Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 10
GEMEENSKAPLIKE TAAK
AFRIKAANS
EERSTE ADDISIONELE TAAL
Taak 7
Vraestel 1
DATUM: JUNIE 2018
Punte: 80 Tyd: 2 ure
Demo
NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6*******
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Afrikaans FAL Grade 10 P1 North West June 2018 QP
Grade 10 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the North West June 2018, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 10 · North West June · 2018 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- North West June
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 1013.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
North West June 2018
- Paper 1Question paper
- Other filesMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)11 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)1 marks
- Question 5.1Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)14 marks
- Question 5.2Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 TAAK 7 2018
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: LEESBEGRIP (30 PUNTE)
AFDELING B: OPSOMMING (10 PUNTE)
AFDELING C: TAAL (40 PUNTE)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin elke afdeling op 'n NUWE bladsy.
4. Trek ’n lyn na elke Afdeling.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.
7. Gee spesiale aandag aan spelling en sinskonstruksies.
8. Voorgestelde tye:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Demo
NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* 2
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 TAAK 7 2018
AFDELING A – LEESBEGRIP
VRAAG 1 - ARTIKEL
TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL
Wilde diere van Afrika
1 In ons land kry ons baie soorte wilde diere. Wilde diere se habitat gaan verlore
weens menslike indringing en as gevolg van wilddiewery. Die boslande en
grasvelde is die gebiede waar talle olifante, renosters, buffels en kameelperde
aangetref word. Karnivore sluit die leeu, luiperd, jakkals en die meerkat in.
2 Die olifant is die grootste lewende soogdier op land.
Een van die olifant se merkwaardigste eienaardighede
is sy beenlose, gespierde slurp, wat ‘n verlenging van
sy bolip en neus is. Die olifant gebruik die slurp soos
‘n hand om grasse, blare, vrugte en selfs water na sy
mond te bring. Die kenmerkende en sensitiewe slurp
kan selfs water wat onder die grond is, uitwys. Die ivoortande
is eintlik enorme snytande wat reg deur die dier se lewe aanhou groei. Ons sê
ook soms dat ‘n mens ‘n geheue soos ‘n olifant het.
3 Die renosterfamilie bestaan uit vyf spesies. Die swartrenoster van Afrika wat in
savannes en berghange voorkom, het twee neushorings en ‘n lang, gepunte
bolip. Van die witrenoster van Afrika lewe daar nog net ‘n paar duisend. Die wyfie
kry een kalfie na ‘n dragtyd van vyftien tot agtien maande.
4 Die arme buffel is blykbaar ‘n dier met ‘n reputasie! ‘n Onbeskofte mens word ‘n
buffel genoem. Maar eintlik is die buffel ‘n nefie van die doodgewone melkbees.
Die buffel is sterker en meer formidabel. Die Kaapse buffel is bekend vir sy
horings wat ‘n helm oor sy voorkop vorm.
5 Die leeu, die “koning van die diere”, word ook in die Krugerwildtuin aangetref. Die
leeus word ook minder as gevolg van menslike indringing. Omdat leeus van oop
gebiede hou, word hulle maklik deur jagters en veewagters doodgeskiet. Leeus
se prooi wissel van insekte tot kameelperde. Dis hoofsaaklik die wyfies wat jag,
en wel saans, as ‘n trop. Eers nadat ‘n prooidier platgetrek is, maak die
mannetjie sy verskyning om vir die maal aan te sit. Leeus teel elke 18 tot 26
maande in die vrye natuur aan, maar een maal per jaar in gevangeneskap.
6 Die kameelperd of giraf word in droë streke met verspreide bome aangetref. Hy
is die langeraad van die diere. Die mannetjie kan byna 5,5 meter lank word, om
verder met sy 40 cm lange tong die blare hoog in die takke van die akasiabome
by te kom. Soos die meeste soogdiere het die kameelperd net sewe nekwerwels,
wat egter grootliks “gerek” is om sy lang en gespierde nek te steun. Soos ‘n
mens se vingerafdrukke het elke kameelperd ‘n eiesoortige kolle-patroon. Elke
koei kry een kalfie, wat tot twee meter hoog word. Die kalfie kan twintig minute
na sy geboorte reeds staan.
Demo
NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* 3
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 TAAK 7 2018
7 Party wilde diere word net gesien in wildbewaringsgebiede. Die wilde diere wat
daar nog is moet teen uitwissing beskerm word. Anders sal ons net in die
museums na die diere kan kyk.
[Verwerk uit Huisgenoot 28 Junie 2001]
1.1 Skryf EEN woord uit die hoofopskrif neer wat aandui dat die diere nie
mak is nie. (1)
1.2 Noem TWEE redes waarom die wild se habitat verlore gaan. (2)
1.3 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer 1.3 en die
antwoord (A-D) neer, byvoorbeeld 1.3 D
Karnivore is diere wat … vreet.
A blare
B vleis
C saad
D vrugte (1)
1.4 Watter dier is die grootste soogdier? (1)
1.5 Wat gebruik die olifant om water te vind? (1)
1.6 Voltooi die sin deur ‘n woord in die lys hieronder te gebruik. Skryf net die
vraagnommer (1.6) en die ontbrekende woord neer.
groot kort dik
Die woord “enorme” word gebruik om die olifant se snytande te beskryf.
Enorme beteken … (1)
1.7 Verduidelik in jou EIE woorde wat die volgende uitdrukking beteken:
Hy het ‘n geheue soos ‘n olifant. (1)
1.8 Hoeveel renosterspesies bestaan daar? (1)
1.9 Noem TWEE gebiede waar die swartrenoster voorkom. (2)
1.10 Watter renoster is die skaarste? (1)
Demo
NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* 4
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 TAAK 7 2018
1.11 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer 1.11 en die
antwoord (A-D) neer, byvoorbeeld 1.11 D
‘n Mens word soms ‘n buffel genoem. Die uitdrukking: Hy is ‘n regte
buffel beteken: Hy is …
A gelukkig.
B nors.
C vervelig.
D dierbaar. (1)
1.12 Kies die KORREKTE antwoord.
Die (buffel/bees) is die sterkste van die twee diere. (1)
1.13 Watter dier word die koning van die diere genoem? (1)
1.14 Die volgende stelling is ONWAAR.
Die leeumannetjie jag die prooi.
Skryf ‘n rede uit paragraaf 5 neer as bewys dat die stelling ONWAAR is. (1)
1.15 Waarom word leeus maklik in oop gebiede gejag? (1)
1.16 Die volgende stelling is ONWAAR.
Die leeus kan net in die vrye natuur aanteel.
Skryf ‘n rede uit paragraaf 5 neer as bewys dat die stelling ONWAAR is. (1)
1.17 Waarom dink jy maak mense die leeus dood? (1)
1.18 Hoe lank word die kameelperd se tong? (1)
1.19 Waarom word kameelperde aangetref in gebiede waar bome groei? (1)
1.20 Wat beteken dit as ons sê die kameelperd is die “langeraad” van
alle diere? (1)
1.21 Hoe lank nadat ‘n kameelperdkalfie gebore is, kan hy staan? (1)
1.22 Dink jy dit sal goed wees as ons net na diere in die museums kan kyk?
Motiveer jou antwoord (1)
[24]
Demo
NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* 5
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 TAAK 7 2018
TEKS B: PRENT
Bestudeer die prent en die teks en beantwoord die vrae wat volg.
Naam: Foto: Gewig: Spoed: Ouderdom: Voeding:
Km/h
Olifant 6 000 kg 40 km/h 70 jaar Blare, gras
Leeu 238 kg 56 km/h 25 jaar Vleis
Renoster 1 000 kg 55 km/h 50 jaar Blare
Kameelperd 828 kg 56 km/h 25 jaar Blare
Seekoei 1490 kg 45 km/h 50 jaar Gras
[Verwerk uit Google & PicknPay SA Super animals]
1.23 Watter dier vreet ander diere? (1)
1.24 Wat word gebruik om die foto’s van die diere te neem? (1)
1.25 Watter dier weeg swaarder as die seekoei? (1)
1.26 Kies die korrekte antwoord tussen hakies.
Die - simbool stel die (hartklop/gewig) van die diere voor. (1)
1.27 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.27)
en die letter (A - D) neer, byvoorbeeld 1.27D.
Die doel van die visuele teks is om vir ons te wys dat verskillende
wilde diere …
A verskillende eienskappe het.
B almal dieselfde kenmerke het.
C sekere dinge baie goed kan doen.
D almal swart en wit velle het. (1)
1.28 Waarom noem ons hierdie teks ‘n visuele teks? Gee EEN rede. (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Demo
NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* 6
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 TAAK 7 2018
VRAAG 2
AFDELING B - OPSOMMING
In die artikel word die reëls van die Bos bespreek. Lees die artikel aandagtig deur.
Voer dan die instruksies hieronder uit.
INSTRUKSIES
1. Som die REëLS IN DIE BOS in SEWE sinne op.
2. Skryf die feite PUNTSGEWYS neer.
3. Nommer die sinne van 1 tot 7
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die regte getal woorde aan die einde van die opsomming aan .
Hoe gedra ek my in die bos? Reëls wat jy in die bos moet volg.
Jou gids ken die natuur. Loop altyd agter jou gids. Hy weet wat die gevare is. Hy
kan aan die diere se spore sien of hulle onlangs op ‘n plek was.
Moet nooit hardloop nie, al wil jy hoe graag. Partykeer is jy bang vir wilde diere. Dit
voel of jy moet wegkom.
Gehoorsaam te alle tye jou gids se handseine. Van hulle is ‘stop’, ‘kom’, ‘hurk af’
en ‘luister’. Diere kan jou maklik ruik en storm dan.
Sommige diere pof hulleself op sodat hulle groter lyk. Party gebruik kleure om
roofvyande te waarsku dat hul giftig is. Moenie aan vreemde goed raak nie tensy
jou gids vir jou sê dat dit veilig is nie.
Diere gebruik plante as kos en skuilplek. Diere se mis bemes die grond. Nuwe
plantjies kan daar groei. Moenie plante beskadig deur dit te pluk of vertrap nie.
Moenie diere bangmaak sodat hul skrik nie. Jy moet in harmonie met die natuur
leef. Diere kan gevaarlik wees as jy hul skrikmaak of seermaak. Hulle kan jou
aanval.
Respekteer die wildernis. Stropers verkoop dooie diere se velle en ivoor. Die
natuur is net wreed teenoor diegene wat nie probeer om dit te verstaan nie.
[Verwerk uit ‘n Bosveldsafarie – Nadine Clarke]
Demo
NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* 7
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 TAAK 7 2018
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE
TEKS D
● Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande advertensie gebaseer.
● Opsetlike taalfoute kom voor.
Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Datum: 15 Julie
Plek: Leeuland
Tyd: 9:00 – 17:00
INGANG – R20
Etekaartjies (3.3 )@ R100 per persoon
Kom geniet heerlike lip-lek-lekker eetgoed!!!!
Wildspotjie
Vlakvarkrib
(3.4) (Hy/Jy) kan jouself geniet by die PRETDRAF vir oud en jonk!!!
Kom dans op (3.5) bekende musiek
JY KAN HOP, SKOP EN DANS
Proe-en-raai potjiekoskompetisie
As jy reg raai is die pryse (3.6) groot en beter as verlede jaar!!!!
GROOT PRYSE: VERSKEIE JAGPAKKETTE
(3.8) Sê vir jou vriende om die dag te kom geniet!!!
Demo
NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* 8
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 TAAK 7 2018
3.1 Hoe vestig die adverteerder ons aandag op die opskrif? (1)
3.2. (1)
Waarom pas die prentjie by die advertensie?
3.3 Voltooi die sin deur ‘n woord in die lys hieronder te gebruik. Skryf net die
vraagnommer (3.3) en die ontbrekende woord neer.
@
teen voor by
Die @-teken in die prys van die etekaartjies staan vir: …
(1)
3.4 Kies die korrekte VOORNAAMWOORD.
(Hy/Jy) kan jouself geniet … . (1)
3.5 Kies die KORREKTE woord.
Die woord “bekende” beteken dat ons die musiek (ken/weet). (1)
3.6 Gee die VERGROTENDE TRAP van groot.
As jy reg raai is die pryse (groot) en beter as verlede jaar!!!! (1)
3.7 Waarmee word die leser gelok na die potjiekoskompetisie? (1)
3.8 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.8) en die
letter (A – D) neer.
Watter skryfteken word in die woord “sê” gebruik?
A Deelteken
B Koppelteken
C Aksentteken
D Kappie (1)
3.9 Skryf die volgende sin in die VERLEDE TYD
Die wildsfees is baie gewild. (1)
3.10 Skryf die volgende sin in die TOEKOMENDE TYD.
Elke jongman skiet ‘n bok. (1)
Totaal: [10]
Demo
NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* 9
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 TAAK 7 2018
VRAAG 4: STROKIESPRENT
TEKS E
● Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande strokiesprent gebaseer.
● Voer die instruksies by elke vraag uit.
Verwerk vanuit Google
4.1 Hoe kry die tekenaar dit reg om te wys dat die mense bang is vir die
olifante? (raampie 1) (1)
4.2 Kies die ANTWOORD. Skryf slegs die vraagnommer (4.2) en die antwoord
(A - D) neer.
Watter SKRYFTEKEN word in die woord “vegetariër” gebruik? (raampie 2)
A Deelteken
B Kappie
C Aksentteken
D Koppelteken (1)
Demo
NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* 10
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 TAAK 7 2018
4.3 Skryf die syfer “16” uit in ‘n woord/woorde. (raampie 3)
Olifante eet ongeveer 16 ure per dag. (1)
4.4 Gee die korrekte vorm van die BYVOEGLIKE NAAMWOORD “gevaarlik”.
(raampie 4)
Olifante is (gevaarlik) diere. (1)
4.5 Kies die KORREKTE woord tussen hakies.
(Siestog/Hoera), die olifant gooi die man in die lug! (raampie 5) (1)
4.6 Kies die KORREKTE WOORD.
Hulle kan plantasies ruïneer en mense doodtrap. (raampie 5)
Ruïneer beteken (reinig/vernietig). (1)
4.7 Verander die volgende sin in die INDIREKTE REDE.
Boere sê: “Olifante kan plantasies in woestyne verander.”
Begin so: Boere sê dat olifante … (1)
4.8 Olifante lewer probleme vir die boere. (Raampie 6)
Gebruik die woord “lewer” in ‘n sin sodat dit ‘n ANDER BETEKENIS
(homoniem) het. (1)
4.9 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord “dood”.
Die olifante trap die mense “dood”. (1)
4.10 Skryf die VERSAMELNAAM van bome soos in raampie 6. (1)
Totaal: [10]
VRAAG 5: TEKS EN PRENT
5.1 TEKS F
Kameelperde en hul lang nekke.
Het jy iemand nodig om die toppe van die hoogste bome by te kom (5.1.1)?
Kameelperde se nekke is lank. Hulle kan blare tot vyf meter hoog afvreet. (5.1.2)
(daarom) Hulle gunstelingkos is die blare van die aksiaboom. Sy lang, (5.1.4)
leeragtig tong, (5.1.5) (wie/wat) tot 60 cm lank kan word, stroop die blare van die
boom af.
Demo
NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* 11
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 TAAK 7 2018
Dit is (5.1.6) (verwys/bewys) dat die kameelperd net soveel nekbeentjies soos ek en
(5.1.7) (jou/ jy) het. Die kameelperd is die (5.1.8) lank dier in die diereryk. Jy sou dus
verwag dat hy heelwat ekstra nekbeentjies moet hê, maar hy het (5.1.9) … . Hy het
sewe nekwerwels, net soos ek en jy – en net soos die kleinste (5.1.10) muis.
Kameelperde is goed aangepas (5.1.11) …kos … vind. Baie jare gelede het die
(5.1.12) kameelperd se (5.1.13) voorvader waarskynlik korter nekke gehad as
vandag. In ‘n habitat het alle kameerperde om kos meegeding. Die kameelperde met
effens langer nekke kon meer blare kry omdat hulle hoër kon bykom.
[Verwerk uit: Natuurwetenskappe VANDAG gr 8]
5.1.1 Kies die korrekte antwoord. Die LEESTEKEN aan die einde van die sin is ‘n
(vraagteken/uitroepteken)
Het jy iemand nodig om die toppe van die hoogste bome by te kom? (1)
5.1.2 Verbind die volgende sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.
Kameelperde se nekke is lank. Hulle kan blare tot vyf meter hoog afvreet.
(daarom) (1)
5.1.3 Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM.
Hulle gunsteling kos is die blare van die akasiaboom. (1)
5.1.4 Gee die korrekte vorm van die BYVOEGLIKE NAAMWOORD.
Sy lang, leeragtig tong, … (1)
5.1.5 Kies die KORREKTE woord tussen hakies.
… (wie/wat) tot 60 cm lank kan word, … (1)
5.1.6 Kies die KORREKTE woord tussen hakies.
Dit is (verwys/bewys) dat die kameelperd net soveel nekbeentjies … (1)
5.1.7 Kies die regte VOORNAAMWOORD .
… soveel nekbeentjies soos ek en (jou/ jy) het. (1)
5.1.8 Skryf die OORTREFFENDE TRAP van lank. (1)
5.1.9 Voltooi die volgende sin in die ONTKENNENDE vorm deur EEN
woord in te vul.
Jy sou dus verwag dat hy heelwat ekstra nekbeentjies moet hê, maar
hy het … . (1)
Demo
NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* 12
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10 TAAK 7 2018
5.1.10 Gee die VERKLEININGSVORM van muis. (1)
5.1.11 Voltooi die sin deur die INFINITIEF in te vul.
Kameelperde is goed aangepas … kos … vind. (1)
5.1.12 Verdeel die woord in LETTERGREPE, bv. Katoliek + Ka-to-liek.
Baie jare gelede het die kameelperd se … (1)
5.1.13 Gee die MEERVOUD van voorvader. (1)
5.1.14 Skryf die sin oor in die korrekte WOORDORDE.
Die bewaarder het hom (in die veld) (uitasem) gewaarsku (een middag). (1)
TEKS G
Die vrae wat volg is op die prent gebasseer.
Gebruik die woorde in die lys hieronder om die sinne (5.2.1 – 5.2.6) te voltooi.
beste hardklop jyg ken vinnig beter stadig
voor hartklop weet juig agter
5.2.1 ________ jy die storie van die haas en die skilpad? (1)
5.2.2 Die kameelperd staan _________ die seekoei. (1)
5.2.3 Skilpad is ____________ as haas want hy is eerste oor die streep. (1)
5.2.4 Skilpad se _____________ versnel van al die oefening. (1)
5.2.5 Die toeskouers _____________ terwyl die deelnemers hardloop. (1)
5.2.6 Haas hardloop soos die wind. Haas hardloop baie ________ . (1)
TOTAAL AFDELING C: [20]
GROOTTOTAAL: 80
Demo
NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* 13
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 10 P1 North West June 2019 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 10 P1 North West June 2017 QP

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 North West June 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 North West June 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 North West June 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 Paper 1 November Mock 2026 Memo
More from Grade 10 Afrikaans FAL

Study guide
Gr10 AFR EAT OG SG LR

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 Paper 2 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 Paper 3 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 P1 November Mock Exam 2 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 P2 November Mock Exam 2 2026 Memo

Memorandum