Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 12202229 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2022, 29 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2022

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NOVEMBER 2022 PUNTE: 80 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 29 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/November 2022 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord. 2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord. 3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Gedigte (30) AFDELING B: Roman (25) AFDELING C: Drama (25) 4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en EEN in AFDELING C. AFDELING A: GEDIGTE Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae. Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag. AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. 5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)  Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.  Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou te help. 6. LENGTE VAN ANTWOORDE  Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.  Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.  Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en relevant. 7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/November 2022 NSS 9. Beantwoord ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 10. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: ongeveer 40 minute AFDELING B: ongeveer 55 minute AFDELING C: ongeveer 55 minute 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/November 2022 NSS INHOUDSOPGAWE AFDELING A: GEDIGTE Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY 1. "Wie's Hy?" Opstelvraag 10 6 2. " 'n brief van hulle vakansie" Kontekstuele vraag 10 7 3. "besoekersboek" Kontekstuele vraag 10 9 4. "Twee kleuters in die Kontekstuele vraag 10 10 Vondelpark" EN Ongesiene gedig: Verpligtend 5. "Ek skryf ..." Kontekstuele vraag 10 12 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag.* 6. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 13 7. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 13 8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 16 9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 16 10. Vatmaar Opstelvraag 25 19 11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 19 12. Onderwêreld Opstelvraag 25 21 13. Onderwêreld Kontekstuele vraag 25 21 AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag.* 14. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 24 15. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 24 16. Mis Opstelvraag 25 27 17. Mis Kontekstuele vraag 25 27 *LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/November 2022 NSS KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beantwoord het. AFDELING VRAAG- GETAL VRAE MERK NOMMER BEANTWOORD () A: Gedigte 1–4 2 (Voorgeskrewe gedigte) A: Gedigte 5 1 (Ongesiene gedig) B: Roman 6–13 1 (Opstel of kontekstueel) C: Drama 14–17 1 (Opstel of kontekstueel) LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/November 2022 NSS AFDELING A: GEDIGTE VOORGESKREWE GEDIGTE Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAG 1: OPSTELVRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg. Wie's Hy? – Adam Small 1 Die poet, 2 wie's hy? 3 Djulle het so baie bek oorie poet, 4 ma wié's hy? 5 Is hy rêrag soes djulle dink 6 die ou moerie pen ennie ink 7 wat in sy study sit en poems dink? 8 Nai, 9 djulle's mistaken, 10 nie hy nie 11 ma djúlle is die poets, 12 djulle wat innie straat in loep 13 ennie gladde bek verkoep 14 ma die dinge sien 15 en soema net daa God tien hulle roep! [Bron: Sê Sjibbolet, 1963] In hierdie gedig gebruik die spreker stylfigure, retoriese middele en tipografie om die verkeerde sienings oor digterskap reg te stel. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/November 2022 NSS VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. 'n brief van hulle vakansie – Breyten Breytenbach vir oubaas: 1 Noudat ek uitgeswel van lyf is kan ek treur 2 oor die eelte van my vader, die lugoë van my ma, 3 die skamel offerandes van hulle gebede as hulle my 4 op die knieë van hul Gij Here God lê; 5 noudat ek agter 'n baard kou kan ek huil 6 as hulle snags my naam fluister met die ruite 7 donker knippende oë in die wind, oor die visolie 8 vir my griep, die ingelegde perskes (albertas) op die rak 9 In sy sestigste jaar swem my pa in Stilbaai se see 10 en stap myle ver oor die sand met sy reguit bene 11 in 'n kortbroek en speel krieket op die duine 12 en eet alikruikels in die Sea View-losieshuis 13 want hy's 'n bokser dokter boer 14 'n kaptein en 'n held 'n indoena tussen grysaards ‒ 15 En as die reën soos 'n gesluierde bruid oor die see kom 16 word die lieflinghond (Trixie) lam; 17 drie dae veg die veearts en buig dan die knie 18 en hulle dra die lyk terug na Kafferskuilsrivier 19 die plaas van hulle jong liefde en plant die saad 20 'n soenoffer in die diep grond se skoot 21 want nou is hulle minnaars 22 stil bome in die najaar met die wind 23 strelende drome in die takke 24 onder komete leeftye lang wêrelde 25 My ooms sterf soos kapok in die son 26 hartaanval beroerte kanker en tering 27 en my pa word stiller en meer verskriklik 28 van dop tot dop 29 Hier waar die harde winters en nat somers 30 my lyf ongenaakbaar skil, treur ek oor 31 die soet hart van my moeder 32 my pa se stil en bitter krag [Bron: die ysterkoei moet sweet, 1964] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/November 2022 NSS 2.1 Skryf DRIE opeenvolgende woorde uit versreël 1 en 2 neer wat aandui dat die spreker 'n volwassene is. (1) 2.2 Herlees versreëls 1 tot 12. Toon aan dat die spreker se fokus in versreëls 9 tot 12 verander én skryf neer hoe hierdie veranderde fokus by die titel van die gedig aansluit. (2) 2.3 Benoem die beeldspraak in versreël 22. Watter beeld uit versreëls 17 tot 20 kontrasteer met dié beeld? (2) 2.4 Watter aanduiding is daar in die gedig dat sy ma 'n "soet hart" (versreël 31) het? (1) 2.5 In watter opsig sluit die laaste versreël by die subtitel aan? (1) 2.6 Wat is die tema van hierdie gedig? Dink jy herhaling word in die gedig gebruik om dié tema te versterk? Motiveer jou antwoord met TWEE voorbeelde. (3) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/November 2022 NSS VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. besoekersboek – Fanie Olivier 1 op die sel se mure het iemand uitgekrap 2 (of liewer: íngekrap): sy naam en al die dae 3 van sy duskantse verblyf. gaan mens op stap 4 deur duikweë stasies onder brûe bly draai die vrae 5 wie was dié peter? waar kom pam vandaan? 6 hoe het die vriendskap tussen brian en ed begin? 7 sou w.a.l. se ouers hom meer as normaal geslaan 8 het? hoe lank het lieb sy liesbet bly bemin? 9 ek loer na hiërogliewe. 'n boer het my gewys 10 waar jagtonele oorgebly het teen die krans. 11 vóór in die gideons se bybel is 'n lang lys 12 lesers wat hul teen sterflikheid probeer verskans. 13 'n kind hoes seer; 'n lam huil stomgemaak. ek skraap 14 moed bymekaar: ek was hier en hier het ek geslaap. [Bron: Skimmellig, 1978] 3.1 Gee die letterlike en figuurlike betekenis van die titel. (2) 3.2 Herlees versreël 1 en 2. 3.2.1 Noem TWEE maniere waarop "íngekrap" in versreël 2 tipografies uitgehef word. (2) 3.2.2 Is dit effektief dat "uitgekrap" (versreël 1) na "íngekrap" (versreël 2) verander word? Motiveer jou antwoord. (1) 3.3 Herlees versreël 3 en 4. Waarom is die enjambement aan die einde van reël 3 funksioneel? (1) 3.4 Daar kom ironie in versreël 11 en 12 voor. Motiveer hierdie stelling. (1) 3.5 By watter TWEE opeenvolgende woorde in versreëls 1 tot 4 sluit "hier" (versreël 14) aan én waarom is die herhaling van "hier" doeltreffend? (2) 3.6 Versterk die afwesigheid van hoofletters in die gedig die tema? Motiveer jou antwoord. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/November 2022 NSS VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Twee kleuters in die Vondelpark – Elisabeth Eybers 1 Twee kleuters in die Vondelpark bly staan 2 'n klein oneindigheid lank hand-in-hand. 3 Smetloos geteken dryf die dubbelswaan: 4 gesplete hart van hals en dubbelhals, 5 geskulpte vlerk met dubbelvlerk teenaan, 6 geslote snawel deinserig vervals 7 met eenkant lug en water anderkant. 8 Versadig van die roerlose gesig 9 pluk hy – die seuntjie – plotseling aan haar hand 10 vir verdergaan, sleep haar tot ewewig 11 as sy nog strompelend omkyk na die swaan. 12 Verby die bome druis die straatrumoer. 13 Van skopfiets tot trapfiets gepromoveer, 14 bromfiets tot motor, sal hy konstateer 15 – die wiel sy ordeteken – dat hy lid 16 is van die kollektiewe Lilliput. 17 Maar sý sien webbe onderwater roer. 18 Miskien is dit die laaste dag van staar 19 en grondelose verwondering. Wat sou 20 hý, weerloos wordend, wees oor dertig jaar? 21 'n Saaklike barbaar, 'n fyn sadis, 22 'n doktrinêre Hollandse meneer? 23 En sý 'n druk slagvaardige mevrou 24 met 'n allure van dit-is-soos-dit-is? 25 Die swaan bly oor sy dubbelbeeld gekeer. [Bron: Balans, 1962] 4.1 In versreël 1 en 2 kom harmonie op 'n letterlike én geïmpliseerde vlak voor. 4.1.1 Wat dui aan dat daar harmonie tussen die twee kleuters heers? (1) 4.1.2 Watter ánder harmonie word ook in hierdie versreëls geïmpliseer? (1) 4.2 Watter woord(e) in versreëls 3 tot 5 skep die idee dat volmaakte harmonie net skyn is? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/November 2022 NSS 4.3 Watter klankeffek kom in versreël 12 voor? Is dié klankeffek funksioneel gebruik? Motiveer jou antwoord. (2) 4.4 Watter stemming heers in versreël 1 en 2 asook in versreël 25? Haal die versreël waarin die stemming verbreek word, aan. (2) 4.5 Herlees versreëls 18 tot 25. 4.5.1 Dink jy die suggestie van die woord "miskien" is effektief? Motiveer jou antwoord. (1) 4.5.2 Die suggestie word in die daaropvolgende versreëls versterk, maar in die slotreël weerspreek. Bewys die stelling. (2) [10] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/November 2022 NSS ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Ek skryf ... – Pieter-Louis Myburgh 1 As ek skryf is ek die blommeverkoper 2 Ek's die sakeman, die bergie* en die perlemoenstroper 3 As ek skryf is ek die sirkusnar 4 Ek's die prokureur wat leuens met die waarheid verwar 5 Ek skryf om die samelewing se sukkel te stroop 6 – probleme wat ophoop in bundels verkoop 7 Maar ek skryf ook om sonstrale in ink vas te vang 8 waar 'n luislang wat lui is na winter verlang *bergie: iemand wat in die berg/op straat woon/slaap [Bron: Penseel, 2006] 5.1 Wat noem ons tweereëlige strofes soos dié in hierdie gedig? (1) 5.2 In watter opsig is elk van die DRIE metafore in versreël 2 verteenwoordigend van die Suid-Afrikaanse samelewing? (3) 5.3 Waarom beskou die "ek" hom/haar in versreël 3 as 'n "sirkusnar"? (1) 5.4 Benoem die halfrym in versreël 5 én dui aan waarom dit funksioneel is. (2) 5.5 Herlees versreël 5 en 6. Is dit 'n geloofwaardige afleiding dat die "ek" hom/haar in die gedig met 'n "perlemoenstroper" identifiseer? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) 5.6 Watter retoriese middel word gebruik om die titel te ondersteun? (1) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/November 2022 NSS AFDELING B: ROMAN Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het. DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag). VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG "Nee. Sonder Peter kan ek tog nie werklik klaarkom nie." "Nou ja, waarom vra jy dan?" Ek was self nie seker nie. "Goedkeuring, miskien." Iris is 'n slagoffer van haar eie onsekerheid (soos bogenoemde aanhaling toon). Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A "Dié keer is dit 'n donker enetjie," het hy vir Ma gesê toe sy die kombersies van my gesig terugvou dat hy kan sien hoe ek lyk. "Heeltemal anders," het Ma saamgestem. Ek is spyt dat ek toe nog nie my verstand gehad het nie, want ek sou daarvan gehou het om op daardie punt 'n paar aanmerkings te maak. Soos dat die lig my oë 5 seermaak of dat ek moeg was ná so 'n wurgende ondervinding. Miskien sou ek selfs kon besin het oor die doeltreffendheid van die geboorte – was daar nie 'n beter manier om die eerste lewenslig te aanskou nie? 'n Meer omgewingsvriendelike metode nie? My susters het die volgende middag na my kom kyk. Hulle was nie beïndruk nie en het eintlik net gekom om Ma te sien en hulle leeslesse hardop vir haar te lees soos 10 hulle gewoond was. Waarom my ma my Iris wou noem, het ek nooit uitgevind nie. My twee mooi susters was toe reeds na sowel vaders- as moederskant vernoem. My pa het somtyds gespot en gesê die Iris was van pas omdat ek perserig was by geboorte en my arms en bene oor die verpleegster se hande geflap het toe sy my vir hom kom wys. Toe ek klein was, 15 het ek saamgelag, maar in my diepsinnige puberteit het ek geswyg en my gesit en verwonder oor hulle domheid. Die iris was tog ook deel van die oog, en in daardie stadium het ek myself nie slegs as diepsinnig beskou nie, maar as ook besonder skerpsinnig. 7.1 Waarom was Iris se pa nie tydens haar geboorte teenwoordig nie? (1) 7.2 "Heeltemal anders," het Ma saamgestem. (Reël 3) 7.2.1 Dink jy dit is regverdig dat Iris reeds van haar geboorte af as "anders" deur haar ouers beskryf word? Motiveer jou antwoord. (1) 7.2.2 Hoe ontsnap Iris uit die werklikheid waarin mense haar nie ernstig opneem nie? (1) 7.2.3 In die afloop van die roman maak Iris vrede met die werklike lewe. Motiveer hierdie stelling. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/November 2022 NSS 7.3 "Waarom my ma my Iris wou noem, het ek nooit uitgevind nie." (Reël 12) 7.3.1 By watter tema sluit Iris se blomnaam aan? (1) 7.3.2 Waarom is Iris 'n slagoffer van haar naam? (1) 7.3.3 Wat is Peter se aanvanklike siening oor Iris se naam en hoe lei haar naam later in die roman tot konflik tussen hulle? (2) 7.4 Waarom vind Iris dit nodig om in reël 12 en 13 te noem dat haar susters familiename gehad het? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2) 7.5 Dink jy Iris se naam het werklik 'n invloed op haar lewe? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) EN TEKS B Peter het gesê hy skei my as ek met antieke Chinese begin praat. Die Engel het hy aanvaar omdat die Engel nie opdringerig is of my tyd in beslag neem nie maar as ek by Die Spieël wil aansluit, moet ek my koffers pak. Ek het belowe ek sal dit in gedagte hou. Om te moet kies tussen Peter en die voorvadergeeste is geen keuse nie. Dit is nou laatsomer en ek en Johanna sit saam op ons kombuisstoeltjies in die 5 hoek van die skadutuin. Dis halfsewe en ons hou die lelie dop. Toe ek nou-nou opkyk, het ek Die Engel deur die ondertuin sien sweef. Hy hou daarvan om laatmiddae in die tuin te wees. Miskien kommunikeer hy met die plante of versterk hy sy onsterflike siel sodat hy krag het vir ons latere argumente. Ek weet nie. "Dan sal ons seker maar so saam oud word," sê Johanna vir my toe sy met 'n steun 10 langs my kom sit. "Jy word vet," sê ek. "Jy gaan nie ou bene maak as jy nie oppas nie." "Ek is gesond vir my jare," sê sy gebelg. Ek sit my hand op haar knie om te wys ek bedoel dit nie regtig nie en Polder kyk van die een na die ander en dan na die lelie wat met bultende knop roerloos voor ons 15 staan. "Ek hoop nie hy's weer laat nie," sê Johanna. "Ek wil nie die kos vir Peter verbrand nie." "Wees geduldig," sê ek. "Dis amper tyd." 7.6 Waarom besluit Iris dat sy Peter bo haar fantasiewêreld verkies? (1) 7.7 In watter opsig verander Iris se houding teenoor die Engel en hoekom is hierdie veranderde houding verstaanbaar? (2) 7.8 Iris is in hierdie teks tevrede met die ruimte waarin sy haar bevind. Waarom is dit ironies? (1) 7.9 Herlees reël 4 en 5. Watter TWEE keuses, vroeër in Iris se lewe, veroorsaak onmin tussen Iris en haar geliefdes? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/November 2022 NSS 7.10 In watter opsig verskil Johanna en die Engel se sienswyses oor Iris se blomtyd? (1) 7.11 Van watter belang is die slotwoorde in die roman (reël 19) ten opsigte van Iris? Dink jy die slot is geslaagd? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (3) 7.12 Herlees TEKS A reëls 12 tot 19 en TEKS B reëls 14 tot 19. 7.12.1 Hoe verskil Iris se aanvanklike siening van haar blomtyd met haar siening in die afloop? (1) 7.12.2 Watter TWEE aspekte van karakterontwikkeling blyk uit Iris se slotwoorde in TEKS B? (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/November 2022 NSS MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag). VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG "Die drome wat die kinders van die Here droom, is die drome wat Hy vir hulle géé om te droom, jongman ..." Hierdie woorde van Ouma Essie word eers vir Baas waar toe hy van sy eie drome afstand doen. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS C Hy weet ook dat hy langs sy bed op 'n biesiemat lê en dat hy baie warm kry. Sy ma kon net jou kop in haar hande vat, dan voel jy sommer beter, onthou hy. Daar is iemand by hom. Hy draai sy oë stadig. Is dit die vrou vir wie hy die malariapille gegee het kort voordat hy siek geword het? wonder hy. Sy sit met haar bene onder haar ingevou op die kleivloer, 'n eenvoudige kolletjiesrok oor haar knieë 5 getrek. Hoe lank lê hy al hier? "Kan ek help?" Sy stem klink vir hom soos die newels wat voor sy oë swem. Wat sóék sy in sy huis? "Ek het gehoor dat jy malaria het, meneer Baas. Miskien kan jy my nog onthou. 10 My naam is Grace," sê sy in foutlose Engels. "Ek is nie goed met name nie," fluister hy. "Watter dag is dit vandag?" Die geroep van die moerasfiskale kom en gaan. Hy moet al sy wilskrag inspan om hulle nie te verloor nie. Hy kan nie goed sien nie. Is daar vliese voor sy oë? "Dit is Donderdag." 15 "Hoe lank sit jy al hier?" Sy het Maandag gekom, sê sy. Die honde wou haar nie naby die huis toelaat nie. Sy het vir hulle vleis gekoop by die bosslaghuis. Hulle was honger. Van die rietbok wat hy geskiet het, was niks meer oor nie. Dit is die lang hond met die stekelrige hare, die swart teef, wat die langste geneem het om aan haar gewoond te raak. 20 9.1 In watter ruimte bevind Baas hom in reël 1? (1) 9.2 Kan Baas in hierdie uittreksel as 'n slagoffer van sy omstandighede beskou word? Motiveer jou antwoord. (1) 9.3 "Kan ek help?" (Reël 8) 9.3.1 Wie is die eerste persoon vir wie Baas tydens sy ontdekking van Barotseland help én watter invloed het dit op sy onmiddellike toekoms? (2) 9.3.2 In watter opsig lei sy hulpvaardigheid tot innerlike konflik by Baas en wie help hom uiteindelik om dié konflik op te los? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/November 2022 NSS 9.4 "Wat sóék sy in sy huis?" (Reël 8 en 9) 9.4.1 Is dit geregverdig dat Baas so humeurig is? Motiveer jou antwoord. (1) 9.4.2 Vir watter ander mense vra Baas later in die roman 'n soortgelyke vraag? Watter verband is daar tussen hierdie mense en Baas se oupagrootjie? (2) 9.5 " 'My naam is Grace,' sê sy in foutlose Engels." (Reël 11) 9.5.1 Waarom is Grace se noemnaam en haar stamnaam vir die intrige van die roman geslaagd? Verwys na beide haar name in jou antwoord. (2) 9.5.2 Watter karakter aanvaar dat Baas se boot na Grace (Tibelelo) Mulambwa vernoem is? (1) 9.6 In watter opsig het Baas se houding teenoor Grace stelselmatig gedurende die roman verander en waarom is hierdie veranderde houding verstaanbaar? (2) 9.7 Watter DRIE waarhede oor Barotseland se mense leer Grace vir Baas? (3) EN TEKS D "Ja, hy was 'n doperige ou Christen," sê Whitey. "Left, right and centre. Dis net jammer hy het nie sy skoonpa ook gedoop nie, dan kon dinge dalk vir hom beter geloop het. Maar nou sit ek jou hier en verveel met stories oor my voorgeslagte. En eintlik is daar 'n ander rede hoekom ek jou kom sien het, Baas." 'n Klippie skiet weg. "Jy moet asseblief nie dink ek druk jou omdat ek met die Land Rover gehelp het 5 nie. Dit is nie so nie, al lyk dit so. Ek help mense omdat ek daarvan hou om hulle te help, nie omdat ek iets terug verwag nie. Dis 'n familiekwaal. Ek is hier omdat ek in die moeilikheid is ... bietjie finansiële probleme ... Om te hoor of jy dalk sal kan voorskiet. Ek kan sekuriteit gee ..." Sy oë is voor hom op die grond. "Ek dink nie jy druk my nie, Whitey. Ek dink net jy is by die verkeerde adres." 10 "Daar is 'n goeie kontrak vir hout wat moet afkom. Die ouens kan nou enige tyd die geld op die tafel sit. Dis miskien net vir 'n maand of twee, op die heel langste. Wat sê jy? Ek het 'n paar klippies. Dis tog goeie sekuriteit." "Verkoop dit," sê Baas. "Dis die probleem. Ek het nie kontakte daarvoor nie, en 'n man moet mos maar fyn 15 trap met dié soort ding." Hy skiet nog 'n klippie weg. "Jammer, Whitey. Ek het niks om jou in ruil te gee ..." 9.8 Waarna verwys Whitey in reël 2 en watter invloed het hierdie insident later op Baas? (2) 9.9 Dink jy Whitey verveel Baas regtig (in reël 3)? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/November 2022 NSS 9.10 Op watter manier help Whitey vir Baas direk nadat Baas van malaria herstel het? (1) 9.11 By watter tema van die roman sluit reëls 8 tot 10 aan? (1) 9.12 Herlees reël 18 en 19 in TEKS C en reël 1 en 2 in TEKS D. Beide Grace en Whitey vervul die rol van voorsiener in Baas se lewe. Motiveer die stelling met verwysing na beide Grace en Whitey. (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/November 2022 NSS VATMAAR – AHM Scholtz Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag). VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG "... om skoon te lewe was vir haar die vernaamste ding." Tant Wonnie en haar dogters se doen en late in Vatmaar word deur hulle waardes bepaal (soos bogenoemde aanhaling toon). Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E En daar het die drie grand ou ladies van Vatmaar, Ouma Lewies, Sus Bet en Tant Wonnie, gestaan met hulle se wit voorskote aan en beste kopdoeke op. Mineer de Bruin en Miesies de Bruin het aangery gekom met hulle Ford en naby die kerk sit en wag vir die domanie en die ouderlinge van die Pan om aan te kom. Hulle het opgedaag – vier mans en vier vrouens, die mans het swart pakke gedra en 5 die vroue hulle beste hoede. Toe hulle uit hulle twee karre klim, het Mineer de Bruin hulle met die hand gaan groet. Hulle het stilgestaan en 'n paar woorde gewissel. Toe het die domanie voor hulle uitgeloop na waar Oom Chai en Oom Flip op hulle gewag het, Oom Chai met sy familiebybel (wat hy gesê het ouer is as hyself en in die eerste Afrikaans geskryf – waarmee hy Hoog-Hollands bedoel het) in 'n syslopie. 10 Die gezoem van die mense het opgehou. Die domanie het Oom Chai en Oom Flip gegroet en hulle hande gevat. Hy het 'n paar woorde gesê en toe verder geloop. Die ander gaste het agterna gekom en die twee groot manne gegroet. Daarop het Oom Chai sy hand gelig as 'n teken dat die vuur aangesteek kan word. 15 Voor die toe kerkdeur het die domanie die sleutel van 'n jong dogter ontvang. Daar was twee jong dogters, albei kaalvoet en in wit rokke. Met sy arms omhoog het die domanie hardop gebid en onse kerk geseën en die deur oopgesluit. 11.1 Vir watter geleentheid kom die mense hier bymekaar? (1) 11.2 Herlees reël 1 en 2. 11.2.1 Watter afleiding kan jy maak oor die Vatmaar-mense se gesindheid teenoor die drie dames uit die feit dat hulle as "die drie grand ou ladies van Vatmaar" genoem word? (1) 11.2.2 Het dié drie "grand ou ladies" dieselfde waardes as Vatmaar se mense? Verwys in jou antwoord na Sus Bet en Tant Wonnie onderskeidelik. (2) 11.3 Danksy Oom Chai gee Du Toitspan se gemeente vir Vatmaar 'n kerk. 11.3.1 Is dit regverdig dat Vatmaar vir die kerkterrein moet betaal? Motiveer jou antwoord. (1) 11.3.2 Watter DRIE voorwaardes, wat die moedergemeente stel, het op Oom Chai betrekking? (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/November 2022 NSS 11.4 Wat het Oom Chai en Oom Flip (reël 12) onderskeidelik vroeër gedoen wat nie respek verdien nie? By watter tema sluit hulle dade aan? (3) 11.5 Waarom is die Vatmaar-inwoners én die gaste se klere sprekend van die milieu waarin die twee groepe mense hulle onderskeidelik bevind? (2) 11.6 Wie is eerste uit die kerk op Vatmaar begrawe? Is dit gepas dat hierdie persoon se begrafnis die eerste een was? Motiveer jou antwoord. (2) EN TEKS F Toe die baba aan die slaap raak, bly Suzan by die venster uitkyk sonder om oor die dag van môre te dink. Met haar hand op Kenny se knie. Hy was haar eerste liefde, en net soos hy oor haar gedink het, dink sy oor hom: Ek wil altyd naby jou wees. Ek het liefde gevind en ek gaan dit vashou. Ouboet, sê sy want sy kon die naam nie afleer nie, onthou jy toe ons kliniek toe 5 gegaan het, het ek soos altyd die lantern aangesteek sodat dit nie donker moet wees as ons by die huis terugkom nie? Ek was so trots op daai lantern want dit was die heel eerste ding wat rêrig myne was. Ek het die bodeur oopgelos en ek wou nie teruggaan om dit te gaan toemaak nie, onthou jy? So toe die wind so skierlik opkom, het dit natuurlik eers die lantern aan die spyker laat rondswaai en dit toe afgewaai. Die 10 paraffien het die vuur laat sprei. Dit is wat gebeur het en dit is wat Broer gesien het. Daai lamp en die wind het ons alles laat verloor. Ek het ook al my kop gebreek oor wat kon gebreek het, sê Kenny. Dankie dat jy die geheim van ons ramp opgelos het, my Alles. Maar ons het darem nie alles verloor nie, ons het nog steeds mekaar, my Als – en hy het haar kop met altwee sy hande 15 vasgehou en haar lank gesoen. Onder hulle het die treinwiele oor die laste in die ysterstawe geklop. 11.7 Waarheen is Suzan en Kenny op pad? Watter innerlike konflik beleef Kenny oor die ontvangs by hulle eindbestemming? (2) 11.8 Hoekom is Suzan se trots op die lantern ironies? Motiveer jou antwoord. (1) 11.9 Nadat Tant Wonnie se huis afgebrand het, was Vatmaar nooit weer dieselfde nie. Watter TWEE redes kan jy gee om hierdie stelling te motiveer? (2) 11.10 Waarom het die kliniek (reël 5) Kaaitjie se naam én watter verband is daar tussen Kaaitjie en die baba in reël 1? (2) 11.11 Herlees reël 1 en 2 in TEKS E en reël 1 en 2 in TEKS F. 11.11.1 Watter ooreenstemmende karaktereienskappe het Suzan en Tant Wonnie? (2) 11.11.2 Dink jy Tant Wonnie het 'n bydrae gelewer tot Suzan en Kenneth se verhouding? Motiveer jou antwoord. (1) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/November 2022 NSS ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag). VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG "Goed dan ... hier is die password: social engineering, Greg. Dis reg ja. Die grootste social engineering attack wat jy in jou lewe sal teëkom. En jy was die victim!" In die roman het Eckardt se valsheid 'n invloed op Greg (soos bogenoemde aanhaling toon). Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS G Maar die woorde kom nie verby sy droë keel nie. Sy pa kyk na hom. 'n Spiertjie ruk bo-kant sy oog. Die verstarde ooglede beweeg nou. Gaan sy pa huil? Hy het hom nog nooit sien huil nie. Sy pa vou die pistool toe in die lap. Sy hande bewe. 5 "Gaan ... gaan slaap nou, my seun," stamel hy en trek 'n lessenaarlaai oop. Tydsaam druk hy die pistool daarin. Daarna strek hy sy vingers uit na 'n geel koevert wat op die tafelblad lê. Maar voor hy dit kan raak vat, kyk hy op. Sy gesig is natgehuil. Die seun staan net daar, sy een hand steeds op die deurknop. "Dis oukei, ek belowe," sê sy pa. "Ek ... ek sal nie ... " Die stilte word 'n spons wat 10 die woorde moet indrink. Jy moet nie vir jou ma vertel nie. Oukei? Dis ons geheim." Sy mondhoek trek skeef toe hy probeer glimlag. "Gaan slaap nou." Die seun se hand gly van die deurhandvatsel af en val langs sy sy. Hy sê steeds niks nie, maar binne in hom weerklink sy pa se stem. Toe hy omdraai en kamer toe stap, hoor hy sy pa sê: "Nag. Lekker slaap ..." Sy pa 15 sê sy naam, maar hy hoor dit nie. Sy naam los op in die donker. Verdwyn. Maar dit is goed so, want jare later sou hy vir homself 'n ander naam kies. Een waarmee hy die vrees kon uitdryf. 'n Naam wat sê hoe dit voel om magteloos te wag vir antwoorde ... 13.1 Binne watter ruimte bevind die seun en sy pa hulle? (1) 13.2 Waarom is daar 'n rukkende spiertjie bokant die man se oog (reël 2)? (1) 13.3 Herlees reël 4. 13.3.1 In watter opsig sluit hierdie reël by die titel van die roman aan? (1) 13.3.2 Is hierdie pa 'n slagoffer van sy omstandighede? Motiveer jou antwoord. (1) 13.3.3 Wanneer het Greg sy pa vir die eerste keer sien huil? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/November 2022 NSS 13.4 Herlees reël 11. 13.4.1 Is dit regverdig teenoor Eckardt dat sy pa van hom verwag om hierdie gebeure geheim te hou? (1) 13.4.2 Watter DRIE geheime oor Greg se pa word in die afloop van die roman geopenbaar? (3) 13.5 Lees die volgende twee aanhalings: "... maar binne in hom weerklink sy pa se stem." (Reël 14) "Sy naam los op in die donker. Verdwyn." (Reël 16) Op watter manier sluit hierdie TWEE aanhalings by Eckardt se latere kuberkrakernaam, Ekk-0, aan? (2) 13.6 Dink jy Eckardt het jare later werklik "magteloos" (reël 18 en 19) vir antwoorde gewag? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) EN TEKS H Maar dis of die computer in my brein ge-crash het en ek nou in Safe Mode opgeboot is. "Ma, sal Ma na Pa kyk? Ek moet vir inspekteur Cele bel." Dis nie oor my pa dat ek nou vir haar wil kontak nie. Sy, sersant Botha en die ander polisie-eenhede wat betrokke gaan raak, sal mettertyd van hom uitvind. Ek kan dit nie keer nie. "Ek moet 5 haar vertel van Ekk-0." <html> <body> <h><b>LOGOFF</B></H> <P> Om af te teken van 'n rekenaar nadat jy dit gebruik het.</p> 10 </body> </html> Buite die motor gly die landskap geruisloos verby in die donker. Greg se selfoon breek die stilte. Private number, lees die selfoonskerm. "Greg, hallo?" Hy luister. En druk dit dan net dood. 15 "Wie was dit?" vra sy ma moeg. "Iemand van 'n koerant." Sy sug. Greg draai om in sy sitplek, kyk na die motor wat hulle volg. Sy pa. Sy gesig skaars sigbaar in die donker. Hy draai weer terug. Dit is nog ver Johannesburg toe. Die motorligte vloei helder oor die teerpad. 20 Lux hominum vita. Greg leun met sy kop teen die passasiersvenster. Sy tong voel dik in sy mond. "Ek is toe nie so bullet-proof soos ek gedink het nie," sê hy sag. 'n Hand op sy skouer. Sy ma s'n. Nou eers kan hy huil. Vir sy pa, en ook vir John. 25 Die selfoon lui weer. Die joernalis het nog nie die boodskap gekry dat hy nie met haar wil praat nie. "Net asseblief een ding, Greg," hoor hy haar sê, "die ou na wie die polisie soek – ek het twee name hier: Eckardt Wilken en Ekk-0. Is dit sy regte naam?" Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/November 2022 NSS 13.7 "Ek moet vir inspekteur Cele bel." (Reël 3) 13.7.1 Watter TWEE dinge wil Greg vir inspekteur Cele vertel? (2) 13.7.2 Hoe het Greg se houding teenoor Eckardt van die graad 8's se inlywingseremonie tot nou toe verander en waarom is hierdie veranderde houding verstaanbaar? (2) 13.8 Waarom is die gebruik van die programmeringstaal in die aanhaling effektief? (1) 13.9 Herlees reël 15 en reël 27 en 28. Die joernalis bel vir Greg om inligting oor Eckardt in te win omdat hulle Eckardt se verdwyning met Dok Pienaar se inhegtenisneming verbind. 13.9.1 Waarom is dit ironies dat Greg met hierdie joernalis geïrriteerd is? (1) 13.9.2 Watter ander TWEE brokkies inligting oor Eckhardt weet die joernaliste nog nie? (2) 13.10 "Nou eers kan hy huil. Vir sy pa, en ook vir John." (Reël 25) Op watter innerlike konflik dui hierdie woorde? (1) 13.11 Herlees die woorde in reël 16 van TEKS G en reël 18 en 19 van TEKS H. 13.11.1 Waarvan is die donkerte in beide hierdie tekste 'n simbool? (1) 13.11.2 Watter karaktereienskap van Eckardt en meneer Owen veroorsaak onderskeidelik dat hulle in die verhaal in 'n figuurlike donkerte verkeer? (2) [25] TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/November 2022 NSS AFDELING C: DRAMA Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag). VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG Miss Africa en Apostel George speel albei 'n rol in Map se bevryding. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS I CAVERNELIS: (probeer vreedsaam verduidelik): Ek werk hard. CYRIL: Overtime, en Sondae oek. (Dan baie geniepsig.) Mister Cavernelis en Blanchie ... Ja-nee, 'is true – julle is baie hardwerkende mense! Julle kyk mos neer op onse mense hier, julle wil mos hierso van ons af weg! Okay, 'is te verstane! 5 TOMMY: Hê, stop 'it nou regtig, man! Stop 'it nou! CAVERNELIS: (hulpeloos, maar dreigend): Julle laat staan vir Blanchie! CYRIL: En hoekom nogal? 'Is mos die waarheid. Blanchie werk oek mos overtime, even Sondae oek! Net soes jy, ou dad ... jy moet jou soft goods en Blanchie, well ... Maar nou ja, geld is geld – it knows no 10 colour, creed or race, soes daai whitey-vrinne van julle oek sê! Mister Cavernelis staan net daar met die fiets, sy lippe beweeg, maar hy sê niks. RICHIE: Dis colour-blind, ja. CAVERNELIS: (met lippe wat bewe): Wat het julle teen Blanchie, hê? Wat het julle 15 teen haar? TOMMY, wat moeilikheid sien kom, kom nader en staan tussen Cyril en Cavernelis. TOMMY: Ek sê, stop 'it nou, man! CYRIL: (oor Tommy se kop): Nee, nie tien Blanchie nie, ou dad, nie tien háár 20 nie, dis tien jóú ... TOMMY: Hê, kamaan, man ... CAVERNELIS: Wat meen jy? Hê? Wat bedoel jy, teen my? (Hy sit die fiets stadig neer, plat op die grond, dreigend.) CYRIL: Mind jou suitcase, ou dad. Netnou kry die soft goods seer. 25 CAVERNELIS: Jy's 'n va ... 'n bliksem, jy! CYRIL: Sê ma' vark, ou dad. Dan praat jy mos onse taal, hierso vannie township, mister Cavernelis. Dán kan ons same praat ... CAVERNELIS: Laat stáán julle vir Blanchie! Wat meen jy, teen my? TOMMY: Manne ... Please, please ... 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/November 2022 NSS 15.1 Waar is mister Cavernelis werksaam? (1) 15.2 Herlees reël 4 en 5. Waarom is dit te verstane dat die Cavernelis-gesin uit die township wil wegkom? (1) 15.3 "Maar nou ja, geld is geld – it knows no colour, creed or race ..." Waarvan beskuldig Cyril Blanchie met sy woorde? Het hy 'n bewys vir sy beskuldiging? Motiveer jou antwoord. (2) 15.4 Herlees reëls 12 tot 21. 15.4.1 Gee 'n rede vir Cavernelis se reaksie in die toneelaanwysing in reël 12 en 13. (1) 15.4.2 Watter afleiding kan jy maak oor die aard van die verhouding tussen Cyril en Cavernelis? (1) 15.4.3 Waaroor verwyt Blanchie vir Cavernelis in die afloop van die drama? Waarom is dié verwyt teenoor Cavernelis ironies? (2) 15.5 Herlees reël 27 en 28. Wat wil Cyril met sy woorde bereik? Pas sy woorde by sy karakter? Motiveer jou antwoord. (2) 15.6 Wat is mister Cavernelis se droom? Dink jy dié droom is selfsugtig? Motiveer jou antwoord. (2) 15.7 Ten spyte van hulle uitsiglose bestaan, bied die ruimte waarin Tommy, Cyril en Richie hulle bevind tog bevryding. Lewer kommentaar op hierdie stelling met behulp van TWEE motiverings. (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/November 2022 NSS TEKS J TOMMY: Sal glo oek 'n wit ou se laaitie gewies het, ek wiet nou nie is 'it dieselde ou wat vir haar nou so supply nie, ek mien soos die mense maar praat ... 'n Abortion, imagine, maar, well, as jy daai soorte connections het, soes Blanchie, dan kry jy seker baie reg ... Só was die rumour, en ek moet weer sê, Map, 'it was 'n rumour, niks wat ek 5 personally van wiet nie ... After all, 'is tog nie Tommy Sobotker se biesagheit nie ... TOMMY: Hy rook. Map staar, stil. Maar het jy vir Blanchie al gesién? ... TOMMY: Map staar. 10 Map! Map is stil, starend. TOMMY: Map, lyster jy?! Maar ek niem jou oek nie kwalik nie, hél, 'it moet toughies wies, ek mien om weer aan die gang te kom hierso bytekant, ná al die tyd daarso binnekant ... (Voel ongemaklik daaroor dat Map 15 nie praat nie; praat somaar maar.) So, dié Krismis is jy seker weer terug innie band ... Stilte. TOMMY: Hulle't vir lank nie 'n sax gehad nie ... Maar Map sê niks. 20 TOMMY: Kaffi'tjie Arries het getry, maar well, saxophone is nie sý instrument nie ... Hy's mos die banjo, jy wiet ... 'Cause die sax is special, en daai was jy ... jóú department daai! (Is ongemaklik, maar praat voort.) Ek onthou nog, die jaar, so twee jaar, drie jaar voor jou ... trouble, man ... toe julle al die koppe gevat het daar op die Common ... 'it wás mos 25 die Common ... reg, 'it was nie daai jaar op die Stadium nie ... 15.8 Herlees reël 3 en 4. Watter DRIE ander skinderstories wat Tommy versprei, weerspreek sy woorde in reël 6 en 7? (3) 15.9 In reël 14 en 15 word na "bytekant" en "binnekant" verwys. Waarop dui elkeen van die woorde binne konteks? Watter woord in reëls 13 tot 17 sluit by die "binnekant" aan? (3) 15.10 Wat is die funksie van die beletseltekens/ellipse in reël 24? (1) 15.11 Wat is die doelstelling met Map se stilte in TEKS I? (1) 15.12 Herlees reëls 8 tot 11 én reëls 14 tot 18 in TEKS I asook reëls 12 tot 17 in TEKS J. 15.12.1 Hoe beïnvloed dié "Krismis" enersyds Blanchie, en andersyds Map se lewe? (2) 15.12.2 Hoekom word dié "Krismis" vir Blanchie en Map se verhouding 'n goeie Krismis? (1) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 27 DBE/November 2022 NSS MIS – Reza de Wet Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag). VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG Gabriël se afwesigheid en Konstabel se teenwoordigheid beïnvloed Meisie se optrede aan die einde van die drama. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS K 'n Effens ongemaklike stilte. GERTIE: En waar kom u vandaan, Konstabel? KONSTABEL: O, hier en daar. Nooit lank op dieselfde dorp nie. Ek word gebruik vir … spesiale gevalle. MIEM: So, u is natuurlik hier oor die verdwynings, Konstabel? 5 KONSTABEL: Dis reg, ja. Oor die verdwynings. Maar hulle het my nie volledig ingelig nie. Hulle sê altyd hoe minder ek weet, hoe beter. MIEM: (opgewonde) Nou, ek kan vir u alles vertel. Dit het twee jaar gelede begin. Meisie! MEISIE: (verskrik) Ja, Ma? 10 MIEM: Vat die sakke wat klaar is en stapel hulle op die sakke wat buite lê. MEISIE: Maar ek maak vir die konstabel koffie. GERTIE: Toe maar, ek sal dit doen. MIEM: Meisie, maak nou soos ek sê! MEISIE beweeg vinnig na die sakke in die hoek. 15 MIEM: (agter haar hand) Konstabel, sy is nog so jonk en onskuldig. Ek wil nie hê sy moet die dinge hoor nie. MEISIE sleep die sakke na die deur. MIEM: Meisie, los die deur oop as jy uitgaan. Dan kan ons hoor as jy gil. KONSTABEL: U is baie verstandig. 20 MEISIE: Ja, Ma. (Maak die deur oop en sleep die sakke na buite. Die gaasdeur klap toe.) Die sirkusmusiek kan gehoor word. Die KONSTABEL draai sy kop na die deur asof hy daarna luister. MIEM: Dit het alles twee jaar gelede begin. 25 GERTIE: (kom gretig nader) Met Sannie Koen! Die KONSTABEL draai sy kop na MIEM en GERTIE. MIEM: Eers het almal gedink sy het sommer weggeloop. En dit oor haar ma se ipekonders. Maar (onheilspellend) wat sou ek toe hoor? Sy het geen tas gevat nie ... 30 17.1 Wat het Miem beïnvloed om 'n wildvreemde man te vertrou? (1) 17.2 Wat is die funksie van die beletselteken/ellips in reël 4? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 28 DBE/November 2022 NSS 17.3 Gee DRIE redes waarom die "verdwynings" Miem se gesprek oorheers. (3) 17.4 Herlees reël 6 en 7. Watter karaktereienskap van die konstabel kom in hierdie reëls na vore? Noem TWEE ander sake waaroor hy nie "volledig ingelig" is nie. (3) 17.5 Herlees reëls 10 tot 13. 17.5.1 Gee 'n rede vir Meisie se reaksie in die toneelaanwysings in reël 10. (1) 17.5.2 Watter afleiding kan jy maak oor die aard van die verhouding tussen Miem en Meisie? (1) 17.5.3 In watter opsig dra hierdie verhouding tot Meisie se besluit in die afloop van die drama by? (1) 17.6 Herlees reël 19 en 20. Waarom is Miem se woorde ironies? Dink jy Konstabel is opreg met sy kompliment aan Miem? Motiveer jou antwoord. (2) EN TEKS L GERTIE: Waar bly hulle? Kan jy iets sien? MIEM: (byna teer) Ja. Onder die perskeboom. Hulle praat met mekaar. GERTIE: (vinnig op) Laat ek sien. (Beweeg na die deur) MIEM: Pasop. Daar is 'n spatsel! GERTIE spring oor die spatsel. 5 GERTIE: (loer uit) Vir wat fluister hulle so? En staan so dig teen mekaar? MIEM: Daar's niks mee verkeerd nie. Hy is 'n gawe jong man. GERTIE: Hy's veels te oud vir haar. MIEM: Aag nee wat, Gertie. So 'n paar in die twintig sou ek sê. GERTIE: Ek is jammer Miem, maar daar maak jy 'n fout. 'n Blinde mens lyk 10 altyd jonger. MIEM: Praat tog sagter. Netnou hoor hy jou. Wie weet, miskien is sy ore so goed soos sy neus. Gertie! Moet net nie daarin trap nie. (Kyk uit. Dromerig) As sy trou, sal hy afkom. Hy sal net moet. Hy sal beskaamd wees as sy dogter weggegee word deur 'n ander man. 15 GERTIE: (skielik skel en hard) Kom in, julle twee! Julle wil nie koue vat nie! MIEM: (kwaad) Gertie! GERTIE lyk verleë en gaan sit by die stoof. MEISIE lei die KONSTABEL binne. Haar wange gloei en haar oë blink. Sy maak die agterdeur toe. Die sirkusmusiek word nie meer gehoor nie. 20 GERTIE: (half verleë) Ek weet jou sirkulasie is nie goed nie, Meisie. Sy is baie koulik, Konstabel. Ek dink dis van al die sit. MIEM: (kyk op na die valdeur. Hard) Laat sak! GERTIE: Ek gee mos liggaamsopvoeding, Konstabel. En dis waarin ek glo. (Spring op en doen vinnig 'n paar oefeninge) Diep asemhaal en 25 oefening. Kyk maar vir my. My hande is nooit koud nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 29 DBE/November 2022 NSS 17.7 Watter DRIE opdragte gee Konstabel vir Meisie onder die perskeboom? (3) 17.8 Waarom keur Gertie die konstabel en Meisie se alleenwees af? (1) 17.9 Die lewensomstandighede waarbinne Miem en Gertie (reëls 12 tot 15) hulle bevind, beperk hulle vryheid. Lewer kommentaar op hierdie stelling deur na die dames onderskeidelik te verwys. (2) 17.10 Wat is die doelstelling met die beskrywing van Meisie se voorkoms in reël 19? (1) 17.11 Herlees reël 20. Waarom is Meisie betower deur die sirkusmusiek? Dra die sirkusmusiek in die afloop van die drama tot haar optrede by? Motiveer jou antwoord. (2) 17.12 Herlees reëls 16 tot 18 in TEKS K en reël 4 in TEKS L. 17.12.1 Op watter manier sluit reël 18 van TEKS K en reël 4 van TEKS L onderskeidelik by die titel van die drama aan? (2) 17.12.2 Sluit die titel van die drama ook by Miem se siening, naamlik dat Meisie "onskuldig" (reël 16 van TEKS K) is, aan? Motiveer jou antwoord. (1) [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all