Skip to content

Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2012 QP

Question paperAfrikaans HLGrade 1120129 pages

Grade 11 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape November 2012, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape November 2012

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2012 AFRIKAANS HUISTAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRHL3* Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2012) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (30) AFDELING C: Korter Tekste: Transaksionele, Naslaan- en Informatiewe Tekste (20) 2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling. 3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. ʼn breinkaart/diagram/vloeidiagram/kernwoorde, ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal word. 7. Jy behoort ongeveer 80 minute aan AFDELING A, 40 minute aan AFDELING B en 30 minute aan AFDELING C te bestee. 8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Voorsien elke teks van ʼn gepaste titel/opskrif. LET WEL: Die titel/opskrif word nie in aanmerking geneem as die woorde getel word nie. 10. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 AFDELING A: KREATIEWE TEKSTE (OPSTEL) VRAAG 1  Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn OPSTEL van 400 tot 450 woorde.  Jy moet jou skryfwerk beplan en bewyse van beplanning/redigering gee.  Dui die vraagnommer en die onderwerp duidelik by die finale skryfstuk/teks aan.  Dui die lengte van jou skryfwerk aan. Tel die woorde en dui dit tussen hakies aan die einde van die skryfstuk aan.  LET WEL: Trek ʼn streep deur die beplanning NADAT jy jou finale poging oorgeskryf het. 1.1 Dit gebeur so vinnig. Daar’s ʼn harde ontploffing in my kop … [50] OF 1.2 AGTER GLAS [50] OF 1.3 Die kuberruim gons 24/7 soos mense gesels en inligting deel, maar dit vernietig die mens se sosiale lewe! [50] OF
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2012) 1.4 “Neem my saam in die holte van jou hart Bêre my naam in jou hemp se laaste vou” [Nataniël – uit Saam] [50] OF 1.5 Hompie word weer heel [50] OF 1.6 1.6.1 (Internet) [50] OF
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 1.6.2 [50] OF
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2012) 1.6.3 [Internet Ben Goossens] [50] TOTAAL AFDELING A: 50
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7 AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2  Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn skryfstuk van 180 tot 200 woorde.  Jy moet jou skryfwerk beplan en bewyse van beplanning/redigering gee.  Dui die vraagnommer en die onderwerp duidelik by die finale skryfstuk/teks aan.  Dui die lengte van jou skryfwerk aan. Tel die woorde en dui dit tussen hakies aan die einde van die skryfstuk aan.  LET WEL: Trek ʼn streep deur die beplanning NADAT jy jou finale poging oorgeskryf het. 2.1 BEDANKINGSBRIEF Skryf ʼn BEDANKINGSBRIEF na aanleiding van EEN van die onderstaande pluimpies. Verskaf besonderhede oor die diens/optrede/voorval waarin jy ook aandui wat die diens of optrede so besonders maak. Dankie vir puik diens. Julle het my soos ʼn koning laat voel! [30] OF 2.2 BRIEF VAN GELUKWENSING Skryf ʼn brief van GELUKWENSING namens die leerders van jou skool aan ʼn oudskolier wat presteer het. [30] OF 2.3 DIALOOG Jou vriend/vriendin beleef ʼn groot krisis en bel jou. Skryf julle dialoog neer. [30] OF 2.4 TOESPRAAK Jy word gevra om die graad 11-leerders van jou skool toe te spreek. Skryf die TOESPRAAK waarin jy hulle onder andere wys op die “moets en moenies” wat op hulle tydens hul matriekjaar wag. [30] TOTAAL AFDELING B: 30
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2012) AFDELING C: KORTER TEKSTE: TRANSAKSIONELE/NASLAAN-/ INFORMATIEWE TEKSTE VRAAG 3  Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn skryfstuk van 100 tot 120 woorde.  Jy moet jou skryfwerk beplan en bewyse van beplanning/redigering gee.  Dui die vraagnommer en die onderwerp duidelik by die finale skryfstuk/teks aan.  Dui die lengte van jou skryfwerk aan. Tel die woorde en dui dit tussen hakies aan die einde van die skryfstuk aan.  Grafiese ontwerp mag gebruik word, maar dit tel nie punte nie.  LET WEL: Trek ʼn streep deur die beplanning NADAT jy jou finale poging oorgeskryf het. 3.1 UITNODIGING Jy dien in die komitee wat die jaarlikse Sport en Kultuur Prestige-aand reël. NOOI die ouers, onderwysers en hooggeplaastes in die gemeenskap na die geleentheid uit. [20] OF 3.2 INSTRUKSIES ʼn Vreemdeling wil julle skool kom besoek, maar benodig leiding. Skryf rigtingaanwysings vir hom/haar neer oor hoe om by die skool uit te kom. Jou rigtingaanwysings moet puntsgewys aangebied word. [20] OF 3.3 ADVERTENSIE Ontwerp ʼn ADVERTENSIE vir die Suid-Afrikaanse Bloeddiens na aanleiding van: NEEM ’N OOMBLIK EN GEE LEWE. Hierdie advertensie gaan gebruik word om bloedskenking by jou skool te adverteer. LET WEL: Dié is ʼn informatiewe teks. Jy sal dus GEEN punte vir versiering verdien nie. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 11 Afrikaans HL

View all