Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
AFRIKAANS HUISTAAL V3
NASIENRIGLYN
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Prelim Exam 2024, 13 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 612.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape Prelim Exam 2024
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
Show all 14 questions
- Question 1.7Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.8Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.5Luister en Praat (Listening and Speaking)25 marks
- Question 2.6Luister en Praat (Listening and Speaking)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024)
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter wille
van eenvoud en eenvormigheid.
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde Hakies en pyltjie
( )
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute _______ Enkelstreep onder die taalfout
Spelfoute Dubbelstreep onder die spelfout
Paragraafindeling [ Begin van ʼn nuwe sin
Woord(keuse)-foute X Trek ʼn X bo-oor die verkeerde
woord
Erkenning van taaljuweeltjies √ Regmerkie bo goeie taalgebruik,
idees of uitdrukkings
ʃ (in die
Onduidelik/onverstaanbaar Kronkelstreep
kantlyn)
Punktuasiefout O Omkring foutiewe leesteken.
Punktuasie O Plaas ʼn sirkel waar leesteken
moet wees.
Neem funksionele taalvariëteit D Skryf ʼn D vir “dialek” in die
in ag. kantlynspasie
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag
slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel,
toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale
poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die
eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = KH = 22
Taal, styl en redigering: T = KL = 10
Struktuur: S= K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant 36
(onder die opstel):
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
• Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
• Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik
die samevatting van die hoofgedagte.
• Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening
of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende en
bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ʼn argumenterende
en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening
weerspieël.
VRAAG 1
RIGLYNE
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyn)
mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan,
soos byvoorbeeld:
1.1 Skielik word alles om my donker ...
Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende/beskrywende
opstel aanbied, maar ander aanbiedings is ook aanvaarbaar. In ʼn
verhalende/beskrywende opstel sal die fokus op ʼn oomblik wees waar alles
rondom die spreker donker geword het, hetsy as gevolg van beurtkrag/’n
kragonderbreking/ʼn natuurverskynsel/dood of floute. Die verhaalgebeure
moet opbou na die oomblik waar alles donker geword het. Die opstel kan
begin met alles wat donker word en die gebeure wat volg of eindig met alles
wat donker word na afloop van die gebeure. Figuurlike interpretasies van
alles wat met donker geassosieer word, bv. depressie of onsekerhede is ook
aanvaarbaar. Enige ander aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar. [50]
1.2 Graad 12: die jaar van keuses.
As argumenterende of beredeneerde opstel kan die kandidaat redes
aanvoer waarom graad 12 die jaar is waarin die meeste keuses gemaak word.
Die kandidaat kan die opstel as ʼn beskrywende opstel aanbied deur situasies
in ʼn graad 12-jaar te beskryf waar keuses gemaak moet word. As verhalende
opstel kan die kandidaat ʼn verhaal vertel van ʼn graad 12-jaar waarin keuses
gemaak is. In ʼn bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of graad
12 die jaar van keuses is of wat die waarde van die keuses in graad 12 is.
Enige ander aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.3 Is dit vir die jeug noodsaaklik om te stem?
As argumenterende opstel kan die kandidaat redes aanvoer waarom dit vir
die jeug nodig/nie nodig is om te stem nie. Daar moet ʼn samevatting in die
slot wees. Die kandidaat kan die opstel as ʼn beskrywende opstel aanbied
deur situasies te beskryf waarin stemreg belangrik/onbelangrik is/was. As
verhalende opstel kan die kandidaat ʼn verhaal vertel waarin stemreg
noodsaaklik/nie noodsaaklik was nie. In ʼn bespiegelende opstel kan die
kandidaat bespiegel of stemreg noodsaaklik is al dan nie. As beredeneerde
opstel word beide kante beredeneer met ʼn gevolgtrekking in die slot. Enige
ander aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar. [50]
1.4 “Haai Sonneblom, ek wag vir jou op die horison.
Mag dit lank vat voor jy agterkom hoe mooi jy skyn, my sonneblom.”
As verhalende/beskrywende opstel kan die kandidaat die verhaal vertel of
die gebeure beskryf wat aanleiding daartoe gegee het dat hy/sy hierdie
aanhaling sê. In ʼn bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel oor
nederigheid/ʼn goeie selfbeeld. In ʼn argumenterende opstel kan redes
voorgehou word waarom dit belangrik is om nederig te bly. Die kandidaat kan
ook die teendeel hiervan ontgin m.a.w. dat dit nie nodig is om hoogmoedig te
wees/te weet dat jy mooi is nie. As beredeneerde opstel kan beide kante van
ʼn goeie selfbeeld/hoogmoed beredeneer word. Enige ander aanvaarbare
interpretasie is toelaatbaar. [50]
1.5 Die belangrikste les wat ek geleer het.
Die kandidaat sal hierdie opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende/beskrywende
opstel aanbied. Die fokus van die verhaal is op ʼn belangrike les wat die
spreker geleer het. In ʼn bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel
oor die belangrikheid van lesse wat hy/sy geleer het. In ʼn argumenterende
opstel kan die kandidaat argumente voorhou oor watter les die belangrikste
is. ʼn Beredeneerde opstel weeg die twee kante op. Was dit ʼn belangrike
les, al dan nie. Kom tot ʼn gevolgtrekking in die slot. Enige ander aanvaarbare
interpretasie is toelaatbaar. [50]
1.6 Tweegesig
Die kandidate kan ʼn verhalende opstel skryf waarin die verhaal vertel word
van ʼn persoon wat voorgegee het om iets te wees wat hy/sy nie is nie/iets
mooi gesê het, maar ʼn slegte bedoeling daarmee gehad het. In ʼn
beskrywende opstel kan woorde/gedrag of die impak van voorgee beskryf
word. In ʼn argumenterende opstel kan argumente aangevoer word waarom
mense soms tweegesig is. As beredeneerde opstel kan die leerder
beredeneer dat dit soms nodig is om tweegesig te wees, maar dat dit nie
wenslik is nie. Enige ander aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
1.7 Springbok en Protea
As verhalende opstel kan die kandidaat ʼn verhaal vertel waarin hy/sy
Springbok-/Proteakleure verwerf het. Dit kan ook na ʼn gebeurtenis verwys
waar die spreker met ʼn springbok te doen gekry het. Opstelle wat fokus op jag,
ʼn besoek aan ʼn wildtuin, fauna en flora van ons land, verwoesting van die
natuur of volhoubaarheid is ook aanvaarbaar. In ʼn beskrywende opstel kan
die springbok/protea as nasionale simbole beskryf word, ook ander soos vis,
boom, ens. ʼn Argumenterende opstel kan argumente voorhou waarom die
protea/springbok belangrike simbole in Suid-Afrika of enige ander land is. In ʼn
beredeneerde opstel kan die leerder beredeneer waarom nasionale simbole
nodig is al dan nie. Enige aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar. [50]
1.8 Pyltjies op en af
Die kandidaat kan ʼn verhalende opstel skryf oor dit wat hom/haar sukses laat
bereik het, maar ook laat misluk het. Die verhaal kan ook handel oor hoe hard
ʼn persoon moes werk om dit te kry en hoe maklik dit was om dit te verloor. In
ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat die harde werk om sukses te behaal
en dit wat jou kan laat misluk, beskryf. In ʼn bespiegelende opstel kan die
kandidaat bespiegel oor wat dit is wat jou suksesvol maak of jou laat misluk.
In ʼn argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat sukses nooit
volkome bereikbaar is nie. As beredeneerde opstel kan die kandidaat
beredeneer wat sukses waarborg of nie waarborg nie. Enige ander
aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024)
SOORT OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie of gebeurtenis).
• ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
• Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
• Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• ʼn Treffende inleiding boei die leser.
• ʼn Verrassende slot rond die inhoud af.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
• Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.
• Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
die opnoem van waarnemings).
• Tekste kan varieer van meer realisties tot ʼn verdieping in die aanbieding.
• Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
• Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
• Stylfigure kan gebruik word.
BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ʼn
spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente
vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die
ontwikkeling van die opstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7
Hou die volgende in gedagte:
• BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
• Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
• Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
• ʼn Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat by die inleiding aansluit,
gemaak. Die slot gee ʼn sterk aanduiding van die skrywer se mening.
• Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
• Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink ʼn idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ʼn droom of wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is ʼn definitiewe struktuur, maar ʼn gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie ʼn gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
ernstig geskryf word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het ʼn spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt
te motiveer.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
• ʼn Eie mening word op ʼn baie oorspronklike en treffende manier gegee.
• ʼn Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
• Verdediging of aanval van ʼn saak word enduit volgehou.
• ʼn Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
• Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
• Daar moet ʼn duidelike en oortuigende slot wees.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024)
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word
nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks
nagesien.
RIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10
Taal, styl en redigering: T=G=6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16
Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
VRAAG 2
2.1 E-POS
Die informele e-pos word aan ʼn vriend/vriendin geskryf. Die fokus van die e-
pos is tweeledig. In die e-pos moet die spreker die vriend/vriendin probeer
oorreed om terug te keer Suid-Afrika toe en melding maak van alles wat Suid-
Afrika vir hom/haar kan bied.
Hou die volgende in gedagte:
• Die skryfstyl is informeel, maar korrekte taal word vereis.
• Die formaat moet voorsiening maak vir twee e-posadresse asook die
onderwerp soos in die vraestel aangetoon.
• Die informele e-pos is gewoonlik onderhoudende kommunikasie tussen
twee partye wat mekaar betreklik goed ken.
• Die e-pos moet ʼn aanhef hê, bv. Goeiemôre/Dag Sarel
• Die onderwerp behoort in die eerste paragraaf vermeld te word: Die klem
behoort op die oortuiging te val.
• In die liggaam van die e-pos word daar uitgebrei op die redes waarom
Suid-Afrika baie kan bied.
• Die slot is net so belangrik as die inleiding. Daar is ʼn paar
standaardmaniere om die e-pos mee af te sluit: Groete./Vriendelike
groete./Alles van die beste./Beste wense.
• Bogenoemde kan as ʼn paragraaf in ‘n aparte reël geskryf word. Dit kan
ook deel van die slot wees
• Die e-pos word deur die naam (en van) van die skrywer afgesluit. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9
2.2 FORMELE BRIEF: BEDANKING
Hierdie formele brief word aan die bestuurder van ʼn bekende maatskappy
gerig waarin die briefskrywer dankie sê vir die studiebeurs wat hy/sy ontvang
het asook die bestuurder inlig oor wat hy/sy beplan om te studeer.
Hou die volgende in gedagte:
• Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van
die brief se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld.
• Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
• Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. Eenvoudige,
direkte taal is nodig.
• Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op
die dank en waardering vir die beurs asook die studieplanne van die
spreker.
• Die formele register moet gebruik word soos benodig in formele
korrespondensie. Die aanspreekvorm “u” word dus gebruik.
• Die afsluiting is formeel en korrek.
Die uwe/Vriendelike groete/Groete
AMarais
A. Marais [25]
2.3 HULDEBLYK
Bring hulde aan ʼn onderwyser wat skielik oorlede is.
Hou die volgende in gedagte
• Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van
afsterwe, die plek waar die persoon oorlede is en die oorsaak van die
dood behoort gegee te word.
• Prestasies, hoogtepunte uit die oorledene se lewe en
gemeenskapsbetrokkenheid kan ingesluit word.
• Die fokus behoort te wees op dit wat die onderwyser vir die spreker en
die skool beteken het.
• Gebeurtenisse/staaltjies en herinneringe kan tot die sukses van die
huldeblyk bydra.
• Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.
• Eufemismes kan gebruik word. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024)
2.4 INFORMELE VERSLAG
Die verslag fokus op die terugvoer van ʼn fondsinsamelingsfunksie wat
onlangs by die skool gehou is.
Hou die volgende in gedagte:
• Die informele verslag het ʼn bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek
moet wees.
• Die aanslag is informeel, dog saaklik.
• Die doel van die verslag moet duidelik wees, nl. om verslag te lewer oor
die fondsinsamelingsfunksie.
• Die skrywer lewer objektief verslag oor die funksie.
• Die verslag word in die verlede tyd geskryf as daar na die funksie
verwys word.
• Die verslag word in die eerstepersoon gedoen.
• Feite moet akkuraat, bondig en objektief aangebied word.
• Aan die einde van die verslag moet daar ook ʼn aanbeveling/
aanbevelings vir ʼn volgende fondsinsamelingsfunksie wees. [25]
2.5 ONDERHOUD
Die onderhoud is tussen die kandidaat en nuwe skoolhoof. Die onderhoud
fokus op dit wat die skoolhoof beplan om by die skool te verander.
Hou die volgende in gedagte:
• Die onderhoud behoort in vraag-en-antwoordmetode of dialoogvorm
geskryf te word.
• Die doel van die onderhoud is om inligting in te win oor watter verandering
die nuwe skoolhoof vir die skool beplan.
• Die slot vat die kern van die onderhoud saam.
• Die leser se belangstelling moet geprikkel word.
• Die toon, styl en woordkeuse moet respekvol wees en by die aard van
die onderhoud pas. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V3 11
2.6 INFORMELE TOESPRAAK
Die inhoud van die toespraak fokus op die jeug wat goed genoeg is.
Hou die volgende in gedagte:
• Die toespraak word tydens ʼn informele geleentheid gelewer.
• Die jeug moet aangespreek word, bv. Goeiedag Seuns en Dogters.
• Die teikengehoor moet in gedagte gehou word.
• Die inleidingsin moet sterk en prikkelend wees.
• Die onderwerp kan reeds in die eerste paragraaf genoem word.
• Die onderwerp word in die daaropvolgende paragrawe uitgebrei.
• Die toespraak moet motiverend van aard wees.
• In die slotparagraaf word die argumente treffend en bondig saamgevat. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoe en lae vlak beïnvloed nie.
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28−30 22−24 16−18 10−12 4−6
BEPLANNING - Respons is uitsonderlik/treffend - Respons baie goed; getuig van - Respons bevredigend - Wisselvallige samehang in - Respons heeltemal
en bo verwagting vaardigheid - Idees redelik samehangend en respons irrelevant
Hoë vlak
(Respons en - Idees is intelligent, volwasse en - Idees heeltemal relevant, interessant oortuigend - Idees onduidelik, nie - Idees deurmekaar en nie
idees) stem leser tot nadenke en lewer bewys van volwassenheid - Redelike organisasie en redelik oorspronklik nie op onderwerp gefokus nie
Organisering van - Uitsonderlike organisasie en - Organisasie baie goed en samehangend, insluitend - Min bewys van organisasie - Vaag en herhalend
idees vir samehang insluitend inleiding, samehangend, insluitend inleiding, inleiding, liggaam en en samehang - Geen organisasie nie en
beplanning; liggaam en samevatting/slot. liggaam en samevatting/slot samevatting/slot is onsamehangend
Bewustheid van 25−27 19−21 13−15 7−9 0−3
doel, gehoor en - Respons uitmuntend, maar - Respons goed; getuig van - Respons bevredigend, maar - Respons is grootliks - Geen poging aangewend
konteks uitsonderlik treffende eienskappe vaardigheid verval soms in onduidelikheid irrelevant om in ooreenstemming
Lae vlak
van ʼn opstel ontbreek - Idees relevant, interessant - Idees redelik samehangend en - Idees begin los staan en met onderwerp te wees
- Idees intelligent en volwasse - Organisasie goed en samehangend, oortuigend kan verwarrend wees nie
30 PUNTE - Knap organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en - ʼn Mate van organisasie en - Skaars ʼn bewys van - Heeltemal irrelevant en
insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, organisasie en samehang ontoepaslik
samevatting/slot) liggaam en samevatting/slot - Deurmekaar en geen
fokus nie
TAAL, STYL EN 14−15 11−12 8−9 5−6 0−3
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat - Toon, register, styl en woordeskat - - Toon, register, styl en - Taal onverstaanbaar
woordeskat hoogs gepas vir baie gepas vir doel, gehoor en - gepas vir doel, gehoor en konteks woordeskat minder gepas - Toon, register, styl en
Toon, register, styl doel, gehoor en konteks. konteks. - Gepaste taalgebruik om vir doel, gehoor en konteks woordeskat nie gepas vir
Hoë vlak
en woordeskat is - Taalgebruik getuig van vertroue, - Taalgebruik effektief en ʼn betekenis oor te dra nie doel, gehoor en konteks
geskik vir indrukwekkend deurlopende gepaste toon word - Toon is gepas - Taalgebruik baie basies - Woordeskat so beperk dat
doel/effek en - Toon retories treffend en effektief gebruik − gepas, konstant; - Retoriese middele gebruik om - Toon en woordkeuse skaars dit onmoontlik is om sin te
konteks; - Grammatika en spelling feitlik - Grammatika en spelling grootliks betekenis te versterk toepaslik maak
Woordkeuse; foutvry foutvry - Baie beperkte woordeskat
Taalgebruik en - Knap gedaan - Baie goed gedoen
konvensies, 13 10 7 4
punktuasie, - Taalgebruik uitstekend en toon is - Taalgebruik toepaslik en oor die - Voldoende taalgebruik, maar - Taalgebruik onvoldoende
Lae vlak
grammatika, retories effektief algemeen effektief teenstrydighede word opgemerk - Weinig indien enige
spelling. - Grammatika en spelling feitlik - Toon gepas en effektief - Toon oor die algemeen gepas en sinsverskeidenheid
foutvry - Enkele foute in grammatika en beperkte gebruik van retoriese - Woordeskat baie beperk
15 PUNTE - Baie goed tot knap gedaan spelling. middele
- Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
- Uitstekende ontwikkeling van - Logiese ontwikkeling van details. - Relevante detail ontwikkel. - Sommige punte geldig. - Noodsaaklike punte
Kenmerke van onderwerp - Samehangend - Sinne en paragrawe goed. - Sinne en paragrawe foutief. ontbreek.
teks; - Uitsonderlike detail - Sinne en paragrawe logies en toon gekonstrueer. - Opstel maak nog effens sin. - Sinne en paragrawe
Paragraafontwikke - Sinne en paragrawe uitsonderlik variasie. - Opstel maak sin. foutief.
ling en gekonstrueer - Opstel maak nie sin nie.
sinskonstruksie
5 PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V3 13
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 13−15 10−12 7−9 4−6 0−3
BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, bo - Respons baie goed - Respons voldoende en - Basiese respons
FORMAAT verwagting
- Idees intelligent en volwasse
Respons op en idees; - Grondige kennis van - Demonstreer goeie - Toon voldoende kennis - Toon geringe kennis van - Respons toon geen
Organisering van kenmerke van die soort kennis van kenmerke van kenmerke van die kenmerke van die soort kennis van kenmerke
teks. van die soort teks. soort teks. teks. van die soort teks nie.
idees vir beplanning;
- Skryfstuk behou fokus. - Behou fokus − geen - Nie heeltemal gefokus nie - Aanduiding van fokus, - Betekenis onduidelik
Doel, gehoor,
afwyking nie. − enkele afwykings. maar met afwykings. met groot afwyking.
kenmerke/konvensies - Samehang in inhoud. - Samehang in inhoud. - Redelike samehang in - Inhoud en idees nie altyd - Geen samehang in
en konteks Idees behoorlik uitgebrei. Idees baie goed inhoud en idees. samehangend nie. idees en inhoud nie.
uitgebrei.
15 PUNTE - Detail wat die onderwerp - Detail wat die onderwerp - Sommige detail - Min detail ondersteun die - Baie min detail
ondersteun. ondersteun. ondersteun die onderwerp. onderwerp. ondersteun die
onderwerp.
- Gepaste en akkurate - Gepaste formaat met - Formaat oorwegend - Nodige reëls van formaat - Nodige reëls van
formaat. onbeduidende foute. gepas, maar met enkele vaagweg toegepas. formaat nie toegepas
foute. - Kritiese foute begaan nie.
TAAL, STYL EN 9−10 7− 8 5− 6 3− 4 0− 2
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en
woordeskat hoogs geskik vir woordeskat, baie geskik woordeskat, geskik vir woordeskat minder geskik woordeskat stem nie
Toon, register, styl, doel, gehoor en konteks. vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks. vir doel, gehoor en ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en konteks. konteks. gehoor en konteks nie.
konteks;. - Grammatika akkuraat en - Grammatika oor die - Enkele grammatikafoute. - Grammatika onakkuraat - Besaai met foute en
goed gekonstrueer. algemeen korrek en met etlike foute. verward.
Taalgebruik en
goed gekonstrueer.
konvensies;
- Baie goeie woordeskat. - Voldoende woordeskat. - Basiese woordeskat. - Woordeskat nie geskik
Woordkeuse; vir doel nie.
Punktuasie en - Feitlik foutloos. - Oorwegend foutloos. - Foute belemmer nie - Betekenis belemmer. - Betekenis ernstig
spelling betekenis nie. belemmer.
10 PUNTE
Kopiereg voorbehou
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2018 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper