Skip to content
Question paper

Afrikaans Fal Grade 10 P1 North West June 2019 QP (Afr)

Grade 10 Afrikaans Fal Paper 1 question paper from the North West June 2019 (Afrikaans), 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Afrikaans FalGrade 10201917 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PROVINSIALE ASSESSERINGSTAAK GRADE 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 JUNIE 2019 TAAK 7 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye. Demo Kopiereg voorbehou NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal 2 NW/Junie 2019 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taal (40) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE afdeling op ‘n NUWE bladsy. 4. Trek ‘n streep na elke afdeling. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat ‘n reël oop na ELKE antwoord. 7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 9. Skryf netjies en leesbaar. Demo Kopiereg voorbehou NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal 3 NW/Junie 2019 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 TYDSKRIFARTIKEL Lees die artikel hieronder deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A Herkoms van hoenders … die stemmige nasate van die wilde stamvader uit die bos 1 Een van die snaakste wolhaar-legendes in die Suid-Afrikaanse geskiedenis is die bogstorie oor ‘n afkophoender. 2 Daar is ‘n klompie jare gelede nog vertel dat iemand ‘n haan se kop met ‘n byl afgekap het, maar dat die voël bly leef het. Die hoender het daarna nog vir ‘n rukkie op die werf rondgestap en 5 selfs sy nek rondgedraai. 3 Kenners reken dat alle mak hoenderrasse afstam van die wilde rooi boshoender. Wat dit egter nog meer interessant maak, is dat die einste rooi boshoender, Gallus gallus nie uitgesterf het nie, maar vandag nog lewe. 10 Demo Kopiereg voorbehou NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal 4 NW/Junie 2019 4 Die rooi boshoender se oorspronklike hougebied is die tropiese en subtropiese woude van Indië, Pakistan en Suidoos-Asië. Die hoenderrasse wat uit hom voorgekom het, is vandag ‘n bonte menigte wat wissel van veerpoot-kapokkies tot die statigste rooi, swart of gespikkelde pluimvee. 15 5 Daar word gereken dat mense sowat 5 000 jaar gelede hoenders in Indië begin aanhou het en in China ongeveer 3500 jaar gelede. Hoenderbene is ook al in ou Egiptiese grafkelders gevind wat baie ouer is as 5000 jaar. 6 Met die verloop van milleniums het die hoenders egter regoor die 20 wêreld versprei. Vandag is hulle die volopste voëls op ons planeet. ‘n Gesaghebbende bron het onlangs aangedui dat die totale hoenderpopulasie meer as 24 miljard is. 7 Daar is natuurlik baie goeie redes hoekom die hoender wêreldwyd so gewild is. Mense hou hulle so graag aan omdat hulle so goedkoop is. 25 Jy het immers nie ‘n plaas se geld nodig om ‘n troppie hoenders aan te skaf nie. Boonop kos dit net ‘n paar oorskiet broodkorsies of graanpap om hulle te onderhou. 8 Nadat jy ‘n hoender geslag het, kan jy die hele ding in een nag opeet. Dit is nie nodig om jou te bekommer oor vleis wat kan sleg word, 30 omdat daar nie ‘n yskas is waarin dit gebêre kan word nie. Die eiers van ‘n klompie henne kan ‘n mensegesin regdeur die jaar van voedsame ontbyte voorsien. 9 Hoenders is omnivore (plant- sowel as vleisvreters). Hoenderboere in ontwikkelde gemeenskappe wat dit kan bekostig, voer hulle 35 hoenders spesiale kosse van proteïene en graan. 10 Hulle is inderdaad “maklike” diere, maar soms is maatreëls darem ook nodig om die hoenders vas te vat. Hoewel hulle nie ver kan vlieg nie, kan heinings en kampdrade hulle nie altyd binne hou nie, met die gevolg dat die veerpunte van een vlerk dikwels afgeknip word. 40 Dit veroorsaak dat hulle ongebalanseerd vlieg en nie ver in die lug kan vlieg nie. 11 Hoenderboere weet ook dat hulle tropdiere is met ‘n definitiewe rangorde in hul hoendergemeenskap. Dominante enkelinge eien vir hulle die voorste plekke by die kosbak toe en die beste plekke om 50 nes te maak. As sekere henne of hane uit die kamp verwyder word, is daar tydelike sosiale ontwrigting tot ‘n nuwe rangorde gevestig is. 12 Ten slotte moet ‘n mens darem ook verwys na die groot indruk wat die hoender op ons voorouers gemaak het. Ons taal het baie idiome wat met die hoender te doen het. As jy vroeg inkruip, is dit duidelik 55 waarom gesê word dat jy saam met die hoenders gaan slaap. Waarom is jy die hoenders in as iemand jou kwaad maak? [Verwerk uit: www.mieliestronk.com] Demo Kopiereg voorbehou NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal 5 NW/Junie 2019 LET WEL:  Beantwoord AL die vrae.  Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer. 1.1 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (1.1) en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 1.1 E. Die herkoms van hoenders in die hoofopskrif verwys na … A die werk van hoenders. B die aantal hoenders in die wêreld. C waar hoenders vandaan kom. D waarom hoenders belangrik is. (1) 1.2 Skryf EEN woord uit paragraaf 1 neer wat bewys dat die storie oor die afkophoender NIE WAAR is NIE. (1) 1.3 Op watter manier is die hoender in die legende volgens paragraaf 2 doodgemaak? (1) 1.4 Lees weer deur paragraaf 2. Noem TWEE redes wat jou laat dink dat die storie van die afkophaan nie waar is nie. (2) 1.5 Al die hoenders in die wêreld is die nasate van ‘n spesifieke wilde voël. 1.5.1 Noem die naam van hierdie wilde voël. (1) 1.5.2 Wat maak hierdie voël so interessant? (1) 1.6 Noem TWEE plekke waar die rooi boshoender oorspronklik voorgekom het. (2) 1.7 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies. In paragraaf 4 word verwys na rooi, swart en gespikkelde pluimvee. Pluimvee verwys na diere wat (bedek is met vere/’n huidbedekking van hare het.) (1) 1.8 Skryf EEN woord uit paragraaf 4 neer wat aandui dat daar verskriklik baie soorte hoenders uit die boshoender ontstaan het. (1) Demo Kopiereg voorbehou NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal 6 NW/Junie 2019 1.9 Kies die korrekte antwoord en motivering. Skryf slegs die vraagnommer (1.9) en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 1.9 E. Die nasie wat eerste met hoenders geboer het was die … A Chinese, omdat hulle al vir 5 000 jaar hoenders aanhou. B die Indiërs, omdat hulle hulle reeds 3 500 jaar met hoenders boer. C Suid-Afrikaners, omdat hul die eerste Gallus gallus uitgebroei het. D Egiptenare, omdat daar hoenderbene, ouer as 5 000, jaar in hulle grafkelders gevind is. (1) 1.10 Skryf EEN woord uit paragraaf 6 neer wat aandui dat die bron wat inligting oor die hoenderpopulasie verskaf het wel ‘n betroubare bron is. (1) 1.11 Noem TWEE redes uit paragraaf 7 waarom hoenders so gewild is. (2) 1.12 Mense slag hoenders om die vleis te eet. Noem nog EEN voedsame produk wat ons van hoenders kry. (1) 1.13 Verduidelik waarom die stelling hieronder ONWAAR is. Paragraaf 9. Hoenders eet net kos wat van plantmateriaal gemaak is. (1) 1.14 Soms is maatreëls darem ook nodig om die hoenders vas te vat. Vas te vat word KONNOTIEF in die sin gebruik. Verduidelik wat dit beteken om iemand vas te vat. (1) 1.15 Wat doen hoenderboere volgens paragraaf 10 om te keer dat hoenders uit hulle kampe vlieg? (1) 1.16 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies. Tropdiere is diere wat (baie van ander diere hou/altyd saamleef in groepe). (1) 1.17 Haal ‘n sin uit paragraaf 11 aan wat aandui dat hoenders probleme ondervind as daar van hulle uit ‘n kamp verwyder word. (1) 1.18 Lees paragraaf 12. Wat laat die skrywer van die artikel dink dat ons voorvaders se lewens baie deur hoenders beïnvloed is? (1) 1.19 Dink jy dit is goed dat hoenders doodgemaak word. Motiveer jou antwoord. (1) 1.20 Waarom sou jy graag met hoenders boer? (1) [24] Demo Kopiereg voorbehou NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal 7 NW/Junie 2019 SKEMATIESE VOORSTELLING EN GRAFIEK Teks B Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Verwerk uit: grafika24] Demo Kopiereg voorbehou NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal 8 NW/Junie 2019 1.21 Vul die woord wat uitgelaat is in die sin hieronder in: In die kop van die advertensie verwys Goliat na die VSA omdat dit ‘n baie groot land is. Na watter kleiner land dink jy verwys Dawid? (1) 1.22 Kies die antwoord wat KORREK is. Skryf net die vraagnommer (1.22) en die letter (A-D) neer, byvoorbeeld 1.22 E. Die VSA boelie sy pad na SA se braaihoenderbedryf oop. Die woord boelie dui aan dat: A die VSA saam met buurlande gewerk het om deel van die braaihoenderbedryf in SA te word. B SA sy-aan-sy met VSA gewerk het om deel van hulle braaihoenderbedryf te word. C SA graag wou hê die VSA moet die braaihoenderbedryf oorneem. D die VSA misbruik gemaak het van sy ekonomiese krag om hulle braaihoenderbedryf in SA te kom uitbrei. (1) 1.23 Watter persentasie van die wêreld se braaihoenders word deur die VSA geproduseer? (1) 1.24 Hoeveel ton braaihoender word deur die VSA na ander lande uitgevoer? (1) 1.25 Watter land produseer 1,7 % van die wêreld se braaihoender? (1) 1.26 Suid-Afrika se braaihoender word na sy buurlande uitgevoer. Wat dink jy word met buurlande bedoel? (1) [6] TOTAAL AFDELING A: 30 Demo Kopiereg voorbehou NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal 9 NW/Junie 2019 AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die teks hieronder en voer die instruksies uit. INSTRUKSIES: 1. Som SEWE wonderlike feite oor eiers op. 2. Skryf die hoofgedagtes puntsgewys neer. 3. Nommer die feite van 1 tot 7. 4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. 5. Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan. TEKS C SEWE WONDERLIKE FEITE OOR EIERS. ‘n Manlike hoender word ‘n haan genoem en ‘n vroulike hoender staan as ‘n hen bekend. Eiers neem ‘n dag en ‘n half om binne in die hen te ontwikkel. ‘n Deursnee-hen lê tussen 300 en 325 eiers per jaar. Dit is gesond om vrugte en groente eet. Jy kan wortels eet om beter te kan sien. ‘n Eier kan ook gesondheid bevorder. Vars eiers kan sowat ‘n maand lank in die yskas gehou word. Op die winkelrakke word eiers van verskillende groottes te koop aangebied. Eiers wat vrot is moet weggegooi word. ‘n Dowwe eierwit is ‘n teken van varsheid. Die dofheid is te danke aan die hoë koolstofdioksied-inhoud wanneer die eier gelê is. ‘n Vars eier bevat elf verskillende vitamine en minerale. Hierdie vitamiene en minerale is nodig vir ‘n gesonde dieet. Vitamine D versterk bene en tande. ‘n Vars eier gaan in water sink. ‘n Lepel asyn in die water wanneer jy ‘n eier poseer keer dat die wit versprei. Dit help ook dat die eier vinniger stol. Die ras van die hen bepaal of die eier bruin of wit van kleur is. Dit word dus geneties bepaal. Eiers van verskillende groottes mag nie saam in dieselfde houer verpak word nie. [Verwerk uit: netwerk24] TOTAAL AFDELING B: 10 Demo Kopiereg voorbehou NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal 10 NW/Junie 2019 AFDELING C: TAAL VRAAG 3: ADVERTENSIE  Die taalvrae wat volg is op die advertensie gebasseer.  Opsetlike spelfoute kom voor.  Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet word. TEKS D LIEFLIKE LIPLEK LEKKER HOENDER Vir mense wat weet hoe om die lewe te geniet. (3.4.1)Spesiaal Drie heerlike bros net vir jou!! hoenderporsies, (3.5) skuifies, koue koeldrank en (3.2) koolslaai. Koop (3.8) … Slegs 2 maaltye en kry ‘n koolslaai R45, 99! gratis!! [Verwerk uit: google images] 3.1 Hoe word die OPSKRIF van die advertensie beklemtoon? (1) 3.2 Wat dink jy is die betekenis van hierdie tekentjie op die skinkbord? (1) Demo Kopiereg voorbehou NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal 11 NW/Junie 2019 3.3 Die volgende stelling is WAAR. Die adverteerder gebruik manipulerende taal om die leser te oortuig om die produk te koop. Skryf enige voorbeeld van MANIPULERENDE TAAL uit die advertensie neer. (1) 3.4 Kies die korrekte antwoord tussen die hakies. 3.4.1 Die adverteerder maak gebruik van (formele/informele) taal in die advertensie. (1) 3.4.2 Skryf ‘n VOORNAAMWOORD uit die advertensie neer as bewys vir jou antwoord by (3.4.1). (1) 3.5 Verbeter die SPELFOUT in die advertensie. Skryf slegs die vraagnommer (3.5) en die woord met die korrekte spelling neer. (1) 3.6 Gee die INTENSIEWE VORM van die ondersteepte woord. Drie heerlike bros hoenderporsies en ‘n koue koeldrank. (1) 3.7 Skryf ‘n woord uit die advertensie neer wat beteken dat jy iets verniet gaan kry. (1) 3.8 Koop 2 maaltye … Skryf die getal in die sin hierbo oor as ‘n woord. (1) 3.9 Dink jy hierdie advertensie sal jou oortuig om dié maaltyd te koop? (1) [10] Demo Kopiereg voorbehou NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal 12 NW/Junie 2019 VRAAG 4: STROKIESPRENT  Die taalvrae wat volg is op die strokiesprent hieronder gebasseer.  Voer die instruksies by elke vraag uit. TEKS E 1 2 3 4.1 Gisteraand by my 4.4 Hoe op aarde kan skoonouers het ons julle 4.7 hoendergeregte Ag man die betrokke eers hoendersop eet. Is julle dan haan skuld hulle glo geld. gehad en toe KANNIBALE? hoenderlewer en die hoofgereg was hoenderpastei. haan hen [Verwerk uit: google images] 4.1 Skryf die sin hieronder oor in die TOEKOMENDE TYD. Ons het hoendersop by my ouers geëet. (1) 4.2 Kyk na die LYFTAAL van die hen in raampie 1. Wat laat jou dink dat sy geskok is om te hoor dat hulle hoendergeregte geëet het? (1) 4.3 Verdeel die onderstreepte woord in die sin hieronder in lettergrepe. Hoe op aarde kan julle hoendergeregte eet? (1) 4.4 Herskryf die sin hieronder en verbeter die leestekengebruik. hoe op aarde kan julle hoendergeregte eet (2) Demo Kopiereg voorbehou NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal 13 NW/Junie 2019 4.5 Skryf die sin hieronder in die INFINITIEF (te/om te) . Hoenders eet nie ander hoenders nie. Begin so: Hoenders behoort nie ander hoenders … (1) 4.6 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.6) en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 4.6 E. Is julle dan KANNIBALE! In die strokiesprent verwys Kannibale na diere … A wat van plante hou. B wat van vleis hou. C wat alles eet. D van dieselfde spesie wat mekaar eet. (1) 4.7 Waarom dink jy word KANNIBALE in raampie 2 met hoofletters geskryf. (1) 4.8 Skryf die sin hieronder in die INDIREKTE REDE. Die betrokke haan skuld hulle glo ‘n klomp geld. Begin so: Hy sê dat … (1) 4.9 Kyk na raampie 3. Lees weer die woorde van die haan. Verduidelik die humor (dit wat jou laat lag) in die raampie. (1) [10] Demo Kopiereg voorbehou NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal 14 NW/Junie 2019 VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT  Die taalvrae wat volg, is op die artikel en prent hieronder gebasseer.  Voer die instruksies by elke vraag uit. TEKS F KAMME EN BELLE … WAT HET HULLE TE VERTELLE? ‘n Baie opvallende eienskap van (5.1) hoenders is die vlesige rooi kamme en belle aan hulle koppe. Daar is al baie gewonder oor die doel en nut van hierdie (5.2) bloedrooi en bloedryke aanhangsels, wat moontlik die hoenders help om mekaar te (5.3) (herken/erken). Sekere kenners glo ook dat dit help om die hitte weg te lei, soos wat die groot ore van sekere vosse en konyne help om die diere koel te hou. Die regulering van die (5.4) (liggaam+temperatuur) van pluimvee is baie belangrik. Dit word (5.5) d.m.v. aanhangsels soos ore en kamme gereguleer. EN NOU... “GEVEERDE” PLASTIEK Gedink die vere van alle pluimvee, buiten die sagte dons van 5.6 (eend), is vir niks anders goed as om op ashope gegooi of verbrand te word nie? Nie noodwendig nie. Wetenskaplikes (5.7.1) (wie/wat) nuwe gebruike vir die (5.7.2) vere van die baie (5.7.3) (geslag) hoenders en ander pluimvee soek, het nou uitgevind hoe om dit in (5.7.4) (nuttig) plastiekprodukte om te skakel. Die eienskappe (5.8) … hierdie “geveerde” plastiek is baie soos die van plastieksoorte met ’n petroleum-basis. (5.9) Die proses is ver gevorder. Amerikaanse wetenskaplikes het reeds hierdie nuwe soort plastiek gepatenteer. “Geveerde” plastiek sal ‘n unieke materiaal vir die verpakkingsbedryf of ander bedrywe wees waar sterkte vereis word. (5.10) Dit is wenslik dat stowwe (moet wees bio-afbreekbaar). (5.11) Pluimvee se vere kan goed gebruik word. Demo Kopiereg voorbehou NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal 15 NW/Junie 2019 5.1 Gee die VERKLEINWOORD van die onderstreepte woord in die sin hieronder. ‘n Baie opvallende eienskap van hoenders is die vlesige kamme en belle aan hulle koppe. (1) 5.2 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (5.2) en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 5.2 E. Daar is al baie gewonder oor die doel en nut van hierdie (bloedrooi) en bloedryke aanhangsels. Die woord in hakies is ‘n voorbeeld van ‘n … A sinoniem. B intensiewe vorm. C antoniem. D verkorting. (1) 5.3 Kies die korrekte woord tussen die hakies. Die aanhangsels help die hoenders om mekaar te (herken/erken). (1) 5.4 Vorm ‘n SAMESTELLING van die woorde tussen die hakies. Die (liggaam+temperatuur) word dus d.m.v die aanhangsels gereguleer. (1) 5.5 Skryf die AFKORTING in die sin hieronder volledig uit. Dit word d.m.v. aanhangsels soos ore en kamme gereguleer. (1) 5.6 Gee die MEERVOUD van die onderstreepte woord in die sin hieronder. Gedink die vere van alle pluimvee, behalwe die sagte dons van eend is vir niks anders goed as om op ashope verbrand te word nie. (1) 5.7 Voer die instruksies by die volgende vrae uit. Skryf SLEGS die vraagnommer en die antwoord neer. Wetenskaplikes, (5.7.1) (wie/wat) na nuwe gebruike vir die (5.7.2) vere van die baie (5.7.3) (geslag) hoenders en ander pluimvee soek, het nou uitgevind hoe om dit in (5.7.4) (nuttig) plastiekprodukte om te skakel. 5.7.1 Kies die korrekte woord tussen die hakies. (1) Demo Kopiereg voorbehou NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal 16 NW/Junie 2019 5.7.2 Kies die sin waarin die HOMONIEM van vere korrek gebruik is. Skryf slegs die vraagnommer 5.7.2 en die korrekte antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 5.7.2 E A Alle hoenders het vere. B My motor se vere het gebreek. C Vere word in kussings gebruik. D ‘n Mens kry die mooiste gekleurde vere. (1) 5.7.3 Vorm ‘n DEELWOORD van die woord in die hakies. Wetenskaplikes soek na gebruike vir die baie vere van (geslag) hoenders. (1) 5.7.4 Gee die korrekte vorm van die BYVOEGLIKE NAAMWOORD in hakies. Vere word in (nuttig) plastiekprodukte omgeskakel. (1) 5.8 Voltooi die sin hieronder deur die korrekte VOORSETSEL in te vul. Die eienskappe … hierdie “geveerde” plastiek is soos die van baie plastieksoorte. (1) 5.9 Verbind die sinne hieronder deur gebruik te maak van die VOEGWOORD tussen die hakies. Die proses is ver gevorder. Amerikaanse wetenskaplikes het reeds hierdie nuwe soort plastiek gepatenteer. (omdat) (1) 5.10 Skryf die sin hieronder oor met die korrekte WOORDORDE. Dit is wenslik dat (bio-afbreekbaar/ moet wees/ stowwe). (1) 5.11 Skryf die sin hieronder in die ONTKENNENDE VORM. Pluimvee se vere kan goed gebruik word. (1) [14] Demo Kopiereg voorbehou NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal 17 NW/Junie 2019 TEKS G 5.12 Skryf die sin hieronder in die LYDENDE VORM. Die seun voer die plaasdiere. (1) 5.13 Gee die korrekte trap van vergelyking vir die woord in hakies. Die skapie se wol is (wit) as die eende se vere. (1) 5.14 Voltooi die sin hieronder deur die woord wat uitgelaat is in te vul. Die hond lyk asof hy lag en sy … hang uit. (1) 5.15 Gee die TEENOORGESTELDE GESLAG van die onderstreepte woord in die sin hieronder. Die koei is wit met grys kolle. (1) 5.16 Kies die korrekte antwoord tussen die hakies. Die diere op die prentjie lyk almal (verveeld/tevrede) (1) 5.17 Dink jy die seun kyk goed na sy diere. Motiveer jou antwoord. (1) [6] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 80 Demo Kopiereg voorbehou NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6******* Blaai om asseblief

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.