Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paperAfrikaans HLGrade 12202332 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 32 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2023

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 AFRIKAANS HUISTAAL V2 PUNTE: 80 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 32 bladsye.
2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord. 2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat jy in die klas bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord. 3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Gedigte (30) AFDELING B: Prosa (25) AFDELING C: Drama (25) 4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B en EEN uit AFDELING C. AFDELING A: GEDIGTE Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae. Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag. AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. 5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA) • Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het. • Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou te help. 6. LENGTE VAN ANTWOORDE • Die lengte van die opstel vir die gedig is 250–300 woorde. • Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400–450 woorde elk. • Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord die vrae bondig en relevant. 7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3 9. Beantwoord ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 10. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: ongeveer 40 minute AFDELING B: ongeveer 55 minute AFDELING C: ongeveer 55 minute 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING A: GEDIGTE Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY 1. “Elegie vir my toekomstige 10 6 vrou” Opstelvraag 2. “Maaltyd‘” Kontekstuele vraag 10 8 3. “Suiwer wiskunde” Kontekstuele vraag 10 9 4. “dienaar van die nagereg” Kontekstuele vraag 10 10 EN Ongesiene gedig: Verpligtend 5. kompos bevorder groei Kontekstuele vraag 10 11 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag.* 6. onderwêreld Opstelvraag 25 13 7. onderwêreld Kontekstuele vraag 25 13 8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 16 9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 16 10. Vatmaar Opstelvraag 25 19 11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 19 12. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 22 13. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 22 AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag.* 14. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 25 15. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 25 16. Mis Opstelvraag 25 29 17. Mis Kontekstuele vraag 25 29 * LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEK KONTEKSTUELE VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5 KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beantwoord het. AFDELING VRAAG- GETAL VRAE MERK ✓ NOMMER BEANTWOORD A: Gedigte (Voorgeskrewe gedigte) 1–4 2 A: Gedigte 5 1 (Ongesiene gedig) B: Roman 6–13 1 (Opstel of kontekstueel) C: Drama 14-17 1 (Opstel of kontekstueel) LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING A: GEDIGTE VOORGESKREWE GEDIGTE Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAG 1: OPSTELVRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg. Elegie vir my toekomstige vrou – André Letoit 1 ek sal nooit die dag vergeet toe ek jou 2 ontmoet het nie (net soos in die 3 populêre liedjies) 4 :dit was op die skaatsbaan 5 of op die sessiondansvloer 6 of dalk by die biduur 7 (hoewel die soort 8 wat jy by bidure ontmoet 9 gewoonlik nie lank 10 hou nie) 11 ek het jou uitgeneem 12 op my motorfiets (boksburgmeer 13 of milky lane in hilbrow of 14 daai hippiekolonie in berea – ek 15 had altyd ʼn voorliefde vir 16 hippiekolonies) en jy het 17 verlief geraak op my 18 toe jy my profiel in die 19 – nee wag – toe ek 20 in jou oor fluister 21 “ek smaak jou” (jou hare 22 het effens na kougom geruik – oh baby) 23 daarna het ek jou ouers ontmoet 24 hulle het my uit die huis uitgejaag 25 (vermoedelik vanweë my lang hare en baard – 26 uit die mode sedert jan van riebeeck en oom paul se tyd – 27 my tydsberekening is altyd verkeerd) 28 maar uiteindelik 29 het ons tóg getrou; jy was 30 so bly: niemand het opgedaag by die kerk nie 31 behalwe die dominee 32 en ʼn paar assuransieagente 33 (onder andere my pa, saam met sy 34 vrou; gawe mense, darem, 35 as jy hulle leer ken; ongelukkig 36 ken ek hulle 37 nie so goed nie) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7 38 daarna het ons, soos altyd, saam 39 geleef (lééf?) soos al die ander 40 mense (mense?) en 41 nie meer toptwintig 42 geluister nie; 43 ek het altyd gedog 44 ek was verlief op jou (hahaha!) 45 maar toe eers, toe vang ek 46 die hele triek: 47 alles gaan om skreeuende bybies 48 en kombuiskaste wat piep 49 en die huwelik is ʼn duur prys om te betaal 50 vir ʼn lewe vol platoniese dogmatiek [Uit: Suburbia deur André Letoit, uitgegee deur Perskor.] Bespreek die redes waarom hierdie gedig as ʼn voorbeeld van ʼn satire gesien kan word in ʼn opstel van 250–300 woorde. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Maaltyd – P.J. Philander 1 Ou moeder met haar hoepelrokkie 2 en stywe kappie, staan hande gevou 3 in die vorm van ʼn koperklokkie 4 vir smôrens, smiddags en vir nou. 5 Die blou bord en die skoon servet, 6 die helder bril, die Bybel oop, 7 en teen die hoë muur haar groot portret 8 hou my aan haar steeds vasgeknoop. 9 En op die gladde, blink buffet, 10 glimmend in die skerp lig van die lamp, 11 skyn sy nou in die seëngebed, 12 leef sy nou in die wasige damp. 13 Sy was eers goud, heel later silwer, 14 nou’s sy koper waar sy staan, 15 maar met elke lui dan skilfer 16 af ... die grasgroenspaan. [Bron: Uurglas, uitgegee deur Nasionale Boekhandel, 1955] 2.1 Benoem die beeldspraak in strofe 1 en verklaar die funksie daarvan. (2) 2.2 Verklaar waarom die onderstreepte woorde in reël 4 ongewoon is en haal ʼn frase uit strofe 3 aan om jou antwoord te staaf. (2) 2.3 Herlees versreël 7. Watter verstegniese middel word gebruik om die spreker aan sy moeder vas te knoop? (1) 2.4 Herlees strofe 2. Noem TWEE items wat die spreker aan sy moeder “vasgeknoop” hou en dui aan hoe dit by die tema van die gedig aansluit. (3) 2.5 Dink jy ʼn ander tipe strofebou en rymskema sou hier meer gepas wees? Motiveer. (1) 2.6 Watter stemming oorheers in die gedig? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Suiwer wiskunde – N.P. van Wyk Louw 1 Die uurwerk kantel. En die ligbruin by 2 hang roerloos voor die blom wat nooit bevrug 3 word, nooit saad sal skiet, en nooit verby 4 hierdie verstarde uur sal groei. Die lug 5 het stil soos ys gaan staan, so wit en blou. 6 Die brander wat wou oorbuig, val, en skuim, 7 bly in sy ligte sirkels vasgehou 8 en moet sy see ʼn ewigheid versuim. [Bron: Nuwe verse, uitgegee deur Tafelberg, 1954] 3.1 Die eerste sin is ʼn hipotese. Verduidelik wat met hierdie stelling bedoel word en gee EEN voorbeeld van hoe dit uitgehef word. (2) 3.2 Die by verrig nie hier sy normale funksie in die natuur nie? Bewys die stelling deur ʼn frase aan te haal as ʼn bewys vir dié stelling. (1) 3.3 Watter retoriese middel word in versreëls 2 en 3 gebruik om te dui op toekomstige aksies wat nie kan plaasvind nie? (1) 3.4 Herlees versreël 5. 3.4.1 Watter klankeffek kom hier voor? Motiveer waarom dit funksioneel gebruik is. (2) 3.4.2 Benoem die beeldspraak in hierdié versreël. (1) 3.5 Herlees versreëls 4 tot 6. Tyd het tot stilstand gekom en daarom het die brander ook gestol. Hoe slaag die digter om die handeling wat nooit plaasvind nie uit te hef? Noem TWEE maniere. (2) 3.6 Hierdie gedig is ʼn goeie voorbeeld van ʼn metafisiese gedig. Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. dienaar van die nagereg – Patrick Petersen 1 wanneer ek, pie djy pie, dink aan u pa-pappa-pappie 2 sien ek 3 u langarm in ʼn jas reënerige kakie op ʼn groen raleigh 4 vir presies wees; ʼn teen-koue-kakiekombers dik om u 5 lyf gespan; wasem wat soos spookasem uit u mond hang; 6 op kantoor besig met die administrasie 7 van wit man; en buite brand die blou lig blouer teen 8 die totale aanslag van links en swartwees; tussen twee tot tien 9 elf tot sewe vyf tot een en tien tot ses. 10 wanneer ek aan u werk dink pappa-piet 11 sien ek 12 ʼn hart wat vuiste maak; haat wat opgroei en ʼn 13 grootman raak; die maan wat snags u beatstap 14 tel; die wind altyd weer die wind op wolseley 15 wat die dood in sy knope opgaar; blink geelkopersknope – 16 waarin die volksnag lawenis soek; lexingtons 17 en way side twak; die apostoliese hawe – ʼn kloekbaai 18 wat haar skuitjies bymekaar hou. 19 en eenkant langs die tafel voor die stoof sit slaap 20 my skaduwee en ek. wag vir kedoes medi 21 husse met lang-lang ore. wag vir tjoklit en humbugs. 22 wag vir die dienaar van die nagereg. wag vir één dag. [Bron: amandla ngawethu, uitgegee deur Genadendalse Drukkery, 1985] 4.1 Haal ʼn woord uit die gedig aan wat by die onderstreepte woord in die titel aansluit. (1) 4.2 Die spreker se waarneming in versreël 2, word tipografies uitgehef. Hoe word dit bewerkstellig? (1) 4.3 Herlees versreël 3. 4.3.1 Verklaar die denotatiewe en konnotatiewe betekenis van die onderstreepte woorde. (2) 4.3.2 Benoem die stylfiguur. (1) 4.4 Watter beeldspraak kom in versreël 5 voor? Motiveer of die beeld hier gepas is. (2) 4.5 Verduidelik die ironie in versreëls 6 en 7. (1) 4.6 Watter boodskap wil die gedig aan die leser oordra? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11 4.7 Dink jy die gebruik van die donkergedrukte woord in die bron van die digbundel is gepas as jy die inhoud van die gedig in ag neem? Motiveer jou antwoord. (1) [10] EN ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Kompos bevorder groei – Johannes DeSilentio 1 Tot sweet-warm donkertes beperk, 2 die ondergrondse wurm-werk, 3 om organiese bindings af te breek 4 sodat ek weer kan groente kweek. 5 Hoe méér die wurms kan verwoes, 6 hoe ryker, inderdaad die oes. 7 Dié paradoks, van ryk uit vrot, 8 spreek siel-diep tot my eie lot: 9 Soms sukkel ek om te verstaan 10 dat ek níé nou verlore gaan; 11 Kompos! Laat my tog onthou – 12 mens breek soms af om weer op te bou. 5.1 Benoem die strofebou in die gedig. (1) 5.2 Watter soort halfrym kom in versreël 2 voor? Dui aan hoekom dit funksioneel gebruik is. (2) 5.3 Herlees versreëls 5 tot 8. 5.3.1 Dink jy die digter maak hier gebruik van regressie, of progressie? Motiveer jou antwoord. (1) 5.3.2 Is die paradoks wat in strofe 2 voorkom geslaagd? Motiveer jou antwoord. (1) 5.4 Benoem die rymsoort in die gedig. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 5.5 Herlees strofe 3. 5.5.1 Dink jy die spreker praat met die “Kompos”? Motiveer jou antwoord. (1) 5.5.2 Verduidelik in jou eie woorde wat die spreker graag wil onthou. Op watter manier word die onthou uitgehef? (2) 5.6 Stem jy saam met die spreker se positiewe siening oor die “afbreek” wat in sy lewe plaasvind? Motiveer. (1) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13 AFDELING B: ROMAN Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het. ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag). VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG Greg teken sy hele matriekjaar protes aan teen verskillende gesagsfigure en instellings. Skryf ʼn opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25] VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A “Ek meen, sal jy jou geld in ʼn bank sit as ʼn hacker daarby kan uitkom? No ways! Daarom moet die bank sorg dat hy beter beskerming kry vir sy kliënte. ABSA-bank het dit gedoen nadat ʼn ou ʼn klomp kliënte se rekeninge gecompromise het. Voor dit het jy bloot jou rekeningnommer en iets soos ʼn vyfsyfer-password ingetik as jy hul internetbank wou gebruik. Dis belaglik maklik vir ʼn hacker om daardie kode te breek. 5 Maar vandag moet jy deur twee password-skerms beweeg om by jou geld uit te kom. En hulle gebruik SMS’e om kliënte te laat weet iemand het aangeteken op hulle rekening. “En dit het eers gebeur nadat iemand geld gesteel het,” sê ek. “Ja. ʼn Klompie banke het nou ook ʼn intelligensie-organisasie, SA-BRIC,geskep 10 om risiko’s en bedreigings van hackers uit te wys.” Ek vat my bierblik en frommel dit tussen my hande. “Oukei,” sê ek. “So daar is good guys and die bad guys in die hacking onderwêreld.” “Ja, hulle praat ook van die white hats en die black hats.” “En die black hats is seker die kriminele.” 15 Eckardt knik sy kop en glimlag skeef. Hy teken af op sy laptop. In my broei daar nou ʼn opgewondenheid. En die potensiaal van gevaar wat net skuins agter die opwinding lê. “Sal jy my leer?” vra ek toe Eckardt weer agteroorleun in sy stoel. “Wat betaal jy my?” 20 Ek maak of ek sy stoel gaan omgooi. “Komaan, Eckardt!” Hy kyk my eers net aan asof hy moet besluit, maar ná ʼn ruk sê hy: “Oukei, maar nie vanaand al nie. Môre. Ons kan môre begin. 7.1 In watter ruimte vind hierdie gesprek tussen Greg en Eckardt plaas? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 7.2 Herlees reël 12. Dit wat hier gebeur wys duidelik op Greg se morele kompas wat besig is om te wankel. Noem nog DRIE ander voorbeelde in die roman wat hierdie stelling bewys. (3) 7.3 Herlees reëls 14 tot 16. 7.3.1 In watter opsig sluit hierdie reëls by die titel van die roman aan? (1) 7.3.2 Greg kan later in die roman as ʼn white hat én ʼn black hat beskou word. Weerlê of bewys hierdie stelling. (2) 7.3.3 Gee EEN rede hoekom Eckardt se handeling in reël 16 ironies is. (1) 7.4 Herlees reëls 16 en 17. Watter tipe verteller is hier aan die woord? Motiveer waarom juis die spesifieke verteller. (2) 7.5 Waarop sinspeel reëls 16 tot 18 oor Greg se verhouding met sy oorlede broer en hoe het Eckardt dit tot sy eie voordeel gebruik? (2) 7.6 Watter karaktereienskap van Eckardt lei ons uit reëls 21 en 22 af. (1) EN TEKS B Dit is net ʼn uur of so voor die son oor die berg sal breek en die koue sal wyk. Ek wou nog vroeër vir sersant Botha van Dok vertel het, maar nou moet ek die saak weer deurdink. Nes jy reken jy het die bodem van die onderwêreld bereik, stop iemand jou ʼn graaf in die hand en moet jy dieper grawe. Sersant Botha wil nie aangaan sonder inspekteur Cele nie. Hy stuur my net na my 5 kamer. “Gaan probeer maar slaap. Jy gaan dit nodig kry. Daar wag ʼn lang dag op jou, boetie. Jy’t baie om te verduidelik. En moet nie iets stupid try nie, oukei? Jy het al klaar meer moeilikheid as wat jy kan handle.” Hy maak homself tuis op een van die banke in die Hang-Out. Ek gaan na my kamer toe. Verslae. Die mure voel onvriendelik, asof ek nie daar 10 hoort nie. Loser. Ek gaan lê op my bed, probeer dinge vir myself uitredeneer. Wie sou ʼn keylogger op my computer gesit het? Wie sou die kans gehad het om dit te doen? Enigeen van die ouens hier in die koshuis sou kon. Die kamer staan baie keer oop as ek badkamer toe gaan of TV gaan kyk, rugby gaan oefen. Sou iemand soos 15 Plank of TJ dit gedoen het? Dalk Kwanele? Dok? En wat sou hulle daarmee bereik? Hoekom sou hulle wou weet wat ek doen? Waar eindig die onderwêreld? 7.7 Wat wou Greg vir Sersant Botha voor hierdie uittreksel vertel het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15 7.8 Herlees reëls 10 tot 13. 7.8.1 Waarmee worstel Greg in hierdie reëls? Watter tegniek gebruik die spreker om die konflik te onderstreep? (2) 7.8.2 Is dit dieselfde konflik wat hy in Clarens, aan die einde van die roman ervaar? Motiveer jou antwoord. (1) 7.9 Waarna verwys die onderstreepte woord in reël 11? Van watter karakteriseringstegniek word hier gebruik? (2) 7.10 Verwys na reëls 11 en 12. Wie was verantwoordelik vir die ‘keylogger’ op Greg se rekenaar? (1) 7.11 Verwys na reëls 15–18. Hoe word die spanning hier bewerkstellig? Noem TWEE maniere. (2) 7.12 7.12.1 Dink jy Greg het karakterontwikkeling ondergaan van TEKS A na TEKS B? Motiveer jou antwoord. (1) 7.12.2 Verduidelik hoekom jy dink Eckardt en Dok Pienaar het geen karakterontwikkeling ondergaan nie. (2) [25] TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag). VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG Die hoofkarakter, Baas Chipman, is ʼn voorbeeld van ʼn tipiese buitestaander en sy optrede teenoor die plaaslike inwoners van Barotseland, voordat ouma Essie en Grace sy denke beïnvloed het, getuig inderdaad hiervan. Skryf ʼn opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25] VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS C Teen die Zambezi draai hy wes om stroomop die kronkels van die rivier, en veral die stroomversnellings, te verken en aan te teken. Waar die Zambezi sy boggel maak, is dit al in die uitgetrapte olifantpaadjies langs, nog eens noordwaarts deur die oewerruigtes. Twee jaar ná sy aankoms op die kontinent vestig Dennis Chipman hom op die wal 5 van die Zambezi tussen die mense van die Lozi-stam in Barotseland, die westelike provinsie van die huidige Zambië. Hy vang nie ʼn enkele skoenlapper nie, en gaan nooit terug na sy land van herkoms nie. Onder die Malozi staan hy bloot as Baas bekend. Hy en Brindle, later ook hy en die basterafstammelinge van die oorspronklike Brindle – altyd met ʼn Brindle as 10 tropleier – word legendariese buffeljagters. Hy kap die trofeë aan die stamme van die reuse-oewerbome om sy kamp vas en dit besorg aan sy blyplek die naam Manaka, wat Plek van die Horings beteken. Met die jare kry hy langs sy hut ʼn skooltjie aan die gang waar hy ʼn klomp Malozi-kinders onder ʼn worsboom met die vinger in die sand leer skryf en somme maak. Hulle leer ook lees en Engelse 15 kerkliedjies sing – die enigste liedjies wat hy uit sy kinderjare onthou. Sy Sakbybeltjie staan in vir die leeswerk. Sondae word die ruwe kiaathoutbankies onder die worsboom die kinders en sommige ouers se kerk. Hy noem dit Manaka Evangelical Mission. Een van sy gemeentelede is indoena Sitali Mulambwa, die stamhoof van die Senangagebied. 20 ʼn Passie om die noordelike wildernisgebiede van Afrika toegankliker te maak dryf Dennis Chapman. 9.1 Verteller. 9.1.1 Watter soort verteller is in hierdie uittreksel aan die woord en wat is sy funksie in reël 1–4? (2) 9.1.2 Motiveer waarom hierdie soort verteller hier funksioneel is. (1) 9.2 Herlees die onderstreepte gedeelte in reëls 7–8. Verklaar die verwysing na die skoenlappers en sê wat Dennis se land van herkoms is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17 9.3 Herlees reël 9. Verduidelik waarom Dennis Chipman slegs as Baas bekend gestaan het. (1) 9.4 Watter belangrike rol vervul die worsboom (reël 18) in hierdie verhaal? (2) 9.5 Oupagrootjie. 9.5.1 Dink jy die oupagrootjie se ideaal om die wildernisgebied van Afrika toegankliker te maak was geslaagd? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) 9.5.2 Sê ook wat Baas se droom is en of dit realiseer. (2) EN TEKS D “Jou reg om ʼn Christen te wees maak van jou ʼn Christen. Weet jy dit dan nie?” Ouma Essie haal haar Bybel uit haar sisvoorskoot se sak en gee dit vir Baas. “Jy kan mos lees. Romeine 10 vers 20.” Baas blaai. “Nie daar nie!” gebied sy. “Romeine is verder agtertoe. Glo jy hierdie boek?” 5 “Wat sê jy, ouma Essie?” “Ek wil weet of jy in hierdie Boek glo, jongman. Dit help nie ons staan daaroor en praat as jy nie glo wat hierin staan nie. Het jy ‘n Bybel?” “Ek het meer as een Bybel, ouma Essie. Ek het twee. Dit wil nie sê ek het die antwoorde nie.” 10 Ouma Essie vat die boek hardhandig uit Baas se hande. “Nou vat al twee saam en gaan lees Romeine 10 vers 20.” Sy druk haar Bybel terug in haar sak. “Muluti Griesel en meneer Johnnie wag al vir jou. Dis lekker stil daar in die mopaniewoud. Dan lees jy sommer vers 9 en 10 ook.” Sy skakel die kragopwekker af. 15 Priscilla en Akwilla se helder fluite hang oor die stilte. Baas trek die vasmaaktoue onder die seil uit. “Dank die Here,” sê ouma Essie. “Bolena!” sê Baas in die taal van die maats uit sy kindertyd. “Lea tshwenya!” “Wat sê jy?” vra ouma Essie verontwaardig. 20 “Julle! Julle pla!” vertaal Baas. “Dis nie nodig om vir my te sê wat jy gesê het nie! Dis nie ons wat jou pla nie. Ke Modimo, lesogana. Dit is die Here, jongman,” sê sy in die taal van haar kinderjare. 9.6 Wat lei ons in reëls 1–3 omtrent ouma Essie se karakter af? Watter bydrae lewer ouma Essie tot Baas se karakterontwikkeling? (2) 9.7 Teen watter agtergrond vind Baas en ouma Essie se gesprek in hierdie gedeelte plaas? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 9.8 Herlees reëls 9–10. 9.8.1 Baas ervaar innerlike konflik oor sy godsdiens. Noem TWEE dinge wat hiertoe aanleiding gegee het. (2) 9.8.2 Hoe sou sy ouers se dood tot hierdie konflik kon bydra? (1) 9.9 Waarom is dit ironies dat Baas innerlike konflik ten opsigte van sy godsdiens beleef? (1) 9.10 Reël 21 bevestig dat Baas sy geselskap verkies. Motiveer met DRIE bewyse uit die roman dat Baas ʼn buitestander is. (3) 9.11 Hoe verskil Baas se optrede in TEKS D van sy oupagrootjie s’n in TEKS C? (1) 9.12 Watter tema in Manaka Plek van Horings, kom in TEKS D sterk na vore? Motiveer waarom jy dink die boodskap van dié roman nog aktueel is. (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 19 VATMAAR – AHM Scholtz Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag). VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG Die milieu op Vatmaar én Du Toitspan beïnvloed tant Wonnie. Skryf ʼn opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25] OF VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E Siesie Lena en Janman sou terug Windsorton toe loop en die trein Kimberley toe daar vat. Dis hou hulle twee-twee uitmekaar is. Toe hulle mekaar groet, het die vier gesê: Dankie, Vader. Bet en Flippus was nou alleen in die vreemde wêreld. Jare later, toe Oom Flip en Tant Bet goed gevestig was in Vatmaar en Klein – Neels 5 al ʼn fris klong, loop Oom Flip vir Jakob Kierie in die Pan raak. Hy het net uit die tronk gekom na hy drie jaar gesit het oor hy ongeslypte diamante by hom gehad het. Hy vertel toe dat Oubaas Swarz op Bakerville dood is, ʼn arm man, soos die meeste ander delwers. Sy dogter Mollie het met Filemon getrou. Hulle enigste kind is dood. Oubaas Steenkamp het sy eie lewe geneem. Albei ou manne het gesê as hulle net 10 geweet het, sou hulle nooit daardie twee skepsels laat gaan het nie, want hulle was die laaste van hulle soort wat nog in die wêreld oor was. Hulle geluk het hulle met hulle saam weggevat en hulle verdriet vir hulle, die witmense, gelos. Dis wat die toordokter glo vir hulle gesê het. Dit, het Jakob Kierie gesê, is wat die witmense op Bakerville onder mekaar vertel. 15 In die mouterkar Kimberly toe is daar nie ʼn woord gesê nie. Mister Hall – Stone het sonder om te vra by die stasie gaan stilhou. What a contrast, sê hy toe hy na die twee kyk wat uitklim. 11.1 Herlees reëls 1 tot 3. 11.1.1 Watter gebeure gaan die afskeid in hierdie reëls vooraf? (1) 11.1.2 Gee TWEE redes vir die karakters se dankbaarheid. (2) 11.1.3 Op watter manier verander dié gebeurtenis die karakters se lewensomstandighede? (1) 11.2 Karakteruitbeelding. 11.2.1 In watter TWEE opsigte word Tant Bet gepas uitgebeeld? (2) 11.2.2 Waarom is Oubaas Swartz se uitbeelding in die roman nie gepas nie? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 11.3 Waarom voeg die verteller die inligting oor Jakob Kierie hier van reël 6 tot reël 16 in? (1) 11.4 Herlees reëls 8 tot 12. Oubaas Swartz en Oubaas Steenkamp het uiterlike konflik met hulle werkers, Bet en Flippus. Gee ʼn voorbeeld van dié konflik by ELK van die werkgewers. (2) 11.5 Gee EEN van die “twee skepsels” in reël 12 se naam. (1) 11.6 Oubaas Swartz en Oubaas Steenkamp het ʼn baie hoë denk van Flippus en Sus Bet. Is dit geregverdig dat hulle so baie van dié twee dink? Motiveer jou antwoord. (2) 11.7 Wat bedoel Mister Hall-Stone met sy uitlating in reëls 18 en 19? (1) EN TEKS F Toe haal Tant Wonnie ʼn sjieling uit haar roksak en gee dit vir hom. Hier is ʼn sjieling, Mineer Jones, sê sy. Laat hulle opklim. Stoffel Jones het nie geweet dat Tant Wonnie daardie dag in die hof verskyn het nie, ook nie dat Mevrou September die saak teen haar gemaak het nie. Klim op jou skelm, sê hy en vat die sjieling. 5 Settie September was baie verbaas om Tant Wonnie met ʼn nuwe rok en skoene aan in die kapkar te sien. Sy kon haar nie in die oë kyk nie en Tant Wonnie het gedink; As sy ʼn stert gehad het, was hy tussen haar bene. Johnny September was net so verbaas soos sy vrou. Middag, Tante, het hy gesê. Sy het net na hom gekyk en niks gesê nie. 10 Die kar het weggetrek: Klip-kop, klip-kop, klip-kop en hulle koppe het saam met die klip-kop, klip-kop, klip-kop gewieg. Tant Wonnie het sit en dink: Ek en Suzan is altwee verwerp, veroordeel en beledig. My eer is in die hofgebou herstel, maar nie in Vatmaar nie. Daar was niemand van Vatmaar in die hof nie. Ek wonder watter liefstories nou vertel en 15 uitgedink gaan word. Maar vanaand sal ek die blikkie beesvleis oopmaak, ʼn ui opsny en brood bysit. Dan, as Suzan wil, kan sy droëvrugte kry en die gemmerbier drink. Tant Wonnie was op die punt om aan die slaap te val toe Mevrou September vir haar man met die oë na die bottel gemmerbier in die kardoes beduie. 20 11.8 Watter soort verteller is aan die woord in TEKS F, en hoekom is dit noodsaaklik dat juis hierdie verteller in reëls 3 tot 7 gebruik word? (2) 11.9 Is Settie September se reaksies in reëls 6 tot 7 oortuigend? Gee ʼn motivering by ELKE reaksie. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 21 11.10 Tema. 11.10.1 Watter tema in die roman sluit by die onderstreepte woorde aan? (1) 11.10.2 In watter TWEE opsigte het dié tema betrekking op Kaaitjie? (2) 11.11 Sus Bet (TEKS E) en Tant Wonnie (TEKS F) leef Ta Vuurmaak se filosofie van mededeelsaamheid uit. Bewys met behulp van TWEE voorbeelde by ELK dat Sus Bet én Tant Wonnie mededeelsaam optree. (4) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
22 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag). VRAAG 12: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG Die tema van Die kwart-voor-sewe-lelie kan saamgevat word in Iris se woorde: “Ek glo al sedert my skooldae dat ek soos my botaniese naam die een of ander tyd moet blom.” Bespreek die tema in ʼn opstel van 400–450 woorde. [25] VRAAG 13: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS G Ek het my laaste troefkaart uitgehaal en haar vertel van my gesin. Dit het mense gewoonlik vermaak, maar met haar het dit misluk. “ʼn Huishoudster?” het sy skerp gevra. “Het julle ʼn huishoudster?” Ek het vir Johanna as onderwerp afgeskryf en op Ma gekonsentreer. “Vir sulke hulpelose vrouers is daar in hierdie moderne tye nie plek nie,” het sy Ma 5 verwerp en die vulsel vir die kalkoen gewelddadig geknie. Die sjerrieglas het nog langs haar gestaan en sy het kort-kort bygevul. Ek het onthou dat ek besig was om te gesels met ʼn vrou wat ʼn warmwatertenk kon vervang en het oorgeskakel na Elsa en Kara. “Sy’t haar laat steriliseer? Terwyl sy nog jonk en vrugbaar was?” 10 Nog ʼn bloutjie. Ek het vinnig vertel van verwagtende Kara wat haar huis wou vul met kinders in al die kleure van die reënboog. “H’m,” het sy gesê, nie heeltemal goedkeurend nie. “Hoekom is hulle nie getroud nie? Is hy ook een van die soort mans soos Brian?” My moed was laag. Miskien moes ek in New York gebly en my deur Joe laat 15 fotografeer het. “Ek weet nie. Ek dink hulle sal trou.” Dokter Anders en Frederik en Dora het haar ook nie eintlik geamuseer nie. Bowendien was die skottelgoed afgedroog en weggepak en was ek lus vir loop. Maar in ʼn laaste desperate poging het ek haar van die Engel vertel en dit was ʼn kolskoot. “Sowaar?” het sy gesê en die laaste druppels uit die bottel in haar glas gegooi. 20 13.1 Gee DRIE redes waarom Bettie opgebeur moet word. (3) 13.2 Is Johanna nét ʼn huishoudster vir Iris-hulle? Motiveer jou antwoord met ʼn spesifieke voorbeeld uit die roman. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 23 13.3 Watter karaktereienskap van Bettie blyk uit haar dialoog (reël 5–7) met Iris? (1) 13.4 Wie is die verteller in TEKS G? Waarom is dié verteller na aanleiding van die onderstreepte sinsdeel effektief? (2) 13.5 Hoe dra Joe tot die konflik tussen Iris en Peter by? Is dié konflik opgelos? Motiveer jou antwoord. (2) 13.6 Die Engel tree as beskermengel in Vermont op. 13.6.1 Noem TWEE maniere hoe die Engel as beskermengel optree. (2) 13.6.2 Hoe tree die Engel nié in Vermont vir Iris as beskermengel op nie? (1) EN TEKS H Toe ek in later jare in die metafisika begin belangstel en haar vertel dat die molekule opgebreek kan word in sy kleinste onderdeel, die foton, en dat daar gevind is die foton het ʼn geheue en is dus lewend, was sy ekstaties. Dit was een van die min kere dat sy met groot aandag na my geluister het. So aan my lippe hangend dat ek ongemaklik gevoel het en skielik nie meer seker dat wat ek aan die vertel was, wel 5 die hele waarheid was nie. Maar vir haar was dit voldoende. Meer as voldoende. My stamelende uiteensetting van ʼn baie ingewikkelde konsep was presies wat sy wou hoor. “En julle het altyd vir my gelag,” het sy gelukkig gesê. “Julle het altyd gedink ek is getik as ek met die stofsuier gesels. Nou vertel jy my sy molekules was al die tyd 10 lewend en kon my hoor.” Ek het benoud geword, my pa het ongelowig gelag toe sy dit die aand vir hom vertel en my susters het net hulle koppe geskud. Ek het dikwels soos Aspoetertjie gevoel behalwe dat my susters nóg stief nóg lelik was. Elsa en Kara het net twee jaar verskil, maar voor ek gebore is, het ses leë jare 15 verbygegaan. Uit die aard van die saak was ek dus ʼn alleenloper en, soos Polder, iemand wat op oorskietkos geleef het. In Polder se geval was dit sy eie keuse: hy het geweier om geblikte hondekos te eet. 13.7 Herlees reël 9–11. 13.7.1 Watter karaktereienskap van Ma kan jy uit hierdie reëls van TEKS H aflei? (1) 13.7.2 Toon Ma hierdie selfde karaktereienskap wanneer sy saam met Pa op die plaas woon? Motiveer jou antwoord. (1) 13.8 Herlees reël 4. 13.8.1 Gee voorbeelde uit die roman waar Elsa en Pa onderskeidelik nie na Iris luister nie. (3) 13.8.2 Noem ook die rede wat Pa daarvoor gee. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
24 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 13.9 13.9.1 Speel Iris se familie wat haar stilmaak, ʼn rol in die skep van haar fantasiewêreld? Motiveer jou antwoord. (1) 13.9.2 Noem DRIE maniere waarop die Engel Iris beïnvloed. (3) 13.10 Waarom voel Iris soos Aspoestertjie? (1) 13.11 Herlees TEKS G (reël 17) en TEKS H (reël 10–12). Dink jy dat Ma se gesprek met Iris op Ma se hulpeloosheid dui? Motiveer jou antwoord. Waarom, dink jy, het Bettie hierdie vooroordeel teenoor karakters wat sy as “hulpeloos” beskou? (2) [25] TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 25 AFDELING C: DRAMA Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF vraag 15 (kontekstuele vraag). VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG Johnnie, later bekend as Map, se omstandighede het 'n invloed op al die keuses wat hy uitvoer. Skryf ʼn opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25] VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS I CYRIL: Really? Daai Ingilse liberal moffies, jy dink ons vat hulle serious? RICHIE: (aan Cyril): Hê, jou bloues is vi’ jou kwaad, hulle vra vi’ jou attention! CYRIL: Die hele spul, blêdie whiteys wat kamma hierso innie township kom visit, asof hulle belong, moet hulle nice and kind wit 5 gevriete! Smiling fokken hypocrites! Map Jacobs gaat hulle opfok as hy weer yt is, watch ‘it net ... En hy sil reg wies! Daai wit varke wat by Blanchie in en yt is ... Bastards! RICHIE: Hê, wie’s nou sweet op haar? ... CYRIL: Fok-off man! 10 TOMMY: Shut up, shut up! Ek sê vir julle Map is ʼn gechange – de man! CYRIL: Fok-off jy oek! Het jy nou skielik nerves oor Map? Ek hoor hy’s gou bytekant, nog net ʼn paar dae ... RICHIE: Die storie lê hier rond ... TOMMY: So wat daarvan? 15 CYRIL: Ja, so what!? (Hy lag.) ... Wanner? TOMMY: Die sewende ... CYRIL: Aha! Hulle speel. RICHIE: (aan Tommy): Wat sê Antie Grootmeisie, ek mien, jy’s mos in 20 daar by hulle ... Hulle speel. Tommy is besig met sy ware. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
26 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) CYRIL: Silence is golden, hê? TOMMY: Jy wiet sy kannie praat nie. RICHIE: Okay, moenie so touchy wies nie! 25 Hulle speel. Dan verskyn Cavernelis met sy fiets, weer op pad huis toe ná een van sy uittogte met die soft goods. Hy huiwer wanneer hy verby kom. CYRIL: Hie’ kom die ou vrek. (Stilte.) Weer overtime, ja! Skaars by die hys van sy job af, dan’s hy al weer weg op sy bike, met die soft 30 goods, tot Sondae oek ... Géld! Hoegdrawende ou stront! TOMMY: Laat staan die man, dis nie ons biesagheit nie! Cavernelis wil net van sy fiets af, dan praat Cyril. 15.1 Waarna verwys Richie se woorde in reël 2 en 3? (1) 15.2 Herlees reëls 4 tot 8. 15.2.1 Na hoeveel jaar kom Map nou uit die tronk en hoekom is hy in die eerste plek tronk toe gestuur? (2) 15.2.2 Waar pas TEKS I in die struktuur van die drama? Dink jy die dramatiese spanning neem toe? Motiveer jou antwoord. (2) 15.3 Herlees reëls 27 en 28. Gee ʼn rede vir Cavernelis se reaksie en dink jy sy reaksie is geregverdig? Motiveer jou antwoord. (2) 15.4 Herlees reëls 29 tot 31. 15.4.1 Wat is die funksie van dié dialoog? (1) 15.4.2 Hoekom werk Cavernelis so hard en het hy selfs twee werke? Het hy die vrugte van sy harde werk gepluk? Motiveer. (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 27 TEKS J TOMMY: Hy’t net weer sy nies hierso kô instiek oor Blanchie, man, oor haar en Map ... Julle wiet oek al seker ... Ek mien... CYRIL: ’Is ou nuus al, man, lat ... hy try al weer hárd by haar ... en sy’t nog oeghare vir hom, ek sê ... Stilte 5 CYRIL: (aan Richie): Spéél, wat stáán jy so ... RICHIE: Ek het julle mos gesê, hy’s skaars t’rug, of die hele fokken wêreld hierso is weer gemaak en gebriek! ‘Is sy ou stryk ... CYRIL: Okay man, Blanchie was nooit vir jou ge-bedoel nie, so los nou jou crush op haar ... 10 RICHIE: Gwaan voetsêk, wat se crush het ek op haar? ... TOMMY: Okay man ... RICHIE: (aan Tommy): Vryf jy jou fokken ringe, man! (Geniepsig, want hy weet Tommy óók het ʼn “crush” op Blanchie.) CYRIL: Julle’s darem op julle nerves, jong! 15 RICHIE: (aan hulle almal): Los my yt! Wat neuk julle moet my? (Hy smyt sy stok neer, en lóóp). TOMMY: Strange ... CYRIL: Oek nie so strange nie ... TOMMY: So Richie het allie tyd só ... gevoel oor haar, nè? Well, I never ... 20 CYRIL: Smaak jy vir speel? TOMMY: Nei, man, anner keer ... CYRIL: Maar ek het dan gedink sy gaat oversea ... TOMMY: Ek oek ... Anyway ... Maar ‘is seker nie onse biesagheit nie ... CYRIL: (lag): ‘Is soes jy sê, ou Tommy ... So ... hulle siet mekaar weer, 25 Blanchie, en Map Jacobs die bastard! Die lig verander. Doof uit. Doof in: Blancie en Map. Blanchie totaal verward en huilend. Op ʼn afstand van mekaar. BLANCHIE: (bewend): Dis ... Johnnie ...dis Daddy! Daddy! Jy ... kom ... help. 30 Dis Daddy!! Daddy!! Daddy!! (Sy skreeu.) MAP: (staar): Blanchie ... BLANCHIE: Johnnie! Dis Daddy!! MAP: (probeer haar kalmeer): Hê, Blanchie ... Lyster nou eers ... Blanchie ... 35 BLANCHIE: (snik, praat dan): Daddy! ... Johnnie ... hy word nooit so nie, hy’t nog ... nooit ... nog ... so ... Johnnie ... gekyk nie ... Toe ... loop hy net ... weg ... net ... loop hy net ... Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
28 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 15.5 Van wie praat Tommy in reëls 1 en 2? (1) 15.6 Herlees die kursiefgedrukte woorde in reëls 13 tot 14. 15.6.1 Wat noem ʼn mens die woorde in ʼn drama? (1) 15.6.2 Gee TWEE funksies van dié kursiefgedrukte woorde. (2) 15.7 Herlees reël 23. Op watter manier sluit hierdie reël by die tema van die drama aan en wat gaan die gevolg vir Blanchie wees? (2) 15.8 Wat is ironies aan Tommy se woorde in reël 24? (1) 15.9 Herlees reël 30. 15.9.1 Blanchie is duidelik ontsteld. Watter innerlike konflik beleef sy? (1) 15.9.2 Word die konflik opgelos? Motiveer jou antwoord. (1) 15.10 Waarom noem Blanchie vir Map Johnnie? (1) 15.11 Herlees reëls 12 en 13 van TEKS I asook reël 9 in TEKS J. 15.11.1 Hoe verskil Cyril se nuus in die twee tekste? (1) 15.11.2 Het Cyril se voorspelling in TEKS I toe waar geword? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) 15.12 Dink jy die variëteit van Afrikaans waarin hierdie drama geskryf is, is ge- pas en is die drama nog relevant vir vandag? Motiveer beide jou antwoorde. (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 29 VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG Konstabel se koms beïnvloed Meisie en Gertie se strewe na vryheid. Skryf ʼn opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25] VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG TEKS K MIEM: Hoe afskuwelik! GERTIE: (druk haar hand voor haar oë en sidder): Ek sal dit nooit vergeet nie. MIEM: Armsalige ellendelinge. (Aan MEISIE) Ek hoop jy onthou dit ook. So mooi en welgeskape maar altyd met ʼn lang gesig. 5 MEISIE: Ma! Die huilwind vervaag en verdwyn. MIEM: Nou toe nou. Dit is genoeg. (Skielike opgewonde) Weet jy, Gertie ... dit laat my mos dink. Die sirkusgedoente was die vorige kere ook hier. Op dieselfde aand! Wie weet, miskien is hy een van 10 hulle! GERTIE: Ag nee, Miem, dink jy so? MIEM: As ek maar net vroeër daaraan gedink het, het ek vir die sersant gesê. GERTIE: Ek is seker dit sal hom byval, Miem. Die sersant is ʼn verstandige 15 man. MIEM: Ja, hy is. Hy het na ons geluister. GERTIE: Hy het ander polisie en honde laat kom. Om die dorp en die distrik te patrolleer. MIEM: Waar hoor jy dit? 20 GERTIE: Vanmiddag was die dorp daarvan vol. En op pad het ek hulle gesien. Polisiemanne met groot honde aan kettings. MIEM: Watter blye tyding! MEISIE: Eina! (Sy suig haar vinger) GERTIE: Aag tog, het jy jou raakgesteek? 25 MIEM: Wil mos nie ʼn vingerhoed dra nie! Tydens die volgende twee spreekbeurte sak die mandjie met die tou vinnig na onder. MIEM: Mandjie, Meisie! Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
30 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) GERTIE: Jy is ʼn flukse meisie om jou moeder te help. 30 MEISIE staan op en knoop die mandjie vinnig los. MIEM: Dit is waar. Ek weet nie wat ek sonder haar sou doen nie. Gee hier. MEISIE gee vir haar die mandjie. MIEM: (kyk na die bord in die mandjie. Vies.) Hou mos nie van kop en 35 pootjies nie. Gaan skraap dan maar die bord uit, my kind. 17.1 In watter jaar speel hierdie drama af? (1) 17.2 Na wie verwys Miem in die onderstreepte woorde in reël 4 en hoe dink jy sluit dit by die tema van die drama aan? (2) 17.3 Wat sal Gertie nooit in reël 2 vergeet nie? (1) 17.4 Herlees reël 7. Wat is die funksie van die wind se gehuil in die drama en wat suggereer dit? (2) 17.5 Verwys na reël 10. 17.5.1 Van watter spesifieke aand praat Miem hier? (1) 17.5.2 Dink jy Miem en Gertie is doodbang vir hierdie spesifieke aand? Motiveer jou antwoord. (2) 17.6 Waarom is Miem se reaksie in reël 23 ironies? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) 17.7 Herlees reël 24 tot 26. 17.7.1 Met watter sprokieskarakter word Meisie mee geassosieer en identifiseer TWEE ooreenkomste tussen die twee karakters? (3) 17.7.2 Meisie steek haarself drie keer raak met die naald. Wat word met hierdie aksie versterk? (1) 17.8 Herlees reëls 27 en 28. Wie laat sak die mandjie van die solder af en hoekom is die persoon daar? (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 31 TEKS L KONSTABEL: En daar staan sy in haar onderklere. Onderklere van kant en sy. GERTIE kyk in ekstase na haarself in die denkbeeldige spieël. KONSTABEL: Sy kyk weer na haarself. Sy streel haar palms stadig langs haar sye af. GERTIE streel haar palms langs haar sye af. Sy sug van plesier. 5 KONSTABEL: Sy word twee mense. Sy begeer. En sy word begeer. GERTIE kyk byna in ʼn beswyming na haar ‘beeld’ in die ‘spieël’. Skielik gaan ʼn deur oop. Die geluid van die wind hou op. Daar is voetstappe in die gang. GERTIE lyk verward, asof sy skielik wakker skrik. Sy gryp haar bloes en haarnaalde van die tafel af en verdwyn 10 vinnig deur die agterdeur. Die agterdeur klap hard agter haar toe. Na ʼn oomblik verskyn MIEM in die deur. Oor haar arm is ʼn pienk kombers. MIEM: En wie is so skielik hier uit? KONSTABEL: Dit is juffrou Gertie. 15 MIEM: (snork) Dit is seker weer die vars lug en die oefening. Dit is regtig onverstandig van haar. Op so ʼn aand. Ek is darem seker Wagter sal ʼn ogie oor haar hou. Ek het net die kombers gebring. As u so ʼn bietjie wil skuins lê op die bank. Nou ja, goeienag, Konstabel. En weer eens dankie. 20 MIEM huil skielik en sak op ʼn stoel by die tafel neer. KONSTABEL: Wat makeer, Mevrou? MIEM: Dit is so lank laas ... lank laas ... dat ʼn man vir my goeienag gesê het. (Huil) As ek hom net kon sien! Net een keer. Voor die dood ons skei. (Kyk boontoe, sug sidderend) Sewe jaar! Ek kan dit 25 skaars glo. So gaan die tyd verby. (Vee haar oë af). 17.9 Herlees reël 1. 17.9.1 Na wie verwys Konstabel in hierdie reël? (1) 17.9.2 Wat sal die rede wees vir Gertie se reaksie op Konstabel se vertelling? Dink jy Miem sou ook so ʼn reaksie gehad het, indien sy alleen met Konstabel was en nie Gertie nie? (2) 17.10 Wat noem ons die kursiefgedrukte woorde in reëls 5 en 21? Wat is die funksies van hierdie onderskeie kursiefgedrukte woorde? (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
32 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 17.11 Herlees die onderstreepte sin in reël 26 van TEKS K asook die onderstreepte sin in reël 5 van TEKS L. 17.11.1 Is daar in dié twee tekste ʼn ooreenkoms in Meisie en Gertie se reaksie? Motiveer jou antwoord. (1) 17.11.2 Dink jy Gertie se innerlike konflik word aan die einde van die drama opgelos? Motiveer jou antwoord. (1) [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all