Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12201913 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2019, 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2019

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2019 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NASIENRIGLYN PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2019) Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter wille van eenvoud en eenvormigheid. SIMBOOL BESKRYWING VERDUIDELIKING 0 Sirkel Punktuasiefout Dubbelstrepie onder Spelfout ʼn woord Lang streep onder ʼn Foutiewe woordgebruik woord Sirkel met pyltjie Woordorde /\ Weglaatteken Woord weggelaat T Hoofletter T in Tye verwar kantlyn H Dubbele hh Herhaling van gedagtes VR Vraestel Dele saamgeflans uit vraestel ? Vraagteken Baie verwarrend/sukkel om te verstaan wat leerder skryf [ Enkelhakie Nuwe paragraaf E Letter “e” bo woord Engelse woord gebruik ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = KL = 21 Taal, styl en redigering: T = KL = 10 Struktuur: S=G = 3 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant 34 (onder die opstel): Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte. Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ʼn argumenterende en beredenerende opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. VRAAG 1 Riglyne Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyne) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld: 1.1 Groot mond ... groot moeilikheid! Die kandidaat kan die opstel as ʼn verhalende/beskrywende opstel aanbied. In ʼn verhalende opstel sal die fokus val op die feit dat die persoon/karakter in groot moeilikheid beland het as gevolg van iets wat hy/sy gesê het. In ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat beskryf hoe iemand se karakter is wanneer hy bekend is vir sy groot mond. Die verhaal/beskrywing kan ernstig of humoristies wees. In ʼn beredenerende of argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat ʼn groot mond jou inderdaad in die moeilikheid kan laat beland. Die kandidaat kan ook bespiegel of ʼn groot mond jou wel in die moeilikheid sal laat beland en of ʼn mens maar eerder moet sê hoe jy voel. [50] 1.2 Blink Stefaans Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende/beskrywende opstel aanbied. Die fokus sal op die verhaal of beskrywing van Blink Stefaans val. In die vertel van die verhaal sal daar gefokus word op wat met Blink Stefaans gebeur het. In die beskrywende opstel sal die karakter van Blink Stefaans lewend word deur akkurate beskrywing. Die kandidaat kan ook bespiegel hoe Blink Stefaans aan sy naam gekom het. Die kandidaat kan ook ʼn argumenterende/beredenerende opstel skryf oor hoe rykdom ʼn mens kan beïnvloed. Die kandidaat kan ook skryf hoe baie mense ʼn front voorhou en voorgee om iets/iemand te wees wat hulle nie werklik is nie. [50] 1.3 Jý skryf die lied van jou lewe. Die kandidaat kan die opstel as ʼn verhalende/beskrywende opstel aanbied. Daar kan vertel word wat gebeur het dat die persoon die lied van sy lewe geskryf het. Die kandidaat kan ook beskryf hoe die persoon se lied van die lewe lyk en klink. Die onderwerp kan letterlik sowel as figuurlik geïnterpreteer word. Die kandidaat kan ook verwys na die besonderhede van sy lewe en wat presies die lied behels. Die onderwerp kan ook argumenterend/ beredenerend aangebied word waar die kandidaat die leser oortuig dat elke mens self die lied van sy lewe skryf of dat die mens nie die lied van sy eie lewe skryf nie, maar dat ander faktore dit bepaal. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2019) 1.4 Ouers langs die sportveld – vreugde of fout? Die onderwerp leen hom tot die skryf van ʼn argumenterende of beredenerende opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek oor die rol wat ouers langs die sportveld speel. Dit kan positief of negatief wees. Die kandidaat kan argumenteer dat ouers glad nie langs die sportveld toegelaat moet word nie en dat hul byvoorbeeld tot die paviljoene beperk moet word. Die kandidaat kan ook skryf oor die ondersteunende rol wat ouers het wanneer kinders deelneem. Die kandidaat kan ook bespiegel oor die tipes ouers langs die sportveld. Die kandidaat kan ook ʼn beskrywende opstel skryf waar ouers langs die sportveld beskryf word. Die kandidaat kan ook verhalend skryf oor die insident wat aanleiding gegee het tot die vraag. [50] 1.5 “Die aand in Dorpstraat ...” Die onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere verhalend, bespiegelend of beskrywend kan wees. ʼn Verhaal sal kan handel oor wat presies die aand in Dorpstraat gebeur het. (Dorpstraat hoef nie noodwendig in Stellenbosch te wees nie). Die kandidaat kan vertel van ʼn verhouding wat skeefgeloop het. Die kandidaat kan die verhaal vertel van ʼn persoon wat nie tevrede is met sy lewe/omstandighede nie en na meer in die lewe hunker. Die kandidaat kan ʼn beskrywende opstel aanbied waarin die straat en wat daar gebeur, beskryf word. Dit kan ook as ʼn bespiegelende opstel aangebied word waarin lewenskwessies bespreek word. [50] 1.6 1.6.1 Stopteken(s) Interpretasies kan lei tot ʼn verhalende, beskrywende, bespiegelende, argumenterende of beredenerende opstel. Die kandidate kan ʼn verhalende opstel skryf waar die woord ‘stop’ die sentrale tema vorm. Die verhaal kan ook handel oor hoe iets tot ʼn einde gekom het. Die kandidaat kan ook die verhaal vertel van ʼn insident waar ʼn stopteken verontagsaam is en wat daarna gebeur het. In ʼn beskrywende opstel kan beskryf word hoe die mens by verskillende plekke in sy lewe tot stilstand kom. In ʼn beredenerende of argumenterende opstel kan die kandidaat skryf oor die gevaar van die verontagsaming van verkeersreëls. By ʼn bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel oor die belangrikheid van ‘stoptekens’ in ʼn gejaagde wêreld. [50] 1.6.2 Kinders / Mense wat besig is met boeke en tegnologie Die kandidaat kan byvoorbeeld die fokus laat val op die kinders/mense rondom die tafel en hoe belangrik samewerking is. Die kandidaat kan ʼn verhalende opstel skryf waar die storie van een van die karakters se lewe vertel word en hoe dit skakel met die ander karakters. Die fokus kan ook val op die boek(e) of rekenaar / tablet en hoe dit skakel met die karakters self. Die kandidaat kan ‘n beskrywende opstel aanbied waar die fokus val op die karakters se interaksie met mekaar en hoe hulle boeke of tegnologie gebruik. Die opstel kan handel oor kommunikasie en hoe daar verskillende maniere van kommunikasie is. Die kandidaat kan ‘n argumenterende of beredenerende opstel aanbied waarin die belangrikheid van boeke teenoor tegnologie bespreek word. Daar kan ook bespiegel word of boeke dalk in die toekoms sal uitsterf en tegnologie dalk gaan oorneem. Die kandidaat kan ook skryf hoe tegnologie die mens se lewe oorneem en hoe ander dinge minder belangrik word. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 1.6.3 Die robot ʼn Verhalende opstel kan byvoorbeeld die storie van die robot vertel. In ʼn beskrywende opstel kan verskillende robotte beskryf word. In ʼn argumenterende of beredenerende opstel kan standpunt ingeneem word dat robotte die mens in die werksplek gaan vervang. Die kandidaat kan ook ʼn opstel met ʼn wetenskaplike aanslag skryf. Die feit dat baie mense nie meer vir mekaar omgee en amper soos robotte funksioneer, kan ook in opstelvorm uitgebrei word. [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2019) SOORT OPSTELLE VERHALENDE OPSTEL Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte:  Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie of gebeurtenis).  ʼn Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.  Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.  Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.  Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.  Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.  ʼn Treffende inleiding boei die leser.  ʼn Verrassende slot rond die inhoud af.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte:  Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.  Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings).  Tekste kan varieer van meer realisties tot ʼn verdieping in die aanbieding.  Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.  Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.  Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.  Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.  Stylfigure kan gebruik word. BEREDENEERDE OPSTEL Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ʼn spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7 Hou die volgende in gedagte:  BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.  Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.  Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.  ʼn Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot gee ʼn sterk aanduiding van die skrywer se mening.  Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.  Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg/deurdink ʼn idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ʼn droom of wense/moontlikhede. Hou die volgende in gedagte:  Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.  Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar  opgeweeg.  Dis persoonlik van aard.  Daar is ʼn definitiewe struktuur, maar ʼn gevolgtrekking is nie nodig nie.  Dit hoef nie ʼn gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het ʼn spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Hou die volgende in gedagte:  Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.  ʼn Eie mening word op ʼn baie oorspronklike en treffende manier gegee.  ʼn Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.  Verdediging of aanval van ʼn saak word enduit volgehou.  ʼn Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.  Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.  Daar moet ʼn duidelike en oortuigende slot wees.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2019) AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. RIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: IK = 10 Taal, styl en redigering: TG = 6 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16 Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). VRAAG 2 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Die brief fokus op die oorreding van die vriend/vriendin om van sy/haar besluit aangaande die dra van ʼn ongewone uitrusting na die matriekafskeid, af te sien. Daar moet ook na die moontlike negatiewe gevolge van só ʼn besluit verwys word. Hou die volgende in gedagte:  Gebruik informele taal, register en styl.  Die skrywer moet verwys na die twee aspekte van oorreding en die moontlike negatiewe gevolge.  Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.  Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te word.  Briewe behoort ʼn inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.  Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet in die korrekte formaat/in korrekte spelling (AWS bl. 55 reël 9.14) gegee word.  Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.  Die brief behoort informeel afgesluit te word.  Die formaat van die brief is belangrik. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9 2.2 KOERANTBERIG Die koerantberig handel oor ʼn jong vrou van die Oos-Kaap wat ten spyte van haar siekte, uitblink. Hou die volgende in gedagte:  Gee feite kortliks en akkuraat.  Strewe om die belangrikste feite te gee sonder om die leser te verloor.  Som akkuraat op sonder om die waarheid te verdraai.  Gee ʼn saaklike, bondige, maar treffende titel. Subtitels kan ook gegee word.  Vermeld die belangrikste feite alreeds in die eerste paragraaf: wie, wat, waar, wanneer, waarom, hoe en in watter mate. [25] 2.3 HULDEBLYK Die kandidaat bring hulde aan ʼn goeie vriend/vriendin wat onverwags in ʼn fratsongeluk oorlede is. Die kandidaat kan verwys na sy/haar verbintenis met die oorledene en wat hul verhouding so besonders gemaak het. Hou die volgende in gedagte:  Die volgende belangrike inligting word in ʼn huldeblyk gegee:  Oorledene se naam en van.  Die volgende inligting kan gegee word: adres, ouderdom, datum van afsterwe, plek waar die persoon oorlede is, oorsaak van dood, name van gesinslede agtergelaat.  Gebeure en staaltjies oor die vriendskap.  Persoonlike herinneringe kan gegee word.  Die leser moet ʼn duidelike beeld van die oorledene kan vorm.  Die styl moet by die geleentheid en gehoor pas.  Vermy oordrewe sentimentaliteit.  Gebruik kort, bondige sinne. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2019) 2.4 FORMELE BRIEF: BRIEF AAN DIE PERS Die brief word aan die redakteur van Die Burger gerig en moet handel oor die skrywer se standpunt aangaande die hoë sterftesyfer op Suid- Afrikaanse paaie. Die skrywer se standpunt rondom die kwessie moet duidelik blyk. Hou die volgende in gedagte:  Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van sender, datum, adres van ontvanger, aanhef, opskrif/doel, paragrawe, afsluiting.  Die brief aan die pers word altyd aan die redakteur gerig.  Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.  Die styl behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. Eenvoudige, direkte taal is nodig.  Die struktuur moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die standpunt rondom padsterftes op Suid-Afrikaanse paaie.  Die formele register moet gebruik word, soos in persbriewe benodig.  Indien ʼn skuilnaam gebruik word, moet die formaat steeds korrek wees.  Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar nodig. [25] 2.5 ONDERHOUD Die onderhoud moet met ʼn bekende televisiepersoonlikheid gevoer word. Dit moet duidelik blyk dat die onderhoudvoerder opgewonde is om die onderhoud met die persoon te voer. Die onderhoudvoerder moet ook verwys na die besonderse indruk wat die televisiepersoonlikheid op die persoon gemaak het. Hou die volgende in gedagte:  Die onderhoud mag as ʼn artikel of dialoog aangebied word.  Vraag en antwoord moet duidelik onderskei kan word.  Elke spreekbeurt word op ʼn nuwe reël begin. (Dialoogformaat)  Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik – daarom moet die redigering versigtig gedoen word.  ʼn Inleidende sin/paragraaf/scenario behoort waarde tot die skryfstuk toe te voeg.  In hierdie geval voer die onderhoudvoerder die onderhoud met ʼn bekende televisiepersoonlikheid.  In die slotparagraaf/laaste spreekbeurt behoort die onderhoud saamgevat te word. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V3 11 2.6 RESENSIE Die resensie is ʼn verslag van die rolprent. Dit moet handel oor ʼn plaaslike rolprent. Dit moet duidelik blyk dat die resensent verras is deur die gehalte van die rolprent. Hou die volgende in gedagte:  Resensies gee die resensent se mening oor die werk. In dié geval is dit duidelik positief.  Goeie resensies probeer om regverdig, maar eerlik te wees.  Humor kan in resensies gebruik word.  ʼn Resensie is gewoonlik subjektief: twee resensente mag oor dieselfde onderwerp verskil.  Gee toepaslike feite, byvoorbeeld die titel van die rolprent, regisseur, akteur(s), kamerawerk, musiek en ander belangrike inligting.  Die resensent skryf iets oor die inhoud van die rolprent, maar die ontknoping van die rolprent word nie gegee nie.  Die slotpragraaf gee die resensent se laaste indrukke/gevolgtrekking/samevatting en aanbeveling. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2019) ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] LET WEL:  Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).  Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoë en lae vlak beïnvloed nie. Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD EN 28−30 22−24 16−18 10−12 4−6 BEPLANNING - Respons is uitsonderlik/treffend - Respons baie goed; getuig van - Respons bevredigend - Wisselvallige samehang in - Respons heeltemal en bo verwagting vaardigheid - Idees redelik samehangend en respons irrelevant Hoë vlak (Respons en - Idees is intelligent, volwasse en - Idees heeltemal relevant, interessant oortuigend - Idees onduidelik, nie - Idees deurmekaar en nie idees) stem leser tot nadenke en lewer bewys van volwassenheid - Redelike organisasie en redelik oorspronklik nie op onderwerp gefokus nie Organisering van - Uitsonderlike organisasie en - Organisasie baie goed en samehangend, insluitend - Min bewys van organisasie - Vaag en herhalend idees vir samehang insluitend inleiding, samehangend, insluitend inleiding, inleiding, liggaam en en samehang - Geen organisasie nie en beplanning; liggaam en samevatting/slot. liggaam en samevatting/slot samevatting/slot is onsamehangend Bewustheid van 25−27 19−21 13−15 7−9 0−3 doel, gehoor en - Respons uitmuntend, maar - Respons goed; getuig van - Respons bevredigend, maar - Respons is grootliks - Geen poging aangewend konteks uitsonderlik treffende eienskappe vaardigheid verval soms in onduidelikheid irrelevant om in ooreenstemming Lae vlak van ʼn opstel ontbreek - Idees relevant, interessant - Idees redelik samehangend en - Idees begin los staan en met onderwerp te wees - Idees intelligent en volwasse - Organisasie goed en samehangend, oortuigend kan verwarrend wees nie 30 PUNTE - Knap organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en - ʼn Mate van organisasie en - Skaars ʼn bewys van - Heeltemal irrelevant en insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, organisasie en samehang ontoepaslik samevatting/slot liggaam en samevatting/slot - Deurmekaar en geen fokus nie TAAL, STYL EN 14−15 11−12 8−9 5−6 0−3 REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat - Toon, register, styl en woordeskat - - Toon, register, styl en - Taal onverstaanbaar woordeskat hoogs gepas vir baie gepas vir doel, gehoor en - gepas vir doel, gehoor en konteks woordeskat minder gepas - Toon, register, styl en Toon, register, styl doel, gehoor en konteks. konteks. - Gepaste taalgebruik om vir doel, gehoor en konteks woordeskat nie gepas vir Hoë vlak en woordeskat is - Taalgebruik getuig van vertroue, - Taalgebruik effektief en ʼn betekenis oor te dra nie doel, gehoor en konteks geskik vir indrukwekkend deurlopende gepaste toon word - Toon is gepas - Taalgebruik baie basies - Woordeskat so beperk dat doel/effek en - Toon retories treffend en effektief gebruik. - Retoriese middele gebruik om - Toon en woordkeuse skaars dit onmoontlik is om sin te konteks; - Grammatika en spelling feitlik - Grammatika en spelling grootliks betekenis te versterk toepaslik maak Woordkeuse; foutvry foutvry - Baie beperkte woordeskat Taalgebruik en - Knap gedaan - Baie goed gedoen konvensies, 13 10 7 4 punktuasie, - Taalgebruik uitstekend en toon is - Taalgebruik toepaslik en oor die - Voldoende taalgebruik, maar - Taalgebruik onvoldoende Lae vlak grammatika, retories effektief algemeen effektief teenstrydighede word opgemerk - Weinig indien enige spelling. - Grammatika en spelling feitlik - Toon gepas en effektief - Toon oor die algemeen gepas en sinsverskeidenheid foutvry - Enkele foute in grammatika en beperkte gebruik van retoriese - Woordeskat baie beperk 15 PUNTE - Baie goed tot knap gedaan spelling. middele - Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0-1 - Uitstekende ontwikkeling van - Logiese ontwikkeling van details. - Relevante detail ontwikkel. - Sommige punte geldig. - Noodsaaklike punte Kenmerke van onderwerp - Samehangend - Sinne en paragrawe goed. - Sinne en paragrawe foutief. ontbreek. teks; - Uitsonderlike detail - Sinne en paragrawe logies en toon gekonstrueer. - Opstel maak nog effens sin. - Sinne en paragrawe Paragraafontwik- - Sinne en paragrawe uitsonderlik variasie. - Opstel maak nog sin. foutief. keling en gekonstrueer - Opstel maak nie sin nie. sinskonstruksie 5 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V3 13 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 13−15 10−12 7−9 4−6 0−3 BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, bo - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons, toon - Respons toon geen FORMAAT verwagting demonstreer goeie toon voldoende kennis van geringe kennis van kennis van kenmerke - Idees intelligent en volwasse kennis van kenmerke kenmerke van die soort kenmerke van die soort van die soort teks nie. Respons en idees; - Grondige kennis van van die soort teks teks teks. - Betekenis onduidelik Organisering van kenmerke van die soort teks - Behou fokus − geen - Nie heeltemal gefokus nie - Aanduiding van fokus, met groot afwyking. - Skryfstuk behou fokus. afwyking nie − enkele afwykings maar met afwykings - Geen samehang in idees vir beplanning; - Samehang in inhoud en - Samehang in inhoud en - Redelike samehang in - Inhoud en idees nie altyd idees en inhoud nie. Doel, gehoor, idees idees; baie goed inhoud en idees. samehangend nie - Baie min detail kenmerke/konvensies - Idees behoorlik uitgebrei uitgebrei met detail wat - Sommige detail - Min detail ondersteun die ondersteun die en konteks met detail wat die die onderwerp ondersteun die onderwerp. onderwerp. onderwerp. onderwerp ondersteun ondersteun - Formaat oorwegend - Nodige reëls van formaat - Nodige reëls van 15 PUNTE - Gepaste en akkurate - Gepaste formaat met gepas, maar met enkele vaagweg toegepas. formaat nie toegepas formaat onbeduidende foute foute. - Kritiese foute begaan. nie. TAAL, STYL EN 9−10 7−8 5−6 3−4 0−2 REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat hoogs geskik vir woordeskat, baie geskik woordeskat, geskik vir woordeskat minder geskik woordeskat stem nie Toon, register, styl, doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en ooreen met doel, doel/effek, gehoor en - Grammatika akkuraat en konteks - Enkele grammatikafoute. konteks gehoor en konteks nie konteks; goed gekonstrueer - Grammatika oor die - Voldoende woordeskat - Grammatika onakkuraat - Besaai met foute en - Feitlik foutloos algemeen korrek en - Foute belemmer nie met etlike foute verward Taalgebruik en goed gekonstrueer; betekenis nie - Basiese woordeskat - Woordeskat nie geskik konvensies; - Baie goeie woordeskat - Betekenis belemmer vir doel nie Woordkeuse; - Oorwegend foutloos - Betekenis ernstig Punktuasie en belemmer spelling 10 PUNTE Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all