Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 12202329 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023, 29 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2023

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NOVEMBER 2023 PUNTE: 80 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 29 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/November 2023 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord. 2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord. 3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Gedigte (30) AFDELING B: Roman (25) AFDELING C: Drama (25) 4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en EEN in AFDELING C. AFDELING A: GEDIGTE Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae. Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag. AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. 5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)  Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.  Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou te help. 6. LENGTE VAN ANTWOORDE  Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.  Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.  Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en relevant. 7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/November 2023 NSS 9. Beantwoord ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 10. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: ongeveer 40 minute AFDELING B: ongeveer 55 minute AFDELING C: ongeveer 55 minute 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/November 2023 NSS INHOUDSOPGAWE AFDELING A: GEDIGTE Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY 1. "Die bokser" Opstelvraag 10 6 2. "Susan Boyle" Kontekstuele vraag 10 7 3. "27 april 1994" Kontekstuele vraag 10 8 4. " 'n Paternoster vir Suid-Afrika" Kontekstuele vraag 10 9 EN Ongesiene gedig: Verpligtend 5. "Bont" Kontekstuele vraag 10 11 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag.* 6. Onderwêreld Opstelvraag 25 12 7. Onderwêreld Kontekstuele vraag 25 12 8. Manaka Plek van Horings Opstelvraag 25 15 9. Manaka Plek van Horings Kontekstuele vraag 25 15 10. Vatmaar Opstelvraag 25 18 11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 18 12. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 21 13. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 21 AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag.* 14. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 24 15. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 24 16. Mis Opstelvraag 25 27 17. Mis Kontekstuele vraag 25 27 *LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/November 2023 NSS KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beantwoord het. VRAAG- GETAL VRAE MERK AFDELING NOMMER BEANTWOORD () A: Gedigte 1–4 2 (Voorgeskrewe gedigte) A: Gedigte 5 1 (Ongesiene gedig) B: Roman 6–13 1 (Opstel of kontekstueel) C: Drama 14–17 1 (Opstel of kontekstueel) LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/November 2023 NSS AFDELING A: GEDIGTE VOORGESKREWE GEDIGTE Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAG 1: OPSTELVRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Die bokser – Ernst van Heerden 1 Die grense van die klein kryt 2 is hellende onvastigheid, 3 waar wit bors fier teen wit bors staan 4 en skim teen skim die skynhou slaan; 5 die lyf word wiegend – ritmies, sterk – 6 tot skerm en liemaak ingeperk; 7 vier donker oë blits fel en woes, 8 wyl twee gedaantes mik en koes; 9 maar elk groteske vuis se smak 10 laat lis en weerstand verder knak ... 11 die liggaam is so rank gebou 12 en weerloos teen dié man se hou; 13 tog sal my mokerslag hom tref 14 waar hy hom vaag en grynsend hef, 15 sy beeld versplinter in die glas 16 waar netnou my gestalte was; 17 'n flikker-weerskyn word verskerf, 18 'n lyf stort soos 'n koring-gerf ... 19 Wie is die man wat roerloos lê, 20 wie't 'n bekende naam gesê? 21 Waarom die skaar aan't roep en fluit, 22 en waarom flakker ligte uit ...? [Bron: Groot Verseboek] Die tema van kwesbaarheid word effektief deur sprekerperspektief, woordgebruik en retoriese middele aangetoon. Bespreek die stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/November 2023 NSS VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Susan Boyle – Kobus Grobler 1 daar staan jy inskrywing 43212 2 voor die pilatusse van Britain's got talent 3 aangeja soos 'n skaap 4 miserabel vaal in die lig verguis 5 die monobrou en die kapsel raam 6 jou vertelsel van 'n klein Nasaret 7 Simon spot, skares jou uit: 8 jy is die grap van die jaar 9 met die eerste woorde van I dreamed a dream 10 het jy vanuit vernederende vooroordeel 11 hulle en miljoene ander op YouTube 12 in ongeloof laat aanskou 13 hoe jy jare se troeteltalent 14 aan die hele wêreld skenk [Bron: Toulopers, verse vir tieners] 2.1 Waarna verwys "43212" (versreël 1) letterlik EN watter afleiding oor Susan Boyle kan hieruit gemaak word? (2) 2.2 Benoem en verduidelik die beeldspraak in versreël 2. (2) 2.3 Susan Boyle word in versreël 3 en 4 as 'n patetiese karakter voorgestel. Watter halfrym versterk hierdie gedagte? (1) 2.4 Dink jy Susan Boyle se liedjiekeuse in versreël 9 is gepas? Motiveer jou antwoord. (1) 2.5 Verwys na versreël 13 en 14. 2.5.1 Wat word deur die gebruik van die woord "troeteltalent" geïmpliseer EN hoe word hierdie woord uitgehef? (2) 2.5.2 Watter TWEE opeenvolgende woorde kontrasteer met "troeteltalent"? (1) 2.6 Verwys na versreël 7 en 8 asook versreël 13 en 14. Waarom, dink jy, kan die slotversreëls as 'n ironiese uitkoms vir Susan Boyle beskou word? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/November 2023 NSS VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 27 april 1994 – Vincent Oliphant 1 uiteindelik vou ek die verlede toe 2 knyp sy vlerk tussen duim en vinger vas 3 tot hy veilig deur 'n gleuf in die geskiedenis glip 4 en anderkant 5 wonderbaarlik 6 vry 7 die duif van vrede sy blou vlerke sprei 8 sodat my nuutgebore stem na woorde smag 9 om 'n lied vir my land 10 soos 'n vlag aan die tong te laat sweef 11 bo die geruislose val van skanse van die vel 12 sodat ek vry uit die vervreemding tree 13 om in die oë van vergetenes en langverlorenes 14 uiteindelik myself te kan sien 15 soos iemand wat ek nooit geken het nie 16 om aan hulle die hand te gee 17 en te voel hoe vlees en vlees ontmoet 18 want een lyn van bloed loop deur die eeue 19 loop deur die ganse geskiedenis 20 loop deur elke uithoek van die land 21 loop deur my en loop deur jou 22 van Genesis tot nou [Bron: Die sagte vlees, 1998] 3.1 Na watter belangrike gebeurtenis in Suid-Afrika verwys die titel? (1) 3.2 Wat is die stemming in versreëls 1 tot 7? Noem TWEE maniere waarop hierdie stemming geskep word. (3) 3.3 Benoem en verduidelik die beeldspraak in versreël 11. (2) 3.4 Watter progressie word met die herhaling van die woord "vry" in versreël 12 bewerkstellig? (1) 3.5 Waarom, dink jy, is die gebruik van die koepletvorm in versreël 16 en 17 gepas? (1) 3.6 Tot watter TWEE insigte kom die spreker in die slotstrofe? (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/November 2023 NSS VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 'n Paternoster vir Suid-Afrika – Lina Spies 1 Here, laat die name geheilig word 2 van al die kinders van die land – 3 van hulle 4 wat modderkoekies gebak het uit sy aarde, 5 dassies skrikgemaak het in sy klowe, 6 wol getrap het in sy krale. 7 Ek het asemloos toegekyk: 8 swart bolywe geboë oor magtelose diere 9 en skerp skêre wat my laat wag het, 10 bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn. 11 Maar die swart versigtige hande 12 het selde dieper as die wit geknip 13 en ek kon die lootjies uitdeel 14 want die arbeider was sy loon waardig 15 volgens die aantal wat hy vrygemaak het 16 om ligvoets teen die somerheuwels uit te wei. 17 Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur, 18 die wololie van my voete afgewas, 19 my bene nie meer lam getrap nie. 20 Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes, 21 soos ons hulle vergewe, die luidrugtiges 22 wat nooit binne die kraal was nie, 23 wat nooit rietperd gery 24 en kaalvoet geloop het nie, 25 en Here, sien ons hande aan: 26 Kyk, om my wit pols is 'n armband van gras; 27 my donker speelmaat het dit kunstig gevleg 28 soos ek nooit kon nie ... 29 Aan U behoort die land 30 en die son 31 en die skape van sy weiding 32 Gee ons liefdevolle hande, Heer, 33 en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed 34 dat daar nie onnodig bloed verspil nie 35 en deel U self die lootjies uit [Bron: Digby Vergenoeg, 1971] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/November 2023 NSS 4.1 Skryf die aanspreekvorm uit versreël 1, wat die titel ondersteun, neer. (1) 4.2 Watter TWEE verskillende emosies word met die gebruik van "asemloos" (versreël 7) opgeroep? (2) 4.3 Watter woord in strofe 4 dui op progressie in tyd? Verduidelik wat hierdie progressie impliseer. (2) 4.4 Vergelyk versreëls 25 tot 28 met versreël 32. 4.4.1 Benoem die stylfiguur in versreël 32 EN verduidelik wat op figuurlike vlak met die versreël bedoel word. (2) 4.4.2 Dink jy die spreker se versoek in versreël 32 is geregverdig teen die agtergrond van versreëls 25 tot 28? Motiveer jou antwoord. (1) 4.5 Met watter letterlike handeling vroeër in die gedig skakel versreël 35? Evalueer die geslaagdheid van die gebruik van progressie in dié versreël. (2) [10] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/November 2023 NSS ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Bont – Luan Pettit 1 My erfenis is meer as 'n taal, 2 dis my tong se trippel oor Tsitsikamma, 3 suutjies se sus en toemaar se troos. 4 Dis bliksem se befoeterdheid en voetsek sê se vuishou. 5 Dis 'n flerrie wat haar flikkers gooi en 6 die slof en plof van 'n knus pantoffel. 7 My erfenis is bont. 8 My erfenis is meer as 'n land, 9 dis sonligspatsels wat dans tussen golwe 10 en wiegende blertse rooi papawers tussen vaal grasvlaktes. 11 Dis die Sederberg se skurwe knoetse 12 en huisies soos kardoesies wat rus 13 onder 'n blink gespikkelde Karoonag. 14 My erfenis is bont. 15 My erfenis is meer as kultuur. 16 Dis hoendervleis-lekker en die knop in my keel 17 as Nkosi weerklink deur 'n skare, groen en geel. 18 Dis boer-maak-'n-plan-vasbyt en Ubuntu-oemf, 19 dis braaivleis en stoepsit en kuier tot laat, 20 'n oopbekglimlag. 'n Afrikahanddruk. 21 My erfenis is bont. [Bron: Poort, 2019] 5.1 Watter tipe spreker vind ons in die gedig? (1) 5.2 Benoem die halfrym in versreël 2. Dink jy dat die gebruik daarvan geslaagd is? Motiveer jou antwoord. (2) 5.3 Benoem en verduidelik die beeldspraak in "gespikkelde Karoonag". (2) 5.4 Lei af wat die spreker met "My erfenis is bont" (versreël 21) bedoel deur EEN woord uit elke strofe neer te skryf wat elk op 'n ander aspek van die land dui. (3) 5.5 Wat, dink jy, is die funksie van die polisindeton in versreël 18 en 19? (1) 5.6 Watter woord in hierdie gedig dui op die ryke verskeidenheid van die land? (1) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/November 2023 NSS AFDELING B: ROMAN Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het. ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag). VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde hoe die tema van magsmisbruik op Greg van toepassing is. [25] VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A "Sorry, Ma, ek kyk 'n bietjie rond. Ons kon mos nooit sien waaroor die Matrieks van die vorige jare so te kere gaan nie." "Ons het die koelsak in die motor vergeet. Daar is 'n paar eet- en drinkgoedjies in wat ek vir jou saamgebring het vir jou yskas. Sal jy dit gou gaan haal, asseblief?" Ek sit net af na die trap toe, toe ek 'n vreemde gesig tussen die ander ouens 5 raaksien. Donkerkop, ongeskeer. Strakgesig. Sy oë kyk 'n oomblik lank na my van onder sy donker wenkbroue, flits dan weer weg. Hy stap af met die gang. Oor sy skouer hang daar 'n laptopsak. In een hand hou hy 'n stuk gevoude papier en 'n sportsak vas, in die ander 'n tas. En ek kan dit sommer ruik: 'n nuweling. Kan jy nou meer? In ons laaste jaar. Sy 10 pa moet connections uit 'n ander wêreld hê. "Is jy seker jy is op die regte vloer?" vra ek toe ek hom inhaal. "Ek kan tel," sê hy, terwyl sy oë 'n oomblik lank op my vasgenael bly. Moeilikheid, sien ek. Hierdie ou soek moeilikheid. "Ja, maar kan jy tot vyf tel? Hierdie vloer is net vir Matrieks." 15 "Zero's en One's is al wat jy nodig het," sê hy. Ek frons, weet nie wat hy bedoel nie. Ek kan sien hy weet dit. "Wie's jy?" vra ek. Hy bly 'n oomblik stil en kyk my net aan, sê dan: "Eckardt. My naam is Eckardt." Toe draai hy om en loop verder die gang af. 20 7.1 Watter tyd van die skooljaar is hier ter sprake? (1) 7.2 Wat kan jy oor die verhouding tussen Greg en sy ma uit reëls 1 tot 4 aflei EN hoe verskil dit van Greg se verhouding met sy pa? (2) 7.3. Greg en Eckardt se eerste ontmoeting is ter sprake. 7.3.1 Waarom, dink jy, is Greg se antagonisme teenoor Eckardt tydens hulle eerste ontmoeting ongeregverdig? (2) 7.3.2 Tot watter slotsom kom Greg uiteindelik ten opsigte van hierdie indrukke wat hy oor Eckardt gehad het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/November 2023 NSS 7.4 Watter rol speel Eckardt se oë (reël 6) later tydens die Trapper-ritueel? (1) 7.5 In watter opsig word Greg se vooropgestelde idee (reël 11) enersyds reg en andersyds verkeerd bewys in die slot van die roman? (2) 7.6 "Zero's en One's is al wat jy nodig het," sê hy. (Reël 16) 7.6.1 Waarna verwys Eckardt in die reël hierbo EN by watter betekenismoontlikheid van die titel sluit hierdie woorde aan? (2) 7.6.2 Wat het daartoe gelei dat Greg later in die roman by "Zero's en One's" betrokke geraak het EN wat was die gevolg van sy betrokkenheid? (2) 7.7 Watter onsekerheid bestaan in die slot van die verhaal ten opsigte van Eckardt se naam? (Reël 19) (1) EN TEKS B Ek staar net na hom, skrik dan, want vir die eerste keer besef ek ek het nog nooit behoorlik gekyk hoe hy lyk nie. Nog nooit lánk nie. Die beeld van hom wat al die jare in my kop ingeprent lê, is meer dié van die belangrike sakeman met die afsydige houding en die verwagtinge as die man self. Maar nou kýk ek, soos 'n mens sal kyk na die gesig van 'n sieke in 'n hospitaalbed. 5 Sonder om 'n oog te knip. Al die jare tussen ons, en ek het hom nooit genuinely geken nie. Ek het nooit kon dink hy sou deurmekaar raak met iets so afgrysliks soos wat met die virus gedoen kan word nie. "Ek weet, Pa …" Dis al wat ek vir hom sê, en ek verwens my eie stem wat nou so dun is. 10 Hy staan net daar. Sy kakebeen beweeg nog effens en stop dan. Klem saam. Die vel by sy wangbeen maak 'n duikie. Wat dink hy? wonder ek. En demmit, ek wil nie, maar ek voel hoe ek begin hartseer word. Ek wil vloek. Maar ek wil ook sê ek is jammer. Ek wil sê: "Pa, hoe kon jy dit doen?" Ek wil my vuiste 15 bal en hom slaan soos ek vir Eckardt geslaan het. Maar somehow doen ek nie een van die dinge nie. Dis tyd vir grootword. En terwyl ek so na my pa kyk, sien ek vir die eerste keer hoe hy pynlike oomblik vir oomblik afgetakel word. Sy skouers sak laer. Sy fors houding verkrummel. 20 Skanse breek. 7.8 Watter tipe verteller tree hier op EN waarom is hierdie tipe verteller in reëls 13 tot 17 voordelig? (2) 7.9 Waarom het Greg se pa by "iets afgrysliks" (reël 7) betrokke geraak EN watter insig het Greg as gevolg van sy pa se betrokkenheid hierby verkry? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/November 2023 NSS 7.10 Noem TWEE sake waarna Greg verwys as hy sê: "Ek weet, Pa …" (reël 9) EN waarom is dit ironies dat Greg emosioneel raak wanneer hy sy pa se innerlike konflik waarneem? (3) 7.11 Sowel Greg as Eckardt se pa's ervaar in hulle lewens dat hulle vasgekeer voel. Sou 'n mens Greg se pa enersyds en Eckardt se pa andersyds van lafhartigheid kan beskuldig? Motiveer jou antwoord met verwysing na beide pa's. (2) 7.12 Verwys na reëls 5 tot 9 van TEKS A en reëls 1 tot 4 van TEKS B. Met watter houding het Eckardt in TEKS A en Greg se pa in TEKS B hulle onderskeidelik teen die buitewêreld beskerm? (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/November 2023 NSS MANAKA PLEK VAN HORINGS – Pieter Pieterse Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag). VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN HORINGS – OPSTELVRAAG Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde hoe die tema van Christenskap op Baas van toepassing is. [25] VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS C In die herfs van 1994 staan Baas Chipman by Manaka langs die Zambezi na sy boot en opkyk. Hy probeer beweeg aan die stellasie. Dit roer nie. Dis 'n stewige struktuur van dik mopaniepale wat hy en Mark met die laebakvragmotor aangery en diep ingeplant het. En die toue waarmee die dwarsbalke aan die stutpale vas is, sal hou. 5 Al waaroor Baas jammer is, is dat hulle van die worsboom se takke moes afsaag om die boot se stuurkajuit verby te kry. Die houtbankies onder die boom het ook in die slag gebly. "Eendag sal ons dit vervang," sê hy vir die ses honde. Lady is nie by nie. Sy is weer op hitte. Hy het haar toegemaak in die draadhok wat hy vir die doel gebou het. Vir nog 10 'n klomp hondjies is daar nie tyd nie. Hy moet huis bou en die gereedskap en die materiaal vir die werkery aan die romp en die kajuite bestel en aanry. Hy klim teen die boot op om sy tuisgemaakte leer van mopaniepale te toets. Die kiaathoutdwarslatte vat sy honderd kilogram met gemak. Hy gaan haal die blik verf onder die ruim en verf die naam Zambezi Joy dood. 15 Dan klim hy tot op die stuurkajuit se dak en stut sy pontboot se nuwe naam teen die bakboord maslig se paal om te kyk hoe dit lyk. Dit is die naam wat hy tydens sy omswerwinge tussen Livingston en Mambova tydsaam in groot sierletters op die plank geverf het. Maar hy skroef dit nie vas nie. Nog nie. 9.1 Naamgewing speel 'n belangrike rol in Manaka. 9.1.1 Wat beteken "Manaka"? (1) 9.1.2 Op watter familie-ooreenkoms tussen Baas en sy naamgenoot- oupagrootjie dui die naam Manaka? (1) 9.1.3 Die naam "Baas" kan moontlik op meerderwaardigheid dui. Dink jy dit is waar van dié hoofkarakter? Motiveer jou antwoord. (1) 9.2 Verwys na reëls 6 tot 9. 9.2.1 Waarom voel Baas sentimenteel oor die worsboom en die bankies? (1) 9.2.2 Evalueer die rol wat die bankies uiteindelik speel ten opsigte van die geestelike groei wat Baas deur die verloop van die verhaal ervaar. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/November 2023 NSS 9.3 Verwys na reëls 9 tot 11. Waarom het Baas sy een hond juis Lady gedoop? Noem EEN insident waartydens Lady besitlik teenoor Baas optree. (2) 9.4 "Hy gaan haal die blik verf onder uit die ruim en verf die naam Zambezi Joy dood." (Reël 14 en 15) 9.4.1 Op watter nuwe naam besluit Baas vir die pontboot EN waarom juis hierdie naam? (2) 9.4.2 Verduidelik hoe die bootnaam tot 'n wanpersepsie lei EN watter krisis in Baas se lewe blyk uit sy huiwering om die bootnaam vas te sit. (2) 9.5 Baas leer verskeie lewenslesse na die verkryging van die pontboot. Motiveer die stelling deur 'n gepaste lewensles EN 'n toepaslike bewys uit die verhaal te noem. (2) EN TEKS D "Vertel my iets wat ek nie weet nie. En verskoon my as ek reguit praat. Jy sê die mense praat omdat ek die laaste tyd kwaai is. Ek is nie kwaai nie. Ek is die donder in. En dis hierdie soort ding wat my só gemaak het. Ek hét niks meer om te gee nie." "Dit is oor jy siek is dat jy nou só praat," skerm Grace. "Dit het niks met siekte te doen nie. Ek is net heeltemal gatvol! Hoekom dink jy lê 5 die materiaal om my boot reg te maak vir byna 'n jaar onder die plastiekseile en vrot? Hoekom dink jy lyk ek soos ek lyk? Hoekom het ek nie pille gehad toe ék malaria gekry het nie? Maak dit vir julle saak dat ek ook 'n lewe het om te leef? Dink jy ek het Barotseland toe gekom om verantwoordelik te voel vir almal se skete en kwale en hongersnood? Ná my pa en ma deur 'n spul barbare vermoor is?" Baas begin hoes. Hy 10 is uitasem en sy keel is rou. Mense kom uit die winkels om te kyk na die man wat so raas. "Ek is jammer om te hoor van jou pa en jou ma. Dit is 'n baie slegte ding wat gebeur het. Miskien moet ek ook reguit praat. As die Here daar by Manaka vir jou kom sê het jy gaan nie van hierdie siekte gesond word nie en daar is net één ding wat jy nog kan 15 kies om klaar te maak ... sou jy die boot gekies het?" 9.6 Watter gebeurtenis het daartoe aanleiding gegee dat Baas en Grace hulle tans in Ngweze bevind? (1) 9.7 Waarom is dit geloofwaardig dat Baas in reël 2 kru taal gebruik? Gee TWEE redes. (2) 9.8 Waarna verwys Baas wanneer hy praat van "hierdie soort ding" (reël 3)? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/November 2023 NSS 9.9 "Maak dit vir julle saak dat ek ook 'n lewe het om te leef?" (Reël 8) 9.9.1 Dink jy dit is regverdig dat Baas vir Grace by die "julle" insluit? Motiveer jou antwoord. (1) 9.9.2 Watter TWEE karaktereienskappe van Grace word in TEKS D uitgebeeld? Motiveer jou antwoord met aanhalings uit die teks. (2) 9.10 Waarom is Baas se vraag in reëls 8 tot 10 ironies? (1) 9.11 Watter tipe verteller tree hier op EN waarom is hierdie tipe verteller in reëls 10 tot 12 voordelig? (2) 9.12 Verwys na reël 1 en 2 in TEKS C en reëls 13 tot 16 in TEKS D. Watter droom van Baas is in TEKS C ter sprake EN dink jy hierdie eerlike gesprek in TEKS D het 'n invloed gehad op die verwesenliking van Baas se droom later in die roman? Motiveer jou antwoord. (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/November 2023 NSS VATMAAR – AHM Scholtz Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag). VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde hoe die tema van armoede op Oom Chai, Ta Vuurmaak en Tant Wonnie van toepassing is. [25] VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E Die drie vroumense het op diervelle op die grond geslaap. Die velle is oordag saam met die komberse en kussings opgerol. 'n Leiklipplaat van omtrent 'n jaart by 'n jaart het op vier pale wat in die vloer ingeplant was, gerus. Bo-op het drie borde en drie bekers gestaan en onder die kliptafel was daar 'n paraffienblik om water uit die put te skep. Tant Wonnie se man het nog die put saam met Vatmaar se mense gegrawe. 5 Nou het dit aan hulle se buurman, Dirk Twala, behoort. Hy het 'n koei en kalf daarvoor betaal. Die koei is twee jaar tevore in die groot droogte dood, en die kalf, wat 'n jong bul geword het, is geslag. Die meeste van die putte het toe opgedroog, net soos die opvangdam anderkant 10 die begraafplaas. Maar Tant Wonnie se put en 'n paar ander het altyd water gehad en almal kon daar kom water skep. Niemand is weggestuur nie want Dirk Twala het gesê al is die put syne, gekoop met 'n lewendagge ding, sal die water lewenslank aan Tant Wonnie behoort. Sy kon dit weggee soos sy wou. En soos dit gaan met mense wat regtig arm is, is die water en die meeste van die 15 bulletjie se vleis met mense gedeel. Die vuurmaakplek was buitekant die een-kamer. Drie groot stukke leiklip wat op drie kante in die grond gesteek is. Die vierde kant was oop. Daar het 'n driebeenpot gestaan en 'n ou skottel op 'n klip om in te was. 11.1 Waar het Tant Wonnie gewoon? (1) 11.2 Verwys na reël 1. 11.2.1 Watter karaktereienskap het Tant Wonnie met haar dogters gedeel? Motiveer jou antwoord vanuit die roman. (2) 11.2.2 Watter een van die drie vrouens bots later met die gereg EN watter karaktereienskap van dié vrou beïndruk die regter? (2) 11.3 Wat word deur die woorde in reël 5 oor die mense van Vatmaar geïmpliseer? By watter ander karakter as Dirk Twala is hierdie karaktereienskap ook kenmerkend? Motiveer jou antwoord. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/November 2023 NSS 11.4 Verwys na reëls 10 tot 14. 11.4.1 Op watter manier dra Dirk Twala se goedhartigheid teenoor Tant Wonnie tot die karakterisering van Tant Wonnie self by? Gee nog 'n bewys vanuit die roman waar dié karaktereienskap by Tant Wonnie na vore kom. (2) 11.4.2 Kan die naam, Tant Wonnie se put, vanuit die roman geregverdig word? (1) 11.5 Dink jy die ruimtelike beskrywing van Tant Wonnie se blyplek in reëls 17 tot 19 is funksioneel? Motiveer jou antwoord. (1) 11.6 Tant Wonnie tree as rolmodel in Vatmaar op. 11.6.1 Watter vriendin van Tant Wonnie is ook 'n rolmodel in Vatmaar? (1) 11.6.2 Op watter TWEE maniere het Tant Wonnie se dogter Suzan haar ma se waardes in die Vatmaar-gemeenskap uitgeleef? (2) 11.7 Watter vertellersperspektief vind ons in hierdie teks? (1) EN TEKS F Sy het by die kapkar gestop. Ou Jones, hier is 'n job vir jou, het sy gesê. Vat hierdie twee Vatmaar toe. Hier is die bewys, ek sal dit teken en dan kan jy môre die geld gaan haal. Dankie, Juffrou, het hy gesê en die "good for" gevat. Stoffel Jones het die twee sakke kos en die bruin papierkardoes gevat. Die 5 domanie se vrou het in die kar bly sit en net gesê: Laat dit goed gaan. Stoffel Jones het sy keps afgehaal en dit met albei hande teen sy bors gehou. Ma en dogter het net geglimlag want hulle kon nie die bedankingswoord oor hulle lippe kry nie. Toe sê Stoffel Jones vir Suzan: Dit is mos vir jou wat ek na jou suster toe gevat het. 10 Ja, Oom. En Mevrou moet Miesies Moeler wees. Hy het sy keps afgehaal en vir Tant Wonnie sy hand gegee. Miesies lyk rêrig mooi. Miesies Moeler word by die dag mooier. Dankie, Mineer Jones lyk ook goed. Hoe gaan dit by die huis? Goed, dit help nie om te kla nie. 15 Hy het rondom die kar en perd geloop om seker te maak alles is in orde. Ons moet maar ry, ek wil nie in die donker terugkom nie, want dis nie 'n maanskynnag nie. Tant Wonnie het niks gesê nie want sy was moeg na die lang dag. Suzan het ook 'n dag van bekommernis en angs agter die rug gehad. Die geskommel van die kar het 20 hulle gou vas aan die slaap gehad. 'n Ruk en 'n Ho-ho-ho! het hulle uit hulle diepe slaap wakker geskud. 11.8 Wat is Stoffel Jones se beroep? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/November 2023 NSS 11.9 Watter rol het die dominee se vrou in Tant Wonnie se lewe gespeel? (1) 11.10 Wat kan ons uit Stoffel se handeling in reëls 7 tot 9 aflei EN waarom kan Tant Wonnie nie 'n bedankingswoord oor haar lippe kry nie? (2) 11.11 Waarom sou Tant Wonnie en Suzan rede hê om op hierdie dag te glimlag? Noem DRIE redes. (3) 11.12 Verwys na reël 15 en 16 van TEKS E en reël 5 en 6 van TEKS F. 11.12.1 Hoe verskil die optrede van die mense in TEKS E van dié van die dominee se vrou EN in watter opsig is hierdie verskil ironies? (2) 11.12.2 Keur jy die dominee se vrou se optrede goed? Motiveer jou antwoord. (1) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/November 2023 NSS DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag). VRAAG 12: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG Die vroue in Iris se grootwordmilieu het 'n invloed op haar lewensuitkyk. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 13: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS G Ek het my laaste troefkaart uitgehaal en haar vertel van my gesin. Dit het mense gewoonlik vermaak, maar met haar het dit misluk. " 'n Huishoudster?" het sy skerp gevra. "Het julle 'n huishoudster?" Ek het Johanna as onderwerp afgeskryf en op Ma gekonsentreer. "Vir sulke hulpelose vrouens is daar in hierdie moderne tye nie plek nie," het sy Ma 5 verwerp en die vulsel vir die kalkoen gewelddadig geknie. Die sjerrieglas het nog langs haar gestaan en sy het kort-kort bygevul. Ek het onthou dat ek besig was om te gesels met 'n vrou wat 'n warmwatertenk kon vervang en het oorgeskakel na Elsa en Kara. "Sy't haar laat steriliseer? Terwyl sy nog jonk en vrugbaar was?" 10 Nog 'n bloutjie. Ek het vinnig vertel van verwagtende Kara wat haar huis wou vul met kinders in al die kleure van die reënboog. "H'm," het sy gesê, nie heeltemal goedkeurend nie. "Hoekom is hulle nie getroud nie? Is hy ook een van die soort mans soos Brian?" My moed was laag. Miskien moes ek in New York gebly en my deur Joe laat 15 fotografeer het. "Ek weet nie. Ek dink hulle sal trou." Dokter Anders en Frederik en Dora het haar ook nie eintlik geamuseer nie. Bowendien was die skottelgoed afgedroog en weggepak en was ek lus vir loop. Maar in 'n laaste desperate poging het ek haar van die Engel vertel en dit was 'n kolskoot. 13.1 Tydens watter tyd van die jaar vind die gesprek tussen Bettie en Iris plaas? (1) 13.2 Dink jy dit is geldig dat Bettie bloot na Johanna as 'n "huishoudster" in reël 3 verwys? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) 13.3 "... en die vulsel vir die kalkoen gewelddadig geknie." (Reël 6) 13.3.1 Tot watter wanindruk by Iris lei Bettie se ongesteldheid nadat sy van die kalkoen geëet het? Watter rol speel die Engel daarin dat Iris onder hierdie wanindruk verkeer? (2) 13.3.2 Hoe sluit die latere gebeurtenis van hierdie aand by Iris se lewensfilosofie oor haar naam aan? Verwys in jou antwoord na die betrokke lewensfilosofie en hoe dit met die gebeure skakel. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/November 2023 NSS 13.4 Watter kenmerkende eienskap van Elsa, wat sterk kontrasteer met Iris se persoonlikheid, lei tot haar sterilisering? Noem enige TWEE karakterveranderinge by Elsa wat later in die roman voorkom. (3) 13.5 Met wie is Kara (reël 11 en 12) in 'n verhouding EN waarom is die aktuele kwessie ten opsigte van verhoudings tussen rasse hier ter sprake? Noem nog 'n ander aktuele kwessie wat in TEKS G gesuggereer word. (3) 13.6 Verduidelik waarom Joe 'n belangrike rol in Iris se lewe speel. (1) 13.7 Die teenwoordigheid van dr. Anders en Frederik in Iris se lewe veroorsaak konflik tussen haar en die ander mense na aan haar. Stem jy saam? Motiveer jou antwoord deur na dr. Anders en Frederik afsonderlik te verwys. (2) 13.8 Vergelyk dr. Anders se van en sy optrede. Hoekom is sy van ironies? (1) EN TEKS H "Die Engel is ook hier," het ek vir Peter gefluister toe almal opstaan om op ons gesondheid te drink. "Het jy hom genooi?" het Peter gevra. "Hy kom nie net op uitnodiging nie." "Van wie praat julle nou?" het my nuwe skoonpa gevra, wat aan my ander kant gesit 5 het. Die mense was aan die rondbeweeg en eet en onder die algemene gedruis kon ons praat. Ek het hom reguit in die oë gekyk. "Die Engel." "Is hy hier?" het die oom gevra en oor sy mond gevee. "Ja." Peter het nie saamgepraat nie omdat Ma hom aan die arm beetgehad het en 10 besig was om hom te vertel van Kara se Michel en hoeveel hy nou weeg. "Waar?" het die oom gevra en bang rondgekyk. "Agter die blomme. Daar by die venster." Hy het soontoe gekyk en gefrons. "Ek sien niks nie." "Oom sal seker nie. Dis net ek wat hom kan sien." 15 "Kwit," het hy gesê en selfs benouder gelyk. "En dit op julle troudag." "Natuurlik moet hy hier wees. Hy, by uitnemendheid, moet vandag hier wees." "Is jou ander susters ook so?" het hy ná 'n ruk gevra, sy oë moeg getuur na die skerp lig in die venster. "Bedoel oom of hulle ook die Engel kan sien? Nee, dis net ek." 20 Peter het hom weer na my gewend. "Gaan jy vir Pa aanhou 'oom' sê?" "Ja." Ek het die oom vas in die oë gekyk en hy het geweet as hy my wil aanvaar, moet hy die Engel ook. Aanvaarding was deel van die kontrak. 13.9 Verwys na reël 1. 13.9.1 Waar het Iris aan die Engel gekom EN wanneer het die Engel die eerste keer aan haar verskyn? (2) 13.9.2 Waarom het Iris in reël 17 beweer dat die Engel "by uitnemendheid" by die troue hoort? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/November 2023 NSS 13.10 Dink jy dit is vir Iris belangrik dat net sy die Engel kan sien? Motiveer jou antwoord. (1) 13.11 Watter tipe verteller tree in TEKS H op EN waarom is hierdie tipe verteller in reëls 21 tot 23 voordelig? (2) 13.12 Verwys na reël 18 en 19 van TEKS G en reëls 8 tot 16 van TEKS H. Watter invloed het Iris se verwysings na die Engel op die stemming van onderskeidelik TEKS G en TEKS H? Motiveer telkens jou antwoord. (2) [25] TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/November 2023 NSS AFDELING C: DRAMA Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag). VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG Blanchie se keuses het 'n invloed op haar verhoudings en geluk. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS I LA GUMA: (bly oor die moontlike geselskap): O, hello, mister Carvernelis ... CAVERNELIS: (sku): Evening, mister La Guma ... LA GUMA: Lovely evening, nice an' ... crisp, for jogging ... CAVERNELIS: 'Is bietjie koud, mister La Guma. Ek gaan maar inkruip. LA GUMA: You had a ... long day, mister Cavernelis? 5 CAVERNELIS: (het nou al tot stilstand gekom, sy hande op die stuurstang van die fiets): Ja. Ons sien vir Blanchie, bo by hulle deur, buite. BLANCHIE: (roep na binne): Antie Maud ... Daddy het nou net gekom ... Maar dis weer daai lastige drel van 'n Willy la Guma daar by hom! Bly altyd 10 agter mense aan ... MAUD: (van binne af): Oh ... Talk, talk, talk, die ou praatbek! All words and air, and nothing done! CAVERNELIS: (te ordentlik of te swak om sommer net sy eie koers te kry): Ja, 'n lang dag, mister La Guma. (Staan onseker, met die fiets in sy hande. Hy 15 lyk moeg.) BLANCHIE: (praat weer met Maud. La Guma-hulle, onder, kan nie vir haar en Maud hoor nie): Hulle praat daar onner by die lig ... MAUD: Jy mien Willy la Guma praat! En spring dié weer, soes 'n ritsige ding, up and down? (Lag) Politics en P.T. Shit! Óf hy run around the 20 township moet sy P.T.-boudjies, óf hy run die bloody government down asof ons nie wiet dis sleg nie! Die government sê dié en die government sê dáái. Asof ons 'it nie al kant en klaar wiet nie! BLANCHIE: Maar Auntie Maud, hy't darem oek 'n punt! MAUD: Ja, maar sy punt is altyd te ... lank! 25 BLANCHIE: Ek suppose so. (Dan verdwyn sy na binne.) CAVERNELIS: (om maar iets te sê): Mister La Guma is seker baie fit ... LA GUMA: Well, mister Cavernelis, you see ... fitness is a ... way of living ... CAVERNELIS: Ek sien ... LA GUMA: You should try it mister Cavernelis ... Come, I'll ... show you how ... 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/November 2023 NSS 15.1 Waarvandaan kom Cavernelis net voor Willy la Guma begin praat? (1) 15.2 Verwys na reël 2. 15.2.1 Waarom is die neweteks geloofwaardig? (1) 15.2.2 Waarom is dit enersyds te verstane en andersyds ongewoon dat Cavernelis met Willy la Guma Engels praat? (2) 15.3 Waarom het Cavernelis 'n lang dag gehad? (1) 15.4 Is dit oortuigend dat Blanchie vir Maud as "Antie" aanspreek? Motiveer jou antwoord. (1) 15.5 Hoe weet die leser dat Blanchie vir La Guma as opdringerig ervaar? Haal DRIE opeenvolgende woorde as bewys aan. Noem nog TWEE ander geleenthede waartydens hierdie karaktereienskap van La Guma na vore kom. (3) 15.6 Noem VIER redes waarom Willy la Guma so teen die regering gekant is. (4) 15.7 Willy la Guma maak verskillende uitsprake in die drama oor die lewe in die township. Waarom, dink jy, kan Willy la Guma se uitsprake oor die township as geloofwaardig beskou word? Motiveer jou antwoord met DRIE redes. (3) EN TEKS J MAUD: (gooi haar hande op): Well, so there you have it! CAVERNELIS: (heeltemal uit die veld geslaan): Maar ... maar Maudie ... Blanchie ... BLANCHIE: Blanchie, met 'n stuk papier – 'n brief in haar hande. Sy huil. 'Is nie wáár nie ... MAUD: Maar 'it is wáár! You've read the letter, my dear ... Now stop crying, 5 sweetheart, crying won't help ... Blanchie huil. CAVERNELIS: (hulpeloos): Maar ... ek het nie gekan dink ... MAUD: (wreed): Maar jy't nooit gekan enigiets nie, Cavernelis-darling! Of course het jy nie gekan dink ... (Sy lag, sinies. Cavernelis bek-af.) 10 Blanchie, that's life, my sweetheart ... that's people, man ... You trust them, you trust them, you do things for them, an' they ... will just dump you, like that! (Sy beduie.) Trust me, I've been through it all ... Die vuilgoed ... CAVERNELIS: ... when they've used you, that's it ... Maar ek het vir jou gesê, 15 MAUD: sweetheart, those dandies, die klomp fashion-moffies ... hulle sil vir jou use tot lat hulle jou klaar ge-use het, en dan ... dúmp hulle vir jou ... Next pretty girl in the queue, please ... CAVERNELIS: Die vuilgoed ... En hoekom net ... nóú ... Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/November 2023 NSS MAUD: In the queue, in the béd ... I know the swine, sweetheart! All 20 the sweet talk, all the promises, while hulle jou use vir hulle eie purposes ... BLANCHIE: (snikkend): Daddy ... Auntie Maud ... CAVERNELIS: Maar hulle't gesê ... gebelowe ... jy gaan Paris toe ... MAUD: Shit, Cavernelis-darling, "gesê", "gebelowe" ... That's no contract, my 25 dear! An' even contracts are cheap! It all depends on whom you're dealing with! Ek net vannie begin af gewiet ... 15.8 Waar speel hierdie toneel af EN wat is die funksie van die toneelaanwysing in reël 1? (2) 15.9 Mister Cavernelis sê in reël 8 "ek het nie gekan dink ..." Waarop sinspeel Mister Cavernelis se woorde? (1) 15.10 Verwys na reëls 9 tot 14. 15.10.1 Word Blanchie as 'n "sweetheart" in die township beskou? Motiveer jou antwoord. (1) 15.10.2 Verduidelik waarom Maud sarkasties is as sy vir Blanchie as "sweetheart" aanspreek. (1) 15.11 Watter tipe konflik volg tussen Blanchie en Maud net na die laaste dialoog in hierdie uittreksel. Gee 'n bewys vir jou antwoord. (2) 15.12 Verwys na reëls 9 tot 13 van TEKS I en reëls 4 tot 6 van TEKS J. Die kommunikasie enersyds en stemming andersyds tussen Maud en Blanchie stem ooreen in die tekste hierbo. Stem jy met hierdie stelling saam? Motiveer jou antwoord deur na albei sake onderskeidelik te verwys. (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 27 DBE/November 2023 NSS MIS – Reza de Wet Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag). VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG Meisie se vryheid word deur haar eie én die ander karakters in haar milieu se besluite beïnvloed. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS K Meisie maak die deur vinnig toe. Die sirkusmusiek word nie meer gehoor nie. MIEM: (snork. Kopbeweging na die deur) Klinkende simbale! (Simpatiek aan GERTIE) Foei tog, jy lyk soos 'n verkluimde kuiken. GERTIE: Ja, die windjie is geniepsig. (Haal haar hoed af en sit dit op die tafel 5 neer) MIEM: Gaan word eers warm by die stoof. GERTIE: 'n Warm stoof is ongesond. Ek weet hoe om warm te bly. (Begin baie vinnig op een plek trippel terwyl sy haar arms heen en weer swaai) MIEM: Ag, nee wat, Gertie! Daar is 'n tyd en 'n plek vir als! 10 GERTIE lyk afgehaal en gaan sit by die tafel. MIEM: Daar's vrugtebome wat al bot. Ja, die koue vang hulle seker sleg. GERTIE: Naand, Meisie. MEISIE: Naand, juffrou Gertie. MIEM: Maar sê nou, Gertie. Wat maak jy dié tyd van die aand hier? 15 GERTIE: Ag, Miem ... jy weet vanaand is nie 'n aand om alleen te wees nie. MIEM: (sug en gaan sit) Jy kan dit weer sê, Gertie. (Tel die goiing op en werk verder) GERTIE: Toe dag ek, my tuin is so groot en die bure so ver ... en toe ... so in die stilligheid ... hoor ek ... geluide ... Die hele huis het begin kraak ... en 20 die luike het geklap. O, dit was aaklig. MIEM: Foei tog, Gertie, dit is geen wonder nie. (Tel haar voet op en laat dit op 'n stoel rus) GERTIE: En toe hoor ek 'n uil roep in die tuin. Jy weet wat die ou mense gesê het ... nou ja ... 25 17.1 Sê wat Miem met "klinkende simbale" in reël 3 bedoel EN verduidelik hoekom sy só daarna verwys. (2) 17.2 Verwys na reëls 5 tot 9. 17.2.1 Gertie se voorkoms en optrede is bewys daarvan dat sy haar deur ander se verwagtings laat beïnvloed. Watter TWEE aksies in die neweteks bewys hierdie stelling? (2) 17.2.2 Noem nog 'n geleentheid later in die drama wat bewys dat Gertie deur Miem se siening beïnvloed word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 28 DBE/November 2023 NSS 17.3 Verwys na reël 4 en reël 10. 17.3.1 Watter kontrasterende persoonlikheidsaspekte van Miem kom in hierdie twee spreekbeurte na vore? (1) 17.3.2 Sou jy sê dat hierdie twee kante 'n getroue weerspieëling van Miem se karakter is? Motiveer jou antwoord deur te verwys na die manier waarop sy ander karakters in die drama behandel. Verwys na beide persoonlikheidsaspekte. (2) 17.3.3 Watter EEN van hierdie persoonlikheidseienskappe is ook by Gertie teenwoordig? Motiveer jou antwoord met TWEE bewyse uit die drama. (2) 17.4 "Daar's vrugtebome wat al bot." (Reël 12) 17.4.1 Hoe gepas is hierdie tyd van die jaar vir Miem en Meisie ten opsigte van oorlewing? (1) 17.4.2 Verduidelik in watter opsig hierdie tyd van die jaar op figuurlike vlak op Meisie van toepassing kan wees. (1) 17.5 "Ag, Miem ... jy weet vanaand is nie 'n aand om alleen te wees nie." (Reël 16) 17.5.1 Waarom verwys Gertie spesifiek na hierdie aand in reël 16? Noem TWEE feite. (2) 17.5.2 Dink jy Gertie se vrees is geregverdig? Motiveer jou antwoord. (1) EN TEKS L Meisie werk weer aan haar sak. KONSTABEL: Maar kom u dan nie uit nie, Juffrou? Die dorp is tog nie ver nie? MEISIE: My ma het my hier nodig. My ma het net vir my. KONSTABEL: En is hier baie om te doen? MEISIE: Ja. Ek kry my werk nooit klaar nie. Elke dag is als vol stof. Die mure is 5 dun en vol krake. En als wat buite is, kom in. Ek vee en stof, vee en stof, maar dit help nie. En elke dag moet ek was en stryk want ons klere ruik na mis. En die vensters, elke dag moet ek hulle skoonmaak. (Byna huilend) Want ... die vlieë los mispatrone op die ruite. Kos, slopemmer! Sakke! Eers was my hande sag. (Strek haar vingers uit) 10 En nou, eelte op al my vingerpunte! (Sy druk haar hand oor haar mond) Stilte. MEISIE: Eers was ons baie ryk. 'n Hoed en 'n rok vir elke dag. En nou ... Ma sê die mense bejammer ons. (Byna verdedigend) Elke jaar koop my 15 ma vir my 'n nuwe rok. (Treurig) Maar net een op 'n slag. (Sag en droewig) Dit word gou dun ... en uitgewas. (Sag) Ek skaam my. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 29 DBE/November 2023 NSS KONSTABEL: (met innige meegevoel) Ek is jammer, Juffrou. MEISIE: (skielike laggie) Dis snaaks. Niemand het my nog so genoem nie. (Weer 'n laggie) Juffrou. 20 KONSTABEL: Wel ... ek sou verkies om u op u naam te noem. Mag ek vra wat u naam is? MEISIE: (skaam) Meisie. (Vinnig) Maar dis nie my regte naam nie. KONSTABEL: En wat is dit? Jou regte naam? 17.6 Wat is die verband tussen die neweteks in reël 1 en die titel van die drama? (1) 17.7 Watter TWEE ekonomiese gebeurtenisse het tot Meisie se omstandighede gelei EN waarom, dink jy, wil haar ma haar so gevange hou? (3) 17.8 In reël 18 skep Konstabel die indruk dat hy simpatie met Meisie het. Watter ander karakter word ook simpatiek deur Konstabel behandel? Motiveer jou antwoord. (1) 17.9 Met watter TWEE bedoelings noem Konstabel vir Meisie "Juffrou" (reël 18 en 20) EN hoe verskil dít van die rede waarom Miem haar bloot net "Meisie" noem? (3) 17.10 Verwys na reëls 16 tot 18 in TEKS K en reëls 7 tot 9 in TEKS L. Hoekom is dit ironies dat Gertie op dié aand enersyds Miem se huis as 'n veilige hawe beskou en dat Miem andersyds dink sy beskerm Meisie deur haar gedurig by die huis te hou? (2) [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all