You're offline
Skip to content
Question paper

AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020_hlayiso.com_.pdf

Subject: Afrikaans HlGrade 12202014 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2020 AFRIKAANS HUISTAAL V1 PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30) 2. Lees AL die instruksies noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Trek ʼn streep na elke afdeling. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord. 8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg. TEKS A: ARTIKEL AKSENTE VIR AFRIKA Pasop om te vinnig ʼn oordeel te vel oor iemand wat met ʼn ander aksent as joune praat 1 Dalk dink jy die persoon is nie goed geskool nie. Dalk dink jy hy/sy is naïef, of dalk dink jy hy/sy is regtig dom, of die mens kom uit ’n laer sosio-ekonomiese klas en is so ’n bietjie agter die klip. En as die mens Afrikaans praat en die klem is op die verkeerde lettergrepe of woorde word anders uitgespreek as waaraan jy gewoond is, is jy ook gou om ’n oordeel te vel. 5 2 As jy iemand op sy uitspraak takseer, maak jy jou skuldig aan “aksentisme”: diskriminasie teenoor iemand met ’n vreemde aksent. Dit is net so erg soos rassisme en seksisme en diskriminasie op grond van seksuele voorkeur, ouderdom en geslag. 3 Dr. Alexander Baratta van die Universiteit van Manchester het 98 studente en 10 personeel by verskillende universiteite en skole by sy navorsing, waarin hy allerlei vrae oor aksente en persepsies gevra het, betrek. 4 Hy het bevind mense sal probeer om hul aksente te verander wanneer hulle dink daar kan dalk op grond van hoe hulle praat teen hulle gediskrimineer word. Van die respondente het aangedui hulle is bang hulle sal nie ’n werk kry as 15 hulle met ’n bepaalde aksent na ’n werkonderhoud toe gaan nie. 5 Dit kan egter tot nadeel van die individu wees as hy probeer om sy aksent te verander. Dit kan spanning in die hand werk en omdat mense kan voel hulle “verkoop uit”, kan dit hul selfbeeld skaad. 6 Talle Britte – soos talle Suid-Afrikaners – leef in twee taalregisters. Wanneer 20 hulle by die werk is, praat hulle ’n meer “deftige” Engels, maar sodra hulle saans huis toe gaan, gryp hulle terug na die soort Engels waarmee hulle grootgeword het. 7 Christine Anthonissen, professor in linguistiek aan die Universiteit Stellenbosch, sê “jy kan jou gruwelik met ’n aksent misgis” as jy afleidings 25 maak. 8 In een van haar studies word luisteraars blootgestel aan verskillende aksente en daarvolgens beoordeel hulle hoe betroubaar hulle dink die spreker is, wat sy sosio-ekonomiese agtergrond is en wat sy vlak van opvoeding is. Hoewel die spreker ʼn begaafde taalverbruiker is wat in verskillende registers praat, dink 30 die luisteraars dit is verskillende individue. Die “onaanvaarbare” aksente is negatief beoordeel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2020) 9 “Dis nogal arrogant om te verwag ander mense moet soos jy praat,” sê Anthonissen. 10 ’n Gevoel van minderwaardigheid en selfbewustheid is dalk ook die rede 35 waarom iemand doelbewus in ’n ander taal as sy/haar moedertaal sal praat. Toe Anthonissen per geleentheid vir ’n Afrikaanssprekende toonbankassistent vra waarom sy met haar Engels praat terwyl sy so mooi met haar kollegas Afrikaans praat, was die antwoord dat sy nie soos Anthonissen “deftige” Afrikaans kan praat nie. 40 11 “Daar is wel in Engeland in sommige beroepe beperkte werks- of bevorderingsgeleenthede as jou aksent nie reg is nie – ’n ander soort glasplafon. Die vraag wat die individu moet uitklaar, is of hy vrede moet maak met sy eie aksent en of dit aangepas moet word?” 12 Dis vir party mense net baie makliker om hul aksent te verander as om iets 45 te doen aan die algemene persepsie daarbuite. Daar is mense wat op verskillende tye en by verskillende groepe in verskillende registers en aksente praat. 13 Dit lyk nie asof vooroordeel net tot lede van ’n spesifieke groep beperk is nie. Khanyi Tukani, ʼn student, kla dat sy soms ʼn snob of “coconut” genoem word 50 omdat sy Engels praat soos wat sy praat. Natuurlik is hierdie kritiek onregverdig. Sy word dus nie uitgesonder omdat sy nie “goed genoeg kan praat nie, maar ironies genoeg omdat die manier waarop sy praat te “gesofistikeerd” is. 14 Politici gebruik aksente as ’n slaanstok om hul politieke opponente by te kom. 55 Die term “twang” het ’n polities negatiewe betekenis – dit is ’n swart mens wat soos ’n witte probeer praat, dus iemand wat die aksent-uitwerking van sy eerste taal op sy tweede taal afgeleer het. 15 Wanneer iemand aangevat word oor hoe hulle praat, is dit deel van ’n magspel. Dis ’n politieke strategie om voorbeelde van iets wat as hovaardig 60 oorkom te ondermyn. Daar is inherente mag in hoe mense taal gebruik en ander kan verkleineer word daardeur. 16 Vir komediante is aksente of kommentaar op aksente ook iets om te gebruik om mense te laat lag – of om politieke en sosiale kommentaar te lewer. 17 Diskriminasie op grond van uitspraak word ook in die letterkunde 65 aangespreek. 18 Dalk is hier ’n les vir sprekers van alle dialekte en tale te leer: Aanvaar dit wat van buite af ’n invloed het as dit van waarde is. Maar omhels ook dit wat jou gevorm het. En moenie toelaat dat hoe jy met die taal omgaan die skepsel van ander se norme en waardes word nie. 70 [Aangepas uit www.marcbarnardcreative.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5 TEKS B: VISUELE TEKS Aksente vir Afrika 1. Jy kan jou gruwelik met ʼn aksent misgis as jy afleidings maak. [Aangepas uit Die Taalgenoot, Somer 2015] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2020) VRAE: TEKS A 1.1 Watter aanname word daar oor sogenaamde vreemde aksente en uitspraak volgens die subopskrif en paragraaf 1 gemaak? (1) 1.2 Watter wanidees/(persepsies) kan hierdeur gevorm word? (3) 1.3 Waarom kan aksentisme nie goedgepraat word nie? (4) 1.4 Herlees paragraaf 3 tot 5. 1.4.1 Noem kortliks dr. Baratta se bevinding van sy navorsing oor aksente. (1) 1.4.2 Gee TWEE redes waarom dit nadelig vir die persoon/persone kan wees. (2) 1.5 Wat het die Britte en Suid-Afrikaners in gemeen EN motiveer waarom dit gebeur? (2) 1.6 Herlees paragraaf 4 en 7. 1.6.1 Watter ooreenstemmende sienswyse huldig dr. Baratta en prof. Anthonissen? (1) 1.6.2 Dink jy prof. Anthonissen se navorsing het luisteraars om die bos gelei? Motiveer jou antwoord. (1) 1.7 Stem jy saam met Anthonissen se sienswyse dat dit arrogant is om te verwag dat ander mense soos jy moet praat? Motiveer jou antwoord. (1) 1.8 Kan dr. Baratta en prof. Anthonissen se sienswyses as geloofwaardig beskou word? Motiveer jou antwoord. (1) 1.9 Met watter dilemma word die werknemer in die werkplek gekonfronteer EN voor watter keuse kom hy/sy te staan? (2) 1.10 Wat sal ’n positiewe gevolg vir Tukani wees indien sy NIE Engels op haar eiesoortige manier praat NIE? (1) 1.11 Wie gebruik aksente tot hul eie voordeel EN verduidelik die term ‘twang’? (2) 1.12 Waarom word aksente gereeld in die politieke arena gebruik? (1) 1.13 Dink jy dit is geregverdig dat komediante aksente gebruik? Motiveer jou antwoord. (1) 1.14 Wat is die verband tussen aksente in Suid-Afrika en die res van die wêreld? Verskaf ook ’n bewys hiervan. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7 VRAE: TEKS B 1.15 Is die visuele aanduidings gepas om die tema van aksente, in ’n Suid- Afrikaanse konteks, uit te beeld? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) 1.16 Is die landsvlag met woorde daarop funksioneel om die spotprent te verstaan? Motiveer jou antwoord. (1) VRAE: TEKS A en TEKS B 1.17 Die woorde van die persoon in TEKS B hou verband met van die kritiek wat in paragraaf 1 van TEKS A genoem is. Bewys die korrektheid van hierdie stelling. (1) 1.18 Met watter woord in paragraaf 2 van TEKS A hou RAAMPIE 1 van TEKS B verband? (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2020) AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die teks hieronder en maak ʼn opsomming van SEWE voorbeelde hoe jy jou selfbeeld kan bou en oefen. LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in duidelike volsinne) in paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie. 2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf. 3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ʼn titel te gee nie. 4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het. TEKS C BOU EN OEFEN AAN JOU SELFBEELD – NIEMAND ANDERS KAN NIE Hoe sien jy jouself? Hou jy van jouself? Volgens selfhelp-ghoeroes is niks so belangrik as hoe jy oor jouself dink nie. As jy jou eerste beste vriend is, het jy meer om aan ander te bied. Dis vandag so maklik om neerslagtig te raak, maar dis in jóú hande om ʼn gesonde lewensuitkyk te behou en ʼn goeie selfbeeld te kweek. Hoe jy oor jouself voel, word in jou optrede weerspieël. Daarom is dit ook ʼn goeie idee om na jouself te kyk deur jou liggaam te versorg, te oefen, reg te eet, genoeg slaap te kry en mooi aan te trek. Die hele prentjie dra tot jou selfbeeld by, so tree met selfvertroue op. Dit is maklik om op die negatiewe te fokus. Jy moet doelbewus op die positiewe fokus deur te waardeer wat jy het: die goeie dinge in jou lewe, hoe jou lewe soveel beter is as gevolg daarvan, die dinge waarin jy goed is. Dit sal jou ook help om take suksesvol te voltooi. Daar sal ook duwweltjies oor jou pad kom. Sien dit as ʼn geleentheid om te oefen. Jy hoef nie daarop te fokus om perfek te wees nie. As jou lewe rigting het, sal dit jou doelgerig maak om na bereikbare doelwitte te streef en te werk om dit te bereik. Maak vrede met kritiek. As jy seker is van jouself, sal jy nie omgee wat ander van jou te sê het nie en aanhou om jou doelwitte en drome na te streef ongeag ander se mening. Moenie jou ore uitleen nie en bewys aan jouself dat jy jou nie van stryk sal laat bring nie. Leer jouself gesonde motiveringsgewoontes deur jou brein in die regte rigting te stuur. As jy byvoorbeeld die negatiewe stemmetjie hoor, herinner jouself waarheen jy op pad is. Sit elke dag vir twee minute en haal diep asem. Dink aan drie dinge van jou waarvan jy hou. So herlaai jy jouself positief. Omring jouself met ondersteunende, opbeurende mense met positiewe energie. Die stene van jou selfbeeld moet net positiwiteit bevat. Leer ander om jou persoonlike grense te respekteer sodat jy nie die slagoffer word nie. [Aangepas uit Vrouekeur, 10 Februarie 2017 ] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V1 9 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg. TEKS D 1 HOKAAI! VERRASSING! 2 Onderbreek jou reis. Neem ʼn blaaskans en bly wakker. 3 Padveiligheid gaan nié net oor nie drink en bestuur nie, dit gaan óók oor 4 wakker bly op die pad. Dit is belangrik om van tyd tot tyd ʼn blaaskans te 5 neem – veral as jy vir lang afstande bestuur. 6 As jy agterkom dat dit bietjie moeilik raak om jou oë oop te hou, of om 7 aandag te skenk, parkeer jou motor op ʼn veilige plek en knip ʼn uiltjie. 8 Dit is beter om jou bestemming laat te bereik as om glad nie daar 9 aan te kom nie. [Aangepas uit Rapport, 8 Desember 2019] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2020) VRAE: TEKS D 3.1 Gebruik die verkleiningsvorm van die onderstreepte woord in reël 1 in ’n sin van jou eie. Skryf dan die basisvorm/stam van hierdie woord neer. (2) 3.2 Gebruik die onderstreepte woord in reël 2 as ’n swak verlede deelwoord in ’n verklarende sin. (1) 3.3 Skryf die oorredende taal wat in reëls 3 tot 4 voorkom, neer. (1) 3.4 Wat is die geïmpliseerde betekenis van reëls 3 tot 4? (1) 3.5 Skryf ʼn woord uit reël 6 neer waar palatalisasie plaasvind. (1) 3.6 Wat beteken die idioom in die onderstreepte sin in reël 7? (1) 3.7 Herskryf die onderstreepte sin in reël 8 in die aanvoegende wyse. (1) 3.8 Verskaf die stellende trap van die vetgedrukte (en onderstreepte) woord in reël 8. (1) 3.9 Wie is die teikenleser wat die adverteerder met hierdie advertensie wil bereik? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V1 11 VRAAG 4: STROKIESPRENT Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E GROEIPYNE Onthou Pa die Ja ... Die tandemuis Waarop gaan jy Nog toffies. Ek tand wat ek het my R50 dit uitgee? Of spaar vir ‘n met die toffie daarvoor gaan jy dit spaar hommeltuig verloor het? gegee! soos ‘n slim seun? RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3 ZITTS Jeremy! Jy het jou Ek weet dis Dit laat my soos ʼn paloeka lyk. So hou jy hare gesny! dom. Enige iemand wat daarvan daarvan? hou is ʼn sot. RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6 GROEIPYNE Hammie, hoe Aaklig. Ek dink Kyk al hierdie Dis kruisies Wat ‘ʼn verligting. Wat?! was skool my soentjies op nie soentjies vandag? onderwyseres my toets! nie. Dalk nie. is verlief op my. RAAMPIE 7 RAAMPIE 8 RAAMPIE 9 [Aangepas uit Die Burger, 8 November 2019] 4.1 Benoem die onderstreepte bysin in RAAMPIE 1. (1) 4.2 Waarom word die woord “toffie” in RAAMPIE 1 met ’n dubbelkonsonant geskryf? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2020) 4.3 Skryf die onderstreepte sin in RAAMPIE 2 oor in die lydende vorm. (1) 4.4 Waarom kan die seun se pa se woorde in RAAMPIE 2 as manipulerend beskou word? EN waarom berus die seun se woorde in RAAMPIE 3 op ’n aanname? (2) 4.5 Verskaf ’n gepaste sinoniem vir die onderstreepte woord in RAAMPIE 4. (1) 4.6 Verbind Jeremy se woorde in RAAMPIE 5 sodat dit uit slegs EEN sin bestaan. (1) 4.7 Brei Hammie se onderstreepte antwoord in RAAMPIE 7 uit met ’n bywoordelike bepaling. (1) 4.8 Gee EEN visuele bewys uit RAAMPIE 8 wat daarop dui dat Hammie se ma ontsteld is. (1) 4.9 Watter afleiding kan die leser maak na aanleiding van Hammie se sussie se woorde in RAAMPIE 9? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V1 13 VRAAG 5: ARTIKEL Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS F SALIGE STILTE 1 Nou eendag sit ek in die geselskap van drie ouer vroue toe die onderwerp van selfone opduik, want die sein was sleg en dan voel dit mos of jy ’n ledemaat (5.2) kwyt is. Eintlik eerder etlike breinselle. Want jy besef eers hoe afhanklik jy van jou slimfoon geraak het wanneer jy nie (5.3) gou-gou iets kan “google” nie, reg? (5.4) Ek is oortuig dat die hel nie vlamme gaan hê nie, eerder ’n swak sein. Of stadige wi-fi. (5.5) Wat ’n smartlike gedagte. 2 (5.6) Party mense se fone klingel soos ’n dobbelmasjien. Onuitstaanbaar – en dan boonop in geselskap! Net meer as ’n jaar gelede het ek my foon se klank afgesit. En ek het nog nooit weer die luitoon aangesit nie. 3 Salige stilte. Dit was ’n wilsbesluit, want ek wou nie meer elke keer spring en my konsentrasie verbreek as ’n boodskap piep of die luitoon eggo nie. Dit was bevrydend. En ’n verligting. Dis erg hoe ’n mens se foon inbreuk kan maak op jou lewe! 4 Dit blyk multitasking lei hoegenaamd nie tot beter (5.8) produktiwiteit nie. Eintlik kry jy minder gedoen … Google dit (as jy ’n sein het). 5 Dis die begin van ’n nuwe dekade en hoewel ek my nie juis aan nuwejaarsvoornemens steur nie, is een elke tien jaar seker oukei. So hier’s myne: Basta met multitasking – in 2020 doen ek een ding op ’n slag, behoorlik en met (5.9) onverdeelde aandag. En my foon se klank bly af … [Aangepas uit Tuis, Januarie 2020] VRAE: TEKS F 5.1 Skryf die eerste diftong neer wat in die eerste sin voorkom. (1) 5.2 Gebruik die onderstreepte woord in paragraaf 1 as ’n werkwoord in ’n duidelik verklarende sin. (1) 5.3 Benoem die funksie van die koppelteken in paragraaf 1. (1) 5.4 Wat is die funksie van die onderstreepte verbindingswoorde in paragraaf 1? (1) 5.5 Verander die onderstreepte sin in paragraaf 1 van gevoelstaal na neutrale taal. (1) 5.6 Benoem die taalverskynsel wat in die onderstreepte woord in paragraaf 2 kan voorkom. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2020) 5.7 5.7.1 Waarom is dit noodsaaklik dat luitoon in paragraaf 2 as een woord geskryf word? (1) 5.7.2 Gebruik nou die ander skryfwyse in ’n duidelik verklarende sin. (1) 5.8 Is die onderstreepte woord in paragraaf 4 ’n voorbeeld van ’n afleiding / samestelling / saamstellende afleiding? (1) 5.9 Wat is die funksie van die onderstreepte agtervoegsel in paragraaf 5? (1) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Verified matching documents

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Hl

Explore more published documents in this catalogue.

View all