Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
AFRIKAANS HUISTAAL V1
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



View all





AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024 hlayiso.com
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Hl
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 14
- File size
- 1.3 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)
2. Lees ALLE instruksies noukeurig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Trek ʼn streep na elke afdeling.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.
8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
9. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die volgende tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS A: ARTIKEL
HET MATRIEK WAARDE?
Meer as 700 000 kandidate het verlede jaar matriekeksamen geskryf en die uitslae word
Vrydag uitgereik. Maar wat presies behels die hele proses van eksaminering en hoe
geloofwaardig is die kwalifikasie wat verwerf word? Huw Davies verduidelik.
1 Derduisende matrikulante, hul ouers en onderwysers wag in spanning op die
uitslae van die 2023-nasionale seniorsertifikaateksamen.
2 Dié sertifikaat bepaal in baie opsigte jong mense se geleenthede en
lewenskanse op die pad vorentoe. Toelating tot verdere studie, geleenthede
in die wêreld van werk, ʼn lisensie om aspirasies na te jaag – dit is alles in die 5
weegskaal totdat die eksamenuitslae aangekondig word.
3 Die nasionale seniorsertifikaat is ʼn gesogte kwalifikasie en die resultaat van 12
jaar (en in sommige gevalle selfs meer) se harde werk. Oor daardie 12 jaar
het drie hoofakteurs ʼn rol gespeel in die onderrigproses: die leerling, die skool
en die ouerhuis. En met ouerhuis word ingesluit voogde, betrokke 10
volwassenes wat omgee en gemeenskappe.
4 Dis belangrik om te besef dat geen kandidaat in die eksamen alleen gestaan
het nie – agter elke leerling is daar ʼn groep rolspelers wat elkeen ʼn belang by
die matriekuitslae het. En, soos jaarliks gebeur, gaan twee vrae weer oor die
uitslae gevra word: Was al die harde werk die moeite werd? En is die 15
sertifikaat wat verwerf word, geloofwaardig?
5 Daar is ʼn paar aspekte ter sprake om by die antwoorde op hierdie vrae uit te
kom. Die nasionale senior sertifikaat wat verwerf word, is dalk die resultaat van
eksamens wat in gr. 12 afgelê word, maar die voorbereiding begin reeds in ʼn
kind se eerste skooljaar. As daar in die 12 jaar wat ʼn kind op skool is, iewers 20
iets skeefloop, gaan dit ʼn uitwerking hê op die gehalte van die kwalifikasie wat
verwerf word.
6 Was die onderrigbenadering op peil? Het dit volgens voorskrif geskied?
Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) is jaarliks by tientalle komitees
betrokke om te verseker dat onderwysers bemagtig word in onderrigmetodes. 25
7 Die tweede aspek is die inhoud en peil van die kurrikulum. Die vraag wat hier
beantwoord moet word, is of die leerplan vergelykbaar is met die inhoud van
leerplanne wat in ander onderwysstelsels in die wêreld aangebied word.
Die antwoord op hierdie vraag is dat Suid-Afrika se leerplan in alle opsigte 30
positief vergelyk met soortgelyke kurrikulums wat oor 12 jaar strek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
8 Die derde aspek wat hier te sprake is, is opleidingsvlak en kwalifikasies van
onderwysers wat vakke in gr. 12 aanbied. Die SAOU fokus op die opleiding
van onderwysers en help verseker dat hulle op die hoogte is van die jongste
vakkennis en benaderings. Verteenwoordigers van die SAOU dien landwyd in 35
komitees en onderwysstrukture wat gemoeid is met die inhoud en samestelling
van kursusse vir die opleiding van onderwysers.
9 Die gehalte van onderrig, die inhoud en peil van die leerplan en die
opleidingsvlak en kwalifikasie van gr.12-onderwysers is die hoekstene wat
uiteindelik lei tot ʼn kwalifikasie van goeie gehalte. 40
10 Vir die opstel van eksterne eksamenvraestelle en die modering daarvan word
die beste praktisyns gebruik. Daarna word die vraestel aan die departement
van basiese onderwys voorgelê om uiteindelik aan die raad vir
gehalteversekering in die onderwys (Umalusi) voorgelê te word. Dit is ʼn hoogs
vertroulike proses. 45
11 Gereelde ontmoetings tussen die direkteur-generaal van die departement van
basiese onderwys, verteenwoordigers van die SAOU, Umalusi en ander
hoofrolspelers verseker dat die proses so deursigtig moontlik geskied.
Wat 2023 se eksamen betref, is die SAOU meer as tevrede dat die vraestelle
van ʼn standaard was wat deur die voorskrifte bepaal word. 50
12 Tydens verlede jaar se eksamen het die voorkoms van onreëlmatighede
beduidend afgeneem en die SAOU se mening is dat die integriteit van die
eksamen nie gekompromiteer is nie en dat die geloofwaardigheid van die
kwalifikasie nie in die gedrang kom nie. Nadat die antwoordstelle gemerk is,
word die punte vir elke vak op rekenaar onder streng toesig aangebring. Dit 55
word aan Umalusi voorgelê wat volgens wet die magtiging het om punte
opwaarts of afwaarts aan te pas, sou daar goeie redes wees om dit te doen.
Hierdie proses word nie aan die publiek bekend gestel nie.
13 Uiteindelik word die uitslae deur die minister van basiese onderwys
aangekondig. Dis in die jaarlikse ontleding van die slaagsyfer en ander data 60
dat die twee vrae wat aan die begin genoem is, telkens opduik. Die antwoord
op albei vrae is ja. Die harde werk was vir elke kandidaat die moeite werd. En
die sertifikaat is geloofwaardig.
*Dr. Davies is verbonde aan die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie se afdeling
professionele dienste.
[Aangepas uit Die Burger, 18 Januarie 2024]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5
TEKS B: VISUELE TEKS
[Aangepas uit Volksblad, 5 Maart 2018]
VRAE: TEKS A
1.1 Herlees die opskrif en subopskrif.
1.1.1 Hoe word die leser by hierdie leesstuk betrek? (1)
1.1.2 Wat is die funksie van die “Maar” in die subopskrif? (1)
1.1.3 Haal uit paragraaf 1 TWEE opeenvolgende woorde aan wat aansluit
by die “700 000 kandidate” in die subopskrif. (1)
1.2 Gee VIER redes waarom ʼn matrieksertifikaat van waarde kan wees. (4)
1.3 Sê wat die uitdrukking “in die weegskaal” (paragraaf 2) binne konteks
beteken. (1)
1.4 Verduidelik wat die skrywer met die woorde tussen hakies in paragraaf 3
bedoel. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.5 Dit is nie net ʼn leerder wat tot sy/haar opvoeding bydra nie.
Bewys die bogenoemde stelling met TWEE feite. (2)
1.6 Watter implikasie, dink jy, het dit vir die kandidaat as hy/sy weet dat hy/sy nie
“alleen gestaan” (paragraaf 4) het nie. (1)
1.7 Verwys na paragraaf 8 tot 11.
Waarom kan ʼn onderwyser soms die blaam vir swak uitslae dra? Noem TWEE
redes. (2)
1.8 Op grond waarvan glo die SAOU dat SA skole se leerplan wel ʼn plan van
gehalte is? (1)
1.9 Onderwysers doen slegs vakkennis op deur tersiêre opleiding en ervaring.
Stem jy saam met die bogenoemde stelling? Motiveer jou antwoord. (1)
1.10 Noem die DRIE fundamentele beginsels waarop gehaltekwalifikasies gebou
word. (3)
1.11 Waarom kan daar gesê word Umalusi se verwysing na deursigtigheid
(par. 11) in die leesstuk weerspreek word? (1)
1.12 Verwys na paragraaf 12.
1.12.1 Waarom is dit nodig dat die invoer van punte “onder streng toesig”
gebeur? (1)
1.12.2 Umalusi pas elke jaar graad 12-leerders se punte aan.
Is hierdie stelling korrek? Motiveer jou antwoord. (1)
1.13 Verwys na paragraaf 13.
1.13.1 Motiveer waarom die siening oor matriekeksamens in die berig as
geloofwaardig beskou kan word. (1)
1.13.2 Dink jy dat ʼn matrieksertifikaat vandag werklik waarde het?
Motiveer jou antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7
VRAE: TEKS B
1.14 Wat impliseer die pa met sy woorde in die spotprent? (1)
1.15 Verwys na die seun in die spotprent.
1.15.1 Noem TWEE sigbare bewyse dat die seun ingenome met homself is.
(2)
1.15.2 Gee ʼn rede vir die seun se ingesteldheid. (1)
VRAE: TEKS A EN TEKS B
1.16 Herlees paragraaf 11 van TEKS A.
Hoe verskil die terme “standaard” in TEKS A van die “standaard” waarna
TEKS B verwys? Verduidelik ook hoe TEKS B by die kernboodskap van TEKS
A aansluit. (2)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak ʼn opsomming van sewe wenke hoe om ʼn stresvolle
vakansie te geniet.
LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in
paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde
beslaan nie.
2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ʼn titel te gee nie.
4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
TEKS C
IS VAKANSIES VIR JOU ʼN BRON VAN STRES? HIER VOLG WENKE HOE OM ʼN
STRESVOLLE VAKANSIE TE GENIET!
Die Desembervakansie lê om die draai en vir sommige mense is dit ʼn groot bron van
stres ...
Doen egter waarvan jy hou. Moenie ʼn bestemming kies wat nie by jou voorkeure
aansluit nie. As jy ʼn hotel-mens is, gaan ʼn tent jou nie laat ontspan nie! Wees eerlik oor
jou voorkeure. Kies ook jou reisgenote versigtig. Moenie saam met mense vakansie
hou wat jou irriteer nie. Net omdat julle met vakansie is, beteken nie hulle gaan
persoonlikheidsveranderinge ondergaan nie. Inteendeel, hulle gaan nog erger word.
Stel ʼn begroting op voordat julle vertrek. Moenie meer geld spandeer as waarvoor julle
begroot het nie. Jy gaan nou al begin stres oor die finansiële probleme wat terug by die
huis vir jou gaan wag. Dit is ook belangrik om deeglik vooruit te beplan. As jy alles
saamgebring het wat jy nodig gaan kry, hoef jy nie heeltyd noodplanne uit te dink nie.
Neem foto’s. Vat jou kamera saam, dalk ʼn videokamera en ʼn dagboek. Dit is heerlik
om agterna, wanneer die stres-duiwel weer kop uitsteek na jou herinnering te kyk en te
onthou hoe lekker dit was.
Bederf jouself so ʼn bietjie. Dit is die perfekte verskoning om al daardie boeke te lees
waarby jy nog nie kon uitkom nie, ʼn lekker wyntjie te teug en dalk meer sjokolade te
verorber as wat Switserland in ʼn week kan produseer. Kry ʼn tema vir jou vakansie.
Indien jy ʼn kwaliteit-familietyd vakansie wil hê, maak dit die tema en kies die uitstappies
en aktiwiteite rondom hierdie tema.
Moenie alles self doen nie. (Hierdie raad is vir die ma’s!) Probeer om meer te delegeer
en minder self te doen. Alhoewel jou gesin ook met vakansie is, beteken dit nie jy hoef
alles te doen nie. Werk ʼn vakansierooster uit sodat almal help.
Met die regte houding en hierdie nuttige wenke kan jy hierdie jaar gaan vakansie hou
sonder om te stres!
[Aangepas uit rondrits.co.za, 11 Desember 2020]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V1 9
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS D
[Aangepas uit Sarie, Jan/Feb. 2023]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAE: TEKS D
3.1 Hoe word die leser reeds by A (die opskrif) direk by die advertensie betrek? (1)
3.2 Waarom is die woordgebruik by A gepas om die leser aan te moedig om die
produk te koop? Verwys in jou antwoord na TWEE redes. (2)
3.3 Wat is die geïmpliseerde betekenis van die woorde by B ten opsigte van jou
vel tydens somermaande? (1)
3.4 Hoe ondersteun die vrouens in die advertensie se gesigsuitdrukkings die
woorde in B? (1)
3.5 Verdeel die onderstreepte woord in B in klankgrepe. (1)
3.6 Is die foto van die velsorgprodukte in die advertensie gepas? Motiveer jou
antwoord. (1)
3.7 Herlees die woorde by C.
Wie sal hoofsaaklik die teikenmark van hierdie advertensie wees?
Verwys in jou antwoord na die inligting in C. (2)
3.8 Gee die funksie van die skryfteken in die onderstreepte woord by D. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V1 11
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
ZITS
TAKE MAAK OUERS SOMS GRYS ...
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3
IS JY AL KLAAR MET MOET ASB. SCROLL GEE ASB. ‘N
SCROLL
JOU LO-TAAK? NIE SCROLL EERLIKE OPINIE!
JA, KINDER- SCROLL
SPELETJIES! TERUGHOU
NIE…
JY KAN GERUS GAAN EK PRAAT
DIT IS
STORT, JOU KLERE EINTLIK
REG…
IS VUIL EN JOU VAN DIE
KAMER DEURMEKAAR. TAAK?
RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6
[Aangepas uit comicskingdom.com 2024]
VRAE: TEKS E
4.1 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.1) en die letter (A–D)
neer.
Die eerste woord van die strokie se opskrif is ʼn ...
A onderwerp.
B voorwerp.
C gesegde.
D byvoeglike bepaling. (1)
4.2 Skryf Zits se ma se woorde in RAAMPIE 1 oor in die ontkennende vorm. (1)
4.3 Na watter vorm van stereotipering kan daar moontlik in RAAMPIE 1 verwys word
as ons Zits se antwoord in ag neem? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
4.4 Verwys na RAAMPIE 2.
Wat impliseer Zits met sy woorde in RAAMPIE 2 ten opsigte van sy LO-taak?
Verduidelik ook die funksie daarvan dat sy ma in RAAMPIE 2 niks sê nie. (2)
4.5 Kan Zits se woorde in RAAMPIE 3 as manipulerend beskou word as ʼn mens
sy antwoord in RAAMPIE 1 in gedagte hou? Motiveer waarom jy so sê. (1)
4.6 Wat word deur die stilte in RAAMPIE 4 aangedui? (1)
4.7 Dink jy Zits se ma se woorde in RAAMPIE 5 het tot Zits deurgedring?
Verwys in jou antwoord na TWEE visuele bewyse uit RAAMPIE 6. (2)
4.8 Op watter manier dra die ironie in RAAMPIE 6 by tot die humor van die
strokiesprent? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V1 13
VRAAG 5: ARTIKEL
Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS F
“LEKKER FEITE OOR SA VIR DIE (5.2) GEMAKSTOELREISIGER!”
1 Daar is heelwat wêreldlande met twee amptelike hoofstede, maar het jy geweet
Suid-Afrika is die enigste land in die wêreld met drie? Dit (5.3) (datum) al die pad
uit 1910 toe Suid-Afrika sy (5.4) Unie-baadjie aangetrek het. Vandag is Kaapstad
ons wetgewende hoofstad, Pretoria die administratiewe hoofstad en
Bloemfontein is ons geregtelike hoofstad. 5
2 Daar is ʼn rede waarom die (5.5) inwoners van Kaapstad so oor Tafelberg te
kere gaan. Dit is nie net een van die oudste berge in die wêreld nie, maar het
meer flora-spesies as Engeland, Wallis, Ierland en Skotland saam!
3 Suid-Afrika is die enigste land in die (5.6) wêreld wat Mercedes Benz-voertuie
met ʼn regterstuur vervaardig. 10
4 Ons volkslied is een van slegs drie ter wêreld wat neo-modaal is – dit beteken
dat die lied in een toonsoort begin en in ʼn ander eindig. Ons deel hierdie musikale
eer met Italië en die Fillippyne. (5.7) En die kersie op die koek? Ons sing hom
in vyf amptelike tale, naamlik Xhosa, Zoeloe, Sotho, Afrikaans en Engels.
5 Die grootste diamant is op 26 Januarie 1905 in Cullinan, net buite Pretoria ontdek. 15
Vandag pronk dié diamant (5.8) ... die Verenigde Koninkryk se Kroonjuwele.
6 Interessant, né? ʼn Mens kan beslis van hierdie lysie gebruik maak om daai
volgende vakansie na een van dié spesiale besienswaardighede te beplan!
[Aangepas uit MaroelaMedia, 24 Maart 2020]
VRAE: TEKS F
5.1 Skryf die eerste diftong uit die opskrif neer. (1)
5.2 Motiveer waarom die onderstreepte woord in die opskrif as ʼn
samestellende afleiding beskou kan word. (1)
5.3 Vorm ʼn werkwoord van die woord tussen hakies. (1)
5.4 Verwys na reël 2 tot 3, paragraaf 1.
5.4.1 Motiveer waarom die onderstreepte woord in hiérdie idiomatiese
uitdrukking konnotatief gebruik word. (1)
5.4.2 Gebruik nou die onderstreepte woord denotatief in ʼn verklarende
sin van jou eie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
5.5 Vorm ʼn persoonsnaam van die drie vetgedrukte woorde in paragraaf 2. (1)
5.6 Verduidelik die gebruik van die skryfteken in die onderstreepte woord in
paragraaf 3. (1)
5.7 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (5.7) en die letter
(A–D) neer.
Die vetgedrukte sin in paragraaf 4 is ʼn voorbeeld van ...
A pleonasme.
B anglisisme.
C kontaminasie.
D analogie. (1)
5.8 Skryf die ontbrekende voorsetsel in paragraaf 5 neer. (1)
5.9 Verbeter die skryftekenfout in paragraaf 6 deur die woord (korrek gespel)
neer te skryf. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal

Question paper
AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2)

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2025

Question paper
AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024 hlayiso.com

Question paper
AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024 hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
More from Grade 12 Afrikaans Hl
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025

Question paper
Afrikaans HL P2 Nov 2023 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 MEMO GR12 SEPT 2022 hlayiso.com

Question paper
AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P2 May June 2022 hlayiso.com

Question paper






