NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2025
AFRIKAANS HUISTAAL V2
PUNTE: 80
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 31 bladsye.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2025 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2025, 31 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 31 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 31
- File size
- 1.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 31
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2025
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)26 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.
2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste
wat jy in die klas bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen
het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.
3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Gedigte (30)
AFDELING B: Prosa (25)
AFDELING C: Drama (25)
4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B en
EEN uit AFDELING C.
AFDELING A: GEDIGTE
Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)
• Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
• Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in
AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
kontrolelys om jou te help.
6. LENGTE VAN ANTWOORDE
• Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.
• Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.
• Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord die vrae bondig en
relevant.
7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3
9. Beantwoord ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
10. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: ongeveer 40 minute
AFDELING B: ongeveer 55 minute
AFDELING C: ongeveer 55 minute
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
1. “27 April 1994” Opstelvraag 10 6
2. “Vroue van Vermeer” Kontekstuele vraag 10 7
3. “ʼn Paternoster vir Suid-Afrika” Kontekstuele vraag 10 9
4. “Die Bokser” Kontekstuele vraag 10 11
EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
5. My Blommenkie–lief Kontekstuele vraag 10 13
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.*
6. onderwêreld Opstelvraag 25 14
7. onderwêreld Kontekstuele vraag 25 14
8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 17
9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 17
10. Vatmaar Opstelvraag 25 20
11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 20
12. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 23
13. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 23
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.*
14. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 26
15. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 26
16. Mis Opstelvraag 25 29
17. Mis Kontekstuele vraag 25 29
* LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.
AFDELING VRAAG- GETAL VRAE MERK ✓
NOMMER BEANTWOORD
A: Gedigte
(Voorgeskrewe gedigte) 1–4 2
A: Gedigte
5 1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
6–13 1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama
14-17 1
(Opstel of kontekstueel)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
AFDELING A: GEDIGTE
VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.
27 April 1994 – Vincent Oliphant
1 uiteindelik vou ek die verlede toe
2 knyp sy vlerk tussen duim en vinger vas
3 tot hy veilig deur ʼn gleuf in die geskiedenis glip
4 en anderkant
5 wonderbaarlik
6 vry
7 die duif van vrede sy blou vlerke sprei
8 sodat my nuutgebore stem na woorde smag
9 om ʼn lied vir my land
10 soos ʼn vlag aan die tong te sweef
11 bo die geruislose val van skanse van die vel
12 sodat ek vry uit die vervreemding tree
13 om in die oë van vergetenes en langverlorenes
14 uiteindelik myself te kan sien
15 soos iemand wat ek nooit geken het nie
16 om aan hulle die hand te gee
17 en te voel hoe vlees en vlees ontmoet
18 want een lyn van bloed loop deur die eeue
19 loop deur die ganse geskiedenis
20 loop deur elke uithoek van die land
21 loop deur my en loop deur jou
22 van Genesis tot nou
[Bron: Die sagte vlees, 1998]
Halfrym, tipografie en beeldspraak ondersteun die gedagte van vryheid.
Bespreek die stelling in ʼn opstel van 250 tot 300 woorde. [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Vroue van Vermeer – T.T. Cloete
1 Dit is meestal ʼn mooi jong vrou.
2 Meestal is sy alleen binnenshuis,
3 dalk met ʼn wit veraf brief wat sy vashou,
4 naby, in ʼn gloeiende klein hand
5 voor ʼn kleiner of groter oop
6 venster. Daar kom ʼn ligte geruis
7 van ʼn wêreld aan uit ʼn land-
8 of groter wêreldkaart
9 wat teen die muurvlak oorkant
10 hang, daar waar seestrome en wind loop
11 met haar land se ganse skeepvaart.
12 Sy staan, sy sit, sy buk oor kant,
13 sy droom of sluimer
14 in lig wat in vlokkies of korrels brand
15 of dof kaats in die ruimer
16 ruimte van ʼn skildery of spieël of in ʼn wynhouer
17 ivoor maak, of sy speel klavesimbaal
18 of sy loer oor haar skouer
19 en dra ʼn sonnende pêrel teen haar nek
20 se skadu. En altyd is daar lig wat áfstraal
21 ín in die liefs klein afgemete vertrek,
22 oorvloedig, uit die oop grote
23 universum en wat klein aardse geslote
24 stilte in die onmeetlike laat asemhaal.
[Bron: Driepas, 1989]
2.1 Kies die korrekte antwoord deur slegs die vraagnommer en die letter neer te
skryf, byvoorbeeld. 2.1 E.
Waarom kan hierdie gedig as ʼn kumulatiewe beeldgedig gesien word?
A Dit handel oor die hele oeuvre van Vermeer.
B Dit handel oor Vermeer.
C Die gedig is geïnspireer deur ʼn beeldende werk van Vermeer.
D Die gedig het baie beeldspraak. (1)
2.2 Motiveer waarom die gebruik van die titel so effektief in hierdie gedig is en
verduidelik hoe hiérdie belangrikheid uitgehef word. Watter woord in versreël 1
sluit by die titel aan? (3)
2.3 Verduidelik die konnotatiewe betekenis van die onderstreepte woord in
versreël 2 en dui die verband met die onderstreepte woorde in versreël 3 aan. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
2.4 Verduidelik die stylfiguur wat in versreël 6 voorkom. (1)
2.5 Benoem en verduidelik die betekenis van die beeldspraak in versreël 8. (2)
2.6 Verwys na versreël 17 en 19.
Wat sou jy sê is die doel om hierdie onderstreepte voorwerpe juis hiér te
gebruik. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
ʼn Paternoster vir Suid-Afrika – Lina Spies
1 Here, laat die name geheilig word
2 van al die kinders van die land –
3 van hulle
4 wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
5 dassies skrikgemaak het in sy klowe,
6 wol getrap het in sy krale.
7 Ek het asemloos toegekyk:
8 swart bolywe geboë oor magtelose diere
9 en skerp skêre wat my laat wag het,
10 bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
11 Maar die swart versigtige hande
12 het selde dieper as die wit geknip
13 en ek kon die lootjies uitdeel
14 want die arbeider was sy loon waardig
15 volgens die aantal wat hy vrygemaak het
16 om ligvoets teen die somerheuwels uit te wei.
17 Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,
18 die wololie van my voete afgewas,
19 my bene nie meer lam getrap nie.
20 Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,
21 soos ons hule vergewe, die luidrugtiges
22 wat nooit binne die kraal was nie,
23 wat nooit rietperd gery
24 en kaalvoet geloop het nie,
25 en Here sien ons hande aan:
26 Kyk, om my wit pols is ʼn armband van gras;
27 my donker speelmaat het dit kunstig gevleg
28 soos ek nooit kon nie ...
29 Aan u behoort die land
30 en die son
31 en die skape van sy weiding
32 Gee ons liefdevolle hande, Heer,
33 en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed
34 dat daar nie onnodige bloed verspil nie
35 en deel U self die lootjies uit
[Bron: Digby Vergenoeg, 1971]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
3.1 Waarom is dit korrek om te sê die titel plaas die leser in ʼn gewyde stemming
en waarop dui die onbepaalde lidwoord in die titel? (2)
3.2 Op watter wyses beklemtoon die spreker wie die kinders is waarna in
versreël 2 verwys word? (2)
3.3 Kies die korrekte antwoord deur slegs die vraagnommer en die letter neer te
skryf, byvoorbeeld 3.3 E.
Benoem die stylfiguur in versreël 8.
A Metafoor
B Sinekdogee
C Klanknabootsing
D Kontras (1)
3.4 Haal die versreël aan wat daarop dui dat die pogings om swart-wit
verhoudings te laat werk, vrugte afgewerp het. (1)
3.5 Waarom is dit funksioneel om die tempo in versreël 20 te verstadig en hoe
word dit bewerkstellig? (3)
3.6 Verwys na versreëls 26 tot 28.
Is dit geregverdig om te sê dit is die antwoord op die verkryging van die
lootjies in versreël 35? Motiveer jou antwoord. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Die bokser – Ernst van Heerden
1 Die grense van die klein kryt
2 is hellende onvastigheid,
3 waar wit bors fier teen wit bors staan
4 en skim teen skim die skynhou slaan;
5 die lyf word wiegend – ritmies, sterk –
6 tot skerm en liemaak ingeperk;
7 vier donker oë blits fel en woes,
8 wyl twee gedaantes mik en koes;
9 maar elk groteske vuis se smak
10 laat lis en weerstand verder knak ...
11 die liggaam is so rank gebou
12 en weerloos teen dié man se hou;
13 tog sal my mokerslag hom tref
14 waar hy hom vaag en grynsend hef,
15 sy beeld versplinter in die glas
16 waar netnou my gestalte was;
17 ʼn flikker-weerskyn word verskerf,
18 ʼn lyf stort soos ʼn koring-gerf ...
19 Wie is die man wat roerloos lê,
20 wie’t ʼn bekende naam gesê?
21 Waarom die skaar aan’t roep en fluit,
22 en waarom flakker ligte uit ...?
[Bron: Groot Verseboek, 1981]
4.1 Beantwoord die titel aan die leser se verwagting? Motiveer jou antwoord. (1)
4.2 Kies die korrekte antwoord deur slegs die vraagnommer en die letter neer te
skryf, byvoorbeeld 4.2 E.
Verduidelik die stylfiguur in strofe 1.
A Dit dui op die tou van die kryt wat grense stel.
B Dit dui op die beperkte ruimte waarin die geveg plaasvind.
C ʼn Kryt is ʼn terrein van sekerheid, maar in versreël 2 is dit nou skuins
en onvas.
D Die lewe perk jou soos ʼn kryt in. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
4.3 Hoe weet die leser die wending vind in versreël 9 plaas en waarom is dit juis
híér so effektief? (2)
4.4 Tot watter insig kom die mens in versreël 12? (1)
4.5 Waarom kan gesê word dat die rympatroon en die strofebou effektief in die
gedig meewerk? (2)
4.6 Die vertellersperspektief in die gedig wissel.
4.6.1 Verduidelik die stelling hierbo. (2)
4.6.2 Hoe dra die gebruik van die ellips in versreël 22 by om jou verduide-
liking by VRAAG 4.6.1 te staaf? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
My Blommenkie-lief – Christo du Plessis
1 In die Rosestad
2 het ek vir Rosalie ontmoet.
3 Haar donker aroma het my begroet -
4 Maar haar ouderdom sou ek nooit kon skat.
5 Aan Tafelberg se hange
6 het ek vir Heidelief gekry.
7 Haar lyf het my gevlei -
8 Maar haar oë was vol van vêr verlange.
9 In die digtheid van die Bosveld-tuin
10 het ek aan Doringrosie vasgehaak.
11 Sy het my met haar weligheid aangeraak -
12 Maar haar hart was begrawe onder seerkry se puin.
13 In die Hooglande met sy eie taal
14 het my Blommenkie-lief gewag vir my.
15 Sy het met haar rooi lippies gul gelag en was bly –
16 Want ek het haar as my deelgenoot gaan haal.
[Bron: Vir vanaand sal ek net jou hand vashou, 2015]
5.1 Voltooi die onderstaande sin:
Tipografies bestaan die gedig uit vier ... (1)
5.2 Rosalie se swaar parfuum word in strofe 1 genoem.
5.2.1 Watter halfrym versterk hierdie gedagte? (1)
5.2.2 Watter woord dui aan dat hierdie aroma nie ʼn indruk op die spreker
gemaak het nie? (1)
5.3 Dink jy die rym in strofe 2 is gepas? Motiveer jou antwoord. (1)
5.4 Wat is die stemming na die wending in strofe 2? (1)
5.5 Met watter woord in strofe 3 skakel “digtheid” (versreël 9) en wat word deur
versreël 11 geïmpliseer? (2)
5.6 Verwys na strofe 4.
5.6.1 Hoe kontrasteer die dame in strofe 4 met die ander dames in die
gedig? (1)
5.6.2 Watter woord beklemtoon die progressie in die gedig en waarom is
dit korrek om te sê dit was ʼn wedersydse soektog? (2)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer
het.
ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen
Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).
VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG
Die handeling van Greg ondersteun die tema van die ontwikkeling van ʼn
adolessent wat voor ʼn aantal uitdagings te staan kom op pad na selfbegrip en
volwassenheid.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A
Ek spring uit die bed dat die beddegoed doer trek, gryp my badkamersakkie en
handdoek. Toe ruk ek die koshuiskamer se deur oop. In die gang loop ek my byna
kis teen iemand.
Thomas-Jean. TJ in kort.
“Jy’s bietjie laat, bru,” sê hy. 5
“Ek weet. Dis Eckardt, die goorgat – hy’t my nie kom wakker maak nie. Kan nie
nou praat nie. Sien jou later, TJ!”
Almal wat ek in die gang teëkom, is al aangetrek: swart broeke, baadjies. Wit
hemde, geel dasse. Die skoolwapen met die fakkel op die baadjies se sakke. Bo die
wapen is die skool se naam: Lawson Kollege, en onder die wapen die skool se 10
leuse: Lux hominum vita.
Ek stamp my pad oop deur die bondelende klomp seuns wat op pad is na die
eetsaal.
“Hei, buddy, lekker verslaap,” roep een.
“Is jy nie aan diens by die graadagts nie?” vra een van die VRL’s. 15
Dit ook nog. Ek het vergeet. Ek hoop maar net hulle het nie die plek vanoggend
afgebreek nie. En dat almal uit die bed is.
Nog ʼn paar ouens terg, ander wil groet, gesels, vra oor rugby of iets. Maar ek
mompel net onhoorbare verskonings. Die verdomde Eckardt, vloek ek weer sag. Ná
ʼn vinnige stort, skeer en tandeborsel, gaan trek ek aan. Toe sit ek af met die 20
koshuisgang, systap ʼn skoonmaker wat my verbaas agternakyk. Eckardt se kamer is
net ʼn kort entjie van myne af. Ek klop vinnig, pluk die deur oop voor hy kan
antwoord.
7.1 Wie is die ek-verteller in TEKS A en waarom is die keuse van dié soort
verteller hier suksesvol? (2)
7.2 Is TJ se latere optrede in die verhaal regverdigbaar? Motiveer jou antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15
7.3 Verwys na reël 11: Lux hominum vita
7.3.1 Gee die betekenis van dié leuse. (1)
7.3.2 Motiveer of die ek-verteller se besluit ten opsigte van dok Pienaar
ʼn uitlewing van hierdie leuse is. (1)
7.4 Verwys na reëls 11 tot 15.
7.4.1 Watter gesindheid openbaar die medeleerders teenoor die ek-
verteller? (1)
7.4.2 Sou hierdie gesindheid van die medeleerders die ek-verteller se
keuse by die rugby-oefening kon verduidelik? Motiveer jou
antwoord. (1)
7.4.3 Waarom het die ek-verteller besluit om wel só by die rugby-
oefening op te tree? (1)
7.4.4 Motiveer of daar enige verband tussen hierdie optrede en die skool
se leuse is. (1)
7.5 Verwys na reëls 18 tot 19.
Watter ontdekking maak die ek-verteller in die kamer en watter emosie
ervaar hy tydens die ontdekking? Watter gebeurtenis kon gelei het tot
hierdie emosie? (3)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
TEKS B
“Ma, sal Ma na Pa kyk? Ek moet vir inspekteur Cele bel.” Dis nie oor my pa dat ek
nou vir haar wil kontak nie. Sy, sersant Botha en die ander polisie-eenhede wat betrokke
gaan raak, sal mettertyd van hom uitvind. Ek kan dit nie keer nie. “Ek moet haar vertel
van Ekk-0.”
Buite die motor gly die landskap geruisloos verby in die donker. Greg se selfoon breek 5
die stilte. Private number, lees die selfoonskerm.
“Greg, hallo?” Hy luister. En druk dit dan net dood.
“Wie was dit?” vra sy ma moeg.
“Iemand van die koerant.”
Sy sug. Greg draai om in sy sitplek, kyk na die motor wat hulle volg. 10
Sy pa. Sy gesig skaars sigbaar in die donker. Hy draai weer terug. Dit is nog ver
Johannesburg toe. Die motorligte vloei helder oor die teerpad.
Lux hominum vita.
Greg leun met sy kop teen die passasiersvenster. Sy tong voel dik in sy mond.
“Ek is toe nie so bullet-proof soos ek gedink het nie,” sê hy sag. 15
ʼn Hand op sy skouer. Sy ma s’n.
Nou eers kan hy huil. Vir sy pa, en ook vir John.
Die selfoon lui weer. Die joernalis het nog nie die boodskap gekry dat hy nie met haar wil
praat nie. “Net asseblief een ding, Greg,” hoor hy haar sê, “die ou na wie die polisie
soek – ek het twee name hier: Eckardt Wilken en Ekko-0. Is dit sy regte naam? 20
7.6 Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af? (1)
7.7 Om watter redes sou ons kon sê die milieu in TEKS B is ook ʼn geestesruimte? (2)
7.8 “Ek kan dit nie keer nie.” (Reël 3)
7.8.1 Waarna verwys Greg hier? (1)
7.8.2 Waaroor het Greg konflik beleef? (1)
7.8.3 Waarom sou hierdie woorde as ironies beskou kon word? (1)
7.9 Wat impliseer reël 11? (1)
7.10 Verwys na reël 15.
Om watter rede sou Greg gedink het hy is “bullet-proof” en watter optrede van
hom het die teendeel bewys? Wat verklap hierdie reël oor Greg se karakter? (3)
7.11 Watter handeling van mnr. Owen laat Greg toe om nou oor John te huil? (1)
7.12 Hoe verskil TEKS A en TEKS B ten opsigte van die ontwikkelingslyn van die
roman? (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17
MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).
VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG
In Barotseland kom Baas, die swerwer, tot rus en groei tot iemand wat vir ander
omgee.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS C
“Lyk my jy weet ook van alles, Riekert. Ek is nuuskierig. Wat weet jy nog van
my?” Baas leun teen die bakkie.
“Moenie my verkeerd verstaan nie, Baas. Ek probeer glad nie insinueer dat jy
finansiële probleme het nie. Ek sê net as jy my dalk eendag nodig kry, vra maar
daar by Kubu Lodge. Hulle sal weet waar ek is. En, soos ek gesê het, ek betaal 5
goeie pryse. Jy lê hier teen Angola, man. Noudat ou Savimbi se Unitatjies
honger word, kom hierdie klippies by die honderde oor die grens. Dis makliker
as maroelas optel.”
“Nog iets?” vra Baas, sy een arm op die oop deur, die ander arm op die Land
Rover se dak. 10
“Jy laat my skoon vasgekeer voel, ou maat.” Riekert stryk met sy plat hand oor
sy kop. “Lyk my jy en hierdie hond van jou is ewe wantrouig. Moet nou nie
koppig wees nie, man. Hierdie rivier is nie elke ou se maat nie. En die Zambezi
Joy is gedaan. Jy mors jou tyd. Sy sal nooit weer water toe gaan nie. Dink mooi:
Hierdie soort klippies is dalk net wat jy nodig het om ʼn nuwe begin te maak. Ons 15
weet almal jy wil ʼn toerbesigheid begin. In jou kop lyk dit miskien na ʼn wenner,
maar op die ou end loop jy met ʼn bondeltjie op jou rug uit Barotseland weg.”
“Of ek sit met ʼn splinternuwe boot met ʼn splinternuwe naam,” glimlag Baas.
“Geheimsinnig oor die nuwe naam?”
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
18 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
9.1 Hoekom is Riekert se teenwoordigheid op Manaka onwelkom? (1)
9.2 Riekert verwys in reël 4 na Baas se “finansiële probleme”.
Gee redes vir hierdie “probleme”. Wat was die uiteindelike gevolg vir Baas
as jy die tema van omgee/Ubuntu/mededeelsaamheid in gedagte hou? (3)
9.3 Herlees reëls 3 tot 11.
9.3.1 Van watter karaktereienskap van Baas is Riekert bewus? (1)
9.3.2 Hoe ondersteun Grace se siening van Baas dié karaktereienskap? (1)
9.3.3 Dink jy Baas se reaksie op Riekert se voorstel is realisties?
Motiveer jou antwoord uit die roman. (1)
9.4 Hoekom is Baas “wantrouig” teenoor Riekert en hoe loop Riekert se
plannetjies op Manaka uiteindelik skeef? (2)
9.5 Herlees die onderstreepte sin in reël 16.
9.5.1 Hoekom wou Baas ʼn toerbesigheid begin? (1)
9.5.2 Slaag Baas in sy doel? Motiveer jou antwoord uit die roman. (1)
9.6 Wat is die boot se nuwe naam? (1)
9.7 Motiveer waarom die latere antwoord wat Riekert self op sy vraag in
reël 19 gee, ongeregverdig is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V2 19
TEKS D
Baas bly staan. Watter soort boodskap sal ʼn mens nou los as jy self nie eens
weet hoekom jy gekom het nie?
Hy maak die agterklap oop en laat die trop honde afspring. Hulle loop hulle
draaie en spring weer op. Hy maak die klap toe en skakel die Land Rover se
ligte af. 5
In Whitey se tent trek hy ʼn vuurhoutjie. Daar is ʼn paraffienlampie op ʼn groen
trommel langs ʼn kampbed. Hy steek dit aan. Op die trommel lê ʼn Bybel. Baas
gaan lê op die bed, sy hande in die lug; seer van die warm planke wat hy moet
buig om by die kromming van sy boot se romp aan te pas. Iewers roep ʼn
dikkop. Het Whitey ook ʼn ashoop? Wat gebeur nou daar by die Plek van die 10
Kremetartbome? tuimel sy gedagtes.
In Whitey se Bybel lees hy die tekste wat Ouma Essie vir hom gegee het toe
sy hom kom roep het om die kerk se balke te gaan haal.
Hy ryg die tent weer toe en ry terug. Op pad wag hy vir die dag om te breek.
Ligdag loop hy en die honde die kop uit na die boom toe waar die vlakvark 15
Longwane gegaffel het. Dit is die kremetart waar Whitey se oupa in sy jong
dae nog ʼn uitgekerfde naam in die bas kon lees. Hy loop teen die
skuinsgroeiende stam uit en kry die knopperige riwwe.
Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie ...
9.8 Watter soort verteller is in reëls 1 tot 2 aan die woord en wat is sy funksie
hier? (2)
9.9 Is daar ʼn verband tussen Whitey, die uitgekerfde naam in die kremetart en
Baas? Gee TWEE redes vir jou antwoord.
Is daar ʼn vroeër optrede van Baas in die roman wat hierdie verband
bevestig? Motiveer jou antwoord. (3)
9.10 Aan watter “familiekwaal” ly Whitey? (1)
9.11 Ouma Essie voer ʼn soortgelyke rede aan vir Meneer Johnnie (TEKS C) en
Baas (TEKS D) se koms na Manaka.
Wat is dié soortgelyke rede? Noem DRIE bewyse uit die roman dat Baas sy
regmatige plek op Manaka inneem. (4)
9.12 Reël 19 (TEKS D) verteenwoordig die godsdienstema in die roman.
9.12.1 Gee ʼn ander tema wat in die roman voorkom. (1)
9.12.2 Watter boodskap word aan die leser oorgedra, deur die tema wat
jy genoem het? (1)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
20 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
VATMAAR – AHM Scholtz
Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).
VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG
In die roman Vatmaar beleef Tant Wonnie en Oom Chai konflik as gevolg van hulle
interaksie met mense.
Bespreek die stelling in ʼn opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
Die Du Toitspan-hospitaal het ʼn brief vir die dorpsraad geskryf waarin hulle sê
hulle sal een of twee keer ʼn week ʼn verpleegster Vatmaar toe kan stuur, op een
voorwaarde: Die dorpsraad moet betaal vir die transport, of dit nou ʼn kapkar of ʼn
mouterkar is. Net vir ʼn bicycle of ʼn gewone perdekar hoef hulle nie te betaal nie.
Die dorpsraad het die hospitaal-superintendent bedank en die voorwaarde 5
aanvaar.
Dit was weer ʼn plesierige Mister Burns wat vir Kenny kom sê het: Here is the letter
from the town council. The clinic will be opened, not this Saturday but the next. Get
ready for the celebration, for there is a time to mourn and a time to be merry.
Kenny vra toe die domanie om op die agenda van die diens te sit dat die kliniek die 10
volgende Saterdag deur die burgermeester van die Pan en sy raadslede oop
verklaar sal word, en dat hulle baie bly sal wees as die hele Vatmaar na die
feesvieringe kan kom.
Kenny het vir Sus Bet geld gegee en haar gevra om die beste khadie te maak wat
sy nog ooit gemaak het. Sy het gesê: Op een voorwaarde, dat Vatmaar se mense 15
nie van die khadie drink nie. Laat dit net vir die mense van die Pan wees.
Fair enough, sê Kenny.
Ek verwag dat jy dit so sal hou, het Sus Bet gesê.
Die gemmerbier sou deur Nurse-sister Gous gemaak word, en sy moes ook sorg
vir genoeg vier-gelling-paraffienblikke vir die bier. 20
11.1 Die Kliniek.
11.1.1 Waarom was die oprigting van die kliniek so belangrik vir Kenny? (2)
11.1.2 Watter raadslid het ʼn groot rol gespeel om die kliniek tot stand te
bring? (1)
11.2 Die oprigting van die kliniek was vir Kenny ʼn “time to be merry” (reël 9).
Gee nog TWEE redes waarom dit vir Kenny ʼn “time to be merry” kan wees. (2)
11.3 Waarom het Kenny juis vir Sus Bet gevra om die khadie te maak? (1)
11.4 Hoe sluit Sus Bet se woorde en/of handeling op die delwerye by die titel van
die roman aan? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V2 21
11.5 Noem karaktereienskappe van Sus Bet wat jy uit die roman kan aflei en
gee ʼn voorbeeld van elke karaktereienskap uit die roman. (4)
11.6 Herlees reël 16 tot 18.
Hoekom, dink jy, stel Sus Bet hierdie voorwaarde? (2)
TEKS F
God, my God, het hy nou op sy bicycle gesit en dink. Ek dank U dat U weer die
liefde in my hart herstel het. Laat my tog hierdie meisie aanvaar soos sy is, dat ek
haar nie sal probeer verander nie. Want sy is onskuldig en rein in denke en dade.
Laat my tog nooit die oorsaak wees van enigiets wat haar sal seermaak nie. Sy is
myne en ek behoort aan haar. En gee dat ons U in ons saamwees sal eer, my God. 5
Voor sononder daardie middag het hy gesê: Suzan, ons moet die lamp by die kliniek
gaan regmaak. Ek sal vir Heinrich dra, dan bring jy vir my die sak met die
lampsakkies en die Instructions.
Hulle is eers na Nurse-sister Gous. Ja, sê sy, ek het al gewonder wanneer julle twee
kom want die mense sê daar moet ʼn sakkie in die lamp kom en jy het nie vir my so 10
iets gegee nie.
Kenny tik met sy hand op sy sak. Hier is hulle, Suster.
Toe hulle naby die kliniek kom, kyk die vroedvrou skierlik rond en sê: Ek ruik rook, ʼn
groot veldvuur wat die Augustus-wind dié kant toe waai.
Nooit het dit in haar kop opgekom dat dit die eerste gebou in die geskiedenis van 15
Vatmaar is wat besig is om in vlamme op te gaan nie.
By die kliniek vra Kenny: Hoe gaan dit hier, Suster?
Doodgoed, sê sy. Party mense kom sit sommer net hier op die bankies en vergeet
van die wêreld.
11.7 Watter morele kwessie het konflik vir Vatmaar se gemeenskap na Tant
Wonnie se begrafnis veroorsaak? (1)
11.8 Hoe het die milieu ʼn invloed op Kenneth en Suzan se hantering van hierdie
konflik gehad? (1)
11.9 Watter handeling van Suzan versterk die tema van liefde? (1)
11.10 Na watter kliniek word hier verwys? Dra die oprigting van die kliniek by tot
Kenneth se berusting? Gee TWEE redes om jou antwoord te motiveer. (3)
11.11 Waarom is reëls 4 tot 5 (TEKS F) ironies ten opsigte van Kenneth en
Kaaitjie? (1)
11.12 Waarom ervaar Suzan konflik oor die gebou (reëls 15 tot 16) wat
afgebrand het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
22 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
11.13 Kenneth se ouers was vantevore nie tevrede met sy keuse vir ʼn
lewensmaat nie.
11.13.1 Waaroor was hulle ontevrede? (1)
11.13.2 Waarom kan Kenneth vir Suzan nou met ʼn geruste hart na
sy ouers neem om te ontmoet? (1)
11.13.3 Waarom is dit gepas dat Kenneth Suzan my als noem? (1)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V2 23
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag)
VRAAG 12: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG
In Die kwart-voor-sewe-lelie is die Engel een van die karakters in Iris se lewe.
Bespreek die rol wat die Engel in Iris se lewe speel in ʼn opstel van 400 tot 450
woorde. [25]
VRAAG 13: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS G
Peter het verkies om te swyg.
“Jy hoor wel van my,” het Joe gesê, aan sy voorkop geraak en vertrek. Ek was
eintlik spyt, want sonder sy weerligafleidende effek was ek uitgelewer aan hierdie
vreemdeling met wie ek veronderstel was om ʼn kamer te deel.
“Hoe gaan dit met jou studie?” het ek beleef gevra. 5
“Goed.”
“Is jy amper klaar?”
“In Mei.”
“O. En dan?”
10
“Dan gaan ek huis toe.”
Ek het sy leë koppie gevat en dit in die badkamer uitgespoel. “Die mense hou nie
eintlik van ons nie,” het ek gesê toe ek terugkom. “Van Suid-Afrikaners.”
“Nee,” het hy saamgestem. “Nie eintlik nie.”
“Hy’s moeg,” het die Engel skielik agter my gesê.
Ek het soos gewoonlik omgedraai al het ek geweet daar gaan niks te siene wees 15
nie.
“Wat is dit nou?” het Peter gevra en oor sy gesig gevryf.
“Niks nie. Ek dag ek hoor ... Jy’s seker moeg?”
“Nogal. Ek het heelnag op die lughawe gesit omdat hulle gesê het daar’s ʼn kans
dat die vliegtuig gisteraand al sou vertrek.” 20
“Dan wil jy seker nou slaap?”
Hy het op die rand van die bed gaan sit. “Tensy jy iets anders beplan het.”
“Ek wou gaan eet het. Daar’s ʼn plek net ʼn paar tree van hier.” ...
“Maak my wakker wanneer jy terugkom,” het hy gesê en lankuit oor die bed geval.
Sy kaal rug het my week gemaak en ek het skielik onthou waarom ek altyd antwoord 25
op sy roepstem. “En moet om hemelsnaam nie met vreemde mense praat nie.”
13.1 In watter ruimte bevind Iris haar in TEKS G? (1)
13.2 Watter karaktereienskap van Peter kan ons aflei uit die gebeure wat
TEKS G onmiddellik voorafgaan? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
24 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
13.3 Watter bydrae lewer Joe tot Iris se lewensfilosofie? Wat is Peter se reaksie op
dié bydrae? (2)
13.4 Noem TWEE afleidings wat jy oor die verhouding tussen Peter en Iris na
aanleiding van hulle gesprek in reëls 5 tot 10 kan maak. (2)
13.5 Iris en haar gesin behandel alle rasse gelyk.
Motiveer dié stelling met DRIE voorbeelde uit die roman. (3)
13.6 Verwys na reël 15.
13.6.1 Watter rol van die Engel kom hier na vore? (1)
13.6.2 Noem nog TWEE rolle wat die Engel in Iris se lewe vervul. (2)
13.6.3 Dink jy die Engel se optrede in reël 15 sluit by die motto van die
roman aan? Motiveer jou antwoord. (1)
13.7 Gehoorsaam Iris Peter se versoek in reël 26 nadat die gesprek plaasgevind
het. Motiveer jou antwoord. (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V2 25
TEKS H
“Nee,” het ek gesê.
Dié keer was dit ʼn regte hospitaal. Geen katte nie en al vier beddens in die saal
beset.
Links van my was ʼn gebreekte heup, oorkant my ʼn gebreekte sleutelbeen en ʼn
rugwerwelprobleem. Vir die Engel was daar geen lêplek nie. Hy was ook nie op 5
die vliegtuig nie en ek het gewonder of hy agtergebly het om sy wakende oog oor
Peter of Bettie te hou.
Frederik het my hand vasgehou en ek het hom maar laat begaan.
Ek was skaars weer op die been en aan dokter Anders se sy, toe Elsa haar
dramatiese aankondiging maak: Sy het besluit enigste kinders is nie die ideaal 10
wat sy ons altyd voorgehou het nie, groot gesinne is meer dinamies en verrykend.
(Dit was kort ná die geboorte van Michel, Kara en Claude se eersteling, ʼn blonde
kind met pikswart ogies en ʼn olyfkleurige vel soos sy mooi pa.) Haar dokter het sy
kop geskud en gesê sterilisasie is onomkeerbaar, maar hulle kon tog diverse
dinge probeer en kyk wat gebeur. ʼn Drieling was die gevolg. Selfs Johanna het 15
nie geweet wat om te sê nie en Pa het in aller yl van sy plaas teruggekeer om sy
prokureur te gaan spreek en sy testament te hersien. Al drie was seuns en sou
aan ʼn stukkie grond gehelp moes word.
“Die dokter is te slim,” het Ma gesê. “Wie sou dit kon raai?”
“Slim?” het Johanna gesê. Sy en Ma het gebrei dat die rook uit hul penne slaan, 20
...
13.8 Waarom is Iris nóú in die hospitaal? (1)
13.9 Dr. Anders se van is sprekend van Iris se anderste verhouding met mans.
Gee DRIE redes waarom haar verhoudings met Peter én Frederik anders
is. (3)
13.10 Verwys na reëls 5 tot 6.
Hoekom sou die Engel moontlik ʼn wakende oog oor Bettie moet hou?
Dink jy Peter sou daarvan hou dat die Engel ʼn wakende oog oor hóm
hou? Motiveer jou antwoord. (2)
13.11 Verwys na reëls 8 tot 15.
Watter ironiese wending ondergaan Elsa en Kara onderskeidelik in die (2)
roman?
13.12 In reël 15 tree Johanna teenstrydig met haar karakter op.
13.12.1 Waarin is dié teenstrydigheid geleë? (1)
13.12.2 Noem TWEE maniere hoe Johanna as karakter vir Iris ten
opsigte van haar lewensfilosofie ondersteun. (2)
[25]
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
26 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer
het.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).
VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
Antie Grootmeisie en Blanchie het ʼn invloed op Map Jacobs, terwyl Blanchie en Maud
Cavernelis beïnvloed.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS I
Lig vóór en op die trap van die woonstelblok waar die Cavernelisse
woon. Dis ʼn Sondag, nog taamlik lank voor Kerstyd, maar die
Kersorkes van die buurt is alreeds aan’t oefen met die oog op “die
end van die jaar”. Daar is Danny Delcarme, Boytjie Louw, Oompie
Paulsen, Kaffi’tjie Arries, Freddy la Vita en Bêrend Oliphant. 5
Die straat is vol mense, onder andere Cyril en Richie wat, met die
bord oor ʼn groot konka opgestel, kerrim speel; en Tommy Sobotker,
die “man moet die trinkets” – Tommy smous jare al met klein
goetertjies (ringetjies en “bangles” en wat dies meer), en doen veral
goeie sake met die kinders van die buurt. Sy ware karwei hy meestal 10
in ʼn vlak handkarretjie, netjies met vakkies toegerus.
Die musiek van die orkes klink op. Nuuskieriges van oral af. Die
saxofoon klim bo die ander instrumente uit. Die straat bly besig.
Dan het die orkes sy eerste lied klaar, en stem vir die volgende.
Stemme uit die skare word gehoor. 15
EEN: Hê, watte’ band is dit dié?
TWEE: (wil antwoord, maar weet ook nie en vra eers ʼn ander) Hoe call hulle
nou weer vir hulle?
DRIE: (wat weet) ‘Is die Star of the Redemption, man!
TWEE: O! (Dan aan EEN.) ‘Is die Star of the Redemption! Hulle practise al vir 20
Krismis! Dan loep hulle mos!
EEN: Star of the wát?!
DRIE: Redemption, man!
‘N ANDER: Star of the Redemption ...
EEN: O! Maar hulle practise darem vroeg al vi’jaar! 25
DRIE: Well, Oompie Paulsen wil hê al die koppe moet hulle kant toe kom
vi’jaar ...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V2 27
STEM: Seker so ...
Die orkes speel. Die mense praat.
Die lig verander. Blanchie verskyn, mooi aangetrek, op pad uit. 30
Ons sien vir Maud by ʼn venster bo, van waar sy na onder loer.
15.1 Wat noem ons die teksgedeelte vanaf reëls 1 tot 15 en verduidelik waarom
die insluiting daarvan noodsaaklik vir die leser is. (2)
15.2 Wat is die sosio-politieke konteks waarteen die drama afspeel en die
gevolge daarvan vir die karakters? (3)
15.3 Herlees reëls 6 tot 7.
Verduidelik hoe die speletjie wat Cyril en Richie speel werk en hoe dit
simbolies aansluit by die sosio-politieke konteks waarin die karakters
hulself bevind. (2)
15.4 Watter verband is daar met die naam van die orkes in TEKS I en die titel
van die drama en verduidelik ook die ironie wat in die orkes se naam
opgesluit lê as ons die inhoud van die drama in gedagte hou. (2)
15.5 Die taalgebruik in die drama is karakteriserend. Noem DRIE eienskappe
van die taalgebruik wat dit as ‘Kaaps’ tipeer. (3)
15.6 Verklaar wat met die woorde in reëls 26 tot 27 bedoel word. (1)
15.7 Herlees reël 30 en 31.
Is die veranderende lig in die drama geslaagd of nie geslaagd nie?
Motiveer jou antwoord. (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
28 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
TEKS J
Die orkeslede stem in, behalwe Boytjie natuurlik.
MIRIAM: (besig met Boytjie) Hoe lyk ‘it, mister Louw, gaat julle wen vi’jaar?
BOYTJIE: Met ʼn meisie soos jy wat onse klere help maak, hoe kan ons
annerste?
Hulle lag. 5
BOYTJIE: (laf) Eina, Miriam, man, jy kielie ʼn mens!
MIRIAM: (giggel) Ag, moenie spót nie, mister Louw...
OOMPIE Hê, Miriam, moenie lat hy beginne vlerksleep nie gehoor, Boytjie
PAULSEN: Louw is ʼn vinnige man, en voor jy wiet ...
Almal lag 10
BOYTJIE: Aag, Oompie Paulsen, Oompie Paulsen práát sommer maar...
Miriam giggel, en werk maar aan. Die orkes bly aan die stem.
MIRIAM: (terwyl sy bly werk) En mister Jacobs, waar is hy? Boeta het gesê ek
moet seker maak of ek mister Jacobs se measurements ook moet
niem... Mister Johnnie Jacobs ...Ek het hom nog nooit selwers ge- 15
meet nie... Boeta het gesê hy het al previously in die band gespeel...
ʼn Stilte en erns kom oor die groep wat so pas nog gelag het. Al die
instrumente stil, behalwe ʼn enkele banjo wat halfhartig ingestem
word. Niemand antwoord Miriam nie, en sy kyk vraend op. Oompie
Paulsen gee die teken en die orkes begin hard speel. Lig doof uit. 20
15.8 Identifiseer die karakteriseringstegniek wat gebruik word om aan die leser
insig oor Boytjie Louw se karakter te gee. Bewys jou antwoord met ʼn
aanhaling uit die teks. (2)
15.9 Verskeie karakters in die drama probeer van die realiteit van hul
omstandighede ontvlug – net so is die geval met die orkes en hul musiek.
Bewys hierdie stelling deur na TWEE ander karakters en hul manier van
ontvlugting te verwys. (4)
15.10 Haal ʼn sin uit uittreksel J aan waarin dramatiese ironie voorkom.
Verduidelik waarom jou aanhaling korrek is. Waarom wou hulle nie vir
Map sy plek in die Kersorkes teruggee nie? (3)
15.11 Verduidelik Oompie Paulsen se optrede in reël 19 en 20. (1)
15.12 Watter ooreenkoms is daar in die atmosfeer van TEKS I en TEKS J
reëls 1 tot 15? (1)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V2 29
MIS – Reza de Wet
Beantwoord ÓF VRAAG 15 (opstelvraag) ÓF VRAAG 16 (kontekstuele vraag)
VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG
Miem verhoed Meisie om as karakter te groei terwyl Konstabel tot Meisie
se karakterontwikkeling bydra.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 17: MIS ‒ KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die onderstaande uittreksels en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS K
MIEM: Ek het ʼn gevoel... hoe sou ek nou sê... (klop met haar vuis teen
haar bors) ʼn gevoel hier diep, diep binne-in my. (Onheilspellend)
Vannag sak die donker magte oor ons dorpie neer!
GERTIE: Wat ʼn aaklikgheid! As daar iets gebeur, moet die kerkklok lui.
MIEM: Is dit waar? 5
GERTIE: Ja, die wyksusters het vanmiddag vir almal laat weet. En dan
moet ons ons kerk toe haas om daar bymekaar te kom.
Daar is ʼn harde klop aan die deur.
MIEM: (fluister waarskuwend) Bly doodstil.
MEISIE kom nader en staan bang agter haar ma se stoel. Daar 10
is weer ʼn klop.
MIEM: Wie is dit?
KONSTABEL: Konstabel Van der Riet, Mevrou.
MIEM: Konstabel Van der Riet. Ek ken nie so ʼn konstabel nie.
KONSTABEL: Ek weet, Mevrou. Ek kom van elders. Deel van die ontplooide 15
waakeenheid. En ek is hierheen gestuur. Julle bly so
afgesonderd. Dit kan gevaarlik wees.
MIEM, MEISIE en GERTIE kyk na mekaar.
MIEM: Verskoon my tog, Konstabel, maar vannag moet ʼn mens
versigtig wees. (loer deur die sleutelgat) Dis waar! Hy is ʼn 20
konstabel. Dis hoekom wagter nie geblaf het nie!
GERTIE loer ook deur die sleutelgat.
GERTIE: (bewonderend) Selfs in die donker kan ek sien hy het ʼn goeie
houding. Regop rug. Skouers terug. So ʼn man kan ʼn mens
vertrou. 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
30 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
MIEM: Net ʼn oomblik, Konstabel. Ek sukkel net bietjie met die slot. (Sluit die
deur oop.) So ja. (Maak die deur oop.) Kom gerus binne.
Die KONSTABEL kom binne. Hy dra ʼn donker ronde brilletjie en ʼn
helm. In die een hand hou hy ʼn wit kierie vas en in die ander ʼn groot
leersak of ‘Gladstone bag’. Daar heers ʼn doodse stilte terwyl MIEM, 30
MEISIE en GERTIE hom sprakeloos aankryk. Deur die oop deur kan
die sirkusmusiek gehoor word.
17.1 Is Miem se woorde in die eerste spreekbeurt ʼn voorbode of
bygelowigheid? Motiveer jou antwoord. (2)
17.2 Watter verhouding het Gertie met Meisie en Miem onderskeidelik en
waarom bevind sy haarself in hulle huis? (3)
17.3 Herlees reël 4.
Wat verwag die vroue kan moontlik op hierdie aand gebeur en waarom
het Gertie dan eintlik geen rede om te vrees nie, maar Miem wel? (3)
17.4 Herlees reël 8.
Evalueer of die vroue se reaksie op dié handeling geloofwaardig is al
dan nie. Motiveer jou antwoord. (1)
17.5 Verduidelik waarom die onderstreepte stelling in reël 21 ironies is. (1)
17.6 Herlees reëls 28 tot 30.
Noem twee rekwisiete wat tot die vroue se sprakeloosheid bydra en
verduidelik die simboliek van elk van hierdie items. (3)
17.7 Evalueer die geslaagdheid van die sirkusmusiek wat hoorbaar is
wanneer Konstabel die huis betree. Motiveer jou antwoord met TWEE
redes. (2)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V2 31
TEKS L
Hy trek sy baadjie stadig uit. Sy bolyf is kaal. Met vinnige
flambojante bewegings wat herinner aan dié van ʼn towenaar wat
ʼn indrukwekkende toertjie uitvoer, draai hy die binnekant van die
baadjie buite toe – die twee kante verskil heeltemal. Dit is die
baadjie van ʼn hofnar of pierot en is gemaak van blink sy. Die 5
swart en silwer sy vorm diamantpatrone en daar is ʼn sagte,
swart val om die nek. Die KONSTABEL trek die baadjie stadig
en met groot behae aan. Dit het geen knope nie en hang los
oop. Hy luister na die musiek en glimlag effens. Dan beweeg hy
sy kop van kant tot kant. Byna droomverlore voer hy, sonder om 10
weg te beweeg, ʼn paar danspassies uit wat herinner aan dié van
ʼn marionet. Hy verstar wanneer hy iets hoor. Dan beweeg hy
vinnig na die agterdeur en maak dit toe. Soos voorheen staan hy
met sy rug na die gehoor en leun teen die kosyn. MEISIE
verskyn in die gangdeur. Sy is kaalvoet en in haar wit 15
aannemingsrok. MEISIE kyk nie na die KONSTABEL nie.
MEISIE: (koponderstebo en skaam) Ek het gehoor hulle het gaan slaap.
Toe kom ek maar. Jy het gesê my aannemingsrok.
17.8 Wat noem ons die teksgedeelte in reëls 1 tot 16 en verduidelik die
dramatiese ironie wat steeds deur hierdie oomblik voortgesit word. (2)
17.9 In die drama is om blind te wees en te sien deurlopende motiewe.
Identifiseer TWEE karakters en verduidelik hoe hierdie motiewe op hul
van toepassing is. (4)
17.10 Herlees reël 18.
Wanneer sou Konstabel die geleentheid gehad het om vir Meisie dié
instruksie te gee. (1)
17.11 Miem se intense beskerming van Meisie het Meisie uiteindelik gefaal.
Bewys hierdie stelling. (1)
17.12 Identifiseer in watter fase van die drama TEKS K en TEKS L
onderskeidelik afspeel. (2)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper