Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2020 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12202011 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2020, 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2020

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRADE 12 SENIOR SERTIFIKAAT/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NOVEMBER 2020 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE NASIONALE NASIENSIMBOLE VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde ( ) Hakies en pyltjie Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken Spelfoute Dubbelstreep onder die spelfout Taalfoute Enkelstreep onder die taalfout Paragraafindeling [ Begin van 'n nuwe sin Woord(keuse)-foute X Trek 'n X bo die verkeerde woord. Regmerkie bo goeie taalgebruik, Erkenning van taaljuweeltjies  idees of uitdrukkings Onduidelik/Onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep Punktuasie O Omkring AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die punte soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = KH = 22 Taal, styl en redigering: T = KL = 10 Struktuur: S = K = 4 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 36 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL  Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.  Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.  Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die opstel saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. VRAAG 1 Riglyne Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 1.1 Robin stap stasie toe ... Die kandidaat kan hierdie onderwerp as 'n verhalende opstel aanbied deur die storie te vertel van wat op hiérdie dag gebeur/gebeur het en hoe dié stap anders is as die vorige kere toe Robin na die stasie toe stap/gestap het. In 'n beskrywende opstel met hierdie titel kan Robin se manier van stap na die stasie toe, voorheen en nou, beskryf word. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat byvoorbeeld oor moontlike emosies mymer wat Robin beleef terwyl sy/hy stap. As 'n beredeneerde of argumenterende opstel kan die kandidaat redeneer/argumenteer oor waarom mense hulle optredes verander wanneer gebeure/doelwitte/uitdagings hulle noop om dit te doen. Enige ander opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. [50] 1.2 Moenie vir eendag wag nie; leef vandag. As basis vir 'n verhalende opstel kan die kandidaat vertel van 'n insident/insidente toe hy/sy besluit het om dadelik 'n geleentheid/geleenthede aan te gryp wat 'n onmiddellike verskil in sy/haar lewe gemaak het. In 'n beskrywende opstel kan 'n kandidaat byvoorbeeld beskryf hoe hierdie onmiddellike aangryp van geleenthede sy/haar lewe verander het en wat die gevolge sou wees indien hy/sy eers daarmee gewag het. Daar kan in 'n bespiegelende opstel besin word oor die redes waarom mense dikwels bang is om onmiddellik 'n geleentheid te benut en eerder vir later te wag. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel kan die kandidaat argumenteer/ redeneer of dit wenslik is al dan nie om eers deeglik te besin voordat 'n mens geleenthede wat hulle voordoen, benut. Enige ander opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. [50] 1.3 Die dag toe ek my ore uitgeleen het 'n Vertelling van 'n insident/insidente waartydens die kandidaat verkeerd opgetree het/verkeerde/goeie besluite geneem het nadat hy/sy na iemand se raad/opmerkings/uitlatings geluister het, kan as 'n verhalende opstel aangebied word. Indien die kandidaat sy/haar emosies beskryf nadat hy/sy besef het watter skade aangerig/waarde toegevoeg is op grond van iemand se raad/ opmerkings/ uitlatings kan dit as basis vir 'n beskrywende opstel dien. Waarom mense geneig is om op te tree/keuses te maak n.a.v. ander se raad/opmerkings/uitlatings kan as inhoud vir 'n bespiegelende opstel dien. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel sal die inhoud moontlik handel oor die wenslikheid al dan nie daarvan om te reageer/besluite te neem n.a.v. dit wat 'n mens by ander hoor. Enige ander opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. [50] 1.4 'n Tweede kans ... In 'n verhalende opstel kan die kandidaat byvoorbeeld van 'n insident/insidente vertel toe hy/sy die geleentheid gekry het om van voor af te begin nadat verkeerde keuses tot negatiewe gevolge gelei het. Emosionele ervarings wat iemand beleef wat 'n tweede kans gebied word, kan die basis vir 'n beskrywende opstel wees. Indien die kandidaat besin oor die impak wat tweede keuses/kanse op iemand se lewe het, kan dit as 'n bespiegelende opstel aangebied word. Argumente/redenasies waarom iemand wat aanvanklik verkeerde keuses uitgeoefen het weer 'n tweede kans verdien, kan in 'n argumenterende/beredeneerde opstel uiteengesit word. Enige ander opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 1.5 Ek weet góéd wie agter hiérdie plan sit! 'n Verhalende opstel se inhoud oor hierdie onderwerp sou kon vertel van 'n insident waar die kandidaat weet wie dit is wat 'n plan teen hom/haar smee. Die emosionele gewaarwordings van iemand wat besef wie 'n plan teen hom/haar smee, kan in 'n beskrywende opstel aangebied word terwyl daar in 'n bespiegelende opstel geskryf kan word oor die redes wat iemand motiveer om ander mense met (slinkse) planne te na te kom./te bevoordeel. Enige ander (tipe) opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. [50] 1.6.1 Wedloop met wenner 'n Verhalende opstel sou die storie van 'n spesifieke wedloop/resies kon vertel wat 'n hoogtepunt in die verteller se lewe was. Indien die inhoud op byvoorbeeld die atmosfeer wat tydens 'n wedloop/kompetisie tussen die deelnemers/toeskouers heers beskryf, sal die opstel beskrywend van aard wees. Daar kan in 'n bespiegelende opstel besin word oor die ingesteldheid van mense om te alle tye te wen./oorwinning te smaak. Die voor- en nadele van kompetisie(s) kan in 'n beredeneerde opstel aangespreek word, terwyl 'n argumenterende opstel oortuigende standpunte sal aanbied of die wenmotief te alle tye wenslik is, al dan nie. Hierdie opstel kan ook figuurlik geïnterpreteer word, bv. 'n emosionele/geestelike oorwinning. Enige ander opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. [50] 1.6.2 Hande met gebreekte toue 'n Verhalende opstel kan die storie vertel van 'n insident of gebeurtenis waar die kandidaat hom/haar van 'n situasie kon bevry wat hulle vryheid aan bande gelê het. In 'n beskrywende opstel kan emosionele/geestelike gevangenisskap en die uiteindelike bevryding daarvan aangebied word. 'n Bespiegelende opstel se inhoud kan fokus op watter emosionele effek gebondenheid op mense se geestelike welstand het en hoe moeilik dit vir sommige mense is om daarvan bevry te word. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel kan die voor- en/of nadele van gebonden- heid en oorwinning daarvan/daaruit bespreek word. Enige ander opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. [50] 1.6.3 Meisie wat loop met tas in die hand Hierdie meisie se lewensverhaal, wat daarop uitgeloop het dat sy haar losmaak van hierdie mistroostige omstandighede, kan as inhoud vir 'n verhalende opstel gebruik word. Die verband tussen die mistroostige toneel waarin hierdie meisie geteken is en haar emosionele toestand kan in 'n beskrywende opstel aangebied word. Die emosionele gewaarwordinge van mense wat nie meer kans sien vir sukkel nie, kan in 'n bespiegelende opstel verwoord word. Redes waarom mense altyd na iets beters in die lewe op soek is, kan in 'n argumenterende/beredeneerde opstel ondersoek word. Kandidate kan in hulle opstelle ook na die agtergrond in hierdie prikkel verwys, bv. na die natuur/'n ramp. Enige ander opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. [50] SOORTE OPSTELLE: VERHALENDE OPSTEL Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne Hou die volgende in gedagte:  Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).  'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.  Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.  Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud samehangend.  Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.  Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.  'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.  'n Verrassende slot rond die inhoud af.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte:  Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.  Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings).  Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.  Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.  Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.  Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.  Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.  Stylfigure kan gebruik word. BEREDENEERDE OPSTEL Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel. Hou die volgende in gedagte:  Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding, ingeneem word.  BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.  Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.  Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.  'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.  Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.  Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor 'n droom of wense/moontlikhede. Hou die volgende in gedagte:  Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.  Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.  Dis persoonlik van aard.  Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.  Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Hou die volgende in gedagte:  Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.  'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.  'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.  Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.  'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.  Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.  Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die punte soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10 Taal, styl en redigering: T=G= 6 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16 Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar oupa/ouma waarin hy/sy die oupa/ouma gerusstel oor die voorgenome trek na 'n aftreeoord. Hou in gedagte:  Gebruik informele taal, register en styl.  Die skrywer moet sy/haar oupa/ouma gerusstel oor die voorgenome trek na die aftreeoord.  Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.  Skryf logies en volgens 'n spesifieke doel.  Daar moet 'n inleiding, liggaam en slot wees.  Die adres en die datum moet boaan verskyn.  Na die skrywer se adres volg 'n informele aanhef.  Sluit die brief informeel/semiformeel af, gevolg deur die skrywer se naam. [25] 2.2 FORMELE BRIEF: BEDANKING Die brief fokus op die waardering wat die skrywer uitspreek vir die manier waarop hy/sy tydens sy/haar gemeenskapsdiens by die DBV behandel is, asook die waardevolle lesse wat hy/sy daar geleer het. Hou in gedagte:  Die formaat is formeel.  Daar moet twee adresse, 'n aanhef, 'n inhoudsopskrif en 'n gepaste afsluiting wees.  Die inhoud moet handel oor die manier waarop die skrywer tydens sy/haar gemeenskapsdiens by die DBV behandel is asook die waardevolle lesse wat hy/sy daar geleer het.  Die styl is saaklik, maar hoflik.  Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.  Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar in 'n formele register.  Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel, voorletters en van moet gegee word. [25] 2.3 HULDEBLYK Die skrywer bring hulde aan die skool se onderwysers tydens Internasionale Onderwysersdag. Hou in gedagte:  By hierdie huldeblyk moet die gehoor formeel gegroet word: Geagte skoolhoof, onderwysers en leerders  Die styl moet pas by die geleentheid en die gehoor.  Skryf weldeurdagte idees en vermy clichés.  Gebruik kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde.  Die inleiding moet die gehoor se aandag prikkel.  Die inhoud van die toespraak moet in paragrawe aangebied word.  Die slot moet die gehoor tot nadenke stem. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 2.4 INFORMELE VERSLAG Die informele verslag fokus op die bevindings na afloop van die navorsing wat die kandidaat t.o.v. die gebruik van tablette in die plek van handboeke gedoen het. Hou in gedagte:  Die informele verslag bevat 'n kort, bondige opskrif.  'n Inleiding wat die doel van die verslag aandui, moet geformuleer word.  Die skrywer kan van subopskrifte gebruik maak.  'n Treffende slot moet die inhoud van die verslag saamvat.  Die taal en styl moet by die aard van die informele verslag pas.  Paragrawe moet 'n logiese verloop handhaaf. [25] 2.5 TYDSKRIFARTIKEL Die fokus van die tydskrifartikel konsentreer op die nuutste modegiere wat onder tieners heers. Hou die volgende in gedagte:  Die doel is om lesers in te lig, op te voed of te vermaak.  Die titel/opskrif moet kort en treffend wees en by die onderwerp pas.  Die inleidingsparagraaf moet kort en kragtig wees en moet dadelik die inhoud ontsluit.  Die omgekeerde piramiedemetode word gebruik waar die belangrikste inligting eerste genoem word en die ander inligting daarna in dalende volgorde van belangrikheid aangebied word.  Die tydskrifartikel word hoofsaaklik in die bedrywende vorm geskryf.  Die inhoud kan in kolomme of in paragrawe geskryf word.  Die inhoud moet duidelik uiteengesit word.  Die teikengroep moet by die inhoud pas.  Aanhalings kan gebruik word.  Die slotparagraaf moet 'n gevolgtrekking maak. [25] 2.6 ONDERHOUD Die onderhoud fokus op 'n gevaarlike heldedaad. Hou in gedagte:  Vraag en antwoord moet duidelik onderskei word.  Die onderhoud mag in dialoog- of artikelformaat geskryf word.  Elke spreekbeurt word op 'n nuwe reël begin.  Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik – daarom moet die redigering versigtig gedoen word.  In hierdie geval moet die onderhoudvoerder se vrae op die gevaarlike heldedaad fokus, bv. "Wat het deur jou gedagtes gegaan toe …"/"Wat het jou tot onmiddellike reaksie laat oorgaan?" [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 9 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne LET WEL:  Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).  Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant (Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, interessant oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp Hoë vlak vir beplanning; volwasse en en lewer bewys van -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie Bewustheid van doel, stem leser tot volwassenheid en redelik organisasie en -Vaag en herhalend gehoor en konteks nadenke -Organisasie baie samehangend, samehang -Geen organisasie nie -Uitsonderlike goed en insluitend inleiding, en is onsamehangend 30 PUNTE organisasie en samehangend, liggaam en samehang, insluitend insluitend inleiding, samevatting/slot inleiding, liggaam en liggaam en samevatting/slot samevatting/slot 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 -Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met van 'n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie Lae vlak -Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant volwasse samehangend, samehangend en -Skaars 'n bewys van en ontoepaslik -Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen samehang, insluitend liggaam en -'n Mate van samehang fokus nie inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en - Toon, register, styl -Taal onverstaanbaar woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir en woordeskat minder --Toon, register, styl Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor en woordeskat nie woordeskat is geskik en konteks - en konteks konteks en konteks gepas vir doel, gehoor Hoë vlak vir doel/effek en Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie en konteks nie konteks; van vertroue, en 'n deurlopende om betekenis oor te basies -Woordeskat so Woordkeuse; indrukwekkend gepaste toon word dra -Toon en woordkeuse beperk dat dit Taalgebruik en -Toon retories treffend gebruik -Toon is gepas skaars toepaslik onmoontlik is om sin konvensies, en effektief -Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte te maak punktuasie, -Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat grammatika, spelling spelling feitlik foutvry foutvry te versterk -Knap gedaan -Baie goed gedoen 15 PUNTE 13 10 7 4 -Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik -Voldoende -Taalgebruik uitstekend en toon is en oor die algemeen taalgebruik, maar onvoldoende retories effektief effektief teenstrydighede word -Weinig indien enige Lae vlak -Grammatika en -Toon gepas en opgemerk sinsverskeidenheid spelling feitlik foutvry effektief -Toon oor die -Woordeskat baie -Baie goed tot knap -Enkele foute in algemeen gepas en beperk gedaan grammatika en beperkte gebruik van spelling retoriese middele -Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 -Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige punte -Noodsaaklike punte Kenmerke van teks; ontwikkeling van van details ontwikkel geldig ontbreek Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer foutief foutief -Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin -Opstel maak nog -Opstel maak nie sin 5 PUNTE uitsonderlik effens sin nie gekonstrueer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 13–15 10–12 7–9 4–6 0–3 BEPLANNING & -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp 15 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas -Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan formaat TAAL, STYL & 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel, doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie 10 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig belemmer Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all