Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 12202413 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the November 2024 NSC, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

November NSC 2024

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 NOVEMBER 2024 PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/November 2024 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30) 2. Lees alle instruksies noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 5. Trek 'n streep ná elke afdeling. 6. Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat 'n reël oop ná elke antwoord. 8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg. Nov TEKS A: ARTIKEL ENERGIEDRANKIES: WONDERMIDDEL OF 'N WOLF IN SKAAPSKLERE*? 1 Of jy nou die langpad vat of laataand vir die eksamen leer, dink twee keer voor jy een ná die ander energiedrankie opslurp, waarsku kenners. Dié energiehupstoot in die kort termyn kan jou gesondheidsvlerke in die lang termyn vinnig knip. 2 Energiedrankies is besig om die mark vinnig oor te neem met beloftes van hoër energievlakke en nog beter fisieke prestasies. Verder word beweer dat dit jou 5 verstand opskerp en selfs met gewigsverlies kan help. 3 Volgens 'n kenner hieroor, prof. Karen Hofman van Wits se Sentrum vir Gesondheidsekonomie, het die verkope van energiedrankies die laaste dekade verdriedubbel. In 2020 is R780 miljard van dié dikwels verslawende energiedrankies wêreldwyd verkoop. 10 4 Mordor Intelligence, 'n marknavorsingsmaatskappy, het reeds in 2020 voorspel dat die energiedrankiemark in Afrika elke jaar tot 2025 met 3,9% sal groei. Volgens hulle kan die groei in die verbruik daarvan aan die groei in aanvraag na energiedrankies en 'n veranderende leefstyl toegeskryf word. Mense se hoër inkomste, sportaktiwiteite en verstedeliking dra hiertoe by. Tydens 'n onderhoud 15 op Cape Talk het prof. Hofman genoem dat hierdie groeiende aanvraag daartoe gelei het dat advertensies oor energiedrankies baie vinnig toegeneem het. Die teikengroep van die advertensies is veral mans tussen die ouderdomme van 17 en 34 jaar. 5 Die energiedrankie word veral as 'n towerdrankie vir jou liggaam bemark! Dit het 20 blykbaar eienskappe wat help om die liggaam te genees. Verder dateer adverteerders dit terug na toe die Antieke Grieke towerdrankies gemaak het. Hulle het geglo dat dit jou onsterflik sal maak. In 2014 is die Red Bull-maatskappy egter vir $13 miljoen gedagvaar vir sy valse bemarking. Sy slagspreuk ("Red Bull gives you wings") is deur iemand wat geglo het dat dit hom sal laat vlieg, letterlik 25 opgeneem. 6 Dr. Isak Naudé, 'n mediese dokter in Gauteng, meen energiedrankies is oor die algemeen nie goed vir jou gesondheid nie – juis as gevolg van die hoë kafeïen- en suikerinhoud. Hoewel dit 'n paar vitamiene (veral vitamien B, wat help met breinfunksie) bevat, kan die kafeïen die hartspoed, die bloeddruk asook die 30 hoeveelheid water wat deur jou niere beweeg, verhoog. Die gevolg is dat die liggaam meer vloeistof nodig het. Dit het tot gevolg dat die persoon nóg 'n drankie neem en só raak dit maklik 'n bose kringloop. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 7 'n Verdere probleem is dat die kombinasie van kafeïen en suiker die vrylating van gestoorde energie in die lewer stimuleer. Indien die stimulante uitwerk, bereik die 35 liggaam 'n laagtepunt. Die lewer kan nie die verlies aan gestoorde energie vervang nie. Dit dryf die gebruiker om wéér 'n energiedrankie te neem. 8 Nog 'n bekommernis, volgens prof. Hofman, is die meng van energiedrankies met alkohol – veral by jong volwassenes. Mense "voel" glo minder onder die invloed, maar hulle koördinasie- en reaksievermoë word steeds beperk. Volgens die 40 Wêreldgesondheidsorganisasie drink Suid-Afrikaners van die meeste alkohol ter wêreld. Suid-Afrikaners is ook, wat die verbruik van energiedrankies betref, besig om 'n voorloper te word. Daar word geraam dat hulle meer as 168 miljoen liter daarvan per jaar drink. 9 Sunet Kotzé, 'n geregistreerde dieetkundige van Pretoria, sê dat Suid-Afrikaners 45 in die gejaagde lewe al hoe meer kits- en verwerkte kosse eet. Hierdie kossoorte laat nie groeiende kinders versadig voel nie – hulle is dus amper altyd honger en moeg. Energiedrankies word dikwels gebruik om eetlus te onderdruk en in die kort termyn 'n energie-inspuiting te gee. Hierdie swak eetgewoontes saam met energiedrankies kan gevolglik tot allergieë, hiperaktiwiteit en aandagtekort by 50 kinders lei. 10 Sy voeg by dat voedsame kos, eerder as energiedrankies, ons liggame van volhoubare energie moet voorsien. Die meeste energiedrankies het baie suiker in wat baie vinnig in die bloedstroom beland. Dit kan tot insulienweerstandigheid lei, wat weer oorgewig en tipe 2-diabetes tot gevolg kan hê. 55 11 Prof. Hofman bevestig dat suiker en kafeïen albei verslawend is. Aangesien hierdie energiedrankies besonder baie kafeïen en suiker bevat, raak mense maklik daaraan verslaaf. 'n Tipiese energiedrankie, volgens die Harvard Skool vir Openbare Gesondheid, bevat omtrent 40 g suiker (15 teelepels), 160 g kafeïen, kunsmatige versoeters, asook verskeie kruie of ander middels wat breinaktiwiteit 60 verhoog. 12 Geo Bouwer, stigter en direkteur van PandaRoc-energiedrankies, gee toe dat hierdie drankies 'n negatiewe konnotasie het as gevolg van die hoë suiker- en kafeïeninhoud daarvan. Hy sê gesonder opsies in dié mark is beslis nodig, maar dit is eerder nodig dat die verbruiker opgevoed moet word oor die hoeveelheid 65 verskillende kosgroepe wat per dag geëet moet word. Energiedrankies moenie as die sondebok uitgemaak word nie. 13 Daar kan dus met reg gevra word: Is energiedrankies die wondermiddel of die wolf in skaapsklere? *'n Wolf in skaapsklere – 'n skynheilige [Aangepas uit www.netwerk24./energiedrankies-dis-hoe-dit-jou-gesondheid-kelder-20221104 en maroelamedia.co.za//se-nee-vir-energiedrankies-die-eksamen] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/November 2024 NSS Vertroulik TEKS B: VISUELE TEKS 1 Vir daardie doller-as-kopaf- 2 dae wanneer jy voel jou fut 3 is uit, laat Red Bull 4 jou met 5 vlerke vlieg – 6 selfs ná middagete. [Aangepas uit Red-Bull-cartoons/modules/590841179] VRAE: TEKS A 1.1 Skryf TWEE afsonderlike sinsdele uit paragraaf 1 neer wat by " 'n wolf in skaapsklere" (in die titel) aansluit. (2) 1.2 Watter gedagte dra die skrywer met die gebruik van die woord "opslurp" in paragraaf 1 oor? (1) 1.3 Verwys na paragraaf 2. Watter VIER beloftes dra daartoe by dat meer energiedrankies verkoop word? (4) 1.4 Evalueer die betroubaarheid van die statistiek in paragraaf 3 en 4 deur na elke paragraaf afsonderlik te verwys. (2) 1.5 Bemarking speel 'n belangrike rol in die verkope van produkte. 1.5.1 Watter wanpersepsie oor energiedrankies word deur adverteerders geskep én watter TWEE twyfelagtige feite gebruik hulle om die teikenleser te manipuleer? (3) 1.5.2 Dink jy dit is regverdig dat die Red Bull-maatskappy in 2014 vir "valse bemarking" gedagvaar is? Motiveer jou antwoord. (1) 1.6 Verwys na paragraaf 6 en 7. Energiedrankies benadeel drie organe op verskillende maniere. Bewys hierdie stelling in DRIE afsonderlike sinne. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.7 Dr. Isak Naudé (paragraaf 6) en Sunet Kotzé (paragraaf 9) kyk vanuit verskillende oogpunte na die invloed van energiedrankies. 1.7.1 Waarop fokus hulle onderskeidelik? (2) 1.7.2 Waarom het hulle verskillende benaderings hieroor? (1) 1.8 Watter TWEE voordele sal dit vir onderwysers inhou as ouers vir hulle kinders eerder gesonde kos gee as om energiedrankies toe te laat? (2) 1.9 Is die invoeging van die Harvard Skool se inligting (paragraaf 11) funksioneel? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) 1.10 Waarom is dit verrassend dat Geo Bouwer, die stigter en direkteur van PandaRoc-energiedrankies, saamstem dat energiedrankies 'n negatiewe konnotasie het? (1) TEKS B 1.11 Watter visuele inligting versterk die gedagte dat die energiedrankie baie vinnig werk? Noem TWEE aspekte. (2) 1.12 Verwys na reëls 1 tot 5. Waarom sou 'n mens kan sê dat die herhaling van die v/f-klank EN die woordgebruik die visuele uitbeeldings versterk? Verwys in jou antwoord na beide aspekte afsonderlik. (2) TEKS A EN B 1.13 Verwys na TEKS A en TEKS B. 1.13.1 Hoe, dink jy, sal die man in TEKS B waarskynlik die vraag in die titel van TEKS A beantwoord? Motiveer jou antwoord. (1) 1.13.2 Verwys na paragraaf 10 in TEKS A. Die man in TEKS B drink Red Bull saam met sy kos. Wat word geïmpliseer oor die kos wat die man in TEKS B geëet het? (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die teks hieronder en identifiseer SEWE positiewe uitwerkings wat rooibostee op die mens se liggaam het. LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie. 2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf. 3. Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie. 4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het. TEKS C 'N KOPPIE ROOIBOSTEE HELP MEER AS WAT JY BESEF Rooibostee hou verskeie voordele vir die hele gesin in. Dié tee kom van 'n struik wat net in die Sederberge by Clanwilliam voorkom en is dus uniek aan die Wes-Kaap. Dit vorm deel van die Kaapse blommeryk wat algemeen as fynbos bekend staan en nêrens anders in die wêreld groei nie. Wat kan rooibos vir jou gesondheid doen? Rooibos het eerstens medisinale waarde, want dit bevat natuurlike oksidante wat die liggaam teen chroniese siektes soos kanker en hartsiektes beskerm. Dit is noodsaaklik om te alle tye gehidreer te bly as jy goeie gesondheid wil handhaaf. Wanneer rooibos gedrink word sonder om suiker by te voeg, kan dit daartoe bydra dat jou daaglikse vloeistofinname verhoog om sodoende gesonde hidrasie aan te help. Omdat rooibostee ook kafeïenvry is, het dit 'n kalmerende uitwerking op die sentrale senustelsel van mense. Mense wat aan slaapversteurings ly, vind ook baat by die inname van hierdie tee. Dit word selfs algemeen vir babas aanbeveel. Indien dit egter vir babas gegee word, is dit belangrik dat dit nie as 'n plaasvervanger vir melk beskou word nie. As jy sukkel om vetjies af te skud, kan jy gerus 'n koppie of twee rooibostee geniet. Die rede hiervoor is dat rooibos geen kilojoules bevat nie – dié eienskap maak dit ideaal vir mense wat op 'n gewigsverliesplan is. Kruietee soos rooibos is ook daarvoor bekend dat dit verskeie spysverteringsvoordele het. 'n Gesonde spysverteringstelsel dra by tot jou algehele welstand. Vir fiksheidsbewustes en diegene wat besluit om ongesonde gewoontes soos oormatige inname van suikerhoudende drankies te verminder, is rooibos 'n gesonde alternatief. Die minerale in rooibostee is 'n bykomende voordeel wat help om die liggaam se natuurlike balans ná oefening te herstel. Dit is daarom ideaal ná oefening. Navorsers het verder bevind dat die gereelde verbruik van rooibostee 'n sterk verwantskap met verminderde vlakke van depressie het. Een studie het bepaal dat vir elke drie koppies tee wat per dag verbruik word, die relatiewe risiko van depressie met 37% afgeneem het. Hierdie tradisionele drankie se voordele is legio en die uitwerking daarvan moenie onderskat word nie. [Aangepas uit https://mooileefstyl.co.za/rooibos] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE Lees die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS D KAASSKONSIES R30 PER DOSYN WASGOEDBONDELTJIES R40 PER DOSYN VLEISROLLETJIES R40 PER DOSYN VETKOEKIES R40 PER DOSYN FRIKKADELLETJIES R30 PER DOSYN [Aangepas uit https://www.kiefkoekies.co.za] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAE: TEKS D 3.1 'n Advertensie se hoofdoel is om die leser te oortuig om die produkte te koop. 3.1.1 Watter tegniek gebruik die kopieskrywer in reëls 1 tot 3 om onmiddellik die leser se aandag te trek? (1) 3.1.2 Het die weglaat van 'n opskrif 'n invloed op die geslaagdheid van dié advertensie? Motiveer jou antwoord. (1) 3.2 Skryf TWEE antonieme uit die advertensie neer wat bewys dat soet (reël 2) meer as een betekenis het. (2) 3.3 Verwys na reëls 1 tot 3. 3.3.1 Watter woord veroorsaak dat reël 1 en 2 nie 'n veralgemening is nie? (1) 3.3.2 Watter verwagting deur die samelewing word in reël 3 weerspreek? (1) 3.4 Die woordspeling in reël 7 en 8 dra tot die geslaagdheid van die advertensie by. Bewys hierdie stelling deur na die denotatiewe EN die konnotatiewe betekenis te verwys. (2) 3.5 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (3.5) en die letter (A–D) neer, bv. 3.5 E. Watter EEN van die volgende opsies is NIE die funksie van die beletseltekens in reël 9 NIE? A Dit skep 'n dramatiese effek om die ekstra produkte te beklemtoon. B Dit skep afwagting by die leser dat nog southappies beskikbaar is. C Dit beklemtoon die teenstelling wat deur "maar" ingelei word. D Dit manipuleer die leser om die inligting in reël 10 te lees. (1) 3.6 Die plasing van die naam van die besigheid is funksioneel. Motiveer waarom jy met hierdie stelling saamstem. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 4: STROKIESPRENT Lees die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E RAAMPIE 1 Sorteer Ouma weer die Sjuut, Tamia! Die vullis? Herwinning is tog net herwinningsman moenie 'n mors van tyd. hoor wat jy sê nie! Die Wat!? Het jy ... hy dwaal in die Hy is gemaak van plastiek, papier, herwinnings- nog nooit van Is hy nie 'n metaal en glas ... soek deur die hele nag deur die leë man? Hahaha! hom gehoor mite nie? buurt ... strate. nie? En as hy Wat dink jy? Hy vat … na kinders wat dink Mooi probeer. As Ouma hom weer een kry? hulle saam om herwinning is simpel! sien, sê vir hom ek sê hallo. Wat dan? hulle te laat herwin. Kinders van vandag is anders. Hulle Hallo ... Het jy iets wat ek kan herwin? AAAAH! is (4.6.2) ... my mening so gespanne! [Aangepas uit DM-Recycling-Man-2000px] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 11 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAE: TEKS E 4.1 Skryf 'n bywoord van modaliteit uit RAAMPIE 1 neer wat op Tamia se negatiewe houding dui. (1) 4.2 Verwys na RAAMPIE 2. 4.2.1 Watter aanname kan die leser uit Tamia se woorde in RAAMPIE 2 maak? (1) 4.2.2 Watter emosie dra die vetgedrukte woord van Ouma oor? (1) 4.3 Watter visuele tegnieke word in RAAMPIE 3 en RAAMPIE 4 onderskeidelik gebruik om die onheilspellende toon te ondersteun? (2) 4.4 Ouma slaag in haar doel met haar woorde in RAAMPIES 3 tot 5. Stem jy met hierdie stelling saam? Motiveer jou antwoord deur na Tamia se reaksie in RAAMPIE 6 te verwys. (1) 4.5 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (4.5) en die letter (A–D) neer, bv. 4.5 E. Tamia se woorde in RAAMPIE 7 is ... A diskriminerend. B stereotiperend. C sarkasties. D bevooroordeeld. (1) 4.6 Verwys na RAAMPIE 10. 4.6.1 "Kinders van vandag is anders." Verander die onderstreepte bepaling na 'n byvoeglike bysin. (1) 4.6.2 "Hulle is ... my mening so gespanne!" Voltooi die sin hierbo met die korrekte voorsetsel. (1) 4.7 Evalueer die gepastheid van die strokiesprent in die samelewing waarin ons leef. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 12 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 5: ARTIKEL Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS F KOES JY VIR 'N SOENGROET? 1 Die soengroet is, dankie tog, finaal die nekslag toegedien weens Covid-19. Dit was 'n uitgerekte proses. 2 Almal het (5.2) (verseker/vir seker) 'n storie oor (5.3) daardie soenery: Van ou tannies met moesies en 'n swart haartjie wat jy probeer mis soen en die mik-sus-mik-so-aanval, tot die desperate systap van die sopperige 5 smeersel. 3 In ons familie was daar een oom oor wie ons die snaaksste vermydingstaktiek uitgedink het om hom nie te soengroet nie. Ironies was oom Duif so sagmoedig en (5.4) vredeliewend soos sy naam. Maar, helaas, hy was ook tandloos! Nietemin, jy kon net sóveel keer agter in die tou val 10 voordat dit jou beurt was. (5.5) En dit was regtig nooit 'n lekker beurt nie! 4 Ek het onlangs weer diep oor die druk wat die soen vervang het, nagedink. Want (5.7) niemand gee op dieselfde manier 'n drukkie nie. 5 Behalwe vir die beerdruk is daar die windmeulwals, waar niemand weet wie se arm bo-oor waffer skouer moet gaan nie en in dié proses beland jy 15 gewoonlik met (5.8) jou neus in iemand se nekkuiltjie. [Aangepas uit https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/menings20230713] VRAE: TEKS F 5.1 Skryf die diftong in die titel neer. (1) 5.2 Kies die korrekte spelling tussen hakies én gebruik die een wat jy nie gekies het nie in 'n verklarende sin. (2) 5.3 Watter klankverskynsel vind plaas indien "daardie" (paragraaf 2) as "daarie" uitgespreek word? (1) 5.4 Skryf die stamme van die samestellende afleiding "vredeliewend" (paragraaf 3) neer. (1) 5.5 "En dit was regtig nooit 'n lekker beurt nie!" (Paragraaf 3) Skryf die sin hierbo in die bevestigende vorm. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 13 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 5.6 Verwys na paragraaf 4. 5.6.1 Waarom is dit effektief om die neweskikkende voegwoord ("want") aan die begin van die tweede sin te plaas? (1) 5.6.2 Verbind die twee sinne in die paragraaf met 'n onderskikkende voegwoord. (1) 5.7 "... niemand gee op dieselfde manier 'n drukkie nie." (Paragraaf 4) Skryf die woorde hierbo in die lydende vorm. (1) 5.8 Gebruik die besitlike voornaamwoord "jou" in paragraaf 5 as 'n ander woordsoort in 'n verklarende sin. (1) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all