Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V3
NOVEMBER 2018
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentMemorandum 











View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL P3 Nov 2018 Memo FINAL hlayiso.com
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Hl
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 3
- Pages
- 12
- File size
- 331.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = Kh = 22
Taal, styl en redigering: T = Kl = 10
Struktuur: S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 36
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
• Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
• Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
• Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyne) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, byvoorbeeld:
1.1 Die huis met die rooi dak se geheim(-e)
Die kandidaat kan 'n verhalende opstel aanbied wat handel oor iemand/die mense
wat in die huis met die rooi dak woon se geheim(-e). Indien die onderwerp
beskrywend aangebied word, kan die kandidaat die invloed wat die geheim(-e) op
die huismense het, beskryf. [50]
1.2 Onregverdigheid lei tot groot hartseer.
Die kandidaat kan hierdie onderwerp as 'n beskrywende opstel aanbied deur
situasies/gebeure te beskryf waar onregverdigheid tot groot hartseer gelei het. In 'n
bespiegelende opstel kan die kandidaat mymer oor die hartseer van talle onregver-
dighede in ons samelewing. 'n Verhalende opstel kan handel oor gebeure/hande-
linge van mense wat onregverdig opgetree het en daardeur ander mense benadeel
het. As beredeneerde of argumenterende opstel kan die kandidaat redeneer oor
die redes en gevolge van onregverdighede in ons samelewing. [50]
1.3 Die storm se krag ...
Die onderwerp kan as verhalende opstel handel oor 'n rampspoedige dag toe 'n
storm angs of verwoesting saai. Die kandidaat kan 'n beskrywende opstel aanbied
waarin die figuurlike storm wat in die skool/gemeenskap/huisgesin woed, beskryf
word. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat besin oor die kragtige invloed
wat letterlike of figuurlike storms van die lewe op die mens het. Die kragtige invloed
van probleme/storms in ons samelewing kan beredeneer/geargumenteer word. Die
kandidaat kan "storm" in alle gevalle letterlik of figuurlik, of gekombineerd, inter-
preteer. Die "storm" kan in alle gevalle ook positiewe gevolge hê. [50]
1.4 Dis 'n land van kleur en klank.
Hierdie onderwerp kan lei tot al die soorte opstelle. As 'n verhalende opstel kan die
kandidaat skryf oor 'n reis deur Suid-Afrika/na 'n ander land en die kultuurervaring
wat hy/sy daar beleef. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat 'n reisbeskrywing
gee van lande/plekke wat hy/sy besoek/nagevors het. By 'n argumenterende/
beredeneerde aanbieding kan die kandidaat die leser oortuig van die waarde van
reis. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat mymer oor die positiewe
geleenthede wat 'n land (bv. Suid-Afrika) bied. [50]
1.5 die suidoostewind blaai die dae al haastiger om ...
Die kandidaat bied 'n beskrywende opstel aan waarin hy/sy beskryf hoe dit herfs
word. Die kandidaat kan ook 'n figuurlike herfs/die ouderdom beskryf. In 'n verha-
lende opstel kan die kandidaat vertel hoe hy/sy die draai van die seisoene beleef
terwyl hy/sy op die koms van die herfs/op die stilte van die herfs wag. Die kandidaat
kan bespiegel dat seisoene 'n mens opnuut bewus maak van die kosbaarheid van
tyd./die ouderdom wat 'n mens bekruip./of ouderdom noodwendig sleg is./watter
seisoen die beste is. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
1.6.1 Span/Groep mense wat hande vashou tussen kranse
Interpretasies kan lei tot beskrywende, verhalende of selfs bespiegelende
opstelle, bv. 'n beskrywing van die besluit van die groep om mekaar oor die kloof te
help./die waagmoed wat dit verg om mekaar in hierdie mate te vertrou. Die
kandidaat kan fokus op verskillende soorte mense wat in die stadsituasie met
mekaar moet saamwerk. 'n Verhaal kan handel oor 'n groep wat van 'n situasie
ontsnap en van die een krans na die ander krans en veiligheid beweeg; 'n kandidaat
kan ook verwys na sg. klowe wat ons (stedelike) bestaan tot gevolg het. Hierdie
onderwerp kan die waarde van spanwerk/uitdagings/struikelblokke bespiegel. In 'n
argumenterende/beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer oor die uitda-
gings om jou vrese te oorkom of selfs die uitdaging wat spanwerk bied indien almal
nie hulle deel bydra nie. Ander moontlikhede sluit in die waarde wat spanwerk bv. in
Suid-Afrika het om brûe te bou. [50]
1.6.2 Appel met A+
Die kandidaat kan 'n verhalende opstel aanbied wat handel oor 'n skrander leerder
wat besef dat goeie gewoontes tot sukses lei./hoe gesonde eetgewoontes sy/haar
lewe raak./negatief ongesonde eetgewoontes is. In 'n beskrywende opstel kan die
kandidaat vereistes vir akademiese sukses beskryf. Indien die opstel bespiegelend
aangebied word, kan die kandidaat bespiegel oor moontlike toekomsgeleenthede
wat harde werk op skool tot gevolg sal hê. Die belangrikheid van prestasie/
gesondheid/dieet kan in 'n beredeneerde/argumenterende opstel beredeneer
word. Die kandidaat kan ook fokus op 'n "Apple"-rekenaarkursus. [50]
1.6.3 Kop met voorwerpe wat uit die kop vloei
Die onderwerp leen hom tot 'n beskrywende opstel waarin die kandidaat die
positiewe/negatiewe invloed van menslike aktiwiteite/kuns/tegnologie/musiek
beskryf. Die kandidaat bied 'n verhalende opstel aan waarin hy/sy die verhaal/storie
rondom 'n bepaalde herinnering vertel. Indien die opstel bespiegelend aangebied
word, kan die kandidaat bespiegel oor positiewe/negatiewe ervarings wat beleef is
en/of die invloed van sekere gebeurtenisse/uitvindings op 'n persoon/die mens se
lewe. Die kandidaat kan mymer oor die mens se prestasies./die waarde van
menslike prestasies. Die kandidaat kan in 'n beredeneerde/argumenterende opstel
die mens se intellektuele vermoë beredeneer. 'n Kandidaat kan ook die onderwerp
interpreteer as breinspoeling, die toekoms deur robotte se oë, sterre in die oë a.g.v
gedagtes/idees/onderwerpe/talente/ontwikkeling in sy/haar brein. Die prikkel kan ook
met maskers, waaragter mense wegkruip a.g.v. hulle gedagtes, in verband gebring
word. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
SOORTE OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).
• 'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
• Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
• Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
samehangend.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• 'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
• 'n Verrassende slot rond die inhoud af.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
• Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.
• Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
van waarnemings).
• Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.
• Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
• Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en
nie die denotasie van woorde nie.
• Stylfigure kan gebruik word.
BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.
Hou die volgende in gedagte:
• Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
ingeneem word.
• BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
• Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
• Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
• 'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
• Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
• Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor 'n droom of wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
• 'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
• 'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
• Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.
• 'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
• Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
• Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.
RIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10
Taal, styl en redigering: T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).
2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Die kandidaat skryf 'n informele brief aan 'n vriend/vriendin om fantastiese nuus wat
ontvang is en ook die redes waarom dit nog nie bekend gemaak kan word nie, te
vertel.
Hou die volgende in gedagte:
• Informele taal, register en styl behoort gebruik te word.
• Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
• Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te word.
• Briewe behoort 'n inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
• Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet in die
korrekte formaat/in korrekte spelling (AWS p. 55 reël 9.14) gegee word.
• Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
• Die brief behoort informeel afgesluit te word.
• Die formaat van die brief is belangrik.
• Die kandidaat moet die "fantastiese" nuus omskryf en sê waarom die nuus nog
nie bekend gemaak kan word nie. [25]
2.2 FORMELE BRIEF: VERSOEK
Die brief lê die planne voor en versoek die munisipale bestuurder om goedkeuring te
verleen aan die matriekgroep wat die dorpstrate wil verfraai.
Hou die volgende in gedagte:
• Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief
se formaat moet korrek wees soos wat dit vir formele briewe geld.
• Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
• Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees.
• Eenvoudige, direkte taal is nodig.
• Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die
planne en goedkeuring om die dorpstrate te verfraai.
• Die formele register moet gebruik word, soos bv. "u" in plaas van "jy"/"jou".
• Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar
nodig, bv.
Die uwe
P. van Zyl
P. van Zyl [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
2.3 TYDSKRIFARTIKEL
Lesers van die familietydskrif word ingelig dat selfone óf 'n noodsaaklike hulpmiddel
in die klaskamer, óf 'n euwel, óf irrelevant is.
Hou die volgende in gedagte:
• Inligting oor selfone as noodsaaklike hulpmiddel/euwel/onvanpaste hulpmiddel in
klasse moet beklemtoon word.
• Daar is 'n ooreenkoms tussen 'n feitelike opstel en 'n artikel.
• Bedrywende vorm kom ook in die artikel voor.
• Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees. Die teikengroep moet in
gedagte gehou word: in hierdie geval 'n familietydskrif.
• Die artikel kan in kolomme (in paragraafvorm) aangebied word.
• Aanhalings kan gebruik word.
• Die tema of onderwerp moet interessant aangebied word.
• Die titel/opskrif is kort/kragtig en treffend en moet by die onderwerp pas.
• 'n Subtitel kan ook gegee word.
• Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet ook kort en kragtig
wees en die leser dadelik in die prentjie bring.
• Die meeste/belangrikste feite kan in die eerste paragraaf gegee word. Die
wie/wat/waar/wanneer/waarom/hoe is opsioneel./kan gebruik word soos van
toepassing. (Selfstudiegids p. 30)
• Die wat, waar en wanneer word in die volgende paragrawe uitgebrei, soos van
toepassing.
• Meer inligting – die hoe en hoekom – word nou gegee.
• Die res van die inligting word daarna in dalende orde van belangrikheid gegee.
• Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe gekom word. [25]
2.4 CV EN DEKBRIEF
Die dekbrief moet fokus op Mercedes Brandt se kwaliteite wat haar 'n geskikte
kandidaat vir die spesifieke pos maak.
Hou die volgende in gedagte:
• Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die
brief se formaat moet korrek wees soos wat dit vir formele briewe geld.
• Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
• Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees.
• Eenvoudige, direkte taal is nodig.
• Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die
vakature as winkelassistent.
• Die formele register moet gebruik word, soos bv. "u" in plaas van "jy"/"jou".
• Die brief moet vaardighede, kwaliteite, eienskappe wat die skrywer die geskikte
kandidaat vir die pos maak, uitlig.
• Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar
nodig, bv.
Die uwe
M. Brandt
(Mej./Me.) M. Brandt [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 9 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
2.5 INFORMELE VERSLAG
Die kandidaat skryf 'n informele verslag oor die sukses van die pretdag wat die skool
gehou het.
Hou die volgende in gedagte
• Gee presiese terugvoering oor die gebeure.
• Beplan, versamel en organiseer inligting; skryf oor feite.
• Gebruik semiformele taal, register en styl.
• Gebruik teenwoordige tyd, selfstandige naamwoorde, die derde persoon, feitelike
beskrywings, tegniese woorde en frases.
• Dit moet geskik wees om aan die reëlingskomitee, (wat die sukses van die
pretdag wil evalueer), voorgelê te word.
2.6 ONDERHOUD
Die onderhoud moet met 'n bekende sport-/musiekster wat jul skool besoek, gevoer
word. Die klem moet val op die grootste struikelblok wat dié ster in sy/haar lewe
oorkom het.
Hou die volgende in gedagte:
• Die onderhoud mag as 'n artikel of dialoog aangebied word.
• Vraag en antwoord moet duidelik onderskei kan word.
• Elke spreekbeurt word op 'n nuwe reël begin. (Dialoogformaat)
• Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik – daarom moet
die redigering versigtig gedoen word.
• 'n Inleidende sin/paragraaf/scenario behoort waarde tot die skryfstuk toe te voeg.
• In hierdie geval voer die onderhoudvoerder die onderhoud met die sport-/
musiekster met die oog op 'n bydrae vir die skoolkoerant.
• In die slotparagraaf/laaste spreekbeurt behoort die onderhoud saamgevat te
word. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant
(Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en
Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, interessant oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp
vir beplanning; volwasse en en lewer bewys van -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie
Hoë vlak
Bewustheid van doel, stem leser tot volwassenheid en redelik organisasie en -Vaag en herhalend
gehoor en konteks nadenke -Organisasie baie samehangend, samehang -Geen organisasie nie
-Uitsonderlike goed en insluitend inleiding, en is onsamehangend
30 PUNTE organisasie en samehangend, liggaam en
samehang, insluitend insluitend inleiding, samevatting/slot
inleiding, liggaam en liggaam en
samevatting/slot samevatting/slot
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
-Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging
maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in
treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met
van 'n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie
-Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant
Lae vlak
volwasse samehangend, samehangend en -Skaars 'n bewys van en ontoepaslik
-Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen
samehang, insluitend liggaam en -'n Mate van samehang fokus nie
inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en
samevatting/slot samehang, insluitend
inleiding, liggaam en
samevatting/slot
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Taal onverstaanbaar
woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat nie gepas -Toon, register, styl en
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en vir doel, gehoor en woordeskat minder
woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks konteks nie gepas vir doel, gehoor
vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie en konteks
Hoë vlak
konteks; van vertroue, en 'n deurlopende om betekenis oor te basies -Woordeskat so
Woordkeuse; indrukwekkend gepaste toon word dra -Toon en woordkeuse beperk dat dit
Taalgebruik en -Toon retories treffend gebruik -Toon is gepas skaars toepaslik onmoontlik is om sin
konvensies, en effektief -Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte te maak
punktuasie, -Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat
grammatika, spelling spelling feitlik foutvry foutvry te versterk
-Knap gedaan -Baie goed gedoen
15 PUNTE 13 10 7 4
-Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik -Voldoende -Taalgebruik
uitstekend en toon is en oor die algemeen taalgebruik, maar onvoldoende
retories effektief effektief teenstrydighede word -Weinig indien enige
Lae vlak
-Grammatika en -Toon gepas en opgemerk sinsverskeidenheid
spelling feitlik foutvry effektief -Toon oor die -Woordeskat baie
-Baie goed tot knap -Enkele foute in algemeen gepas en beperk
gedaan grammatika en beperkte gebruik van
spelling retoriese middele
-Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
-Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige punte -Noodsaaklike punte
Kenmerke van teks; ontwikkeling van van details ontwikkel geldig ontbreek
Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe
en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer foutief foutief
-Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin -Opstel maak nog -Opstel maak nie sin
5 PUNTE uitsonderlik effens sin nie
gekonstrueer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 12 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 13–15 10–12 7–9 4–6 0–3
BEPLANNING & -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie
Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik
Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking
beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in
Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie
kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail
en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die
fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp
15 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas
-Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL & 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie
Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en
Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward
Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie
10 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig
belemmer
Kopiereg voorbehou
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 MEMO GR12 SEPT 2022 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2020 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020 hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P3 Nov 2020 Memo hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
FINAL Afrikaans HL P1 Nov 2018 Memo hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P3 Nov 2017 Memo hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P3 Nov 2015 Memo hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P3 Nov 2014 Memo hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P2 Nov 2018 hlayiso.com

Question paper
AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2018 hlayiso.com
More from Grade 12 Afrikaans Hl
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal

Question paper
AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2)

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2025

Question paper
AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024 hlayiso.com

Question paper
