Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
AFRIKAANS HUISTAAL V3
NASIENRIGLYN
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 



_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)

View all





Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2020 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2020, 11 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 490.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2020
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
Show all 12 questions
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020)
Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter
wille van eenvoud en eenvormigheid.
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde Hakies en pyltjie
( )
Woord (e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute (ook spelfoute) Dubbelstreep onder die
taalfout
Paragraafindeling [ Begin van ʼn nuwe sin
Woord(keuse) -foute x Trek ʼn x bo die verkeerde
woord
Regmerkie bo goeie
Erkenning van taaljuweeltjies √ taalgebruik, idees of
uitdrukkings
Onduidelik/Onverstaanbaar Kronkelstreep
Punktuasie Omkring
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs
oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik
volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word
nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel
nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = KH = 22
Taal, styl en redigering: T = KL = 10
Struktuur: S=K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant 36
(onder die opstel).
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van
die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat
gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende en
bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ʼn
argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale
standpunt/mening weerspieël.
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyne) mag nie as
bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos
byvoorbeeld:
1.1 Dit was nou ʼn fees!
Die kandidaat kan die opstel as ʼn verhalende/beskrywende opstel aanbied.
In ʼn verhalende opstel kan die verhaal vertel word van wat gebeur het dat dit
ʼn fees was. Dit kan die verhaal vertel van feeste soos byvoorbeeld die KKNK
of die Woordfees en die kandidaat kan vertel wat by die fees gebeur het. Dit
kan enige fees wees, byvoorbeeld ʼn kunstefees, musiekfees, sangfees, ens.
Dit kan ook die verhaal vertel van iets wat baie lekker, vrolik en vreugdevol
was. Dit kan ook die verhaal van ʼn besondere geleentheid vertel. Dit kan ook
die verhaal vertel van iets wat baie maklik was. In ʼn beskrywende opstel kan
die fees of geleentheid beskryf word. ʼn Partytjie kan byvoorbeeld ook beskryf
word. ʼn Feestelike maaltyd of lekker kos by ʼn geleentheid kan ook beskryf
word. Die kandidaat kan ook bespiegel of dit werklik ʼn fees was. [50]
1.2 13 uur ...
Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende/beskrywende of
bespiegelende opstel aanbied. By die verhalende opstel sal vertel word wat
daartoe aanleiding gegee het dat 13 uur so belangrik is. Dit kan ook ʼn verhaal
vertel waar tyd belangrik is. Die 13 uur kan ook die tydperk wees waarin iets
plaasgevind het. Dit kan ʼn misdaad- of spanningsverhaal wees waar die 13
uur ʼn sentrale rol speel. In ʼn beskrywende opstel kan tyd beskryf word. Die
lewe van iemand wat besig is om te sterf en nog net soveel tyd oor het, kan
beskryf word. Daar kan ook na die bygeloof rondom die syfer 13 verwys word.
In ʼn bespiegelende opstel kan bespiegel word wat sal gebeur as die mens
nog net soveel tyd tot sy beskikking het. [50]
1.3 Sal jy my ooit kan vergewe?
Die kandidaat kan die opstel as ʼn verhalende/beskrywende/bespiegelende/
beredeneerde of argumenterende opstel aanbied. Daar kan vertel word wat
gebeur het dat die persoon die vraag vra en of vergifnis moontlik is. Die
verhaal kan handel oor ʼn vriendskap/verhouding of iets soortgelyk wat
skeefgeloop het en die persoon besef hy/sy was verkeerd. In ʼn beskrywende
opstel kan die gebeure beskryf word. In ʼn bespiegelende opstel kan die
kandidaat bespiegel of vergifnis wel in sekere omstandighede moontlik is. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.4 Suid-Afrika het nog ware superhelde.
Die onderwerp leen hom tot die skryf van ʼn argumenterende of beredeneerde
opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek oor die feit dat Suid-Afrika nog
wel ware superhelde het. Die teendeel kan ook bewys word. Daar kan ook die
verhaal vertel word van Suid-Afrika se superheld(e). Suid-Afrika se superhelde
kan ook beskryf word. [50]
1.5 ... sonder jou liefde is die graaf te swaar
Die onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere verhalend,
bespiegelend of beskrywend kan wees. Daar kan ʼn liefdesverhaal vertel word
en hoe die persoon nou alleen is en sy/haar lewe sonder betekenis is omdat
die geliefde nie meer daar is nie. Die liefde en hoe dit mens kan seermaak, kan
ook beskryf word. Daar kan ook oor die liefde bespiegel word. Die jou hoef nie
na ʼn persoon te verwys nie. [50]
1.6 1.6.1 Gesiggies met glimlag
Interpretasies kan lei tot ʼn verhalende, beskrywende, bespiegelende,
argumenterende of beredeneerde opstel. Die kandidate kan ʼn
verhalende opstel skryf waar die woord “glimlag/lag” die sentrale tema
vorm. Die verhaal kan ook handel oor hoe iets tot groot vreugde gelei
het. Die kandidaat kan ook die verhaal vertel van ʼn insident waar ʼn
tand verloor is en wat daarna gebeur het. Daar kan in ʼn verhaal na
die tandmuis verwys word. ʼn Besoek aan die tandarts kan in
verhaalvorm aangebied word. Tande kan ook beskryf word. Figuurlike
interpretasies is ook moontlik, soos byvoorbeeld mense lyk baie keer
gelukkig, maar soms is dit net ʼn front. [50]
1.6.2 Kruispad
Die opstel kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd of
argumenterend aangebied word. In ʼn verhalende opstel kan daar
vertel word van keuses, besluite en wat daartoe gelei het dat die
persoon die keuse of besluit moes maak. Daar kan ʼn verhaal vertel
word waar paaie ʼn rol gespeel het. Daar kan ook die verhaal van ʼn
plek vertel word of ʼn plek kan beskryf word. In ʼn argumenterende
opstel kan die argument gegee word dat tieners hulle deesdae by
kruispaaie bevind. Daar kan ook bespiegel word oor die paaie van die
lewe. [50]
1.6.3 Die vrou
Die opstel kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, argumenterend
of beredeneerd wees. Die kandidaat kan die verhaal vertel van die
vrou en wat met haar gebeur het. Die vrou kan ook beskryf word. In ʼn
bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel oor skoonheid,
jeug, ouderdom, ens. Die kandidaat kan ook argumenteer dat vroue
ʼn voorsprong bo mans het vanweë hul skoonheid.
Daar kan ook geargumenteer word dat vroue nog steeds anders as
mans behandel word. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
SOORT OPSTELLE
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie of gebeurtenis).
ʼn Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
ʼn Treffende inleiding boei die leser.
ʼn Verrassende slot rond die inhoud af.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.
Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
die opnoem van waarnemings).
Tekste kan varieer van meer realisties tot ʼn verdieping in die aanbieding.
Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
Stylfigure kan gebruik word.
BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ʼn
spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente
vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die
ontwikkeling van die opstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020)
Hou die volgende in gedagte:
BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
ʼn Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding,
gemaak. Die slot gee ʼn sterk aanduiding van die skrywer se mening.
Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink ʼn idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ʼn droom of wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:
Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
opgeweeg.
Dis persoonlik van aard.
Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ʼn gevolgtrekking is nie nodig nie.
Dit hoef nie ʼn gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
ernstig geskryf word.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar
standpunt te motiveer.
Hou die volgende in gedagte:
Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
ʼn Eie mening word op ʼn baie oorspronklike en treffende manier gegee.
ʼn Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
Verdediging of aanval van ʼn saak word enduit volgehou.
ʼn Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
Daar moet ʼn duidelike en oortuigende slot wees.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word
nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks
nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: IK = 10
Taal, styl en redigering: TG = 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16
Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
VRAAG 2
2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Die kandidaat skryf ʼn brief aan sy/haar ouers en vertel wat hy/sy gedoen
het. Daar moet redes gegee word vir die verkeerde optrede en ook om
verskoning gevra word.
Hou die volgende in gedagte:
Gebruik informele taal, register en styl.
Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit
te word.
Briewe behoort ʼn inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet in
die korrekte formaat/in korrekte spelling (AWS p. 55 reël 9.14) gegee
word.
Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
Die brief behoort informeel afgesluit te word.
Die formaat van die brief is belangrik. [25]
2.2 FORMELE BRIEF: KLAGTEBRIEF
Die klagtebrief word aan die bestuurder van Action Clothing gerig. Die
kandidaat moet duidelik uiteensit wat met die baadjies verkeerd is en waarom
die gehalte swak is. Daar moet ook uitgebrei word wat presies met
die kleure verkeerd is en waarom dit onaanvaarbaar is. Die kandidaat moet
ook duidelik maak watter optrede van die maatskappy verwag word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020)
Hou die volgende in gedagte:
Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die kandidaat
moet die adres gebruik wat voorsien is.
Die res van die brief se formaat moet korrek wees soos wat dit vir formele
briewe geld.
Die inhoud is baie belangrik; so ook die styl, struktuur en doel.
Styl: dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees.
Eenvoudige, direkte taal is nodig.
Struktuur: die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op ʼn
uiteensetting van wat presies verkeerd is met die baadjies en watter
optrede van die maatskappy verwag word.
Die brief word aan die bestuurder gerig.
Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy” en
“jou”.
Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel,
handtekening en korrekte afsluiting. [25]
2.3 INFORMELE VERSLAG
Jy dien op die graad 8-komitee en het die graad agts na die graad 8-kamp
vergesel. Jy skryf ʼn verslag oor die kamp aan die graad 8-graadhoof.
Hou die volgende in gedagte:
Skryf ʼn bondige, interessante inleiding wat die doel van die verslag
weergee.
Paragrawe moet volgens die logiese verloop van die gebeure wees.
Verskaf kortliks inligting oor die vrae: Wie? Wat? Waar? Wanneer?
Daar word op die vrae uitgebrei.
Daar moet verslag gegee word van die sukses van die kamp.
Enige probleme en voorstelle moet in die verslag genoem word.
Aanbevelings is altyd deel van die verslag. [25]
2.4 HULDEBLYK
Die kandidaat bring hulde aan die afrigter van sy/haar sportspan wat
onlangs besluit het om te emigreer. Die huldeblyk gaan tydens ʼn spesiale
geleentheid gelewer word. Dit is belangrik om daarop te let dat die afrigter
nie dood is nie.
Hou die volgende in gedagte:
Die volgende belangrike inligting word in die huldeblyk gegee:
Die persoon se naam en van.
Persoonlike inligting soos jare se ervaring as afrigter, spanne afgerig en
ander hoogtepunte kan gegee word.
Gebeure en staaltjies kan vertel word.
Persoonlike herinneringe kan gegee word.
Die leser moet ʼn duidelike beeld van die afrigter kan vorm.
Die plek waarheen hy emigreer, kan ook genoem word.
Die styl moet by die geleentheid en gehoor pas.
Vermy oordrewe sentimentaliteit.
Gebruik kort, bondige sinne. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9
2.5 DIALOOG
Die gesprek vind plaas tussen die betrokke persoon en die bedelaar. Die
gesprek behoort ʼn ernstige ondertoon te bevat. Konflik kan voorkom, maar
dit is duidelik dat die betrokkene meer van die bedelaar se omstandighede
wil uitvind en hom aanmoedig om sy lewe te verander.
Hou die volgende in gedagte:
Twee mense voer ʼn gesprek waar die een ʼn bedelaar is.
Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en
vanuit die spreker se perspektief.
Elke nuwe spreekbeurt word op ʼn volgende reël geskryf.
Gebruik ʼn dubbelpunt na die naam van elke spreker.
Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui.
ʼn Scenario kan geskep word voordat die dialoog geskryf word. [25]
2.6 TYDSKRIFARTIKEL
Die tydskrifartikel handel oor eensaamheid wat die epidemie van ons tyd is.
Hou die volgende in gedagte:
Persoonlike ervarings van die skrywer kom na vore. Hierdie skryfstuk
behoort op eensaamheid te fokus. Die kandidaat moet ook daarna
verwys dat eensaamheid algemeen voorkom.
Die opskrif moet boeiend en interessant wees.
Dis ʼn persoonlike styl wat direk tot die leser spreek.
Voorbeelde van eensaamheid en watter gevolge dit het, behoort
ingesluit te word.
Daar is geen vaste formaat vir tydskrifartikels nie: dit kan dus
subopskrifte en/of kolomme hê. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoë en lae vlak beïnvloed nie.
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28−30 22−24 16−18 10−12 4−6
BEPLANNING - Respons is uitsonderlik/treffend - Respons baie goed; getuig van - Respons bevredigend - Wisselvallige samehang in - Respons heeltemal
Hoë vlak
en bo verwagting vaardigheid - Idees redelik samehangend en respons irrelevant
(Respons en - Idees is intelligent, volwasse en - Idees heeltemal relevant, interessant oortuigend - Idees onduidelik, nie - Idees deurmekaar en nie
idees) stem leser tot nadenke en lewer bewys van volwassenheid - Redelike organisasie en redelik oorspronklik nie op onderwerp gefokus nie
Organisering van - Uitsonderlike organisasie en - Organisasie baie goed en samehangend, insluitend - Min bewys van organisasie - Vaag en herhalend
idees vir samehang insluitend inleiding, samehangend, insluitend inleiding, inleiding, liggaam en en samehang - Geen organisasie nie en
beplanning; liggaam en samevatting/slot. liggaam en samevatting/slot samevatting/slot is onsamehangend
Bewustheid van 25−27 19−21 13−15 7−9 0−3
doel, gehoor en - Respons uitmuntend, maar - Respons goed; getuig van - Respons bevredigend, maar - Respons is grootliks - Geen poging aangewend
konteks uitsonderlik treffende eienskappe vaardigheid verval soms in onduidelikheid irrelevant om in ooreenstemming
Lae vlak
van ʼn opstel ontbreek - Idees relevant, interessant - Idees redelik samehangend en - Idees begin los staan en met onderwerp te wees
- Idees intelligent en volwasse - Organisasie goed en samehangend, oortuigend kan verwarrend wees nie
30 PUNTE - Knap organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en - ʼn Mate van organisasie en - Skaars ʼn bewys van - Heeltemal irrelevant en
insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, organisasie en samehang ontoepaslik
samevatting/slot) liggaam en samevatting/slot - Deurmekaar en geen
fokus nie
TAAL, STYL EN 14−15 11−12 8−9 5−6 0−3
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat - Toon, register, styl en woordeskat - Toon, register, styl en - Taal onverstaanbaar
woordeskat hoogs gepas vir baie gepas vir doel, gehoor en - gepas vir doel, gehoor en konteks woordeskat minder gepas - Toon, register, styl en
Hoë vlak
Toon, register, styl doel, gehoor en konteks. konteks. - Gepaste taalgebruik om vir doel, gehoor en konteks woordeskat nie gepas vir
en woordeskat is - Taalgebruik getuig van vertroue, - Taalgebruik effektief en ʼn betekenis oor te dra - Taalgebruik baie basies doel, gehoor en konteks
geskik vir indrukwekkend deurlopende gepaste toon word - Toon is gepas - Toon en woordkeuse skaars nie
doel/effek en - Toon retories treffend en effektief gebruik − gepas, konstant; - Retoriese middele gebruik om toepaslik - Woordeskat so beperk dat
konteks; - Grammatika en spelling feitlik - Grammatika en spelling grootliks betekenis te versterk - Baie beperkte woordeskat dit onmoontlik is om sin te
Woordkeuse; foutvry foutvry maak
Taalgebruik en - Knap gedaan - Baie goed gedoen
konvensies, 13 10 7 4
punktuasie, - Taalgebruik uitstekend en toon is - Taalgebruik toepaslik en oor die - Voldoende taalgebruik, maar - Taalgebruik onvoldoende
Lae vlak
grammatika, retories effektief algemeen effektief teenstrydighede word opgemerk - Weinig indien enige
spelling. - Grammatika en spelling feitlik - Toon gepas en effektief - Toon oor die algemeen gepas en sinsverskeidenheid
foutvry - Enkele foute in grammatika en beperkte gebruik van retoriese - Woordeskat baie beperk
15 PUNTE - Baie goed tot knap gedaan spelling. middele
- Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0-1
- Uitstekende ontwikkeling van - Logiese ontwikkeling van details. - Relevante detail ontwikkel. - Sommige punte geldig. - Noodsaaklike punte
Kenmerke van onderwerp - Samehangend - Sinne en paragrawe goed. - Sinne en paragrawe foutief. ontbreek.
teks; - Uitsonderlike detail - Sinne en paragrawe logies en toon gekonstrueer. - Opstel maak nog effens sin. - Sinne en paragrawe
Paragraafontwikke - Sinne en paragrawe uitsonderlik variasie. - Opstel maak nog sin. foutief.
ling en gekonstrueer - Opstel maak nie sin nie.
sinskonstruksie
5 PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 11
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 13−15 10−12 7−9 4−6 0−3
BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, bo - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons toon - Respons toon geen
FORMAAT verwagting demonstreer goeie toon voldoende kennis van geringe kennis van kennis van kenmerke
- Idees intelligent en volwasse kennis van kenmerke kenmerke van die soort kenmerke van die soort van die soort teks nie.
Respons en idees; - Grondige kennis van van die soort teks teks teks. - Betekenis onduidelik
Organisering van kenmerke van die soort teks - Behou fokus − geen - Nie heeltemal gefokus nie - Aanduiding van fokus, met groot afwyking.
- Skryfstuk behou fokus. afwyking nie − enkele afwykings maar met afwykings - Geen samehang in
idees vir beplanning;
- Samehang in inhoud en - Samehang in inhoud en - Redelike samehang in - Inhoud en idees nie altyd idees en inhoud nie.
Doel, gehoor, idees idees; baie goed inhoud en idees. samehangend nie - Baie min detail
kenmerke/konvensies - Idees behoorlik uitgebrei uitgebrei met detail wat - Sommige detail - Min detail ondersteun die ondersteun die
en konteks met detail wat die die onderwerp ondersteun die onderwerp. onderwerp. onderwerp.
onderwerp ondersteun ondersteun - Formaat oorwegend - Nodige reëls van formaat - Nodige reëls van
15 PUNTE - Gepaste en akkurate - Gepaste formaat met gepas, maar met enkele vaagweg toegepas. formaat nie toegepas
formaat onbeduidende foute foute. - Kritiese foute begaan. nie.
TAAL, STYL EN 9−10 7−8 5−6 3−4 0−2
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en
woordeskat hoogs geskik vir woordeskat, baie geskik woordeskat, geskik vir woordeskat minder geskik woordeskat stem nie
Toon, register, styl, doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en - Grammatika akkuraat en konteks - Enkele grammatikafoute. konteks gehoor en konteks nie
konteks; goed gekonstrueer - Grammatika oor die - Voldoende woordeskat - Grammatika onakkuraat - Besaai met foute en
- Feitlik foutloos algemeen korrek en - Foute belemmer nie met etlike foute verwarrend
Taalgebruik en
goed gekonstrueer; betekenis nie - Basiese woordeskat - Woordeskat nie geskik
konvensies; - Baie goeie woordeskat - Betekenis belemmer vir doel nie
Woordkeuse; - Oorwegend foutloos - Betekenis ernstig
Punktuasie en belemmer
spelling
10 PUNTE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2013 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper