Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 12202430 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the November 2024 NSC, 30 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

November NSC 2024

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NOVEMBER 2024 PUNTE: 80 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 30 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/November 2024 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord. 2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy bestudeer het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord. 3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Gedigte (30) AFDELING B: Roman (25) AFDELING C: Drama (25) 4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en EEN in AFDELING C. AFDELING A: GEDIGTE Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae. Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag. AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. 5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)  Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.  Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys op bladsy 5 om jou te help. 6. LENGTE VAN ANTWOORDE  Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.  Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.  Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en relevant. 7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 9. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. Nov 10. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: ongeveer 40 minute AFDELING B: ongeveer 55 minute AFDELING C: ongeveer 55 minute 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/November 2024 NSS Vertroulik INHOUDSOPGAWE AFDELING A: GEDIGTE Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY 1. "Vroue van Vermeer" Opstelvraag 10 6 2. "Die bokser" Kontekstuele vraag 10 7 3. "Tsunami" Kontekstuele vraag 10 9 4. "Suiwer wiskunde" Kontekstuele vraag 10 11 EN Ongesiene gedig: Verpligtend 5. "november" Kontekstuele vraag 10 12 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag.* 6. Onderwêreld Opstelvraag 25 13 7. Onderwêreld Kontekstuele vraag 25 13 8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 16 9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 16 10. Vatmaar Opstelvraag 25 19 11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 19 12. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 22 13. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 22 AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag.* 14. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 25 15. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 25 16. Mis Opstelvraag 25 28 17. Mis Kontekstuele vraag 25 28 *LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/November 2024 NSS Vertroulik KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beantwoord het. GETAL VRAE MERK AFDELING VRAAGNOMMER BEANTWOORD () A: Gedigte 1–4 2 (Voorgeskrewe gedigte) A: Gedigte 5 1 (Ongesiene gedig) B: Roman 6–13 1 (Opstel of kontekstueel) C: Drama 14–17 1 (Opstel of kontekstueel) LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING A: GEDIGTE VOORGESKREWE GEDIGTE Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAG 1: OPSTELVRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Vroue van Vermeer – TT Cloete 1 Dit is meestal 'n mooi jong vrou. 2 Meestal is sy alleen binnenshuis, 3 dalk met 'n wit veraf brief wat sy vashou, 4 naby, in 'n gloeiende klein hand 5 voor 'n kleiner of groter oop 6 venster. Daar kom 'n ligte geruis 7 van 'n wêreld aan uit 'n land- 8 of groter wêreldkaart 9 wat teen die muurvlak oorkant 10 hang, daar waar seestrome en wind loop 11 met haar land se ganse skeepvaart. 12 Sy staan, sy sit, sy buk oor kant, 13 sy droom of sluimer 14 in lig wat in vlokkies of korrels brand 15 of dof kaats in die ruimer 16 ruimte van 'n skildery of spieël of in 'n wynhouer 17 ivoor maak, of sy speel klavesimbaal 18 of sy loer oor haar skouer 19 en dra 'n sonnende pêrel teen haar nek 20 se skadu. En altyd is daar lig wat áfstraal 21 ín in die liefs klein afgemete vertrek, 22 oorvloedig, uit die oop grote 23 universum en wat die klein aardse geslote 24 stilte in die onmeetlike laat asemhaal. [Bron: Driepas, Tafelberg, 1989] Retoriese middele, woordgebruik en teenstellings word effektief in "Vroue van Vermeer" aangewend om vroue se ingeperktheid in die sewentiende eeu uit te beeld. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die bokser – Ernst van Heerden 1 Die grense van die klein kryt 2 is hellende onvastigheid, 3 waar wit bors fier teen wit bors staan 4 en skim teen skim die skynhou slaan; 5 die lyf word wieging – ritmies, sterk – 6 tot skerm en liemaak ingeperk; 7 vier donker oë blits fel en woes, 8 wyl twee gedaantes mik en koes; 9 maar elk groteske vuis se smak 10 laat lis en weerstand verder knak … 11 die liggaam is so rank gebou 12 en weerloos teen dié man se hou; 13 tog sal my mokerslag hom tref 14 waar hy hom vaag en grynsend hef, 15 sy beeld versplinter in die glas 16 waar netnou my gestalte was; 17 'n flikker-weerskyn word verskerf, 18 'n lyf stort soos 'n koring-gerf … 19 Wie is die man wat roerloos lê, 20 wie't 'n bekende naam gesê? 21 Waarom die skaar aan't roep en fluit, 22 en waarom flakker ligte uit …? [Bron: Verklaarde Nag, 1946] 2.1 Skryf 'n woord uit die eerste twee versreëls neer wat by die titel aansluit. (1) 2.2 Verwys na versreëls 3 tot 8. Skryf DRIE afsonderlike woorde neer wat bewys dat die twee boksers vol energie is. (3) 2.3 Op watter manier word die tema van die gedig beïnvloed deur enersyds die woord "maar" in versreël 9 en andersyds die woord "tog" in versreël 13? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 2.4 Evalueer die gebruik van die beletselteken in versreël 18: " 'n lyf stort soos 'n koring-gerf …". (1) 2.5 Dink jy die retoriese vrae in versreëls 19 tot 22 is effektief? Motiveer jou antwoord. (1) 2.6 Verduidelik hoe die rymende koeplette aangewend word om die letterlike en figuurlike betekenis van die gedig te ondersteun. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Tsunami – Kobus de Wet 11 Maart 2011 1 toe die aarde se kors in twee skeur 2 het eoniese kragte die oseaan gelig 3 en woedend maar dodelik sekuur 4 het die watermonster met volle mag 5 op weerlose wesens afgestuur … 6 vergeefs is vervaard geskarrel 7 om voor die sissende serpent 8 van verwoesting te ontkom 9 want duisendtalle het soos oggendmis 10 in hul geliefde nippon 11 onder die water en puin 12 verdwyn 13 weke lank het die monster se ingewande 14 nog van oordadigheid gerammel 15 toe traag maar tevrede 16 na die dieptes teruggetrek [Bron: Toetrede deur Kobus de Wet, 2017] 3.1 Oor watter "watermonster" (versreël 4) handel die gedig EN watter woord in strofe 1 word gebruik om dié monster te personifieer? (2) 3.2 Benoem die halfrym in versreël 5 EN motiveer die gebruik van die beletselteken aan die einde van hierdie versreël. (2) 3.3 Verwys na versreëls 6 tot 12. 3.3.1 Dink jy die gebruik van enjambement is geslaagd in hierdie versreëls? Motiveer jou antwoord. (1) 3.3.2 Verduidelik waarom die beeldspraak in versreëls 9 tot 12 effektief is. (1) 3.3.3 Wat is die funksie van die besondere skryfwyse van versreël 12? (1) 3.4 Is daar genoegsame bewyse in die gedig om die gebruik van "oordadigheid" (versreël 14) te regverdig? Motiveer jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 3.5 Kies die korrekte antwoord deur slegs die vraagnommer en die letter neer te skryf, bv. 3.5 E. Watter tegniese middel word in die laaste twee versreëls gebruik om aan te dui dat die see stelselmatig na normaliteit teruggekeer het? A Kruisrym B Vergelyking C Assonansie D Inversie (1) 3.6 Dink jy dit is moontlik dat die leser die slot van die gedig as waarskuwend kan interpreteer? Motiveer jou antwoord. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Suiwer wiskunde – NP van Wyk Louw 1 Die uurwerk kantel. En die ligbruin by 2 hang roerloos voor die blom wat nooit bevrug 3 word, nooit sal saadskiet, welk, en nooit verby 4 hierdie verstarde uur sal groei. Die lug 5 het stil soos ys gaan staan, so wit en blou. 6 Die brander wat wou oorbuig, val, en skuim, 7 bly in sy ligte sirkels vasgehou 8 en moet sy see 'n ewigheid versuim. [Bron: Nuwe Verse, uitgegee deur Tafelberg, 1954] 4.1 In "Suiwer wiskunde" word besin oor wat sal gebeur as tyd stilstaan. Haal TWEE opeenvolgende woorde uit versreël 1 aan wat hierdie interpretasie van die gedig regverdig EN skryf TWEE gevolge van tyd wat stilstaan, soos beskryf in versreëls 1 tot 4, neer. (3) 4.2 Wat is die funksie van die leestekengebruik in versreël 1? (1) 4.3 Verduidelik hoe voorplasing in versreël 2 EN die vergelyking in versreël 5 onderskeidelik bydra om die gedagte dat alles tot stilstand kom, uit te beeld. (2) 4.4 Kies die korrekte antwoord deur slegs die vraagnommer en die letter neer te skryf, bv. 4.4 E. Benoem die tegniek wat trefkrag aan versreël 8 verleen: A Tipografie B Enjambement C Kruisrym D Alliterasie (1) 4.5 Waarom sou die gebruik van enjambement in "Suiwer wiskunde" as ironies beskou kon word EN in watter opsig, dink jy, versterk die rymskema die boodskap van die gedig? (2) 4.6 In versreël 1 en 5 kom die enigste kleuraanduidings voor, naamlik "ligbruin" en "wit en blou". Wat, dink jy, is die funksie van die verdere afwesigheid van kleur? (1) [10] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/November 2024 NSS Vertroulik ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg. november – Bibi Slippers 1 november kom soos 'n gaap uit die oop kaak 2 van die jaar en in die warm lug moet 'n mens 3 wonder: wat het ek met my dae gemaak? 4 hoeveel tyd het op my uitgeloop terwyl my vinger 5 teen 'n skerm op geskuur het, hoeveel ure 6 het oorryp geraak in die af yskas van my siel? 7 wat het alles verander terwyl ek afgerol, gekyk en 8 niks gesien het nie? hoe is dit moontlik dat ek nie 9 méér het om te wys vir my geskarrel en gescroll 10 nie? ek was besig én nou is ek moeg en êrens 11 tussen dié twee punte lê my aandag aan skerwe. 12 ek trek 'n bikini aan en loop deur die glasstukke 13 van my lewe. please hesitate to contact me. 14 ek lê stom op 'n strandstoel en raak leer in die son 15 terwyl my voete bloei. [Bron: Soekenjin, Tafelberg, 2023] 5.1 Skryf die vergelyking wat in versreël 1 en 2 voorkom neer EN verduidelik wat met hierdie beeld bedoel word. (2) 5.2 Verwys na versreëls 3 tot 6. 5.2.1 Waarmee het die spreker hom/haar volgens hierdie versreëls gedurende die jaar besig gehou? (1) 5.2.2 Dink jy die spreker beskou hierdie aktiwiteit as sinvol? Motiveer jou antwoord deur onderskeidelik na die woordgebruik EN 'n retoriese middel in hierdie versreëls te verwys. (2) 5.3 Verwys na versreëls 12 tot 15. Waarom vorm hierdie versreëls 'n kontras met die voorafgaande? In watter opsig bly die spreker se lewe egter dieselfde? Skryf EEN woord uit hierdie versreëls neer wat aansluit by die spreker se voete wat bloei. (3) 5.4 Verwys na die hele gedig. 5.4.1 Verklaar waarom die talle enjambemente in die gedig effektief is. (1) 5.4.2 Noem EEN ander tegniek wat dieselfde effek as die enjambement het. (1) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING B: ROMAN Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het. ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag). VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG Greg veroorsaak self dat hy van 'n modelleerder na 'n polisieverdagte verander. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A "En jy?" vra Eckardt. "Moet jy ook die modelkind wees? Moet jy jou broer se plek vat noudat hy nie daar is nie?" Ek gee die woorde kans om in te sink. Ken Eckardt my dan só goed, ná net 'n paar maande? Vrek, ek dink nie eens Nicole het dit al eens besef nie, en ons ken mekaar al byna twee jaar. 5 "Jip," antwoord ek en voel hoe die lamheid my lyf deurtrek. "Maar dis nie omdat ék wil nie, dis omdat my pa wil. Toe John dood is, was dit asof ek kon sien hoe my pa se oë na my toe draai en sê: 'En nou's dit jou beurt, boetie!' "As ek kon kies, sou ek my van verander van Owen na … ag, sommer Van der Merwe. As ek kon kies, was ek nie nou hier nie. Ek sou tevrede wees met 'n gemiddelde skool 10 in 'n gemiddelde woonbuurt met gemiddelde skoolpunte. Ek sou gelukkig wees om vir enige span rugby te speel, nie noodwendig die eerste span nie." "Maar gemiddelde mense kom nêrens," sê Eckardt. "Jy klink soos my pa." 15 "Dis miskien iets wat hacking my geleer het. Om te dink soos ander mense dink. Maar ook om verder te dink; dis wat jou die voorsprong gee." Ek kyk op na die helder lug, skerm my oë teen die son. "Ons moet seker teruggaan." Ek fluit vir die perde om nader te kom. Die fluitgeluid slaan uit die verte terug na my toe. Vir 'n oomblik luister ek net daarna, toe roep ek, hard: "G-4ce!" Die berg roep my naam 20 terug. "G-4ce! G-4ce! G-4ce!" 7.1 Wat het met Greg se broer John gebeur dat "hy nie daar is nie" (reël 2)? Noem TWEE maniere waarop Greg se pa 'n rol gespeel het in wat met John gebeur het. (3) 7.2 Hoewel John nie meer "daar is" wanneer Greg vir Eckardt ontmoet nie, het hy tog 'n invloed op Greg se vriendskap met Eckardt. Motiveer hierdie stelling deur na TWEE verskillende aspekte in Greg en Eckardt se vriendskap te verwys. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 7.3 Verwys na reël 3 en 4: "Ken Eckardt my dan só goed, ná net 'n paar maande?" In die lig van inligting wat Greg later bekom, verduidelik waarom sy gewaarwording oor Eckardt in hierdie reëls ironies is. (1) 7.4 "Vrek, ek dink nie eens Nicole het dit al eens besef nie, en ons ken mekaar al byna twee jaar." (Reël 4 en 5) 7.4.1 Watter emosie oorheers op hierdie stadium van die roman Greg se gedagtes as hy aan sy verhouding met Nicole dink? Noem die belangrikste gebeurtenis wat tot hierdie emosie aanleiding gegee het. (2) 7.4.2 Dink jy die Nicole-karakter in die roman is funksioneel? Motiveer jou antwoord met TWEE feite uit die roman. (2) 7.5 Verwys na reëls 6 tot 13. 7.5.1 Waarom is dit oortuigend dat Greg in reël 6 voel asof 'n "lamheid my lyf deurtrek"? (1) 7.5.2 Watter houding openbaar Greg, onder invloed van Eckardt, ten opsigte van die verwagtinge wat sy pa van hom koester? Dink jy dat sy pa se verwagtinge tot innerlike konflik by Greg lei? Motiveer jou antwoord. (2) 7.6 "Ons moet seker teruggaan." (Reël 18) Watter afleiding kan 'n mens daaruit maak dat Greg hierdie gesprek skielik kortknip? (1) 7.7 Die naam G-4ce dui op beide die positiewe en negatiewe invloed wat hacking op Greg het. Motiveer hierdie stelling deur na die positiewe EN negatiewe invloed afsonderlik te verwys. (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/November 2024 NSS Vertroulik TEKS B Ek loop stadig terug gastehuis toe. Heeltemal ge-rattle. Daar is nou meer mense op straat. Hulle kyk my net aan, na my stukkende gesig, geskeurde klere. Bloed. Een vrou wil my help. "Los my!" skree ek en ruk my arm uit haar hande uit. My ma is alleen in die gastehuiskamer. Sy kyk op van 'n tydskrif, word bleek toe sy my sien. "Greg!" 5 "Waar is Pa?" vra ek. "Wat het gebeur?" "Pa. Waar is hy?" Harder. "Hy het gaan sigarette soek voor hy ry." "Ry?" 10 "Bergville toe. Doktor Pienaar …" Natuurlik. Skielik wonder ek of my pa al sy sakebelange laat staan het om my onthalwe en of hy gekom het om vir Dok te help? "Ek moet hom gaan soek," sê ek en draai terug deur toe. "Jy kan nie! Nie só nie. My kind, wat is dit met jou?" Paniek in my ma se oë. 15 Nou eers dink ek daaraan: hoe gaan Ma dit vat as sy uitvind wat ek gedoen het sonder dat ek dit weet? Al daardie damn goed wat Eckardt my láát doen het. "Iemand het my geslaan, Ma." "Wie?" "Eckardt." 20 "Eckardt? Maar hy is dan –" My ma stop skielik. Haar blik gly van my af na iemand agter my. Ek draai om. My pa. Ek staar net na hom, skrik dan, want vir die eerste keer besef ek ek het nog nooit behoorlik gekyk hoe hy lyk nie. 25 7.8 Waar is die gastehuis (reël 1) waarheen die "ek" loop? (1) 7.9 Verwys na reëls 12 tot 17. Watter emosie kan 'n mens uit Greg se "Natuurlik" aflei? Watter verwagting word geskep deur die feit dat Greg op hierdie stadium sy pa wil gaan soek EN waarom is dit verstaanbaar dat die paniek in sy ma se oë vir Greg kalmeer? (3) 7.10 Watter kodenaam kry Greg se pa in die verhaal? Lewer kommentaar op die gepastheid van hierdie naam in die lig van die pa se sakebelange. (2) 7.11 Verwys na reël 20. Die Eckardt-karakter is in die kuberkraakwêreld as Ekk-0 bekend. Waarom het hy juis die naam Ekk-0 as kuberkraaknaam gekies EN watter ooreenkoms, vind Greg uit, bestaan tussen dié twee name van hierdie karakter? (2) 7.12 Herlees reëls 6 tot 9 van TEKS A EN reël 24 en 25 van TEKS B. Hierdie twee gedeeltes dui op karaktergroei by Greg. Stem jy saam? Motiveer jou antwoord. (1) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/November 2024 NSS Vertroulik MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag). VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG Baas word gekarakteriseer deur die keuses wat hy maak. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS C Hy wig die vyfrandmunt wat Riekert vir ouma Essie gestuur het voor sy oupagrootjie se bors tussen die glas en die raam in. "Jy wen, Baas Dennis," sê hy. Onder die Land Rover word Baas weer naar. Sy balans is nog aangetas. In die hoofpad ratel 'n groot voertuig tussen die klipkoppe tot stilstand. Iemand kom van die kerk se kant af in die Manaka-pad langs gestap. Hy struikel oor 'n klip. Dit is die lang 5 man met die blou oorpak. Hy hurk by die Land Rover, sy hand op die agterwiel. "Howzit?" Whitey loer onder die bakkie in. "Aan die gang," sê Baas. Hy lê op sy sy. "Ek het gedink ek sal maar daar bo stilhou, hier is dalk nie draaiplek by jou kamp nie. Die mense in Ngweze het 'n boodskap gestuur. Hulle sê hulle kry nie die onderdele vir 10 jou boot nie." "Ek het dit nie meer nodig nie. Maar dankie." Baas rol onder die voertuig uit en gaan sit met opgetrekte bene langs die voorwiel. Grace bring koffie. Oor haar skouer hang die geel oliebaadjie waarin die patrone en die hondekos toegedraai was die nag toe hulle van die hospitaal af teruggekom het. Sy knak 15 haar knieë en hou die koffieplank na meneer Whitey toe uit. "Sit myne maar daar neer, dankie, Gracie." Hy vat die oliebaadjie. "Amper al daarvan vergeet," sê hy. "Dit het baie gehelp." Baas vat die ander beker koffie. "Ek skuld jou nog vir ons vervoer." 20 "Niemand betaal my vir saamry nie." 9.1 Verwys na reël 1 en 2. Verduidelik waarom Riekert vir ouma Essie die vyfrandmunt gestuur het EN waarom Baas nie die geldstuk vir haar gegee het nie. (2) 9.2 "Jy wen, Baas Dennis." (Reël 2) Wat is die verwantskap tussen Baas en Baas Dennis? (1) 9.3 Verwys na reël 3. Van watter belang is Baas se naarheid ten opsigte van die intrige van hierdie roman? Noem DRIE feite. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 9.4 Verwys na reëls 7 tot 12. Watter rolle speel die boot as terugkerende motief in die roman? Noem DRIE feite. (3) 9.5 Verwys na reëls 14 tot 16. In watter opsig is dit enersyds vir Baas 'n bron van irritasie en andersyds tot sy uiteindelike voordeel dat Grace hom versorg? Watter TWEE feite oor Grace se verlede veroorsaak dat Whitey haar as "Gracie" aanspreek? (4) 9.6 Verwys na reëls 19 tot 21. Watter realiteit in beide mans se lewens dra daartoe by dat hulle antwoorde in hierdie reëls as valse trots geïnterpreteer kan word? (1) 9.7 Met watter optrede van Baas toon die woorde van Whitey in reël 21 'n ooreenkoms? In watter opsig berei hierdie ooreenkoms Baas stelselmatig voor om sy siening te verander? (2) EN TEKS D Die kind het kom sê dat ouma Essie baie siek is. Tibelelo het hom gestuur. Baas trek sy skoene aan en laat Vleislus agter op die Land Rover spring. By Mubuyu vier die mense nog fees. Ouma Essie kry stuiptrekkings. Haar kop beur al verder agteroor. Haar oë is wyd oop. Sy kan nie praat nie. Meneer Jos en sy vrou en Grace is by haar. Hulle het meubels 5 uitgedra om plek te maak in die hut. Baas vat ouma Essie se kop in al twee sy hande. Haar neksenings ruk teen sy bors en haar lyf is koud teen syne. Hy bly so op sy knieë by haar staan tot sy weer stil word. Meneer Jos en sy vrou en Grace begin saggies huil. Ouma Essie maak haar oë toe. Baas lê haar kop op die kussing neer. Sy raak aan die slaap. Hy haal muluti Joseph se 10 lyfband af en sit dit onder haar verrimpelde hand op haar bors. "Dankie, ouma Essie," sê hy. "Ek het dit nie meer nodig nie." "Meneer Baas kan vir ons bid," sê meneer Jos. Die mense om die bed vat hande. Hulle bly lank so staan met hulle koppe gebuig. "Dankie, Here. Amen," sê Baas. 15 "Amen," sê meneer Jos. Hy staan uit die pad dat Baas verby die buffet kan skuur. "Miskien sal ons vir haar 'n plek kan gee waar al haar goed sal inpas," sê hy en vryf sy hande teen mekaar. "Die deure en die vensters vir die kerk en vir die huis het gekom," sê Baas. 9.8 Verwys na reël 3. 9.8.1 Watter gebeure het veroorsaak dat hierdie fees plaasvind EN waarom is hierdie fees vir die Sitali-familie 'n hoogtepunt? (2) 9.8.2 Dink jy dit is gepas dat hierdie gebeure juis in Mubuyu plaasvind? Motiveer jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 9.9 Verwys na reëls 10 tot 12. Waarom het ouma Essie muluti Joseph se gordel vir Baas gegee? Watter simboliese betekenis, dink jy, kan aan hierdie handeling geheg word? (2) 9.10 Verwys na reël 15. In watter opsig, dink jy, is Baas se kort maar kragtige gebed karakter- openbarend? Noem TWEE aspekte van sy lewe wat Baas moontlik in hierdie gebed kan impliseer. (3) 9.11 Verwys na reël 4 en 5 van TEKS C EN reël 19 van TEKS D. Wat is die verband tussen hierdie twee teksgedeeltes? (1) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VATMAAR – AHM Scholtz Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag). VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG Die keuses wat Tant Wonnie maak, wys dat sy 'n sterk karakter het. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E Oupa Lewies het klaar gelees en almal was vir 'n rukkie stil. Toe sê Oom Flip: Mag ek iets vra? Ja! sê Oom Chai. Ek het nie verstaan wat onse wit broer gelees het nie. Kan jy wat Chai is dit nie asseblief in onse taal verduidelik nie? 5 Oom Chai het die brief toe oorgesit in die taal van Vatmaar, Afrikaans. Nou verstaan ons, het almal soos een man gesê. Daar was 'n lang stilte. Toe sê 'n mooi ligtekopvrou: Dis beter so. Ons kan nie verwag om die kerksaal én sy staanplek verniet te kry nie. Ons is nie daaraan gewoond om dinge vir niks te kry nie. Ons het nog altyd gewerk vir wat ons wil hê. 10 Wonnie, sê Oom Chai, nou het jy gepraat. En aan die ander: Laat ons luister na hierdie moeder van Vatmaar. Kom staan hier by ons. Tant Wonnie het haar van haar twee dogtertjies losgemaak en by die twee mans gaan staan. Toe sê sy met 'n glimlag vir die mense: Ons gaan ons eie kerkerf koop. Sy het na die heel voorste erf gewys en gesê: Daar oorkant, daai erf met die klippe op wat niemand 15 wil hê nie. Sy bly eers weer stil en dink na. Toe sê sy: Na die vergadering sal 'n seun en 'n dogter 'n leë twaksakkie by Oupa Lewies kry. (Oupa Lewies het staan en pyprook.) Sy het die twee aangewys: Loop by elke huisgesin langs en hulle sal iets in die sakkie sit. 11.1 Waar het Oom Chai en Oupa Lewies se vriendskap ontstaan? Noem TWEE feite. (2) 11.2 Wat het Oupa Lewies voorgelees EN waarom het hý dit voorgelees en nie Oom Chai nie? (2) 11.3 Verwys na reël 1 en reël 8. Wat is die rede vir die stilte in reël 1 EN in reël 8 onderskeidelik? Wat word deur die lang stilte (reël 8) geïmpliseer EN watter invloed sou die oorsaak van dié lang stilte op die lewens van die mense van Vatmaar hê? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 11.4 Verwys na reëls 6 tot 8. In watter TWEE opsigte, dink jy, is hierdie gevolgtrekking van Tant Wonnie karakteriserend van haar lewensmotto? Waarom sou Tant Wonnie se woorde in reël 7 en 8 as ironies beskou kon word as die ontstaan van Vatmaar in gedagte gehou word? (3) 11.5 Wat is die name van tant Wonnie se twee dogters? (2) 11.6 Tant Wonnie kies 'n klipperige erf vir die kerk. Dink jy dit is 'n wyse keuse? Motiveer jou antwoord. (1) 11.7 Waarom het Tant Wonnie Oupa Lewies se twaksakkie gekies vir die geldinsameling? (1) EN TEKS F Kenny is weer die Saterdag met die groot mouterkar gebring. Hy het sy trommel en 'n bouplan uitgehaal. Na hy 'n koppie tee gedrink en homself in die waskom water gewas het, het hy die plan oopgerol en vir Tant Wonnie geroep. Wat ons in Vatmaar nodig het, sê hy, is 'n kliniek. Ek wil hê Ma-Ma moet die oudstes bymekaar kry en vir hulle vertel wat ek in gedagte het. 5 Nee, my Seun vir so 'n ding sal jy die hele Vatmaar bymekaar moet kry. Ons dink Vatmaar behoort aan almal van ons, waarmee ek nou nie wil sê ons respekteer nie onse oumense nie. Wat dink Ma-Ma is die beste manier om te begin? Laat my sien, het sy gesê en met haar vinger op haar slaap staan en dink. O ja, môre 10 is Sondag en die kerk is diesdae vol, noudat ons daai bruin onderwyser het wat die diens hou. Sy naam is Frans Kiewiet. Soos die naam jou vertel, is hy van Griekwa-afkoms, 'n reguit jong man wat graag help. Hy het al die kerkpapiere wat Boitjie Afrika vir hom gegee het toe hy deur Oom Chai se trommel gegaan het. Goed, Ma-Ma, het Kenny gesê, dan gaan ons kerk toe en ons vra hom sommer om 15 môre ons baba te doop. Nou het jy gepraat, my Seun. (Tant Wonnie het nooit vir Kenny op sy naam genoem nie, altyd: my Seun.) Sondagoggend, net voor die kerk-treinfluit, staan en wag Kenny en sy nuutgevonde familie die skoolmeester in net waar die paaitjie na die kerkgronde indraai – want so is 20 die erf genoem. 11.8 Verwys na reëls 1 tot 3 EN reël 9. Watter afleiding kan jy oor Kenny se grootwordjare maak? Dink jy dit is geregverdig dat Kenny vir Tant Wonnie in reël 9 as "Ma-Ma" aanspreek? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (3) 11.9 Waarom wil Kenny juis 'n kliniek op Vatmaar bou? Dink jy die gebou se naam is gepas? Motiveer jou antwoord. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 11.10 In watter opsig was Kenny se idee om Vatmaar se oudstes van die planne vir 'n kliniek te vertel enersyds die korrekte gedagte, maar tant Wonnie se plan om almal in Vatmaar te betrek, andersyds beter? (2) 11.11 Verwys na reëls 14 tot 16 van TEKS E EN reëls 6 tot 8 van TEKS F. Watter rol, dink jy, speel tant Wonnie by beide bouprojekte? Watter karaktertrek van tant Wonnie kom in haar raad aan Kenny in TEKS F na vore? In watter ander situasie in die roman kom dieselfde karaktertrek by Tant Wonnie na vore? (3) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/November 2024 NSS Vertroulik DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag). VRAAG 12: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG Die keuses wat Iris ná skool maak, dra tot haar ontwikkeling as 'n selfstandige vrou by. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 13: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS G "Vra eers vir Peter," het sy gesê. "Hy sê nooit iets nie." Ek wou hom juis nie vra nie, maar ons het ons almal na hom gewend. "As ek kan kry wat ek wil hê," het hy slim geantwoord. "Dit sal my tevrede stel." "En wat wil jy hê?" het Bettie gevra. " 'n Hele lys goed, maar almal binne die perke van moontlikheid. Ek hoop nie op 'n 5 Nobel-prys nie." "En gaan jy vir ons vertel wat op jou lys is?" het Bettie gevra. "Nee." "Die lewe het geen sin nie," het sy verklaar met die selftevredenheid van iemand wat dink hulle het pas iets oorspronkliks kwytgeraak. 10 "Dis oor jy te veel wyn drink," het Brian gesê. "Dis omdat my lewe begrens word deur skroefsleutels en sweisapparate." Sy het haar hand voor na agter deur haar hare getrek en onmiddellik gelyk soos 'n grys bosloerie. Ek het reggeskuif om te luister. Party van my vriendinne het soms sulke bewerings gemaak – oor die lewe, nie die skroefsleutels nie – en Ma het altyd gesê dis deel van die 15 grootwordproses. Johanna het gereken dis die bogpraatjies van snuiters wat nog nie eens die lewe beproef het nie, dan gee hulle al uitsluitsel daaroor. Bettie was die eerste volwassene wat ek so hoor praat het. (Kara het dit in haar nonperiode gesê, maar Elsa nooit nie. Vir Elsa was die lewe altyd 'n goed gemerkte, onlangse padkaart: Wie kan lees, kan dit volg.) 20 13.1 "As ek kan kry wat ek wil hê," het hy slim geantwoord. "Dit sal my tevrede stel." (Reël 3) Wat, het Iris geweet, sou Peter eintlik wou antwoord as hulle alleen was? (1) 13.2 Verwys na Bettie se woorde in reël 9. 13.2.1 Watter TWEE belangrike karaktereienskappe van Bettie kan uit hierdie woorde afgelei word? Dink jy dat Brian die hoofoorsaak is van Bettie se houding soos dit uit haar woorde blyk? Motiveer jou antwoord. (3) 13.2.2 Op watter manier speel hierdie woorde 'n rol in Iris se gedagtes later die aand EN hoe sou dít tot 'n antiklimaks aanleiding gee? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 13.3 Verwys na Johanna se stelling in reël 16 en 17. Wie is Johanna? Noem EEN rol wat sy in Iris se lewe vervul. Dink jy hierdie stelling is tipies van die Johanna-karakter? Motiveer jou antwoord met TWEE feite uit die roman. (4) 13.4 In reël 19 kom Kara se nonperiode ter sprake. Noem EEN rede waarom Iris jaloers was omdat Kara deur haar nonperiode gegaan het. Op watter wyse het Kara se lewe later gekontrasteer met dít wat van 'n non verwag word? (2) 13.5 In reëls 15 tot 20 word vyf vrouens genoem. Watter EEN van hierdie vrouens het volgens jou die grootste invloed op Iris se lewensfilosofie gehad? Motiveer jou antwoord. (1) EN TEKS H Hy het gesug en 'n seepbel tussen sy bakhande geblaas. "Jou familie stel darem hoë eise aan my." "Net omdat Pa jou gevra het om sy varkhokke te ontwerp? Wat van jou pa wat wou hê ek moet kom dolosse gooi om uit te vind waarom die een wyfie haar eiers uit die nes gooi?" 5 "Jou bonatuurlike gawes is geboekstaaf; ek is nie 'n huweliksraadgewer nie." Ek was geneig om saam te stem, maar Hannes en Peter is een Saterdag die veld in, kwansuis om droë hout op te tel vir Elsa se kaggel en wat tussen hulle gesê is – indien enigiets – het ek nooit gehoor nie. Nie een van die betrokke partye het ooit weer iets gesê nie. Of die harige student van die verhoog afgeskuif is, weet ons nie. Die toekoms 10 sal ons leer. "Miskien het sy student hom laat blom," het ek vir Peter gesê. "Miskien is dit waarna hy gesoek het." "Hannes is nie so behep met sy blomtyd soos jy nie," was al wat hy wou sê. "Het Hannes toe sy stuk laat staan?" het Johanna by my probeer uitvis. 15 Ek het net my skouers opgehaal. Nog twee karakters wat van die verhoog af verdwyn het, was Eduard en Greta. Af en toe, wanneer ek langs dokter Anders gestaan en instrumente aangee het, het ek nog met hulle lewe gespeel, maar die vlam was weg. Hulle het dieselfde romantiese ontknopings te dikwels ondergaan, hulle fut was uit. 20 13.6 In reël 1 en 2 voel Peter dat Iris se familie hoë eise aan hom stel. Wat is in hierdie geval die "hoë eise" wat Iris se familie aan hom stel? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 13.7 Verwys na reël 6. 13.7.1 Waarna verwys Peter as hy sê dat Iris se "bonatuurlike gawes" bewys is? (1) 13.7.2 Watter afleiding maak Peter se pa oor Iris na aanleiding van hierdie "bonatuurlike gawes"? Watter gevolg het die pa se siening op Iris se hantering van hom enersyds, en die pa se hantering van Iris andersyds? (3) 13.8 Verwys na reëls 17 tot 20. 13.8.1 Watter TWEE funksies het Iris se fantasieë in haar lewe vervul EN watter invloed het dit op haar keuse van werk gehad? (3) 13.8.2 Hoe het die Eduard-en-Greta-storie EN die Peter-en-Iris-verhouding mekaar wedersyds beïnvloed? Verwys in jou antwoord afsonderlik na elkeen se invloed op die ander. (2) 13.9 Herlees reël 19 en 20 van TEKS G EN reëls 7 tot 11 van TEKS H. Wat word omtrent die verhouding tussen Elsa en Hannes geïmpliseer as in reël 8 van "Elsa se kaggel" gepraat word? Dink jy dat die beeld wat in TEKS G gebruik word om Elsa te karakteriseer, steeds vir haar geldig is ten tye van die gebeure in TEKS H? Motiveer jou antwoord. (2) [25] TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING C: DRAMA Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag). VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG Bespreek, in 'n opstel van 400 tot 450 woorde, die verskillende rolle wat Map in die drama Krismis van Map Jacobs vervul. [25] VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS I MAUD: Hierdie klomp skorriemorrie, layabouts, loafers, Cyril en Richie, en wat hulle name ook al is, ek het vir hulle hier deur die venster dopgehou daar onder, hulle't weer vir Blanchie gemoveer vanoggend … Die skuim … Vir haar name geskree … Jy weet, Cavernelis-darling, I can't take it, I can't take it anymore … 5 CAVERNELIS: (skielik opstandig en bitter. Skielik ook lyk hy sterk. Maar hy praat sag) Die vuilgoed. Ons sake is nie hulle besigheid nie … Blanchie se sake, dit het niks met hulle te make nie! Dis hoekom ek vir jou sê ons moet úit hier … MAUD: Maar dis precisely omdat ons wil úit, lat hulle vir ons moveer … "O", 10 skree hulle vir Blanchie, "jy's al weer op pad …", en hulle lag hulle disgusting soorte gelag … CAVERNELIS: Maud! Stop dit! MAUD: But it's true … CAVERNELIS: Stop, sê ek! 15 MAUD: Cavernelis! CAVERNELIS: Die vullis! MAUD: Ek sê vir jou, we must get óút of here, óút, óút … CAVERNELIS: Maar dis mos hoekom … MAUD: Ja, hoekom jy jou vrek werk by die polony factory, week in en week uit, 20 en dan elke aand ook nog, en weekends ook nog canvass, canvass, canvass, met die soft goods … En dan spot hulle vir jou, lag hulle vir jou, wiet jy dit, oor die soft goods, petticoats en panties, lag hulle, ha-ha-ha-ha-ha … (Sy lag soos "hulle" lag.) Soft goods, petticoats en panties, ha-ha-ha … ha-ha-ha. Dáár gaan die man moet die suitcase 25 vol bra'tjies en bloomertjies! Sy lag en lag, histerie in haar stem. CAVERNELIS: Hulle kan gaan … kan gaan kak! MAUD: Moenie so praat nie, Cavernelis-darling! … Petticoats en panties! (Lag en lag.) 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 15.1 Watter geskiedkundige era is daarvoor verantwoordelik dat die Cavernelis- gesin hulle teen hulle sin in hierdie township bevind? (1) 15.2 Verwys na Maud se woorde in reëls 1 tot 5. 15.2.1 Wat is die funksie van die gebruik van die woord "weer" (reël 3) binne die konteks van hierdie gesprek? Dink jy Maud probeer Cavernelis met hierdie woord manipuleer? Motiveer jou antwoord. (2) 15.2.2 Watter afleiding kan oor Maud se houding gemaak word as sy na Cyril en Richie as "skuim" verwys in reël 4? (1) 15.3 "… Vir haar name geskree …" (Reël 4) Watter name het Cyril en Richie moontlik vir Blanchie geskree EN wat word deur die feit dat hulle vir haar name skree enersyds oor Blanchie en andersyds oor Cyril en Richie geïmpliseer? Dink jy hierdie optrede teenoor Blanchie is geregverdig? Motiveer jou antwoord. (4) 15.4 Verwys na die neweteks in reël 6. Van watter belang is die inskrywings in die neweteks vir die karakterisering van Cavernelis? Verwys na EEN van hierdie inskrywings in jou antwoord. (1) 15.5 Cavernelis verwys in reël 7 afsonderlik na "ons sake" EN "Blanchie se sake". Die leser sou kon aflei dat Cavernelis vir Blanchie uitsluit by die "ons sake" op grond van die feit dat hy afsonderlik na "Blanchie se sake" verwys. Wat behels Blanchie se sake en die "ons sake" afsonderlik? Ná watter gebeurtenis het Blanchie begin saamwerk aan Cavernelis en Maud se einddoel? (3) 15.6 Verwys na reëls 13 tot 19. Dink jy dit is geloofwaardig dat Cavernelis in reël 13 en reël 17 op een manier reageer en in reël 19 dan heeltemal anders? Motiveer jou antwoord deur na beide reaksies afsonderlik te verwys. (2) 15.7 Verwys na: " Moenie so praat nie, Cavernelis-darling! …" (Reël 29) Verduidelik die ironie in Maud se woorde. (1) EN TEKS J TOMMY: Kom nou, mense, Tommy Sobotker at your service! Don't be nervous! Tommy Sobotker 5 at your service! En dan sien hy vir Map wat in die deur van Antie Grootmeisie se "council-hys" staan. Hy raak stil, en kyk en kyk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 27 DBE/November 2024 NSS Vertroulik TOMMY: (fluisterend) Map … Jacobs. Maar dis mos … Map … Ek mien dis mos … Map Jacobs! 10 Stilte. TOMMY: 'Is mos … Map … van Antie Grootmeisie … Jacobs … Reg? (Hy sluk.) Maar … (Hy lyk verward.) MAP: (starend) Hello, Tommy! Nei, die twaalf jaar is nog nie verby nie … Ek is yt op parole … 15 TOMMY: … Jy's …ýt? … Regtig? Hel, ek het gedink miskien is 'ít nie waar nie! … MAP: Op parole … TOMMY: Ja … ek siet … Ek siet mos, siet ek? … (Stap nader aan Map, kyk.) MAP: Na sewe jaar … TOMMY: … Sewe … Hél … 20 MAP: Dis Tommy Sobotker, ja? TOMMY: 'Is Tommy Sobotker, ja … Map … Jacobs … die einste! Tommy Sobotker … (Praat dan vinniger, bewoë amper.) … het gehoor, lat jy miskien … ek mien Johnnie Jacobs, lat hy ytkom … maar … Hél, hierso stáán Map Jacobs … ek mien Johnnie … hierso staan hy voor my, en ek siet hom 25 moet my eie oë same … Map Jacobs … MAP: Dis ek, ja … TOMMY: (sit sy karretjie neer – dit val eintlik uit sy hande) So jy's … by die hys … (Oor na Map, en val Map om die hals.) Jy's by die hys! Map … Jacobs! Stilte. 30 TOMMY: Ek het … gedink, well, ek siet jou só lank nie weer nie … Ek het … daar gesit destyds in die koort, die hele tyd … en toe hulle jou, well, sentence, die dag … twaalf jare … ek het my asem opgehou … ek siet jou só lank nie weer nie, dink ek … en hierso … hierso staan … Map Jacobs van Antie Grootmeisie … Hél … 35 15.8 Verwys na reëls 1 tot 6. 15.8.1 Waarmee is Tommy Sobotker hier besig? (1) 15.8.2 Gee EEN karaktereienskap van Tommy Sobotker wat van Cyril en Richie verskil. (1) 15.9 Verwys na reël 7 en 8. Watter TWEE rolle speel Antie Grootmeisie in Map se lewe? (2) 15.10 Waarom was Map in die tronk? In watter opsig was dit vir Map enersyds voordelig en andersyds nadelig dat hy in die tronk was? (3) 15.11 Verwys na reëls 22 tot 26. Verklaar hoekom Tommy onseker is oor hoe hy vir Map moet aanspreek. Watter ander karakter in die drama verkies ook om hom eerder Johnnie te noem? (2) 15.12 Verwys na reël 25 en 26 van TEKS I EN reël 28 van TEKS J. Watter ooreenkoms bestaan tussen Cavernelis se "suitcase" en Tommy se "karretjie"? (1) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 28 DBE/November 2024 NSS Vertroulik MIS – Reza de Wet Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag). VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG Bespreek, in 'n opstel van 400 tot 450 woorde, die verskillende rolle wat Konstabel in die drama Mis vervul. [25] VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS K MIEM: Toe nou. Wat verby is, is verby. (Kort stilte) Gaan aan met jou werk. (Skud haar kop en sug hard deur haar neus) Ja, die ligsinniges. (Wys weer na die venster) En op so 'n aand. Hulle wil mos nie glo nie. Dit sou hulle verdiende loon wees as een van hulle dogters vannag die slagoffer is! Harde nies op die solder. 5 MIEM: (fluister) Ek hoop nie hy word siek nie. Laas lente het hy vir 'n maand lank gehoes. Ek bekommer my tog só. As dit net wil warm word. (Skielik temerig en byna pateties) Soos 'n mens ouer word, word die bloed dun. Elke jaar word dit al swaarder om die winter te verduur. Geluid van 'n ou tjor wat nader kom. 10 MIEM: En wie sal dit nou wees? Dié tyd van die aand! (Gerusstellend) Toe maar, my kind. Ek sal jou beskerm teen alle gevaar. En as die ergste gebeur, (kyk op, wys na die valdeur) sal hy ons nie in die steek laat nie. (Luister) Daar stop dit nou. Reg voor ons deur. MEISIE: (bang) Ma! 15 MIEM: (beweeg na die venster) Bly net kalm, my kind. (Loer) Ek kan niks sien nie. GERTIE: (hard van buite) Miem! Miem! MEISIE: Dis juffrou Gertie! MIEM: Dit klink so. GERTIE: (Gertie hamer aan die deur) Laat my tog inkom. Hoor jy my, Miem! 20 MIEM: Is dit jy, Gertie? GERTIE: Ja, Miem! MIEM: Wag net 'n oomblik. (Buk af en loer deur die sleutelgat. Sluit dan die deur oop. Die sirkusmusiek kan gehoor word) 17.1 Verwys na Miem se woorde in reël 1. 17.1.1 Na watter voorval verwys Miem met die woorde: "Wat verby is, is verby"? (1) 17.1.2 In watter opsig sluit die werk wat Meisie moet doen by die titel EN by hulle sosiaal-maatskaplike omstandighede aan? (2) 17.2 Verwys na reëls 1 tot 4. Wie is die "hulle" na wie Miem in reël 3 verwys? Watter TWEE karakter- eienskappe van Miem blyk uit haar woorde in hierdie reëls? (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 29 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 17.3 Noem die dramatiese doelstellings van die neweteks in reël 5 EN dié in reël 7 en 8. (2) 17.4 Verwys na reëls 1 tot 9. Watter afleiding kan die leser maak na aanleiding van die verskillende uitbeeldings van Miem se persoonlikheid? Dink jy Miem se woorde EN handeling deur die loop van die drama weerspreek mekaar? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (3) 17.5 Waarom is Meisie so bang vir die motor wat buite stilhou? Gee TWEE redes. (2) 17.6 Verwys na reël 17. Waarom is Gertie aan Meisie goed bekend? Noem TWEE feite. Dink jy dit was wys van Gertie om vir veiligheid na Miem se huis te vlug? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (4) EN TEKS L KONSTABEL: (staan op. Kwaad. Beweeg na die deur) Ek sal gaan, Mevrou. (Draai by die deur om en laat sy stok val) Maar laat my asseblief net toe om my saak te stel. Ek wil nie so hier weggaan nie. MIEM: (nors) Nou sê jou sê. KONSTABEL: (kwaad) Dit is my werk! Ek is gewoond om vrae te vra. En ek is 5 werklik bekommerd oor u veiligheid. Wat u ook al mag dink. Ek wou maar net uitvind ... of hier nog 'n deur is. Nog 'n plek om in te kom. Sodat ek in my pasoppens kan wees. Nou weet ek van alle gevare. Die deur kan maklik oopgebreek word ... iemand kan daar insluip ... U man oorrompel ... Afklim ... en voor ons weet, 10 is hy ... of sy ... tussen ons. GERTIE: O, Vader! MIEM: Konstabel ... ek was miskien 'n bietjie haastig. Ek sien ... u dra tog ons belange op die hart. U moet my maar vergewe. Ek is 'n bietjie kort van draad. Dit kom van my ma se kant. Konstabel, sal 15 u tog nie maar bly nie? Ons sal dit waardeer. GERTIE EN MEISIE: Asseblief, Konstabel. Die KONSTABEL antwoord nie. Hy staan stil en staar voor hom uit. MIEM: (oorvriendelik, na 'n stilte) Vertel ons, Konstabel, het u ondervinding van sulke sake? Verdwynings, bedoel ek? 20 KONSTABEL: O ja, dit is waarvoor ek eintlik gebruik word. Vermiste persone. MIEM: Werklik? MEISIE steek haar vinger raak. Sy trek haar asem in en suig haar vinger. MIEM: (aan die KONSTABEL) So u sê u werk met vermiste persone, Konstabel? 25 KONSTABEL: Ek kan miskien nie sien nie. Maar daarom word ek gebruik. As daar niks is om te sien nie. As iemand uit die oog verloor is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 30 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 17.7 Wat het Konstabel vóór hierdie uittreksel gesê, wat daartoe aanleiding gegee het dat hy die huis moet verlaat? Watter karaktereienskap van Konstabel kom in die neweteks in reël 2 na vore EN watter emosie probeer hy met hierdie handeling uitlok? (3) 17.8 Die drie vroue smeek Konstabel om te bly. Waarom, dink jy, kan dit as dramatiese ironie beskou word? (1) 17.9 Waarom weier Meisie om 'n vingerhoed te dra? (Reël 23) Noem nog 'n optrede van haar wat dieselfde houding impliseer. (2) 17.10 Verwys na reël 23 en 24 van TEKS K EN reëls 14 tot 16 van TEKS L. Wat is Miem se siening oor die sirkusmusiek in TEKS K en hoe sluit hierdie siening by haar versoek in TEKS L aan dat Konstabel moet bly? (2) [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all