Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
AFRIKAANS HUISTAAL V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 80
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 41 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Prelim Exam 2024, 41 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 41 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 41
- File size
- 1.9 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 41
This exam
Eastern Cape Prelim Exam 2024
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)20 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
NASIENRIGLYNE
1. As ʼn kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die
opstelvraag en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord
nie.)
2. As ʼn kandidaat in AFDELING A al vier vrae en die gesiene gedigte
beantwoord het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3. As ʼn kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
antwoord word geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B
en C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien
mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.
4. As ʼn kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd,
maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die
tweede antwoord word geïgnoreer.
5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
nasienriglyn nagesien.
6. Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. As ʼn spelfout die
betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die
spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek
beskou.
7. Opstelvrae:
As die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat
nie gepenaliseer omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die literêre
opstel te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior
nasiener/ vakhoof. Die nasienriglyne is slegs ʼn riglyn, daarom moet ander
relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke
om die opstelvrae na te sien.
8. Kontekstuele vrae:
As ʼn kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ʼn vraag dit vereis nie,
word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
9. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JAN/NEE/EK STEM SAAM/EK
STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
rede/motivering/bewys verdien die punt.
11. Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3
AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL
ʼn Paternoster vir Suid Afrika – Lina Spies
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK
VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.
LET WEL:
• Dis ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
ARGUMENT WORD AANGEBIED EN ONDERSTEUN OF GEILLUSTREER
DEUR NA DIE TEKS TE VERWYS.
ARGUMENT MOTIVERING: VERDUIDELIKING OF AANHALING OF
PARAFRASE
Die kandidaat bied ʼn toepaslike inleiding aan.
EENHEID
Die titel spreek reeds die Omdat die hele land se “’n Paternoster vir Suid-
idee van eenheid aan. mense vir die gebed in ag Afrika”
geneem word.
In versreël 1–2 word die Omdat al die mense van “laat die name geheilig word
gevoel van eenheid die land in die gebeds- van al die kinders van die
uitgebrei. versoek ingesluit word. land”
Die ‘hulle’ in strofe 3 sluit Omdat die arbeiders en “wat modderkoekies gebak
kinders van alle rasse in. boere se kinders saam op het uit sy aarde”/ “dassies
die plaas gespeel het. skrikgemaak het in sy
klowe”/ “wolgetrap het in sy
krale”
In die gebed word daar Omdat die spreker se wens “en Here, sien ons hande
deurgaans na “ons” is dat ons almal mooi met aan”
verwys. mekaar sal omgaan.
Die geskenk van die Omdat die kinders in hul “om my wit pols is ʼn armband
speelmaat dui op onskuld mekaar se verskille van gras; my donker
vreedsaamheid en kan opmerk en waardeer. speelmaat het dit kunstig
aanvaarding tussen rasse. gevleg …”/ “soos ek nooit
kon nie”
In strofe 7 sluit die Omdat ons almal God se “aan u behoort … die skape
metafoor alle mense in. kinders is. van sy weiding”
In versreël 32 is die Omdat die spreker vir God “Gee ons liefdevolle hande,
versoek op alle mense vra om ons te help om Heer”
gerig. mekaar met liefde te
hanteer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
VERDEELDHEID
In strofe 3 word daar die Omdat daar vir ons ʼn “swart bolywe”/ swart
eerste melding van prentjie geskep word van versigtige hande” teenoor
verdeeldheid gemaak. die wit boere se kinders wat “ek kon die lootjies uitdeel”
die swart arbeiders se loon
bepaal.
In strofe 5 word die mense Omdat die vergeetagtiges “Vergewe ons, die
gegroepeer waarvoor (die wat vergeet het hoe vergeetagtiges, die
gebid word. lekker hul as kinders met uitgerustes, soos ons hulle
almal kon saamspeel) en vergewe, die luidrugtiges”
uitgerustes (die wat nooit
saam met mense van
ander rasse gewerk het
nie) teenoor die luidrugtige
(die wat luidkeels politiek
verkondig, maar nooit
meegewerk het aan goeie
volkere verhoudings nie)
gekontrasteer word.
Die idee van verdeeldheid Omdat ons kulture tog “wit pols” teenoor “donker
word versterk in strofe 6 verskil en dit vir party speelmaat”
omdat elk van die kinders mense moeilik is om dit te
se rasse genoem word. waardeer.
Die metafoor in versreël Omdat rasseverhoudings “belemmerde kleed”
33 verwys na die van die verlede vandag nog
verdeeldheid tussen veroorsaak dat mense
mense van verskillende mekaar nie volkome
rasse in ons land se vertrou nie.
geskiedenis.
GEBED
In die titel het ons reeds Omdat die woord “ʼn Paternoster vir Suid-
bewyse dat die gedig in Paternoster na die Onse Afrika”
die formaat van ʼn gebed Vader verwys.
aangebied gaan word.
Die aaspreekvorm in Omdat God direk “Here, laat die name
versreël 1 is ʼn verdere aangespreek word. geheilig word …”
bewys dat ons hier met ʼn
gebed te doen het.
Strofe 1, 5, 6, 7, 8, 9 stem Omdat ons ooreenkomste “Vergewe ons …”/ en Here
ooreen met die formaat met die onse Vader kan sien ons hande aan …”/
van ʼn gebed. waarneem. “Aan u behoort die land …”/
“Gee ons liefdevolle hande,
Heer …”
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan.
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
“Op sy branderplank” – Petra Müller
Vraag Antwoord Punt
2.1 In strofe twee is die branderplankryer op die strand, maar die titel skep
die verwagting dat hy deurgaans op sy branderplank gaan wees. √ 1
2.2 Strofe 1 geskied in die see/op ʼn brander.
Strofe 2 speel op die strand/land af. √√ 2
2.3 Letterlik:
Hierdie versreël kan verwys na die branderplankryer wat sopas uit die
water teruggekom het asof hy opnuut gebore word / die seun voel
vernuwe en kan die natuur weer opnuut beleef na sy
branderplankervaring. √
Mitologies:
Glaukus verander wanneer hy uit die see uitkom van sy seevoorkoms/
meerman na sy landvoorkoms/mens, wat as ʼn geboorte beskryf kan
word. √ 2
Die kandidaat moet BEIDE aanspreek vir EEN punt elk.
2.4 Agterplasing √
Inversie √
Aandagstrepe √
Kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan. 3
2.5 Ja, dit is gepas, want die branderplankryer speel ook in die water net
soos ʼn rob./ die branderplankryer dra ʼn donker duikpak nes die pels van
ʼn rob. √ 1
Kandidaat kan nie NEE as antwoord hier aanbied nie.
2.6 Ja, net soos wat ʼn vrye vers nie aan vasgestelde reëls hoef te voldoen
nie, hoef die brandplankryer ook nie ingeperk te word deur reëls wanneer
hy in die branders speel nie./ Nes daar vryheid met die skryf van ʼn vrye
vers ervaar word nie, voel die branderplankryer vry wanneer hy in die
golwe speel. √ 1
Die kandidaat bied albei kante vir EEN punt aan.
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
“Susan Boyle” – Kobus Grobler
Vraag Antwoord Punt
3.1 Nêrens word die aangesprokene se naam genoem nie. √
Slegs ʼn nommer (43212) word gegee wanneer daar van die deelnemer
gepraat word. √
Daar word ook genoem hoe die deelnemer soos ʼn skaap aangeja
word. √ 3
Kandidaat bied DRIE antwoorde vir een punt elk aan.
3.2 Dit word hier as ʼn soortnaam en nie eienaam gebruik nie, omdat dit die
beoordelaars en nie ʼn enkele persoon beskryf nie. √ 1
Nes Pilatus ʼn oordeel oor Jesus moes uitspreek, is die beoordelaars
besig om vir Susan Boyle op haar voorkoms te oordeel. √ 1
3.3 s-alliterasie/alliterasie √ 1
Dit is effektief, want dit is klanknabootsend en stel vir ons voor hoe die
gehoor en beoordelaars oor Susan gons./ dit beklemtoon hoe daar met
Susan gespot word. √ 1
3.4 ʼn Mens sou verwag dat iemand wat as die grap van die jaar beskou
word, sal misluk, maar in werklikheid het Susan Boyle ʼn ster geword. √ 1
Kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
3.5 “in ongeloof laat aanskou” √ 1
3.6 Ja, nes ʼn vrye vers is Susan Boyle eenvoudig/onopgesmuk. √ 1
Kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
“Briefie aan Madiba” – Sandra O’Kelly
Vraag Antwoord Punt
4.1 Iemand wat Madiba bewonder. √ 1
Die skrywer wil graag eer aan Madiba betoon. √ 1
Kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord aan.
4.2 ʼn Mens sou verwag dat die skrywer ʼn meer formele aanhef (soos Geagte
meneer Mandela) sou gebruik as mens vir die president/vreemdeling
skryf, maar hier gebruik die skrywer Nelson Mandela se bynaam. √ 1
4.3 In strofe 2 en 3 rym slegs die eerste twee versreëls, terwyl die ander 1
strofes almal van paarrym gebruik maak. √
Dit is veral geslaagd in strofe 2 dat die rymskema verskil omdat dit
verwys na Mandela se tyd in die tronk/’n onaangename tyd in sy lewe. √ 1
Kandidaat kan nie die NIE geslaagd hier as antwoord aanbied NIE.
4.4 “Ek sal dit oppas”. √ 1
“Ek sal dit koester”. √ 1
“Ek sal dit beoefen”. √ 1
Kandidaat word NIE gepenaliseer indien NIE tussen aanhalingstekens is
NIE.
4.5 Polisindeton √ 1
4.6 Ons is Madiba baie dank verskuldig. / Ons moet soos Madiba probeer
lewe. / Ons moet eerder dien as heers. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
Leerder se eie antwoord, maar dit moet by die boodskap pas.
[10]
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
“dekonstruksie” – Fanie Viljoen
Vraag Antwoord Punt
5.1 Krities 1
Ja, dit is geregverdig, want ʼn gedig hoef nie hoogdrawend te
wees/verskuilde boodskappe te hê om goed te wees nie.
OF
Nee, nes die spreker nie van tradisionele gedigte hou nie sal daar mense
wees wat nie van sy/haar gedigte hou nie./ Mense wat ʼn waardering vir
literatuur het, geniet tradisionele gedigte. √
1
Kandidaat bied soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
5.2 Hul word gekritiseer dat hul verskuilde boodskappe in hul gedigte
gebruik./
Dat hul strofes vreeslik georden is./
Hul gebruik van enjambement is oordadig./
Hul gebruik verwysings na goed waarvan niemand al voorheen gehoor
het nie / die betekenis moet gegoogle word. √ √ √ 3
Kandidaat bied enige DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.
5.3 ʼn Mens sou verwag dat die spreker se gedig ook hierdie tipe strofes
(koeplette, sonnette, kwatryne) sal bevat, omdat hy sê dat hy so kan dig,
maar dan is sy gedig net een aaneenlopende strofe. √ 1
5.4 Alleenplasing (reël 10)./
Herhaling van “na die volgende”./
Die gebruik van enjambement deur die hele gedig. / die gedig is een
aaneenlopende sin wat vloei van die een versreël na die volgende. √√ 2
Kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
5.5 Geen vaste rymskema./
Wisselende versreël lengte./
Afwesigheid van hoofletters./
Afwesigheid van leestekens. √ 1
Kandidaat bied EEN antwoorde vir EEN punt aan.
5.6 Ja, ek verkies gedigte wat maklik verstaanbaar is / wat nie te ernstig en
hoogdrawend is nie.
OF
Nee, dis ʼn onbenullige gediggie met geen diepte / slegs kritiek. √ 1
Kandidaat bied soortgelyke antwoord aan.
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9
AFDELING B: ROMAN
ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen
VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
ARGUMENT WORD AANGEBIED EN ONDERSTEUN OF GEILLUSTREER DEUR
NA DIE TEKS TE VERWYS.
ARGUMENT MOTIVERING: VERDUIDELIKING OF AANHALING OF
PARAFRASE
Die kandidaat bied ʼn toepaslike inleiding aan.
BULLETPROOF
Greg Owen is ʼn Omdat hy weet dat sy Hy is ʼn leerder by Lawson-kollege,
rykmanskind en voel familie se goeie naam en ʼn eksklusiewe skool met ʼn waglys
daarom of hy onaantasbaar geld hom bevoordeel. van ʼn kilometer lank en ʼn
is. ongeskrewe kriteria./Sy leierskap
posisie was ʼn saketransaksie.
As hoofseun van die skool Omdat hy sy pligte versuim Hy stel nie ʼn wekker om vroeg op te
tree hy op of die reëls sonder enige vrees dat hy staan vir sy gr.8-diens nie./Hy doen
benede hom is. gestraf sal word. nie moeite om ʼn geveg in die klas
op te breek wanneer die
onderwyser uit die klas is nie./Hy
drink saam met Eckard bier.
Hy dink niks daarvan om sy Omdat hy ontevrede voel Hy weier om die rugbywedstryd te
skoolhoof se gesag te oor hoe die skool Eckardt speel voordat die skool Eckardt se
ondermyn nie. se verdwyning hanteer. verdwyning rugbaar maak.
Greg neem sake t.o.v. Omdat hy teenkanting van Hy stuur ʼn anonieme e-pos aan die
Eckardt se verdwyning in die hoof gekry het en weet media om die nuus van Eckardt se
sy eie hande dat sy pa hom nie sal help verdwyning openbaar te maak.
nie.
Greg draai na die Omdat hy nie op die Hy gebruik sy vaardighede as
onderwêreld/onwettige tradisionele maniere enige kuberkraker om inligting te
aktiwiteite in sy soektog na antwoorde kry nie. bekom/hy gebruik social
Eckardt engineering met Joan Gibbs om in
Dok se rekenaar data te kom.
Greg lieg selfs vir die Omdat hy self sy soektog Hy ontken sy betrokkenheid by die
polisie en vertel hul net na Eckardt d.m.v. hacking kuberkrakery.
halwe waarhede. wil voortsit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
PION
TJ laat Greg besef hy is ʼn Omdat hy gehoorsaam Die skoolhoof het die seuns
pion. (soos die res van die verbied om oor Eckardt se
skoolseuns) moet doen verdwyning uit te praat.
soos wat daar vir hom gesê
word.
Greg moet teen sy sin aan Omdat sy pa die patriarg Sy pa verwag dat hy 9
sy pa se verwagtinge van die Owen-gesin is./ hy onderskeidings aan die einde
voldoen. bang vir sy pa is./ nie ‘n van die skooljaar moet hê./
goeie verhouding met sy dat hy nie oor John se dood
pa het nie en dit nie verder mag huil nie./ vir Dok Pienaar
wil kompliseer nie. moet om verskoning vra nadat
hy geweier het om vir die
skool rugby te speel.
Onbewustelik raak Greg Omdat hy sy skoolwerk Hy word ingesuig deur die
ook ʼn skaakstuk in Eckardt afskeep om na Eckart te kuberkraakaktiwiteite wat
se skaakspel. soek. Eckardt hom geleer het ten
koste van sy vriendskappe en
toekoms.
Hy word in Eckardt se Omdat hy Eckardt se Nie net ontmasker hy die
meesterplan misbruik. vuilwerk vir hom doen./sy PNR-projek nie, maar hy
wraakplan namens hom inkrimineer sy pa ook
uitvoer terselfdertyd.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11
VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
7.1 7.1.1 Eckardt Wilken / Eckardt. √ 1
7.1.2 Dit lyk of sy pa wil huil / sy pa se natgehuilde gesig./
Sy pa wat ʼn pistool in ʼn lap toevou./
Sy pa se hande wat bewe./ √√√
Kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.
3
7.2 Die pistool wat in die lessenaarlaai gebêre word, behoort hom gerus te 1
stel. √
Die versoek om ʼn geheim van sy ma te hou, behoort hom verder te 1
ontstel. √
7.3 Nee, dit is onregverdig om te verwag dat die jong seun die las van sy pa
se moontlike selfmoordpoging alleen moet dra. / dit is onregverdig om te
verwag dat die jong seun nie vir sy ma moet vertel dat alles nie pluis met
sy pa is nie./ dat die jong seun nie sy ma se hulp / ondersteuning moet
inspan nie. √√ 2
Kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk
aan.
7.4 Greg: G-4ce/
Mnr. Owen: The candlestick-maker √
Dok Pienaar: The butcher √
Die viroloog: The baker √ 3
Kandidaat bied enige DRIE karakters en skuilnaam vir EEN punt elk aan.
7.5 Skuilname word gebruik om iemand se identiteit te beskerm, gewoonlik
wanneer hul iets onderduims/verkeerd doen. Net so impliseer die titel
Onderwêreld misdrywe/iets duister. √√ 1
Kandidaat bied EEN soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
7.6 “Weerklink” √ 1
Kandidaat word NIE gepenaliseer indien daar NIE aanhalingstekens is
nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
7.7 Die ander keer wat ons dié teksgedeelte aantref, is in die proloog
wanneer ʼn jong / 11-jarige Eckardt sy pa in sy studeerkamer vind waar
hy met ʼn pistool in sy hand sit. √ 1
In die proloog ervaar Eckardt die emosies. √ 1
In TEKS B ervaar Greg die emosies. √ 1
7.8 Clarens √ 1
7.9 Tydens die eerste skooldag van hul matriekjaar het Greg vir Eckardt in
die matriekgang raakgeloop en besluit dat hy ʼn hardegat houding
het. √ 1
Greg het later sy broer in Eckardt se oë gesien wat sy gesindheid
teenoor Eckard verander het. √ 1
Dit het by die trapperritueel plaasgevind. √ 1
7.10 Eckardt wil Greg beledig/verkleineer./
Hom laat dom voel./
Hom seer maak met sy woorde. √ 1
Kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
7.11 Die leser weet reeds dat Greg sy eie pa vir die wolwe gegooi het toe hy 1
Project Nursery Rhyme ontbloot het, maar Greg besef dit nog nie. √
Die funksie is om spanning op te bou. √ 1
7.12 Albei het ʼn gespanne atmosfeer. √ 1
In TEKS A het Eckardt as kind so seergekry dat hy daar en dan besluit
het dat die mense wat vir sy seerkry verantwoordelik is (mnr. Owen en
Dok) daarvoor sal moet boet en daarom word Greg nou in TEKS B die
slagoffer van Eckard se wraakplan wanneer hy hoor dat hy sy pa se
misdrywe/misdaad openbaar het. √ 1
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13
MANAKA PLEK VAN HORINGS – PIETER PIETERSE
VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN HORINGS – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dit is ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
• Grace se versorging tydens Baas se malaria-aanval laat Baas herstel en maak dit
uiteindelik vir Baas moontlik om op Manaka te bly./Bv. bl. 50: “Dit sal goed wees
as jy nou probeer slaap. Jy gaan gesond word.”
• Grace is die een wat deur haar voorbeeld vir Baas wys hoe omgee in Barotseland
lyk: jy deel wat jy het met mense wat niks het nie soos hy wel maak./Bv. bl. 125:
“Sy is baie oud. En in die groen trommel agter die bed is daar nog van die
blikkiesvis wat jy van Ngweze af gebring het voor jy siek geword het.”
• Grace beïnvloed Baas se verhouding met die Lozi’s, want sy leer vir Baas die
kultuurreëls/-gebruike van haar stam./sy sê vir hom dat hy nie lank in Barotseland
sal oorleef as hy nie die kultuur van die Lozi’s eerbiedig nie./Sy lei hom in besluite:
wanneer hy die stam-polisieman ignoreer, sê sy dit kom neer op die vloek van die
koning./Bv. bl. 89: “Dit is nie iets wat kan wag nie. Die polisieman is die oë en ore
van die khuta," sê Grace. “Die khuta is die oë en ore van die litunga, die koning. Jy
het die koning gevloek.”/Bl. 97: “In ons stam moet jy respek betoon. Ons is mense
wat hande klap om te wys dat ons mekaar respekteer.”/Bl. 94: “As jy nie weet wie
jy kan slegsê en wie nie, sal jy nie jou pontboot klaarmaak nie.”
• Grace glo, soos haar ouma Essie, dat Baas met ʼn spesifieke doel na Manaka
gestuur is, en dis nie om ʼn pontboot te bou nie. Sy vermaan Baas dat die Here hom
oë en ore gegee het om te sien en te hoor wat Hy wil hê Baas moet sien en hoor –
vir haar gaan dit om die sendingstasie./Grace verteenwoordig ouma Essie wanneer
sy ouma Essie se woorde herhaal dat Baas met ʼn doel na Manaka gestuur is./Bv.
bl. 94: “Ook nie die werk waarvoor jy hiernatoe gestuur is nie.”/Bl. 94: “As jy
weggaan, sal die sendelinge ook weggaan.”
• Grace is die skakel tussen Baas en die sendelinge, want Baas se optrede is
vyandig; Grace verduidelik vir Nanna dat dit hoofsaaklik toe te skryf is aan die
nagevolge van die malaria. Sy interpreteer ook vir Baas reaksies van mense, soos
bv. toe oom Scholtzie huil oor ʼn bars antwoord van Baas. Sy probeer dus die vrede
handhaaf sodat die sendelinge sowel as Baas op Manaka kan bly./Bv. bl. 109: “As
ʼn mens oor iemand anders huil, dan huil jy eintlik oor jouself ook.”/Bl. 111: “Grace
het my gesê. Sy sê dit verklaar ook jou irrasionele optrede. Maar dis net tydelik ”
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
• Grace trek (onwetend) ʼn parallel tussen Baas en sy oupagrootjie wanneer sy hom daarop
wys dat hy op Manaka is om die pad vir die sendelinge oop te maak sodat sy op die koop
toe ʼn werk kan kry. Hierdie subtiele beïnvloeding werk, want hy kom uiteindelik tot die
insig dat hy in sy oupagrootjie se voetspore moet volg deur op Manaka ʼn verskil te
maak./Bl. 95: “Om my te help om ʼn werk te kry, en om die pad vir die sendelinge oop te
maak, is miskien party van die werke waarvoor die Here jou na Manaka toe gestuur het.
Miskien is dit ook hoe hy die eerste sendeling gestuur het om Manaka te begin, lank voor
my oupagrootjie se tyd.”
• Grace is die een persoon, naas ouma Essie, wat Baas se vertroue wen, soveel so dat
hy haar met van sy diepste geheime vertrou: hy vertel haar bv. van sy droom oor sy
oupagrootjie, nl. dat hy met hom ʼn denkbeeldige weddenskap aangegaan het om die
skoenlapper te vang wat sy oupagrootjie nooit kon vang nie. Uiteindelik, wanneer hy
oorweeg om weg te gaan omdat die khuta hom verder wil misbruik, is dit Grace wat Baas
aan sy weddenskap herinner en hom sodoende beïnvloed om nie weg te gaan nie./Bv.
bl. 127: “Ek sal jou ʼn storie vertel. Van ʼn skoenlappervanger wat van Kanada af gekom
en nege en twintig jaar in Afrika gebly het. Toe ek ʼn kind was, het ek hom in my gedagtes
gewed dat ek vir hom die skoenlapper sal kan vang wat hy nooit gekry het nie.”/ Bl. 180:
“Die ou man in jou huis sê dis te min.” Sy hou die munt reg voor sy oë. “Hy sê die prys
van die weddenskap is tien bokke en ʼn kind.”
• Grace se aanvoeling vir besigheid is vir Baas op die lang duur baie werd. Sy besef dat
hy, as gevolg van sy goeie hart, dikwels van die vleis wat hy skiet, weggee vir die arm
mense wat op Manaka kom vleis koop. Sy besluit self dat sy die vleisverkope in die
toekoms sal hanteer om seker te maak dat Baas ʼn inkomste het. Daarmee suggereer sy
by voorbaat dat Baas op Manaka gaan bly./Bv. bl. 196: “Hierdie keer sal ek die vleis
verkoop.” Sy vryf haar hande teen mekaar en buig haar knieë ʼn klein bietjie. “Om
besigheid te doen, is nie iets waarmee jy goed is nie.”
• Grace is ʼn mensekenner wat weet wanneer Baas voor moeilike situasies te staan kom.
Subtiel beïnvloed sy hom om die regte ding te doen/regte keuse te maak deur liedjies uit
sy kinderdae te neurie. Sodoende maak sy dit vir Baas moontlik om die regte ding te
doen sodat hy nie in die moeilikheid kom nie en daarom later as leier op Manaka die
voorbeeld kan stel./Bv. bl. 131: “I once was lost but now I'm found, sing sy sag en wieg
haar lyf effens op die maat.”
• Grace speel ʼn groot rol in Baas se konflik oor godsdiens en die Bybel, aangesien sy
onbeskaamd godsdienstig is en volgens haar geloofsoortuiging leef. Sy glo dat die Here
altyd die een of ander boodskap stuur. Sy is ook die een wat Baas meedeel dat “omgee”
van jou ʼn Christen maak. Hy het soveel omgee wat hy bewys, dat dit vir hom net logies
moes wees dat hy op die sendingstasie ʼn plek van omgee behoort te bly./ Bv. bl. 228:
“Die weet waar ek heengaan, hier, en in die lewe hierna.”/Bl. 228: “Omgee, ja, dis
sendingbloed.”
• Grace stel omgee gelyk aan Christenwees. Dis sy wat Baas oortuig dat hy ʼn Christen is
vanweë sy omgee en die feit dat hy weet waarheen hy in die huidige en toekomstige
lewe gaan. Dis hierdie invloed wat so verdiep/groei dat Baas uiteindelik besef dat hy wel
met ʼn doel na Manaka gestuur is. Gevolglik herstel hy die bankies onder die worsboom
en suggereer dat hy die herstel van die kerk sal onderneem./Bv. bl. 228: “Die weet waar
ek heengaan, hier, en in die lewe hierna."/Bl. 228: "Omgee, ja, dis sendingbloed.”
• Grace is vir Baas ʼn hulp. Wanneer hy die bankies herstel, of na sy boot gaan soek, dan
beïnvloed haar hulp sonder dat hy haar vra. Dit laat Baas besef dat ʼn mens nie alleen
kan regkom nie, en dat hy in die toekoms op Manaka vir ander ook beskikbaar moet
wees./Bv. bl. 244: Sy gee koperskroewe aan. Baas skroef die eerste bankie se plank op
die stutpaaltjies onder die worsboom vas./Bl. 246: Hulle loop agtermekaar in die
olifantpad teen die rivier af ”
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15
• Griesel se voorbeeld as ʼn hoogmoedige, onopregte prediker wys dadelik vir Baas die
teenkant van Christenskap. Baas besef dat woord en daad by Griesel nie ooreenstem
nie hy groei tot insig dat sy eie optrede baie meer van Christenskap getuig as Griesel
s’n, wat maak dat hy beter op Manaka as Griesel pas./Bv. bl. 42: “As ek reg onthou,
is dit jy wat die laaste dosis gevat het!”/Bl. 121: “Jy het hier van Manaka af met die
voet Mubuyu toe geloop om vir Tibelelo pille te gee toe sy siek was.”/Bl. 67: “Ek moes
vir hierdie vir hierdie man uitswaai ”/Bl.74: Die bastou breek. Die honde storm.
Griesel ruk die slaaphut se deur oop, struikel na binne en klap dit toe./Bl. 153: “Jy het
ʼn goeie vrou, Du Pisani. Jy moet haar oppas.”
• Griesel word die spieël waarin Baas sy eie doen en late kan kaats wanneer hy
opstandig/ontevrede voel oor die sendelinge sy lewe op Manaka kom omkrap./van
hom tyd/hulp/aandag/die indringing in sy lewe vra sodat hy besef hoe ʼn Christen nié
behoort te maak nie./Bv. bl. 42: “As ek reg onthou, is dit jy wat die laaste dosis gevat
het!”/ Bl. 59: Dominee Griesel du Pisani gooi water uit die wit plastiekkannetjie wat
hy agter op sy bakkie het en was sy hande.”
• As predikant op Manaka erken Griesel dat hy ʼn misplaaste droom gehad het wat Baas
se konflik oor sy eie drome beïnvloed/versterk, want hy sien dat ʼn mens se eie drome
en God se plan nie noodwendig dieselfde is nie. Aanvanklik hou hy vas aan sy droom
om ʼn boot op die Zambezi te kry terwyl die gemeenskap se behoefte aan ʼn geestelike
leier sy planne aanhoudend in die wiele ry./ouma Essie hom kort-kort wys op sy rol as
gestuurde. Daarom groei hy uiteindelik in sy rol as leier op Manaka in./Bv. bl. 122:
“Wat wil jy met die boot maak?” “Ouma Essie staan vas teen Baas "Die drome wat
die kinders van die Here droom, is die drome wat Hy vir hulle géé om te droom, ”/Bl.
122: “So romanties is dit darem nie, ouma Essie. Die boot moet my aan die lewe
hou.”/Bl. 118: “En wie weet of jy nie met die oog op ʼn tyd soos hierdie Manaka toe
gestuur is nie.”
• Griesel se jaloesie as getroude man maak Baas bewus van Nanna as vrou./dat ʼn
mens nie alleen deur die lewe hoef te gaan nie. Baas wil graag alleen wees, want hy
dink hy het nie ander mense nodig nie, maar begin dink oor sy eie eensaamheid./dink
terug aan Fires./dink aan Riekert se woorde. Uiteindelik besef hy, hy kan nie alleen
oorleef nie./hy het ander mense, soos Grace en die Lozi’s, nodig. Hulle het hom ook
nodig./ Bv. bl. 137: "Ek kom goed klaar sonder geselskap."/Bl. 145: Baas se oë soek
na die kuiltjie in haar wang Hulle bly staan elkeen met ʼn punt van die handdoek in
die hand./Bl. 146: Eintlik was Fires se hare meer rooi as bruin. En sy het baie sproete
gehad. Nanna het net ʼn paar sproete en dié lê alles oor haar neus. En hier rond vat
almal maar so ʼn ou lekseltjie roet deur die draad. “
• Griesel se ingesteldheid op die uiterlike beeld/korrekte optrede is in direkte kontras
met Baas wat die goeie nie wíl doen nie, maar nie anders kan as om die goeie te doen
nie. Griesel se voorbeeld/invloed bring Baas tot insig dat ʼn mens se innerlike bepaal
wie en wat jy is: hy is in wese ʼn Christen/ʼn gelowige/ʼn goeie mens wat niks anders as
goed aan mense doen nie. Baas begin besef dat hy dalk met ʼn doel op Manaka is./Bv.
bl. 42: “As ek reg onthou, is dit jy wat die laaste dosis gevat het!”/Bl. 121: “Jy het hier
van Manaka af met die voet Mubuyu toe geloop om vir Tibelelo pille te gee toe sy siek
was.”/ Bl. 59: “Dominee Griesel du Pisani gooi water uit die wit plastiekkannetjie wat
hy agter op sy bakkie het en was sy hande. “
.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
• Griesel se negatiewe reaksie op die Lozi-kultuur/Grace se poging om die witmense in
te lig oor die etiketgebruike van die Lozi’s laat Baas besef dat hy, op Manaka, deel van
die Lozi-kultuur is. Om op Manaka te oorleef, sal hy moet inkoop op die etiketgebruike.
Teen die einde van die roman stap hy en Grace op tipiese Lozi-wyse in die paadjie af,
wat bewys dat hy besluit om op Manaka te bly./Bv. bl. 98: “Dis júlle kultuur.” “Griesel
wil onder die kombuisafdak gaan eet. Nanna trek hom terug in die hut.:”/Bl. 246: “Hulle
loop agter mekaar in ʼn olifantpad teen die rivier af om na die boot wat in ʼn baie ou
kanaal vasgespoel het, te gaan soek.”
• Whitey se vertelling dat dit sy oupagrootjie is wat Manaka begin het, beïnvloed Baas
sodanig dat hy besef dat hy uiteindelik tuisgekom het by sy oupagrootjie se plek./dat
sy kinderdroom om in sy oupagrootjie se voetspore te volg, kan realiseer./Bv. bl. 174:
“O, die ou buffeljagter? Ja, hy was my oupagrootjie. Hy was ʼn Kanadees."/Bl. 174:
Baas is lank stil. Die suising in sy kop is terug. Hy vat Whitey se beker en gee dit ook
vir Grace. Hy haal die ou bruin Bybeltjie met die blink leeromslag van die rak af./Bl.
226: “Whitey gryp Baas vas. Baas gee vir hom die Bybel.”
• Whitey se erkenning dat sy oupagrootjie die Kanadees is wat Manaka begin het, laat
Baas tot die insig groei dat hy nie langer aan sy oupagrootjie se Bybel kan vasklou nie,
want deur die Bybel aan Whitey te gee, sal Whitey besef dat sy van nie “Dennis” is nie,
maar “Chipman.”/sal Whitey besef dat die familieverbintenis vir Baas belangrik is./ Bv.
bl. 175: "Ek stel belang. Sê my, dié oupagrootjie van jou, wat was sy van?” Baas gee
met 'n bewerige hand sy leë koffiebeker vir Grace aan. “Dennis. Dis my van ook. Is jy
seker dis jou van?”/Bl. 175: “Dit lyk dalk nie vir jou so nie maar hierdie takhaar kom uit
ʼn bloedlyn van sendelinge.”/Bl. 177: “Nege en twintig jaar, om presies te wees, wil
Baas vir hom sê, maar die woorde wil nie kom nie.”
• Whitey gee met sy vertelling oor sy oupagrootjie aan Baas die insig dat hy iewers
behoort/sendelingskoene het om vol te staan. Wanneer Baas sy oupagrootjie se Bybel
aan Whitey gee, deel hy vir die eerste keer die Evangelie met iemand as bewys dat hy
sy oupagrootjie se plek gaan inneem./Bl. 225: "Ek wil jou iets wys.” Baas vat Whitey
se beker en gee dit ook vir Grace. Hy haal die ou bruin Bybeltjie met die blink
leeromslag van die rak af./Bl. 226: Whitey gryp Baas vas. Baas gee vir hom die Bybel.”
• Whitey se droom oor die verlore boot/se soektog na die verlore boot laat Baas besef
dat hy in Whitey iemand het wat sy belange op die hart dra./se aankondiging dat hy die
verlore boot in die Liabwa la Twelve gevind het, bring Baas tot die insig dat hy op
Manaka selfs sy droom ten opsigte van sy boot kan realiseer./dat hy op Manaka kán
bly./Bv. bl. 224: "Ek kom eintlik net hoor of ek nie daardie seuntjie by jou kan leen nie
• Ek het ʼn droom gehad."/Bl.245: “Die boot het nie verby die waterval gedryf nie. Dit
het in Liabwa la Twelve dwars gedraai en sit nou in die kanaal vas.” “Jy het die boot
gesién?” vra Grace vir Sitali.”
• Dat Whitey Baas se rol in die gemeenskap erken deur vir Baas planke vir die herstel
van die bankies te bring, beïnvloed Baas/bring vir Baas die insig dat hy sy rol as
geestelike leier nie langer kan ignoreer nie./hy ʼn verantwoordelikheid het om in alle
opsigte in sy oupagrootjie se voetspore te volg – daarom herstel hy die houtbankies
sodat Manaka – plek kan wees waar die gemeenskap kan byeenkom, soos in die tyd
van sy oupagrootjie./Bv. bl. 223: “Hierdie is joune. Jy het daardie dag gesê jy wil bankies
bou. Ek het sommer stutpaaltjies ook saamgebring.”/Bl. 244: Sy gee koperskroewe aan.
Baas skroef die eerste bankie se plank op die stutpaaltjies onder die worsboom vas.”
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17
VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
9.1 Grace √ 1
9.2 Ouma Essie volg in haar man/die Induna of God se voetspore/tree. √ 1
9.3 Nadeel: Hy is nie daar toe die sendelinge/Griesel by sy plek inbreek/sy plek
beset nie./Hy kan nie aan sy boot werk nie./ Die siekte maak hom afhanklik
van Grace./ander mense. √
Voordeel: Hy leer dat ʼn mens ander mense/iemand soos Grace in jou lewe
nodig het./gewoond daaraan raak om na Grace se raad/leiding te
luister./ontmoet vir Whitey. √
Ja.
Griesel keer nie na Manaka terug nie, wat Baas se konflik oor die man (en
sy vrou) ophef./
Baas kan rustig voortgaan met sy lewe sonder om verantwoordelik te wees
vir die sendelinge./
Die sendeling se afwesigheid veroorsaak dat Baas die rol van geestelike
leier inneem./vir die voortgang van geloof op Manaka sorg./in die sendeling
se plek die werk doen. √√ 4
Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
9.4 Die Bosoorlog/Grensoorlog/Die konflik tussen die Suid-Afrikaanse magte
en die inheemse bevolking. √
Grace het nie meer ouers nie./moet vir die verdere verloop van haar
lewe by ouma Essie bly. √ 2
Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
9.5 Derdepersoonsverteller √ 1
Hy/Sy weet nie wat Sitali./die siek vrou dink nie./kan net rapporteer wat
Sitali/die siek vrou doen./is ʼn objektiewe waarnemer wat nie die
vrou/Sitali/ouma Essie se gedagtes. √ 1
9.6 Hy vervoer Baas na die hospitaal op Ngweze. √ 1
Hy kry nie vir Grace as vrou nie./ Hy word nie die nuwe hoofindoena nie./
Hy kry nie ʼn aandeel in Baas se bootbesigheid nie. √ 1
9.7 Die leser voel positief oor mnr. Jos wanneer hy (later) die hoofindoena
word./ Omdat die leser weet dat meneer Jos ʼn Christen is, verwag die leser 1
positiewe dinge van hom. √
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
18 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
9.8 Hy gee sy/hulle oupagrootjie se Bybel vir Whitey. 1
Hy sê vir Whitey wat sy van is./gee aan Whitey korrekte inligting oor sy
regte van. 1
Hy wil daarmee die familieband tussen hulle bevestig./bevestig dat hulle
dieselfde oupagrootjie het./
Hy weet die Bybel sal Whitey oortuig van sy (Baas se) opregtheid./
Hy wil vir Whitey wys hy gee vir hom om./sy eie kennis oor sy oupagrootjie
uitbrei deur inligting by Whitey te kry./help dat Whitey se kennis oor sy 1
oupagrootjie uitbrei.
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
9.9 Sy wil Baas dwing om by die gemeenskap betrokke te wees./
Sy weet moontlik wie die nuwe hoofindoena is./dat die nuwe hoofindoena
(wat ʼn Christen is en ander nie sal uitbuit nie) vir Baas positiewer
omstandighede (bv. geen uitbuiting d.m.v. konsessies/korrupsie) sal
meebring./
Sy wil verseker dat Baas goeie verhoudinge met die
hoofindoena/khuta/gemeenskap het./die Lozi’s se gebruike ken./
Sy aanvaar reeds dat hy die geestelike leier op Manaka is./wil hê dat hy
self sy rol in die gemeenskap moet raaksien./moet besef dat hy met ʼn doel
op Manaka is. 1
9.10 ʼn Mens kan selfs, wanneer jy dink dat jy jou geloof verloor het, dit weer
terugkry./ʼn Mens verloor nie regtig jou geloof nie./
ʼn Geloof-/godsdiensstryd maak jou ʼn sterker mens./
God roep elke mens vir ʼn taak./doel./
Die drome wat mense droom, is drome wat God gee. 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
Ja, hy lees ten aanskoue van almal/ander mense uit die Bybel, terwyl hy
aanvanklik niks met godsdiens te make wou hê nie./
Hy gebruik sy ma se Bybel (omdat hy sy oupagrootjie se Bybel weggegee
het) terwyl hy aanvanklik nie die Bybel wou saamneem Manaka toe
nie. 2
Die kandidaat bied TWEE soortgelyke redes vir EEN punt elk aan.
Die kandidaat se antwoord moet die groei/verandering by Baas aandui, of
dit suggereer.
Die kandidaat kan nie ʼn NEE-antwoord aanbied nie.
9.11 Hy kap dit teen die stutpaal op Manaka/by die ingang van Manaka vas. √ 1
Dit suggereer dat hy nie (van Manaka) weggaan nie./op Manaka gaan
bly./
Dit suggereer dat hy sy plek op Manaka gaan volstaan./
Dit suggereer dat hy in sy oupagrootjie se voetspore gaan volg./sy
oupagrootjie se tradisie sal voortsit. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 19
9.12 Ouma Essie se lewensomstandighede is die gevolg van die khuta wat haar
van Manaka af verwyder het./As gevolg van die khuta se gierigheid het
hulle ouma Essie van Manaka af verwyder in die hoop dat hulle die plek
1
verhuur kan kry. √
Dis moontlik, want hy heg waarde aan godsdiens./sendingwerk./loop ʼn
reguit pad./ sal nie deur geld/korrupsie verlei word nie./
Nee, dis onwaarskynlik, want ouma Essie is reeds sterwend. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
20 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
VATMAAR – AHM Scholtz
VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
• Tant Wonnie bly in Vatmaar net na die Anglo-Boereoorlog gedurende ʼn tyd
wat gekenmerk word deur armoede/werkloosheid/swaarkry. Tant Wonnie
kry gevolglik baie swaar en moet daagliks hard werk bloot om te kan
oorleef./Bv. bl.111: En soos dit gaan met mense wat regtig arm is, is die water en
die meeste van die bulletjie se vleis met die mense gedeel.
• Tant Wonnie leef teen die agtergrond van die Anglo-Boeroorlog; sy is
alleenouer na Heinrich se dood in die oorlog./Bv. bl.111: ... wat Tant Wonnie
se man geplant het die dag voor hy weg is oorlog toe ... /Bl. 179: Ja Mineer, ag,
en Heinrich het gesê as hy terugkom van die oorlog af, sal ons met ʼn ring trou.
Maar my Heinrich het nooit van die oorlog teruggekom nie.
• Vatmaar is ʼn nedersetting waar uitgewekenes wat nêrens elders welkom is
nie, woon Tant Wonnie se Duister-Baster afkoms maak haar onaanvaarbaar
in die wit gemeenskap./ In die Vatmaar – gemeenskap beleef sy eweneens
baie jaloesie en haat./ Bv. bl. 125: Een koue wintersoggend het Tant Wonnie
wasgoed vir ʼn swart Bruinvrou gewas – die soort wat wit bruinmense haat./Bl.112:
Uit jaloesie is daar slegte dinge oor Tant Wonnie gesê.
• Die Vatmaar-gemeenskap word deur vooroordeel gekenmerk – iets wat Tant
Wonnie ook ervaar: die haat van swartmense (bv. Settie September)
veroorsaak dat sy vals beskuldig word./gehaat word./ná die vals
beskuldigings oor die sg. diefstal word sy (onskuldig) gebrandmerk deur
Vatmaar se mense sodat sy van hulle vervreemd raak. Bv. bl.125: ... dié soort
wat wit bruinmense haat./Bl. 127: Sy’s ʼn dief! Sy’s ʼn dief! Tant Wonnie het haar
kop gelig en na hulle gekyk want hulle het haar nie bang gemaak nie./ Bl.125:
Mev. September stamp haar weer in die modder en hou aan skree: Djy’s ʼn dief,
jou wit baster!/Bl. 126:Settie, het hulle gesê om haar te troos, om te dink ons het
haar altyd gevetrou./Bl. 229: Djy wiet, ek sê gehelle sy is dangerous en sy het baie
sterk toormedisyne.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 21
• Tant Wonnie, net soos die mense in Vatmaar, is arm/het min besittings/leef
onder die broodlyn/moet baie hard werk om te kan oorleef. Tant Qonnie het
op genade in ʼn buitekamer gebly./op die grond geslaap./Die gevolg van
hierdie armoede was dat Tant Wonnie op verskillende plekke en vir
verskillende mense gewerk het in die hoop dat hulle haar iets sou gee om
van te leef./Bv. bl.111: En soos dit gaan met mense wat regtig arm is, is die
water en die meeste van die bulletjie se vleis met die mense gedeel./Bl. 112:
Sonder om te dink wat môre sal bring, het hulle wakker gelê op hulle grondbed,
sonder begeertes en sonder hoop, so gelukkig en tevrede .../Bl. 112: Tant
Wonnie was die wasvrou en veral mense met ʼn donker velkleur het daarvan
gehou dat sy vir hulle werk. Dit was die meeste van die tyd in ruil vir iets om te
eet en Tant Wonnie het met trots gesê: Ons het nog nooit honger gaan slaap
nie.
• In Vatmaar beleef Tant Wonnie rassisme, want sy is te donker om in ʼn wit
gemeenskap tuis te voel, maar vir die Vatmaar-gemeenskap is sy te lig:
Settie September beskuldig haar vals omdat sy haar haat; sy moet geboei
voor die perd uitloop toe sy polisiestasie toe geneem word./Bv. bl. 125: Mev.
September stamp haar weer in die modder en hou aan skree: Djy’s ʼn dief, jou
wit baster!
• Tant Wonnie ervaar op Vatmaar ook magsmisbruik: Piet de Bruin probeer
om haar te verkrag wat vir haar traumaties is./haar opnuut haar liefde vir
Heinrich laat ontdek het./Bv. Bl. 134: Daardie Saterdag het ek byna vir hom
ingegee, het Tant Wonnie nou sit en dink. Maar danksy my geliefde Heinrich,
wat vir my nog lewendag was al het hy nie meer geleef nie, kon ek my teensit.
• Die magsmisbruik wat daardie tyd kenmerk, bring vir Tant Wonnie baie leed
wanneer haar dogtertjie Kaatjie sterf as gevolg van die
baba/tronkstraf/gebrek aan mediese versorging./sy verloor haar kind as
gevolg van Mevrou Bosman se verkeerde vermoede dat haar man
verantwoordelik is vir Kaaitjie se swangerskap omdat dit uitloop op
tronkstraf en haar (Kaatjie se) dood. Bl. 268: Toe haar kind die laaste swakke
asem, uitblaas, het sy buite teen die ou doringboom gaan staan. Haar oë was
oop, maar sy het niks gesien nie ...
• Tant Wonnie se lewe op Vatmaar na Heinrich se dood is gekenmerk deur
armoede en swaarkry omdat sy nie wettig met hom getroud is nie en dus
nie geregtig is op sy oorlogspensioen nie. Dit dompel haar in armoede./
veroorsaak dat sy daagliks baie hard moet werk om te kan oorleef./Bl. 201:
Toe ek die telegram kry dat jou pa dood is, is ek na die army se pay- office toe
... Ek het gesê ek is nooit met die ring getroud nie ... Sorry I can’t help you.
• Vatmaar se mense het in daardie tyd nie respek teenoor ander se besittings
getoon nie, die naam “Vatmaar” dui aan dat jy mag vat wat jy nodig het.
Tant Wonnie is baie sleg benadeel deur hierdie gewoonte /milieu; met haar
terugkeer na haar huis ná Sannah Vosloo se dood tref sy haar huis in totale
chaos aan, want al haar besittings is deur Vatmaar se mense uit haar huis
gevat./Bv. bl.136: Al die maande wat hulle weg was, was daar niemand om agter
hulle buitekamer te kyk nie. ... Alles wat binne was, was geplunder.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
22 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
• Die gebrek aan menseregte in die tyd toe Tant Wonnie in Vatmaar gewoon
het, het haar sleg benadeel. Toe sy (vals) van diefstal beskuldig en geboei
voor die perd uitgejaag word, is sy verneder wat daartoe gelei het dat sy
haar onttrek aan God./ sê dat sy nie deel van húlle God wil wees nie./dat sy
ʼn nuwe insig in die liefde ontwikkel in die wete dat die liefde goed én sleg
kan wees./Bv. bl. 130: Ek wil nie deel wees van hulle se God nie.
• Die nydigheid/haat/vooroordeel wat Tant Wonnie se tyd in Vatmaar
kenmerk, lei tot positiewe gevolge vir Tant Wonnie wanneer sy in Du
Toitspan erkenning kry vir haar verbintenis met Heinrich: sy kry ná die vals
beskuldiging haar maandelikse pensioen./Bl. 180: Oh yes, and report to me
within seven days if she has been granted a war widow’s pension.
• Die regspraak in Du Toitspan is aan Tant Wonnie se kant, want sy ontvang
vergoeding vir haar vernedering nadat sy in Vatmaar in hegtenis geneem is
om soos ʼn misdadiger in die hof te staan wanneer die magistraat haar
onskuldig bevind./die hof gelas dat daar vir haar ʼn rok en skoene gekoop
moet word./sy ook finansieel vergoed word vir haar onkoste en ongerief./
Bl. 180: You are free to go, Mrs. Müller ... Tant Wonnie se innerlike wese het
verby haar uiterlike omstandighede gestraal en by almal respek afgedwing./Bl.
180: Toe draai die magistraat hom na die aanklaer: See that this woman receives
a new pair of shoes and dress. Also transport her back to .../Bl. 180: Oh yes, and
report to me within seven days if she has been granted a war widow’s pension./Bl.
181: Veels geluk, het hul geglimlag, Mevrou Müller – en sy hand vir haar uitgehou.
• Die reg en geregtigheid/vryspraak/erkenning van haar onskuld in Du
Toitspan herstel Tant Wonnie se menswaardigheid in Vatmaar; die
oorlogspensioen wat sy met behulp van die magistraat ontvang, maak haar
vry: dit stel haar in staat om nie meer ander mense se wasgoed te doen
nie./Susan is vry van die vernedering wanneer sy die Venters se bokke
moes melk./Bl. 194: Die Venters se lui seuns kan van nou af hulle se eie
melkwerk doen.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 23
VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
11.1 ʼn Gemengde huwelik was in daardie tyd besonder vreemd./ongewoon./
Dit was buitengewoon dat ʼn opgeleide Engelse soldaat na die Oorlog in
Suid-Afrika agterbly om met ʼn doodgewone vreemdeling te trou. √ 1
11.2 Vatmaar bied ʼn heenkome vir mense wat op ander plekke nie inpas nie./
In Vatmaar is alle mense welkom wat op ander plekke onwelkom is./
Vatmaarmense onderskei nie./oordeel nie. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
11.3 Hy word vir drie maande langer betaal as wat hy gewerk het. √
Hy kry werk as assistent van die “town surveyor”./ʼn witmenswerk. √ 2
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
11.4 11.4.1 Oupa Lewies praat met mr. Walker oor ʼn moontlike nedersetting
wat hy toe op die raadsvergadering se agenda plaas./Omdat
Oupa Lewies graag op so ʼn plek saam met Ruth wil bly, noem hy
die saak aan mr. Walker/die army captain wat vir toestemming 1
sorg.
11.4.2 Oom Chai kry die plan om ʼn nedersetting buite Du Toitspan/naby
die vlei te begin./Oom Chai vertel vir Oupa Lewies van sy plan om
ʼn nedersetting naby die vlei te begin. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
11.5 Oom Chai laat sê die kinders op Saterdae die Onse Vader in Afrikaans
op. √
Oom Chai speel ʼn beduidende rol in die gebruik van die kerk as ʼn 2
Afrikaanse skool. √
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
11.6 11.6.1 Sy besluit om met Bettie te trou. 1
11.6.2 Hy ervaar innerlike konflik, omdat hy soos ʼn jongman met Bettie
probeer dans, omdat hy nie wil aanvaar dat hy ʼn ou man is
nie./terwyl sy ouderdom hom in die verleentheid stel./
Hy voel ernstig daaroor dat hy Bettie liefhet, terwyl Boitjie hom
wrewelrig maak/hom met haat vul, omdat hy vir Chai ʼn bedreiging
inhou./dit duidelik is dat Bettie in Boitjie belangstel./
Chai voel ontnugterd, omdat hy sy totale menswees by Bettie se
doen en late aangepas het, maar besef dat hy ʼn totale gek van
hom gemaak het./deur die gemeenskap uitgelag word./
Chai hou van stilte/stemmigheid/waardigheid, maar moet dit
prysgee om die frustrasie van Bettie se musiek/
lawaai/uitspattigheid te verduur. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE innerlike konflikte vir EEN punt elk
aan.
Die kandidaat bied beide kante van die konflik vir EEN punt aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
24 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
11.7 11.7.1 Tant Wonnie deel haar kennis oor kruie met almal./
Water word met almal gedeel./
Tant Wonnie versorg ander mense se grafte in die
begraafplaas./
Missus Wingrove laat toe dat Tant Wonnie haar huis vir
dieselfde prys as wat dit verkoop is, terugkoop./ Tant Wonnie
betaal die geld vir Settie September-hulle se rit Vatmaar
toe. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE soortgelyke voorbeelde vir EEN
punt elk aan.
11.7.2 Nee.
Sy kla Tant Wonnie valslik van diefstal aan sodat Tant Wonnie
gevange geneem word. √
Sy drink al Tant Wonnie se gemmerbier uit. √
Sy vertel dat Tant Wonnie ʼn maloi/heks is./vertel leuens vir Sus
Bet oor Tant Wonnie. √ 3
Die kandidaat bied DRIE soortgelyke redes vir EEN punt elk
aan.
Die kandidaat kan nie ʼn JA-antwoord aanbied nie.
11.8 11.8.1 Sy kry haar eerste pensioengeld. √ 1
11.8.2 Sy het ʼn huweliksertifikaat gekry./
Sy het vir Heinrich se oorlogspensioen gekwalifiseer./
Sy het klere./skoene./ʼn dag se uitgawes./kos ontvang./
Sy is met die beskikbare transport teruggeneem Vatmaar
toe. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
11.9 Tant Wonnie moet die twee doodskiste oppas totdat dit benodig word. √ 1
11.10 ʼn Mens verwag dat die lantern vir Suzan geluk/vreugde sal inhou; in
werklikheid is dit dieselfde lantern wat die huis laat afbrand./wat
veroorsaak dat alles wat Suzan besit, in die brand vernietig word. √ 1
Die kandidaat bied beide kante van die ironie vir EEN punt aan.
11.11 11.11.1 Ma Khumalo neem vir Norman v/d Westhuizen (van ʼn ander
rassegroep) in haar huis as haar eie kind. √ 1
Kenny kry Kaaitjie, wat nie sy ouers se goedkeuring sal
wegdra nie, lief./
Kenny aanvaar vir Suzan, wat nie sy kind se ma is nie, as
vrou./sy kind se nuwe ma. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 25
11.11.2 Ja.
Suzan kry saam met haar ma baie swaar./ly honger en
armoede, omdat haar pa in die oorlog dood is./haar ma en pa
nooit wettig getroud is nie./moet Kaaitjie se kind grootmaak
nadat dié onverwags sterf./verloor haar huis a.g.v. ʼn
brand. √ 1
Nee.
Harry Look bedank sy werk by die hotel toe Liza nie langer daar
welkom is nie./koop sy eie winkel toe die deure by die hotel vir
Liza toegaan./toe Liza sy kind verwag./kry nooit onregverdig
swaar nie – hy bedank uit eie keuse./se winkel is baie
suksesvol omdat hy regverdig is. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke motivering vir EEN punt aan.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
26 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
AFDELING B: ROMAN
VRAAG 12: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE
NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DIE DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dit is ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat verskaf ʼn gepaste inleiding.
• Haar ouers bewys aan Iris dat jy in die huwelik vreedsaam verby mekaar kan
leef, want haar ouers woon gemoedelik vir ʼn tyd afsonderlik./Bv. bl. 82: “Trou?”
het ek gevra. “Ek wil nie trou nie.” My redes was moeilik verklaarbaar, selfs
aan myself. Die onwilligheid was nie net vanweë my eie ouers se huwelik nie;
ek het dit trouens goedgekeur dat Pa weg is om te doen wat hy altyd na verlang
het. Hy en Ma was nie kwaaivriende nie; hy het gereeld huis toe gekom, al
was dit net dat sy ʼn slag sy klere kon heelmaak.
• Die feit dat Iris se ouers in afsonderlike woonplekke binne hul huwelik
funksioneer, laat haar met die idee dat dit dalk ʼn oplossing vir konflik in die
huwelik kan wees./ Bv. bl. 74: “Ek gee nie om wat julle sê nie,” het Pa beslis.
“In Desember trek ek bosveld toe. Die wat wil bly, kan bly.” Ma het gebly./Bl.
55: ... en Ma en Pa het in gemoedelike onbegrip saamgeleef.
• Iris besef dat liefde en omgee in ’n verhouding verlange meebring,
wanneer haar ma plaas toe trek om haar eie alleenheid op te hef./Bv. bl. 213:
Ongeveer 'n jaar na ons getroud is, het Ma aangekondig dat haar dae leeg
geword het en haar aande selfs erger.
• Haar ouers se gebrek aan kommunikasie in die huwelik laat by Iris die
persepsie dat gebrekkige kommunikasie binne verhoudings aanvaarbaar
is./Bv. bl. 56: Ma en Pa het in gemoedelike onbegrip saamgeleef.
• Haar ouers se gebrek aan kommunikasie in hul huwelik laat Iris met die
oortuiging dat sy nie gaan trou nie omdat sy bang is dat sy binne so ʼn
verhouding vasgevang gaan raak./Bv. bl. 82: “Ek het net geweet dat ek nie
vasgevang wou word nie. Ek wou nie aan tafel sit, oorkant ʼn mens wat nie
meer na my luister nie.
• Elsa en Hannes se saaklike, koue huwelik laat Iris besef dat ʼn huwelik
sonder warmte moontlik kan wees./Bv. bl. 82: Dit was ook nie te wyte aan EIsa
en Hannes se saaklike, geordende huwelik …
• Elsa se onromantiese onderklere/onromantiese en nugter siening van
die huwelik skok Iris se idee van ʼn romantiese huweliksnag./Bv. bl. 23: Ek
was geskok toe ek die trourok oor haar kop trek en op die bed neersit en sy
voor my staan in die mees voorstedelike stel onderklere wat ek nog gesien
het.
• Hannes se ontrouheid binne hul huwelik laat Iris besin oor die waarde
van die huwelik, omdat sy nie verwag het dat Hannes ontrou sou wees
nie./Bv. Bl. 193: “Kan jy dit glo?” het ek gefluister./“Maar Hannes!”
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 27
• Elsa se nonchalante aanvaarding van Hannes se ontrouheid veroorsaak
dat Iris oor die waarde van die huwelik besin./Bv. bl. 193: “Hy kul my,” het EIsa
gesê. “Met ʼn student van hom”.
• Die feit dat die romanse in Hannes en Elsa se huwelik afgekoel het na die
geboorte van hul seuntjie, het Iris laat besef dat die romantiek binne die
huwelik naderhand afneem./Bv. bl. 68: maar teen die tyd dat die kind twee jaar
oud was, kon ek min romanse in die situasie sien.
• Elsa raak later in haar huwelik ’n beter en gemakliker ma en vrou wat Iris
bewus maak daarvan dat ʼn huwelik later van tyd positiewe gevolge kan
inhou./Bv. bl. 190: ... het stralend op en af gedraf met bottels en nat wasgoed
en gortwater.
• Elsa en Hannes se gemoedelikheid met mekaar later in hul huwelik laat
dit vir Iris lyk of ʼn mens in die huwelik jou eie menswees kan verloor en so
opgevang kan raak in die ander persoon./Bv. bl. 55: EIsa en Hannes het
mekaar “Mammie” en “Pappie” genoem ...
• As Kara weier om aan trou en kinders te dink, laat dit Iris wonder oor
kinders in die huwelik./Bv. bl. 28: Ek is nie ʼn broeikas nie. My lyf behoort aan
my./Met die eerste oogopslag het swangerskap my nie getref as iets romanties
nie, maar ek het darem geglo dat ʼn mens niks durf verwerp totdat jy dit self
probeer het nie.
• Kara se saambly en latere terloopse troue met Claude is vir Iris ʼn
aanduiding dat die huwelik tog ʼn opsie behoort te wees, want selfs Kara sien
daarvoor kans./Bv. bl. 191: “Ons is lankal getroud.”
• Die gemoedelikheid en liefdesgebare tussen Kara en Claude wat Iris
tydens haar kuier by Kara ervaar, maak die begeerte om ook in so ʼn
verhouding te wees by Iris wakker./ Bv. bl. 91: ... ‟ʼn gebaar so vol liefde dat
ek vinnig weggekyk het, meteens hol van verlange na Peter en iemand van
my eie om lief te hê.
Die kandidaat verskaf ʼn gepaste slot.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
28 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 13: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
13.1 Toe Elsa swanger was. √ 1
Die fiktiewe Peter se rol was net om die hoofkarakter/Greta swanger te
maak./Peter is in ʼn motorongeluk dood √ 1
13.2 Sy aanvaar dat Peter ʼn losbol is./baie meisies het./gewild is onder die 1
meisies. √
Peter bly in Amerika getrou aan Iris./gaan in Amerika nie met ander
meisies uit nie. √ 1
13.3 Die feit dat haar naam ʼn blomoomblik impliseer, maak die keuse tussen
Peter en die modelkontrak moeilik. √ 1
EN
Ja.
Sy dink sy is doodgewoon/nie buitengewoon nie/minderwaardig, want
Iris se pa spot (dat sy pers van kleur was/flappende hande en voete by
geboorte gehad het) oor haar naam./
Sy dink sy vervul 'n ondergeskikte rol omdat die woordeboek aandui dat
haar naam "in diens van hoëre gode" beteken./
Eers nadat Iris minder obsessief oor haar naam is, verbeter haar
selfbeeld./
Sy soek na haar identiteit. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
Die kandidaat kan nie NEE as antwoord aanbied nie.
13.4 (Na ʼn vakansiehuis in) Vermont/Kanada. √ 1
EN
Die gesin wat saam met hulle in die huis bly, is gedurig in konflik met
mekaar./
Die kinders en die pa se meisie kom nie klaar nie./
Bettie verval in selfbejammering a.g.v. te veel alkohol./
Bettie lig heeltyd die negatiewe uit oor haar verhouding met Brian. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 29
13.5 Dit maak die roman geloofwaardig deurdat Iris as ʼn mens met fantasieë
uitgebeeld word.
Iris word as ʼn geloofwaardige/eerlike karakter uitgebeeld./
Dit berei die leser voor op die groeiproses in Iris tot by die punt dat sy
nie meer fiktiewe karakters nodig het om haar lewe op te kikker nie. √√ 3
Die kandidaat bied TWEE funksies vir EEN punt elk aan.
EN
Nee.
Vir Iris is die Engel ʼn werklikheid./iemand met wie sy gesprekke voer./vir
wie sy opdragte gee./vrae vra./
Sy ontstel haar soms oor die Engel se optrede/gebrek aan optrede wat
aandui dat hy nie 'n fiktiewe karakter is nie./
Haar storieboekkarakters word maklik in-/uitgeskryf, terwyl die Engel
selfs aan haar ouma bekend was./nêrens uitgeskryf/ingeskryf word nie./
Iris erken self dat fiksie en werklikheid vir haar oorvleuel – die Engel is
dus vir haar werklikheid./
OF
Ja.
Iris besef later dat die Engel net fiksie is, want hy word deursigtig
wanneer hy (deur die pietersielieplant) op die vensterbank beweeg./
Die Engel merk teenoor Iris op dat sy hom in aardse terme wil
ontleed. √√ 3
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
13.6 Iris is ʼn dromer/naïef/leef met haar kop in die wolke, terwyl Greta ʼn
praktiese/realistiese karakter is./
Iris vlug van haar probleme af deur haar fantasieë, terwyl Greta self haar
werklike probleme hanteer./oplos./
Iris is afhanklik van mense om haar/nie in staat om selfstandig te
funksioneer nie, terwyl Greta onafhanklik is./weier om hulp van ander
mense te aanvaar./
Iris is inskiklik/laat toe dat ander mense haar voorsê/manipuleer, terwyl
Greta ʼn sterker persoonlikheid het./vir Peter as klankbord/trooster
optree. √√√ 3
Die kandidaat bied DRIE kontrasterende karaktereienskappe vir EEN
punt elk aan.
Die kandidaat bied albei dele van die kontras vir EEN punt aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
30 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
13.7 Iris was seker dat sy nooit wil trou nie/nie in ʼn huwelik vasgevang wil
wees nie, terwyl sy hier met Peter trou. √ 1
Die kandidaat bied albei dele van die vooropgestelde idee vir EEN
punt aan.
13.8 Sy het Elsa se onromantiese klere tydens haar troue gekritiseer, maar
by haar eie troue laat sy vir haar ʼn trourok van (haar skoonma) se ou
kantgordyne maak./dra sy ʼn onromantiese trui bo-oor haar trourok. √ 1
13.9 In die slot is die Engel ook op die agtergrond./In die slot sweef die
Engel in die ondertuin./eenkant van Iris en Johanna./
Iris het nie meer die raad van die Engel nodig nie. √ 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
13.10 Voor die troue:
Die Engel beskerm haar nie van die konflik wat ontstaan het tussen
haar en Peter as gevolg van Joe Pryor se modelkontrak nie./
Die Engel beskerm nie vir Iris teen die vuurhoutjiedosieman se slenter
dat sy die rekening moes betaal nie./
Die Engel het nie gekeer dat Bettie “gif” drink nie./
Die Engel beskerm nie vir Iris toe sy haar enkel breek nie./
Die Engel faal vir Iris deur nie te voorkom dat haar enkel skeef
aangroei nie. √√
Die kandidaat bied TWEE insidente vir EEN punt elk aan.
EN
Na die troue:
Die Engel beskerm nie vir Peter, haar man, toe sy oë in die
sweisongeluk beseer word nie.
Die Engel erken dat hy nie vir haar/haar familie gaan beskerm teen hulle
eie keuses nie, bv. die stoof afskakel/haar vang as sy van die dak gaan
afspring nie.
Iris blameer die Engel dat hy nie haar familielede (Hannes) teen
versoekings beskerm nie. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE insidente vir EEN punt elk aan.
13.11 Hy gee haar raad om nie die man/haar skoonpa te treiter nie./as hy sê
dat dit nie saak maak wat haar skoonpa dink nie. √ 1
Die kandidaat kan nie NEE as antwoord aanbied nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 31
13.12 Iris benodig fantasiekarakters om haar gelukkig te maak./op te
kikker./om te ontsnap van die werklikheid. √ 1
Ja.
Iris se werklikheid is mooier as die verbeelde werklikheid/lewe saam met
Peter bevredig al haar behoeftes/wil nie meer van die werklikheid
ontsnap nie wat Greta oorbodig maak. √ 1
EN
Vir Iris was die Engel nooit ʼn fantasiekarakter nie./was hy van jongs af
deel van haar lewe./gesin./Sy het die Engel van haar ouma geërf./
Hy het nie haar tyd in beslag geneem nie. √ 1
Die kandidaat kan nie NEE as antwoord aanbied nie.
[25]
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
32 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ‘n toepaslike inleiding aan.
• Ons ontmoet Antie Grootmeisie as ’n gebroke vrou, want haar seun was
verantwoordelik vir die dood van sy vriend en indirek ook haar dogter. Hy het haar
in hierdie neerdrukkende omstandighede waarin sy haar bevind, deur sy optrede,
gedwing.
• Antie Grootmeisie probeer in die tronk moedig na Apostel George luister, maar
vind dit moeilik om te kommunikeer en te sê dat sy Map vergewe.
• Dit is duidelik dat sy lief is vir Map, want sy besoek hom in die tronk en versaak
hom nie, al het hy haar teleurgestel.
• Sy kan hom egter nie vergewe vir wat hy gedoen het nie, want die seer is nog te
rou. Antie Grootmeisie se verlies is groter as haar vermoë om Map nou reeds te
vergewe.
• Antie Grootmeisie luister aandagtig na Map se skuldbelydenis in die tronk,
maar totale verandering het nog nie in haar karakter plaasgevind nie. Innerlike
konflik staan in haar pad tot heelwording.
• Aan die einde van die roman val Map in boetedoening voor haar neer en ons
sien dat sy Map eindelik vergewe. Groei het dus plaasgevind en vergifnis het
ingetree.
• Toe Antie Grootmeisie aan die einde van die drama weer praat, was dit ’n
duidelike bewys dat sy kon groei om vergifnis in haar hart vir haar seun te vind.
• Antie Grootmeisie is ook eindelik vry van die hartseer verlede toe sy dit regkry
om te kommunikeer en sy vir Map Johnnie noem.
• Cavernelis werk hard en skeep sy vrou af, maar hy glo dis vir ’n groter plan – om
uit die township te kom.
• Hy laat toe dat sy dogter, Blanchie, by die Lonely Hearts werk, wat op ’n swak
karakter dui. Hy sal tot uiterstes gaan in sy pogings om ’n beter lewe te verseker.
• Cavernelis se obsessie om uit die township te kom, vervreem hom van ander
mense en daarom is persoonlike groei nie baie moontlik nie. Hy bly ’n buitestaander
met wie die leeglêers skoorsoek.
• Hy is ’n alleenstaander wat nie in die gemeenskap inpas nie en sosiale groei
vind nie plaas nie. Sy beroep en besluite vervreem hom van die mense van die
Kaapse Vlakte.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 33
• Toe hy eindelik besef dat hy sy vrou en dogter seergemaak het, was dit vir hom
’n ontnugterende ervaring, want hy het kontak met die werklikheid verloor.
• In plaas van positiewe verandering, pleeg hy selfmoord toe hy besef dat sy kans
op uitkoms min is. Cavernelis gee dus moed op en kies ’n ander uitweg toe hy besef
sy drome gaan nie waar word nie.
• Dis hartseer dat Cavernelis se karakter nie positief gegroei het nie, want sy
bedoeling om sy gesin uit die township te kry, was goed en positief.
• Cavernelis mag gedink het dat hy ontsnap van sy omstandighede, maar hy is
nooit vry van die ellende van die Kaapse Vlakte nie. Hy is nou vir altyd ’n gevangene
van hierdie haglike omstandighede.
• Cavernelis word eerder as ’n tragiese figuur gesien wat nou sy familie met meer
emosionele letsels en probleme agterlaat, want sy selfmoord hou verreikende
gevolge vir sy gesin in.
• Cyril en Richie aanvaar hul omstandighede amper gelate en toon geen behoefte
aan persoonlike groei nie.
• Hulle is tevrede om maar net kerrim te speel en die gemeenskap te bespreek
eerder as om hulself op te hef.
• Toe La Guma vir hulle sê dat hulle hulle moet skaam dat hul so leeglê, het hul
hom gevloek en gedink hy is beter as hulle.
• Aan die einde van die verhaal is hulle eintlik presies dieselfde en raak dus
verteenwoordigend van die massa wat daagliks geen poging aanwend om hul uit
hul omstandighede te lig nie.
Die kandidaat bied ʼn toepaslike slot aan.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
34 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
15.1 Moord / hy het Ivan Philander vermoor. √ 1
Hy het agtergekom dat Ivan Philander besig is om sy suster te verwurg toe sy
skree. √ 1
15.2 TEKS I:
Antie Grootmeisie lei aan skok/is getraumatiseerd nadat sy en haar dogter
verkrag en Kleinmeisie vermoor is en daarom praat sy nie meer nie. √ 1
ONTKNOPING:
Sy praat vir die eerste keer weer aan die einde van die drama wat vir ons wys
dat sy Map vergewe het. √ 1
15.3 Sy knik vir Map wanneer hy sê dat hy “orait” is./
Sy knik vir Map om aan te dui dat dit met haar goed gaan./
Sy kyk ontsteld na Map wanneer hy vertel van Blanchie wat skelm by hom
gekuier het, maar nie meer doen nie./
Sy kyk vraend na Map wanneer hy van Miss Africa praat/
Sy kyk lewendig na Map / word opgewonde wanneer hy van sy parool/vrylating
praat./
Sy skud haar kop hewig vir Map om te kenne te gee dat sy weet dat hy verander
het. √√√√ 4
Kandidaat bied enige VIER antwoorde vir EEN punt elk aan.
15.4 Antie Grootmeisie se stilswye vererger Map se skuldgevoel oor die aand van
Kleinmeisie se moord / Antie Grootmeisie en Kleinmeisie se verkragting dra
daartoe by dat hy ʼn beter mens wil word en tot bekering kom. √ 1
15.5 Ja/dis korrek, want
Map verwys na die bendeleier en krimineel terwyl Johnnie na die onskuldige
skoolseun verwys. √ 1
Blanchie word eers geskets as die onskuldige skooldogter wat op Map verlief
is, maar dan leer ons van haar werk as prostituut. √ 1
Cavernelis word gesien as ʼn man wat net die beste vir sy gesin wil hê/ alles sal
doen om sy gesin uit die Kaapse Vlaktes te kry, maar dan verwag hy dat sy
dogter haar lyf moet verkoop vir geld/ is hy ʼn lafaard wat selfmoord 1
pleeg. √
15.6 Haar skuldgevoelens oor haar werk as prostituut het gemaak dat sy nie meer
vir Map wou sien nie. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 35
15.7 Krismis: dui op die geboorte van Jesus / ʼn tyd van hoop / ʼn tyd waar mense 1
geskenke gee/ontvang.
Map Jacobs is Johnnie se bendeleier naam omdat sy tatoeëermerke op sy
lyf ʼn kaart is van wat hy als gedoen het.
Map word vrygelaat tydens Kerstyd en hy is nou ʼn veranderde man
(nuutgebore)./
Map word vrygelaat tydens Kerstyd en sy vryheid kan as ʼn geskenk gesien
word. √√ 2
Kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
15.8 Map sukkel om werk te kry weens sy kriminele rekord./tatoeëermerke./
Almal wat vreeslik simpatiek teenoor Map is vandat hy uit die tronk is. √ 1
15.9 The Star of Redemption. √ 1
ʼn Mens sou verwag dat as jou orkes se naam verlossing/om gered te word
van sonde beteken jy iemand sal vergewe/’n tweede kans gee, maar die
orkes maak allerhande verskonings om nie weer met Map te werk nie / hou
sy reputasie teen hom. √ 1
15.10 Neweteks / toneelaanwysings √ 1
Dit beklemtoon dat Map steeds soos ʼn gevangene voel omdat daar ʼn
skeiding tussen hom en die gemeenskap is./
Dit beklemtoon Map se gevoel van ingeperktheid, omdat hy voel die mense
op straat/gemeenskap hom steeds veroordeel deur baie simpatiek op te
tree. √ 1
15.11 Ja, want Blanchie is die liefde van Map se lewe en hy het al erger dinge as
sy gedoen. √
OF
Nee, ek sou nie Blanchie kon vergewe het nadat sy haar morele waardes
prysgegee het om as ʼn prostituut te werk nie. √ 1
Kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
15.12 In TEKS I is Map opgewonde, maar in teks J is hy teleurgesteld / kwaad/
terneergedruk / frustrasie. √ 1
In TEKS I dra die tronk by tot Map se opgewondenheid omdat hy binnekort
nie meer daar sal wees nie. √ 1
In teks J dra die Kaapse Vlaktes by tot Map se frustrasie omdat hy steeds
soos ʼn gevangene voel. / deur die gemeenskap verstoot voel. √ 1
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
36 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
MIS – Reza de Wet
VRAAG 16: MIS – Reza de Wet – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
ARGUMENT MOTIVERING: VERDUIDELIKING OF AANHALING OF
PARAFRASE
Die kandidaat bied ʼn toepaslike inleiding aan.
MEISIE SE KARAKTERONTWIKKELING
Ons leer Meisie ken as ʼn Omdat sy haar Ma help om Bv. Sy help haar ma om
stil, hardwerkende dogter. geld te verdien vir die gesin goiingsakke toe werk vir die
se oorlewing. mis wat hulle verkoop.
Sy is onderdanig aan want sy doen alles om haar Bv. As Miem sê dat sy nie na
Miem. tevrede te stel. die sirkusmusiek mag luister
nie gehoorsaam sy dadelik.
Sy word opgepiep deur Want Miem glo dat sy haar Bv. Miem bespreek die
Miem / is naïef. kind beskerm, maar deel moordenaar/verkragter met
nie al die nodige inligting Gertie wanneer Meisie nie by
oor die verdwynings met is om die inligting te hoor nie.
Meisie nie.
Meisie word maklik deur want sy glo dat as sy Bv. Nadat sy skelm na die
Miem gemanipuleer. ongehoorsaam is sy haar sirkus gaan kyk het, vertel sy
ma se gesondheid dat Miem so siek geword het
beïnvloed. dat sy vir ‘n week net gortsop
kon eet.
Meisie is ongelukkig oor Want sy is eensaam / het Bv. Niemand wil by haar kom
haar omstandighede. geen jongmeisielewe nie. kuier nie weens die stank
van die mis./die vlieë wat op
die tertjies sit en in die melk
val.
Meisie smag na vryheid. Want haar lewe is sonder Bv. Sy besluit een aand om
avontuur – haar ma skelm na die sirkus te gaan
onderdruk haar, sy werk kyk.
hard en leef in die stank
van die mishope.
Konstabel gee aan Meisie Want hy stel belang in haar Bv. Hy noem haar “juffrou”
identiteit. lewe en hanteer haar soos i.p.v. Meisie.
ʼn gelyke.
Meisie se selfvertroue Want hy laat haar belangrik Bv. Hy sê sy is aantreklik en
groei met konstabel se voel en laat haar toe om oor moedig haar aan om oor die
teenwoordigheid. dinge te praat wat Miem sirkus te praat.
nooit doen nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 37
Meisie maak planne saam Want sy weet Miem sal Bv. Wanneer Miesie en
met Konstabel om weg te haar nooit toelaat om te Konstabel die slopemmer
loop. gaan nie. gaan uitgooi, het hul die
geleentheid om hul planne
te beraam.
HAAR UITEINDELIKE LOT
Meisie gehoorsaam die Omdat sy so ʼn groot Bv. Sy ontmoet Konstabel
Konstabel se versoek. behoefte het om vry te om middernag kaalvoet en in
wees. haar wit aannemingsrok.
Meisie word gehipnotiseer Omdat die sirkus vir haar Bv. Sy dans by die deur uit
deur / gee haarself oor nog altyd ʼn simbool van saam met Konstabel op die
aan die sirkusmusiek. vryheid was. maat van die musiek.
Meisie het dus ʼn hand in Omdat sy gevlei was deur Bv. Sy het nes Rienie
haar eie verdwyning. Konstabel en desperaat Pieterse en Sannie Koen op
was om te ontsnap. die laaste aand in Augustus
verdwyn.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
38 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 17: MIS – Reza de Wet – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
17.1 31 Augustus 1936 √ 1
17.2 Menslike ontlasting (Gabriël se ontlasting wat met die slopemmer van die
solder af laat sak word en deur Meisie skoongemaak moet word.)/
Mistigheid (iets wat verhoed dat jy ordentlik kan sien. Dit is simbolies vir
Miem en Gertie wat nie die werklikheid (Konstabel se skelmstreke) kan sien
nie.)/
Die uitdrukking: Jy het dit mis (misverstaan), bv. Miem en Gertie het dit mis
as hulle dink hulle kan regtig die ‘boosheid’ waarvoor hulle so bang is,
besweer deur deure en vensters te grendel./
Die idee van die ver-mis-te meisies./
Verlange (Miem mis haar man, wat sedert die Groot Depressie hom van die
samelewing onttrek het.)
Nagmaal (Rooms-Katolieke Mis) – as ons na Meisie se voorstellingsrok kyk,
kom die betekenis daarvan na vore. Na haar voorstelling word sy in die kerk
as volwassene aanvaar en kan sy die Nagmaal begin gebruik – sy is dus in
die oë van die kerk ʼn volwasse. Konstabel dien ook as ʼn tipe biegvader vir
die vrouens as hulle hul gemoedere vir hom oopmaak, wat by die idee van 4
die Roomse Mis aansluit. √√√√
Kandidaat bied enige VIER antwoorde vir een punt elk aan.
17.3 Hy noem haar “juffrou” i.p.v. meisie (wat aan haar identiteit/eiewaarde
gee.) √
Hy sê dat sy aantreklik is. √
Hy luister belangstellend na haar. √ 3
17.4 Die roos word geplant in die vuil grond, maar word uiteindelik ʼn pragtige 1
roos met ʼn heerlike geur. √
Net so is meisie in haglike omstandighede (mis / dominerende ma)
vasgevang, maar word uiteindelik hierdie pragtige jong dame wat vir
haarself besluite kan neem. √ 1
17.5 Ja, Gertie dink dat Konstabel vir haar ʼn moontlike lewensmaat/pasmaat
kan wees. √ 1
Miem hoop dat Konstabel hulle sal beskerm. / dat hy met Meisie sal trou
sodat Gabriël van die solder af sal kom. √ 1
Meisie sien Konstabel as haar bevryder. √ 1
17.6 Neweteks/toneelaanwysings. √ 1
Meisie probeer die gaatjie in die sirkustent voor te stel waardeur sy geloer
het. √ 1
17.7 Polisindeton √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 39
17.8 Ja, Meisie gaan, nes die voëltjies in die kou, haar beklemmende bestaan
ontsnap met konstabel se hulp. √ 1
Kandidaat kan nie NEE as antwoord aanbied nie.
17.9 Woorde: “Toe voel ek ʼn hand op my skouer.” √ 1
Handeling: Laat haar arms stadig sak. √ 1
17.10 Sy laat Meisie nie toe om na die sirkus se liggies te kyk nie, want “om te dink
is om te doen”/ 1
Wanneer Meisie teen Miem se wense optree word Miem so “siek” dat sy net
gortsop kan eet. √ 1
Miem glo dat sy vir Meisie beskerm. √ 1
17.11 Die sirkus is vir Meisie ʼn manier om van haar aardige bestaan te ontvlug. √ 1
Miem sien die sirkus as ʼn euwel. √ 1
17.12 Die twee monoloë is haar eerste tree tot vryheid: wanneer sy vir Konstabel
van haar lewe met die mis vertel besef sy haar ongeluk / dat sy vasgevang
is, maar wanneer sy hom van die sirkus vertel ervaar ʼn oomblik van geluk /
vryheid wat bydra tot haar keuse om saam met Konstabel weg te loop. √ 1
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
40 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTELVRAAG – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 5–6 4 3 2 0–1
˗ Diepgaande ˗ Toon begrip van die ˗ Redelike ˗ Onbevredigende ˗ Geen begrip van die
Interpretasie van interpretasie van onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van onderwerp nie.
onderwerp onderwerp. onderwerp goed onderwerp. die onderwerp. ˗ Geen verwysing na
Diepte van argument, ˗ Reeks treffende geïnterpreteer. ˗ Enkele goeie punte ˗ Byna geen punte die gedig nie.
verantwoordbaarheid argumente wat ˗ Respons redelik ter ondersteuning wat die onderwerp ˗ Leerder het nie die
en insig in teks behoorlik uit die gedetailleerd. van die onderwerp. ondersteun nie. genre en gedig onder
gedig gerugsteun is. ˗ Enkele deeglike ˗ Enkele argument ˗ Onvoldoende die knie nie.
6 PUNTE - Uitstekende begrip argumente gegee, word ondersteun, begrip van genre
van die genre en maar nie almal ewe maar bewyse nie en gedig.
gedig. goed gemotiveer nie. altyd oortuigend nie.
- Begrip van genre en ˗ Basiese begrip van
gedig duidelik. genre en gedig.
STRUKTUUR EN TAAL 4 3 2 1 0–1
˗ Samehangende ˗ Duidelike struktuur ˗ Enkele bewyse van ˗ Struktuur toon ˗ Struktuur swak.
Struktuur, logiese struktuur. en logiese vloei van struktuur. tekens van swak ˗ Ernstige taalfoute.
vloei en aanbieding ˗ Argumente goed argument. ˗ ʼn Goed beplanning. Foutiewe styl.
Taalgebruik, toon en gestruktureer en daar ˗ Vloei van argument gestruktureerde ˗ Argumente nie
styl gebruik in opstel is duidelike kan gevolg word. logiese vloei en logies gerangskik
ontwikkeling. ˗ Taalgebruik, toon en samehang ontbreek nie.
4 PUNTE ˗ Taalgebruik, toon en styl is grootliks in die opstel. ˗ Taalfoute
styl is volwasse, dit korrek. ˗ Geringe taalfoute; beduidend.
beïndruk en is korrek. toon en styl meestal ˗ Toon en styl nie
˗ Grammatika, spelling gepas. geskik nie.
en punktuasie feitlik
foutvry.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 41
AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTELVRAAG – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 12–15 9–11 6–8 4– 0–3
- Uitsonderlike respons: - Toon begrip van die - Redelike - Onbevredigende - Geen begrip van die
Interpretasie van 14–15 Uitstekende onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van die onderwerp nie
onderwerp respons: 12–13 onderwerp goed onderwerp; nie alle onderwerp: byna - Swak poging om die
Diepte van argument,
- Diepgaande geïnterpreteer aspekte in detail geen aspekte in vraag te beantwoord
verantwoordbaarheid
en insig in teks interpretasie van - Respons redelik ondersoek nie detail ondersoek nie - Argumente oortuig
onderwerp gedetailleerd - Enkele goeie punte - Min punte wat die nie
15 PUNTE - Reeks treffende - Enkele deeglike ter ondersteuning onderwerp - Leerder het nie die
argumente wat behoorlik argumente gegee, van die onderwerp ondersteun genre en teks onder
uit die roman / drama maar nie almal ewe - Enkele argumente - Baie min relevante die knie nie
gerugsteun is goed gemotiveer nie word ondersteun, argumente
- Uitstekende begrip van - Begrip van genre en maar bewyse nie - Weinig begrip van
die genre en teks teks duidelik altyd oortuigend nie genre en teks
- Basiese begrip van
genre en teks
STRUKTUUR EN TAAL 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
- Samehangende - Duidelike struktuur - Enkele bewyse van - Struktuur toon - Gebrek aan
Struktuur, logiese struktuur - Logiese vloei van struktuur tekens van swak beplande struktuur
vloei en aanbieding - Uitstekende inleiding en argument - Logika en beplanning belemmer vloei van
Taalgebruik, toon en slot - Inleiding, slot en ander samehang is - Argumente nie argumente
styl gebruik in opstel
- Argumente goed paragrawe duidelik, maar met logies gerangskik - Taalfoute en
10 PUNTE gestruktureer en daar is samehangend foute nie foutiewe styl laat
duidelike ontwikkeling georganiseer - Enkele taalfoute; - Taalfoute beduidend hierdie skryfstuk
- Taalgebruik, toon en styl - Taalgebruik, toon en toon en styl meestal - Toon en styl nie misluk
is volwasse, dit beïndruk styl is grootliks korrek gepas geskik nie - Styl en toon nie
en is korrek - Paragrafering - Paragrafering foutief geskik nie
meestal korrek - Paragrafering foutief
VERSPREIDING VAN
20–25 15–19 10–14 5–9 0–4
PUNTE
Kopiereg voorbehou
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2017 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper