Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V3
NOVEMBER 2015
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2015 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2015, 11 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 331.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
NSC November Exam 2015
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
Show all 12 questions
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = Kl = 20
Taal, styl en redigering: T = Gh = 9
Struktuur: S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 33
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
• Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
• Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
• Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
standpunt insluit. In die geval van ’n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
die slot die skryfstuk saam, terwyl ’n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld:
1.1 Hiér kuier, speel, leef en lag ons: Indien die kandidaat die opstel as ’n beskrywende
skryfstuk aanbied, kan hy/sy fokus op ’n spesifieke plek waar hy/sy (en sy/haar gesin)
daagliks verkeer. ’n Verhalende skryfstuk kan handel oor hoe die gesinslede/-lid tot
die besef gekom het dat dit op hierdie/daardie spesifieke plek vir hom/haar die beste
is om te wees. Kandidate kan ook bespiegel oor huise/blyplekke en/of mense regtig
vreugde en geluk ervaar waar hulle hulle bevind; of die sin van geluk daar waar jy jou
bevind, kan bespiegel word. Indien die kandidaat ’n argumenterende of
beredenerende opstel aanbied, moet die kandiaat op ’n subjektiewe wyse die leser
van sy perspektief oortuig aangaande die waarde van blyplekke/huise/werksplekke
van gesinne/mense. [50]
1.2 Hou hierdie oomblikke in ’n dagboek vas!: Die kandidate kan die opstel as ’n
beskrywende opstel aanbied. Indien die skryfstuk handel oor ’n spesifieke
geleentheid/insident wat met emosies/gewaarwordinge plaasvind en onthou moet
word, kan dit beskryf word. Die verhalende opstel sal fokus op wat die geleentheid
was en wat gebeur het, ook hoekom dit in die dagboek vasgehou moet word. Die
bespiegelende opstel kan besin oor wat die moeite werd is om in dagboeke op te
skryf en/of dit die moeite werd is om dagboek te hou. Die belangrikheid van
dagboekhou/dagboekskrywers kan beredeneer word. Die kandidaat kan ook skryf oor
herinneringe, ’n figuurlike dagboek. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
1.3 Lees sluit deure oop.: Hierdie opstel kan tot ’n argumenterende/beredeneerde opstel
lei waarin die kandidaat fokus op die voordele wat lees inhou en hoe dit vir lesers
deure oopsluit. Dit kan ook fokus op die feit dat lees nie vir bv. sportmanne
noodsaaklik is nie, want selfs die swakste lesers sou kon gholf of rugby speel. Die
kandidaat kan op die belangrikheid van ’n verskeidenheid soorte boeke klem lê, want
in die verskeidenheid lê die sukses: jy leer al meer van al hoe meer goed. In ’n
bespiegelende opstel sou kandidate kon peins oor watter boeke vir hom/haar die
grootste vondste/waarde gebring het. Kandidate kan verskillende soorte
boeke/geleenthede wat deur lees oopgegaan het, beskryf. As verhalende opstel kan
’n kandidaat skryf oor hoe lees vir hom/haar deure/’n deur oopgemaak het. [50]
1.4 Geluk is soos ’n bril ...: Hierdie opstel kan tot al die soorte opstelle lei. As ’n
verhalende opstel kan die kandidaat verhalend skryf oor iemand wat op die
verkeerde plek na geluk gesoek het. In ’n beskrywende opstel kan verskillende
soorte geluk en waar mense daarna soek, beskryf word. By ’n argumenterende
aanbieding kan die kandidaat oortuig hoekom dit belangrik is om geluk in ’n mens self
te vind/dat geluk nie in groot/uiterlike dinge te vind is nie. ’n Beredeneerde
aanbieding kan fokus op verskillende soorte geluk en waar dit te vind is. In ’n
bespiegelende inhoud kan daar besin word oor wat dit is wat mense gelukkig maak. [50]
1.5 Die kandidaat dink terug aan daardie Oukersdag ...: Hierdie inleidingsparagraaf kan
tot ’n verhalende skryfstuk lei wat op gebeure wat bydra tot die genoemde
lewensverandering fokus. Indien daar op net een van die figure in die prikkel gefokus
word, is dit ook aanvaarbaar. Die mens/gebeure wat hierdie verandering teweegbring,
kan beskryf word. By ’n bespiegelende interpretasie kan oor die wenslikheid van
verhoudings/kontak met vreemdelinge besin word. Indien die kandidaat skryf dat dit
noodsaaklik is om na vreemdelinge te luister/nie net op Kersfees na vreemdelinge uit
te reik nie, kan dit as argumenterende/beredeneerde skryfstuk aanvaar word. [50]
1.6.1 Skrywende jongmense: Interpretasies kan lei tot bv. ’n beskrywing van interaksie
tussen mense/gebrekkige kommunikasie/verlange na kommunikasie. ’n Verhaal kan
handel oor hoe mense mekaar verloor/gevind het a.g.v. kommunikasie/gebrek aan
kommunikasie. Hierdie onderwerp kan ook bespiegel oor die waarde van
briewe/kommunikasie in mense se lewens. Of kommunikasie nog waarde toevoeg tot
ons lewe, en of brieweskryf nog sin het, kan beredeneer/geargumenteer word.
Kandidate kan ook skryf oor skoollewe en/of die invloed van baie huiswerk. Indien
daar net op een van die figure in die prentjie gefokus word, is dit ook aanvaarbaar. [50]
1.6.2 Vuurtoring: Die kandidaat kan in ’n verhalende opstel van enigiets vertel wat deur die
vuurtoring self of selfs deur ’n vuurtoringwagter waargeneem is. ’n Beskrywende
opstel kan op verskillende vuurtorings of verskillende storms op ’n mens se
lewenspad fokus. Indien die kandidaat argumenteer oor die belangrikheid van
vuurtorings, kan die opstel as ’n argumenterende opstel slaag. Daar kan beredeneer
word of daar nog plek is vir vuurtorings in die moderne samelewing. ’n
Bespiegelende opstel kan fokus op die belangrikheid van verskillende rigtinggewers
in ’n mens se lewe. [50]
1.6.3 Trappe: ’n Verhaal kan oor ’n letterlike trap handel wat tot een of ander situasie gelei
het. Die trappe in ’n huis/verskillende aspekte van trappe/figuurlike trappe
(hoogtepunte/laagtepunte) in ’n mens se lewe of mense op verskillende vlakke van
belangrikheid kan beskryf word. As ’n bespiegelende opstel kan die kandidaat besin
oor die waarde van die op-en-af wat elke lewe bied en/of die eise wat sulke
lewenstrappe stel, kan bepeins word. Die kandidaat kan ook redeneer/argumenteer
dat dit goed is om fiks te wees sodat die trappe van die lewe jou nie pootjie nie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
SOORTE OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
• ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
• Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
• Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
samehangend.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• ’n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
• ’n Verrassende slot rond die inhoud af.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
• Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis.
• Insig, begrip, ’n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
van waarnemings).
• Tekste kan varieer van meer realisties tot ’n verdieping in die aanbieding.
• Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
• Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en
nie die denotasie van woorde nie.
• Stylfigure kan gebruik word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.
Hou die volgende in gedagte:
• Die opstel handel oor ’n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
ingeneem word.
• BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
• Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
• Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
• ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
• Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
• Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
• ’n Eie mening word op ’n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
• ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
• Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou.
• ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
• Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
• Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 11
Taal, styl en redigering: T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 17
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte
te wees).
VRAAG 2
2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Die brief fokus op die gerusstelling ten opsigte van die skrywer se toekomsplanne.
Hou die volgende in gedagte:
• Gebruik informele taal, register en styl.
• Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
• Skryf logies en volgens ’n spesifieke doel.
• Daar moet ’n inleiding, liggaam en slot wees.
• Die adres en die datum moet bo-aan verskyn.
• Na die skrywer se adres volg ’n informele aanhef.
• Sluit die brief informeel/semi-formeel af, gevolg deur die skrywer se naam. [25]
2.2 HULDEBLYK
Die huldeblyk behoort troos te bring oor die verlies van ’n besondere troeteldier.
Hou die volgende in gedagte:
• Die dier se naam, ouderdom, plek waar die dier dood is, oorsaak van dood en
name van gesinslede behoort gegee te word.
• Spesiale oomblikke saam met die dier behoort genoem te word.
• Die kandidaat fokus hier op wat die dier vir hom/haar beteken het.
• Gebeurtenisse en staaltjies/persoonlike herinneringe behoort ingesluit te wees
met die doel om te vertroos.
• Moet waarderend wees.
• Iets persoonliks, soos ’n gedig, kan bygevoeg word.
• Taal, styl en register is informeel/persoonlik, opreg en uit die hart.
• Spreker kan eufemismes gebruik. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
2.3 TYDSKRIFARTIKEL
Die voor- en nadele van sosiale media moet gestel word.
Hou die volgende in gedagte:
• Die persoonlike voor- en/of afkeure van die skrywer kom sterk na vore.
• Die voordele én die nadele van sosiale media moet aangespreek word.
• Styl: Dit behoort persoonlik te wees en moet direk tot die leser spreek; dit kán
beskrywend en figuurlik wees en ’n beroep doen op lesers se verbeelding.
• Gebeurlikhede en standpunte/ander besonderhede kan ingesluit word.
• Dit moet belangstelling wek en die leser boei.
• Daar is geen vaste formaat vir tydskrifartikels nie. [25]
2.4 DIALOOG
Die belangrikheid van innerlike skoonheid en/of geestelike rykdom teenoor die
moderne neiging dat die uiterlike bepalend is, moet in hierdie dialoog beklemtoon
word. Een spreker behoort die ander tot ’n veranderde insig te probeer
lei/oorreed/oortuig dat uiterlike vertoon en materiële besittings belangrik/nie belangrik
is nie.
Hou die volgende in gedagte:
• Slegs TWEE mense voer ’n gesprek.
• Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit
die spreker se perspektief.
• Elke nuwe spreekbeurt word op ’n nuwe reël geskryf.
• Gebruik ’n dubbelpunt na die naam van elke spreker.
• Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui.
• ’n Scenario kan, voordat die dialoog begin, geskets word. [25]
2.5 AGENDA EN NOTULE
Die agenda moet verwys na die inligtingsvergadering t.o.v. die voorgenome toer.
Hou die volgende in gedagte:
• Beskryf in hooftrekke wat tydens die vergadering gaan gebeur.
• Rangskik sake in orde van belangrikheid.
Die notule is ’n verslag van wat tydens die reëlingsvergadering gebeur het.
• Dit bevat die volgende inligting:
Die naam van die vereniging/organisasie/span, die datum, tyd en plek van die
vergadering en ’n aanduiding van wie tydens die vergadering teenwoordig was.
• Besluite/inligting word woord vir woord, in opsommende wyse, genotuleer.
• Dit word in die teenwoordige tyd geskryf.
• Onbenullighede word uitgelaat.
• Die voorsitter teken en dateer aan die einde.
• Die notule en agenda se opskrifte moet bymekaar aansluit. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
2.6 FORMELE BRIEF
Dit fokus op gelukwensing aan die beste skoolhoof in die land.
Hou die volgende in gedagte:
• Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief
se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld.
• Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
• Styl: Dit behoort saaklik, formeel maar hoflik te wees. Eenvoudige, direkte taal is
nodig.
• Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die
kwaliteite van die hoof/waarde wat die prestasie tot die skool toevoeg.
• Die doel van die brief is om die hoof met die uitsonderlike prestasie geluk te
wens.
• Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy”/“jou”.
• Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar
nodig, byvoorbeeld:
Die uwe
P. van Zyl
P. van Zyl [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 9 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant
(Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en
Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, interessant oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp
Hoë vlak
vir beplanning; volwasse en en lewer bewys van -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie
Bewustheid van doel, stem leser tot volwassenheid en redelik organisasie en -Vaag en herhalend
gehoor en konteks nadenke -Organisasie baie samehangend, samehang -Geen organisasie nie
-Uitsonderlike goed en insluitend inleiding, en is onsamehangend
30 PUNTE organisasie en samehangend, liggaam en
samehang, insluitend insluitend inleiding, samevatting/slot
inleiding, liggaam en liggaam en
samevatting/slot samevatting/slot
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
-Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging
maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in
treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met
van ’n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie
Lae vlak
-Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant
volwasse samehangend, samehangend en -Skaars ’n bewys van en ontoepaslik
-Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen
samehang, insluitend liggaam en -’n Mate van samehang fokus nie
inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en
samevatting/slot samehang, insluitend
inleiding, liggaam en
samevatting/slot
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Taal onverstaanbaar
woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat nie gepas -Toon, register, styl en
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en vir doel, gehoor en woordeskat minder
woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks konteks nie gepas vir doel, gehoor
Hoë vlak
vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie en konteks
konteks; van vertroue, en ’n deurlopende om betekenis oor te basies -Woordeskat so
Woordkeuse; indrukwekkend gepaste toon word dra -Toon en woordkeuse beperk dat dit
Taalgebruik en -Toon retories treffend gebruik -Toon is gepas skaars toepaslik onmoontlik is om sin
konvensies, en effektief -Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte te maak
punktuasie, -Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat
grammatika, spelling spelling feitlik foutvry foutvry te versterk
-Knap gedaan -Baie goed gedoen
15 PUNTE 13 10 7 4
-Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik -Voldoende -Taalgebruik
uitstekend en toon is en oor die algemeen taalgebruik, maar onvoldoende
retories effektief effektief teenstrydighede word -Weinig indien enige
Lae vlak
-Grammatika en -Toon gepas en opgemerk sinsverskeidenheid
spelling feitlik foutvry effektief -Toon oor die -Woordeskat baie
-Baie goed tot knap -Enkele foute in algemeen gepas en beperk
gedaan grammatika en beperkte gebruik van
spelling retoriese middele
-Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
-Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige punte -Noodsaaklike punte
Kenmerke van teks; ontwikkeling van van details ontwikkel geldig ontbreek
Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe
en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer foutief foutief
-Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog -Opstel maak nog sin -Opstel maak nie sin
5 PUNTE uitsonderlik effens sin nie
gekonstrueer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 13–15 10–12 7–9 4–6 0–3
BEPLANNING & -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie
Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik
Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking
beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in
Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie
kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail
en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die
fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp
15 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas
-Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL & 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie
Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en
Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward
Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie
10 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig
belemmer
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2017 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper