Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2022 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12202212 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2022, 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2022

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NOVEMBER 2022 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE NASIONALE NASIENSIMBOLE VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde Hakies en pyltjie ( ) Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken/Karet Taalfoute Enkelstreep onder die taalfout Spelfoute = Dubbelstreep onder die spelfout Paragraafindeling [ Begin van 'n nuwe sin Woord(-keuse)-foute X Trek 'n X bo-oor die verkeerde woord. Erkenning van Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of  taaljuweeltjies uitdrukkings Onduidelik/onverstaanbaar ʃ (in die kantlyn) Kronkelstreep Punktuasie  Omkring Neem taalvariëteit in ag. AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = Kh = 22 Taal, styl en redigering: T = Kl = 10 Struktuur: S =K = 4 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 36 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL  Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.  Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.  Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 1 Riglyne Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyn) mag nie as bindend beskou word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, byvoorbeeld: 1.1 Met bewende hande skeur ek die koevert oop ... Die kandidaat kan die opstel as 'n verhalende opstel aanbied wanneer hy/sy vertel wat daartoe aanleiding gegee het dat sy/haar hande bewe toe hy/sy die koevert oopskeur. As 'n beskrywende opstel kan die inhoud die verskillende emosies beskryf wat iemand beleef wanneer hy/sy die koevert met bewende hande oopskeur. Indien die kandidaat by hierdie onderwerp die oorsaak van die bewende hande oorweeg/deurdink en wat sy/haar emosionele reaksies en gevoelens is wanneer hy/sy die koevert oopskeur, kan so 'n opstel as 'n bespiegelende opstel geassesseer word. In 'n argumenterende opstel kan die kandidaat byvoorbeeld argumente aanvoer waarom sy/haar hande bewe wanneer hy/sy die koevert oopskeur, terwyl die kandidaat in 'n beredeneerde opstel oor hierdie onderwerp teenstellende menings, onpartydig, oor die redes/oorsake wat tot bewende hande gelei het (toe hy/sy die koevert oopgeskeur het) kan aanbied. [50] 1.2 Skool – waardevol of waardeloos? As argumenterende of beredeneerde opstel kan die kandidaat redes aanvoer waarom die onderrig wat hy/sy op skool ontvang het waardevol of waardeloos is om hom toe te rus vir die lewe na skool. Die kandidaat kan hierdie onderwerp as 'n beskrywende opstel aanbied deur 'n situasie(s) te beskryf waarom skool vir hom/haar waardevol of waardeloos is/was. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat mymer oor die waarde van skoolgaan./veranderinge wat hy/sy in die skoolstelsel beleef het en hoe dit waarde tot sy/haar lewe toegevoeg het, al dan nie. 'n Verhalende opstel kan handel oor die kandidaat se wedervaringe in die skool en die gevolgtrekking dat dit sy/haar skooljare waardevol of waardeloos gemaak het. [50] 1.3 Kniediep in die moeilikheid! In 'n verhalende opstel kan die kandidaat vertel wat gebeur het toe hy/sy kniediep in die moeilikheid was. Indien die kandidaat die gewaarwordinge van wat gebeur het toe hy/sy in die moeilikheid was, beskryf, kan dit as inhoud vir 'n beskrywende opstel dien. Die kandidaat kan in 'n bespiegelende opstel wonder wat daartoe aanleiding gegee het dat hy/sy in die moeilikheid beland het, terwyl die kandidaat in 'n argumenterende of beredeneerde opstel kan redeneer of die gebeure/die moeilikheid die moeite werd was. Die onderwerp kan ook figuurlik interpreteer word. [50] 1.4 Is teëspoed net 'n komma? Die kandidaat kan 'n verhalende opstel aanbied waarin hy/sy sy/haar bele- wenis/storie wat tot dié vraag gelei het, vertel: by die interpretasie kan die kandidaat verwys na 'n insident waar teëspoed 'n stopplek/oorgang/halfwegstasie na sukses/groot hoogtes/ander keuses was. In 'n beskrywende opstel kan verskillende scenario's aangebied word waarin die kandidaat beskryf waarom teëspoed net 'n komma is./nie 'n komma is nie. Indien die kandidaat mymer/bespiegel of teëspoed net 'n komma is, kan dit as 'n bespiegelende opstel aangebied word. Die komma kan verwys na die lewe wat voortgaan ná 'n moeilike situasie./hoe teëspoed vir die kandidaat deure oopgemaak het. Redes/argumente waarom teëspoed net 'n komma is, kan as 'n argumenterende of beredeneerde opstel aangebied word. Die kandidaat kan redeneer dat teëspoed nié net 'n komma is nie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 1.5 Net 'n klein bietjie hoop maak jou hart se hekke oop. In 'n verhalende opstel kan die kandidaat 'n storie vertel van 'n klein bietjie hoop wat vir hom/haar vreugde/motivering/liefde/vooruitsig/moontlikhede/moed gegee het. Die kandidaat kan ook 'n beskrywende opstel aanbied waarin hy/sy beskryf hoe 'n klein bietjie hoop gelei het tot vreugde/motivering/liefde/vooruitsig/moontlikhede/moed. Die kandidaat kan in 'n bespiegelende opstel bepeins wat die klein bietjie hoop is wat sy/haar hart se hekke oopmaak. Indien die kandidaat argumente/redenasies aanvoer oor die redes wat sy/haar hart se hekke oopmaak, kan dit as 'n argumenterende of beredeneerde opstel geassesseer te word. Dit kan ook interpreteer word as toegeneentheid/insig/nuwe lewe/verbeterde verhoudinge/situasies ens. [50] 1.6 Boom (met spieëlbeeld) ꞌn Storie oor die dualiteit/afdraaipaaie wat in 'n mens se lewe kan ontstaan as gevolg van emosionele uitdagings/ervarings kan as stof vir ꞌn verhalende opstel gebruik word. Verskillende benaderings ten opsigte van uitdagings/ervarings wat die lewe kan bied, kan in ꞌn beskrywende opstel gebruik word. Die kandidaat kan ook beskryf watter vreugdes/skoonheid/sukses/moontlikhede vir hom/haar beskore is/was nadat die uitdagings/struikelblokke oorkom is. In ꞌn bespiegelende interpretasie van hierdie prikkel kan die kandidaat peins oor moontlike uitdagings van die kronkels en draaie wat 'n mens se lewe kan neem./waarom mense 'n dubbele lewe lei. Enige ander soort opstel moet op meriete beoordeel word, bv. grense kan groei beperk./om grense/ struikelblokke te oorkom, is bevrydend. [50] 1.7 Kapsule 'n Kandidaat kan hierdie prikkel in 'n verhalende opstel gebruik indien hy/sy/iemand sy/haar lewensverhaal vertel oor die lewensnoodsaaklike medikasie wat hy/sy neem. In 'n beskrywende opstel sou 'n kandidaat moontlik die verskillende soorte medikasie/vitamines/aanvullings wat daagliks gebruik word, kon beskryf, terwyl 'n bespiegelende opstel heel moontlik 'n mymering kan wees oor die heilsaamheid van sodanige medikasie al dan nie. Argumente en teenargumente oor die gebruik van medikasie/vitamines/aanvullings as 'n modegier/noodsaaklikheid, sal waarskynlik as 'n prikkel vir 'n argumenterende opstel gebruik kan word. 'n Argumenterende of bere- deneerde opstel sal byvoorbeeld kon bepaal waarom dit (nie) altyd voordelig/wens- lik/funksioneel is om medikasie/vitamines/aanvullings te gebruik (nie). 'n Ander moont- likheid is die voordele/nadele wat medikasie/vitamines/aanvullings inhou. Kandidate kan hierdie prikkel letterlik of figuurlik interpreteer. [50] 1.8 Arms/hande ꞌn Letterlike interpretasie kan tot 'n verhalende opstel lei waarin die kandidaat 'n storie vertel van hoe die diverse arms/hande/kulture tot probleemoplossing/samewerking gelei het. Indien die kandidaat hierdie onderwerp figuurlik interpreteer, kan hy/sy in sy/haar storie verwys hoe verskeie elemente tot 'n briljante eindproduk/sukses gelei het. Die kandidaat kan in 'n beskrywende opstel beskryf hoe verskeie arms/hande/kulture aanleiding tot samewerking/konflik/spanning/kan gee./hoe beskul- digings spanning skep./verwydering veroorsaak. Die smekende/uitgestrekte hande bied die moontlikheid vir ander interpretasie. 'n Kandidaat kan ook fokus op vooroordeel en diskriminasie teenoor mense wat hulle laat tatoeëer./lyfkuns beoefen. 'n Besinning oor hoe diverse arms/hande/kulture se samewerking tot probleem- oplossing kan lei, kan as 'n bespiegelende opstel beskou word. Die kandidaat kan besin oor die moontlikheid van wêreldvrede./die afwesigheid van aanvaarding/respek in ons land./wêreld. In 'n argumenterende of beredeneerde opstel kan die vormende waarde van diverse samewerking tussen arms/hande/kulture geargumenteer of beredeneer word. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne SOORTE OPSTELLE: VERHALENDE OPSTEL Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte:  Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).  'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.  Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.  Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud samehangend.  Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.  Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.  'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.  'n Verrassende slot rond die inhoud af.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Die verlede tyd word gewoonlik gebruik. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte:  Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.  Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings).  Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.  Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.  Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.  Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.  Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word hoofsaaklik gedoen deur die konnotasie en nie net die denotasie van woorde nie.  Stylfigure kan gebruik word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne BEREDENEERDE OPSTEL Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik in die ontwikkeling van die opstel ontleed wees. Hou die volgende in gedagte:  Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding, ingeneem word.  BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.  Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.  Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.  'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.  Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.  Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid/'n situasie en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor drome of wense/moontlikhede. Hou die volgende in gedagte:  Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.  Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.  Dis persoonlik van aard.  Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.  Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Hou die volgende in gedagte:  Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.  'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.  'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.  Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.  'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.  Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.  Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10 Taal, styl en redigering: T=G= 6 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16 Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). VRAAG 2 Kandidate kies TWEE van die opdragte en skryf skryfstukke van 180 tot 200 woorde elk. 2.1 E-POS: Die informele e-pos word in 'n waarderende trant aan 'n neef/niggie geskryf. Die kandidaat hoef nie na 'n spesifieke krisis te verwys nie, maar hy/sy moet verwys na die waarde wat die hulp/raad vir hom/haar/die familie gehad het. Hou die volgende in gedagte:  Die skryfstyl is informeel, maar korrekte taal word vereis.  Die formaat moet voorsiening maak vir 'n e-posadres/naam en van asook 'n onderwerp soos in vraestel aangetoon.  Die informele e-pos is gewoonlik onderhoudende kommunikasie tussen twee mense wat mekaar (betreklik goed) ken.  Die e-pos moet 'n aanhef hê, bv. Goeiemôre/Dag, Pieter  Die onderwerp behoort in die eerste paragraaf vermeld te word: Die klem behoort te val op die waarde wat die niggie/nefie se raad gehad het.  Die slot is net so belangrik soos die inleiding. Daar is 'n paar standaardmaniere om die informele e-pos mee af te sluit: Dra my groete/liefde oor .../Sê groete ...  Afsluitingswoorde (Liefde./Groete./Alles van die beste./Beste wense.) moet in 'n nuwe reël geskryf word. (Dieselfde reël ten opsigte van die leesteken na die afsluitingswoord geld soos by die informele brief.) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 2.2 FORMELE BRIEF: KLAGTE Hierdie formele brief word aan die bestuurder van 'n restaurant gerig waarin die briefskrywer kla oor aspekte soos byvoorbeeld die spyskaart, diens, musiek, ruimte, kwaliteit van die kos en/of pryse. Die inhoud van die brief behoort spesifiek uit te brei op die rede waarom die briefskrywer ontevrede/teleurgesteld is./was. Hou die volgende in gedagte:  Die skryfstyl is formeel.  Daar moet twee adresse, 'n aanhef, 'n inhoudsopskrif en 'n afsluiting wees.  Die styl is saaklik, maar hoflik.  Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.  Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar 'n formele register moet gehandhaaf word.  Die hele skryfstuk moet aan die vereistes vir die skryf van 'n formele brief voldoen.  Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel, voorletters en van moet gegee word. Die uwe/Vriendelike groete P. van Zyl P. van Zyl [25] 2.3 RESENSIE Die inhoud van die RESENSIE moet verwys na 'n AFRIKAANSE boek wat 'n blywende indruk op die leser gelaat het. Hou die volgende in gedagte:  Positiewe/negatiewe indrukke moet deel van die inhoud van die resensie wees.  Gebruik emotiewe woorde wat op waardering of evaluering dui soos snaaks, asemrowend, opwindend, vermaaklik, belangrik, uitstaande, skokkend, ontstellend, ontnugterend ens.  In die bespreking moet voldoende feite gegee word om die leser te oorreed waarom die boek 'n blywende indruk op die leser gelaat het./dat dit die moeite werd is om te lees.  Die teenwoordige/verlede tyd word gebruik. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 9 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 2.4 KOERANTBERIG Die berig fokus op die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het dat die sekuriteitswag beloon is. Hou die volgende in gedagte:  Feite moet bondig en akkuraat wees.  Strewe daarna om die belangrikste feite te gee sonder om die leser se aandag te verloor; som akkuraat op sonder om die waarheid te verdraai.  Gebruik 'n gepaste titel.  Vermeld die belangrikste feite alreeds in die eerste paragraaf: wie, wat, waar, wanneer, waarom, hoe en in watter mate.  Die koerantberig moet 'n gepaste titel hê. [25] 2.5 DIALOOG Die dialoog word met 'n vriend/vriendin gevoer en fokus op die verskonings wat deur die vriend/vriendin aangebied word. 'n Oplossing vir die situasie kan ook bespreek word. Hou die volgende in gedagte:  Twee mense voer die gesprek.  Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit die spreker se perspektief.  Elke spreekbeurt word op 'n nuwe reël begin.  Gebruik 'n dubbelpunt na die naam van elke spreker.  Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui.  'n Scenario kan, voordat die dialoog begin, geskets word. [25] 2.6 INFORMELE TOESPRAAK Die inhoud van die informele toespraak moet aan ouers inligting verskaf en die ouers daarvan oortuig dat tieners hulle eie geldsake moet hanteer. Hou die volgende in gedagte:  Die toespraak word tydens 'n informele geleentheid gelewer.  Die ouers moet aangespreek word, bv. Goeienaand Ouers/Dames en Here.  Die teikengehoor en doel moet in gedagte gehou word.  Die inleidingsin moet sterk en prikkelend wees.  Die standpunte/stellings/redes kan reeds in die eerste paragraaf genoem word.  Die standpunte/stellings/redes moet deur argumente ondersteun word.  In die slotparagraaf moet die standpunte/stellings/redes treffend en bondig saamgevat word. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne LET WEL:  Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).  Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie. AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTELVRAAG – HUISTAAL Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons -Wisselvallige -Respons heeltemal uitsonderlik/treffend en getuig van bevredigend samehang in respons irrelevant (Respons en idees) bo verwagting vaardigheid Organisering van idees -Idees is intelligent, -Idees heeltemal -Idees redelik -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en vir beplanning; volwasse en stem relevant, interessant samehangend en oorspronklik nie nie op onderwerp Hoë vlak Bewustheid van doel, leser tot nadenke en lewer bewys van oortuigend gefokus nie; gehoor en konteks volwassenheid -Vaag en herhalend -Uitsonderlike orga- -Organisasie baie -Redelike organisasie -Min bewys van -Geen organisasie nie 30 PUNTE nisasie en samehang, goed en en redelik samehan- organisasie en en is onsamehangend insluitend inleiding, samehangend, in- gend, insluitend samehang liggaam en sluitend inleiding, inleiding, liggaam en samevatting/slot liggaam en samevatting/slot samevatting/ slot 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 -Respons uitmuntend, -Respons goed; -Respons -Respons is grootliks -Geen poging maar uitsonderlik getuig van bevredigend, maar irrelevant aangewend om in treffende eienskappe vaardigheid verval soms in ooreenstemming met Lae subkategorie van ‘n opstel ontbreek onduidelikheid onderwerp te wees nie -Idees intelligent en -Idees relevant, -Idees redelik sa- -Idees begin los staan -Heeltemal irrelevant en volwasse interessant mehangend en en kan verwarrend ontoepaslik oortuigend wees -Knap organisasie en -Organisasie goed en -'n Mate van -Skaars 'n bewys van -Deurmekaar en geen samehang, insluitend samehangend, organisasasie en organisasie en fokus nie inleiding, liggaam en insluitend inleiding, samehang, in-sluitend samehang samevatting/slot liggaam en inleiding, liggaam en samevatting/slot samevatting/slot Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en -Taal onverstaanbaar woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat gepas woordeskat minder -Toon, register, styl en Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, vir doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor woordeskat nie gepas woordeskat is geskik vir en konteks gehoor en konteks. konteks. en konteks vir doel, gehoor en Hoë subkategorie doel/effek en konteks konteks nie Woordkeuse; Taalgebruik -Taalgebruik getuig van -Taalgebruik effek- -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie en konvensies, vertroue, indruk- tief en 'n deurlo- om betekenis oor te basies. punktuasie, grammatika wekkend pende gepaste toon dra -Toon en woordkeuse en spelling -Toon retories, treffend word gebruik -Toon is gepas skaars toepaslik. -Woordeskat so beperk en effektief dat dit onmoontlik is 15 PUNTE om sin te maak -Grammatika en -Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte spelling feitlik foutvry. spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat foutvry. te versterk -Knap gedaan -Baie goed gedoen 13 10 7 4 -Taalgebruik uitstekend -Taalgebruik toe- -Voldoende taalge- -Taalgebruik Lae subkategorie en toon is retories paslik en oor die bruik, maar onvoldoende effektief algemeen effektief teenstrydighede word -Toon gepas en opgemerk effektief -Grammatika en -Enkele foute in -Toon oor die alge- -Weinig indien enige spelling feitlik foutvry grammatika en meen gepas en be- sinsverskeidenheid spelling perkte gebruik van -Woordeskat baie -Baie goed tot knap retoriese middele beperk gedaan -Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 1 Kenmerke van teks; -Uitstekende ontwik- -Logiese ontwikke- -Relevante detail -Sommige punte geldig -Noodsaaklik punte Paragraafontwikkeling en keling van onderwerp. ling van detail ontwikkel ontbreek sinskonstruksie - Uitsonderlike detail -Samehangend 5 PUNTE -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe uitsonderlik gekon- logies en toon goed gekonstrueer foutief foutief strueer variasie -Opstel maak nog sin -Opstel maak effens sin -Opstel maak nie sin nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 12 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE - HUISTAAL [25PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 13–15 10–12 7–9 4–6 0–3 BEPLANNING & -Respons uitsonderlik, -Respons baie goed -Respons voldoende Basiese respons FORMAAT bo verwagting Idees intelligent en Respons en idees; volwasse Organisering van idees -Grondige kennis van -Toon goeie kennis -Toon voldoende Toon geringe kennis -Respons toon geen vir beplanning; kenmerke van die van kenmerke van kennis van kenmerke van kenmerke van die kennis van kenmerke Doel, gehoor, soort teks die soort teks van soort teks soort teks van die soort teks nie kenmerke/konvensies -Skryfwerk behou fokus -Behou fokus – geen -Nie heeltemal gefokus -Aanduiding van fokus -Betekenis onduidelik en konteks afwyking nie nie – enkele afwykings maar met afwykings met groot afwyking -Samehang in inhoud -Samehang in inhoud -Redelike samehang in -Inhoud en idees nie -Geen samehang in 15 PUNTE en idees en idees; baie goed inhoud en idees altyd samehangend idees en inhoud nie -Idees behoorlik uit- uitgebrei met detail -Sommige detail nie -Baie min detail onder- gebrei met detail wat die wat die onderwerp ondersteun die -Min detail ondersteun steun die onderwerp onderwerp ondersteun ondersteun onderwerp die onderwerp -Gepaste en akkurate -Gepaste formaat -Formaat oorwegend -Nodige reëls van -Nodige reëls van formaat met onbeduidende gepas, maar met formaat vaagweg formaat nie toegepas foute enkele foute toegepas nie -Kritiese foute begaan TAAL, STYL & 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is woordeskat minder en woordeskat stem Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, gehoor nie ooreen met doel, doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks en konteks gehoor en konteks konteks; nie Taalgebruik en -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele -Grammatika -Besaai met foute en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute onakkuraat met etlike verward Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer foute Punktuasie en spelling -Baie goeie -Voldoende -Basiese woordeskat -Woordeskat nie woordeskat woordeskat geskik vir doel nie 10 PUNTE -Feitlik foutloos - Oorwegend foutloos -Foute belemmer nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig betekenis nie belemmer Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all