loop hulle skool toe? ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 70
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE Teenwoordige tyd Die tye in Afrikaans: Teenwoordige tyd Verlede tyd Toekomende tyd Die HOOFWERKWOORD staan **Die woord “het” vervang **Die woord “sal” vervang die gewoonlik in die tweede posisie gewoonlik die hoofwerkwoord hoofwerkwoord en dit skuif na na die onderwerp. en dit skuif na die laaste posisie die laaste posisie. (a) Die meisie sing in die koor. saam met ge- (a) Die meisie sal in die koor sing (a) Die meisie het in die koor gesing Soms word ’n saamgestelde Die hoofwerkwoord skuif tot Die hoofwerkwoord skuif tot werkwoord gebruik: agter die voorsetsel en word met agter die voorsetsel en word een (b) Hy maak die venster toe ge-verbind. woord. (b) Hy het die venster toegemaak (b) Hy sal die venster toemaak Het kan ook as selfstandige Voeg slegs die woord “gehad” Verander het na sal en voeg “hê” werkwoord optree in die Teen- aan die einde van die sin by. by in die laaste posisie. woordige tyd. (c) Ek het ’n nuwe motor gehad (c) Ek sal ’n nuwe motor hê (c) Ek het ’n nuwe motor Werkwoorde wat begin met be-, Voeg “het” by in die tweede po- Voeg “sal” by in die tweede posi- ge-, er-, her-, ont-,ver-, en mis- sisie en skuif die werkwoord na sie en skuif die werkwoord na die kry nooit ’n ge- in die verlede tyd die einde sonder enige verander- einde sonder enige verandering. nie. ing. (d) Die skool sal in Januarie (d) Die skool begin in Januarie. (d) Die skool het in Januarie begin. begin. As twee dade gelyktydig plaas- “Het” neem die tweede posisie “Sal” neem die plek van “het” en vind en daar is ’n “en” tussen in en die “dade” skuif na die die twee dade skuif na die einde hulle: einde. Voeg ge- by die eerste van die sin. (e) Die bouer staan en eet. daad. (e) Die bouer sal staan en eet. (e) Die bouer het gestaan en eet. As twee dade plaasvind, maar “Het” neem die tweede posisie “Sal” neem die plek van “het” en hulle volg op mekaar kry elke in en die werkwoorde skuif saam die twee dade skuif na die einde werkwoord ge- na die einde. van die sin. (f) Die kamerbediende was en (f) Die kamerbediende het die (f) Die kamerbediende sal die stryk die wasgoed wasgoed gewas en gestryk. wasgoed was en stryk. Hulpwerkwoorde verander so: Hulpwerkwoorde het hulle eie As “sal” ingesit word, skuif al die (g) Ek kan nie vinnig hardloop verlede tydsvorm: werkwoorde. In die orde waarin nie. (g) Ek kon nie vinnig hardloop jy hulle gekry het, saam na die nie. einde: (g) Ek sal nie vinnig kan hard- loop nie. Pasop vir: Al hierdie woorde word “toe” in (h) Hy sal eers speel; dan sal hy Dan As Wanneer Nou die Verlede tyd. sy huiswerk doen. (h) Hy speel eers; dan doen hy sy (h) Hy het eers gespeel; toe het huiswerk. hy sy huiswerk gedoen. As ek by die huis kom, sal ek my As ek by die huis kom, oen ek my Toe ek by die huis gekom het, huiswerk doen. huiswerk. het ek my huiswerk gedoen. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 71
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE Jy moet die verskil ken tussen wanneer, toe en dan in die verskillende tye Hier is ’n maklike manier om te onthou: Die woorde Dan (D) As (A) Wanneer (W) Nou (N) *D A W N word altyd... ...TOE in die verlede tyd! Voorbeelde Hulle eet wanneer hulle kom. Hulle het geëet TOE hulle (ge)kom (het). Hy doen dit as hulle hom vra. Hy het dit gedoen TOE hulle hom vra. Selfstandige naamwoorde (meervoud/verkleining/geslag) Alledaagse meervoude, geslagswoorde, en verkleiningswoorde: Al hierdie woorde is SELFSTANDIGE NAAMWOORDE (nouns). Meervoude: Die AGT belangrikste maniere om meervoude te vorm, is: -e: neus – neuse; mond -ens: hawe-hawens; -s: verwarmers, stralers, -’s: pa-pa’s; foto’s; – monde; vlag-vlae; dag nooi – nooiens; branders video’s - dae vrou – vrouens -ers: kind- kinders; -ere: lied- liedere; goed- -de: hoof – hoofde; -te: lig – ligte; lam- lammers; goedere voog- voogde vuis – vuiste; Let op: Die meervoud van -ding is -goed (speelding – speelgoed) en die meervoud van buurman of buurvrou is bure! Verkleinwoorde: Die SES belangrikste maniere om verkleinwoorde te vorm, is: -tjie: tuintjie, stoeltjie, - jie: wind – windjie; - ie: duif – duifie; dorp – dorpie; vloer – vloertjie hond – hondjie skulp- skulpie -etjie: slang – slangetjie; -pie: oom – oompie; -kie: woning – woninkie; lem –lemmetjie; pil - pilletjie stroom – stroompie; koning – koninkie; wurm – wurmpie piesang – piesankie [Pasop] As ’n woord eindig met -ng en dit het jet TWEE lettergrepe, kry die verkleinwoord – kie. Maar as die woord eindig op -ng en dit het net EEN lettergreep, kry dit -etjie: ringetjie; dingetjie ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 72
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE Bywoorde Plaas bywoorde in die korrekte volgorde: ONTHOU ALTYD - (Tyd, wyse, plek) Bywoorde vertel jou meer van (a) ’n werkwoord (die meisie huil hartseer) (b) ’n byvoeglike naamwoord (die hond is vreeslik vriendelik) (c) ’n ander bywoord (d) ’n hele sin! Bywoorde van tyd Bywoorde van wyse Bywoorde van plek Bywoorde van Bywoorde van mo- (manner) graad daliteit Leidraad: As die Leidraad: As die vraag sê: Wanneer? Leidraad: As die vraag sê: Waar...? Leidraad: As die Leidraad: die is die antwoord die vraag sê: Hoe...? is die antwoord die vraag sê: In watter bywoord van bywoord van tyd! is die antwoord die bywoord van plek. graad of hoeveel- modaliteit het te bywoord van wyse. heid...? is die ant- doen met die hele woord die bywoord sin. Moontlikheid, van graad. waarskynlikheid en sekerheid word hi- ermee uitgespreek. Ek ry soggens werk Die atleet hardloop Jy moet leer om Dit is taamlik koel Sy is darem ’n toe en kom saans vinnig. vorentoe te kyk en in die oggend. goeie aat huis toe. nie agtertoe nie. vrou. Ander woorde: Ander woorde: Ander woorde: leesbaar, saggies, Ander woorde: verreweg, vreeslik, Ander woorde: vandag, gister, stilletjies, blindel- soontoe, daarna- heeltemal, hoogs. mos, tog, miskien, betyds, vroeër, bin- ings, botweg toe, daarheen, dalk, asseblief, glo. nekort, eers, toe, hierheen, tuis. nou, dan, daagliks, onlangs, kort-kort, Woorde soos nou-nou, netnou, vorentoe, agtertoe, boontoe, ondertoe en buitentoe word altyd vas geskryf. Bywoorde van tyd Bywoorde van wyse Bywoorde van plek Bywoorde van Bywoorde van mo- (manner). graad daliteit Die woord Toe word Werkwoorde word Tuis beteken Sommige bywoorde net in die verlede soms verdubbel by+die+huis. het selfs trappe van tyd gebruik. Nou en so word nuwe vergelyking. Hulle en dan word in bywoorde gevorm: Huis toe beteken na is goed, beter, die twee ander tye lag-lag, huil-huil, die huis. beste; gebruik. staan-staan Graag, liewer, lief- ’n S.nw. plus toe ste, selde minder, Jy moet die verskil (bywoord) word minste, naby na- ken tussen binne- altyd los geskryf bv. der, naaste, vroeg, kort, kort-kort Ons gaan huis toe. vroeër vroegste. en kortliks. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 73
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE Byvoeglike naamwoorde (intensief/attributief/predikatief) Leer die algemene byvoeglike naamwoorde: Hulle verander voor die naamwoord; trappe van vergelyking intensiewe vorme ●● Byvoeglike naamwoorde het TWEE belangrike FUNKSIES. ●● Een funksie is BESKRYWEND en die ander funksie is VERGELYKEND. ●● Intensiewe vorme is BESKRYWENDE byvoeglike naamwoorde. Beskrywende byvoeg- Vergelykende byvoeg- Vergelykende byvoeg- Vergelykende byvoeg- like naamwoorde: like naamwoorde: like naamwoorde: like naamwoorde: (a) voor die naamwoord Stellende trap. Hierdie Leidraad: as en voeg -er Leidraad: die voor die (attributiewe b.nw) woord word gewoonlik by die meeste woorde. b.nw word beklemtoon (b) na die naamwoord in ’n vraestel tussen en jy vergelyk EEN ding (predikatiewe b.nw.) hakies gebruik en jy Vergrotende trap met BAIE goed. Jy voeg Gewoonlik kry hierdie moet dit verander vol- As hierdie woord gevra gewoonlik woord slegs ’n -e as dit gens die instruksies. word, moet jy die stel- -ste by die woord in die voor die naamwoord lende trap verander, Stellende trap staan. As dit agter die want jy vergelyk TWEE Oortreffende trap naamwoord staan bly goed met mekaar. As hierdie woord gevra dit dieselfde. Kleure As ’n woord baie lank is word, moet jy die stel- (behalwe “goud” kry ge- OF dit eindig met ’n -e, lende trap verander, woonlik nie ’n -e nie en kry die Stellende trap want jy vergelyk EEN party kort woorde (bv. die woord “Meer” by. ding met baie ander. ’n koud en oud) verander Leidraad in die sin is die op ’n spesifieke manier. woord die wat beklem- (c) Intensiewes kry ge- toon uitgespreek word woonlik ’n -e as dit voor ’n naamwoord staan, maar nie altyd nie! Voorbeelde Hierdie voorbeelde is Voorbeelde Voorbeelde Hy is ’n aantreklike in die stellende trap man, geskryf. Die man is aantreklik. Voorbeelde Aantrekliker as Hy is die aantreklikste Dit is ’n rooi boek. Hierdie man is (aantrek- man in die land. Die boek is rooi. lik) as Brad Pitt. Rooier Die kraai steel die goue My rok is (rooi) as my horlosie. skoene. Ek was vandag (opge- Ek is die (opgewonde) Die horlosie is van Ek was (opgewonde) om wonde) as gister = meer vrou in die skool = mees goud. Dis ’n splinter- hom te sien. opgewonde opgewonde nuwe kar. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 74
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE Idiomatiese taalgebruik (vergelykings) So arm soos… ’n kerkmuis So maer soos… ’n kraai So blind soos… ’n mol Hy rook soos… ’n skoorsteen So dood soos… ’n mossie So skaars soos… Hoendertande/ wors in ’n wolwehok So donker soos… die nag So slim soos… Die houtjie van die galg So gereeld soos… klokslag So stil soos… ’n muis So lelik soos… die nag So vet soos.. ’n vark Hy lieg soos… ’n tandetrekker Hy vloek soos… ’n matroos So wit soos… sneeu So dronk soos… ’n lord Om te swyg soos… die graf So fyn soos ’n vlinder So mak soos… ’n hond Letterlike en figuurlike betekenis Onder letterlike betekenis verstaan ons PRESIES dit wat daar geskryf staan, terwyl figuurlike betekenis meer SIMBOLIES is. Die figuurlike betekenis word soms uitgeken aan die ekstra –e wat aan die byvoeglike naamwoord gesit word. Letterlike betekenis (denotasie) Figuurlike betekenis (konnotasie) Die arm man het geen geld nie. Die arme ryk man het geen vriende nie. Mense met baie geld en besittings is ryk Hulle het ’n ryke verbeelding en kan sommer lekker stories vertel Die stom mens kan nie praat nie. Wat gebeur met die stomme mense noudat hulle huise afgebrand het. Sjoe! Daardie seuns was regtig stout toe hulle die Ek gaan die stoute skoene aantrek en die ou uitvra! vensters gebreek het. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 75
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE Gevoelstaal, veralgemening, stereotipering Lê taalgevoeligheid aan die dag: ●● Wanneer gebruik ons jy/jou en u ●● Wanneer gebruik ons bek, pens, pote. Diere Mense Bek mond Pote en kloue hande pens maag vreet eet Vrek sterf/gaan dood Suip drink Direkte en indirekte rede en korrekte leestekens in dialoog As ons wil wys dat iemand praat, gebruik ons aanhalingstekens: “Goeienaand!” Ons noem dit die Direkte rede. As ons vir iemand anders wil vertel wat iemand gesê het, gebruik ons geen tekens nie, maar ons skryf die woorde op ’n ander manier oor. Ons noem dit die Indirekte rede. (As jy van iemand skinder, gebruik jy die Indirekte Rede!) Direkte rede Indirekte rede Pasop vir: (a) (met dat) Die man sê dat hy baie (As ’n man praat en hy sê “Ek”, Die man (seun) sê: “Ek is baie bly is. verander dit in die Indirekte bly.” OF (sonder dat) Die man sê hy is Rede na hy.) (Direkte Rede) baie bly. (b) (met dat) Die vrou (meisie) sê dat As daar ’n uitroep voor die per- Die vrou (meisie) sê: “Ek borsel sy haar tande borsel. soon se woorde staan, moet jy my OF (sonder dat) Die vrou sê sy die emosie wat dit oordra bepaal tande.” borsel haar tande. en so te werk gaan: “Sjoe! Ek was bang” = ...hy sê benoud dat hy bang was. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 76
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE LEER hierdie veranderinge: Direkte rede Indirekte rede Voornaamwoorde Verandering Ek/jy Hy/sy Joune/Myne Syne/hare Ons/julle hulle Hulle s’n Ons s’n/julle s’n Bywoorde Verandering Hierdie Daardie Nou Toe Vandag Daardie dag Gister Die vorige dag Môre Die volgende dag Hier Daar Oormôre Twee dae later Volgende week Die volgende week Hierheen Daarheen Uitroepe en uitdrukkings Verandering Hy skree: “Eina! Ek het my arm gestamp.” Hy skree in pyn dat hy sy arm gestamp het. Hy sê: “Hoera, ek het gewen.” Hy sê opgewonde dat hy gewen het. Sy sê: “Foeitog, hy het verloor.” Sy sê bejammerend dat hy verloor het. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 77
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE Betekenis van vreemde woorde in woordeboek Sien ook HOOFSTUK 1 in die Leerderboek. Beeldspraak en stylfigure Voorbeelde Vergelyking: sleutelwoorde – nes en soos “Nes ’n slak sy dop, dra ek my huis...” Metafoor: om een ding aan ’n ander gelyk te stel Sy hart is ’n klip in sy bors. Eufemisme: om iets te versag Hier waar jy slaap, jou laaste slaap (slaap = die dood) Personifikasie: om menslike eienskappe aan iets te Die maan lag in die lug. gee Teenstelling: ook genoem Kontras Selfs die soetste wyn word suur Herhaling: om iets weer en weer te noem Sy hoor net die galop, die galop, die galop Ironie: net mooi die teenoorgestelde van wat be- Hy is darem nou regtig ’n slim kêrel! doel word, word spottend gesê Enjambement:(run on line) Netjies elke woord orden volgens plan Alliterasie: beginrym Wit is die water en wit is die wolk Assonansie: vokaalrym ...’n verdwaalde korhaan by die tennisbaan... Metonimia:oornoeming. Die ding wat jy eintlik wil Kinders moet grys hare respekteer (met ander noem, word nie beklemtoon nie. woorde kinders moet ou mense respekteer) Antonomasia: ’n soort metafoor Hy is ’n regte Goliat. (hy is baie groot) Hiperbool:oordrywing Ek het jou ’n duisendmaal gevra! Litotes:opsetlike verkleining Die ou tjekkie is maar min, maar darem iets. Onomatopee: klanknabootsing Die gezoem van die bye in die blik Ander terme: Ander terme: Beeld – image Sintuie/ sintuig – oog (gesigsintuig), oor (gehoors- Toepassing - application intuig), neus (reuksintuig), voel (tassintuig), smaak Slotreël – die laaste reël (smaaksintuig) Figuurlike taal (konnotasie) Ruspunt - pouse Letterlike taal (denotasie) Tersine – drie versreëls wat ’n eenheid vorm Wending: die verandering Kwatryn – vier versreëls wat ’n eenheid vorm Versreël: een reël in ’n gedig Kwintet – vyf versreëls wat ’n eenheid vorm Koeplet: twee reëls Sekstet – ses versreëls wat ’n eenheid vorm Rym: woorde wat dieselfde klink Oktaaf – agt versreëls wat ’n eenheid vorm ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 78
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE Werkwoorde (ook bekend as die GESEGDE) – verduidelik betekenis en gebruik van ww Hoofwerkwoord Hulpwerkwoord Koppelwerkwoord Die hoofwerkwoord in die teen- 1. Die hulpwerkwoorde help die Koppelwerkwoorde koppel die woordige tyd staan in die eerste hoofwerkwoord om tyd aan te byvoeglike naamwoord aan die werkwoordposisie. dui: selfstandige naamwoord: • Die kind sien ’n spook. • Die man het ’n spook gesien • Die man is bang. (help • Die man word bang. In die verlede tydsvorm asook in om verlede tyd aan te dui). • Die man lyk bang. die toekomende tydsvorm staan • Die man sal ’n spook sien (help • Die man skyn bang te wees. dit in die tweede werkwoordpo- om toekomende tyd aan te dui). sisie. • Die kind het ’n spook gesien. 2. Die hulpwerkwoord dui die • Die kind sal ’n spook sien. passiewe vorm aan: • Die spook is deur die man gesien. • Die spook word deur die man gesien. • Die spook sal deur die man gesien word. 3. Die hulpwerkwoord dui modaliteit aan: • Die man moet/moes die spook soek. • Die man wil/wou die spook soek. • Die man kan/kon die spook sien. • Die man behoort die spook te soek. • Die man hoef nie die spook te soek nie. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 79
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE Homofone/homonieme Homofone is woorde wat eenders klink, maar verskillend geskryf word en waarvan die betekenis verskil. Hier is ’n lys en hoe die woorde gebruik word in sinne: Jy eet kos om aan die lewe te bly. Jy lê ’n eed af jy in die hof staan en getuig. Ek eis ’n verduideliking van jou. Die kind skaats op die ys. Ek reik na die sterre. Die man is baie ryk want hy het baie geld. Ek is arm, maar ek werk hard. Die meisie is baie maer, want sy eet min. Hy probeer peil hoe ver die sterre van ons is. Om met ’n pyl en boog te skiet, is ’n kuns. Die beeste wei in die veld. Ek wy my lewe aan my passie vir kuns. Die see is daar een vaam diep. Hy hou van al die faam wat hy as akteur kry. Die Sani-pas is baie steil; jy sal moet loop! Ek hou van jou nuwe styl; dit pas jou goed. Dit was ’n wonderlike vonds toe ons die skatkis Ons sal ’n fonds vir die weeskinders moet stig. kry. Homonieme klink dieselfde en word dieselfde gespel, maar hulle verskil in betekenis. Kyk na die volgende maniere om die woord sy te gebruik. ●● Die sywurms in Sjina spin die sy op ’n ander manier as die sywurms in Italië. ( Selfstandige naamwoord – soort materiaal) ●● Sy het vir my gesê dat sy weer die werk sal doen. (Vroulike persoon – voornaamwoord) ●● Die man het sy hand geskud toe hy hom ontmoet. (Manlkike persoon) (besitlike voornaamwoord.) ●● Ek het ’n pyn in my sy en sal dokter toe moet gaan.. (Selfstandige naamwoord – deel van liggaam) ●● Uitdrukking: Hoe dit ook al sy, ek het nie weer van haar gehoor nie. (Wat ook al die geval is) ●● Sinne kan ook homonieme wees: ●● Ek soek die vrou met die hond – kan beteken ek gebruik die hond om die vrou te soek OF ek soek die vrou wat ’n hond het. ●● Ou perde spring moeilik – kan beteken dat ou perde nie meer kan spring nie OF dat dit moeilik is om op ou perde te ry en met hulle te spring. ●● Die skaap is te vet om te eet – kan beteken die skaap(vleis) is baie vetterig en kan nie geëet word nie OF die skaap is so vet dat hy sukkel om self te eet. Die betekenis van woorde in ’n vreemde taal kan verwarrend wees (confusing) omdat woorde met dieselfde spelling verskillende betekenisse (different meanings) kan hê. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 80
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE Spelling – los en vas skryf SIEN OOK HOOFSTUKKE 6, 8, 9, 12, 13, 16, 17 EN 18 in die Leerderboek. SPEL woorde reg: Woorde wat een begrip aandui, Intensiewe vorme word vas Woorde kan soms vas en soms word vas geskryf. geskryf. los geskryf word, maar dan Samestellings word vas geskryf beteken die woorde nie meer – Voorbeelde: dieselfde nie. EEN woord. Daar is TWEE woorde met brand: brandarm en brandmaer. Voorbeelde: Voorbeelde: badkamer, De- Daar is TWEE woorde met mors: Ek het al twee appels geëet./Hy sembermaand, eindeksamen, morsdood en morsaf. het altwee appels geëet. gemakstoel, huiswerk, huishulp, Daar is DRIE woorde met smoor: In die oggend staan ons almal Malanrylaan, Nuwejaar, sitkam- smoorverlief, smoorkwaad en agter mekaar./Hy is ’n agterme- erstoel, vieruur, tienuur. smoordronk. kaar jong man. Daar is VIER woorde met bloed: EEN IDEE = EEN WOORD! bloedjonk, bloedrooi, bloedmin Die boom sal groot word as jy en bloedweinig. hom baie water gee./My kinders Daar is SES woorde met stok sal grootword sonder ’n pa. stokblind, stokdoof, stokflou, stokoud, stokstyf en stoksielal- Die rok is regtig te kort./Daar is leen. ’n tekort aan voedsel in daardie Daar is SESTIEN woorde met land. dood: doodbang,-bleek, -een- voudig, eerlik, -gaar, -gelukkig, Hy het honderd rand verdien./Ek -gewoon, -goed, -lekker, -moeg, het ’n honderdrandnoot opgetel. -onskuldig, - skaam, - seker, -siek, -stil, -swak, Dit het twaalf uur geneem om tot -tevrede in die Kaap te ry./Dis nou op die Al die ander Intensiewe vorme kop twaalfuur. word onder Byvoeglike naam- woorde op bladsy 93 behandel. Wanneer woorde rigting aan- dui, word dit altyd los geskryf: Ons gaan Kaap toe, Ons was vir die dag Durban toe. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 81
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE Spelling, hoofletters skryftekens: SIEN HOOFSTUK 5, 8, 9, 12, 13, 16, 17 EN 18 in die Leerderboek. Hoofletters word gebruik in die volgende gevalle: (a) By die eerste letter van elke (b) By die eerste letter van die (c) By die eerste letter ná die volsin: Die man sien ’n slang. tweede woord as die sin met dubbelpunt in sinne in die direkte ’n begin: ’n Man het die slang rede: Piet sê: “Ek sal die pille geskiet. koop.” (d) By die name van God en (e) By alle eiename: Hester, Piet, (f) By titels en name van fami- gelowe: Here, Mohammed, Prot- Nina, Klara, Daniel en by alle lielede wat as aanspreekvorm ge- estants, Anglikaans. plekname soos Durban bruik word: Meneer, Oom, Tannie (*sien pasopblokkie) (g) By name van publikasies: Rap- (h) By name van verenigings, par- (i) By name van dae, maande en port, Huisgenoot, You tye, openbare liggame, inrigtings, feesdae: Maandag, Kersfees, dienste ensovoorts: Radio Sonder Paasfees, Maart. Grense; Radio Jakaranda Pasop vir: (j) Wanneer titels voor eiename gebruik word, word dit gewoonlik met ’n klein letter gespel: mnr. Jansen, dr. Hamman, tannie Louie Leer hoe om die leestekens te gebruik: punt, komma, dubbelpunt, vraagteken, uitroepteken, aanhalingstekens en hakies Leesteken Naam Voorbeeldsin . punt Aan die einde van ’n sin plaas ons ’n punt. , komma Hulle gaan by die skool lees, speel en sing. ? vraagteken Wie het die boek vir jou gegee? ! uitroepteken Sjoe! Julle span is goed! “” aanhalingstekens “My naam is Marie. Ek is vyftien.” ë deelteken Ons het die kos geëet. ê kappie Die skape mê in die kraal. ( ) hakies Die mense (Jan se familie) het vroeg gekom ï Deelteken op i Ek is beïndruk met die nuwe hoof. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 82
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE Stam, afleiding samestelling, samestellende afleiding, verbindingsklanke Woorde kan eenvoudig (simplekse) of kompleks wees. Simplekse het slegs een BASIESE DEEL OF stam • As iets van die woord weggevat word sal dit niks beteken nie. • Daar kan dus geen letters van die woord weggevat word om die woord korter te maak nie. Ingewikkelde woorde word komplekse genoem. Hulle bestaan uit een of meer stamme. Premorfeme en of postmorfeme word bygevoeg. Komplekse woorde Stam + Stam Pre-morfeem + Stam Stam + Post-morfeem Leeu + wyfie = leeu- Ge (verlede tyd) + Tafel + tjie (verkleining) = tafeltjie wyfie slaap = geslaap Venster + bank = ven- Aarts (grootste) + Rots + agtig (byvoeglike naamwoord) = rotsagtig sterbank vyand = aartsvyand Bottel + prop = bot- On (nie) + eerlik = Koning + in (vroulike vorm) = telprop oneerlik koningin Tafel + poot = tafel- Her (weer) + ken = Dig + ter (persoonsnaam = digter poot herken Kat + kos = katkos Anti (teen) + rook = Groot + ste (trappe van vergelyking) antirook = grootste Bottel + prop = bot- Ont ( weg) + trek = Hond + e (meervoud) = honde telprop onttrek Soms is daar verbindingsklanke tussen 2 stamme sodat die woord makliker uitgespreek kan word. hond + hok = hondehok suid + wind = suidewind suster + kind = susterskind stad + japie = stadsjapie kind + boek = kinderboek broer + liefde = broederliefde eet + tyd = etenstyd wa + huis = waenhuis duif + hok = duiwehok brief + mes = briewemes Jy moet voor- en agtervoegsels kan gebruik om nuwe woorde te vorm – bedags, weekliks, onskuldig ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 83
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Ons kan nuwe woorde maak deur voegsels voor aan die woord te sit: Voorvoegsel Betekenis Voorbeeld Voorvoegsel Betekenis Voorbeeld 1. aarts- baie groot aartsvyand 6. oer- Baie oud oermens 2. anti- teen antirook 7. on- nie onmoontlik 3. be- laat gebeur besmeer 8. ont- wegneem ontsê 4. her- weer herwin 9. ver- laat gebeur versier 5. mis- verkeerd mishandel 10. wan- slegte wanorde Ons kan nuwe woorde maak deur voegsels agter aan die woord te heg: Agtervoegsel Betekenis Voorbeeld Agtervoegse Betekenis Voorbeeld 1. -aar ’n persoon boemelaar 9. -(d)er persoon leerder 2. -aard Soort mens luiaard 10. -erig manier benerig 3. -agtig “soos” aapagtig 11. -ery Doen iets werkery 4. -aris werker sekretaris 12. -gewyse manier speelsgewyse 5. -asie toestand persentasie 13. -heid eienskap moeilikheid 6. -baar hoedanigheid vrugbaar 14. -ier persoon tuinier 7. -dom Groot groep rykdom 15. -in vrou kelnerin 8. -loos “sonder” foutloos 16. -skap hoedanigheid klerkskap 17. -es meervoud gevangenes Ons maak nuwe woorde met behulp van: (A) SAMESTELLINGS As ons twee (of meer) woorde saamvoeg om ’n nuwe begrip te vorm praat ons van ’n samestelling. Elkeen van die woorde beteken op sy eie iets anders as wat die saamgestelde produk beteken. Voorbeelde Goed = die meervoudsvorm van ‘ding’ Koop = om geld te betaal om iets te kry. Maar: goed+koop = om baie min vir iets te betaal. Papier = iets waarop jy skryf. Pop = iets waarmee kinders speel Maar: papierpop = pop in papiervorm. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 84
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE Twee woorde word Twee woorde kry Twee woorde kry -s Twee woorde kry -er Twee woorde kry vorm een woord -e tussenin tussenin tussenin -ns of -ens tussenin Slaap+kamer Held+e+daad Hemp+s+mou Kind+er+jare Lewe+ns+lus Tafel+doek Hond+e+hok Stad+s+kind Suid+er+kruis ete+ns+tyd Lewe+s+lank As woorde met +ss+ As een Die eerste deel Daar is plek vir Pasop vir vangplekke: -f woord eindig van die eindig, word dit en ander begin ’n samestelling kop en die voete Aarde+appel=aartappel w met s is op ’n bed. Aarde+bewing=aardbewing enkelvoud. Skip+kaptein = skeepskaptein Brief+bus = Dans+saal Meisie+skool Koppenent Vrugteboord /ossewa/ hoëveld/ briewebus Plaas+seun Man+skoene Voetenent os+wa=ossewa Die laaste deel van die woord sê waaroor dit gaan bv. watertenk is ’n tenk waarin daar water is en tenkwater is water wat van ’n tenk kom Ander voorbeelde: tuin+grond = tuingrond; knop+neus = knopneus; operasie+teater = operasieteater (B) AFLEIDINGS Jy moet afleidings kan gebruik ’n Woord word met behulp van ’n voegsel verander. Voorbeeld: In die toekoms sal baie dinge verander. Ons moet let op toekoms(tige) verander(ings). Die gedeeltes tussen hakies is agtervoegsels. (C) SAMESTELLENDE AFLEIDINGS Ons neem twee of meer woorde en voeg ’n voegsel voor of agteraan. Voorbeelde: Matriek (woord) + afskeid (woord) + rok (woord) + ie (voegsel) = matriekafskeidrokkie Gesig (woord) + s(verbindingsklank) + ont (voegsel) + rimpel (woord) + ing (voegsel) = gesigsontrimpeling So maak ons nuwe woorde: 1. Die vrou is ’n mens wat soms ydel kan wees voumens 2. Sy sal die geld wat sy erf vir die operasie gebruik. erfgeld 3. Die vrou soek behandeling vir haar skoonheid. skoonheidsbehandeling ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 85
AFDELING 5 HERSIENINGSGIDS: HERSIENING: TAALASPEKTE TAALASPEKTE 4. Die strale van ’n laser kan plooie verminder. laserstrale 5. Die kontoere van haar liggaam lyk nou baie goed. liggaamskontoere 6. Sy wil die kleur van haar oë verander. oogkleur 7. Sy het by die salon ingestap waar skoonheid geadverteer word. skoonheidsalon 8. Sy gaan behandeling ontvang om haar skoonheid te verbeter skoonheidsbehandeling 9. Sy weeg nou so lig soos ’n veer. veerlig 10. Die meisie wat trou gaan haar rok self maak. trourok 11. Hy dra skoene wat dik hakke het. dikhakskoene 12. Die masjien waarmee mens koffie maak, het gebreek. koffiemasjien 13. Die venster van die klaskamer het gebreek. klaskamervenster 14. Die skoene waarmee hy stap het vuil geword. stapskoene 15. Sy het heel eerste ’n operasie aan haar neus gehad. neusoperasie 16. In die toekoms sal die geboorte van babas beperk word. geboortebeperking 17. Sy is nou so mooi soos ’n pop. popmooi 18. Die wind wat van die noorde en die weste kom het die fietsryer omgewaai. noordwestewind 19. Die lepel waarmee ek my tee roer is van silwer gemaak. teelepel 20. Die punte van sy vingers is sensitief omdat hy sy hand gebrand het. vingerpunte ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 86
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE Voegwoorde – groep 1,2,3 Verbind sinne met voegwoorde en gebruik die korrekte woordorde. Groep 1 Groep 2 Groep 3 (Daar is geen verandering van die (Die werkwoord of die hulp- (Die werkwoord en die hulpwerk- woordorde nie) werkwoord skuif tot langs die woord skuif tot aan die einde van voegwoord.) die sin.) Kommas voor maar, want en dog. Kommapunte voor die voeg- Geen leestekens nie. woorde, maar kommas voor al, dan en toe. Voegwoorde: Voegwoorde: Voegwoorde: en, maar, want, dog, dus, daarom, gevolglik, tog, nog- Enige verbinding met –dat, of (or), òf...òf, nòg...nòg tans, anders, al (although), dan, aangesien, hoewel, alhoewel toe (then), nietemin (although), as, indien, sodra, sedert, mits (provided that), tensy, (unless) asof, terwyl, of (whether), toe (when), wanneer, hoe...hoe... Voorbeelde: Voorbeelde: Voorbeelde: Jan het gaan slaap. Hy is baie Jan is baie moeg. Hy het gaan Jan het gaan slaap. Hy is baie moeg. slaap. (daarom) moeg. (omdat) (want) Jan het gaan slaap, want Jan is baie moeg; daarom het hy Jan het gaan slaap omdat hy baie hy gaan slaap. moeg is. is baie moeg. Jy kan ’n sin begin met die woord Sinne kan begin word met die “Al”: voegwoorde uit hierdie groep. Al het hy vroeg gaan slaap, was Omdat hy vroeg gaan slaap het, hy het hy beter gevoel. die volgende dag nog steeds moeg. Skematiese voorstelling van hoe sinne lyk wat met ’n groep 3-voegwoord begin word: Tyd waarin sin geskryf word Ww = werkwoord Voorbeeld Teenwoordige tyd Gr.3 ww + komma + ww Terwyl sy die boek lees, val die reën Verlede tyd Gr.3 ww+ ww +komma +ww Toe sy die boek gelees het, het dit ww. (aan einde) gereën. Toekomende tyd Gr.3 ww + komma + ww Alhoewel dit hard reën, sal ons ww.(aan einde) tennis kan speel. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 87
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE Jy moet voorwaardes kan stel deur voorwaardelike sinstrukture te gebruik: As ek nie die motor gesluit het nie, sou hulle... As is ’n Groep 3-voegwoord. Wanneer jy ’n sin met As begin, lyk die sin skematies so: Groep 3 (As).....................................................ww,ww......................................ww. Voorbeelde: • As hulle nou kom, gaan ek iets eet. • As hulle nie nou kom nie, sal ek kwaad word. Voorsetsels Leer die belangrikste voorsetsels: Die kleinste woordjies gee soms die grootste probleme! Voorsetsels is woordjies wat verhoudings aandui en voorsetsels oor verhoudings is ook belangrik: Ek hou van jou. Ek is verlief op hom. Hulle is verloof aan mekaar. Hy is jaloers op haar. Hulle gaan met mekaar trou want hulle is verloof aan mekaar. Hulle gaan aan die einde van die jaar met mekaar trou. Hy sal haar goed behandel en hulle sal op mekaar staatmaak. Hulle is trots op hulle kinders. Niks sal hulle ooit van mekaar laat afsien nie, want hulle is geheg aan mekaar. Sit aan tafel Hulle is in nood Praat met Op kollege Stuur dit per Ten gunste van iemand wees, maar aan pos (t.g.v.) die universiteit Skuldig aan Alles is in rep Doen dit met Betaal R200 Op kantoor Ten spyte van moord en roer opset wees per persoon (t.s.v.) Rug aan rug Goed in Simpatie hê Op vlug slaan Per dag As gevolg van Wiskunde met (a.g.v.) Gaan aan wal Dit val in my Gaan saam met Teken in op die Reis per trein Stap te voet smaak tydskrif Aan die neus lei In ’n bus of mo- met die hand op die waarheid Reis per vlieg- Ry te perd tor wees skud baseer tuig ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 88
AFDELING 5 HERSIENING: TAALASPEKTE Enkelvoudige sin, bywoordelike bepalings van tyd, wyse plek In ’n enkelvoudige sin is die bywoordelike bepaling daardie woord(e) in die sin wat meer vertel van die werkwoord. VOORBEELD: ww.1 2.hoe? (manier/wyse) ww.2 Ek het gister hartseer (by my oom se hospitaalkamer) uitgestap. 1.wanneer? (tyd) 3.waar? (plek) Met ander woorde: Wanneer het ek uitgestap? – gister (bywoordelike bepaling van tyd). Hoe het ek uitgestap? – hartseer (bywoordelike bepaling van wyse/manier). Waar het ek uitgestap? – by my oom se hospitaalkamer (bywoordelike bepaling van plek). ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 89
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Spelreëls en spelpatrone SIEN HOOFSTUK 5, 6, 9, 12, 13, 16, 17 EN 18 IN DIE LEERDERBOEK Jy moet woorde wat dikwels verkeerd gespel word reg kan spel Die A B C van woorde wat dikwels verkeerd gespel word. A B C Aaklig,aartappel, Baie, bekommerd, benodigdhede, Chaos, confetti, chauffeur adres,akkommodasie allerhande, biblioteek, bietjie, blondine, al weer, ambisieus, ambulans beklemtoon ammunisie D E F Dieselfde, disko, dissipline Eiendom, eienaar, etiket, elek- Familie, figuur, fiks, fout, fris trisiteit, enjin, entoesiasme, ewe skielik G H I Galery, gebaseer, gedurende, Hardkoppig, hartseer, hemde, Illusie, individu, ingenieur, in- grammatika, grootte, grote, herinnering, huwelik tellektueel, interessant grotte, geïnteresseerd K L M Kanselleer, komitee, kommis- Liggaam, liefde, lyf, lewe, liewe, Maatskappy, masjien, minuut, sie, koöperasie, kommunika- liewer misdadiger, muggie, sie, kaartjie, korrespondensie, krokodil, kwartier, karretjie, komitee N O P Naelskraap, nasionale, nog Onmiddellik, onmoontlik, om Papegaaie, pawiljoen, paraffien, steeds, nog een, nog ’n man, verskoning vra, opgeruimd, op- periode, pessimisties, plakkaat, nuuskierig ponent polisie, prokureur R S T Rapport, regisseur, rêrig, regtig, Sjokolade, skielik, standerd, Telegram, teleurgesteld, tot siens, raadgewer standaard, suinig, slordig, sokker tweede U V W Universiteit, universeel, uniek, Vakansie, vermoëns, veertien, Waardeer, waardeur, waat- uiter verrassing, veertig, vlieënier, lemoen, wedstryd, weer eens volgende, volgens, vrolike ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 90
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Jy moet woorde met enkel- en dubbelvokale en -konsonante reg kan spel Lettergrepe wat op klinkers (voka- As daar ’n kort vokaal (klinker) Soms val die aksent nie op le) eindig, word oop lettergrepe voor ’n medeklinker (konsonant) die kort klinker nie, en die genoem. In oop lettergrepe word staan EN die klinker word beklem- medeklinker word nog steeds die klinkers a, e, o en u nie dub- toon, word die medeklinker dub- verdubbel:Alleen, bobbejaan, beld geskryf nie, behalwe vir die bel geskryf. pikkewyn, kommissie uitsondering op die reël: tweede. Voorbeelde: krappe, messe, Lettergrepe wat op konsonante Voorbeelde: sake, beweging, lemme, bomme, bulle. (medeklinkers) eindig, word ges- mede, bome, bane, bure lote lettergrepe genoem: waar/ -heid; Deelteken: ë/ï Die deelteken word gebruik om Ons sê dus: Ar-gen-ti-ni-ë. Hierdie Woorde soos dae, laer, waens, die begin van ’n nuwe lettergreep woorde kry almal deeltekens: dieet, finansieel kry nie te wys. beëindig (be-ëin-dig) beïnvloed, deeltekens nie, omdat die klink- breër, diëte (maar dieet) geïgno- ers NIE as een klank uitgespreek Onthou dat elke lettergreep in reer, geïnteresseer, hoër, moeër, kan word nie: ons sê: da-e/di- Afrikaans uitgespreek word. Ons neëntig, oorloë, reën, seël, eet/la-er. het nie stil klanke nie!! spieël, vlieënier, vroeër, reünie, voël, leë. Kappie ’n Kappie kom bo ’n e, i, o en u en Woorde met ’n ê-klank voor ’n r, [Pasop vir] dit wys dat die klank langer gerek kry nie ’n kappie nie: moet word. kers, Uitsonderings: Voorbeelde: kombers, skêr en skêre, ê soos êrens, lê, sê, wêreld, mê; û perd, primêr en primêre, dissiplinêr en soos brûe; pers, dissiplinêre ô soos in môre; ver, î soos in wîe – die meervoud van vlermuis wig ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 91
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Koppeltekens word in die volgende gevalle gebruik (a) By die opeenhop- (b) By herhalings: kort-kort, (c) By samestel- (d) By samegestelde titels: ing van klinkers: gou-gou, nou-nou lings wat met en luitenant-kolonel, sersant- drie-uur, see-eend verbind word: majoor sout-en-peper- stelletjie (e) By Aardrykskun- (f) By samekoppe-lings wat al (g) By same- (h) By samestellings met dename: Suid-Afrika, tot ’n vaste eenheid gegroei stellings met oud-, hulle-, assistent-, vise-, Noord-Korea, Oos- het: wag-’n-bietjie, piet-my- letters en syfers: adjunk-, aspirant-, pro-, anti-: Duitsland, Wes- vrou X-strale, A-span, oud-leerling, ma-hulle, vise- Berlyn Graad 9-klas hoof, anti-alles (i) Om dubbelsinnig- (j) By samestellings waar (k) Om ’n (l) By lang samestellings: heid te vermy: die laaste deel net een keer toestand aan te skoolgeld-inbetalings; waat- pronk-ertjie (in plaas genoem word: in-en uitgange; dui: hy’s been-af lemoenkonfyt-tentoonstelling van pronkertjie) seuns-en meisieklere op haar; sy lyk sebra-vel (in plaas maar bek-af, ek van sebravel) is raad-op Pasop hiervoor: Verbindings met eiename wat Telwoorde kan met of die funksie van ’n eienaam ver- sonder koppeltekens rig, kan los of vas geskryf word: geskryf word: sy is O.R.Tambo-lughawe of drie-en-twintig; sy is O.R. Tambolughawe of drie en twintig O.R.Tambo lughawe Afkappingsteken word hier gebruik (a) By meervoude (b) By meervoude (c) By sommige (d) By verswakte Pasop: en verkleinwoorde en verkleinwoorde uitroepe: vorme: waar’s, hy’t, Ons gebruik nie die van selfstandige van eiename wat B’r!; H’n-n! daar’s afkappings-s by die naamwoorde eindig op ’n s, z volgende nie: John wat eindig op ’n en e wat nie in se boek (Engels: beklemtoonde a, die enkelvoud uit- John’s book) i, o, en u: safari’s, gespreek word nie. foto’tjie, skadu’tjie Cilliers’s en Celliers’tjie Hakies ( ) ronde hakies ( ) ronde hakies As ’n volledige sin As ’n parentese in Gebruik vierkantige word gebruik om word gebruik as aangehaal word, ’n sin gevoeg word, hakies [ ] binne ’n letter, ’n woord bronne aangehaal kom die punt binne verskyn dit tussen ronde hakies. of sin by te voeg as word. die hakies. ( ) , met ’n komma verduideliking. daarna: Ouderdom kom Afkortings soos jr, In wiskunde word As die woord tus- As ’n gedeelte van tussen hakies as dit sr. word nie tussen verskillende hakies sen hakies kursief ’n sin aangehaal ná die persoon se hakies geskryf nie. in vergelykings ge- is, moet die hakies word, kom die punt naam verskyn. bruik. Die volgorde nie ook kursief buite die hakies. is altyd: wees nie. {[({[()]})]} ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 92
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Jy moet weet waar om ’n woord in sy dele af te kap. Lettergreepverdeling: soms moet jy ’n woord aan die einde van ’n reël afkap. (a) As ’n medeklinker tussen (b) Wanneer twee medeklinkers (c) Wanneer daar drie of meer klinkers staan, vorm die me- tussen klinkers staan, val die medeklinkers staan, word die deklinker deel van die volgende skeiding tussen die twee me- woord ná die eerste medeklinker lettergreep: wa-ter; ta-ma-tie; deklinkers: negen-tig; afgekap: kon-trak; pam-flet po-me-lo; in-rig-ting (d) Die deelteken wys waar die (e) Die kappie wys gewoonlik (f) Die s en die j word nooit geskei nuwe lettergreep begin: vo-ël; waar die lettergreep eindig: bê- as dit een klank vorm nie: brosj- re; ure; masj-ien nê-rens Jy moet weet wat determineerders soos ’n en die is Die bepaalde lidwoord Die onbepaalde lidwoord. Die ’n Voorbeeld: Voorbeeld: Ek het die onderwyser in die dorp gesien. Hulle het ’n huis gekoop. Die word altyd voor die volgende woorde gebruik: Ons gebruik nooit ’n in die volgende gevalle nie: dood, meeste, winter, herfs, lente, somer, ouder- Hy staan op aanklag van bedrog tereg. dom, kerk, skool, toekoms, verlede, geskiedenis, Dit word as voorbeeld genoem. hospitaal, (in) die mode, (in) die skuld; voor die Hy is lidmaat van die kerk. oortreffende trap -ste; voor name van geboue; Sy is as joernalis uitstekend. “de” word nog soms gebruik by woorde soos: de Die paaiement is as persentasie van die bedrag drommel, de duiwel. bereken. Ons gebruik altyd ’n voor miljoen, miljard, tril- joen, maar nie voor honderd en duisend nie! Jy moet telwoorde en rangtelwoorde soos eerste vyftien en laaste ken 1 2 3 4 5 een twee drie vier vyf eerste tweede derde vierde vyfde 6 7 8 9 10 ses sewe agt nege tien sesde sewende agtste negende tiende 11 12 13 14 15 elf twaalf dertien veertien vyftien elfde twaalfde dertiende veertiende vyftiende 16 17 18 19 20 sestien sewentien agtien negentien twintig sestiende sewentiende agtiende negentiende twintigste ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 93
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Ontkenning Jy moet die ontkennende vorm kan gebruik – Moenie... nie..nie Positiewe sinne (+) Negatiewe of Ontkennende sinne (-) Het jy al van die Titanic gehoor? Het jy nog nie van die Titanic gehoor nie. Wil jy nog kos hê? Wil jy nie meer kos hê nie? Bevel: Slaan die kat! Moenie die kat slaan nie! Versoek: Staan asseblief regop. Moet asseblief nie regop staan nie. Of Jan òf Sarie gaan eerste staan in die klas. (Geen nie aan die einde van die sin nie) Vervang elke òf....òf met nòg...nòg Nog Jan nog Sarie gaan eerste staan in die klas. Ander: êrens, iets, altyd, iemand, al ooit, alles, Nêrens, niks, nooit/nie altyd, moontlik, iets, al iets, alreeds, baie/al baie niemand, nog nooit, niks, nie moontlik nie, niks, nog niks, nog nie, nog nie baie nie, glad nie. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 94
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Sinonieme, antonieme, paronieme, verwarrende woorde Sinonieme en Antonieme word gebruik om ons woordeskat te verbreed en ons sinne meer interessant te maak. Om net een woord soos “lekker” aanmekaar te gebruik om te sê dat ons van iets hou is baie vervelig Sinonieme is woorde met ongeveer dieselfde betekenis. Hier volg ’n lys van die algemeenstes. admireer bewonder akkuraat noukeurig akteur toneelspeler applous toejuiging apologie verskoning applikasie aansoek arriveer aankom biografie lewensbeskry- botanie plantkunde wing briesend woedend chemie skeikunde definisie omskrywing destinasie bestemmimg distansie afstand eggo weerklank eksperiment proefneming ekspert deskundige finansieel geldelik fisika natuurkunde forseer dwing garage motorhuis geografie aardrykskunde histories geskiedkundig horison kim industrie nywerheid intellektueel slim intens hewig insident voorval inspireer motiveer katastrofe ramp komedie blyspel kompeteer meeding konflik botsing konfidensieel geheim konsonant medeklinker kontinent vasteland kopie eksemplaar kommunikeer Praat/skryf kwaliteit gehalte matesis wiskunde modern byderwets moment oomblik offisieel amptelik okkasie geleentheid opponent teenstander periode Tydperk/les permissie toestemming populasie bevolking prinsipaal skoolhoof probleem vraagstuk professie beroep profyt Wins redenaar spreker resultaat gevolg satisfaksie bevrediging simpatie meegevoel sisteem stelsel substituut plaasvervanger suspisie agterdog Tydens gedurende ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 95
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Antonieme is woorde met ’n teenoorgestelde betekenis. aanneem verwerp aanraai afraai agterdog vertrou anderkant duskant bevestig ontken blydskap hartseer boeiend vervelend eenvoudig ingewikkeld oorvloed gebrek geestelik liggaamlik gewillig onwillig goedkeur afkeur guns onguns helder troebel helder betrokke hoogmoedig nederig hoop wanhoop inheems uitheems inkomste uitgawe lafaard held letterlik figuurlik lui fluks maklik moeilik minderheid meerderheid mis raak modern outyds mondig minderjarig mismoedig vrolik onbeskof beleefd oorlog vrede oorsaak gevolg oorwinning nederlaag optimisties pessimisties orde wanorde praat stilbly rykdom armoede selde gereeld siek gesond skriftelik mondeling stedelik landelik styg daal suinig vrygewig teoreties prakties tydelik permanent verbeter versleg verminder vermeerder volop skaars voordeel nadeel voorstander teenstander vreugde verdriet vriend vyand vorentoe agtertoe Paronieme is woorde wat van dieselfde stam of basis afgelei word, maar wat van betekenis verskil. Paronieme word ook soms verwarrende woorde genoem. Basis (stam) Betekenis 1 Betekenis 2 en 3 dank Afdank(ing) Bedank(ing) Dra Draagbaar Draaglik kind Kinderlik Kinderagtig/kinds Kos (cost) Kosbaar Kostelik/kosteloos troos Ontroosbaar Troosteloos oordeel Veroordeel Beoordeel bank Bankier Banket ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 96
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Verstaan en gebruik verwarrende woorde: Berig/berug Beurt/buurt Brei/bry Klere/kleure Lit/lid Haal/hael Maer/maar Eis/ys Britte/Britse Volgende/volgens Steil/styl Steur/stuur Swaer/swaar Vel/fel Vyl/vuil/vyl Syne/seine Gelede/verlede Peil/pyl Vors/fors Deesdae/destyds Gedurig/gedurende Wei/wy Vrae/vra/vraag Ly/lui/lei/lê Dokter/doktor Figuurlike taal: idiomatiese uitdrukkings en vergelykings A. IDIOMATIESE TAALGEBRUIK IDIOOM VERDUIDELIKING ENGELS Die aap uit die mou laat Die geheim uitlaat To tell a secret (Ver)koop vir ’n appel en ’n ei Goedkoop verkoop of koop Sell or buy cheaply ’n Appeltjie skil met iemand Met iemand raas Scold someone Die appel val nie ver van die boom Aard of lyk na die pa/ma Look or act like father af nie Been-af wees op iemand Verlief wees op iemand To be in love with someone Hoë bome vang die meeste wind Belangrike mense kry die meeste Important people are critisized kritiek the most Sit met hande in die hare Weet nie wat om te doen nie Don’t know what to do Die hasepad kies Weghardloop Run away Jakkals prys sy eie stert Iemand spog met himself To brag Gesels oor koeitjies en kalfies Gesels oor klein dingetjies Chit chat Op hete kole sit Angstig wees To be anxious Die koeël is deur die kerk Dis verby/die skade is gedoen The deed has been done Kop bo water hou Om darem finansieel te oorleef To hold your head above water Platsak wees Geen geld hê nie to have no money In jou noppies wees met iets Baie tevrede wees To be happy In die pad gesteek Verloor jou werk To be fired Na iemand se pype dans Na iemand luister/wense uitvoer To follow instructions Daar’s ’n skroef los Daar iets verkeerd Something’s wrong Daar’s ’n slang in die gras Daar’s ’n groot fout There is a big problem Jy gaan jou rieme styfloop Jy gaan gevang word You are going to get into trouble Moenie tou opgooi nie Moenie opgee nie Don’t give up Stadig oor die klippe Moenie te haastig wees nie Slow down Dit gaan voor die wind Dit gaan goed All is well Dis bo my vuurmaakplek Ek verstaan dit nie I don’t understand Hy is uit die veld geslaan Hy is oorbluf Hy is shocked Jy help hom van die wal in die Jy help hom glad nie You’re not actually helping sloot Jy is van lotjie getik Hy is mal He’s mad Jy’t ’n klap van die windmeul weg Hy is mal He’s crazy Hy het lang vingers Hy steel/hy’s ’n dief He’s a thief ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 97
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE B. VASTE UITDRUKKINGS a) Alles was in rep en... toe die sirkus vertrek (roer) b) Sy praat land en... oor alles wat gebeur het. (sand) c) Hulle kla steen en... oor die moeilike eksamen. (been) d) Ons moet swoeg en... om die feite te leer. (sweet) e) Hy vertel dit wyd en... aan almal wat wil luister. (syd) f) Sy is nou baie op en... want sy het die hele dag geslaap.(wakker) g) Hulle kom van heinde en... om die eksamen te skryf. (verre) h) Sy kuier net so af en... by ons (toe) i) Oos, wes, tuis...! Dis lekker om terug te wees. (bes) j) Sy belowe hand en... dat sy my sal help. (mond) k) Hulle wik en... oor die groot besluit. (weeg l) Ek is nou siek en... vir hierdie gemors.(sat) m) Jy kan my nie sommer hiet en... nie! (gebied) n) Hulle veg soos kat en... met mekaar. (hond) o) Ons het nie ’n kat se... om te wen nie. (kans) p) Dis nou of...! Jy moet die kans waag. (nooit) q) Uit die oog, uit die... (hart) r) Ons moes net wen: buig of...! (bars) s) Ek skrik nie vir koue... nie! (pampoen) t) Ons soek hot en... na die roosmaryn. (haar) Retoriese stylmiddele: vergelyking, herhaling Jy moet vergelykings kan gebruik soos “so dood soos ’n mossie”, “so koel soos ’n komkommer”, ensovoorts So dood soos ’n mossie So regop soos ’n kers So glad soos seep So blind soos ’n mol So maer soos ’n kraai So mak soos ’n hond So hard soos klip So doof soos ’n kwartel So oud soos die berge So plat soos ’n pannekoek ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 98
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Voornaamwoorde Jy moet al die verskillende voornaamwoorde (v.nwe) ken: persoonlik, besitlik, betreklik, vraend en onbepaald Persoonlike v.nw: Besitlike v.nw Betreklike v.nw Vraende v.nw Onbepaalde v.nw [Pasop]! Hierdie woorde (a) Die soort voor- (a) Dit is my boek; (a)Ons gebruik baie Ons gebruik hierdie verwys na mense naamwoord kan die die boek is myne. keer wat in die mid- woorde om vrae te in die algemeen. onderwerp van die (b) Kan ek met jou del van ’n sin. stel en ons gebruik Dan gebruik ons die sin wees: pen skryf? Die pen (b) Mense, diere ’n vraagteken aan woord iets. Sy het Ek sing. Ons is joune. en dinge kan wat die einde van die iets moois gesê toe Jy sing Julle (c) Dit is sy fiets. gebruik. Die meisie sin: ek daar weg is. U sing. U sing Die fiets is syne. wat daar loop is my Wie, Met wie, Wie Ons gebruik ook Hy sing. Julle sing (d) Sy mors vet op niggie. Die hond se, Wie s’n, Watter, ’n Mens as ons Sy sing. Hulle sing. haar baadjie. wat die wors ges- Waarin, Waarmee na mense in die (b) Soms is dit die (e)Die rok met die teel het, is stout. ens. algemeen verwys. voorwerp van die inkkol, is hare. (As jy moet kies Vir mense gebruik Dit gaan altyd saam sin: Hulle motor is tussen wie en wat ons: Wie? Wie se? met jy en jou: ’n Jane help my. (ons) stukkend. en jy is onseker, Wie s’n? Watter? Mens moet altyd Jane help jou/u. Die stukkende mo- kies wat, behalwe Vir diere, dinge en jou werk doen as (julle/u) tor is hulle s’n. as daar ’n voorset- lande gebruik ons jy wil slaag. Ander Jane help hom/ sel voor wie staan Watter? Wat? Waar- woorde is hulle, ie- haar. (hulle) of se agter wie!) in, op, van, voor. mand en niemand. Pasop: ’n Voorsetsel kom gewoonlik nie voor WAT nie, maar kan ná WAT staan soos in vraag 1. Ons kan dus nie vra: “In wat het hulle gebad?” Ons sê liewer: Waarin...; maar ons kan sê: Die sout wat oor die kos gestrooi was... Al hierdie woorde moet geleer word: in+wat = waarin; met+wat= waarmee; vir+wat = waarvoor; tot+wat = waartoe; om +wat = waarom; na+wat = waarna ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 99
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Bedrywende en lydende vorm Jy moet die aktiewe en passiewe vorm kan gebruik (Lydende en bedrywende vorm) Maklike manier om sinne in Lydende vorm te skryf: As die Bedrywende vorm in die Teenwoordige tyd is: Voorbeeld: Die vrou koop vroeg die koerant by die kafee. Die vrou = onderwerp; koop = werkwoord; vroeg = bywoord van tyd; die koerant = voorwerp; by die kafee = plekbepaling . Hier is die PATROON om te gebruik: WORD+DEUR+=(GE-) Voorwerp Eerste deel Tydwoord(e) Tweede deel Onderwerp plekbepaling werkwoord van patroon van patroon Die koerant word vroeg deur die vrou by die kafee gekoop. As die woord “het” in die bedrywende vorm in die sin verskyn: Voorbeeld: Die verpleegsters het die siek man gister in die ambulans gehelp. Die verpleegsters = onderwerp; het+gehelp = gesegde; die siek man = voorwerp; gister = bywoord van tyd; in die ambulans = plekbepaling Hier is die PATROON om te gebruik as jy “het” in die Bedrywende vorm sien: IS + DEUR + (GE-) (Sekere werkwoorde kry nie ge- nie.) Voorwerp Eerste deel Tydwoord of Tweede deel Onderwerp Plekbepaling werkwoord van patroon -frase van patroon Die siek man is gister deur die twee ver- in die ambu- gehelp. pleegsters lans ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 100
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE As daar enige ander hulpwerkwoord in die Bedrywende vorm is – soos sal, sou kan, kon, moet, moes, wil, wou, gaan – moet die volgende patroon gebruik word: Voorbeeld: Die seun sal volgende jaar die koerante in sy buurt aflewer. Die seun = onderwerp; sal + aflewer = gesegde; volgende jaar = tydsbepaling; die koerante = voorwerp Hier is die PATROON om te gebruik: SAL+ DEUR+ (GE-) + WORD Voorwerp Eerste Tydwoord Tweede onderwerp plekbepal- Tweede Laaste deel deel van deel ing deel van van patroon gesegde van patroon gesegde Die koer- sal volgende deur die seun in sy buurt afgelewer word. ante jaar Taalvariëteite - leenwoorde Alle tale leen woorde by ander tale as hulle self nie ’n woord vir die voorwerp het nie. Ken julle hierdie woorde? ●● We were sailing in our yacht? Klink Engels, nè? Maar dis eintlik ’n Nederlandse woord vir ’n vinnige skip – ’n jacht. Dis gebruik om die seerowers vinnig te vang. Wat van: ●● We only eat beef and mutton; we don’t eat pork. Hierdie woorde is almal oorspronklik Franse woorde. (Boeuf = beef; mutton = mouton; en pork = porque) In Afrikaans eet ons beesvleis, skaapvleis en varkvleis. In 1066 het ’n Franse koning, Guillaume, (William) Engeland binnegeval en die Franse was baie meer beskaafd as die stamme wat toe in Brittanje gebly het. Om deftig te wees het hulle dus Franse woorde en gebruike aangeneem. Alle woord met -tion aan die einde is oorspronklik Franse woorde. In Suid-Afrika het Afrikaans baie woorde “geleen” by ander tale, Engels, isiXhosa, isiZoeloe, Koikoi, San ensovoorts. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 101
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Uit Maleis-Portugees het ons byvoorbeeld die volgende gekry: ●● Ons hou van blatjang en bobotie. ●● Hulle eet bredie met borrie. ●● Sy sit onder ’n sambreel voor die kraal. ●● Daar’s ’n kiepersol en katjiepiering in die tuin. ●● Sy dra ’n tjalie terwyl sy ghommaliedjies sing. ●● Haar seun is in die tronk. ●● Haar kussings is met kapok gestop. Uit Koikoi en ander inheemse tale het ons veral plant – en diername oorgeneem: Boegoe (soort medisinale plant), dagga (rookgoed), kwagga,(soort sebra) karos (velkombers), kierie (houtstok om mee te veg), abba (dra), hamba (gaan weg), lala (slaap), lapa (hier), kejima (maak gou), soega (gaan weg), sabona (goeiedag), kala (huil), faga lapa (sit daar neer), ieni-lô (wat is dit?), tula (moenie huil nie) vannagalô (Afrikaans. Engels en inheemse tale vermeng) Moderne woorde: Amandhla (mag) imbizo (volksvergadering) imbongi (pryssanger) sangoma (tradisionele geneser) ubuntu (medemenslikheid/hulpvaardigheid) Uit Engels het ons die meeste woorde geleen. Hier is voorbeelde: Speaker, struggle, koukus, parlement, polisieman, platform, telefoon, enjin, trok, tjek, boikot, tender, trust, ghries, kondensmelk, belt, voetbal, rugby, krieket, gholf, hokkie. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 102
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Woordsoorte (hersien) 1. Selfstandige naamwoorde 2. Voornaamwoorde 3. Byvoeglike naamwoorde 4. Lidwoorde 5. Telwoorde 6. Werkwoorde 7. Bywoorde 8. Voegwoorde 9. Tussenwerpsels 10. Voorsetsels Ontkenning (hersien) SIEN OOK HOOFSTUK 8 IN DIE LEERDERBOEK Die woorde geen, g’n, geeneen, nêrens, niemand, niks en nooit kry almal nie aan die einde van die sin: Ek het geen vriende in daardie stad nie. Ons kan een, twee, drie en vier nie’s in ’n sin kry. Ek kan – Ek kan nie. Ek kan dit nie doen nie. Ek weet nie hoekom jy nie van katte hou nie. Sy is nie doof nie dus hoef jy nie te skree nie. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 103
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Metataal oor debatsprosedures Reëls om ’n debat in die klas te hou a. Elke span bestaan uit twee sprekers wat ’n onderwerp of MOSIE verdedig en twee wat dit opponeer. b. Die BEOORDELAARS staan onder leiding van ’n VOORSITTER en hy/sy is die finale gesag en besluit saam met sy span wie die wenners is. c. Die TYDHOUER moet ’n stophorlosie of selfoon gebruik om die tyd vir elke spreekbeurt te bepaal. Tydhouding is baie belangrik. d. Alle stellings moet volledig erken word. e. Gedurende die debat moet debatteerders alle besprekings aan die voorsitter van die beoordelaars rig deur te sê: Meneer die Voorsitter/Mejuffrou/Mevrou die voorsitter. f. Verdedigers en Aanvallers mag nie kante omruil nie. g. Die verdedigers moet slegs positiewe aspekte van die vraag bespreek en die aanvallers die negatiewe aspekte. h. Elke span moet vooraf probeer dink watter argumente die opponerende sprekers gaan gebruik en daardie argumente probeer weerlê. i. Elke span moet aandagtig luister na die opposisie en aantekeninge maak om later as teenargumente te gebruik. j. Tydens die weerleggings, moet die beoordelaars beïndruk word, met skerp argumente en teenargumente. k. Vooraf beplanning van die onderwerp is baie belangrik. l. ’n Gewone debat duur 1 uur, maar dit moet in ’n klaskamersituasie aangepas word. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 104
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Afkortings, verkortings, akronieme A. Dis belangrik dat jy die afkortings van verskillende woordsoorte ken: Selfstan- s.nw. Bywoord bw. Werkwoord ww. voorsetsel voors. dige naam- woord Byvoeglike b.nw. Voornaam- v.nw. voegwoord voegw. lidwoord lw. naamwoord woord B. Dis belangrik dat jy weet hoe om die dae van die week af te kort: Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag Sondag Ma. Di. Wo. Do. Vr. Sat. Son. C. Jy moet die maande van die jaar kan afkort: Januarie Februarie Maart April Mei Junie Jan. Feb./Febr. Mrt. Apr. Mei Jun. Julie Augustus September Oktober November Desember Jul. Aug. Sep./Sept. Okt. Nov. Des. D. Hier is ’n vinnige plan om afkortings te skryf: Afkortings vir drie woorde: Voorbeelde: Neem die eerste letter van elke woord en plaas ’n met ander woorde: m.a.w. punt daarna. ten spyte van: t.s.v. ten gunste van: t.g.v. deur middel van: d.m.v. Soms gebruik ons net die eerste drie letters van ’n Kyk na die afkortings vir die maande hierbo. woord. Soms gebruik ons net die beginletter van elke sil- Vergelyk – vgl. labe. Volgende - Maklike reëls by die gebruik van afkortings: ●● Moenie jou eie afkortings opmaak nie. ●● Moenie afkortings in jou opstelle gebruik nie. ●● Daar is ’n verskil tussen akronieme en lettername. ’n Akroniem is ’n woord wat gevorm word uit afkortings soos SADOU en by ’n letternaam word elke letter afsonderlik uitgespreek soos BTW. ●● By meervoude gebeur die volgende: baie doktore = drr (die slotletter word verdubbel) baie mejuffrouens = mejj. Baie paragrawe = parr. ●● Jy kan ’n ’e of ’s gebruik by lettername soos Ons gaan ons ID’s kry as ons sestien is. Daar word baie geld gesteel by die OTM’e. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 105
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Tydsvorme Tyd word in ure, minute en sekondes gemeet, maar hierdie drie woorde word slegs in sportuitslagtye saam gebruik. Dit word uitgeskryf en kry nie kommas nie: Die wedren het 2 uur 16 minute en 20 sekondes geduur. Dit kan ook so geskryf word: 2:16:20 Die internasionale skryfwyse van tyd ook die 24-uur-skryfwyse genoem bestaan uit vier syfers: twee syfers Vir die uur (00 tot 24) gevolg deur ’n dubbelpunt [NIE:h] en twee vir die minute (01 tot 60). (Die 12-uur skryfwyse is verouderd.) Onthou ons praat nie so nie, ons skryf dit net! Voorbeelde: Ons skryf 06:09 maar ons sê: nege minute oor ses. Die voordeel van hierdie skryfwyse is dat ons nie hoef te sê “voormiddag” (vm.) of namiddag” (nm.) nie. In ’n opstel moet die tyd uitgeskryf word: Gister om vieruur het die man weer daar aangekom. Tydsvorme Die syfer en uur word los van mekaar geskryf as ons van ’n bepaalde (specific) tydsduur (passage of time) wil praat. Ons kan die woord lank byvoeg om dit te beklemtoon: Ek het drie uur lank vir hom gewag. Die liggie het drie sekondes/minute lank geflits. As ons oor onbepaalde (unspecific) tyd praat, gebruik ons die meervoud (ure) Sy het ons ure laat wag voordat sy opgedaag het. Ons gebruik om voor tydsaanduiding in syfers of woorde. Dit gee die presiese tyd: Die TV-program begin om sesuur. Ons gebruik teen as ons nie ’n presiese tyd bedoel nie. So lank julle teen sewe-uur daar is, sal dit goed wees. (omtrent sewe-uur) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 106
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Tyd op die horlosie is altyd EEN woord, maar soms moet ons ’n koppelteken gebruik as die tyd dalk verkeerd uitgespreek kan word. Leer dus hierdie vorme: twee-uur; drie-uur; sewe-uur; nege-uur want al die ander is een wword: eenuur; vieruur, vyfuur ensovoorts. Infinitiewe vorm As ons in Afrikaans die Engels “to” wil gebruik soos in “to dance, to play, to drink” gebruik ons “om... te dans” om te speel” om te drink. Dit is die mees algemene gebruik van die infinitief. Daar kan ander woorde na “om” verskyn, maar na “te” kry ons net die werkwoord(e). Voorbeeld: Dit sal my help om die moeilike werk te kan verstaan. (kan = hulpwerkwoord; verstaan = hoofwerkwoord) Algemene metataal oor vergaderings: ’n Groep mense kom bymekaar en besluit dat hulle ernstig voel oor ’n saak. Hulle kies dan ’n bestuur wat hulle verteenwoordig om aandag aan hierdie saak te gee. Hulle besluit hoe lank die bestuur hulle verteenwoordigers sal wees. Hulle besluit uit hoeveel lede die bestuur sal bestaan. Die name van die bestuurslede is belangrik vir die agenda. As dit ’n belangrike maatskappy is, sal daar ook baie lede wees, maar soms is twee of drie lede genoeg. Gewoonlik is daar ’n voorsitter en ’n sekretaresse of sekretaris om die notule te neem. Die voorsitter word “Meneer die voorsitter” genoem. Daar is ook gewoonlik ’n onder-voorsitter om oor te neem as die voorsitter nie daar kan wees nie. Die agenda word voor die tyd opgestel en aan al die lede gestuur. Dit word die kennisgewing van die vergadering gehou. Dis ’n formele dokument en die u-vorm word daarin gebruik. Daarin word hoofsaaklik vertel wanneer, waar en hoe laat die vergadering gaan plaasvind. Die sake wat bespreek gaan word, word ook in die agenda aangedui. As daar te veel sake is om te bespreek, word die minder-belangrikes oorgeslaan en weer op die agenda geplaas. Aan die einde van die agenda is daar gewoonlik nog ’n inskrywing “algemeen” sodat ander sake ook bespreek kan word. ’n Notule word gehou om alle besluite neer te skryf. Die notule en die agenda gaan hand aan hand. Tydens die vergadering word die notule gehou en die name van die lede word aangeteken as hulle afwesig was. Lede moet die bestuur laat weet as hulle nie aanwesig gaan wees nie. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 107
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Deelwoorde Daar is verskillende soorte DEELWOORDE (A) DIE TEENWOORDIGE DEELWOORD. Kyk na die sinne: ●● Die vrou sing pragtig. Sing = werkwoord (gesegde) ●● Die singende skare op die rugbypawiljoen klink pragtig. (singende = byvoeglike naamwoord) ’n WERKWOORD wat verander word na ’n BYVOEGLIKE Naamwoord word ’n deelwoord genoem. (singende = byvoeglike naamwoord; -ende in Afrikaans = -ing in Engels) -ing in Engels is ’n “continuous” aksie en -ende in Afrikaans wys ook dat dit besig is om te gebeur. Ander voorbeelde: Die mense skreeu./Die skreeuende mense Die motor kom aan./Die aankomende motor Die mense gil toe hulle die akteur sien./Die gillende mense sien die akteur. Die water loop oor die pad/Die lopende water spoel oor die pad. Haar antwoord beslis die saak./Sy gee die beslissende antwoord. Die skip dryf op die water./Die drywende skip. Die treinfluit waarsku die passasiers./Die waarskuwende fluit van die trein. (B) DIE SWAK VERLEDE DEELWOORD ●● Hierdie werkwoord verander ook en word as byvoeglike naamwoord gebruik vir ’n aksie wat reeds gebeur het. ●● Hierdie woord word gevorm deur ge- voor aan die woord en -te of -de agter aan die woord te voeg. Voorbeelde: ●● Die gekapte hout lê langs die huis. (kap = werkwoord) ●● Die afgesaagde stomp het soos ’n reusevinger gelyk. (afsaag = werkwoord) As die werkwoord eindig met -k , -p, -g, -f en –s kry die deelwoord -te: ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 108
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE Voorbeelde: ●● Die gemelkte koei het na haar kalfie geloop. ●● Die gekrapte simkaart kan jy maar vweggooi. ●● Die verligte ma was net bly haar kind is veilig. (Onthou: gee ge- aan ver- nie!) ●● Die gesifte meel is nodig om lekker koek te bak. As die vokaal lank is voor -g -f en -s kry die deelwoord -de: Voorbeelde: ●● Die gesaagde hout was netjies gepak. ●● Die geskaafde hout voel glad onder my vingers. ●● Die geblaasde ballon het gebars. As die werkwoord eindig op -g, -f. -s en daar is ’n vokaal soos y of diftong soos ei- ie of ee- net voor dit, kry dit ook -de: Voorbeelde: Die gevreesde dag het aangebreek. Die bevriesde meer het in die flou sonnetjie geblink. As die werkwoordstam op al die ander klanke eindig, kry dit meestal -de Voorbeelde: Die seun se gekamde hare het baie netjies gelyk. Hulle het frikkadelle gemaak van die gemaalde vleis. Die uitgeskelde dogter het dikbek in die klas gesit. Party woorde kan -te en -de kry: Vries: gevrieste of gevriesde Verwoes: verwoeste of verwoesde ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 109
AFDELING Unit 5 XX HERSIENING: TAALASPEKTE (C) DIE STERK VERLEDE DEELWOORD Hierdie soort deelwoord het in die verlede ’n verandering van die vokaal ondergaan. Die meeste van hierdie soort deelwoorde word figuurlik gebruik. (Sien ook Hoofstuk 2) Voorbeelde: ●● Hulle het die nuwe presidentskandidaat aangewys: Hy is die aangewese kandidaat. ●● My hart is gebreek oor die man my gelos het: Ek het ’n gebroke hart. ●● Hy kan lank praat sonder om homsrelf te onderbreek: Hy kan ononderbroke praat. ●● Hulle het gesweer dat hulle mekaar sou doodmaak. Hyulle was geswore vyande. ●● Die water was bevries: Dis bevrore water. ●● Hulle het hulle koppe gebuig. Hulle staan met geboë hoofde. Letterlike betekenis Figuurlike betekenis Ek dra gekrimpte klere Hy het ’n bekrompe uitkyk op die lewe. (Baie konsewatief) Ek het my geswelde voete opgetel Hy het ’n geswolle hoof . (Hy dink baie van homself) Die man het die geskepte water God het die mens in sewe dae geskape. (God created mankind in gedrink seven days) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 110
Unit 6 AFDELING XX VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS TOTAAL: 80 PUNTE TYD: 2 UUR Hierdie vraestel is losweg gebaseer op die eerste halfjaar se werk. Die leesbegrip en opsomming is egter nie in hierdie handboek behandel nie. Vraag 1. Lees die volgende teks en beantwoord die vrae daaroor. ’n Ongewone fees of moet ons sê: fesie? Landwyd word feeste rondom ’n produk gehou. In Ficksburg word die beroemde Kersiefees gehou; op Lambertsbaai aan die Weskus hou hulle Kreeffees dat die krewe bewe; op Calvinia hou hulle ’n Vleis (vreet)fees en in die Verre Noorde hou hulle ’n Wildfees. Laat ons ook nie vergeet dat die Kaap probeer om die wind aangenaam te maak met hulle Suidoosterfees nie! Maar op Standerton hou die mense die Dwergiefees ter ere van alle piepklein mensies in die land. Org Smal, waarskynlik Suid-Afrika se bekendste dwerg, het in 1989 die heel eerste Dwergiefees op Hei- delberg aangebied. Org het jare lank as Piekie, die nar, oral in die land opgetree. Hy het ook verskeie TV- rolle vertolk soos Hercules Flek in Arende en die wollerige Zet in die destydse kinderprogram op Sondae. Org was ’n haan onder die henne, vertel sy agt broers en susters. Sy oudste suster sê effens koketterig dat gewone mans meisies om die nek vat, maar Org het hulle om die bene vasgehou! Net hy was ’n dwergie; die ander kinders in die gesin was heeltemal normaal, alhoewel dwergisme ’n genetiese afwyking is. Hulle mis hom baie, want hy het die geesdrif gehad van al sestig ander dwergies wat die fees vanjaar bygewoon het. Geen wonder daar staan op sy oudste broer se T-hemp geskryf: Hy was klein, maar hy’t groot gedink! Op ander T-hemde staan: Dinamiet kom in klein pakkies. Ongelukkig is Org op 1 November 1996 op 47-jarige ouderdom in ’n motorongeluk oorlede. Vanjaar se dwergiefees is aan hom opgedra. Die fees duur twee dae en allerhande ongewone items vind plaas – Mnr. en Mej. Dwergie word gekies, ’n rofstoei-kompetisie en selfs Gooi-Die-Dwergie-So-Ver-As-Wat-Jy-Kan. Gelukkig land hulle op sponsma- trasse en uiteindelik is daar ook ’n optog deur Standerton se hoofstraat, met die wenners van die kom- petisies aan die spits. Intussen maak Die Tuindwergies musiek wat die voete laat jeuk! Aan al hierdie kompetisies mag jy as persoon van normale lengte deelneem, maar jy sal nie kan wen nie – dis net vir die dwergies tussen die reuse bedoel. (Verwerk en aangepas: Weg, Mei 2010) 1.1 Waarom word die verkleinwoord van fees in die titel gebruik? (1) 1.2 Hoe verskil die Dwergiefees van alle ander feeste? (2) 1.3 Wat is die ironie verbonde aan die Suidoosterfees? (1) 1.4.1 Watter fees vereer ’n natuurelement? (1) 1.4.2 Gee TWEE redes waarom die woorde die krewe bewe gepas is. (2) 1.5 Wat wil die skrywer te kenne gee met ’n Vleis(vreet)fees? (1) 1.6 Noem TWEE verskillende beroepe wat Org Smal gevolg het. (2) 1.7.1 Wat beteken die uitdrukking ’n haan onder die henne? (1) 1.7.2 Wat was die rede vir Org se sukses op hierdie gebied? (1) 1.8 Albei T-hemde bevat ’n boodskap. Wat is die ooreenstemmende faktor op albei hemde? (1) 1.9 Waaraan word dwergisme toegeskryf? (1) 1.10 As ’n fees aan iemand opgedra word, beteken dit dat die persoon (verneder/vereer) word. Kies die korrekte woord. (1) 1.11 Skryf neer watter beskrywing in Kolom A pas by watter verduideliking in Kolom B. (5) (20) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 111
AFDELING Unit 6 XX VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS Kolom A Kolom B 1.11.1 Mnr. en Mej. Dwergie A. Al die waens is versier. 1.11.2 Dwerggooi B. Opponente moet vasgepen word. 1.11.3 Optog deur die hoofstraat C. Hulle weeg min en trek ver. 1.11.4 Rofstoei D. Jy sal net wil dans as jy hulle hoor. 1.11.5 Die Tuindwergies E. Die mooiste dwergies. Vraag 2. DAMVLAKTABEL Kyk na die volgende tabel oor die stand van damme in die Wes-Kaap op 26 April 2010 en beantwoord die vrae. Dam % 2006 % 2007 % 2008 % 2009 % 2010 Wemmershoek 44,9 34,2 47,1 38,3 42,4 Benede-Steenbras 32,5 37,3 46,3 41,2 37,8 Steenbras 48,2 42,3 73,3 84,1 65,2 Voëlvlei 38,2 59,8 59,6 58,4 58,8 Theewaterskloof 42,5 47,5 70,8 69,7 65,8 Bergrivier - - - 63,7 79,4 Totaal 41,6 48,4 65,7 64,2 63,9 2.1 Gee ’n moontlike rede waarom daar geen statistieke voor 2009 vir die Bergrivierdam bestaan nie. (1) 2.2 Wat besef die leser as die % in 2010 van die Benede-Steenbras met die Bergrivierdam vergelyk word? (1) 2.3 Watter dam is die hele tyd die leegste? (1) 2.4 Die stand van die beskikbare water is kommerwekkend. 2.4.1 Stem jy saam met hierdie stelling? (1) 2.4.2 Gee ’n rede vir jou antwoord. (1) (5) Vraag 3. ADVERTENSIE BENODIG WAP Vind ou vriende en maak nuwes met JAMBLE. Dis dié plek om te gesels, foto’s uit te ruil en met mekaar in verbinding te bly, waar jy ook al is. SMS ‘Jam4’ na 31021 nou! Vir SLEGS R10 ’n maand kan jy gratis boodskappe, skermskutte en luitone kry, jou sterre lees en ’n wye netwerk van vriende maak. JAMBLE Al jou vriende op jou foon! 3.1 Wat sal jy moet doen voordat jy by Jamble aansluit? (1) 3.2 Noem een voordeel van Jamble vir die verbruiker. (1) 3.3 Wat kos Jamble per jaar? (1) 3.4 Herskryf die volgende woorde sodat dit taalkundig korrek is: SMS ‘Jam4’ na 31021 nou! (1) 3.5 Waarvoor gebruik jy ’n skermskut? (1) (5) (30) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 112
AFDELING Unit 6 XX VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS AFDELING B: OPSOMMING Lees die stuk hieronder aandagtig. Goeie maniere Weet jy wat goeie maniere is? Miskien is jy onbeskof en jy weet nie eers dat jy so is nie. Dis baie onbeskof om laat te kom vir ’n afspraak – al is dit net die afspraak in ’n klaskamer met ’n onderwyser. As jy byvoorbeeld laat gaan wees vir ’n afspraak met ’n dokter, moet jy 48 uur voor die tyd laat weet jy kan nie kom nie. As jy ’n vegetariër is, moet jy die gasvrou voor ’n maaltyd laat weet dat jy nie vleis eet nie. Vegetariërs moet ook nie aan tafel sit en vir almal laat sleg voel dat hulle nie vleis eet nie. Moenie hardop sê: “Ek eet niks met ’n gesig nie!” As jy ’n roker is, moet jy nie aan tafel rook nie. Moet ook nooit jou pet op jou kop hou terwyl jy eet nie. Dis ook swak maniere om sonder jou hemp aan tafel te kom sit. As jy ’n boek geleen het, moet jy dit teruggee – vir die persoon wat dit vir jou geleen het of vir die bibli- oteek. Alles wat jy leen, moet teruggegee word. Leer om nie te skinder nie. As iemand iets leliks van iemand anders sê, moet jy nie saam skinder nie, maar praat sommer uit die bloute van iets anders sodat die skinderbek die boodskap kry. Natuurlik is een van die beste maniere wat jy kan aanleer om stil te bly terwyl iemand anders praat. Dis uiters ongeskik om te praat of aan die slaap te raak terwyl iemand iets belangriks probeer sê! Skryf SEWE goeie maniere onder mekaar neer. • Som die belangrikste goeie maniere op. • Skryf jou SEWE sinne puntsgewys onder mekaar neer. • Skryf jou eie volsinne. • Laat ’n reël tussen die sinne oop. • Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. • Dui die getal woorde aan die einde van die opsomming aan. • Jy sal gepenaliseer word as jy baie meer as 70 woorde skryf, of as jy nie die getal woorde in blokhakies aandui nie. (10) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 113
AFDELING Unit 6 XX VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS AFDELING C: TAAL Vraag 1. Lees hierdie koerantopskrif en artikel en beantwoord dan die vrae daaroor. Vyf gevang ná hulle 1.1 (steel) skape in motor laai 1. Vyf 1.2 (manne/mans) is Sondagaand met hulle 1.3 (vol+laai) wit Nissan Sentra op die hoek van Fleet- en Fitzpatrickstraat in Oos-Londen deur 1.4 (lede) van die polisie se 1.5 (hondeeenheid) en blitspatrol lie gevang. 2. Daar was 1.6 (14) skape in die sedanmotor: agt in die kattebak en ses as “passasiers” op die 1.7 (agter) sitplek. 3. Die skape was gemerk en is nou weer 1.8 (sonder om seer te kry) terug by hulle 1.9 (eienaar), mnr. Peter Hartley van ’n 1.10 (plaas) naby Stutterheim. 1.1 Gee die korrekte vorm van die woord in die titel. (1) 1.2 Kies die korrekte woord tussen hakies. (1) 1.3 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies. (1) 1.4 Gee die enkelvoud van die woord tussen hakies. (1) 1.5 Skryf die woord oor, maar voeg ’n koppelteken by sodat dit makliker gelees kan word. (1) 1.6 Skryf die getal voluit. (1) 1.7 Gee die korrekte vorm van die woord. (1) 1.8 Gee EEN woord vir die omskrywing. (1) 1.9 Gee die vroulike vorm van die woord. (1) 1.10 Gee die verkleinwoord van die woord tussen hakies. (1) (10) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 114
AFDELING Unit 6 XX VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS Vraag 2. Lees die strokie Groeipyne en beantwoord die vrae: (Die Burger, 15 April 2011) 2.1 Skryf die volgende sin in die indirekte rede: Ma sê: “Ek het ’n breek nodig.” Begin so: Ma sê dat... (2) 2.2 Vul die ontbrekende woorde in die volgende sin in: Sy sê dat ____ vir die res van die middag nie ’n sin met die woord “Ma” ____ begin nie. (2) 2.3 Skryf die volgende sin in die indirekte rede: Die seuntjie sê: “Ek kan nie praat nie.” Begin so: Die seuntjie sê dat... (2) (6) Vraag 3. Lees die volgende fliekresensie en beantwoord dan die vrae: Cyrus *** 1. Hou jy van ’n skreeusnaakse komedie? 2. Dan is dit die fliek vir jou! 3. John is geskei. 4. Hy dink hy gaan nooit weer geluk vind nie. 5. Hy ontmoet vir Molly en die vonke begin spat. 6. John kan sy geluk nie glo nie totdat hy Molly se 21-jarige seun, Cyrus, ontmoet. 7. Cyrus is nie bereid om sy ma met enige iemand te deel nie. 3.1 Skryf ’n vraagsin uit die resensie neer. (1) 3.2 Skryf ’n enkelvoudige sin neer. (1) 3.3 Skryf ’n sin neer waarin die infinitief voorkom. (1) 3.4 Skryf sin 5 oor in die verlede tyd. (1) 3.5 Haal ’n intensiewe vorm uit die stuk aan. (1) 3.6 Wat is die letterlike betekenis van die vonke begin spat? (1) 3.7 Wat is die figuurlike betekenis van die vonke begin spat? (1) 3.8 Skryf sin 7 in die toekomende tyd. (1) 3.9 John is geskei. Dit beteken hy is nie meer (getrou) nie. Gee die korrekte vorm van die woord. (1) 3.10 Cyrus is (besitlik/besitting) teenoor sy ma. Kies die korrekte woord. (1) 3.11 Gee een woord vir die woorde tussen hakies: Cyrus is 3.11.1 (die vrou se) seun, maar 3.11.2 (die seun) is soos ’n groot baba. Hy is nie eers meer ’n 3.11.3 (persoon tussen 13 en 19) nie. 3.11.4 (John, Cyrus en Molly) gaan ons nog lekker laat lag. (4) (14) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 115
AFDELING Unit 6 XX VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS Vraag 4. Lees die strokie Mama Taxi en beantwoord hierdie vrae: (Die Burger, 15 April 2011) 4.1 Twee mans (dra/draai) ’n petrolpomp. Kies die korrekte woord. (1) 4.2 Hulle is (dief). Gee die meervoudsvorm. (1) 4.3.1 Hulle dink hulle gaan (ruik/ryk/reik) word. Kies die regte woord. (1) Maak nou ’n sin met elkeen van die twee woorde wat jy nie hierbo gebruik het nie. Nommer jou antwoorde 4.3.2 en 4.3.3 (2) 4.4 Kies die korrekte sin: (Skielik hulle staan stil./Skielik staan hulle stil.) (1) 4.5 Altwee 4.5.1(lyk/kyk) baie verbaas in die 4.5.2 (twede/tweede) raampie. Kies die korrekte woorde. (2) 4.6 Skryf die woorde in die laaste raampie in die ontkenning (negatief). (1) 4.7 Skryf dieselfde sin oor in die teenwoordige tyd. (1) (10) [TOTAAL: (40) + (40) = 80] ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 116
AFDELING Unit 6 XX MEMORANDUM VAN VOORBEELDVRAESTEL 1 AFDELING A Vraag 1 1.1 Die fees is gerig op klein mensies/dwergies. (1) 1.2 Hierdie fees gaan oor mense, nie produkte nie. (2) 1.3 Die organiseerders probeer die onaangename wind aangenaam maak. (1) 1.4 1.4.1 Suidoosterfees (1) 1.4.2 Die krewe word bang omdat hulle opgeëet word EN die woorde rym met mekaar (Moet TWEE verskillende redes gee.) (2) 1.5 Baie vleis word opge(vr)ëet. (1) 1.6 Akteur en nar (2) 1.7 1.7.1 Die meisies het van hom gehou. (1) 1.7.2 Hy het meisies om die bene vasgehou. (1) 1.8 Die woord klein/die groot indruk wat hy gemaak het (1) 1.9 Genetiese afwyking (1) 1.10 Vereer (1) 1.11 1.11.1 E 1.11.2 C 1.11.3 A 1.11.4 B 1.11.5 D (5) (20) Vraag 2 2.1 Die dam is nuut OF het nog nie voor 2009 bestaan nie. (1) 2.2 Die Bergrivierdam se waterinhoud is omtrent dubbel soveel as die Benede-Steenbrasdam s’n. (1) 2.3 Benede-Steenbras (1) 2.4.1 Ja/Nee – rede wat volg, bepaal hierdie punt (1) 2.4.2 Ja: Suid-Afrika het min water en hierdie damme dui op die probleem. OF Nee: In April het die winterreëns nog nie geval nie, dus sal die damme leeg lyk. (1) (5) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 117
AFDELING Unit 6 XX MEMORANDUM VAN VOORBEELDVRAESTEL 1 AFDELING B: OPSOMMING Kies enige sewe van die volgende – maak seker daar is nie twee oor dieselfde onderwerp nie. • Moenie laat kom vir ’n afspraak nie. • OF Laat weet as jy laat gaan wees. • Laat weet ’n gasvrou vroegtydig jy gaan laat wees vir ’n afspraak. • Vegetariërs moet taktvol wees. • Moenie aan tafel rook nie. • Moenie jou hoed/pet dra terwyl jy eet nie. • Moenie kaalbors aan tafel verskyn nie. • Gee geleende boeke terug. • Moenie skinder nie. • Praat liewer van iets anders as iemand wil skinder. • Bly stil terwyl iemand anders praat. • Moenie slaap terwyl iemand iets belangriks sê nie. Puntetoekenning: 7 feite + 2 vir taal + 1 as hulle woorde getel en neergeskryf het. Die taalpunte word as volg gegee: as hulle 4 foute gemaak het, kry hulle geen punte nie. 3 foute = 1 punt. Hulle mag nie meer as 70 woorde gebruik het nie. As dit meer is, trek 1 punt af. Moenie aftrek vir direkte aanhalings of te min woorde nie. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 118
AFDELING Unit 6 XX MEMORANDUM VAN VOORBEELDVRAESTEL 1 AFDELING C: TAAL Vraag 1 1.1 gesteelde 1.2 mans 1.3 volgelaaide 1.4 lid 1.5 honde-eenheid 1.6 veertien 1.7 agterste 1.8 onbeseer/veilig 1.9 eienares 1.10 plasie (10) Vraag 2 2.1 Ma sê dat sy (1) ’n breek nodig het. (1) (2) 2.2 hulle, mag (2) 2.3 Die seuntjie sê dat hy (1) nie kan (1) praat nie. (2) (6) Vraag 3 3.1 Hou jy van ’n skreeusnaakse komedie? (1) 3.2 Dan is dit die fliek vir jou! OF John is geskei. (1) 3.3 Cyrus is nie bereid om sy ma met enige iemand te deel nie. (1) 3.4 Hy het vir Molly ontmoet en die vonke het begin spat. (1) 3.5 skreeusnaakse (1) 3.6 Die vuur begin brand. (1) 3.7 Dinge begin interessant word./Hulle hou van mekaar. (1) 3.8. Cyrus sal nie bereid wees om sy ma met enige iemand te deel nie. (1) 3.9 getroud (1) 3.10 besitlik (1) 3.11.1 haar 3.11.2 hy 3.11.3 tiener 3.11.4 Hulle (4) (14) Vraag 4 4.1 dra 4.2 diewe 4.3.1 ryk 4.3.2 Hulle reik na ’n droom. 4.3.3 Ek ruik die brandstof. 4.4 Skielik staan hulle stil. 4.5.1 lyk 4.5.2 tweede 4.6 Ek dink nie iemand het die brandstof gesteel nie. OF Ek dink niemand het die brandstof gesteel nie. 4.7 Ek dink iemand steel die brandstof. (10) [80] ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 119
AFDELING Unit 6 XX VOORBEELDVRAESTEL 2: LETTERKUNDE TOTAAL: 70 PUNTE TYD: 2 UUR ●● Hierdie vraestel bestaan uit die terminologie wat in Hoofstuk 4 behandel is en literêre tekste wat vanaf Hoofstuk 2 – 10 bestudeer is. ●● Hierdie vraestel is met behulp van Bloom se taksonomie opgestel en die verspreiding is ongeveer as volg: Kennis 30%, Begrip 40% en Toepassing 30% Kortverhale (35) Gedigte (35) Vraag 1: ’n Blik vol juwele Vraag 5: Die gesteelde TV Vraag 2: Eendag dag ek ek sien bloed Vraag 6: Draaiboek Vraag 3: Aanhouer wen Vraag 7: Stadsmens Vraag 4: Sjê vir jou ma Vraag 8: Ek is oek important AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord al die vrae in hierdie afdeling. Vraag 1. ’n Blik vol juwele – Izak Perold Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg. En dit was nie honderd jaar nie, toe tref die ramp hom: ’n woeste brander slaan sy baaibroek van sy lyf af en dit verdwyn in die water. Hoe nou gemaak? Hier staan hy poedelnakend in die water en daar op die strand lê Sandra, die sielkundige, wat met groot oë na hom kyk. Om van al die ander swemmers en sonbaaiers nie eens te praat nie. 1.1 Wat is die figuurlike betekenis van hierdie verhaal se titel? (1) 1.2 Wat is die letterlike betekenis van hierdie verhaal se titel? (1) 1.3 Met wie het hierdie ongemaklike situasie gebeur? (1) 1.4 Hierdie man was ’n oujongkêrel wat sy lyf ramkat gehou het. Wat beteken dit om jou lyf ramkat te hou? 1.4.1 (1) Voel die leser simpatie vir so ’n persoon? 1.4.2 (1) Voltooi hierdie sin: ’n Oujongkêrel is iemand wat... 1.4.3 (1) 1.5 Waarom word die leser vertel dat Sandra ’n sielkundige is? (1) 1.6 Dit was nie ’n honderd jaar nie. Dit is ’n voorbeeld van: (a) antonomasia (b) hiperbool (c) litotes (1) 1.7 Sandra kyk met groot oë na die swemmer. Dit beteken sy is: (a) bang (b) onskuldig (c) verbaas (1) (9) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 120
AFDELING Unit 6 XX VOORBEELDVRAESTEL 2: LETTERKUNDE Vraag 2. Eendag dag ek ek sien bloed – Zirk van den Berg Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg. Ek het vir Japie Mostert brood skool toe gevat. Hulle het net sy pa se pensioen gehad om van te lewe. Die mense sê sy pa het aspris op die spoor gaan lê dat die trein sy bene aftrap. Die Mosterts was ’n groot gesin. Ek weet nie mooi hoeveel nie, want party was al in die hoërskool en ’n paar nog by die huis. Japie het nooit oor hulle gepraat nie. Hy was ’n stil kind. My pa sê Japie se pa was op sy dag ’n bokser wat ’n hou kon vat. Hy sê toe die ongeluk gebeur het, was Japie se pa al bietjie oor die muur. 2.1 Watter soort verteller kry ons in hierdie kortverhaal? (1) 2.2 Watter rol speel die verteller volgens die uittreksel in hierdie kortverhaal? (1) 2.3 Alhoewel die verhaal oor Japie gaan, word sy pa in hierdie uittreksel beskryf. 2.3.1 Gee drie verskillende feite wat ons van Japie se pa hoor. (3) 2.3.2 Wat weet ons van Japie na aanleiding va n hierdie uittreksel? (1) 2.4 Watter ooreenkoms is daar tussen Japie en sy pa? (2) 2.5 Verduidelik die volgende uitdrukkings: 2.5.1 Hy was ’n m an wat ’n hou kon vat. (1) 2.5.2 Hy was al bietjie oor die muur. (1) (10) Vraag 3. Aanhouer wen! – L. Fouché Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg. Sibusiso dink bekommerd aan sy vriend, Inganathi. Wat gaan van hom word? Hoe gaan hy hom help om die geheim van sukses te verstaan? Miskien, ééndag, kan hy terugkom na Wesbank om vir kinders soos hy én Inganathi te leer wat die sleutel tot sukses in die lewe is... “Enkosi Makhulu,” prewel hy saggies terwyl hy huis toe draf om vir sy ma die goeie nuus te vertel. 3.1 Wat word die soort vrae genoem wat in hierdie uittreksel gebruik word? (1) 3.2 Hoekom is Sibusiso bekommerd oor sy vriend? (1) 3.3 Wat is ironies ten opsigte van Inganathi se situasie? (2) 3.4 Wat dink jy is die geheim van sukses waarvan Sibusiso praat? (1) 3.5 Hoe is Sibusiso anders as Inganathi? (1) 3.6 Waarom kan Sibu nie vir sy pa van die goeie nuus vertel nie? (1) 3.7 Waaruit kan jy aflei dat Sibusiso godsdienstig is? (1) (8) Vraag 4. Sjê vir jou ma... next time – Margaret Cupido Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg. Toe ek ’n kind was, het dit finansieel baie swaar gegaan in ons ouerhuis. Ons was drie kinders, my pa het disability gekry en my ma was ’n chargirl. Sprake van klere en meubels kontant koop, was daar nie. Ook was daar my oom se kind na wie my ma moes kyk; ons het haar sommer Meisie genoem. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 121
AFDELING Unit 6 XX VOORBEELDVRAESTEL 2: LETTERKUNDE 4.1 Wat is die ooreenkoms tussen die verhale in vrae 2, 3 en 4? (1) 4.2 Hierdie skets is humoristies. 4.2.1 Wat beteken dit? (1) 4.2.2 Wat veroorsaak die humor in die skets? (1) 4.3 Gee die Afrikaans vir: 4.3.1 next time 4.3.2 disability 4.3.3 chargirl (3) 4.4 Vir wie moes Meisie vertel dat haar ma nie daar was nie? (1) 4.5 Het Meisie ’n leuen vertel? (1) (8) (35) AFDELING B: GEDIGTE Vraag 5. Die gesteelde TV – Peter Snyders Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg. Wiet julle Dai was ’n cruel ding wat ôs gedoenit ommie Old Age Home se TV te steel. Dink maar net: Die ienagste plesier vannie senior citizens – Wat dink jylle discuss hulle nou? Die gesteelde TV En hoe spend hulle hulle lonely nights? Hulle kyk met blênk loeks narie blênk spot waarie TV gestaanit. Niks meer laat ane Niks meer news, Niks meer kinnesprograms ennie kêk was saam merrie TV gesteel. ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 122
AFDELING Unit 6 XX VOORBEELDVRAESTEL 2: LETTERKUNDE 5.1 Wie is die spreker in die gedig? (1) 5.2 Wat noem ons die dialek wat in die gedig gebruik word? (1) 5.3 Hierdie gedig gaan oor die feit dat iemand met ’n sosiale ... 5.3.1 ... (gewoonte/gewete/geweste) besef dat hy en sy vriende iets... 5.3.2 ... gedoen het. (2) 5.4 Hy sê die kerk was saam met die TV gesteel. 5.4.1 Watter stylfiguur is hier gebruik? (1) 5.4.2 Wat bedoel die spreker daarmee? (1) 5.5 Gee ’n voorbeeld van beginrym uit hierdie uittreksel. (1) 5.6 Wat is die uiteindelike oplossing wat die spreker voorstel? (1) (8) Vraag 6. Draaiboek – D.J. Opperman Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1. Kiek badkamer, maar swak belig wys seun wat aan ’n tou verwurg 2. Eine kleine Nachtmusik verdof Wissel flitstonele, huis en hof: 3. “Waarom het hy dié nag hom opgehang? Was daar miskien ’n nooi in die gedrang?” 4. “Nee, al was my oudste in sy fleur, Het hy hom aan g’n nôi gesteur.” 5. “Soms raak ’n vader en sy seun oorhoop. Het die hom dikwels deurgeloop?” 6. “Nee, ’n ware aanspraak sonder gier – net graag alleen voor die klavier.” 7. “Mevrou, kan u ons waarlik niks vertel?” “Ag, Edelagbare, dis God se spel!” 8. “Maar waarom... waarom so ’n daad verrig?” “Sy vel was donker, sy broers s’n lig.” 9. Kiek waar vier kinders vroeg opstaan. Drie na wit en hy na bruin skool gaan 6.1 Wat is ’n draaiboek? (1) 6.2 Al die strofes is ________ koeplette. Voltooi. (1) 6.3 Hoe verskil strofes 1,2 en 9 van die ander? (1) 6.4 Hoe verskil strofes 7 en 8 van 3,4,5 en 6? (1) 6.5 Watter instruksie word aan die kameraman gegee? (1) 6.6 Watter musiekstuk word gehoor? (1) 6.7 Noem twee sintuie wat deur die spreker gebruik word. (2) 6.8 Hoe probeer die regter die hartseer ma help? (1) 6.9 Watter woord se uitspraak dui aan dat die regter en die vrou verskillende agtergronde het? (1) 6.10 Verduidelik waarom die omstandighede in die gedig ironies is. (2) (12) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 123
AFDELING Unit 6 XX VOORBEELDVRAESTEL 2: LETTERKUNDE Vraag 7. Stadsmens – S.V.Petersen Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1. ’n Agtermekaar mens Die stil stomme stadsmens! 2. Smart is hy, ’n wié Saans alleen voor sy eie TV, 3. Gesellig saam met sy high bucks vir company! 4. Sy savingsbank-boekie lyk treurig, bra kapot 5. want sy vrou pick ’n pay hom so halfpad bankrot! 6. maar daar’s ook niemand Wat Kenilworth ken soos hy, 7. en Saterdag móét sy voshings die voorste bly! 8. So lewe hy luilekker lank, ’n optimis: 9. want dis gister wat wás maar vandag is wat is! 7.1 Het hierdie gedig soos die vorige een ook koeplette wat rym? Sê net Ja of Nee. (1) 7.2 Gee die rymskema van die eerste en die derde koeplet. (1) 7.3 Gee ’n voorbeeld van antonomasia uit die gedig. (1) 7.4 Is daar ’n voorbeeld van enjambement in die derde strofe? Sê net Ja of Nee. (1) 7.5 Haal die koeplet aan wat bewys dat die spreker ook daarvan hou om geld uit te gee. (1) 7.6 Waarvan hou sy vrou baie? (1) 7.7 Watter woord bewys dat hy nie regtig bekommerd is oor die lewe nie? (1) 7.8 Wie is die high bucks wat in sy huis by hom “kuier”? (1) 7.9. Wat is die persoon se lewensfilosofie? (1) (9) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 124
AFDELING Unit 6 XX VOORBEELDVRAESTEL 2: LETTERKUNDE Vraag 8. Ek is oek important – Peter Snyders Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1. As al julle geldgatte julle geld gespendit en julle babanaskille innie slootjie gegooi het, en julle staain en cool drinks opgedrink het, en julle borrels en blikkies in ’n gangetjie gesit het, en julle visgraatbolle en vrot vrugte en stukkene boksies en papiere r o n d g e g o o i het... 2. dan kom ek en maakie wêreld weer skoon: soe ek is oek important. 8.1 Wat is die verskil tussen die eerste en die tweede strofe van die gedig? (1) 8.2.1 Dink jy die skoonmaker ly aan ’n swak selfbeeld? (1) 8.2.2 Waarom sê jy so? (1) 8.3 Waarom is die woord “r o n d g e g o o i” geskryf met ’n spasie tussen elke letter? (1) 8.4 Gee ’n voorbeeld van ironie uit die gedig. (1) 8.5 Gee ’n voorbeeld van alliterasie uit die gedig. (1) (6) (35) [TOTAAL: 70] ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 125
AFDELING Unit 6 XX MEMORANDUM VAN VOORBEELDVRAESTEL 2 AFDELING A Vraag 1. ’n Blik vol juwele 1.1 Die man het sy geslagsdele probeer wegsteek. (1) 1.2 ’n Blik vol waardevolle artikels/juweliersware (1) 1.3 Herklaas Harmse (1) 1.4.1 Jy dink die meisies hou van jou. 1.4.2 Nee. 1.4.3 nooit getroud is nie. (3) 1.5 Sy is ’n slim meisie wat deur sy plannetjies sien. (1) 1.6 (b) hiperbool (1) 1.7 (c) verbaas (1) (9) Vraag 2. Eendag dag ek ek sien bloed 2.1 Ek-verteller (1) 2.2 Hy bring die toebroodjies vir Japie skool toe. (1) 2.3.1 Hy was ’n bokser./Hy’t op die spoor gaan lê om sy bene te verloor./Hy was al oud./ Hy’t baie kinders gehad. (Enige drie) (3) 2.4 Hulle is desperaat om aan die lewe te bly – hulle sal ekstreme dinge aanvang om kos/ geld te kry. (2) 2.5.1 Hy was nie bang om geslaan te word nie. (1) 2.5.2 Hy was oud. (1) (10) Vraag 3. Aanhouer wen! 3.1 Retoriese vrae. (1) 3.2 Inganathi gebruik dwelms en gaan nie skool nie. (1) 3.3 Inganathi bly in ’n groot huis in die rykmansbuurt en tog het hy geen ambisie om te verbeter nie. (2) 3.4 Harde werk (Om aan te hou en nie op te hou nie.) (1) 3.5 Hy gebruik alle geleenthede wat na sy kant toe kom./Hy probeer sy bes om sy situasie te verbeter, maar Inganathi maak staat op sy ouers se geld. (1) 3.6 Sy alkoholis-pa het weggeloop en hom en sy ma alleen gelos. (1) 3.7 Hy dank Gog vir sy geleenthede/geluk. Hy sê: “Enkosi Makhulu.” (1) (8) Vraag 4. Sjê vir jou ma... next time 4.1 Dit gaan oor armoede/arm wees/geen geld hê nie. (1) 4.2.1 Dit is snaaks. (1) 4.2.2 Die taalgebruik/ Die feit dat die skoeneman dronk is./Die feit dat die ma se voete uitsteek. (Enige een) (1) 4.3.1 volgende keer 4.3.2 ongeskiktheid 4.3.3 huishulp (3) 4.4 Vir die man wat geld kom haal het./Vir die skoeneman vir wie hulle geld geskuld het. (1) 4.5 Tegnies nee – dit was nie haar ma nie, dit was haar tannie. OF Ja, die vrou was in die huis, maar sy het in die kas weggekruip. (Enige rede met motivering.) (1) (8) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 126
AFDELING Unit 6 XX MEMORANDUM VAN VOORBEELDVRAESTEL 2 AFDELING B Vraag 5. Die gesteelde TV 5.1 ’n Dief/skelm (1) 5.2 Kaapse Afrikaans (1) 5.3.1 gewete (1) 5.3.2 verkeerd (1) 5.4.1 hiperbool (1) 5.4.2 Hulle kan nie meer na kerkprogramme kyk nie. (1) 5.5 Niks meer.../niks meer (1) 5.6 Hulle gaan weer inbreek en die TV terugvat. (1) (8) Vraag 6. Draaiboek 6.1 Die manuskrip waarvolgens ’n fliek gemaak word. (1) 6.2 rymende (1) 6.3 Hierdie strofes bevat instruksies en nie dialoog nie. (Ook:die manier waarop hulle geskryf is, is anders.) (1) 6.4 In 7 en 8 praat die regter in een reël en die ma in die volgende, terwyl die regte in die ander koeplette altwee reëls praat. (1) 6.5 Hy moet die badkamer sonder baie lig afneem. (1) 6.6 Eine kleine Nachtmusik (1) 6.7 Gesigsintuig (ons sien die seun, badkamer, ens.) en gehoorsintuig (ons hoor die musiek wat gespeel word) (2) 6.8 Hy vra ’n vraag wat hy self probeer beantwoord sodat sy nie iets hoef te sê nie. (1) 6.9 nooi/nôi (1) 6.10 Die seun het geen rede gehad om selfmoord te pleeg nie; tog doen hy dit omdat hy skaam is oor sy velkleur. (1) (12) Vraag 7. Stadsmens 7.1 Nee. (1) 7.2 aa/cd (1) 7.3 Kenilworth (Die renbaan waar perdewedrenne gehou word; nie ’n spesifieke plek nie) (1) 7.4 Ja (1) 7.5 “maar daar’s ook niemand Wat Kenilworth ken soos hy” (1) 7.6 Sy hou daarvan om by Pick&Pay te koop. (1) 7.7 “luilekker” (1) 7.8 Die TV-sterre/akteurs wat in TV-sepies optree. (1) 7.9 “dis gister wat wás maar vandag is wat is!” (1) (9) Vraag 8. Ek is oek important 8.1 Die eerste strofe is deurmekaar en die tweede strofe is georganiseerd. (1) 8.2 Nee. (1) 8.2.2 Hy is belangrik./Hy is trots op die feit dat hy alles skoonmaak. (1) 8.3 Die spreker probeer op hierdie manier wys hoe alles rondgegooi word. (1) 8.4 Dis ironies dat ’n skoonmaker wat min verdien, die “geldgatte” se vuilgoed moet optel (1) 8.5 vrot vrugte (1) (6) [35] ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 127
AFDELING Unit 6 XX VOORBEELDVRAESTEL 3: SKRYF TOTAAL: 100 PUNTE TYD: 2 UUR AFDELING A: OPSTEL Vraag 1 • Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf ’n opstel van 250 tot 300 woorde. • Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies boaan. • As jy ’n prent kies, moet jy die nommer van die prent neerskryf. 1.1 Ek was daar!! Dink aan enige musiekkonsert, kunstefees of sportbyeenkoms wat jy nooit sal vergeet nie. Beskryf jou ervarings by so ’n gebeurtenis. (50) OF 1.2 ’n Brugjaar of nie? Bespreek die voor- en nadele van ’n brugjaar ná matriek. (50) OF 1.3 My hoërskoolherinneringe Party was wonderlik en ander was nie so wonderlik nie... en nou is ek presies in die middel! (50) OF 1.4 Waarom moes dit met my gebeur? (50) OF 1.5 Die lewe van ’n meisie is moeiliker as die lewe van ’n seun! Bespreek hierdie stelling en motiveer hoekom jy daarmee saamstem of nie. (50) OF 1.6 Kies EEN van die volgende prente en skryf ’n opstel daaroor. Gee vir jou skryfstuk ’n titel. (50) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 128
AFDELING Unit 6 XX VOORBEELDVRAESTEL 3: SKRYF AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE SKRYFSTUK Vraag 2 • Kies EEN vraag en skryf 120 tot 150 woorde oor die onderwerp. • Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies boaan. 2.1 BRIEF AAN DIE PERS Die volgende brief het in Die Burger verskyn: Bose lirieke lei tot swak morele waardes Hoe kan ouers en opvoeders toelaat dat ons tieners na die musiek van Jack Parow, Die Antwoord, F... ofpolisiekar en die meeste soortgelyke groepe luister? Hulle sing nie, hulle vloek net! Hulle gebruik die vreeslikste woorde en maak seksuele bewegings en eksplisiete verwysings na allerhande vieslike goed. Geen wonder die jeug van vandag het nie meer enige morele waardes nie! Anti-RapKrap, Rondebosch Skryf ’n brief aan die pers oor jou reaksie op hierdie brief. Die adres is: Die Redakteur Die Burger Brieweblad Posbus 692 Kaapstad 8000 (30) OF 2.2 KOERANTARTIKEL Jy moet die boekeblad van jou skool se koerant versorg. Omdat jy al dieTwilight-boeke gelees het, wil jy die ander mense in jou skool daarvan vertel. Skryf ’n artikel waarin jy verduidelik hoekom hierdie boeke en films so populêr is en waarom tieners so baie daarvan hou. (30) OF 2.3 DIALOOG Jou ma is baie bekommerd oor die feit dat jy ná die eksamen saam met maats na ’n vakasieoord toe wil gaan. Skryf die dialoog tussen jou en haar waarin jy haar probeer oorreed om jou te laat gaan. (30) OF 2.4 INFORMELE VERSLAG As een van die leiers by die skool word jy gevra wat een oggend tydens die saalbyeenkoms plaasgevind het waaroor die hele skool gelag het. Jy voel die onderwysers het oorreageer, maar jy voel ook die leerders het die byeenkoms met opset probeer ontwrig. Skryf die verslag oor die insident. (30) OF 2.5 VRIENDSKAPLIKE BRIEF Skryf ’n brief aan jou ouers waarin jy hulle bedank vir alles wat hulle sover tydens jou hoërskoolloopbaan vir jou gedoen het. Noem ’n paar voorbeelde en verseker hulle van jou pogings om hulle nie teleur te stel nie. (30) ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 129
AFDELING Unit 6 XX VOORBEELDVRAESTEL 3: SKRYF AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE SKRYFSTUK Vraag 3 • Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf 80 – 100 woorde daaroor. • Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies bo-aan jou skryfstuk. 3.1 UITNODIGING EN RIGTINGAANDUIDINGS (a) Jy wil ’n paar vriende uitnooi om na jou huis toe te kom net voor julle skool se winterdans. Skryf die uitnodiging wat jy aan hulle gaan stuur. (10) (b) Verduidelik ook vir hulle hoe om by jou huis te kom van die skoolhek af. (10) (20) OF 3.2 POSKAART Tydens ’n skooltoer moet jy vir jou Afrikaans-onderwyser ’n poskaart stuur. Teken ’n poskaart op jou ant- woordboek oor en vertel vir hom/haar wat jy alles sien en doen. (20) OF 3.3 PLAKKAAT As lid van die skool se kultuurvereniging word jy gevra om jou skool se kultuurfees/eisteddfod/toneelopvo- erings te adverteer. Gebruik ’n A4-bladsy in jou antwoordboek en ontwerp ’n plakkaat om dit te doen. Onthou om die datum(s), toegangsgeld, items, stalletjies ensovoorts te noem. (20) [TOTAAL: (50) + (30)+ (20) = 100] ©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 130

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 10 Afrikaans FAL.

More papers and memos for this grade and subject.