Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paperAfrikaans HLGrade 12202315 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2023

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 AFRIKAANS HUISTAAL V1 PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30) 2. Lees ALLE instruksies noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Trek ʼn streep na elke afdeling. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord. 8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg. TEKS A: ARTIKEL HOKAAI MET DAAI DRUK! Sportlui se geestesgesondheid kom ál meer onder die soeklig. Heindrich Wyngaard soek raad vir ouers. 1 Toe die Bok-vleuel, Sbu Nkosi, sowat ses weke gelede by die Bulle “gedros” het en eers weke later by sy pa se woning in Mpumalanga opgespoor is, het hy self die oorsaak van die dramatiese gebeure toegeskryf aan ʼn jare lange persoonlike stryd met “geestesdruk”. 2 Hoewel die omstandighede in elke geval anders is, het dié voorval nogmaals 5 die belangrikheid onderstreep dat daar – naas fiksheid, vaardighede en kondisionering – ook behoorlik aan sportsterre se geesteswelstand aandag gegee moet word. 3 Dit het ʼn internasionale wekroep geword nadat die nommer-een-tennisspeler, Naomi Osaka, uit 2021 se Franse Ope onttrek het om ʼn “geestesrustyd” te 10 neem. Die tennis-ikoon, Serena Williams, wat self openlik oor geesteskwessies praat, het verlede jaar die geestesgesondheid-platform, Wondermind, gestig. 4 Maar dit is asof die sportmal publiek niks wil weet van die druk waaronder sportlui verkeer om wedstryd ná wedstryd vermaak te moet verskaf deur 15 vertonings uit die boonse rakke te lewer nie. Indien dit nie die geval is nie, wag veroordeling en dikwels verbale aanvalle op sosiale media. 5 Die Engelse krieketspeler, Ben Stokes, wat in 2021 ʼn selfopgelegde blaaskans geneem het nadat hy angsaanvalle begin kry het, word deur Ruan Botha, ʼn kenner in geesteskondisionering, voorgehou as die beste voorbeeld 20 van hoe ʼn supersportman dit onlangs reggekry het om homself te “reguleer”. Hy kon weer op die perfekte tyd geestelik ʼn hoogtepunt bereik ná hy sy geestesgesondheid herwin het. Stokes het ná drie maande teruggekeer en ry steeds op die kruin. 6 Om uit eie wil so ʼn stap te neem en openlik daaroor te praat, verg wel ʼn 25 bepaalde ingesteldheid, gegewe die druk waaronder topsportlui verkeer om nooit op te gee nie. “Hul hele identiteit word aan sukses gekoppel, maar die lewe beweeg op en af,” sê die bekende “kopdokter” in rugbykringe, dr. Henning Gericke. “Dit is ʼn genadelose arena,” voeg die prestasie-afrigter, Gielie Hoffman, by, want die verwagting is dat jy byna “bomenslik” moet 30 presteer, soos dr. Pieter Kruger, direkteur van die Noordwes-Universiteit se Instituut vir Sielkunde, dit stel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 7 Sportmanne word op potensiaal gekontrakteer en nie op kwalifikasie nie. In die proses word die sportpersoon se waarde deur die buitewêreld bepaal en kom die waardebepaling saam met ʼn verwagting dat hy/sy in 35 ooreenstemming daarmee moet presteer. Wanneer hulle nie die mas opkom nie, tree negatiewe selfterugvoering in en word geestesgesondheid daardeur beïnvloed. Die spoor loop verder terug, sê Gielie, wat veral met jong mense werk. Op skool al word baie kinders deur hul ouers of afrigters gedruk om te presteer. 40 8 Die professionele sportwêreld is geen liefdadigheidsinstansie nie, maan hy, en verwys spesifiek na “rugbyspelers in ons land wat op 15 of 16 reeds as ʼn kommoditeit* ontwikkel word.” Hierdeur duik holistiese** ontwikkeling in die hek. 9 Dit is veral ʼn uitdaging vir sportpresteerders van daardie ouderdom wat uit 45 beskeie of minderbevoorregte ouerhuise deur spogsportskole opgeraap word om hul talent daar ten toon te stel. Dié werwing word merendeels as ʼn “ontwikkelingsgeleentheid” vir die seuns voorgehou, maar dit is in werklikheid eintlik in die belang van die skool se aansien, vermoed prof. Wilbur Kraak, ʼn sportwetenskaplike aan die Universiteit Stellenbosch, wat ook by afrigting op 50 klubvlak betrokke is. 10 Die eise wat aanpassing in hierdie geografies- en kultuurvreemde omgewings aan die jong sportster stel, weg van ouerlike ondersteuning, bring mee dat sommige onder die verwagting swig. 11 Hierdie verwydering van sportmense uit hul “natuurlike omgewing” is ʼn faktor 55 wat uitdagings aan professionele sportlui stel. Spelers se agtergrond speel inderdaad breedweg ʼn rol wanneer hul geesteswelstand ter sprake kom, reken Pieter, maar hy glo nie dat spelers se veerkragtigheid noodwendig deur gegoede óf moeilike agtergronde bepaal word nie. Makazole Mapimpi, ʼn vleuel by die Haaie en die Bokke, is vir hom ʼn voorbeeld van ʼn speler wat ten 60 spyte van (of dalk danksy) sy uitdagende agtergrond “geestelik sterk” is. 12 Pieter sê daar is egter geen “eenvormige resep” om sportlui teen geestesuitdagings te beskerm nie – en eintlik is geen mens immuun daarteen nie. Navorsing waarby hy betrokke was, toon dat tot 42% van spelers in internasionale rugbykompetisies een of ander geestesuitdaging ervaar het. 65 Hierteenoor wissel die syfer vir die wêreldbevolking van mense by wie depressie en angs gediagnoseer word tussen 20% en 25%. 13 Henning se raad aan sportlui, jonk en oud, is om te aanvaar “dis orraait om nie orraait of perfek te wees nie.” In hierdie gewenste kopskuif stel Ruan voor dat sportlui soms “minder die resultaat as die aktiwiteit nastreef.” Ook vir Sbu 70 Nkosi is dit ʼn waardevolle les (as ek die betekenis van sy van mag inspan): Jy hoef nie altyd die “koning” van die rugbyveld te wees nie. * kommoditeit – natuurlike, waardevolle hulpbron (ekonomiese term) ** holistiese – rakende die geheel [Aangepas uit Rapport Beleef, 8 Januarie 2023] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5 TEKS B: VISUELE TEKS [Aangepas uit Volksblad, 03 Mei 2019] VRAE: TEKS A 1.1 Herlees die opskrif en subopskrif. 1.1.1 Sê in jou eie woorde waarna “daai druk” verwys. (1) 1.1.2 Skryf TWEE opeenvolgende woorde neer wat aandui dat hierdie ʼn groterwordende kwessie is EN noem die naam van EEN bekende sportster wat ʼn slagoffer hiervan was/is. (2) 1.2 Aan watter VIER aspekte moet daar aandag gegee word wanneer afrigting plaasvind? (4) 1.3 Noem die kontrasterende gedrag wat die sportpubliek openbaar. (1) 1.4 Herlees die eerste sin van paragraaf 6. Noem TWEE gevalle waar sportsterre wel “so ʼn stap” gedoen het om druk te verlig. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.5 Herlees die onderstreepte woorde in paragraaf 6. Noem TWEE aspekte wat in dié leesstuk genoem word waarna hierdie woorde kan verwys. (2) 1.6 Watter verband is daar tussen Gielie Hoffman en dr. Pieter Kruger se stellings? (1) 1.7 Motiveer waarom die waardebepaling en verwagting om te presteer buite die beheer van die sportster val. (1) 1.8 Watter nadeel hou dit vir jong rugbyspelers in as hulle té vroeg reeds as baie waardevol hanteer word? (1) 1.9 Herlees paragraaf 8 tot 10. 1.9.1 Noem EEN voordeel en EEN nadeel wat die werwing van ʼn minderbevoorregte leerder deur ʼn sportspogskool vir die leerder kan inhou. (2) 1.9.2 Waarom kan die vooroordeel van sekere Suid-Afrikaners teenoor spogskole wat sportleerders werf, geregverdig word? (1) 1.10 Herlees prof. Wilbur Kraak se stelling in paragraaf 9. 1.10.1 Verduidelik waarom die uitspraak van prof. Kraak as geloofwaardig beskou kan word. (1) 1.10.2 Is prof. Kraak se uitspraak ʼn feit of ʼn mening? Motiveer. (1) 1.11 Waarom kan Makazole Mapimpi as ʼn uitsondering op die reël beskou word? (1) 1.12 Dink jy dat internasionale rugbyspelers meer druk as gewone mense ervaar? Motiveer jou antwoord. (1) 1.13 Herlees die laaste paragraaf. 1.13.1 Wat sal gebeur as sportlui eerder “die resultaat as die aktiwiteit nastreef”? (1) 1.13.2 Neem die leesstuk in die geheel in ag. Dink jy dat dit moontlik is om minder druk op skoolleerders, wat aan sport deelneem, te plaas? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7 VRAE: TEKS B 1.14 1.14.1 Waar speel die toneel in TEKS B af? (1) 1.14.2 Gee ʼn bewys vir jou antwoord in VRAAG 1.14.1. (1) 1.15 Sê waarom die woorde Rus in vrede teen die muur onvanpas is. (1) 1.16 Hoe weet jy as leser dat die plan om die beseerde speler te laat speel, nie die oorspronklike plan was nie? (1) VRAE: TEKS A en TEKS B 1.17 Verduidelik hoe TEKS B by TEKS A aansluit. (1) 1.18 Wat is die grootste verskil tussen die sportman in TEKS B en die sportmanne waarna in TEKS A verwys word? (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die teks hieronder en maak ʼn opsomming van SEWE voordele wat veganisme vir die mens inhou. LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in duidelike, volsinne) in paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie. 2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf. 3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ʼn titel te gee nie. 4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het. TEKS C PLATSAK EN VIR EERS KEELVOL VIR VLEIS? STEL VEGANISME OP DIE PROEF! Oor die feestyd is Suid-Afrikaners geneig om elke maaltyd te beplan rondom die soort vleis(e) wat gaargemaak gaan word. Maar ná die vyfde dag van braai met groente en stysel as ʼn bysaak, begin jou lyf kapsie maak! ʼn Afwisseling kan jou net goed doen. Jy hoef nie al jou vleistande te laat trek nie. Jy kan dit eers net ʼn aand of twee per week probeer. ʼn Veganistiese dieet is basies ʼn plantgebaseerde dieet, sê Claudine Ryan, dieetkundige in Gqeberha. “Dit sluit nie net vleis uit nie, maar ook alle kosprodukte wat van diere afkomstig is, soos suiwel, heuning, eiers en selfs gelatien. Daar is egter ʼn verskeidenheid plantprodukte soos volgrane, vrugte, groente, peulgroente, soja, neute en sade waaruit jy kan kies. Mense word gewoonlik om etiese, geloofs-, omgewings- of gesondheidsredes veganiste.” Wat ook al jou rede is, Ryan sê dit is raadsaam om jouself stelselmatig in te lyf in hierdie leefstyl. Veganisme het voordele en (baie min) nadele. Veganisme sal aanvanklik moeilik wees omdat dit ʼn leefstylverandering vereis. Dit is beslis so dat vertering van voedsel makliker en vinniger plaasvind sodat jy nie dikwels opgeblaas voel nie. Die voedsel wat ingeneem word, word in die heel beste vorm ingeneem, wat goeie immuniteit verseker. Groente en vrugte wat verbou word, word verbou sonder om ʼn koolstofvoetspoor agter te laat. Organiese plante bevat nie karsinogene (kankerwekkende stowwe) wat in proteïne voorkom en nadelig is vir die mens nie. Jy word glad nie hieraan blootgestel nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V1 9 Indien jy al jou eetbare plante in jou tuin kweek, oes jy soos jy iets benodig en dit beteken dat jy nie eens ʼn vrieskas nodig het nie. Onbenutte spasie by jou blyplek kan tot jou voordeel gebruik word, want dan kan jy self jou kos in jou eie tuin produseer. Boonop is plantaardige kos grotendeels goedkoper as vleis, vis en pluimveeprodukte. As jy ʼn veganis wil word, sal jy jou koskas moet aanpas. Basiese produkte wat veganiste in hulle koskaste het, is gedroogde en geblikte bone, lensies en ertjies, sojamaalvleismengsels, voedingsgis, rys en pasta, aartappel en patat, asook grondboontjiebotter. Probeer dit gerus. [Aangepas uit Rapport, 9 Januarie 2023] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg. TEKS D 1 2 3 4 Luister in Julie na 5 Dana Snyman se 6 reisjoernaal 7 Op pad “Van die beste skryfwerk deur Dana Snyman nog, Op pad het my diep ontroer." - Kerneels Breytenbach op Netwerk24. 8 Elke maand laai ons twee 9 nuwe boeke op Netwerk24. 10 Luister saam! Op pad 11 Gaan na 12 www.netwerk24.com 13 en word 'n 14 (teken in) vir net ... 15 R99 per maand. [Aangepas uit Rapport Weekliks, 14 Julie 2019] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V1 11 VRAE: TEKS D 3.1 Verduidelik die funksie van die onderstreepte woord in reël 1. (1) 3.2 Verklaar die betekenis van die teken regs van die syfer 24 in reël 1. (1) 3.3 Herlees reëls 2 en 3. Noem TWEE advertensietegnieke hoe die opskrif hier beklemtoon word. (2) 3.4 Hoe verskil die boek wat hier geadverteer word van enige ander boek? (1) 3.5 Hoe sluit die visuele beeld by die boek se titel aan? (1) 3.6 Herlees reëls 4 tot 15. Hoe word die leser hier oorreed om op Netwerk24 in te teken? Noem TWEE maniere. (2) 3.7 Vorm ʼn persoonsnaam van die twee woorde tussen hakies in reël 14. (1) 3.8 Gee die funksie van die beletselteken aan die einde van reël 14. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 4: STROKIESPRENT Bestudeer die strokiesprente (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E ZITTS RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3 JEREMY! IS JY NIE LUS OM DIE SOMER- “UMM”? EK WAS IN JEREMY! VAKANSIE SAAM MET MY EN TOT DIE “EN MY MA FLORIDA TOE TE GAAN MY MA” - DEEL NIE? JEREMY! UMM… : [Aangepas uit www.zitscomics.com] GROEIPYNE RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6 LYK OF EK 'N DIS HOEKOM HET JY NOU ONS MOET IETS SINVOL DAARMEE REDELIKE BONUS FANTASTIES! …OF… NET 'N SKAKEL NA DOEN, SOOS OM DIE VERBAND AF AAN DIE EINDE VAN NUWE WATERPONIES TE BETAAL. DIE JAAR SAL KRY. GEKRY? ONS KAN. [Aangepas uit www.groeipyncomics.com] VRAE: TEKS E 4.1 Watter funksie het die skryfwyse van Jeremy in RAAMPIE 1? (1) 4.2 Sê waarom die vraag in RAAMPIE 2 nie as ʼn retoriese vraag beskou word nie? (1) 4.3 Sê watter gevoel die spreekster in RAAMPIE 3 ervaar én noem hoe dit uitgebeeld word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V1 13 4.4 4.4.1 Wat impliseer Jeremy met sy laaste woorde in RAAMPIE 3? (1) 4.4.2 Na watter vorm van stereotipering kan hier moontlik verwys word? (1) 4.5 Herskryf RAAMPIE 4 sodat dit ʼn volledige volsin kan wees. Skryf die hele sin oor. (1) 4.6 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.6) en die letter (A–D) neer. Tydens die uitspraak van die onderstreepte woord in RAAMPIE 5 vind die volgende klankverskynsel plaas: A Assimilasie B Palatalisasie C Nasalering D Vokaalreduksie (1) 4.7 Wat is die funksie van die woorde buite die spraakborrels in RAAMPIE 5 en RAAMPIE 6? (1) 4.8 Verduidelik waarom die manlike spreker se oë in RAAMPIE 6 anders as in die vorige raampies uitgebeeld word. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 5: ARTIKEL Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS F BLIKBREIN DURF HOFSAAK AAN 1 Die wêreld se eerste “robot-prokureur” (5.2.1) maak na verwagting (5.3) volgende maand sy buiging in ʼn strafregtelike verhoor. 2 Die naam van die beskuldigde en die plek waar hy verhoor word, is nie bekend gemaak nie, maar volgens (5.4) “New Scientist” is dit die eerste verhoor waar kunsmatige intelligensie (KI) gebruik sal word om die vermeende oortreder se 5 verweer te behartig. Die oortreder het ʼn spoedkaartjie ontvang en beplan om skuld te ontken. 3 Die KI sal glo luister na alles wat in die verhoor gesê word en (5.5) ... opdragte aan die beskuldigde gee oor wat om te antwoord, sowel as vrae verskaf wat aan getuies gestel moet word. 10 4 (5.6) Die program is deur die maatskapy DoNotPay geskryf en is daarop gemik om padoortreders te verteenwoordig. Die stigter van die maatskappy, Joshua Browder (26), het die program begin skryf toe hy 19 jaar oud was. 5 Hy het reeds groot sukses daarmee behaal om motoriste wat (5.7) parkeerkaartjies kry, te verdedig. 15 6 Die program kan byvoorbeeld appél aanteken sou die motoris beweer dat die padverkeerstekens onvoldoende was of hy het nie besef hy mag nie in ʼn (5.8) spesifieke plek parkeer nie. [Aangepas uit Rapport, 8 Januarie 2023 (Netwerk24)] VRAE: TEKS F 5.1 Skryf die eerste diftong uit die eerste paragraaf neer. (1) 5.2 5.2.1 Herlees die donkergedrukte woorde in reëls 1 en 2 (maak ... buiging). Sê of die woorde hier denotatief of konnotatief gebruik word. (1) 5.2.2 Gebruik nou dié woorde in ʼn verduidelikende volsin in die ander vorm as jou antwoord in VRAAG 5.2.1. (1) 5.3 Skryf die afkorting van die onderstreepte woord in reël 2 neer. (1) 5.4 Is die gebruik van die aanhalingstekens in die skuinsgedrukte woorde in reël 4 gepas? Motiveer jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V1 15 5.5 Voltooi die sin in paragraaf 3 deur ʼn ontbrekende verbindingswoord wat oorsaak en gevolg aandui, neer te skryf. (1) 5.6 Herskryf die donkergedrukte sin in reël 11 in die bedrywende vorm. (1) 5.7 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (5.7) en die letter (A–D) neer. Die onderstreepte woord in reël 15 is ʼn ... A samestelling. B afleiding. C simpleks. D samestellende afleiding. 5.8 Gee ʼn antoniem vir die onderstreepte woord (reël 18). (1) 5.9 Dui die spelfout in die laaste paragraaf aan deur die woord in die korrekte vorm neer te skryf. (1) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all