NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
AFRIKAANS HUISTAAL V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 70
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)




Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2023 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 9 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 443.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2023
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Nasien van die leesbegrip:
• Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie nagesien
nie tensy dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet
wel aangetoon word.)
• Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM
NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
• Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
aanhalingstekens ontbreek nie.
• Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat ʼn volsin gee, is dit korrek
mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse uitgelig word.
• Wanneer twee, drie of vier feite/punte vereis word en die kandidaat gee ʼn hele
reeks, word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
• Indien die kandidaat woorde uit ʼn ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die
vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die
vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
• Aanvaar dialektiese variasies.
VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.)
Vraag Antwoord Punt
1.1.1 (Die druk op sportmense) om te presteer √ 1
1.1.2 “ál meer” √
Sbu Nkosi / Naomi Osaka / Serena Williams / Ben Stokes. √ 2
Die antwoorde moet onafhanklik van mekaar nagesien word.
1.2 Fiksheid, vaardighede, kondisionering, geesteswelstand. √√√√ 4
Die kandidaat bied VIER antwoorde vir EEN punt elk aan.
1.3 Hulle verwag om vermaak te word / geniet die prestasies / is tevrede met
goeie prestasies, maar gebeur dit nie, is daar oordeel, selfs mondelinge
aanvalle op spelers. √ 1
Die kandidaat moet na BEIDE kante van die kontras vir EEN punt verwys.
1.4 Naomi Osaka het (in 2021) uit die Franse Ope onttrek. / Ben Stokes het in
2021 die jaar lank gerus. / Serena Williams het die geestesgesondheid-
platform, Wondermind, gestig. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3
1.5 Sportsterre wen soms wedstryde, maar verloor ook soms. √
Sportsterre se geestesgesondheid is soms goed; soms swak. √ 2
Die kandidaat bied sy/haar keuse in enige TWEE soortgelyke antwoorde
vir EEN punt elk aan.
1.6 Daar is geen genade vir sportlui wat onderpresteer nie, juis omdat die
publiek verwag dat jy altyd uitstaande moet presteer. √ 1
1.7 Die waarde word deur die publiek bepaal. / Alhoewel die sportster sy bes
probeer, het hy nie volle beheer oor die uitslag / sy prestasie nie. √ 1
Die kandidaat bied EEN soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
1.8 Hulle word nie in die geheel (holisties) ontwikkel nie. 1
1.9.1 Die voordeel: Die leerder kry meer geleenthede om sy talent te wys / te
ontwikkel.
Nadeel: Die leerder swig sonder ondersteuning onder die druk van die
hoë verwagtinge van ander. √√ 2
Kandidaat bied enige soortgelyke TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
1.9.2 Dit gaan vir skole meer oor die aansien / naam / prestasie van die skool
(as die ontwikkeling van leerders).
OF
Sommige van dié spelers swig onder die druk en ontwikkel nie. √ 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
1.10.1 Hy is ʼn sport wetenskaplike aan die US. / Hy is betrokke by afrigting op
klub vlak. 1
Die kandidaat bied EEN antwoord vir EEN punt aan.
1.10.2 Mening – Hy “vermoed” dit. 1
1.11 Hy kom uit ʼn mindergegoede agtergrond, maar is steeds geestelik sterk. 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
1.12 Ja, navorsing het bewys dat 42% van internasionale spelers
geestesprobleme ervaar teenoor die 20-25% van die wêreldbevolking wat
angs en stres ervaar. √
Nee kan nie as antwoord oorweeg word nie. 1
1.13.1 Hulle sal makliker geestesprobleme ervaar / met geesteswelstand sukkel
/ sukkel om druk te verwerk. 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
1.13.2 Ja, dit is moontlik, want ouers kan die leerders teen die druk beskerm.
OF
Nee, op skool sal afrigters / onderwysers steeds druk op leerders plaas. √
1
Die kandidaat bied sy/haar keuse in enige soortgelyke antwoord vir EEN
punt aan.
1.14.1 Hospitaal / -saal / -bed √ 1
1.14.2 Die bed se struktuur / pasiëntlêer teen bed / monitor teen muur / funksies
word gemonitor / drup / arm en been opgelig. √ 1
Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.
1.15 Die woorde hoort nie in ʼn hospitaal waar lewens gered word nie, want dit
verwys na die dood. /
ʼn Mens verwag dié woorde eerder op ʼn grafsteen as in ʼn hospitaal. √ 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
1.16 Die woorde “Plan B” dui daarop. √ 1
1.17 Onrealistiese druk word in beide tekste op sportlui geplaas. √ 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
1.18 TEKS B se speler het fisiese probleme; dié in TEKS A worstel met
sielkundige / geestelike / emosionele probleme. √ 1
Die kandidaat moet na BEIDE tekste vir EEN punt verwys.
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5
AFDELING B:
VRAAG 2
Nasien van die opsomming:
• Die nasien van die opsomming word baseer op die insluiting van die relevante
feite in die teks wat met die vraag ooreenstem.
• Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ʼn
opskrif/titel te voorsien nie.
• Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
• Slegs feite wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
• Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie,
word die eerste opsomming nagesien.
• Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
• Punte word soos volg toegeken:
o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
o 3 punte vir taal
o Puntetotaal: 10
• Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks
aangehaal het nie:
o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe
• Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat woordeliks
aangehaal het:
o 6–7 direkte aanhalings: ken geen punte vir taal toe nie
o 4–5 direkte aanhalings: ken maksimum 1 punt vir taal toe
o 2–3 direkte aanhalings: ken maksimum 2 punte vir taal toe
LET WEL:
• Tel van woorde:
o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui
het nie of as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal
woorde oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
Moontlike antwoord: Die volgende feite MOET in PARAGRAAFVORM
aangebied word.
Veganistiese voedsel word makliker en vinniger verteer. Veganisme verseker goeie
immuniteit. Geen koolstofvoetspoor word (tydens verbouing) agtergelaat nie. Gebruikers
neem nie (nadelige) karsinogene / kankerwekkende stowwe in nie. Jy het glad nie ʼn
vrieskas nodig nie. Jy kan jou kos in jou eie tuin produseer. Voedsel vir veganiste is
goedkoper (as vleis, vis en pluimveeprodukte).
[54 woorde]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
AANHALINGS UIT DIE TEKS EIE WOORDE
• “... dat vertering van voedsel makliker Voedsel word makliker en vinniger
én vinniger plaasvind.” verteer.
• “... wat goeie immuniteit verseker.” Veganisme verseker goeie
immuniteit.
• “... word verbou sonder om ʼn Geen koolstofvoetspoor word
koolstofvoetspoor agter te laat.” (tydens verbouing) agtergelaat nie.
• “...bevat nie karsinogene (kanker- Gebruikers neem nie (nadelige)
wekkende stowwe) wat nadelig vir die karsinogene / kankerwekkende
mens is nie.” stowwe in nie.
• “... dat jy nie ... ʼn vrieskas nodig het Jy het glad nie ʼn vrieskas nodig nie.
nie.”
• “... dan kan jy self jou kos in jou eie Jy kan jou kos in jou eie tuin
tuin produseer.” produseer.
• “... is plantaardige kos ... Voedsel vir veganiste is goedkoper
goedkoper as vleis, vis en (as vleis, vis en pluimveeproddukte).
pluimveeprodukte.”
(Getal woorde: 54)
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Nasien van hierdie afdeling:
• Spelling:
➢ Eenwoord-antwoorde word nie gepenaliseer nie, al is die spelling nie korrek
nie tensy die spelling die betekenis van die woord beïnvloed en/of spelling
die aspek is wat geassesseer word.
➢ Waar ʼn afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
• Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word
soos in die instruksie aangedui.
• By meervoudigekeusevrae word die letter van die korrekte antwoord en/of die
antwoord wat uitgeskryf is, as korrek aanvaar.
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Vraag Antwoord Punt
3.1 Dit sê dat/ dui daarop dat hierdie produk slegs op Netwerk 24 te kry is / nie
op enige ander plek beskikbaar is nie. √ 1
3.2 Klank(e) wat vrygestel word, word voorgestel. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
3.3 Die groter letters / skrif / lettergrootte /
die uitroepteken. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
3.4 Ander boeke word gelees (deur die leser) terwyl hierdie boek (aan die
luisteraar) voorgelees word. √ 1
3.5 Die hond beweeg in ʼn rigting, soos beweging ook deur die woorde Op pad
geïmpliseer word. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
3.6 Daar is elke maand twee nuwe boeke om na te luister. / Die intekengeld is
relatief goedkoop (slegs R99 per maand). / Die geleentheid om na boeke te
luister word aan jou gebied. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
3.7 intekenaar √ 1
3.8 Die leser dink (vir ʼn kort rukkie) na wát die bedrag kan wees. / Spanning
word geskep. / Klem word gelê op die feit dat dié ʼn redelik klein bedrag
is. √ 1
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Vraag Antwoord Punt
4.1 Dit / Die groterwordende woorde (of letters) dui daarop dat die naam
(toenemend) harder uitgeroep word. √ 1
4.2 Hy / Jeremy verskaf ʼn antwoord. / Sy verwag ʼn antwoord. √ 1
4.3 Verslaentheid / ontevredenheid / teleurstelling / skok / woede / verstom √ 1
EN
Die plasing van die arms op die heupe / die mond hang oop / lippe op
mekaar / groot oë √ 1
Die kandidaat bied telkens enige EEN antwoord vir EEN punt elk aan.
4.4.1 Hy wil nie hê haar ma moet saamgaan nie. /
Hy wil nie saamgaan as haar ma saamgaan nie. /
Hy hou nie van die spreekster se ma nie. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
4.4.2 Mense het dikwels ʼn swak verhouding met ʼn meisie / kêrel se ma /
ouers / skoonma / skoonouers. √ 1
4.5 Dit lyk of ... √ 1
4.6 C – nasalering. √ 1
4.7 Dit dui op die geluid wat gehoor word wanneer boodskappe elektronies
gestuur of ontvang word. 1
4.8 Hy rol sy oë / oë lyk groter omdat hy ingenome is met sy nuwe plan /
omdat hy van sy vrou se voorstel verskil / omdat hy besef sy vrou kom
agter dat hy ander planne het. √ 1
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V1 9
VRAAG 5: ARTIKEL
Vraag Antwoord Punt
5.1 y – sy √ 1
5.2.1 konnotatief √ 1
5.2.2 Hy maak ʼn buiging voor die koningin. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke sin vir EEN punt aan.
5.3 vlg. √ 1
5.4 Ja, dit is die naam van ʼn publikasie / Engelse woorde.√
OF
Nee, die woorde is reeds skuinsgedruk om aan te dui dis ʼn publikasie /
Engelse woorde. √ 1
5.5 gevolglik / daarom / daaruit / hieroor / daarvolgens √ 1
5.6 Die maatskappy DoNotPay het die program geskryf. √ 1
5.7 D – samestellende afleiding √ 1
5.8 algemene √ 1
5.9 appèl √ 1
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper