Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2022 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 1220226 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2022, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2022

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NOVEMBER 2022 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/November 2022 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25) (50) 2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B. 3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. deur 'n breinkaart/diagram/vloeidiagram/kern- woorde te gebruik), taalversorg en proeflees. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en daarna netjies deurgehaal word. 7. Jy moet jou tyd soos volg bestee: AFDELING A: ongeveer 100 minute AFDELING B: ongeveer 80 (2 x 40) minute 8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/November 2022 NSS AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 Kies EEN van die volgende onderwerpe/prente en skryf 'n opstel van 400 tot 450 woorde. Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer. 1.1 Met bewende hande skeur ek die koevert oop ... [50] 1.2 Skool – waardevol of waardeloos? [50] 1.3 Kniediep in die moeilikheid! [50] 1.4 Is teëspoed net 'n komma? [50] 1.5 "Net ʼn klein bietjie hoop maak jou hart se hekke oop." [50] Bestudeer die prente hieronder en skryf 'n OPSTEL oor EEN. Skryf die vraagnommer (1.6, 1.7 OF 1.8) en jou eie titel neer. 1.6 [Bron: https://m.facebook.com] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/November 2022 NSS 1.7 [Bron: Google images: Start2Move.nl] [50] 1.8 [Verwerk uit Taalgenoot, WINTER 2021] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/November 2022 NSS AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180 tot 200 woorde oor elkeen. Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer. 2.1 E-POS Jou neef/niggie het jou met raad en daad tydens 'n onlangse familiekrisis bygestaan. Van Aan Datum Onderwerp Boodskap: Gebruik die bostaande formaat en stuur aan jou neef/niggie 'n E-POS waarin jy jou waardering teenoor hom/haar uitspreek en maak ook melding van wat dit vir julle familie beteken het. [25] 2.2 FORMELE BRIEF Daar het onlangs 'n restaurant – spesifiek vir jongmense – in jou omgewing geopen. Rig 'n KLAGTEBRIEF aan die bestuurder waarin jy jou ontevredenheid uitspreek nadat jy onlangs tydens 'n besoek aan dié restaurant teleurgestel is. [25] 2.3 RESENSIE Jou skool het 'n leeskompetisie vir gewilde Afrikaanse boeke geloods. Die wenboek het 'n blywende indruk op jou gelaat. Skryf 'n RESENSIE vir die skoolkoerant oor hierdie boek. [25] 2.4 KOERANTBERIG 'n Sekuriteitswag by jou skool is gister vir sy/haar buitengewone optrede beloon. Skryf 'n KOERANTBERIG daaroor vir die dorp se gemeenskapskoerant. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/November 2022 NSS 2.5 DIALOOG Jy is moeg daarvoor dat jou vriend/vriendin altyd verskonings aanvoer wanneer jy iets opwindends voorstel en jy besluit om die saak met hom/haar te bespreek. Skryf die DIALOOG. [25] 2.6 INFORMELE TOESPRAAK Jou skool se entrepreneursklub wil tieners toerus om ekonomies vry, maar verantwoordelik, op te tree. Jy word gevra om die ouers van jou skool oor die volgende onderwerp toe te spreek: Tieners moet hulle eie geldsake hanteer. Skryf die TOESPRAAK. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all