Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Proef
hlayiso mock exams
Oefenreeks:
Graad 10 eksamenvoorbereiding
WWW.HLAYISO.COM
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
NOVEMBEREKSAMEN 2026 (PROEF)
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentQuestion paper 











View all





Afrikaans FAL Grade 10 P1 November Mock 2026 Question Paper (Afr)
Grade 10 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the November Mock Exam 2026 (Afrikaans), 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: Hlayiso
Afrikaans FAL · Grade 10 · November Mock Exam · 2026. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2026
- Exam period
- November Mock Exam
- Paper
- 1
- Publisher
- Hlayiso
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 712.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 13
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
2
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.
Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A:
Leesbegrip
(VRAAG 1)
(30)
AFDELING B:
Opsomming
(VRAAG 2)
(10)
AFDELING C:
Taalstrukture en -konvensies
(VRAAG 3, 4 en 5)
(40)
2.
Lees AL die instruksies baie deeglik.
3.
Beantwoord AL die vrae.
4.
Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
5.
Trek ’n streep ná elke afdeling.
6.
Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
7.
Laat ’n reël oop ná ELKE antwoord.
8.
Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
9.
Aanbevole tydsindeling:
AFDELING A:
50 minute
AFDELING B:
30 minute
AFDELING C:
40 minute
10.
Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
3
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees die artikel hieronder deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A: KOERANTARTIKEL
FIETSE VIR ’N BETER TOEKOMS
Tiener bou ou fietse weer op vir kinders wat ver moet loop
1
Tumelo Ndlovu (16) van Acornhoek in Mpumalanga het nog altyd daarvan
gehou om dinge uitmekaar te haal. “Toe ek klein was, het ek my ma se radio
oopgeskroef. Sy was glad nie beïndruk nie,” lag die graad 10-leerder.
2
Twee jaar gelede het hy opgemerk dat baie kinders in sy dorp elke dag meer
as tien kilometer skool toe en terug loop. “Party kinders moet om halfses
5
opstaan. Wanneer hulle by die skool aankom, is hulle al moeg en honger. In
die reënseisoen word hulle sopnat.”
3
Toe sien Tumelo ’n hoop ou, stukkende fietse agter ’n winkel in die dorp. Die
eienaar, mev. Grace Mathebula, wou dit weggooi. “Ek het gevra of ek dit mag
hê. Sy het gesê ek kan almal vat, solank ek dit wegry – of wegdra!”
10
4
Tumelo het geleer hoe om fietse reg te maak deur video’s op die internet te kyk
en vir oom Petrus, die dorp se werktuigkundige, vrae te vra. Hy het in sy ouers
se agterplaas ’n klein werkswinkel ingerig.
5
Nou werk hy elke Saterdag en in die skoolvakansies aan die fietse. Hy vervang
pap bande, herstel die remme, smeer die kettings en verf die rame oor. “Een
15
fiets neem my omtrent ’n week. Soms moet ek onderdele van drie verskillende
fietse gebruik om een goeie fiets te bou.”
6
Tot dusver het hy al 43 fietse aan kinders geskenk wat ver moet loop. Elke fiets
kry ’n naam wat met wit verf op die raam geskryf word, byvoorbeeld “Weerlig”
of “Sterretjie”.
20
7
Die agtjarige Naledi Sithole is een van die kinders wat ’n fiets gekry het. “Nou
kom ek nie meer laat by die skool aan nie,” sê sy skamerig. Haar onderwyseres,
me. Ruth Mnisi, sê Naledi se punte het sedertdien baie verbeter. “Sy is nou
wakker en gereed om te leer.”
8
Tumelo se pa was eers nie gelukkig nie. “Die agterplaas het soos ’n skroothoop
25
gelyk! Maar nou is ek baie trots op hom.” Die plaaslike koerant het oor Tumelo
geskryf, en ’n fietswinkel in Mbombela het vir hom gereedskap en nuwe bande
geskenk.
9
Elke kind wat ’n fiets kry, moet belowe om dit op te pas en ’n helm te dra. “’n
Fiets is nie net ’n speelding nie. Dit is jou voete na ’n beter toekoms,” sê Tumelo.
30
Hy droom daarvan om eendag ’n meganiese ingenieur te word.
[Eksaminator se eie teks. Die name in die artikel is fiktief.]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
4
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
LET WEL:
• Beantwoord AL die vrae.
• Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.
1.1
VOLTOOI die sin hieronder deur by elke vraag (1.1.1 tot 1.1.3) EEN woord
uit paragraaf 1 in te vul.
Tumelo is (1.1.1) … jaar oud. Hy woon in (1.1.2) … in die provinsie (1.1.3) …
(3)
1.2
Wat het Tumelo as klein seuntjie met sy ma se radio gedoen?
(1)
1.3
Noem TWEE probleme wat kinders het wat elke dag ver skool toe loop.
Verwys na paragraaf 2.
(2)
1.4
Waar het Tumelo die ou fietse gekry?
(1)
1.5
“Sy het gesê ek kan almal vat, solank ek dit wegry – of wegdra!” (Reël 9)
Waarom, dink jy, sê mev. Mathebula “of wegdra”?
(1)
1.6
Noem TWEE maniere waarop Tumelo geleer het om fietse reg te maak.
(2)
1.7
Kies ’n beskrywing uit KOLOM B wat by die persoon in KOLOM A pas. Skryf
net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.7.1 tot 1.7.4) neer.
KOLOM A
KOLOM B
1.7.1
mev. Grace
Mathebula
A
die dorp se werktuigkundige
1.7.2
oom Petrus
B
’n leerder wat ’n fiets gekry het
1.7.3
Naledi Sithole
C
het die ou fietse weggegee
1.7.4
me. Ruth Mnisi
D
’n joernalis by die koerant
E
’n onderwyseres
(4 x 1) (4)
1.8
Noem TWEE dinge wat Tumelo doen om ’n fiets reg te maak.
(2)
1.9
Aan hoeveel kinders het Tumelo al fietse geskenk?
(1)
1.10
Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf net die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.10) neer.
Naledi se punte het verbeter, omdat sy …
A
nuwe skoolboeke gekry het.
B
nie meer moeg en laat by die skool aankom nie.
C
’n nuwe onderwyseres het.
D
elke Saterdag saam met Tumelo werk.
(1)
1.11
“Die agterplaas het soos ’n skroothoop gelyk!” (Reël 25)
1.11.1
Benoem die stylfiguur in hierdie sin.
(1)
1.11.2
Hoe het die agterplaas gelyk? Verduidelik in jou eie woorde.
(1)
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
5
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
1.12
Haal ’n sin uit paragraaf 8 aan wat wys dat Tumelo se pa nou anders oor die
projek voel.
(1)
1.13
“Dit is jou voete na ’n beter toekoms.” (Reël 29)
1.13.1
Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
Die woord “voete” word hier (letterlik/figuurlik) gebruik.
(1)
1.13.2
Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.13.1.
(1)
1.14
Sou jy graag saam met Tumelo aan die fietse wou werk? Motiveer jou
antwoord.
(1)
TEKS B: GRAFIESE TEKS
Bestudeer die grafiese teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Loop
Taxi
Skoolbus
Motor
Fiets
Ander
0
20
40
60
80
100
84
46
32
20
12
6
Getal leerders
HOE KOM ONS SKOOL TOE?
’n Opname is onder 200 leerders van Hoërskool Rivierplaas gedoen.
Leerders wat loop, stap gemiddeld 45 minute skool toe – en 45 minute terug huis toe!
[Eksaminator se eie teks. Die skool en die syfers is fiktief.]
1.15
Hoeveel leerders het aan die opname deelgeneem?
(1)
1.16
Hoe kom die meeste leerders by die skool?
(1)
1.17
Hoeveel meer leerders ry met ’n taxi as met die skoolbus?
(1)
1.18
Watter persentasie van die leerders ry met ’n fiets skool toe?
(1)
1.19
Hoeveel tyd bestee ’n leerder wat loop ELKE DAG om skool toe en terug te
stap?
(1)
1.20
Hoe sou ’n projek soos Tumelo s’n (TEKS A) hierdie grafiek by Hoërskool
Rivierplaas kon verander?
(1)
TOTAAL AFDELING A:
30
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
6
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Die eksamen is naby en baie leerders weet nie hoe om reg te leer nie. Lees die teks hieronder
en voer die instruksies uit.
INSTRUKSIES
1.
Som SEWE wenke op oor HOE OM SLIM VIR ’N EKSAMEN TE LEER.
2.
Skryf die wenke in jou EIE VOLSINNE neer.
3.
Nommer die sinne van 1 tot 7.
4.
Skryf net EEN feit per sin neer.
5.
Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
6.
Dui die getal woorde wat jy gebruik het aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
LEER SLIM, NIE NET HARD NIE!
Ken jy die gevoel? Dis die aand voor die eksamen, jou boeke lê oral rond en jy weet nie
waar om te begin nie. Moenie paniekerig raak nie – met ’n bietjie beplanning kan jy baie
beter presteer.
Begin vroeg. Maak minstens drie weke voor die eksamen ’n studierooster en skryf neer
watter vak jy op watter dag gaan leer.
Kies ’n vaste plek om te leer. Dit moet stil wees en daar moet goeie lig wees. ’n Netjiese
lessenaar help jou om te fokus.
Jou selfoon is jou grootste vyand as jy leer. Skakel dit af of gee dit vir jou ma om op te pas
totdat jy klaar is.
Niemand kan drie uur aaneen konsentreer nie. Leer eerder 30 tot 40 minute op ’n slag en
neem dan ’n kort blaaskans. Gaan stap byvoorbeeld ’n bietjie buite of drink ’n glas water.
Moenie net jou handboek lees en weer lees nie. Maak opsommings en breinkaarte –
wanneer jy self skryf, onthou jy beter.
Toets jouself. Beantwoord vrae uit ou vraestelle of vra ’n vriend of familielid om jou vrae te
vra.
Laastens: slaap goed die aand voor die eksamen. ’n Moeë brein vergeet maklik, al het jy
hoe hard geleer.
Onthou, die eksamen is nie die einde van die wêreld nie. Sterkte!
[Eksaminator se eie teks]
TOTAAL AFDELING B:
10
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
7
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
• Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer.
• Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord
moet word.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS D
SPLASH!
SWEMSKOOL – POLOKWANE
Leer swem – dit kan jou lewe red! (3.3)
⋆
(3.9)
Ons bied aan:
• lesse vir beginners (4–8 jaar)
• lesse vir kinders (9–16 jaar)
• wedstrydafrigting, bv. (3.4) vir galas
• lewensreddingskursusse
Ons swembad is verhit – swem selfs in die
winter! (3.7)
Ons afrigters is almal gekwallifiseerd. (3.2)
Wanneer? Lesse vind (op/in) Saterdae plaas, van 08:00 tot 12:00. (3.8)
Prys: R450 per kind per maand.
Gesinsafslag: Die tweede kind uit dieselfde gesin kry 20% afslag! (3.6)
Spesiaal: Die eerste les is gratis vir die eerste 50 kinders wat inskryf. (3.10)
Ons swembad is die beste in Limpopo! (3.5)
Skakel vir Lindiwe by 000 000 0000 of besoek ons webwerf. (3.1)
[Eksaminator se eie teks. Die swemskool en kontakbesonderhede is fiktief.]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
8
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
3.1
Vir wie is hierdie advertensie bedoel? Noem EEN teikengroep.
(1)
3.2
Verbeter die SPELFOUT in die sin.
Ons afrigters is almal gekwallifiseerd.
(1)
3.3
“Leer swem – dit kan jou lewe red!”
Waarom kan swem ’n mens se lewe red? Gee EEN rede.
(1)
3.4
Skryf die AFKORTING “bv.” voluit.
(1)
3.5
Ons swembad is die beste in Limpopo!
Motiveer waarom hierdie stelling ’n MENING is.
(1)
3.6
Lerato en haar boetie gaan albei by Splash! swem. Hoeveel moet hul ouers
per maand vir haar boetie (die tweede kind) betaal?
(1)
3.7
Waarom noem die adverteerder dat die swembad verhit is?
(1)
3.8
Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.
Lesse vind (op/in) Saterdae plaas.
(1)
3.9
Hoe ondersteun die prent die boodskap van die advertensie? Gee EEN rede.
(1)
3.10
Skryf die getal in die sin hieronder in WOORDE.
Die eerste les is gratis vir die eerste 50 kinders wat inskryf.
(1)
[10]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
9
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
VRAAG 4: STROKIESPRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) hieronder gebaseer.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS E
RAAMPIE 1
RAAMPIE 2
RAAMPIE 3
RAAMPIE 4
HUISWERK
Thabo, waar is
jou huiswerk?
Ekskuus, Juffrou, ons
hond het dit opgevreet!
Maar Thabo, julle het
mos nie ’n hond nie!
?!
Ons het gister een gekry, Juffrou
… spesiaal vir my huiswerk.
DETENSIE
14:30
Volgende keer doen ek
dit sommer net self …
[Eksaminator se eie strokiesprent]
Beskrywing van die prente: RAAMPIE 1: Juffrou staan voor die bord waarop “HUISWERK” geskryf
is; Thabo sit agter sy lessenaar. RAAMPIE 2: Juffrou staan met haar hande op haar heupe en frons.
RAAMPIE 3: Thabo sit agter sy lessenaar; sweetdruppels spat van sy kop af. RAAMPIE 4: Thabo sit
alleen in die klas. Op die bord staan “DETENSIE” en die horlosie wys 14:30.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
10
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
4.1
Waar speel hierdie strokiesprent af?
(1)
4.2
Skryf Juffrou se woorde in RAAMPIE 1 in die INDIREKTE REDE.
Juffrou vra: “Thabo, waar is jou huiswerk?”
Begin só: Juffrou vra vir Thabo …
(1)
4.3
Waarom gebruik Thabo die woord “opgevreet” en nie “opgeëet” nie?
(1)
4.4
Kyk na RAAMPIE 2.
Hoe voel Juffrou? Gee EEN visuele bewys vir jou antwoord.
(2)
4.5
Waarom glo Juffrou NIE Thabo se verskoning nie?
(1)
4.6
Kyk na RAAMPIE 3.
Gee EEN visuele leidraad wat wys dat Thabo senuweeagtig is.
(1)
4.7
Wat is die funksie van die beletselteken (…) in RAAMPIE 3?
(1)
4.8
Skryf die sin in die ONTKENNENDE VORM.
Ons het gister ’n hond gekry.
(1)
4.9
Kyk na RAAMPIE 4. Watter les het Thabo geleer?
(1)
[10]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
11
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) hieronder
gebaseer.
• Die nommering in die artikel verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord moet
word.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
5.1
Lees die artikel en beantwoord die vrae.
TEKS F: ARTIKEL
TANNIE MARIA SE HONDE
In ’n klein huisie aan die buitewyk van Kuruman woon tannie Maria Smit saam met twintig
(5.1.1) (hond) en een ou (5.1.2) (kat). Al die diere is van die straat af gered.
(5.1.3) (Tannie Maria begin die hondehuis in 2019.) Die eerste hond wat sy gevind het, was
baie (5.1.4) (maer) en siek. Vandag is dié hond (5.1.5) (groot) as al die ander honde.
(5.1.6) (Vrywilligers was die honde elke Saterdag.) Tannie Maria gee die honde elke dag
(5.1.7) (honde + kos). “Ek is lief (5.1.8) (…) elkeen van hulle,” sê sy.
(5.1.9) (Tannie Maria vra skenkings. Hondekos is baie duur.) Verlede maand het sy haar
(5.1.10) (100) hond aan ’n nuwe gesin gegee. Die (5.1.11) (DBV) help haar soms met
entstof.
(5.1.12) (Sy het al iets van die regering gekry.) (5.1.13) (Die honde slaap saans in die
kombuis.) Die honde is baie (5.1.14) (gelukkig) in hul nuwe huis.
[Eksaminator se eie teks. Die name is fiktief.]
5.1.1
Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.
Tannie Maria woon saam met twintig (hond).
(1)
5.1.2
Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.
Sy het ook een ou (kat).
(1)
5.1.3
Skryf die sin in die VERLEDE TYD.
Tannie Maria begin die hondehuis in 2019.
(1)
5.1.4
Gee die ANTONIEM (teenoorgestelde) van die woord tussen
hakies.
Die eerste hond was baie (maer) en siek.
(1)
5.1.5
Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies.
Vandag is dié hond (groot) as al die ander honde.
(1)
5.1.6
Skryf die sin in die LYDENDE VORM.
Vrywilligers was die honde elke Saterdag.
(1)
5.1.7
Gee die korrekte SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.
Tannie Maria gee die honde elke dag (honde + kos).
(1)
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
12
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
5.1.8
Vul die ontbrekende VOORSETSEL in.
Ek is lief (…) elkeen van hulle.
(1)
5.1.9
Verbind die TWEE sinne met die VOEGWOORD omdat.
Tannie Maria vra skenkings. Hondekos is baie duur.
(1)
5.1.10
Skryf die getal tussen hakies as ’n RANGTELWOORD in woorde.
Verlede maand het sy haar (100) hond aan ’n nuwe gesin gegee.
(1)
5.1.11
Skryf die AFKORTING tussen hakies voluit.
Die (DBV) help haar soms met entstof.
(1)
5.1.12
Skryf die sin in die ONTKENNENDE VORM.
Sy het al iets van die regering gekry.
(1)
5.1.13
Skryf die sin as ’n VRAAGSIN. Begin jou sin met die werkwoord.
Die honde slaap saans in die kombuis.
(1)
5.1.14
Gee ’n SINONIEM vir die woord tussen hakies.
Die honde is baie (gelukkig) in hul nuwe huis.
(1)
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1
13
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
5.2
Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS G: PRENT
VARS VRUGTE
3 vir R10
tannie Joyce
Kabelo
[Eksaminator se eie prent]
5.2.1
Gee die MANLIKE VORM van die woord tussen hakies.
Tannie Joyce is ’n (verkoopster) by die mark.
(1)
5.2.2
Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.
Daar lê drie (piesang) op die tafel.
(1)
5.2.3
Vul die korrekte VOORSETSEL in.
Die kat slaap (…) die tafel.
(1)
5.2.4
Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.
Tannie Joyce verkoop die (rooi) appels in die hele mark.
(1)
5.2.5
Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.
Kabelo (koop/verkoop) vrugte by tannie Joyce.
(1)
5.2.6
Skryf die sin in die TOEKOMENDE TYD.
Kabelo betaal R10 vir die appels.
(1)
[20]
TOTAAL AFDELING C:
40
GROOTTOTAAL:
80
Kopiereg voorbehou
Matching paper and memo
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Afrikaans FAL Grade 10 P2 November Mock 2026 Question Paper (Afr)

Question paper
Afrikaans FAL Grade 10 P3 November Mock 2026 Question Paper (Afr)

Question paper
Afrikaans FAL Grade 10 P1 November Mock Exam 2 2026 QP (Afr)

Question paper
Afrikaans FAL Grade 10 P2 November Mock Exam 2 2026 QP (Afr)

Question paper
Afrikaans FAL Grade 10 P3 November Mock Exam 2 2026 QP (Afr)

Question paper
Afrikaans Fal Grade 10 P1 North West June 2019 QP (Afr)
Related documents

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 P2 November Mock 2026 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 P3 November Mock 2026 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 P1 November Mock Exam 2 2026 Memo (Afr)

Question paper
Afrikaans Fal Grade 10 P1 North West June 2018 QP (Afr)

Question paper
Afrikaans Fal Grade 10 P1 North West June 2017 QP (Afr)

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 P2 November Mock Exam 2 2026 Memo (Afr)
More from Grade 10 Afrikaans FAL

Study guide
Gr10 AFR EAT OG SG LR

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 10 P3 November Mock Exam 2 2026 Memo (Afr)

Annual teaching plan
Gr 10 Afrikaans FAL ATP 2023 24

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 10 North West June 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 10 North West June 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
