You're offline
Skip to content
Question paper

AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal_watermark.pdf

Subject: Afrikaans HlGrade 12202514 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2025 AFRIKAANS HUISTAAL V1 PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2025) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30) 2. Lees ALLE instruksies noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Trek ʼn streep ná elke afdeling. 6. Nommer elke antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord. 8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg. TEKS A: ARTIKEL Damprook: Skoksyfers oor tieners in SA; kan breinontwikkeling skaad 1 Byna 30% van matriekleerlinge in 52 skole oor die land heen damprook aktief. 2 Dit is kommerwekkend omdat nikotiengebruik in die tienerjare kinders se breinontwikkeling kan belemmer, is bevind in ʼn onlangse studie onder leiding van die Universiteit van Kaapstad. 5 3 25 000 leerlinge by 52 skole is vir die studie ondervra. Die resultate is onlangs in die vaktydskrif The Lancet eClinicalMedicine gepubliseer. 4 In die studie is ook vasgestel 16,8% van hoërskoolleerlinge wat ondervra is, het die voorafgaande 30 dae gedamprook. Onder dié leerlinge is 29,5% in matriek. In sommige skole damprook soveel as 46% van matrieks. Dis in 10 teenstelling met 5% aangemelde gevalle van leerlinge wat dagga gebruik, 2% wat tabaksigarette rook en 3% wat waterpype rook. 5 Tussen 40% en 60% van die leerlinge wat damprook, is waarskynlik aan nikotien verslaaf. Baie van hulle het onttrekkingsimptome aangemeld, onder meer die behoefte om te damprook onmiddellik nadat hulle wakker word. 15 Sommige leerders het gekla van ʼn ligte hoofpyn of ʼn effens narerige gevoel. In sekere gevalle was die naarheid baie erg. Party het gesê dat hulle soggens selfs ʼn bewerigheid in die hande ervaar. 6 “Hierdie syfers oor tieners wat damprook, is erg kommerwekkend weens die hoogs verslawende aard van nikotien,” sê prof. Richard van Zyl-Smit, ʼn 20 longspesialis, akademikus en toonaangewende kenner van tabak- en damprooknavorsing by die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad. 7 Hy waarksu nikotiengebruik gedurende die tienerjare kan die ontwikkelende brein benadeel met moontlike langtermyngevolge vir leer, geheue en aandagspan. “Dit verhoog ook die gevaar van oorskakeling na konvensionele 25 sigaretrook.” 8 In die studie is vasgestel tieners begin gewoonlik damprook weens sosiale druk, nuuskierigheid en om spanning te verlig. Mettertyd ontwikkel hierdie faktore ʼn stappie verder na afhanklikheid en ʼn hanteringsmeganisme vir emosionele welstand. 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2025) 9 Prof. Jackie Hoare, medeskrywer van die studie, sê baie leerlinge besef nie hulle is afhanklik nie, al ervaar hulle reeds onttrekkingsimptome. Sy stel voor dat verdere studies gedoen moet word oor watter opvoedkundige en ander ingrepe gedoen kan word om die probleem te pak. 10 Baie kenners is dit eens dat damprook ʼn besonder groot probleem is, 35 aangesien veral tieners nie die gevaar van damprook besef nie. Baie tieners beskou dit slegs as ʼn onskuldige tydverdryf en besef nie dat verslawing tot baie ander negatiewe newe-effekte kan lei nie. 11 Leerlinge by skole wat jaarliks skoolgeld van tussen R20 000 en R40 000 vra, het luidens die studie die meeste gedamprook (19,5%), vergeleke met 14,6% 40 by skole wat meer as R90 000 per jaar vra. 12 “Hierdie data kan help om beleid te formuleer wat toegang tot, bemarking en advertering van damprookprodukte onder tieners reguleer,” sê Van Zyl-Smit. 13 Willemien Brümmer het in ʼn onlangse diepte-artikel oor damprook geskryf dis ʼn “wolhaar-storie” dat damprook onskadelik is, en nuwe wetgewing is nodig 45 om dit te reguleer om jong mense te beskerm. 14 Volgens prof. Andrew Huberman, ʼn neurowetenskaplike by die Stanford Universiteit in die VSA, word die neuro-oordraer dopamien aansienlik vinniger vrygestel wanneer jy teug aan jou damprooktoestel as wanneer jy tradisionele sigarette rook. “Kort voor lank het jy al hoe meer teue nodig vir 50 dieselfde aktivering van jou brein se beloningsnetwerk.” 15 Volgens Huberman is die prentjie “uiters donker” – veral onder rokers jonger as 25. “Ek is baie bekommerd oor ʼn praktyk wat die dopamien-stelsel aktiveer volgens dieselfde kinetika wat ʼn mens sien met die inname van kokaïenkristalle onder jong mense, wat vinnig mag lei tot ʼn toestand waar die 55 hele beloningsnetwerk beskadig is en permanent beskadig mag bly, tensy jy op baie spesifieke maniere ingryp.” 16 Van Zyl-Smit het aan Brümmer gesê damprook het sedert 2016 met meer as 900% toegeneem. Baie meer tieners kry hul nikotien-fix op hierdie manier as deur tabak. Tieners begin gemiddeld op 14 jaar oud damprook. 60 17 In die lig van die bevindinge in die onlangse landwye studie het Van Zyl-Smit ʼn voorlegging gemaak aan die portefeuljekomitee vir gesondheid oor die beoogde Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels, wat daarop gemik is om e-sigarette op ʼn soortgelyke manier as sigarette te reguleer. 65 18 “Op die oomblik is dit basies ʼn free-for-all. Enigemand kan dit aanlyn bestel en kinders kan dit by die kafee op die hoek naby hul skool koop. Jy moet die bedryf daarvan weerhou om absolute gemors aan mense te bemark.” [Aangepas uit Die Burger, 11 Desember 2024] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5 TEKS B: VISUELE TEKS A B Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAE: TEKS A 1.1 Verwys na die titel. Watter ander woord in die titel sluit by “skoksyfers” aan om die negatiewe effek van damprook te beklemtoon? (1) 1.2 1.2.1 Is die statistiek in paragraaf 1 werklik skokkend? Motiveer jou antwoord. (1) 1.2.2 Sê waarom paragraaf 2 ʼn geskikte opvolg op paragraaf 1 is. (1) 1.3 Verduidelik waarom die noem van die vaktydskrif se naam in paragraaf 3 funksioneel is. (1) 1.4 Verwys na paragraaf 4. Watter afleiding kan ʼn mens maak rakende die gewildheid van dagga, gewone sigarette en waterpype? (1) 1.5 Sê of die eerste sin in paragraaf 5 ʼn feit of ʼn mening is. Motiveer. (1) 1.6 Noem VIER tekens van onttrekkingsimptome wat leerders ervaar. (4) 1.7 Evalueer die volgende stelling: Die inligting in paragraaf 6 is geloofwaardig. (1) 1.8 Verduidelik in TWEE volsinne, in jou eie woorde, hoe damprookverslawing gebeur. (2) 1.9 Wat is, volgens prof. Hoare, TWEE groot probleme met die hantering van damprookafhanklikes? (2) 1.10 Verwys na paragraaf 8 en 11. Gee DRIE moontlike redes waarom “armer” skole se leerders meer damprook as dié van “ryker” skole. (3) 1.11 Wat word oor damprook geïnsinueer as dit vergelyk word met die gebruik van kokaïen? (1) 1.12 1.12.1 Watter gemeenskaplike siening deel Willemien Brümmer en prof. Richard van Zyl-Smit? (1) 1.12.2 Van Zyl-Smit hamer op die regulering van damprookprodukte. Wat bedoel hy eintlik hiermee? (1) 1.13 Noem DRIE probleme wat met damprook ondervind word, volgens die laaste 5 paragrawe van die artikel. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7 TEKS B 1.14 1.14.1 Hoe sluit TEKS B by TEKS A in die geheel aan? (1) 1.14.2 Watter voordeel het die grafiese voorstelling in TEKS B bo (1) TEKS A? 1.14.3 In TEKS B lyk gedeelte B baie anders as gedeelte A. Stem jy met die stelling saam? Motiveer jou antwoord. (1) 1.15 Wat impliseer die woordkeuse “moontlik” in die sin by C: Dit het moontlik langtermyn nadelige gevolge vir leer, geheue en aandagspan? (1) TEKS A EN TEKS B 1.16 1.16.1 Sê waarom die persentasie leerders wat die afgelope 30 dae gedamprook het, nie veralgemeen kan word nie. (1) 1.16.2 Hoe word die statistiek wat sê dat 40─60% leerders verslaaf is, in ʼn mate in TEKS A weerspreek? (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2025) AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die teks hieronder en maak ʼn opsomming van SEWE riglyne hoe sportouers hul kinders kan help druk hanteer. LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie. 2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf. 3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ʼn titel te gee nie. 4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het. TEKS C DIE SPORTVELD IS ʼN POTENSIËLE SLAGVELD VIR ENIGE OUER ... Almal wil die beste hê vir hul kind. Ons gedrag, gesprekke en invloed kan egter bepaal hoe hulle sport beleef, hoe goed hulle doen en of dit enigsins van opvoedkundige waarde vir hulle is. So sê Gielie Hoffmann wat as ʼn geestesbreier met atlete, spelers en spanne werk. Hy help ook gereeld afrigters en ouers deur wenke te gee om die balans te vind en geestelik voorbereid te wees. Eerstens, wees ʼn ondersteuner. Maak seker dat jou kind weet jy ondersteun hulle ongeag wat. Maar moet nie die rol van die afrigter, spanmaat of onderwyser probeer oorvat nie. Praat ook positief oor spanmaats, die afrigter en ander ouers. Elke keer wat jy ʼn afrigter of speler voor jou kind slegsê, maak dit dat hulle volgende keer sukkel om die afrigter of speler te vertrou. Wees versigtig met kritiek op jou eie kind. Tydens deelname is dit glad nie nodig nie. Direk ná ʼn wedstryd ook nie. Gesels die volgende dag. Dit gee jou ʼn kans om bietjie te bedaar en om perspektief te kry en te bepaal wat regtig waarde sal hê. Realistiese verwagtinge is ook belangrik. Ongesonde druk kan keer dat jou kind sy potensiaal verwesenlik. Lê eerder klem op hulle veg- en sportmangees. Maak seker hulle gee hulle beste. Respekteer die opponente, skeidsregter en hul eie spanmaats. Hanteer beserings reg. Niks is belangriker as jou kind se welstand nie. Gee aandag aan beserings. Luister na die aanbevelings van die spesialiste. Op ʼn emosionele vlak moet mens ook uitbranding voorkom. Om vir ʼn te lang tydperk onder te veel druk te wees sonder om volkome te ontspan sal maak dat ʼn speler in ʼn stadium nie meer kompeterend kan wees nie. Hulle motivering gaan verdwyn. Hulle gaan geen fisiese en emosionele energie hê nie. Balans tussen sport en die res van hulle lewe is hier belangrik. Moenie jou gesinslewe inboet vir sport nie. Baie keer kry die sportkind in die huis se behoeftes voorkeur. Maak seker daar is naweke en vakansies wat nie net om sport draai nie. So moedig jy ander belangstellings en ʼn sosiale lewe aan. [Aangepas uit https://maroelamedia.co.za/leefstyl/ouerskap/10-wenke-vir-n-sport-ouer/] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V1 9 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE Lees die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS D 1 2 3 4 5 6 7 [Aangepas uit Taalgenoot, Winter 2024] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAE: TEKS D 3.1 Hierdie advertensie lê klem op die feit dat ʼn digitale platform adverteer word. 3.1.1 Watter tegniek word reeds in die titel van die advertensie aangewend om die bogenoemde stelling te ondersteun? (1) 3.1.2 Noem TWEE maniere wat regdeur die advertensie gebruik word om die leser se belangstelling te behou. (2) 3.2 Hoe, dink jy, dra die eerste drie woorde wat in reël 2 gebruik word by tot die geslaagdheid van die inhoud in reël 2? (1) 3.3 Identifiseer die moontlike stereotipering wat uit reël 3 afgelei kan word. (1) 3.4 Verwys na reël 4. 3.4.1 Wat is die funksie van die visuele uitbeelding regs van reël 4? (1) 3.4.2 Benoem die aksentteken wat in reël 4 funksioneel gebruik word. (1) 3.5 Watter klankverskynsel vind plaas indien “vir die” (reël 5) as “virrie” uitgespreek sou word? (1) 3.6 Gee die geïmpliseerde betekenis van die vraag in reël 6. (1) 3.7 Is die insluiting van die advertensie se QR-kode funksioneel? Motiveer. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V1 11 VRAAG 4: STROKIESPRENT Lees die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3 KAN JY MY HELP? JA, BESLIS! MMM… DALK Ń WAT VAN Ń DIT KLINK NOU ONS HET Ń EK IS OPSOEK NA Ń HET JY IETS NUWE NUWE NA Ń BAKGAT- GROOT VERJAARDAG- SPESIFIEK IN ELEKTRONIESE TABLET? PLAN! VERSKEIDENHEID GESKENK. GEDAGTE? TOESTEL! BESKIKBAAR. SALE SALE SALE EK SAL DIE SJOE, DIS NIKS MINDER AS DIE BESTE EN WIE IS DIE GELUKKIGE DUURSTE EEN OMTRENT GELUKKIGE EK! VERJAARDAG! NEEM, DANKIE. VRYGEWIG VAN VIR Ń SPESIALE ONTVANGER? JOU! PERSOON NIE! RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6 [Aangepas uit comicskingdom.com 2017] VRAE: TEKS E 4.1 Gee die korrekte verkleiningsvorm van die onderstreepte woord in RAAMPIE 1. (1) 4.2 Verwys na RAAMPIE 2 4.2.1 Watter gevoel word deur die man se lyftaal in RAAMPIE 2 geïmpliseer? Motiveer jou antwoord deur ook na die verbale inligting, wat dié gevoel ondersteun, te verwys. (2) 4.2.2 Benoem die leesteken wat die gevoel in VRAAG 4.2.1 verder (1) beklemtoon. 4.3 Watter TWEE visuele aanduidings is daar in RAAMPIE 3 dat die man belangstelling toon in die verkoopsdame se voorstel? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2025) 4.4 Die vrou is in RAAMPIE 4 tevrede met die man se versoek. Skryf EEN woord uit hierdie RAAMPIE neer om dié stelling te bewys. (1) 4.5 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (4.5) en die letter (A–D) neer, bv. 4.5 E. Die man se woorde aan die verkoopsdame in RAAMPIE 5 kan gesien word as ʼn voorbeeld van ... A diskriminasie. B partydigheid. C sarkasme. D eufemisme. (1) 4.6 Watter aanname kan die leser van die verkoopsdame maak deur na haar vraag in RAAMPIE 5 te kyk? (1) 4.7 Dink jy die man slaag in sy doel met sy antwoord in RAAMPIE 6? Verwys in jou antwoord na die verkoopsdame se lyftaal. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V1 13 VRAAG 5: ARTIKEL Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS F DIE STORIE VAN MELKTERT 1 Kan jy nou meer, melktert is toe nie so eie aan SA soos jy gedink het nie! Talle ander lande het ʼn (5.2) (gee + weer) van dié lekkerte ... Hetta van Deventer- Terblanche, koshistorikus en Kokkedoor-(5.3) beoordelaar, vertel meer oor die geskiedenis van ons geliefde melktert en (5.4) lê familie uit. 2 (5.5) Melktert skitter êrens in die Melkweg van ons tradisionele koshemel. 5 Of dit nou met kaneelsuiker of met amandel gegeur is, en of dit met ʼn eenvoudige broskors of ryker skilferkors warm uit die oond voorgesit word, melktert bly trooskos. 3 Soos baie van ons ander kos-erfstukke is melktert ʼn goeie voorbeeld van soetigheid (5.6) wat reeds van die Middeleeue af bekend is. Dit is mos júis een 10 van die kenmerke van ons kookkuns - dat verouderde smake, resepte en tegnieke hiér behoue gebly het. 4 Die Romeine was reeds 2 000 jaar gelede versot op eiervla, soet en sout. Die streng (5.7) vasdagreels wat die Katolieke Kerk mettertyd ingestel het, het veroorsaak dat monnikke en nonne met mekaar gewedywer het in hul soektog 15 na (5.8) (smaakvolle/smaaklike) plaasvervangers vir vleis, vis, melk en eiers. 5 Ter afsluiting, dit maak nie saak watter vlapap-soetding jou gunstelingtrooskos is nie, as jy weer jouself wil bederf, maak soos kokke die wêreld oor reeds eeue lank doen en kies een van dié maklike, vinnige en bekostigbare verleidings. [Aangepas uit Sarie.com-span, 27 Februarie 2014] VRAE: TEKS F 5.1 Herskryf die opskrif deur die bepaalde lidwoord in die opskrif met ʼn aanwysende voornaamwoord te vervang. (1) 5.2 Skryf die woorde tussen hakies in die korrekte vorm. (1) 5.3 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (5.3) en die letter (A–D) neer, bv. 5.3 E. Die korrekte versamelnaam van die vetgedrukte woord in reël 3 is ... A paneel. B reeks. C groep. D ry. (1) 5.4 Wat is die funksie van die skryfteken in die onderstreepte woord? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2025) 5.5 Verwys na paragraaf 2, reël 5. 5.5.1 Verklaar die vetgedrukte idiomatiese uitdrukking in jou eie woorde. (1) 5.5.2 Skryf dieselfde vetgedrukte sin oor in die ontkennende vorm. (1) 5.6 Benoem die onderstreepte bysin in paragraaf 3. (1) 5.7 Verbeter die spelfout in die vetgedrukte woord. (1) 5.8 Kies die korrekte antwoord uit die twee moontlikhede wat die beste in paragraaf 4 se konteks sal pas. (1) 5.9 Identifiseer die verbindingswoorde in paragraaf 5 wat die chronologiese verloop van die teks aandui. (1) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Verified matching documents

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Hl

Explore more published documents in this catalogue.

View all