NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2025
AFRIKAANS HUISTAAL V3
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 





View all


AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2)_watermark.pdf
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Hl
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 3
- Pages
- 6
- File size
- 1.0 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 6
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2025)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: Opstel (50)
AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25) (50)
2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.
3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy moet jou werk beplan (bv. deur ʼn breinkaart/diagram/vloeidiagram/
kernwoorde te gebruik), taalversorg en proeflees. Die beplanning moet
VOOR die finale produk gedoen word.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal
word.
7. Jy moet jou tyd soos volg bestee:
AFDELING A: ongeveer 100 minute
AFDELING B: ongeveer 80 (2 x 40) minute
8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel
word NIE.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
AFDELING A: OPSTEL
VRAAG 1
Kies EEN van die volgende onderwerpe/prente en skryf ʼn OPSTEL van 400 tot 450
woorde. Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer.
1.1 Ek wou dit nie doen nie, maar ek moes ... [50]
1.2 ... en toe word my grootste vrees ʼn werklikheid! [50]
1.3 Het ʼn matriekvakansie waarde? [50]
1.4 “As die skemer kom en hy vang my by jou
en hy stuur jou terug na jou huis toe
Wie sou verstaan hoe ek sou voel, wie sou verstaan?
Oral om, om my heen is dit blou, want ek wil by jou wees.”
- Laurika Rauch [50]
1.5 Partykeer is stilbly ook ʼn antwoord. [50]
Bestudeer die prente hieronder en skryf ʼn OPSTEL oor EEN. Skryf die
vraagnommer (1.6, 1.7 OF 1.8) en jou eie titel neer.
1.6
[50]
[Bron: https://theteenagertoday.com/lonely-vs-alone/]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2025)
1.7
[50]
[Bron: https://booherresearch.com]
1.8
[50]
[Bron: https://www.gardeningknowhow.com]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 2
Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180 tot 200 woorde oor elkeen.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer.
2.1 E-POS
Jy het ʼn vakansie vir twee gewen.
Van
Aan
Datum
Onderwerp
Gebruik die formaat hierbo en stuur ʼn E-POS aan ʼn vriend/vriendin waarin jy
vir hom/haar vertel hoe jy die vakansie gewen het, wat die prys alles behels
en wie jy beplan om saam te neem. [25]
2.2 FORMELE VERSLAG
Jy was die ooggetuie van ʼn tref-en-trap ongeluk toe ʼn motoris ʼn fietsryer
raakgery het. Die motor het weggery en die beseerde fietsryer daar gelos.
Skryf die OOGGETUIEVERSLAG wat jy vir die polisie gee. [25]
2.3 TYDSKRIFARTIKEL
Skryf ʼn TYDSKRIFARTIKEL met die opskrif hieronder.
Raad vir 2026 se graad 8’s. [25]
2.4 DIALOOG
Jou ouma/oupa wil hê dat jy na matriek onderwys moet gaan studeer.
Skryf die DIALOOG tussen jou en jou ouma/oupa waarin jy jou standpunt
oor onderwys as loopbaan na matriek lug. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2025)
2.5 FORMELE TOESPRAAK
Jou skool is vanjaar tagtig jaar oud. Dit word met ʼn groot fees gevier.
Jy moet namens die leerders tydens die opening van die fees ʼn
TOESPRAAK ter viering van die skool lewer. [25]
2.6 DEKBRIEF
Jy besluit om na aanleiding van die advertensie hieronder by die Eenstop-
karwas om die geadverteerde pos aansoek te doen.
Eenstop-karwas
Is jy in matriek?
Soek jy sakgeld vir die vakansie?
Ons bied die perfekte geleentheid vir jou!
• Pligte: Voertuie was en stofsuig
• Vereistes: Rybewys of leerlinglisensie
Tans in graad 12
Betroubaar
Datum van indiensneming: 10 Desember 2025—10 Januarie 2026
Stuur jou CV en dekbrief voor 1 November 2025 aan:
Die Bestuurder
Eenstop-karwas
Posbus 1234
Patensie
6335
Jy het reeds jou CV opgestel. Skryf nou slegs die DEKBRIEF wat saam
met jou CV as aansoek gestuur moet word. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal_watermark.pdf
Question paper
AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025_watermark.pdf

Question paper
Afrikaans HL P3 May-June 2025.pdf
Question paper
AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024_hlayiso.com_.pdf

Question paper
AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2024.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022_hlayiso.com_.pdf

Question paper
AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2018_hlayiso.com_.pdf
Question paper
AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2018 D_hlayiso.com_.pdf
Question paper
AFRIKAANS HL P3 QP GR12 SEPT2013_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025_watermark.pdf
Memorandum
Afrikaans HL P3 May-June 2025 MG.pdf
More from Grade 12 Afrikaans Hl
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
AFRIKAANS HL P2 MEMO SEPT 2024_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Afrikaans HL P2 Nov 2024.pdf

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2024 MG.pdf

Question paper
Afrikaans HL P2 Nov 2024 MG.pdf
Memorandum
Afrikaans HL P1 Oct-Nov 2023 MEMO_hlayiso.com_.pdf

Question paper