Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V1
NOVEMBER 2025
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)









View all
Afrikaans HL P1 Nov 2025
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Hl
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 12
- File size
- 1.8 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
4. Trek 'n streep ná elke afdeling.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop ná elke antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A: LEESBEGRIP 2025
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS A: ARTIKEL
SLIMMER FONE, MAAR DOMMER BREINE
Ons kan ons die lewe nie meer sonder slimtoestelle indink nie. Tóg waarsku
kenners dat te veel skermtyd "digitale demensie"* veroorsaak, met
soortgelyke simptome as dié van regte demensie …
1 Jy loop by 'n vertrek in en weet jy moes iets daar gaan haal, maar jy kan net
nie onthou wat dit is nie. Of jy sien 'n kennis en julle begin land en sand met 5
mekaar gesels, maar jy kan om die dood nie sy/haar naam onthou nie.
2 Vergeetagtigheid is iets waarmee die meeste van ons al te kampe gehad het.
Gewoonlik skryf ons dit toe aan ons gejaagde lewe of die ouderdom, maar wat
as skermtyd iets daarmee te make het?
3 Drs. Moledina en Khoja skryf in die Ochsner Journal (2018) vergeetagtigheid 10
neem toe, omdat mense soveel op hulle slimfone staatmaak dat hulle selfs die
kleinste dingetjie nie probeer onthou nie. Soekenjins maak dit maklik om amper
enige inligting te kry: ons soeklees deur aanlyn leesstof en hoef nie veel
daarvan te onthou nie. Hulle wys daarop dat slimtoestelle die linkerkant van die
brein oorstimuleer, máár die regterkant (wat met konsentrasie te make het) 15
word benadeel en begin stelselmatig agteruitgaan.
4 'n Amerikaanse studie, wat in 2022 in die National Academy of Sciences-
joernaal gepubliseer is, het getoon dat te veel skermgebruik – saam met 'n
"sittende" lewenstyl – 'n groter risiko vir demensie inhou. (Digitale demensie is
weliswaar nie 'n erkende gesondheidstoestand nie; dié term beskryf eerder die 20
kognitiewe veranderinge wat tipies met tegnologieverslawing geassosieer
word.)
5 Prof. Ignatius Gous ('n afgetrede professor verbonde aan Unisa en 'n kenner
op die gebied van hoe die brein en denke werk) sê die begrip digitale demensie
is moontlik reeds in 2012 deur Spitzer, 'n Duitse neurowetenskaplike, geskep. 25
Spitzer het dié term gebruik om die veranderinge in denke en waarneming, wat
as gevolg van die oormatige gebruik van tegnologie plaasvind, te beskryf.
6 Werklike demensie is wanneer mense as gevolg van die agteruitgang van die
brein onder meer geheueprobleme ervaar, nie meer goed kan fokus en
konsentreer nie, en verward is. Digitale demensie, daarenteen, is eerder die 30
beskrywing van 'n gedragspatroon en die gevolge daarvan. Dit is nie primêr 'n
mediese toestand as gevolg van 'n mediese proses van agteruitgang nie.
Spitzer en ander kenners wys daarop dat mense wat heeltyd aan hulle fone en
rekenaars gekluister is, soortgelyke simptome as dié van demensie ervaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
7 Dr. Marlena Kruger, die stigter en uitvoerende hoof van die TechnoLife Wise- 35
stigting, fokus op die rehabilitering van mense wat aan digitale verslawing en
ander verwante brein- en leerversteurings ly. Sy noem dat digitale demensie
veral voorkom by kinders wat van jongs af aan digitale toestelle blootgestel is.
Sy steun Spitzer se bevinding dat die simptome van digitale demensie
ooreenstem met dié by ander mense wat te veel tyd voor 'n rekenaar deurbring 40
– hulle het ook dikwels 'n slegte postuur, ongesonde eetgewoontes, min fisieke
oefening en swak asemhalingstegnieke.
8 Prof. Gous sluit hierby aan deur te noem dat die wêreldgemiddelde van mense
se skermtyd 6 uur en 37 minute per dag is. Daar is egter bevind dat ons
Suid-Afrikaners 60% van ons dag voor skerms (en veral sosiale media) 45
vasgevang is.
9 Volgens prof. Gous help normale denke en funksionering van die brein die
mens om sy omgewing te leer ken en te bemeester sodat hy daaglikse eise,
uitdagings en geleenthede kan behartig en benut. Daarvoor het elke mens
fokus, leer met begrip en verstaan, en 'n gesonde omgang met die mense en 50
dinge in sy omgewing nodig. Hy meen as skermtyd en die gebruik van
tegnologie jou daarmee help, is dit tot jou voordeel.
10 Die vraag wat dus ontstaan, is: Is al die miljoene mense wat wêreldwyd heeldag
op rekenaars en slimtoestelle werk, se brein dan besig om as gevolg daarvan
agteruit te gaan? Prof. Gous stel ons gerus: As almal die rekenaar en foon as 55
nuttige hulpmiddels gebruik, is die gebruik van tegnologie positief. As jy egter
lui is, net die eerste dele van paragrawe en ander sinlose dinge lees, gaan jou
vermoë om te dink agteruit en gaan jy skade opdoen.
11 Die gevolgtrekking waartoe ons dus kan kom, is: fokus eerder op 'n spesifieke
doel en bly by 'n tydsbeperking as jy besig is met skermtyd, sodat jy jou 60
besondere lewensdoel kan uitleef deur unieke en aktiewe bydraes in jou en
ander mense se lewens.
[Aangepas uit Taalgenoot, Winter 2024]
*Digitale demensie: dit is 'n toestand van sosiale diskonneksie as gevolg van
tegnologie. Byvoorbeeld, dit is wanneer ons sukkel om feite
te onthou, gedisoriënteer is en ons kognitiewe vermoëns
afneem.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
TEKS B: VISUELE TEKS
[Aangepas uit https://lig.co.za/tegnologie-en-kinders-impak-van-skermtyd]
VRAE: TEKS A
1.1 Verwys na die titel en die subtitel.
1.1.1 Watter woorde in die subtitel skakel met die TWEE aspekte in die
titel? Skryf die woorde in die titel EN die toepaslike woorde in die
subtitel vir ELKE aspek neer. (2)
1.1.2 Wat wil die skrywer met die insluiting van die woord "Tóg" in die
subtitel bereik? (1)
1.2 Waarom, dink jy, is paragraaf 1 'n effektiewe inleiding? (1)
1.3 Onder watter TWEE wanindrukke verkeer baie mense oor vergeetagtigheid? (2)
1.4 Verwys na paragraaf 3.
Die mens maak al hoe meer op slimfone staat.
Gee EEN voordeel en EEN nadeel van hierdie gewoonte. Waarom is die
gebruik van selfone in dié opsig ironies? (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.5 Verwys na paragraaf 4 en 5.
Daar is 'n 10 jaar-tydsverloop tussen Spitzer se bevindinge (2012) en die
Amerikaanse studie (2022).
Watter ooreenstemmende rede voer albei navorsings vir digitale demensie
aan? Is dit kommerwekkend dat dié studies ná tien jaar dieselfde bevindinge
het? Motiveer jou antwoord. (2)
1.6 Verwys na paragrawe 4 tot 6.
Wat is die kernoorsaak van werklike én digitale demensie onderskeidelik?
Watter EEN van hierdie demensies se toestand is NIE herstelbaar NIE?
Motiveer jou antwoord. (3)
1.7 Watter VIER simptome is by mense met digitale demensie waarneembaar? (4)
1.8 Lewer kommentaar op die funksionele gebruik van die woord "vasgevang" in
paragraaf 8. Motiveer jou antwoord. (1)
1.9 Watter DRIE slaggate moet die mense, wat heeldag op die rekenaars en slim-
toestelle werk, vermy? (3)
1.10 Bied die inligting in paragraaf 11 'n oplossing vir die probleem wat in die artikel
bespreek word? Motiveer jou antwoord. (1)
VRAE: TEKS B
1.11 Watter oplossing word in die advertensie vir die vrae in blokkies 3 tot 5 gegee? (1)
1.12 Watter emosies (oor tegnologie) word enersyds deur die kinders se lyftaal
(in die visuele uitbeelding) EN andersyds deur die ouers se woorde
(in reël 1 en 2) oorgedra? (2)
1.13 Die retoriese vrae dra tot die effektiwiteit van die advertensie by.
Bewys hierdie stelling met TWEE feite. (2)
VRAE: TEKS A EN B
1.14 Verwys na TEKS B en paragraaf 7 van TEKS A.
1.14.1 Waarom, dink jy, sal ouers dr. Marlena Kruger se raad volg indien
hulle raadop met hulle kinders se skermtyd is? (1)
1.14.2 Spreek jou mening uit oor die noodsaaklikheid dat ouers gehoor
moet gee aan die oproep om te "Wag tot graad 8". (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van die SEWE wenke wat jy in gedagte
moet hou wanneer jy 'n stemnota per WhatsApp stuur.
LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in 'n paragraaf
aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
3. Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie.
4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
TEKS C
DIE MOETS EN MOENIES VAN STEMNOTAS
Óf jy is dol daaroor óf dit dryf jou teen die mure uit. Dit is nou "voice notes", oftewel
stemboodskappe soos WhatsApp. Dit is 'n geriefliker manier om boodskappe te stuur,
maar daar is basiese moets en moenies om in ag te neem vóór jy in jou foon se
mikrofoon begin klets.
Stemboodskappe verg dat die ontvanger moet stop en luister. Doen eers moeite en vra
of die ontvanger in 'n posisie is om 'n stemnota te ontvang. Verder wil niemand luister
hoe jy hulle tyd mors met 'n klomp heen-en-weer-pratery nie, sê Jess Joho, 'n
Amerikaanse kenner oor digitale intimiteit. Om dit te voorkom, stel sy voor dat jy jou
boodskappe kort en gefokus moet hou.
Jy kan die boodskap ook in kleiner brokkies opbreek as jy baie het om te sê. Sodoende
kry die luisteraar vinnig die kern van elke stemnota sonder om na 'n vyf minute lange
alleenspraak te luister.
Dit klink dalk voor die hand liggend, maar jy moet vooraf minstens vaagweg voorberei
wat jy wil sê, sodat jy nie afdwaal nie. Dit is frustrerend om na 'n lang stemnota te luister
waarop daar "um", "aa" en baie sugte is. Soms sal 'n eenvoudige teksboodskap met "Ek
stem", "oukei" of 'n duim-in-die-lug-emoji voldoende wees. Moenie die stemnota stuur
as dit korter as vyf woorde of net 'n klank is nie.
Die goue reël is om nooit stemnotas te gebruik om kontakbesonderhede soos
foonnommers of adresse oor te dra nie. Dit is makliker om na 'n teksboodskap te verwys
as om weer na 'n stemnota te moet luister.
Al is stemboodskappe dalk geriefliker, kan dit in die beroepsomgewing onvanpas wees.
Moenie stemnotas vir werk gebruik wanneer dit belangrike inligting behels nie, want dit
is baie moeiliker om op te volg. Nes met enige vorm van kommunikasie kan die stuur
van iets wat verkleinerend is, jou in groot moeilikheid laat beland. Pasop dat dit jou nie
in 'n slegte lig stel nie.
Dit is byna ondenkbaar om jou 'n lewe sonder stemnotas voor te stel. Hierdie
kommunikasiemiddel is hier om te bly – gebruik dit dus met omsigtigheid.
[Aangepas uit Huisgenoot, 19 Maart 2021]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS D
[Aangepas uit www.atkvoorde.co.za]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAE: TEKS D
3.1 Watter tegniek word gebruik om minder aandag op die naam van die
adverteerder in A te vestig? Waarom is dit funksioneel dat die inligting by B nie
onder aan die advertensie verskyn nie? (2)
3.2 Die taalgebruik in reël 1 en 2 het ten doel om die leser te manipuleer.
Bewys die stelling. (1)
3.3 Waarom word "feesseisoen" (reël 3) met TWEE s'e gespel? (1)
3.4 Watter stemming word deur die visuele uitbeelding oorgedra EN in watter opsig
ondersteun dié uitbeelding die boodskap van die advertensie? (2)
3.5 Verwys na reëls 5 tot 7.
Is die gebruik van die woord "BUFFELSTERK" effektief? Motiveer jou antwoord
met TWEE feite. (2)
3.6 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (3.6) en die letter
(A–D) neer, bv. 3.6 E.
Watter klankverskynsel vind plaas indien "vakansie" as "vikansie" uitgespreek
word?
A Nasalering
B Palatalisasie
C Vokaalreduksie
D Klankverspringing (1)
3.7 Watter inligting in reël 8 en 9 sal jou oortuig om tot aksie oor te gaan en plek
by Buffelspoort te bespreek? Motiveer jou antwoord. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
Dis die einde van Die "digitale Dis 'n groot verantwoorde-
die gedrukte migrasie ..." Tegnologiese
Revolusie likheid om Jorik vir die
koerant. Ai!! toekoms voor te berei …
Wat sal hy benodig as die Ek sal beter punte vir my taak Jy gaan steeds EN self
werksomgewing eendag so kry as ek 'n rekenaar kan navorsing moet jou taak
vinnig verander? gebruik. doen … skryf!
Nee, Wikipedia gee die Ons gaan jou vandag leer
opsomming en ChatGPT om vuur te maak en met 'n
skryf die taak! pyl en boog te skiet.
[Aangepas uit Rapport, 11 Augustus 2024]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAE: TEKS E
4.1 Watter visuele bewys is daar in RAAMPIES 2 tot 5 dat Jorik se ouers nog deel
van die vorige generasie is? (1)
4.2 Watter emosie dra die vrou se reaksie in RAAMPIE 2 oor? Op watter manier
word hierdie emosie versterk? (2)
4.3 Wat wil Jorik met sy woorde in RAAMPIE 6 bereik? (1)
4.4 Skryf die pa se woorde in RAAMPIE 7 in die lydende vorm. (1)
4.5 Evalueer die geslaagdheid van RAAMPIE 9. Motiveer jou antwoord met TWEE
feite. (2)
4.6 In watter opsig is die ouers se optrede in RAAMPIE 10 vir Jorik 'n antiklimaks? (1)
4.7 Herrangskik die woordorde van die sin in RAAMPIE 10 sodat die tydsaspek
beklemtoon word. Skryf die hele sin neer. (1)
4.8 In watter opsig kontrasteer die visuele uitbeelding in RAAMPIE 1 met die woorde
in RAAMPIE 10? (1)
[10]
VRAAG 5: ARTIKEL
Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS F
NUUTSKEPPINGS: IS JY WOORDSLIM?
1 Hoesit, awê, arriewarrie. Daar is Afrikaanse neologismes* wat so deel van ons
spreektaal is dat ons dit gebruik (5.1) sonder om eers twee keer daaroor te dink.
2 Dan is daar ander nuutskeppings wat maar kon gebly het (Googeloer – om te
Google – en brilmonster vir 'n nerd), want ons gebruik dit nie regtig nie. Families
en vriendekringe het ook (5.3) dikwels hulle eie opgemaakte woorde, soms met 5
'n lekker storie oor waar dié woord vandaan kom. My sussie het byvoorbeeld van
vrekvrye staal (5.6) gepraat, in plaas van vlekvrye staal, en so word die woord
vandag nog in ons familie gebruik.
3 Met die nuwe inisiatief van Netwerk24 is ons op soek na vyftien oorspronklike
Afrikaanse woorde wat (nog) nie in die Afrikaanse woordeboeke bestaan nie. 10
(5.5.1) En ons wil die woorde hê wat so glad op die tong rol dat dit deel van die
gebruikstaal gaan word. Dink aan "smaakmaker", 'n woord waarop Netwerk 24 se
lesers kopiereg het, nadat hulle dit in 2022 uitgedink het.
4 Teen (5.6) April gaan ons 15 nuutskeppings hê – en dan kom die groot stemmery.
Dis mos nou poenankies (oulik, vir diegene wat hierdie woord nie ken nie …). 15
[Verwerk uit Netwerk 24-produksiehoof, 20 September 2024]
*Neologismes: nuutskeppings
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
5.1 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (5.1) en die letter
(A–D) neer, bv. 5.1 E.
"… sonder om eers twee keer daaroor te dink" kan in EEN woord die beste
omskryf word as …
A onverantwoordelik.
B impulsief.
C deurdag.
D waaghalsig. (1)
5.2 "Dan is daar ander nuutskeppings wat maar kon gebly het (Googeloer – om te
Google – en brilmonster vir 'n nerd)." (Paragraaf 2)
Waarom is 'n komma nie gebruik voor die woord "maar" in die sin hierbo nie?
Gebruik die woord "maar" in 'n verklarende sin waarin die gebruik van die
komma noodsaaklik is. (2)
5.3 Gee 'n antoniem uit paragraaf 2 vir "dikwels". (1)
5.4 "My sussie het van vrekvrye staal gepraat ..." (Paragraaf 2)
Wat is die funksie van die voorvoegsel "ge-" in die onderstreepte woord? (1)
5.5 "En ons wil die woorde hê wat so glad op die tong rol ..." (Paragraaf 3)
5.5.1 Watter tipe werkwoord is "wil"? Hoe sal die sin se betekenis beïnvloed
word indien "wil" met "wou" vervang word? (2)
5.5.2 Gee die korrekte intensiewe vorm van "glad" binne konteks van die
sin. Gebruik die ander intensiewe vorm van "glad" in 'n verklarende
sin. (2)
5.6 Skryf die korrekte afkorting van April in paragraaf 4 neer. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal

Question paper
AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2)

Question paper
AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024 hlayiso.com

Question paper
AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024 hlayiso.com

Question paper
AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024 hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2022 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2022 MG hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2021 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2020 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2016 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2014 hlayiso.com
More from Grade 12 Afrikaans Hl
Explore more published documents in this catalogue.





