Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paperAfrikaans HLGrade 1220236 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 6 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2023

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 AFRIKAANS HUISTAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25) (50) 2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B. 3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. deur ʼn breinkaart/diagram/vloeidiagram/ kernwoorde te gebruik), taalversorg en proeflees. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal word. 7. Jy moet jou tyd soos volg bestee: AFDELING A: ongeveer 100 minute AFDELING B: ongeveer 80 (2 x 40) minute 8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 Kies EEN van die volgende onderwerpe/prente en skryf ʼn OPSTEL van 400 tot 450 woorde. Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer. 1.1 Skielik staan hy/sy voor my ... [50] 1.2 Verdere studie – waardevol of nutteloos? [50] 1.3 ʼn Vreemde verhaal. [50] 1.4 “Ek voel my omsingel vandag. Fyngedruk soos ʼn mot. Ek glo nie meer in dinge-sal-regkom nie.” [50] 1.5 Die wiel draai. [50] Bestudeer die prente hieronder en skryf ʼn OPSTEL oor EEN. Skryf die vraagnommer (1.6, 1.7 OF 1.8) en jou eie titel neer. 1.6 [Bron:www.bullying.co.za] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.7 [Bron: www.lock and key.com] [50] 1.8 [Bron: tegnologie.pgn] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180 tot 200 woorde oor elk. Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer. 2.1 E-POS Verlede jaar se hoofseun/hoofdogter is genooi om as motiveringspreker op te tree tydens julle laaste skooldag voordat die eindeksamen begin. Van Aan Onderwerp Boodskap: Gebruik bostaande formaat en stuur ʼn E-POS aan die hoofseun/hoofdogter waarin jy hom/haar bedank vir die wyse waarop hy/sy julle gemotiveer het asook vir die waardevolle wenke wat julle ter voorbereiding van julle eindeksamen ontvang het. [25] 2.2 FORMELE BRIEF Jy is besig met die voorbereiding vir jou rekordeksamen en jou studie- program word deur beurtkrag in die wiele gery. Rig ʼn KLAGTEBRIEF aan die uitvoerende hoof van ESKOM waarin jy jou dilemma verduidelik. [25] 2.3 HULDEBLYK Een van jou familielede is die afgelope naweek in ʼn fratsongeluk oorlede. Skryf ʼn HULDEBLYK oor hierdie familielid wat tydens die gedenkdiens gelees gaan word. [25] 2.4 KOERANTBERIG ʼn Tiener in julle omgewing het vermis geraak, maar is na twee dae weer gevind. Skryf ʼn KOERANTBERIG daaroor vir die dorp se gemeenskapskoerant. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023) 2.5 FORMELE VERSLAG Jy was die ooggetuie van ʼn rooftog wat by ʼn winkel in jou omgewing plaasgevind het. Skryf ʼn OOGGETUIEVERSLAG wat jy aan die polisie gaan oorhandig. [25] 2.6 FORMELE TOESPRAAK Jy het aansoek gedoen vir ʼn studiebeurs by ʼn maatskappy in jou omgewing. Om vir hierdie beurs te kwalifiseer, moet jy ʼn toespraak aan die direksie lewer waarin jy jouself bekendstel, hulle inlig wat jy beplan om te studeer en motiveer waarom jy verdien om hierdie beurs te ontvang. Skryf die TOESPRAAK. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all