Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2023 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12202315 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2023, 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2023

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NOVEMBER 2023 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 15 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE NASIONALE NASIENSIMBOLE VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde ( ) Hakies en pyltjie Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken Taalfoute Enkelstreep onder die taalfout Spelfoute = Dubbelstreep onder die spelfout Begin van 'n nuwe sin L Maak 'n L voor die eerste woord van die nuwe sin. Maak 'n [ voor die eerste woord van die nuwe Paragraafindeling [ paragraaf. Woord(-keuse)-foute X Trek 'n X bo-oor die verkeerde woord. Erkenning van  Regmerkie bo goeie taalgebruik/idees/uitdrukkings taaljuweeltjies ʃ (in die Onduidelik/onverstaanbaar Kronkelstreep kantlyn) Punktuasie  Omkring Neem funksionele D Skryf 'n D vir "dialek" in die kantlynspasie. taalvariëteit in ag. AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN onderwerp of prent skryf. Hy/sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die punte soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = Kh = 22 Taal, styl en redigering: T = Kl = 10 Struktuur: S =K = 4 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 36 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL  Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.  Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.  Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die opstel saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne VRAAG 1 RIGLYNE Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyne) mag nie as bindend beskou word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld: 1.1 "... maar Meneer, my flikkerlig wás aan ..." Dié onderwerp kan as 'n verhalende opstel aangebied word indien die kandidaat 'n storie vertel waarin hy/sy/iemand anders hierdie spesifieke woorde gebruik/moes gebruik. Hy/Sy kan hierdie woorde ook in 'n verhaal as verskoning/oortuiging/motive- ring om nie aan die kortste end te trek nie, gebruik. Die kandidaat kan vertel watter gebeure tot die verkeersoortreding gelei het. In 'n beskrywende opstel met hierdie titel kan die kandidaat die situasie/gebeure beskryf wat aanleiding daartoe gee/gegee het dat hy/sy die woorde moet gebruik/moes gebruik. Die kandidaat kan die verkeersoortreding beskryf. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat bv. peins oor die geloofwaardigheid van die woorde teenoor die persoon vir wie hy/sy dit sê en die gevolge daarvan. Die kandidaat kan bespiegel oor die omvang van die verkeersoortreding. As 'n argumenterende/beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer/argumenteer oor waarom/hoe die verkeersoortreding sy/haar lewe drasties beïnvloed het en/of watter impak dit op sy/haar lewe het/gehad het. Die kandidaat sou ook kon redeneer/argumenteer of die woorde in die onderwerp as verskoning/motivering vir krisissituasies sou kon dien. [50] 1.2 Nóú is my kans ... As vertrekpunt vir 'n verhalende opstel kan die kandidaat van 'n geleent- heid/geleenthede/'n persoon wat sy/haar pad gekruis het, vertel en wat hom/haar tot die slotsom gebring het waarom dit nóú ‘n spesifieke/uitsonderlike/merk- waardige kans vir hom/haar was. In 'n beskrywende opstel kan 'n kandidaat byvoorbeeld die omstandighede/gebeure/oomblikke/geleenthede rakende 'n spesi- fieke/uitsonderlike/merkwaardige kans wat sy/haar lewe op hierdie stadium verander (het), beskryf. Die kandidaat kan in 'n bespiegelende opstel peins oor die voor- en nadele indien hy/sy nie hierdie spesifieke/uitsonderlike/merkwaardige kans op dié oomblik benut/sou benut nie. Die kandidaat kan ook mymer oor watter omstandighede/gebeure vir hom/haar die perfekte/groot kans op daardie oomblik in sy/haar lewe sou wees. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel kan die kandidaat die redes bespreek/argumente aanvoer waarom dit belangrik is om hierdie spesifieke/uitsonderlike/merkwaardige kans(-e) wat die lewe nóú bied met albei hande aan te gryp./nie aan te gryp nie. [50] 1.3 Onthou-oomblikke maak jou lewe die moeite werd. In 'n verhalende opstel kan die kandidaat vertel van onthou-oomblikke wat sy/haar lewe die moeite werd gemaak het. Die kandidaat kan selfs ook ‘n verhaal/storie oor ‘n rolmodel/bekende persoon vertel, wie se onthou-oomblikke sy/haar lewe die moeite werd gemaak het. Vir 'n beskrywende opstel kan die kandidaat die omstandighede/gebeure beskryf toe onthou-oomblikke sy/haar lewe die moeite werd maak/gemaak het. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat oor onthou- oomblikke wat sy/haar lewe die moeite werd maak/gemaak het, mymer. In ‘n argumenterende/beredeneerde opstel kan die kandidaat redes aanvoer waarom onthou-oomblikke die lewe die moeite werd maak/gemaak het. Die kandidaat kan ook argumenteer of dit slegs spesifieke oomblikke is wat die lewe die moeite werd maak/gemaak het. Die kandidaat kan op groei/ontwikkeling as sentrale tema in sy/haar lewe fokus. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 1.4 Pasop, dink voor jy sink! In 'n verhalende opstel kan die kandidaat byvoorbeeld van 'n insident/insidente vertel toe hy/sy/iemand anders tot die besef gekom het dat hy/sy eerder twee keer moes dink voordat hy/sy net handel/gehandel het. ‘n Kandidaat kan ook vertel hoe sy/haar impulsiewe optrede/besluit hom/haar duur te staan kom/gekom het en die les wat hy/sy geleer het. Die emosionele ervarings wat iemand in so ‘n situasie beleef, kan as basis vir 'n beskrywende opstel dien. Die kandidaat kan ook beskryf hoe hy/sy so ‘n situasie beleef/ervaar het. Indien die kandidaat besin oor die impak wat "dink voor jy sink" op sy/haar lewe kan hê/kon gehad het, kan dit as 'n bespie- gelende/mymerende opstel beskou word. In ‘n argumenterende/beredeneerde opstel kan die kandidaat argumente/redenasies aanbied waarom ‘n saak eerder goed deurdink moet/moes word. Die kandidaat kan bewyse gee van maatskappye/bekende persoonlikhede wie se ondeurdagte optrede tot hulle ondergang lei/gelei het. [50] 1.5 Ek kry koud op my eie, ek soek net 'n klein bietjie warmte. 'n Verhalende opstel oor hierdie onderwerp sou kon vertel van 'n tyd in die kandidaat/iemand anders se lewe waartydens hy/sy letterlik of figuurlik eensaam/ koud gevoel het en na ʼn bietjie warmte soek/gesoek het. Die kandidaat kan 'n bespiegelende opstel aanbied oor die redes waarom hy/sy hierdie ervaring van koudkry op sy eie beleef (het)/moontlike uitkomste en maniere waarop hy/sy die situasie kan/kon hanteer toe hy/sy na warmte smag/gesmag het. Die kandidaat kan in 'n beskrywende opstel beskryf watter omstandighede/gebeure daartoe aanleiding gegee het dat hy/sy/iemand anders op sy eie koud kry/gekry het en watter gebeure ʼn dwingende behoefte aan ʼn klein bietjie warmte by hom/haar/die persoon veroorsaak/veroorsaak het. Die emosionele gewaarwordinge van die kandidaat/die persoon kan ook aangebied word. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel sou die kandidaat redes kan aanvoer/opweeg waarom hy/sy koud kry/gekry het op sy/haar eie en net ʼn bietjie warmte soek/gesoek het. Die kandidaat kan sosiale onbetrokkenheid/liefdeloosheid beredeneer. [50] 1.6 Olifante 'n Verhalende opstel kan byvoorbeeld aangebied word oor dierestories./jagstories./ olifante en hul kleintjies./versorging./sterk moederliefde/-instinkte. 'n Beskrywende opstel kan 'n spesiale oomblik tussen die ek-spreker en dier/moeder en kind beskryf. Die kandidaat sou ook sy/haar emosionele gewaarwordinge tydens 'n ontmoeting met so 'n dier kon beskryf. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat besin waarom die kleintjie altyd in die nabyheid van 'n volwasse olifant moet wees./of die mens ook so beskermend oor sy/haar kind(-ers) is. Indien 'n kandidaat in sy skryfstuk besin oor waarom dit belangrik vir mense is om by olifante te leer, kan dit ook as 'n bespiegelende opstel aanvaar word. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel kan kwessies soos natuurbewaring/bedreigde spesies/trofeejag ondersoek word. Indien die kandidaat kan motiveer waarom wilde diere/olifante vrylik in die natuur moet leef, kan dit ook as 'n argumenterende/beredeneerde opstel aanvaar word. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 1.7 Die sleutel en die slot 'n Verhalende opstel kan die storie vertel van 'n insident of gebeurtenis waartydens die kandidaat letterlik die sleutel van 'n slot nodig het/gehad het en óf hy/sy dit gebruik/gebruik het al dan nie. Die kandidaat kan ook 'n storie vertel van 'n slot en 'n sleutel waarna hy/sy soek/gesoek het, maar nie kry/gekry het nie of vind/gevind het. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat die letterlike en/of figuurlike betekenis van 'n slot en sleutel in sy/haar/iemand anders se lewe beskryf. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat fokus op die nut van 'n slot en 'n sleutel en dat die een nie sonder die ander kan/kon funksioneer nie. Dit kan na verhoudings tussen persone/ander figuurlike toepassings verwys. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel kan daar redes aangevoer word waarom 'n slot en sleutel onlosmaaklik deel van vandag se onveilige samelewing is. Die kandidaat kan statistieke aanbied oor misdaadgevalle waar slotte nie na behore gesluit was nie. Die kandidaat kan ook argumenteer/redeneer oor redes/gevolge van figuurlike beperkings in mense se lewens. [50] 1.8 Man en vrou by die bakkie wat oor die afgrond hang. 'n Verhalende opstel sou die storie van dié spesifieke ervaring vertel toe die vrou haar in ‘n lewensgevaarlike penarie bevind/bevind het. Die kandidaat kan 'n humoristiese of ernstige aanslag van die onderwerp in sy/haar opstel aanbied. In 'n beskrywende opstel sal die kandidaat kan beskryf wat aanleiding gee/gegee het tot hierdie ongemaklike situasie. Daar kan in 'n bespiegelende opstel enersyds deur die kandidaat besin word oor die redes waarom die vrou haar in hierdie situasie bevind en andersyds oor hoekom die man hom buite die bakkie bevind. Daar kan in 'n argumenterende/beredeneerde opstel oor bv. die bestuursvernuf van mans teenoor vrouens geargumenteer/geredeneer word. [50] SOORTE OPSTELLE: VERHALENDE OPSTEL Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte:  Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).  'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.  Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.  Die inhoud is boeiend, interessant en samehangend; dit oortuig en ontwikkel logies  Die verhaal word uit die kandidaat se eie ervaring geskryf, maar kan fiktief/vanuit ʼn derdepersoonsperspektief wees.  Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.  'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.  'n Verrassende slot rond die inhoud af.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Die verlede tyd word gewoonlik gebruik./historiese teenwoordige tyd, maar kan ook in die teenwoordige tyd aangebied word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos die skrywer beleef. Hou die volgende in gedagte:  Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.  Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings).  Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.  Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.  Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.  Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.  Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.  Stylfigure kan gebruik word. BEREDENEERDE OPSTEL Dit is objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom. Die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel. Hou die volgende in gedagte:  Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt ingeneem word.  BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.  Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.  Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.  'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.  Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.  Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor 'n droom of wense/moontlikhede. Hou die volgende in gedagte:  Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.  Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.  Dit is persoonlik van aard.  Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.  Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Hou die volgende in gedagte:  Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.  'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.  'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.  Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.  'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.  Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.  Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. RIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die punte soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10 Taal, styl en redigering: T=G= 6 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16 Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). VRAAG 2 Kandidate kies TWEE van die opdragte en skryf skryfstukke van 180 tot 200 woorde elk. 2.1 E-POS Die e-pos word aan die voorsitter van die beheerliggaam gerig en redes word aangevoer waarom die matriekafskeid in die huidige formaat afgeskaf moet word. Die e-pos moet ook ander voorstelle bevat. Hou die volgende in gedagte:  Die formaat is formeel.  Daar moet 'n e-posadres, onderwerpopskrif, aanhef en gepaste afsluiting wees.  Die inhoud moet handel oor die afskaffing van die matriekafskeid in die huidige formaat en nuwe voorstelle moet gemaak word.  Die styl is saaklik, maar hoflik.  Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.  Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar in 'n formele register.  Die e-pos moet formeel afgesluit word en die skrywer se voorletters/naam en van moet gegee word. [25] 2.2 INFORMELE BRIEF Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar ma/pa/voog waarin hy/sy vir hom/ haar van sy/haar visie en drome vir die volgende sewe jaar vertel. Hou die volgende in gedagte:  Gebruik informele taal, register en styl.  Die skrywer moet die ma/pa/voog vertel van sy/haar visie en drome vir die volgende sewe jaar.  Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.  Skryf logies en volgens 'n spesifieke doel.  Daar moet 'n inleiding, liggaam en slot wees.  Die adres en die datum moet boaan verskyn.  Na die skrywer se adres volg 'n informele aanhef.  Sluit die brief informeel/semiformeel af, gevolg deur die skrywer se naam. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 9 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 2.3 TYDSKRIFARTIKEL Die tydskrifartikel moet handel oor die toepassing, TikTok, wat deur so baie leerders gebruik word dat dit as ‘n nuwe mode beskou word. Hou die volgende in gedagte:  Die doel van die teks is om in te lig waarom TikTok so gewild/gevaarlik/ongesond is.  Gebruik die opskrif wat voorsien is.  Die aanslag is objektief/saaklik, maar nie streng formeel nie.  Die artikel moet 'n inleiding, liggaam en treffende slot hê.  Elke paragraaf behoort oor 'n nuwe feit te handel.  Die naam van die persoon wat die artikel skryf, moet verskaf word.  Die slot moet die gehoor oortuig en tot nadenke stem. [25] 2.4 FORMELE TOESPRAAK Skryf ‘n formele toespraak waarin jy die nuwe graad 8-leerders en hulle ouers oortuig waarom mislukking by jou skool nie ‘n opsie is nie. Hou die volgende in gedagte:  Die inhoud moet handel oor waarom die kandidaat se skool sukses waarborg.  Die toespraak moet met 'n prikkelende inleiding begin.  Die leser se belangstelling moet onmiddellik geprikkel word.  Die toon, styl en woordkeuse moet respekvol wees en by die aard van die toespraak pas. [25] 2.5 AGENDA EN NOTULE Die notule moet handel oor 'n klasvergadering wat op 15 Januarie 2023 gehou is. Dit is ‘n verkorte, geskrewe verslag van alle besprekings tydens ‘n vergadering. Hou die volgende in gedagte:  Die notule moet die volgende inligting bevat: naam van die klas, die datum, tyd en plek van die vergadering.  Die notule word in die teenwoordige tyd geskryf.  Taal en styl is formeel.  Daar moet ‘n presensie-/teenwoordigheidslys/-aanduiding wees.  Sake op die agenda word woordeliks opgesom en genotuleer.  Die voorsitter teken en dateer die notule aan die einde.  Die notule en agenda se opskrifte moet bymekaar aansluit. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 10 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 2.6 DIALOOG Jy en jou vriend/-in het verskillende sienwyses rakende beurtkrag. In die dialoog probeer jy hom/haar oortuig dat beurtkrag ‘n positiewe invloed op gesinne kan hê. Hou die volgende in gedagte:  Die inhoud moet in dialoogvorm aangebied word.  'n Scenario kan geskets word voordat die dialoog begin.  Ekstra inligting kan in hakies, direk voor die spreker se woorde, geskryf word.  Taal en styl is informeel en gemaklik, maar geen slordige taal, slengwoorde en sms- taal is toelaatbaar nie.  Aanhalingstekens word nie gebruik nie.  Elke spreekbeurt word in 'n nuwe reël begin.  Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik – daarom moet die redigering versigtig gedoen word. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 11 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne LET WEL:  Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).  Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.  AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTELVRAAG – HUISTAAL Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD & 28-30 22-24 16-18 10-12 4-6 BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons -Wisselvallige -Respons heeltemal uitsonderlik/treffend en getuig van bevredigend samehang in respons irrelevant Respons en idees bo verwagting vaardigheid Organisering van idees -Idees is intelligent, -Idees heeltemal -Idees redelik -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en vir beplanning volwasse en stem relevant, interessant samehangend en oorspronklik nie nie op onderwerp Hoë vlak Bewustheid van doel, leser tot nadenke en lewer bewys van oortuigend gefokus nie; gehoor en konteks volwassenheid -Vaag en herhalend -Uitsonderlike orga- -Organisasie baie -Redelike organisasie -Min bewys van -Geen organisasie nie 30 PUNTE nisasie en samehang, goed en en redelik samehan- organisasie en en is onsamehangend insluitend inleiding, samehangend, in- gend, insluitend samehang liggaam en sluitend inleiding, inleiding, liggaam en samevatting/slot liggaam en samevatting/slot samevatting/ slot 25-27 19-21 13-15 7-9 0-3 -Respons uitmuntend, -Respons goed; -Respons -Respons is grootliks -Geen poging maar uitsonderlik getuig van bevredigend, maar irrelevant aangewend om in treffende eienskappe vaardigheid verval soms in ooreenstemming met Lae subkategorie van ‘n opstel ontbreek onduidelikheid onderwerp te wees nie -Idees intelligent en Idees relevant, -Idees redelik same- -Idees begin los staan -Heeltemal irrelevant en volwasse interessant hangend en en kan verwarrend ontoepaslik oortuigend wees -Organisasie goed en -'n Mate van - Skaars 'n bewys van -Deurmekaar en geen -Knap organisasie en samehangend, organisasasie en organisasie en fokus nie samehang, insluitend insluitend inleiding, samehang, insluitend samehang inleiding, liggaam en liggaam en inleiding, liggaam en samevatting/slot samevatting/slot samevatting/slot Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 12 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne TAAL, STYL & 14-15 11-12 8-9 5-6 0-3 REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en -Taal onverstaanbaar woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat gepas woordeskat minder -Toon, register, styl en Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, vir doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor woordeskat nie gepas Hoë subkategorie woordeskat is geskik vir en konteks gehoor en konteks konteks en konteks vir doel, gehoor en doel/effek en konteks konteks nie Woordkeuse -Taalgebruik getuig van -Taalgebruik effek- -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie Taalgebruik en vertroue, indruk- tief en 'n deurlopen- om betekenis oor te basies konvensies, punktuasie, wekkend de gepaste toon dra grammatika en spelling -Toon retories, treffend word gebruik -Toon is gepas -Toon en woordkeuse -Woordeskat so beperk en effektief skaars toepaslik. dat dit onmoontlik is 15 PUNTE -Grammatika en - Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte om sin te maak spelling feitlik foutvry spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat foutvry te versterk - Knap gedaan -Baie goed gedoen 13 10 7 4 -Taalgebruik uitstekend -Toon gepas en -Toon oor die alge- en toon is retories effektief meen gepas be- Lae subkategorie effektief perkte gebruik van retoriese middele -Grammatika en -Taalgebruik toe- -Voldoende taalge- -Taalgebruik spelling feitlik foutvry paslik en oor die bruik, maar onvoldoende algemeen effektief teenstrydighede word -Weinig indien enige -Baie goed tot knap -Enkele foute in opgemerk sinsverskeidenheid gedaan grammatika en -Woordeskat baie spelling beperk -Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 1 Kenmerke van teks -Uitstekende ontwik- -Logiese ontwikke- -Relevante detail -Sommige punte geldig -Noodsaaklik punte Paragraafontwikkeling en keling van onderwerp. ling van detail ontwikkel ontbreek sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Samehangend 5 PUNTE -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe uitsonderlik gekonstru- logies en toon goed gekonstrueer foutief foutief eer variasie -Opstel maak nog sin -Opstel maak effens sin -Opstel maak nie sin nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 13 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE - HUISTAAL [25PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 13-15 10-12 7-9 4-6 0-3 BEPLANNING & -Respons uitsonderlik, -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons FORMAAT bo verwagting Idees intelligent en Respons en idees volwasse Organisering van idees -Grondige kennis van -Demonstreer goeie - Toon voldoende -Toon geringe kennis -Respons toon geen vir beplanning kenmerke van die kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die kennis van kenmerke Doel, gehoor, soort teks van die soort teks van soort teks soort teks van die soort teks nie kenmerke/konvensies -Skryfwerk behou fokus -Behou fokus – geen -Nie heeltemal gefokus -Aanduiding van fokus -Betekenis onduidelik en konteks afwyking nie nie – enkele afwykings maar met afwykings met groot afwyking -Samehang in inhoud -Samehang in inhoud -Redelike samehang in -Inhoud en idees nie -Geen samehang in 15 PUNTE en idees en idees; baie goed inhoud en idees altyd samehangend idees en inhoud nie uitgebrei met detail nie -Idees behoorlik uitge- wat die onderwerp -Sommige detail -Min detail ondersteun -Baie min detail onder- brei met detail wat die ondersteun ondersteun die die onderwerp steun die onderwerp onderwerp ondersteun onderwerp -Gepaste en akkurate -Gepaste formaat -Formaat oorwegend -Nodige reëls van -Nodige reëls van formaat met onbeduidende gepas, maar met formaat vaagweg formaat nie toegepas foute enkele foute toegepas nie -Kritiese foute begaan TAAL, STYL & 9-10 7-8 5-6 3-4 0-2 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is woordeskat minder en woordeskat stem Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, gehoor nie ooreen met doel, doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks en konteks gehoor en konteks konteks nie Taalgebruik en -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele -Grammatika onakku- -Besaai met foute en konvensies akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute raat met etlike foute verward Woordkeuse gekonstrueer goed gekonstrueer Punktuasie en spelling -Baie goeie -Voldoende -Basiese woordeskat -Woordeskat nie woordeskat woordeskat geskik vir doel nie 10 PUNTE Feitlik foutloos -Oorwegend foutloos -Foute belemmer nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig betekenis nie belemmer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
LET WEL: * Downloaded from hlayiso.com Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A) Punte van 0 – 50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel. * * Die kriteria vir inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywing in 'n hoë en laevlak-subkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte En die omskrywings. * Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL (50 PUNTE) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD & 28 – 30 22 – 24 16 – 18 10 – 12 4–6 BEPLANNING Respons uitsonder- Respons baie goed; Respons Wisselvallige Respons heeltemal (Respons en lik/treffend en bo getuig van bevredigend samehang in irrelevant idees) verwagting vaardigheid respons Organisering van idees vir Idees is intelligent, Idees heeltemal Idees redelik Idees onduidelik, Idees deurmekaar beplanning; volwasse en stem relevant, interessant, samehangend en nie oorspronklik nie en nie op onder- Bewustheid van leser tot nadenke lewer bewys van oortuigend werp gefokus nie doel, gehoor en volwassenheid Vaag,herhalend konteks Uitsonderlike organi- Organisasie baie Redelike organisasie Min bewys van Geen organisasie Hoë vlak sasie en samehang, goed en same- en redelik same- organisasie en /onsamehangend insluitend inleiding, hangend, insluitend hangend, insluitend samehang liggaam en same- inleiding, liggaam en inleiding, liggaam en vatting/slot samevatting/slot samevatting/slot 25 - 27 19 - 21 13 - 15 7–9 0-3 Respons uitmuntend; Respons goed; Respons bevredi- Respons is Geen poging om in uitsonderlike, treffen- getuig van gend; verval soms in grootliks irrelevant ooreenstemming de eienskappe van 'n vaardigheid onduidelikheid met onderwerp te 30 PUNTE opstel ontbreek wees nie Idees intelligent en Idees relevant, Idees redelik Idees begin los Heeltemal irrelevant volwasse interessant samehangend en staan, kan en ontoepaslik oortuigend verwarrend wees Knap organisasie en Organisasie goed en 'n Mate van organi- Skaars 'n bewys Deurmekaar en samehang, insluitend samehangend, sasie/samehang, van organisasie en geen fokus nie Lae vlak inleiding, liggaam en insluitend inleiding, insluitend inleiding, samehang samevatting/slot liggaam en liggaam en samevatting/slot samevatting/slot Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL & 14 – 15 11 – 12 8–9 5–6 0-3 REDIGERING Toon, register, styl Toon, register, styl Toon, register, styl Toon, register, styl Toon, register, styl Toon, register, en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat en woordeskat en woordeskat nie styl en gepas vir doel, gepas vir doel, gepas vir doel. minder gepas vir gepas vir doel, woordeskat is gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks geskik vir Toon retories Toon is gepas, konteks nie doel/effek en treffend, effektief retoriese middele Toon en woord- konteks; gebruik om keuse skaars betekenis te versterk toepaslik Punktuasie, grammatika, Taalgebruik getuig Taalgebruik effektief Gepaste taalgebruik Taalgebruik baie Taal spelling van vertroue, met 'n deurlopende om betekenis oor te basies onverstaanbaar Woordkeuse indrukwekkend gepaste toon dra Hoë vlak Grammatika en Grammatika en spel- Baie beperkte Woordeskat uiters spelling feitlik foutvry ling grootliks foutvry woordeskat beperk – onmoont- Taalgebruik en Knap gedaan Baie goed gedoen lik om sin te maak konvensies 13 10 7 4 Toon is retories Toon gepas, Toon oor die effektief effektief algemeen gepas 15 PUNTE Beperkte gebruik van retoriese middele Taalgebruik Taalgebruik Voldoende taal- Taalgebruik uitstekend toepaslik en oor die gebruik – teenstry- onvoldoende algemeen effektief dighede opgemerk Grammatika en Enkele foute in Weinig indien enige Lae vlak spelling feitlik foutvry grammatika en sinsverskeidenheid Baie goed tot knap spelling Woordeskat baie gedaan Goed gedoen beperk STRUKTUUR 5 4 3 2 0-1 Kenmerke van Uitstekende Logiese ontwikkeling Relevante detail Sommige punte Noodsaaklike punte teks; ontwikkeling van van detail ontwikkel geldig ontbreek onderwerp Samehangend Uitsonderlike detail Paragraafont- Sinne en paragrawe Sinne en paragrawe Sinne en Sinne en Sinne en paragrawe wikkeling en uitsonderlik logies en toon paragrawe goed paragrawe foutief foutief sinskonstruksie gekonstrueer variasie gekonstrueer Opstel maak nog Opstel maak nie sin 5 PUNTE Opstel maak nog sin effens sin nie
Downloaded from hlayiso.com ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, BEPLANNING 13 - 15 10 -12 7–9 4–6 0-3 & FORMAAT Respons uitsonderlik, bo Respons baie goed Respons voldoende Basiese respons Respons toon geen verwagting kennis van kenmerke Respons en idees: Idees intelligent en van die soort teks nie Organisering van idees volwasse vir beplanning; Grondige kennis van Demonstreer goeie Toon voldoende kennis Toon geringe kennis van Doel, gehoor, kenmerke van die soort kennis van kenmerke van kenmerke van die kenmerke van die soort kenmerke/konvensies teks van die soort teks soort teks teks en konteks Skryfwerk behou fokus Behou fokus – geen Nie heeltemal gefokus Aanduiding van fokus, Betekenis onduidelik afwyking nie nie – enkele afwykings maar met afwykings met groot afwyking 15 PUNTE Samehang in inhoud Samehang in inhoud Redelike samehang in Inhoud en idees nie Geen samehang in idees Idees behoorlik uitgebrei Idees baie goed inhoud en idees altyd samehangend nie en inhoud nie uitgebrei Detail wat die Detail wat die Sommige detail Min detail ondersteun Baie min detail onderwerp ondersteun onderwerp ondersteun ondersteun die die onderwerp ondersteun die onderwerp onderwerp Gepaste en akkurate Gepaste formaat met Formaat oorwegend Nodige reëls van Nodige reëls van formaat onbeduidende foute gepas, maar met enkele formaat vaagweg formaat nie toegepas nie foute toegepas Kritiese foute begaan TAAL, STYL & redigering 9 - 10 7–8 5–6 3–4 0–2 Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl, woordeskat hoogs woordeskat baie geskik woordeskat is geskik vir woordeskat minder woordeskat stem nie doel/effek, gehoor en geskik vir doel, gehoor vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks geskik vir doel, gehoor ooreen met doel, gehoor konteks; en konteks konteks en konteks en konteks nie Taalgebruik en Grammatika akkuraat en Grammatika oor die Enkele grammatikafoute Grammatika onakkuraat Besaai met foute en konvensies; goed gekonstrueer algemeen korrek en met etlike foute verward Woordkeuse; goed gekonstrueer Punktuasie en spelling Baie goeie woordeskat Voldoende woordeskat Basiese woordeskat Woordeskat nie geskik vir doel nie 10 PUNTE Feitlik foutloos Oorwegend foutloos Foute belemmer nie Betekenis belemmer Betekenis ernstig betekenis nie belemmer

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all