Downloaded from hlayiso.com
NELSON MANDELA BAAI
DISTRIK
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V2
JUNIE 2023
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 80
TYD: 2 ½ uur
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 18 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape June 2023 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape June 2023, 18 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape June · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape June
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 375.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Eastern Cape June 2023
- Paper 2Memo
- Other filesQuestion paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE JUNIE 2023
RIGLYNE VIR NASIENERS
1. Indien 'n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die kontekstuele vraag
oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2. Indien 'n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord het, word
die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3. Indien 'n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre opstelle
beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer.
Indien 'n kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord het, word die eerste
antwoord in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord
is.
4. Indien 'n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede
antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer.
5. Indien antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die nasienriglyne
nagesien.
6. Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. Indien 'n spelfout die betekenis van
die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. Indien die spelfout nie die betekenis van die
antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.
7. Opstelvrae:
Indien die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer
nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. Indien die literêre opstel te lank is, assesseer
dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die nasienriglyne is slegs 'n riglyn,
daarom moet ander relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke
om die opstelvrae na te sien.
8. Kontekstuele vrae:
Indien 'n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar 'n vraag dit vereis nie, word die
kandidaat nie gepenaliseer nie.
9. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE.
Die rede/motivering moet oorweeg word.
10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
rede/motivering/bewys verdien die punt.
11. Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na.
12. Vir hierdie eksamen geld die volgende eksamenriglyne vir die opstelvraag:
• Lees die opstelvraag die eerste maal en toon die reeks treffende argumente met die
ooreenstemmende kode aan.
• 'n Reeks treffende argumente is stellings wat met:
o relevante verduideliking gemotiveer word./
o korrekte, gepaste aanhalings uit die roman/drama/gedig gemotiveer word./
o geparafraseerde aanhalings uit die roman/drama/gedig gemotiveer word.
• 'n Treffende argument is nie noodwendig in die formaat punt, verduideliking én illustrasie
nie.
• Lees die opstelvraag 'n tweede maal om die struktuur en taal te assesseer. Taalfoute word
met onderstreping aangedui.
Die aantal kodes in die opstelvraag word nie getel om 'n bepaalde punt by inhoud toe te ken nie.
2
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE JUNIE 2023
AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.
LET WEL:
• Dis 'n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
ARGUMENTE WORD AANGEBIED EN ONDERSTEUN OF GEïLLUSTREER DEUR NA
DIE TEKS TE VERWYS.
ARGUMENT ONDERSTEUNENDE BEWYS OF
AANHALING/PARAFRASE
Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.
Reeds in die titel gaan dit Die woord maaltyd herinner
oor herinneringe van die spreker aan tye wanneer
maaltye – ontbyt; die klokkie gebruik is en dit
middagete en aandete. herinner hom weer aan sy
ou moeder.
Die metafoor in versreël 1 Die moeder se netjiese versreël 1 “Ou moeder met
is ‘n herinnering aan die voorkoms lyk net soos die haar hoepelrokkie”
spreker se moeder. tafelklokkie wat in die vorm
van ‘n netjies geklede dame
is.
Die klokkie se gevoude Die spreker sien die klokkie versreël 2 “staan hande
hande herinner die se gevoude hande en die gevou”
spreker aan sy/haar herinnering aan die spreker
moeder se tafelgebede. se ma wat altyd gereed was
om die tafelgebed te doen,
word herroep.
Die gedekte tafel herroep Die spreker word herinner versreël 5 “die blou bord en
die herinnering aan aan hoe en waarmee die die skoon servet”
etenstye. tafel gedek was.
Die bril en Bybel herinner Die beeld roep weer die versreël 6 “die helder bril,
die spreker aan die herinnering aan die spreker die Bybel oop”
moeder. se godsdienstige ma op.
Die portret van die ma is ‘n Die portret van die ma is ‘n versreël 7 “en teen die hoë
visuele herinnering. visuele herinnering aan haar muur haar groot portret”
dood.
Die woorde “hou” en Die herinneringe bly by die versreël 8 “hou my aan haar
“steeds” dui aan dat die spreker, dit is onlosmaaklik steeds vasgeknoop”
herinneringe blywend is. deel van hom/haar.
“Vasgeknoop” bevestig Die spreker se ma is verbind versreël 8 “hou my aan haar
hy/sy is verbind aan aan hom/haar. steeds vasgeknoop”
sy/haar moeder.
3
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE JUNIE 2023
Die blink buffet in versreël Die blink buffet herinner die versreël 9 “En op die gladde,
9 herinner die spreker aan spreker aan sy/haar ma wat blink buffet”
sy/haar ma. ‘n netjiese, presiese vrou
was, net soos die netjiese,
goed opgepaste buffet.
Die buffet wat in die lig Die buffet, wat in die lamp se versreël 9-11 “en op die
blink herinner die spreker lig blink, herinner die gladde, blink buffet,
aan sy/haar ma. spreker aan hoe sy/haar ma glimmend in die skerp lig
se weerkaatsing tydens die van die lamp, skyn sy nou in
tafelgebed in die buffet die seëngebed”
gesien kon word.
Die spreker word herinner “Wasige damp” herinner die versreël 12 “leef sy nou in
aan die kos wat die spreker aan die kospotte die wasige damp.”
Moeder voorberei het. wat die moeder voorberei
het.
Die beeld van die Die verandering van kleur is versreël 13 – 16 “Sy was
verouderde klokkie is ‘n die ouderdom wat die eers goud, heel later silwer,
herinnering aan die moeder aftakel - kringloop nou’s sy koper waar sy
moeder wat verouder het. van die lewe. Goud – in fleur staan, maar met elke lui dan
van haar lewe; silwer die skilfer
middeljare en koper is oud. af ... die grasgroenspaan.”
Die spreker se herinnering Die suggestie dat hoe meer versreël 15 – 16 “maar met
aan sy/haar moeder sal die spreker die klokkie elke lui dan skilfer
sterker word. gebruik, hoe meer sal die af ... die grasgroenspaan.”
spreker aan sy/haar moeder
dink en hoe varser raak die
herinneringe.
Die gedig bestaan uit 4 Die vaste struktuur en
kwatryne en kruisrym. strofebou pas by die
ordelikheid, presiesheid en
netheid van die ma.
Die gedig het ‘n vaste Die vaste strofebou sluit aan
strofebou, aangesien daar by die ordelikheid en
4 kwatryne is. presiesheid wat tydens
maaltye by die ma se
huis geheers het.
Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.
[10]
4
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE JUNIE 2023
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
“Maaltyd” - Peter J. Philander
Vraag Antwoord Punt Vlak
2.1 Klaaglied/treurlied/treursang√ 1 1
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan.
Hy spot deur te oordryf, hy skryf ʼn treurlied oor die einde van die
verhouding terwyl hy haar nog nie eers ontmoet het nie. √ 1 4
2.2.1 Hy is onseker waar die ontmoeting plaasgevind het.√ 1 1
2.2.2 Beklemtoon onsekerheid van plek van ontmoeting. √ 1 3
2.2.3 Geluk wat verliefde paartjies ervaar. √ 1 2
2.3 ‘n Mens sal juis verwag dat die biduur meisie opreg is en haar
verhouding langer sal duur.√ 1 5
2.4 Hy het min kontak met sy ouers/ken hulle nie werklik nie/ Dit mag 1 3
sy stiefma wees √
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan.
2..5.1 Metafoor √ 1 2
2.5.2 Ja. Sy ouers dien as sekuriteit. √ 1 4
2.6 Hy moet nou konvensies eerbiedig/ hy moet nou ‘n gesinsmens
wees√ 1 5
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
[10]
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
“Die Bokser” – Ernst van Heerden
Vraag Antwoord Punt Vlak
3.1 ‘n Abstrakte begrip word letterlik voorgestel.√ 1 1
3.2 Dit verwys letterlik na die tou van die kryt wat grense stel./ Dit dui
op die beperkte ruimte/afgebakende gebied waarin die geveg
plaasvind. √ 1 1
Figuurlik dui dit op beperkings/reëls waarbinne die geveg van die
lewe plaasvind. √ 1 2
3.3 Die strofebou is koeplette en die rymskema is paarrym√ 1 4
5
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE JUNIE 2023
Die kandidaat moet beide noem vir EEN punt.
Beide sluit aan by die twee figure in die kryt.√ 1 4
3.4 Dit is funksioneel, dit beklemtoon die krag van die hou/ harde
slag.√ 1 5
3.5.1 Elisie√ 1 1
Dit sluit aan by die ritme/ metrum van die gedig.√ 1 3
3.5.2 Dit betrek die leser. √ 1 3
3.6 Die dood is onvermydelik/ die mens is magteloos teen die
dood.√ 1 5
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan.
[10]
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
“Suiwer Wiskunde” – N.P. van Wyk Louw
Vraag Antwoord Punt Vlak
4.1. Denotatief – die horlosie val om√ 1 1
Konnotatief – die tyd staan stil√ 1 1
4.2.1 Vergelyking.√ 1 3
4.2.2 Die vergelyking is geslaagd. Die lug wat stilstaan sluit aan by die
beeld van water wat nie meer beweeg wanneer dit ys raak nie. √ 1 5
4.3 Dit is funksioneel, want die voor- en agterplasing hef die woorde
uit. 1 5
4.4.1 Die woorde dui op die bewegings wat branders maak. √ 1 2
4.4.2 Die woord “wou” dui aan dat dit nie gebeur het nie aangesien die
tyd stilstaan.√ 1 4
4.4.3 Die kommas beklemtoon al die werkwoorde.√ 1 3
4.5 Daar is depressief/ terneergedruk.√ 1 3
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan.
4.6 “uur” na “ewigheid”/ “brander” na “see”√ 1 2
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan.
[10]
6
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE JUNIE 2023
EN
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
“Waar ek woon” – Karen Pienaar
Vraag Antwoord Punt Vlak
5.1 Herhaling√ 1 1
Dit bind die gedig tot ‘n eenheid/ koppel die titel aan die res van
die gedig/ beklemtoon dat dit baie anders is waar die spreker
woon√ 1 3
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan.
5.2 Vrye vers.√ 1 2
Geen vaste rymskema/ baie enjambemente/ gebrek aan
hoofletters en leestekens/ geen vaste strofebou/ wisselende 1 1
verslengte√
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan.
5.3.1 personifikasie√ 1 3
5.3.2 Alliterasie/ fluister Vlambome√ 1 3
5.3.3 Die alliterasie is funksioneel. Dit verbind die woorde klankmatig/
beklemtoon die fluister-gedagte√ 1 5
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan.
5.4 Die spreker impliseer dat hy/sy nie meer geld vir die maand het
nie/ die geld raak min√ 1 3
5.5 alleenplasing√ 1 1
5.6 Daar is iets mooi te vind waar jy ookal woon/sien die mooi in die
lewe raak/ wees tevrede met wat jy het of waar jy jou 1 5
bevind/hoewel die omstandighede kan verskil, hetalmal ‘n plekkie
in die lewe√
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
7
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE JUNIE 2023
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis 'n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
LET WEL: Voorgestelde kodes: Emosionele Krisis - EK
Leefwêreld – L
STELLING ONDERSTEUNENDE bewys of aanhaling/parafrase
Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.
Stelling Stelling/Argument Aanhaling
Tieners kan identifiseer Greg is ‘n matriekleerder “My laaste skooljaar het
met die hoofkarakter. wat die uitdagings van ‘n aangebreek...wat is jou planne
matrikulant in die oë staar. vir die pylvak?’
Greg ervaar akademiese Sy pa verwag aan die einde “As ek vanjaar by Turret Media
druk wat veral sy pa op van die jaar nege dieselfde doen as verlede jaar,
hom plaas. onderskeidings van hom. haal my mededingers my in.”
Greg het nie ‘n goeie Die druk sowel as die feit “Ek het nie gehuil toe John
verhouding met sy pa dat hy nie toegelaat is om dood is nie. ‘Jy sal nie!’ Het my
nie. oor John te huil nie dryf ‘n pa beveel.”
wig tussen hom en sy pa in.
Greg se pa se prioriteite Sy vrou is eensaam en “ Turret media. Sy lewe draai
is ook by sy werk en nie daar is geen verhouding om die plek.” “ waar sy net
by sy gesin nie. tussen hom en sy seun en huishulpe en die televisie as
vrou nie. geselskap sal hê.”
Greg voel jammer vir sy Hy weet nie wat om “Einlik kry ek haar jammer.”
ma. daaromtrent te doen nie.
As tiener voel hy
magteloos.
Ook die skoolhoof, Dok Tydens die eerste “sakeleiers van die
Pienaar, plaas druk op saalbyeenkoms lê hy klem toekoms...uitmuntende
die matrieks. op die feit dat dit hulle prestasie...toekomsgerigtheid.”
matriekjaar is en hoe
belangrik harde werk vir
hul uitslae en toekoms is.
Op sportgebied word Greg is ‘n kranige atleet en “Ons gaan jou nodig kry met
daar ook druk op Greg daar word verwag dat hy die atletiek, maar gelukkig is
geplaas. goed sal presteer. die 100m jou sterk punt.”
Hy is ook deel van die “Dok is reg, daar is ander
eerste rugbyspan en ook ouens wat vleuel kan speel vir
8
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE JUNIE 2023
daar moet hy oefeninge die eerste span. Dalk beter as
getrou bywoon en ek.”
Saterdae tydens
wedstryde presteer.
Die ruimte is by uitstek Die roman speel in ‘n skool “So, dit is waar ek nou is.
dié van ‘n tiener. en koshuis af. Lawson Kollege. Die moderne
skoolgeboue en nog verder
weg die koshuise.”
Greg is die hoofseun van Die verwagtinge is dat hy “Tonight VRL-
die skool. RVL-vergaderings sal reël, vergadering. Wie het dit
die gr.8’s sal wakker maak gereël? I did. Vir wat, ek is
en sy diensbeurt nakom hoofseun.”
wanneer hy hul na die kerk “Is jy nie aan diens by die graad
moet vergesel. Hy is ook 8’s nie?”
verantwoordelik vir die “ ‘Waar’s die blinddoeke?’ vra
Trapperritueel. ek.”
Daar word ook as “ Jy weet ons mag nie ‘n bier
hoofseun van hom verwag inbring skool toe nie, sê ek met
om die koshuisreëls na te my hoofseunstem.”
kom en af te dwing – nie
alkohol te gebruik nie en
toe te sien dat leerders nie
op die terrein rook nie en
nie na ligte uit in die
koshuis rondloop nie.
Greg is net soos menige Soos enige ander “Twee yskoue Castles. Ek weet
ander tieners. matriekleerder/tiener kom ek is veronderstel om so iets te
hy nie noodwendig al die rapporteer, maar ek besluit:
reëls na nie. what the hell.”
Soos menige ander tieners “...ek like dit nie as sy oor
is hy in ‘n verhouding – hy Eckardt uitvra nie...Dis alles
is aanvanklik onseker oor daardie aand in Jeffrey’s se
sy gevoel vir Nicole, maar skuld.”
aan die einde van die
roman kan hy vir haar sê
dat hy haar liefhet.
Hy twyfel ook op ‘n “Oukei, miskien is ek ne
stadium oor haar simpel, maar as Nicole vra oor
getrouheid aan hom en Eckardt, gaan iets aan die
wonder of daar iets in kriewel binne-in my maag.”
Jeffreysbaai tussen haar
en Eckardt gebeur het.
Greg ontwikkel ‘n noue Greg maak in sy
vriendskap met Eckardt. matriekjaar ‘n nuwe vriend
– Eckardt – ‘n nuwe
leerder in die skool.
Hy ervaar Eckardt “Hy moet nie dink hy kan hier
aanvanklik as arrogant, aankom met ‘n houding nie”
maar sy siening van hom
9
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE JUNIE 2023
verander mettertyd –
“hardegat word sagtegat”.
Eckardt leer vir Greg om te “...het jy al ‘n computer try
hack en die gevoel van hack?”
opgewondenheid vervang
die leemte wat sy broer
John se liefde vir extreme
sport by hom gelaat het.
Hy deel geheime met “Ek sou tevrede wees met ‘n
Eckardt – hy vertel hom gemiddelde skool in ‘n
van John se selfmoord, dat gemiddelde woonbuurt met
sy pa uitermatige hoë gemiddelde punte”
verwagtinge van hom het
en dat hy eintlik wens dat
hy net ‘n gemiddelde
leerder, met gemiddelde
vermoëns en rykdom het.
Om hierdie rede is dit vir “Die oomblik is soos ‘n
hom ‘n reuseskok wanneer reusegolf wat my alleen op ‘n
Eckardt sy ware karakter strand kry, oor my breek en my
ontbloot en dit aan die lig platvee.”
kom dat Greg slegs ‘n pion
in sy wraakplan was – hy
verloor sy vertroueling en
beste vriend.
Greg se gesin se lewe Daar is ‘n groot “Sy, sersant Cele en die ander
word nadelig beïnvloed. moontlikheid dat sy pa polisie-eenhede sal mettertyd
tronk toe kan gaan. van hom uitvind. Ek kan dit nie
keer nie.”
Greg se eie betrokkenheid
by hacking mag daartoe lei
dat hy geskors kan word.
Greg is deel van ‘n eens Greg en TJ speel gereeld “Jy het nog nooit jou deur
hegte vriendekring. skaak, maar Eckardt slaag gesluit nie...Maar ons is tog jou
in sy plan om hom van sy pelle.”
vriende te isoleer en al sy
aandag aan die opsporing
van Eckardt te skenk.
Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan. [25]
10
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE JUNIE 2023
VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt Vlak
7.1 Greg en Eckardt is in Eckardt se kamer en Greg het pas ‘n les in
kuberkrakery gehad. √ 1 3
Die wie, wat en waar moet genoem word.
7.2 Die skootrekenaar wat Eckardt gelos het, het nie die plakker
gehad nie en dit is hoe Greg besef het dat dit nie Eckardt se
skootrekenaars was nie.√ 1 3
7.3 Hy het ‘n passie vir rekenaars/ kuberkrakery.√ 1 3
7.4 John is Greg se broer/ Hy was ook Greg se beste vriend/ 2 2
Hy het vir Greg aan extreme sport bekendgestel/ Hy was Greg se
rolmodel√√
Die woord impliseer dat sy pa hom by ‘n vorige geleentheid/ 1 5
geleenthede forseer het om iets te doen.√
7.5 Ouers wat hul kinders forseer om te presteer.√ 1 4
Greg se pa forseer hom om akademies te presteer – hy verwag 1 3
nege onderskeidings.√
7.6 Ja
Matriekouers moet hul kinders toelaat om hul eie besluite oor hul
toekoms te neem.
OF
Nee
Greg se pa gaan sy studies betaal en dus het hy ‘n sê in Greg se
besluit.√
1 4
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
7.7 Eckardt sê dat hy nie vir Greg se pa ken nie, maar hy weet
presies wie Greg se pa is.√ 1 3
Die kandidaat bied albei dele van die ironie vir EEN punt aan..
“Daar is ‘n vreemde glinstering in Eckardt se oë toe hy dit sê.”√ 1 2
7.8 Clarens√ 1 3
Eckardt verskyn op die toneel.√ 1 3
7.9 Die eerste gedeelte is ‘n herhaling uit die proloog√ en ons tref ‘n 1 3
derdepersoonsverteller aan. √ 1 2
11
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE JUNIE 2023
Die tweede gedeelte van die uittreksel is uit die verhaallyn in die 1 3
verlede√ uit die oogpunt van ‘n eerstepersoonverteller.√ 1 2
7.10 Ekk-0√ 1 1
Hy gebruik dit wanneer hy besig is met kuberkrakery√ 1 3
7.11 Wat van sy pa geword het.√ 1 1
Die eggo’s van die Zulu-krygsmanne in die berge/ die stemme van 2 2
die Trappers wat in die tonnels eggo/ die herinneringe aan John
wat by Greg eggo/ die werklike eggo’s van Greg en Eckardt se
stemme wanneer hulle gaan perdry/ John wat in Eckardt eggo√√
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
7.12 Hy was besig om Eckardt te probeer opspoor deur middel van
kuberkrakery√ 1 1
Hy was besig om indirek Project Nursery Rhyme en sy pa (en Dok 1 1
Pienaar) te ontmasker√
Dit sou beteken dat sy pa dalk tronk toe gaan√ 1 3
7.13 Ja, dit pas by die ware Eckardt/ dit is ‘n jeugverhaal/ verhaal oor
rekenaars en kuberkrakery/ tieners praat so en daarom is dit 1 4
geloofwaardig√
Die kandidaat kan nie NEE as antwoord aanbied nie.
[25]
TOTAAL AFDELING B: 25
12
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE JUNIE 2023
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 8: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis 'n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
LET WEL: Voorgestelde kodes: Taalgebruik - T
Godsdienstige verwysings – GV
Sosiale misdrywe – SM
Ruimte en milieu – RM
Protes teen regeringstelsel: P
Uitsiglose bestaan - UB
STELLING ONDERSTEUNENDE bewys of aanhaling/parafrase
Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.
Stelling Stelling/Argument Aanhaling
Taalgebruik:
Die taalgebruik is feitlikDie meeste karakters Bl. 6: Wêk toe! Sê’k nie!
sonder uitsondering gebruik Kaapse Afrikaans. Lonely hearts! Massage
Kaapse Afrikaans. Die enigste uitsondering is parlour! Fancy names!
Mister Cavernelis wat ‘n
suiwerder Afrikaans praat
omdat hy van die Boland
afkomstig is.
Kru taal kom deurlopend Kru taal is ‘n eienskap van Bl. 15: Shit, hoe praat jy dan
voor. prostesteater en kan veral in nou ne sou Tommy!
Cyril se dialoog gesien
word.
Kras uitlatings kom Kras uitlatings is ‘n eienskap Bl. 16: Sê maar stront,
deurlopend voor. van protesteater en kan in missies Cavernelis, sê maar
die taalgebruik van veral stront…
Cyril gesien word.
Godslastering kom Godslastering is ‘n kenmerk Bl. 7: God, ek wil nie hierso
deurlopend voor. van protesteater en kom in wies nie, sê’k vir jou!
die karakters se taalgebruik
voor.
Godsdienstige verwysings:
Apostel George is ‘n man Daar word los en vas uit die Bl. 27: Saul, Saul, why
van die Woord van God Bybel aangehaal tydens persecutes thou me! Jy sal
wat Map Jacobs tot Apostel George se preek vir die Woord leer ken, broer
bekering lei. die nuwe bekeerling oor Jacobs, en al die
Waarheid…Map Jacobs,
13
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE JUNIE 2023
Saulus se Damaskus- Map Jacobs, why
ervaring. persecutes thou me?!
Daar is verwysing na Cyril sê hulle is Moslem, Bl. 17: ...kôs ons is dan
verskillende gelowe. maar in werklikheid is hulle Moslem-outjies! Los die
gewone Christine. vrou, man! Jy wiet ons is
ordinary Christian robbiese,
net soes sy!
Sosiale misdrywe:
Diefstal kom voor. Mister Cavernelis is bang vir Bl. 1: Hy sluit die fiets en
diefstal en sluit sy fiets met ketting dit aan die traliewerk.
‘n slot.
Verkragting kom in voor. Map Jacobs se ma en suster Bl. 33: Toe begin hulle
is verkrag. ammal, een vi’ een, die twie
vrouens...
Map pleeg moord. Map Jacobs steek vir Ivan Bl. 34: ...en ek stiek hom, en
Philander dood. ek stiek hom, en ek stiek
hom, en ek stiek hom...
Map is die leier van drie Map en sy vriende is Bl. 32: ‘it was drie gangs.
bendes. betrokke in Ek was elkeen se leader,
bendebedrywighede en dus elke keer.
heelwat misdadige
aktiwiteite wat daarmee
gepaard gaan.
Sosiale misdrywe is deel Sosiale misdrywe soos Bl. 50: Moet poverty, en al
van die alledaagse verkragting, die misery, en al die crime,
bestaan in die township. gewelddadigheid en robbery, rape, en murder...
sedeloosheid is deel van die
alledaagse bestaan in die
township.
Blanchie is by prostitusie Blanchie werk by ‘n Bl. 18: Maar dink jy ons is
betrokke. massage parlour en Lonely stupid, ons wiet nie van al
hearts wat ‘n dekmantel vir die sidelines wat daarmee
prostitusie is. same-gaan nie?
Onwettige aborsies kom Blanchie het blykbaar ‘n Bl. 42: ‘n Abortion, imagine,
voor. aborsie gehad. maar, well, as jy daai soorte
connections het, soes
Blanchie, dan kry jy seker
baie reg.
Ruimte en Milieu:
Die drama speel in ‘n Die Kersorkes, Bl. 5: ...die Kersorkes van
woonbuurt op die Kaapse kerrimspelers, die buurt is alreeds aan’t
Vlakte af. smouskarretjies, oefen... Die straat is vol
straattonele en straatgeraas mense...kerrim speel...
is tipies van ‘n township op Tommy smous...
die Kaapse Vlakte.
Die fasiliteite in die Die huis op die Kaapse Bl. 49: Never mind the
Kaapse Vlakte is sub- Vlakte is klein, daar is nie march-box houses, die
standaard. teer paaie nie, dit is vêr van sement-strippies wat pass
fasiliteite af. vir strate...
Map Jacobs kon nie werk Bl. 31: ‘n goeie werk, well, ‘it
kry nie, aangesien werk was alles vir whites only...
14
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE JUNIE 2023
Die drama speel slegs aan blankes gegee
gedurende die was.
Apartheidsjare af. Die blankes en kleurlinge Bl. 18: Daar’s mos geld dis
woon in afsonderlike daai, man, daar by die
gebiede. whiteys se kant...
Die bruinmense het op die Bl. 49: Yt Claremont en yt
Kaapse Vlakte beland as Woodstock yt ge-bulldoze...
gevolg van die toe, Coloureds, yt, yt – gaan
Groepsgebiedewetgewing. bly daarso, daarso
anderkant...
Protes teen regeringstelsel:
La Guma spreek sy La Guma is die enigste stem Bl. 49: Die vylgoed, kyk wat
ontevredenheid oor die van protes teen die maak hulle moet my...
regeringstelsel uit. heersende regeringstelsel.
Uitsiglose bestaan:
Die gemeenskap het min Cyril, net soos baie ander Bl. 57: So, world events are
vooruitsigte. jonger mans, staan net like overtaking us? Omlat
heeldag en speel kerrim en ons kerrim speel!
soek skoor.
Mister Cavernelis probeer Bl. 3: Ja, hoekom jy jou vrek
hard om ‘n beter toekoms virwerk by die polony factory,
sy gesin te skep, maar slaagweek is en week uit, en dan
nie daarin nie. elke aand ook nog...
Map het as leerder heelwat Bl. 31: Ek het matriek
potensiaal getoon, maar het gemaak, standerd tien. Ek
moed opgee toe hy nie kon wiet Ma het baie gehoop op
werk kry nie en wend hom my. Maar, well, daar was
tot bendes. nie geld vir leer nie, en toe
ek ‘n job soek, ‘n goeie werk,
well, ‘it was alles vir whites
only...
Map word uit die tronk vry Bl. 45: Ma! Ek was al by ‘n
gelaat en kan steeds nie hele elf employers.
werk kry nie.
Blanchie se hoop op Bl. 54: Dear Miss
uitkoms deur die Cavernelis... We have
modelkontrak in Parys, carefully considered the
realiseer nie. possibility of a contract...
Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan. [25]
VRAAG 9: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
15
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE JUNIE 2023
Vraag Antwoord Punt Vlak
9.1 Die woord Geluide laat die leser verstaan waarna Map in reël 2–3
verwys./Die toneelaanwysing gee betekenis aan Map se woorde
in die volgende reëls. √ 1 2
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan.
9.2 Map het moord gepleeg en is tronkstraf opgelê./Map probeer sy
ma in die tronk oortuig dat hy ʼn gerehabiliteerde/veranderde man
is. √ 1 1
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan.
9.3 Nee.
Map kon nie werk kry nie./ Die Kersorkes wou hom nie as lid
terugneem nie./ Die gemeenskap het hom nie met ope arms
terugverwelkom nie. √√ 2 5
Die kandidaat bied enige TWEE bewyse uit die drama vir EEN
punt elk aan.
Die kandidaat kan nie JA as antwoord aanbied nie.
9.4.1 Map aarsel/is senuweeagtig/is aangedaan. √ 1 4
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan.
9.4.2 Ma se stilswye beteken sy is nog nie gereed om Map te vergewe 1 4
nie/oortuig van die verandering in Map se karakter nie/sy hou
haarself nog gevange van die vryheid wat vergifnis sou bring. √
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan.
9.4.3 Toe Map aan die einde van die drama in boetedoening voor sy ma 1 4
kniel/toe die spanning op die spits gedryf is/nadat Map en
Blanchie vergifnis in mekaar se arms gevind het, het Map se ma
eindelik by die punt van vergifnis uitgekom. √
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan.
9.5 Ja. 1 5
Map glo die lede van die Kersorkes is goeie mense wat hom weer
sal aanvaar.
OF
Nee.
Hy is nie welkom om weer deel van die orkes te word nie./Hulle is
nie vergewensgesind nie. √
Die kandidaat bied ‘n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
16
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE JUNIE 2023
9.6 TEKS C is deel van die Eksposisie-fase. √ 1 4
Map stel die lede van die Kersorkes aan die gehoor voor./ Map
maak aan die gehoor bekend dat Cavernelis nooit van hom gehou 1 4
het nie.√
9.7.1 Die implikasie bestaan dat Map tog bekeer is./verander het/
gerehabiliteer is./hom nie op die gemeenskap sal wreek nie. /die
volmaakte lewe gaan lei. √ 1 4
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan.
9.7.2 Apostel George√ 1 1
9.8.1 Cavernelis het nie daarvan gehou dat ʼn gevreesde bendeleier met
sy dogter uitgaan nie./Hy kon moontlik in haar pad staan om ʼn
modelkontrak te aanvaar. √ 1 2
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan.
9.8.2 Ja.
Cavernelis wou graag sy gesin uit die township kry/ʼn Beter lewe
vir hom en sy gesin buite die Kaapse Vlakte verseker ongeag wat
dit hom gekos het. √ 1 2
Die kandidaat kan nie NEE as antwoord aanbied nie.
9.8.3 Nee, Hy het gesterf/selfmoord gepleeg voordat hy uit die township
kon ontsnap. 1 1
9.9 Tommy hou daarvan om te skinder/stories aan te dra. √ 1 4
9.10.1 Ja.
Die kerrimskyfies personifiseer die kinders wat deur hul
ouers misbruik word./ die inwoners wat weerloos is en
rondgeskuif word a.g.v Groepsgebiedwet. √ 1 5
Die kandidaat kan nie NEE as antwoord aanbied nie.
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan.
9.10.2 Mister Cavernelis√ 1 1
9.10.3 Die rondstoot van die kerrimskyfies kan die rondskuif van die
bruin gemeenskap van plekke soos Distrik 6 tot op die Vlakte
simboliseer. √ 1 4
9.10.4 Die karakters is vasgevang in ‘n uitsiglose bestaan en het niks
anders om te doen as om kerrim te speel nie. √ 1 4
9.11.1 Ja.
Dit gee 'n ware beeld van die taalgebruik/ van die spesifieke
17
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE JUNIE 2023
karakter/ Dit wys die leser dat daar verskillende "klasse" is en
uitgeken kan word aan hul taalgebruik. √ 1 5
Die kandidaat kan nie NEE as antwoord aanbied nie.
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan
9.11.2 Protesteater√ 1 1
9.11.3 Cyril wil hê dat Richie moet ophou praat oor Map. 1 1
9.12 Die stemming in Teks C is ernstig en in Teks D is dit speels.√√ 2 3
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
18
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper