Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 12202214 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2022, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2022

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 NOVEMBER 2022 PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/November 2022 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30) 2. Lees AL die instruksies sorgvuldig. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 5. Trek 'n streep ná elke afdeling. 6. Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/November 2022 NSS AFDELING A: LEESBEGRIP TEKS A: ARTIKEL VRAAG 1 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg. TEKS A: ARTIKEL DIE GROOTSTE GESKENK WAT JY KAN GEE 1 Wat sal jy doen as jy weet dat jy iemand se lewe kan red – net omdat jy 'n lyf het? Dat jy sewe mense kan help red en tot vyftig se lewensgehalte ná jou dood kan verbeter? 2 Het jy geweet dat feitlik alle organe behalwe die milt en die dikderm geskenk kan word? Alhoewel die prosesse verbonde aan die verwydering, vervoer, bewaring 5 en oorplanting van lewers, harte, longe, dunderms, pankreasse en selfs baarmoeders geweldig gesofistikeerd en gevolglik baie duur is, is dit tog moontlik om hierdie organe vir oorplanting te skenk. 3 Orgaanskenking kan in twee kategorieë verdeel word: lewende skenking en nadoodse skenking. Lewende skenkers kan sekere nielewensbelangrike organe 10 aan iemand spesifiek skenk (gerigte skenkings) of registreer as 'n lewende orgaanskenker vir enige pasiënt (niegerigte skenkings). Lewende skenkers kan beenmurg, 'n deel van hul lewer of selfs 'n nier skenk. Alhoewel 'n mens sinvol met een nier kan regkom, moet die skenker na die operasie sy/haar dieet en leefstyl streng dophou. So 'n nier kan nie weer "teruggroei" nie. Lewerselle, 15 daarenteen, vermenigvuldig weer en die skenker se lewer herstel ten volle. Die beenmurgskenker se liggaam vervaardig ook weer beenmurg omdat die liggaam se stamselle vinnig herstel – hy/sy ervaar hoogstens 'n bietjie ongemak. 4 'n Nadoodse skenking van organe beïnvloed talle lewens. Dié skenkings kan, buiten hartkleppe en kraakbeen, ook weefsel soos korneas en sklera van die 20 oog insluit. Velskenkers red brandslagoffers; skeletbene word vir ortopediese prosedures gebruik. 5 Van al bogenoemde organe is niere wêreldwyd boaan die lys van broodnodige organe. Daar word al meer gevalle van nierversaking gediagnoseer. Dit gaan meestal met diabetes, hoë bloeddruk en oorgewig gepaard – hoofsaaklik die 25 gevolg van swak leefstylgewoontes. Dit is ook die tendens in Suid-Afrika. 6 Suid-Afrika is 'n wêreldleier op die gebied van orgaanoorplanting en spog met baie eerstes: dit het begin toe prof. Christiaan Barnard en sy span op 3 Desember 1967 die eerste hartoorplanting in die Groote Schuur Hospitaal gedoen het. Ook die wêreld se eerste nieroorplanting tussen MIV-positiewe 30 pasiënte is in 2008 deur prof. Elmi Muller in dieselfde hospitaal uitgevoer. Muller word wêreldwyd beskou as dié spesialis op die gebied van orgaanoorplanting in MIV-positiewe pasiënte. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/November 2022 NSS 7 "Ons land se vermoë tot orgaanoorplanting is wêreldklas," sê dr. Van der Schyff, 'n lewer-en-nieroorplantingchirurg by die Wits Donald Gordon Mediese Sentrum 35 (WDGMC). In 2017 het die WDGMC-span vir 'n proefneming 'n lewendeskenkeroorplanting van 'n MIV-positiewe ma na haar MIV-negatiewe kind suksesvol gedoen. Die span het verseker dat die MI-virus nie van skenker na ontvanger oorgedra is nie – merkwaardig! 8 Ten spyte van buitengewone prestasies is daar in Suid-Afrika, soos wêreldwyd, 40 nie naastenby genoeg skenkers vir die duisende wat op uitkoms wag nie. 9 In Suid-Afrika is daar in enige stadium meer as 4 000 mense op die waglys, maar dis 'n onderskatte syfer. Ons het ook een van die laagste orgaanskenkingsyfers ter wêreld – ongeveer 1,4 skenkers per miljoen mense. Dus is die nood aan bykomende weefsel in Suid-Afrika baie groot. Hiér is beslis 45 nie 'n sterk tradisie van orgaanskenking soos in Europese lande nie; gevolglik word slegs 500 tot 700 mense jaarliks gehelp, terwyl 4 000 tot 5 000 mense elke jaar op organe wag. Gevolglik word te veel gesonde liggame begrawe of veras, terwyl sterwende en desperate pasiënte vir daardie organe wag. 10 Minder as 1% Suid-Afrikaners is as orgaanskenkers geregistreer. Maar selfs al 50 is jy geregistreer, het jou familie steeds die laaste sê: húlle moet toestemming gee dat jou organe na jou dood gebruik mag word. 11 'n Tienjaarontleding van orgaanskenking by die Groote Schuur Hospitaal is in Februarie 2020 in die Suid-Afrikaanse Mediese Tydskrif gepubliseer. Dié navorsing het onder meer gefokus op die persentasie naasbestaandes wat 55 ingestem het om hul geliefdes se organe vir oorplanting beskikbaar te stel. Van die 503 families wat genader is, het net 32,7% ingestem. Baie weier toestemming om geloofsredes. Sommiges is bang dat hul geliefdes se liggame met disrespek hanteer gaan word of dat die liggame vermink gaan word. Ander is weer huiwerig omdat hulle nie die begrafnisse wil vertraag nie of bang is dat 60 die dokters op die een of ander wyse finansieel voordeel uit hul geliefdes se organe sal trek. 12 Die werklikheid is dat die meeste gelowe nie amptelik teen orgaanskenking gekant is nie. Die skenkingsproses word boonop binne 12 uur na die dood afgehandel. Die skenkerorgane word met die grootste ontsag verwyder en 65 hanteer uit respek vir die skenker. Voordat die dokters begin, buig die hele span hul hoofde as 'n huldeblyk aan die skenker. 13 Dokters het die uiterste respek vir hierdie onbaatsugtige geskenk– daar is geen groter altruïsme* nie. Géén gesonde orgaan behoort in die grond in te gaan of veras te word nie. 70 14 Orgaanskenking bied aan byna elke mens die geleentheid om 'n lewende nalatenskap te los. So, wat hou jou terug? [Aangepas uit Taalgenoot, Lente 2021] * Altruïsme – onselfsugtigheid, naasteliefde Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/November 2022 NSS TEKS B: VISUELE TEKS Herskep lewe! Skenk 'n orgaan! WhatsApp ons: Of skakel: [Aangepas uit https://www.facebook.com/Organ-Donation-Awareness-veldtog] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/November 2022 NSS VRAE: TEKS A 1.1 Herlees paragraaf 1 en 2. 1.1.1 Wat is, volgens die leesstuk, "die grootste geskenk" wat jy aan enigiemand kan gee? (1) 1.1.2 "Het jy geweet dat feitlik alle organe ... geskenk kan word?" (Paragraaf 2) Wat word deur die invoeging van "feitlik" in die sin hierbo geïmpliseer? Skryf TWEE afsonderlike woorde uit paragraaf 2 neer wat jou antwoord motiveer. (3) 1.2 Watter VIER prosesse dra daartoe by dat die oorplantingsproses byna onbekostigbaar is? (4) 1.3 Herlees paragraaf 3 en 5. 1.3.1 Dit is 'n groter opoffering om 'n nier eerder as beenmurg te skenk. Stem jy met hierdie stelling saam? Motiveer jou antwoord. (1) 1.3.2 Waarom kan die vooroordeel van sekere Suid-Afrikaners teenoor mense wat vir nieroorplantings wag, geregverdig word? (1) 1.4 "Suid-Afrika ... spog met baie eerstes" op die gebied van orgaanoorplantings (paragraaf 6). Bewys met TWEE redes dat hierdie stelling 'n feit is. (2) 1.5 Lewer kommentaar op die insluiting van die woord "merkwaardig" in die beskrywing van die WDGMC-span se oorplanting in 2017. (1) 1.6 Herlees paragraaf 8 en 9. Gee die hoofgedagte van paragraaf 8. Watter inligting in paragraaf 9 ondersteun hierdie hoofgedagte? (2) 1.7 Die DRIE wanpersepsies wat in paragraaf 11 genoem word, word deur die inligting in paragraaf 12 weerspreek. Bewys hierdie stelling. (3) 1.8 "... géén gesonde orgaan behoort in die grond in te gaan of veras te word nie." (Paragraaf 13) Waarom is die stelling hierbo en die werklikheid van orgaanskenking ironies? (1) 1.9 Herlees paragraaf 13 asook die onderstreepte woorde in paragraaf 14. Skryf EEN woord uit paragraaf 13 neer wat by die woord "nalatenskap" aansluit én verklaar die teenstrydigheid in dié onderstreepte woorde. (2) 1.10 Dink jy dat paragraaf 13 en 14 die inhoud van paragraaf 3 bevestig? Motiveer jou antwoord deur na paragraaf 13 en 14 afsonderlik te verwys. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/November 2022 NSS VRAE: TEKS B 1.11 Waarom is "Herskep" (in die opskrif) in hierdie advertensie 'n goeie woordkeuse? (1) 1.12 Gee DRIE redes waarom die uurglas in TEKS B funksioneel is. (3) VRAE: TEKS A EN B 1.13 Herlees TEKS A se paragraaf 14 en TEKS B. Watter verband is daar tussen die vraag in paragraaf 14 en die vier aftikblokkies in die advertensie? (1) 1.14 Dink jy die boodskap in TEKS A en TEKS B slaag onderskeidelik daarin om die noodsaaklikheid van orgaanskenkers te beklemtoon? Motiveer telkens jou antwoord. (2) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/November 2022 NSS AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE eienskappe waaroor voornemende werksoekers moet beskik om sukses te verseker. LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie. 2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf. 3. Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie. 4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het. TEKS C SOEK JY WERK? GAAN LEER BY DIÉ BEROEPE – GRAAD NIE 'N VEREISTE NIE Daar is tans baie hoë werkloosheidsvlakke in Suid-Afrika, dus het dit lewensbelangrik geword om te weet watter vaardighede in aanvraag is en watter persoonlikheidseienskappe verwag word. So sê Daniel Gibhard, hoof van die Vaardigheidsontwikkelingskorporasie, na hulle studie oor watter beroepe volhoubaar is en oor watter eienskappe aansoekers moet beskik. Die studie het 'n groeiende vraag na werkers in die tegnologiebedryf geïdentifiseer. Omdat dié bedryf aanhoudend by 'n veranderende landskap moet kan aanpas, moet daar by voornemende kandidate 'n begeerte wees om nooit op te hou leer nie. Ingenieurswese en vervaardiging ondergaan, soos die vorige bedryf, voortdurende verandering; dus moet voornemende werkers bereid wees om by die veranderde situasies se eise aan te pas. Baie werkers is juis oorbodig in hulle beroepe, omdat hulle gestagneer het eerder as om aan te pas. Daarteenoor is verkope en bemarking 'n veelsydige bedryf. Dié bedryf het soveel verskillende areas van sake- en nywerheidsektore, wat dit baie moeilik maak om presies te bepaal wat van kandidate verwag word. Navorsing het egter bewys dat kandidate wat uiteindelik sukses behaal dié is wat daagliks op korttermyndoelwitte fokus ten einde langtermyndoelwitte te bereik. Hoewel daar tans geen gebrek aan werksoekers in die finansiële dienste is nie, lig werkgewers die begeerte tot spesialisasie as vaardigheid uit. Elke onderneming het sy eie unieke behoeftes waaraan kandidate moet voldoen. Hulle moet dus bereid wees om in hierdie rigtings te spesialiseer. Die kos- en voorsieningskettings ervaar vele tekorte ten opsigte van mense wat bereid is om die verantwoordelikheid van beskikbare, veeleisende rolle te vervul. Kandidate wat in hierdie sektor werk soek, moet boonop in staat wees om uitdagings nuut en vars aan te pak. Daar is wel beroepe wat universiteitsgrade vereis, maar omdat dit nie noodwendig sukses verseker nie, is dit baie belangrik dat 'n kandidaat geleenthede moet kan benut om 'n suksesvolle entrepreneur in Suid-Afrika te word. Tans worstel Suid-Afrika met talle uitdagings, werkloosheid en mense met 'n bakhand- mentaliteit. Laasgenoemde gaan beslis nie vir jou 'n werk verseker nie: slegs dié met eienskappe wat in aanvraag is, sal 'n kans tot 'n werk gegun word. [Aangepas uit Beeld, 14 Desember 2021] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/November 2022 NSS AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE Bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS D 1. Gebruik die nuwe Weg! Kalahari-reisgids om jou 2. droomtoer te beplan na die wonderlike wildernis 3. van die Kgalagadi-oorgrenspark én die beste 4. gasteplase, lodges en kampeerplekke tussen die 5. park en Upington. KGALAGADI  Neem beter voëlfoto's  Ry die Nossob 4x4-roete  Wag die diere by dié watergate in 47 NÓÚ TE KOOP! NUUT! B A 6. Die 2021/22-Weg! Kalahari-reisgids is op die rak, 7. maar as jy bang is jy loop dit mis, kan jy jou 8. eksemplaar aanlyn bestel – gaan na weg.co.za. 9. EFO- en kredietkaartbetalingsopsies is beskikbaar. 10. Vir navrae stuur 'n e-pos na verkope@media24.com * DIE DANKBARE KURUMANRIVIER 11. of bel 021 406 225. B * DIE AGTERPAD NA OPPIESKRAALPAN * ONTMOET DIE MEERKATMAN EN OOK VIR 12. Digitaal beskikbaar by zinio.com of magzter.com. * ELIAS LE RICHE, PARKPIONIER [Aangepas uit Weg!, Februarie-Maart 2022] VRAE: TEKS D 3.1 Watter TWEE maniere gebruik die advertensie om die koper te motiveer om die tydskrif te koop? (2) 3.2 Wat is die geïmpliseerde betekenis van die tydskrif, Weg!, se naam? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/November 2022 NSS 3.3 Herlees subopskrif A: "Die woelige woestyn!" 3.3.1 Identifiseer die TWEE advertensietegnieke in die subopskrif wat beweging ondersteun. (2) 3.3.2 Evalueer die geslaagdheid van die visuele prikkel ten opsigte van hierdie subopskrif. (1) 3.4 Teks B meld 'n "dankbare Kurumanrivier". Dink jy die woord "dankbare" dra 'n doeltreffende boodskap oor? Motiveer jou antwoord. (1) 3.5 Gebruik die kern van die onderstreepte woord in reël 2 as 'n bepaler in jou eie woord. (1) 3.6 Wat bereik die kopieskrywer met die kombinasie van "wonderlike" en "wildernis"/"wonderlike wildernis" in reël 2? (1) 3.7 Wat is die funksie van die herhalende voornaamwoord "jy" in reël 7? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 11 DBE/November 2022 NSS VRAAG 4: STROKIESPRENT Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) en beantwoord die vrae wat volg. Sy is nog te jonk Sy moet Kyk wat ek doen. Nee, nie so Sy is net te jonk! om alleen oor die van jongs (4.2) … moet ons op nie! straat te stap. af leer. en af kyk! Volg my voorbeeld: Dan kyk ek daai kant toe … Kyk … doer kom 'n motor! Aikôna! ek kyk diekant toe … WAT? Hulle was Gmf! Woorde Wag, nog Manne, plig voor VOORWAARTS! wek, maar een ... plesier! net daar! voorbeelde trek! [Aangepas uit Browne%2Fdp%2F1550226827&psig] VRAE: TEKS E 4.1 Skryf Louise se woorde in RAAMPIE 1 in die ontkennende vorm. (1) 4.2 Voltooi die sin in RAAMPIE 2 deur 'n ontbrekende verbindingswoord wat chronologie aandui, te skryf. (1) 4.3 Watter visuele bewys is daar in RAAMPIE 3 dat Hein se woorde in RAAMPIE 2 verkeerd verstaan is? (1) 4.4 Op watter manier bewerkstellig die kunstenaar humor in RAAMPIES 4 tot 6? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 12 DBE/November 2022 NSS 4.5 Ondersteun die man se gesigsuitdrukking in RAAMPIE 5 sy woorde in RAAMPIE 1? Motiveer jou antwoord. (1) 4.6 Watter aanname maak die seuns se leier oor die volwasse man in RAAMPIE 7? Wat bedoel die leier met sy woorde? (2) 4.7 Wat is die funksie van die veranderde skryfwyse van die woord in RAAMPIE 8? (1) 4.8 Herlees RAAMPIE 8 en RAAMPIE 4. Watter ooreenkoms is daar tussen die optrede van die seuns se leier en die man se woorde? (1) 4.9 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.9) en die letter (A–D) neer. Die vrou se woorde in RAAMPIE 9 dui aan dat sy ... is. A diskriminerend B stereotiperend C sarkasties D bevooroordeeld (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 13 DBE/November 2022 NSS VRAAG 5: ARTIKEL Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS F OORLEWINGSTRYD OM WOLWEPLAAS TE RED 1 Dit is 'n melodie wat bestaan van die vroegste van tye, gevul met die misterie van 'n (5.1) oersiel vir wie die stryd om oorlewing nooit verby is nie. 2 Mense verstaan nie altyd die sielroerende huilklank nie en daarom moet mense soos Lexi en Ronnie Austen van die All Hearts-stigting (AHF) betrokke raak wanneer mense iets edels soos 'n wolf in 'n troeteldier probeer verander. 5 3 (5.2) Die AHF is 'n paar jaar gelede as 'n organisasie sonder winsbejag begin. Die Austens se doel was om 'n trop Kanadese gryswolwe in Suid-Afrika te red. Hulle het besluit (5.3) dat hulle dié diere se voortbestaan wil verseker. 4 Dit het begin met die een trop wolwe, sê Lexi en beduie na die eerste kamp waar die brandwagte waaksaam nadertrippel – (5.4) "blaffend" en oë priemend 10 deur die gras. 5 Dit is die AHF se "aanvangstrop", die (5.5) aanvanklike rede hoekom die stuk grond van meer as 21 (5.6) ha in Hartbeespoort, Noordwes, gehuur is, met die (5.7) opsie om dit later te koop. 6 Nou leer die Austens hulle besoekers: (5.8) die grasieuse dier wat by tye amper 15 blaf soos 'n hond, vir die onkundige oog lyk soos 'n hond en soms optree soos 'n hond, bly 'n wolf. [Aangepas uit Beeld, 10 Februarie 2022] 5.1 Bestudeer die onderstreepte woord in paragraaf 1. Benoem die "oe"-klank én gee die betekenis van die voorvoegsel in hierdie woord. (2) 5.2 Skryf die vetgedrukte sin in paragraaf 3 in die bedrywende vorm. (1) 5.3 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (5.3) en die letter (A–D) neer. Die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 3, is 'n ... A hoofsin. B voorwerpsin. C byvoeglike bysin. D bevelsin. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 14 DBE/November 2022 NSS 5.4 Is die gebruik van die aanhalingstekens in die onderstreepte woord in paragraaf 4 gepas? Motiveer jou antwoord. (1) 5.5 Gee 'n sinoniem vir "aanvanklike" (paragraaf 5). (1) 5.6 Skryf die onderstreepte afkorting in paragraaf 5 voluit in woorde en gee die rede waarom dié afkorting sonder 'n leesteken geskryf word. (2) 5.7 Gebruik 'n afgeleide byvoeglike naamwoord van die onderstreepte woord in paragraaf 5 in 'n verduidelikende sin. (1) 5.8 Herlees die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 6. Skryf die hoofsin van die onderstreepte sin neer. (1) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all