You're offline
Skip to content
Question paper

Afrikaans HL P3 Nov 2024

Subject: Afrikaans HlGrade 1220246 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NOVEMBER 2024 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/November 2024 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Transaksionele Tekste (2 x 25) (50) 2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B. 3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. deur 'n breinkaart/diagram/vloeidiagram/ kernwoorde te gebruik), taalversorg en proeflees. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en daarna netjies deurgehaal word. 7. Jy moet jou tyd soos volg bestee: AFDELING A: ongeveer 100 minute AFDELING B: ongeveer 80 (2 x 40) minute 8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 Kies EEN van die volgende onderwerpe/prente en skryf 'n opstel van 400 tot 450 woorde. Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer.Nov 1.1 ... en toe neem ek dié besluit! [50] 1.2 Is dít sosiale selfdood? [50] 1.3 Ek vlieg met my eie vlerke. [50] 1.4 Ek hoor die roepstem ... [50] 1.5 "Ek wonder wat van jou geword het Jy wat nog so by my spook Ek weet net ons het die vuur gemaak Die wêreld aan die brand gestook" [Tussen Treine, Richard van der Westhuizen, 2015] [50] Bestudeer die prente hieronder en skryf 'n OPSTEL oor EEN. Skryf die vraagnommer (1.6, 1.7 OF 1.8) en jou eie titel neer. 1.6 [Bron: https//wordz.com/easy-on-nature] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.7 [Bron: https//stessens be/sleutel-op-die-deur] [50] 1.8 [Bron: https//punchng.com] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180 tot 200 woorde oor elkeen. Skryf die nommer en die titel/opskrif wat jy gekies het, neer. 2.1 INFORMELE E-POS 'n Vriend/Vriendin van jou, wat ook in matriek is, wonder of hy/sy volgende jaar moet gaan studeer, werk of 'n oorbruggingsjaar neem. Gebruik die formaat hieronder en skryf 'n E-POS aan jou vriend/vriendin waarin jy jou mening hieroor lug. Van Aan Datum Onderwerp [25] 2.2 FORMELE BRIEF: BRIEF AAN DIE PERS Daar het onlangs verskeie berigte oor die moeilike lewensomstandighede waarin verskeie Suid-Afrikaners moet oorleef, verskyn. Skryf 'n BRIEF AAN DIE PERS waarin jy redes aanvoer waarom Suid-Afrikaners ten spyte van dié negatiewe berigte steeds bly hoop. [25] 2.3 TYDSKRIFARTIKEL Dit is 'n realiteit dat hoërskoolleerders dikwels negatief beïnvloed word wanneer hulle in verkeerde vriendekringe beland. Skryf 'n TYDSKRIFARTIKEL hieroor met die opskrif hieronder: HOE HANTEER EK VERKEERDE VRIENDE? [25] 2.4 DIALOOG Dit is donker en jy en 'n vriend/vriendin is in groot moeilikheid. Jou vriend/ vriendin vra skielik: "Wie se slim plan was dit dié?" Skryf die DIALOOG wat hierop volg. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 2.5 HULDEBLYK "Goeie vriende is soos sterre. Jy sien hulle nie die heeltyd nie, maar jy weet hulle is altyd daar." [Bron: www.etsy.com] Jy word gevra om 'n huldeblyk vir 'n baie goeie vriend/vriendin by sy/haar agtiende verjaarsdagpartytjie te lewer. Skryf die HULDEBLYK vir die vriend/vriendin en begin jou huldeblyk met die aanhaling hierbo. [25] 2.6 INFORMELE TOESPRAAK Die aand voor 'n groot sportgeleentheid teen die buurskool word jy, as sportleier van jou skool, gevra om die deelnemende spanne toe te spreek. Jou INFORMELE TOESPRAAK het die volgende opskrif: KLEIN OOMBLIKKE IN GROOT WEDSTRYDE IS DIE VERSKIL TUSSEN WEN EN VERLOOR Skryf die TOESPRAAK. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Hl

Explore more published documents in this catalogue.

View all