Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Proef
hlayiso mock exams
Oefenreeks:
Graad 10 eksamenvoorbereiding
WWW.HLAYISO.COM
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
NOVEMBEREKSAMEN 2026 (PROEF)
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentQuestion paper 











View all





Afrikaans FAL Grade 10 P1 November Mock Exam 2 2026 QP (Afr)
Grade 10 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the November Mock Exam 2 2026 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: Hlayiso
Afrikaans FAL · Grade 10 · November Mock Exam 2 · 2026. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2026
- Exam period
- November Mock Exam 2
- Paper
- 1
- Publisher
- Hlayiso
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 912.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
2
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.
Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A:
Leesbegrip
(VRAAG 1)
(30)
AFDELING B:
Opsomming
(VRAAG 2)
(10)
AFDELING C:
Taalstrukture en -konvensies
(VRAAG 3, 4 en 5)
(40)
2.
Lees AL die instruksies baie deeglik.
3.
Beantwoord AL die vrae.
4.
Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
5.
Trek ’n streep ná elke afdeling.
6.
Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
7.
Laat ’n reël oop ná ELKE antwoord.
8.
Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
9.
Aanbevole tydsindeling:
AFDELING A:
50 minute
AFDELING B:
30 minute
AFDELING C:
40 minute
10.
Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
3
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees die artikel hieronder deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL
KGALALELO, DIE BYEKONINGIN VAN MAHIKENG
Tiener se heuning laat die hele dorp gons
1
Die meeste tieners is bang vir bye. Nie Kgalalelo Mothibi (15) van Mahikeng in
Noordwes nie. Sy pas nege byekorwe in haar ouma se agterplaas op, en elke
korf is die huis van sowat 40 000 bye.
2
“My oupa was ’n byeboer. Toe ek sewe jaar oud was, het hy my die eerste keer
saamgeneem na sy korwe. Ek het die heeltyd agter sy rug weggekruip!” lag die
5
graad 10-leerder. “Maar hy het gesê: ‘Bye is soos mense. As jy hulle respekteer,
sal hulle jou respekteer.’”
3
Toe haar oupa drie jaar gelede oorlede is, wou die familie die korwe verkoop.
Kgalalelo het gesmeek dat hulle dit nie moet doen nie. “Dit was Oupa se trots.
Ek kon nie toelaat dat sy werk net so verdwyn nie.”
10
4
Sy het alles oor bye in boeke uit die skoolbiblioteek gelees en elke Saterdag by
’n byeboer buite die dorp gaan help. Wanneer sy by die korwe werk, dra sy altyd
’n wit beskermpak, dik handskoene en ’n hoed met ’n net voor die gesig. “Bye
hou nie van donker kleure nie. Hulle dink dan jy is ’n vyand wat hul heuning wil
steel.”
15
5
Haar eerste oes was ’n ramp. “Ek het te vinnig gewerk en die bye het my agt
keer gesteek. My hand was so dik soos ’n bokshandskoen!” Maar sy het nie
moed opgegee nie.
6
Vandag oes Kgalalelo twee keer per jaar heuning. Sy bottel dit self in glasflessies
en verkoop dit by die Saterdagmark en aan haar onderwysers. Sy spaar die geld
20
vir haar studie, want sy wil eendag ’n veearts word.
7
Kgalalelo vertel graag vir ander leerders hoe belangrik bye is. “Sonder bye sal
baie plante nie vrugte dra nie. Bye dra stuifmeel van blom tot blom, en só kan
die plant vrugte vorm. Appels, lemoene, pampoene – noem maar op!”
8
Sy is bekommerd, want daar is al hoe minder bye. Gif wat op plase gespuit word,
25
maak baie bye dood. Party mense maak ook swerms dood wat in hul dakke kom
woon, in plaas daarvan om ’n byeboer te bel. “As daar ’n swerm in jou huis is,
moenie paniekerig raak nie. Bel my – ek kom haal hulle gratis!”
9
Kgalalelo se ouma, Gaone Mothibi (72), is baie trots op haar kleindogter. “Sy is
so besig soos ’n by,” sê sy. “Haar oupa sou in sy skik gewees het.”
30
[Eksaminator se eie teks. Die name in die artikel is fiktief.]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
4
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
LET WEL:
• Beantwoord AL die vrae.
• Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.
1.1
Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf net die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1) neer.
Kgalalelo word in die opskrif ’n “byekoningin” genoem, omdat sy …
A
die oudste by in die korf is.
B
baie van bye weet en self byekorwe oppas.
C
in ’n paleis in Mahikeng woon.
D
die mooiste meisie in die dorp is.
(1)
1.2
Haal EEN woord uit die subopskrif aan wat wys dat baie mense in die dorp
oor Kgalalelo se heuning praat.
(1)
1.3
Ongeveer hoeveel bye woon altesaam in AL Kgalalelo se byekorwe?
(1)
1.4
Hoe het Kgalalelo gevoel toe sy as klein dogtertjie die eerste keer by die
korwe was? Verwys na paragraaf 2.
(1)
1.5
“As jy hulle respekteer, sal hulle jou respekteer.” (Reëls 6–7)
Verduidelik in jou EIE WOORDE wat Oupa hiermee bedoel het.
(1)
1.6
Waarom wou Kgalalelo NIE hê dat die familie die korwe verkoop nie?
(1)
1.7
Noem TWEE dinge wat Kgalalelo dra om haar teen die bye te beskerm.
(2)
1.8
Waarom is dit verstandig om ’n WIT pak te dra wanneer jy met bye werk?
(1)
1.9
Die volgende stelling is ONWAAR:
Kgalalelo se eerste heuningoes was ’n groot sukses.
Haal ’n SIN uit paragraaf 5 aan wat bewys dat die stelling ONWAAR is.
(1)
1.10
Wat het met Kgalalelo se hand gebeur nadat die bye haar gesteek het?
(1)
1.11
Kies die KORREKTE ANTWOORD. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.11) neer.
“Maar sy het nie moed opgegee nie.” (Reëls 17–18) Dit beteken dat sy …
A
nooit weer probeer het nie.
B
aangehou en weer probeer het.
C
haar moed vir iemand anders gegee het.
D
die korwe aan haar familie gegee het.
(1)
1.12
VOLTOOI die sin hieronder deur by elke vraag (1.12.1 tot 1.12.3) EEN woord
uit paragraaf 6 in te vul.
Kgalalelo oes (1.12.1) … keer per jaar heuning. Sy bottel die heuning in
(1.12.2) …, en sy wil eendag ’n (1.12.3) … word.
(3 x 1) (3)
1.13
Noem EEN plek waar Kgalalelo haar heuning verkoop.
(1)
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
5
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
1.14
Verduidelik hoe bye plante help om vrugte te dra. Verwys na paragraaf 7.
(1)
1.15
Noem TWEE redes waarom daar al hoe minder bye is. Verwys na paragraaf
8.
(2)
1.16
Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
In paragraaf 8 is ’n “swerm” (een by wat mense steek / ’n groot groep bye
wat saam vlieg).
(1)
1.17
Wat moet jy volgens Kgalalelo doen as daar ’n swerm bye in jou huis is?
(Reëls 27–28)
(1)
1.18
Haal EEN woord uit paragraaf 9 aan wat wys hoe Ouma oor Kgalalelo voel.
(1)
1.19
“Haar oupa sou in sy skik gewees het.” (Reël 30)
Waarom, dink jy, sê Ouma dit?
(1)
1.20
Dink jy Kgalalelo is ’n goeie voorbeeld vir ander tieners? Motiveer jou
antwoord.
(1)
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
6
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
TEKS B: GRAFIESE TEKS
Bestudeer die grafiese teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE HEUNINGBY
Klein, maar baie belangrik!
DIE KONINGIN
In elke korf is daar net EEN koningin. Sy
kan tot 2 000 eiers per dag lê.
DIE WERKERBYE
’n Werkerby leef in die somer net
omtrent ses weke lank.
HARDE WERK
In haar hele lewe maak een werkerby net
omtrent
1
12 teelepel heuning.
BAIE BLOMME
Om 500 g heuning te maak, moet bye
ongeveer 2 miljoen blomme besoek.
* Al die syfers is benaderd.
[Eksaminator se eie teks. Die syfers is benaderd en verwerk uit algemene bronne oor bye.]
1.21
Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
Die doel van hierdie grafiese teks is om (heuning te verkoop / inligting oor
bye te gee).
(1)
1.22
Hoeveel eiers kan ’n koningin in EEN WEEK lê?
(1)
1.23
Hoe lank leef ’n werkerby in die somer?
(1)
1.24
Hoeveel werkerbye moet hul hele lewe lank werk om saam EEN teelepel
heuning te maak?
(1)
1.25
Kgalalelo (TEKS A) verkoop haar heuning in flessies van 500 g. Hoeveel
blomme moes die bye besoek om DRIE sulke flessies vol te maak?
(1)
1.26
Onderaan die teks staan: “Al die syfers is benaderd.” Waarom, dink jy, het
die ontwerper dit bygevoeg?
(1)
TOTAAL AFDELING A:
30
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
7
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Suid-Afrika het in die somer baie donderstorms, en weerlig kan lewensgevaarlik wees. Lees
die teks hieronder en voer die instruksies uit.
INSTRUKSIES
1.
Som SEWE wenke op oor HOE OM VEILIG TE BLY TYDENS ’N WEERLIGSTORM.
2.
Skryf die wenke in jou EIE VOLSINNE neer.
3.
Nommer die sinne van 1 tot 7.
4.
Skryf net EEN feit per sin neer.
5.
Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
6.
Dui die getal woorde wat jy gebruik het aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
WEERLIG: MOENIE ’N KANS VAT NIE!
Dis ’n warm somermiddag. Skielik word die lug donker en jy hoor die eerste donderslag in
die verte. Wat doen jy nou? Weerlig kan warmer as die oppervlak van die son wees, en
elke jaar word mense in ons land daardeur getref.
Moenie buite bly en kyk hoe die storm nader kom nie. Gaan dadelik binne in ’n stewige
gebou of klim in ’n motor en maak die vensters toe.
Baie mense dink ’n boom is ’n goeie skuilplek. Dit is nie waar nie! Weerlig tref dikwels die
hoogste voorwerp in die omgewing, dus moet jy nooit onder ’n alleenstaande boom skuil
nie.
Is jy in die swembad of naby ’n rivier of dam? Klim dadelik uit die water, want water gelei
elektrisiteit.
In die huis is jy veiliger, maar trek die proppe van elektriese toestelle soos die rekenaar en
die televisie uit. Bly ook weg van vensters en deure.
As jy in die oop veld vasgekeer is, moenie plat op die grond lê nie. Hurk laag met jou voete
styf teen mekaar.
Ouma het altyd gesê weerlig tref nooit twee keer op dieselfde plek nie – maar dit is net ’n
ou storie.
Wanneer die reën ophou, beteken dit nie dat die gevaar verby is nie. Wag minstens 30
minute ná die laaste donderslag voordat jy weer buite gaan.
[Eksaminator se eie teks]
TOTAAL AFDELING B:
10
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
8
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
• Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer.
• ’n Opsetlike spelfout kom in die advertensie voor.
• Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord
moet word.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS D
GROENVINGERS
KWEKERY – UPINGTON
(3.1)
Maak jou tuin die mooiste in die straat!
(3.8)
Ons verkoop:
• pragtige rose, kruie en vrugteboome (3.2)
• vars groente uit ons eie tuin (3.3)
• sade, potte, gereedskap, ens. (3.6)
• plante wat min water nodig het (3.7)
Ons span (weet/ken) alles van plante. (3.9)
SOMER-UITVERKOPING: 28 November tot 12 Desember
Vrugteboompies: R120 elk – nou 25% afslag! (3.5)
Spesiaal: Koop vyf plante en kry ’n sak kompos gratis! (3.4)
Verwelk jou plante? Ons sê: “Moenie moed verloor nie!” (3.10)
Besoek ons in Scottstraat of skakel vir Petro by 000 000 0000.
Maandag tot Saterdag, 08:00 – 17:00
[Eksaminator se eie teks. Die kwekery en kontakbesonderhede is fiktief.]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
9
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
3.1
Noem EEN manier waarop die adverteerder die leser se aandag op die naam
van die kwekery vestig.
(1)
3.2
Verbeter die SPELFOUT in die sin.
Ons verkoop pragtige rose, kruie en vrugteboome.
(1)
3.3
Gee die INTENSIEWE VORM van die onderstreepte woord.
Ons verkoop vars groente uit ons eie tuin.
(1)
3.4
Gebruik die woord “sak” in ’n sin sodat dit ’n ANDER BETEKENIS
(homoniem) as in die advertensie het.
Koop vyf plante en kry ’n sak kompos gratis!
(1)
3.5
Mev. Jacobs koop DRIE vrugteboompies tydens die uitverkoping. Hoeveel
moet sy altesaam betaal?
(1)
3.6
Skryf die AFKORTING “ens.” voluit.
(1)
3.7
Waarom, dink jy, noem die adverteerder dat hulle plante verkoop wat min
water nodig het?
(1)
3.8
Noem EEN manier waarop die prent by die slagspreuk “Maak jou tuin die
mooiste in die straat!” pas.
(1)
3.9
Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.
Ons span (weet/ken) alles van plante.
(1)
3.10
Kies die KORREKTE ANTWOORD. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (3.10) neer.
Watter skryfteken word in die woord “sê” gebruik?
A
Deelteken
B
Koppelteken
C
Kappie
D
Aksentteken
(1)
[10]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
10
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
VRAAG 4: STROKIESPRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) hieronder gebaseer.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS E
1
2
3
4
Ma is oor ’n uur tuis.
Kom ons bak vir haar
’n verjaardagkoek!
Maar Sipho, jy
kan nie eers ’n
eier kook nie!
Die resep sê twee koppies
meel, nie twintig nie!
PLOF!
Hoekom lyk dit so plat
soos ’n pannekoek?
Veels geluk, Ma!
Wel … dis die mooiste pannekoek
wat ek nog ooit gekry het!
[Eksaminator se eie strokiesprent]
Beskrywing van die prente: RAAMPIE 1: Sipho en sy suster Anele staan in die kombuis by ’n bak en
’n oop resepboek. Sipho glimlag breed. RAAMPIE 2: ’n Wolk meel hang om Sipho; ’n eier lê stukkend
op die vloer. Anele hou die resepboek vas. RAAMPIE 3: Sipho hou ’n bakplaat met ’n plat koek in een
hand vas en druk sy ander hand teen sy voorkop; hy frons. RAAMPIE 4: Ma staan in die deur met ’n
inkopiesak. Die kinders lag en hou die plat koek met ’n kersie vas. Ma lag ook.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
11
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
4.1
Waarom wil Sipho en Anele ’n koek bak?
(1)
4.2
Skryf Sipho se woorde in RAAMPIE 1 in die INDIREKTE REDE.
Sipho sê: “Ma is oor ’n uur tuis.”
Begin só: Sipho sê dat …
(1)
4.3
“Maar Sipho, jy kan nie eers ’n eier kook nie!” (RAAMPIE 1)
Wat wil Anele hiermee sê?
(1)
4.4
Kyk na RAAMPIE 2. Wat is die funksie van die woord “PLOF!”?
(1)
4.5
Skryf die sin in die VERLEDE TYD.
Die resep sê twee koppies meel.
(1)
4.6
Kyk na RAAMPIE 3.
Hoe voel Sipho? Gee EEN visuele leidraad as bewys vir jou antwoord.
(2)
4.7
Skryf die sin oor deur die INFINITIEF (om … te) te gebruik.
Ons bak ’n koek vir Ma.
Begin só: Ons besluit …
(1)
4.8
Gee die VERGROTENDE TRAP van die onderstreepte woord.
Dis die mooiste pannekoek wat ek nog ooit gekry het.
(1)
4.9
Kyk na RAAMPIE 4. Verduidelik waarom Ma se woorde snaaks is.
(1)
[10]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
12
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) hieronder
gebaseer.
• Die nommering in die artikel verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord moet
word.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
5.1
Lees die artikel en beantwoord die vrae.
TEKS F: ARTIKEL
BOEKE BY DIE TAXI-STAANPLEK
Elke oggend wag honderde mense by die taxi-staanplek in Bloemfontein. Party is baie
(5.1.1) (ongeduldig), ander speel op hul fone – en al hoe meer mense lees ’n boek!
(5.1.2) (Tannie Thandi Nkosi het drie jaar gelede die eerste boekrak gebou.) Sy het die rak
self geverf en dit vol (5.1.3) (oud) boeke gepak. Mense (5.1.4) (wie/wat) boeke wil skenk,
bring dit vir haar. Die (5.1.5) (gewild) boeke is speurverhale en liefdesverhale. ’n Dogtertjie
met ’n (5.1.6) (pop) in haar hand kies elke dag ’n (5.1.7) (storie + boek).
(5.1.8) (Tannie Thandi is moeg ná ’n lang dag. Sy pak elke aand die rak netjies.) (5.1.9)
(Die taxibestuurders lees ook altyd.) Sy het vroeër in die (5.1.10) (biblioteek) gewerk en is
baie trots (5.1.11) (…) haar projek.
(5.1.12) (Tannie Thandi gaan [na die mark] [met haar kleinseun] [elke Saterdag] om boeke te
soek.) Daar is al rakke in drie ander (5.1.13) (stad). (5.1.14) (Die stadsraad skenk volgende
jaar nog twee rakke.)
[Eksaminator se eie teks. Die name is fiktief.]
5.1.1
Gee die ANTONIEM (teenoorgestelde) van die woord tussen
hakies.
Party mense is baie (ongeduldig).
(1)
5.1.2
Skryf die sin in die LYDENDE VORM.
Tannie Thandi Nkosi het drie jaar gelede die eerste boekrak gebou.
(1)
5.1.3
Gee die korrekte vorm van die BYVOEGLIKE NAAMWOORD
tussen hakies.
Sy het die rak vol (oud) boeke gepak.
(1)
5.1.4
Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.
Mense (wie/wat) boeke wil skenk, bring dit vir haar.
(1)
5.1.5
Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.
Die (gewild) boeke is speurverhale en liefdesverhale.
(1)
5.1.6
Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.
’n Dogtertjie met ’n (pop) in haar hand kies elke dag ’n boek.
(1)
5.1.7
Gee die korrekte SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.
Sy kies elke dag ’n (storie + boek).
(1)
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
13
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
5.1.8
Verbind die TWEE sinne met die VOEGWOORD hoewel. Begin jou
sin met Hoewel.
Tannie Thandi is moeg ná ’n lang dag. Sy pak elke aand die rak
netjies.
(1)
5.1.9
Skryf die sin in die ONTKENNENDE VORM.
Die taxibestuurders lees ook altyd.
(1)
5.1.10
Verdeel die woord “biblioteek” in LETTERGREPE.
(1)
5.1.11
Vul die ontbrekende VOORSETSEL in.
Sy is baie trots (…) haar projek.
(1)
5.1.12
Skryf die sin oor in die korrekte WOORDORDE.
Tannie Thandi gaan [na die mark] [met haar kleinseun] [elke
Saterdag] om boeke te soek.
(1)
5.1.13
Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.
Daar is al rakke in drie ander (stad).
(1)
5.1.14
Skryf die sin in die TOEKOMENDE TYD.
Die stadsraad skenk volgende jaar nog twee rakke.
(1)
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
14
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
5.2
Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS G: PRENT
VANDAG 38 ◦C
NUWE REKORD
VIR DIE SOMER!
[Eksaminator se eie prent]
Gebruik die woorde in die lys hieronder om die sinne (5.2.1 tot 5.2.6) te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die korrekte woord neer.
meeu
langs
warmer
kwaad
lewensredder
sandkasteel
bly
meeue
onder
warmste
sandkastele
bestuurder
5.2.1
Twee … vlieg hoog oor die see.
(1)
5.2.2
Die seun is …, want ’n voël het sy toebroodjie gesteel.
(1)
5.2.3
Die meisie bou ’n … met haar emmer en graaf.
(1)
5.2.4
Die strandstoel staan … die sambreel.
(1)
5.2.5
Die … sit op sy hoë stoel en hou die swemmers dop.
(1)
5.2.6
Vandag is die … dag van die somer.
(1)
[20]
TOTAAL AFDELING C:
40
GROOTTOTAAL:
80
Kopiereg voorbehou
Matching paper and memo
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Afrikaans FAL Grade 10 P1 November Mock 2026 Question Paper (Afr)

Question paper
Afrikaans FAL Grade 10 P2 November Mock 2026 Question Paper (Afr)

Question paper
Afrikaans FAL Grade 10 P3 November Mock 2026 Question Paper (Afr)

Question paper
Afrikaans FAL Grade 10 P2 November Mock Exam 2 2026 QP (Afr)

Question paper
Afrikaans FAL Grade 10 P3 November Mock Exam 2 2026 QP (Afr)

Question paper
Afrikaans Fal Grade 10 P1 North West June 2019 QP (Afr)
Related documents

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 P2 November Mock Exam 2 2026 Memo (Afr)

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 P3 November Mock Exam 2 2026 Memo (Afr)

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 P1 November Mock 2026 Memo (Afrikaans)

Question paper
Afrikaans Fal Grade 10 P1 North West June 2018 QP (Afr)

Question paper
Afrikaans Fal Grade 10 P1 North West June 2017 QP (Afr)

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 P2 November Mock 2026 Memo (Afrikaans)
More from Grade 10 Afrikaans FAL

Study guide
Gr10 AFR EAT OG SG LR

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 P3 November Mock 2026 Memo (Afrikaans)

Annual teaching plan
Gr 10 Afrikaans FAL ATP 2023 24

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 10 North West June 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 10 North West June 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
