Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V2
NOVEMBER 2025
PUNTE: 80
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 31 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2025 Question Paper
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025, 31 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 31 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 31
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 31
This exam
NSC November Exam 2025
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.
2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste
wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy bestudeer het en
kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.
3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Gedigte (30)
AFDELING B: Roman (25)
AFDELING C: Drama (25)
4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
EEN in AFDELING C.
AFDELING A: GEDIGTE
Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)
• Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
• Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in
AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
kontrolelys op bladsy 5 om jou te help.
6. LENGTE VAN ANTWOORDE
• Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.
• Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.
• Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en
relevant.
7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
9. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 2025
10. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: ongeveer 40 minute
AFDELING B: ongeveer 55 minute
AFDELING C: ongeveer 55 minute
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INHOUDSOPGAWE
AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
1. "27 april 1994" Opstelvraag 10 6
2. "Briefie aan Madiba" Kontekstuele vraag 10 7
3. " 'n Paternoster vir Suid-Afrika" Kontekstuele vraag 10 9
4. "Suiwer wiskunde" Kontekstuele vraag 10 11
EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
5. "Ek is my ma se kind" Kontekstuele vraag 10 12
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.*
6. Onderwêreld Opstelvraag 25 13
7. Onderwêreld Kontekstuele vraag 25 13
8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 16
9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 16
10. Vatmaar Opstelvraag 25 19
11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 19
12. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 22
13. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 22
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.*
14. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 25
15. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 25
16. Mis Opstelvraag 25 29
17. Mis Kontekstuele vraag 25 29
*LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.
AFDELING VRAAGNOMMER GETAL VRAE MERK
BEANTWOORD ()
A: Gedigte 1–4 2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte 5 1
(Ongesiene gedig)
B: Roman 6–13 1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama 14–17 1
(Opstel of kontekstueel)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A: GEDIGTE
VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
27 april 1994 – Vincent Oliphant
1 uiteindelik vou ek die verlede toe
2 knyp sy vlerke tussen duim en vinger vas
3 tot hy veilig deur 'n gleuf in die geskiedenis glip
4 en anderkant
5 wonderbaarlik
6 vry
7 die duif van vrede sy blou vlerke sprei
8 sodat my nuutgebore stem na woorde smag
9 om 'n lied vir my land
10 soos 'n vlag aan die tong te laat sweef
11 bo die geruislose val van skanse van die vel
12 sodat ek vry uit die vervreemding tree
13 om in die oë van vergetenes en langverlorenes
14 uiteindelik myself te kan sien
15 soos iemand wat ek nooit geken het nie
16 om aan hulle die hand te gee
17 en te voel hoe vlees en vlees ontmoet
18 want een lyn van bloed loop deur die eeue
19 loop deur die ganse geskiedenis
20 loop deur elke uithoek van die land
21 loop deur my en loop deur jou
22 van Genesis tot nou
[Bron: Die sagte vlees, Tafelberg, 1998]
Die vryheidsgedagte wat in die gedig uitgelig word, word effektief deur middel van
voor- en alleenplasing, halfrym en retoriese middele oorgedra.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde. [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Briefie aan Madiba – Sandra O'Kelly
1 Liewe Madiba, ek skryf die vir jou.
2 Ek weet jy kry briefies soos my een aan jou.
3 Ons het nooit ontmoet nie, maar voordat jy groet.
4 Wil ek jou iets vra, dit is iets wat ek moet.
5 Gee my jou boeie, ek wil dit dra.
6 Die merke op jou hande, jou vrese jou vrae
7 Ek sal dit oppas, dit altyd bewaar.
8 Eendag met liefde aan my kinders oordra.
9 Liewe Madiba, jy sal van my hou.
10 Ek's lief vir my land en sy mense en sou
11 so graag wil kom kuier en net met jou praat.
12 Oor ditjies en datjies en goed uit my hart.
13 Gee my jou drome, ek wil dit sien.
14 Die prys so betaal om ander te dien.
15 Ek sal dit koester die wêreld sal weet.
16 Jou voorbeeld en liefde sal ons nooit vergeet.
17 Gee my jou ambag, ek wil dit leer.
18 Hoe 'n leier en koning sy mense kan eer.
19 Ek sal dit beoefen, ek sal dit ken.
20 Dis teerheid en liefde wat ander kan wen.
21 Gee my jou drome, ek wil dit sien.
22 Die prys so betaal om ander te dien.
23 Ek sal dit koester, die wêreld sal weet.
24 Jou voorbeeld en liefde sal ons nooit vergeet.
25 Liewe Madiba, ek skryf die vir jou.
26 Ek weet daar's baie briefies soos my een aan jou.
27 Ons het nooit ontmoet nie, maar voordat jy groet.
28 Wil ek jou iets vra, dit is iets wat ek moet.
[Bron: Sarah Theron se album Terug na jou, Select Musiek]
2.1 Benoem die strofebou EN die rymsoort wat deurgaans in die gedig gebruik
word. Verduidelik in watter opsig die rymsoort effektief is. (3)
2.2 Die verkleinwoord in die titel impliseer 'n bepaalde stemming.
2.2.1 Watter gesprekstyl word deur die titel van die gedig opgeroep? (1)
2.2.2 Bewys met TWEE ander aspekte uit die gedig dat hierdie spesifieke
gesprekstyl deurgaans in die gedig volgehou word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.3 Die spreker vra drie vrae aan Madiba.
Watter EEN vraag word in die gedig as die belangrikste vraag uitgehef?
Motiveer jou antwoord. (2)
2.4 Benoem die stylfiguur in versreël 5. (1)
2.5 Evalueer die effektiwiteit van versreëls 25 tot 28 as slot van die gedig. Motiveer
jou antwoord. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
'n Paternoster vir Suid-Afrika – Lina Spies
1 Here, laat die name geheilig word
2 van al die kinders van die land –
3 van hulle
4 wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
5 dassies skrikgemaak het in sy klowe,
6 wol getrap het in sy krale.
7 Ek het asemloos toegekyk:
8 swart bolywe geboë oor magtelose diere
9 en skerp skêre wat my laat wag het,
10 bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
11 Maar die swart versigtige hande
12 het selde dieper as die wit geknip
13 en ek kon die lootjies uitdeel
14 want die arbeider was sy loon waardig
15 volgens die aantal wat hy vrygemaak het
16 om ligvoets teen die somerheuwels uit te wei.
17 Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,
18 die wololie van my voete afgewas,
19 my bene nie meer lam getrap nie.
20 Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,
21 soos ons hulle vergewe, die luidrugtiges
22 wat nooit binne die kraal was nie,
23 wat nooit rietperd gery
24 en kaalvoet geloop het nie,
25 en Here, sien ons hande aan:
26 Kyk, om my wit pols is 'n armband van gras;
27 my donker speelmaat het dit kunstig gevleg
28 soos ek nooit kon nie ...
29 Aan U behoort die land
30 en die son
31 en die skape van sy weiding
32 Gee ons liefdevolle hande, Heer,
33 en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed
34 dat daar nie onnodig bloed verspil nie
35 en deel U self die lootjies uit
[Bron: Digby Vergenoeg, Human en Rousseau, 1971]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.1 Watter woord in strofe 1 maak die gedig inklusief? (1)
3.2 Verwys na versreëls 7 tot 16.
Watter emosie by die spreker dra by tot die aanvanklike stemming in hierdie
versreëls EN watter nuwe stemming word deur die woord "Maar" (versreël 11)
ingelei? (2)
3.3 Die "ek" van versreël 7 het hom-/haarself nie as deel van die "hulle"
(versreël 3) beskou nie.
Bewys aan die hand van versreëls 7 tot 19 EN versreëls 26 tot 28 dat dié
stelling enersyds waar EN andersyds onwaar is. (2)
3.4 Verwys na versreël 25 en versreël 32.
Dink jy hier is sprake van progressie in die verwysing na "hande" in hierdie
versreëls? Motiveer jou antwoord. (1)
3.5 Dink jy dat die slotreël van die gedig as gerusstellend of waarskuwend beskou
kan word? Motiveer jou antwoord. (1)
3.6 Die gedig se titel skep die indruk dat hierdie gedig 'n gebed vir Suid-Afrika is.
Motiveer hierdie standpunt met verwysing na DRIE verskillende
gebedsaspekte wat in die gedig na vore kom. (3)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Suiwer wiskunde – NP van Wyk Louw
1 Die uurwerk kantel. En die ligbruin by
2 hang roerloos voor die blom wat nooit bevrug
3 word, nooit sal saadskiet, welk, en nooit verby
4 hierdie verstarde uur sal groei. Die lug
5 het stil soos ys gaan staan, so wit en blou.
6 Die brander wat wou oorbuig, val, en skuim,
7 bly in sy ligte sirkels vasgehou
8 en moet sy see 'n ewigheid versuim.
[Bron: Nuwe Verse, Tafelberg, 1954]
4.1 Die vraag wat in die gedig beantwoord word, is: Wat sou gebeur as tyd sou
stilstaan?
Watter woord in versreël 1 veroorsaak die totstilstandkoming van tyd EN watter
TWEE opeenvolgende woorde in versreël 2 dien as inleiding tot die gevolge
daarvan in strofe 1? (2)
4.2 Evalueer die geslaagdheid van die kort eerste sin in versreël 1. Motiveer jou
antwoord. (1)
4.3 Verwys na versreël 2 en 3.
Watter woorde sluit by die kringloop van lewe EN dood onderskeidelik aan? (2)
4.4 Benoem die beeldspraak wat in versreël 5 voorkom EN verduidelik dan watter
halfrym die tempo in hierdie beeldspraak bewerkstellig. Waarom, dink jy, is dié
spesifieke halfrym gepas? (3)
4.5 Watter ooreenkoms toon versreël 7 met die by se "hang roerloos" in versreël 2? (1)
4.6 Verwys na versreël 8.
Verduidelik in watter opsig hier sprake van 'n sikliese slot in die gedig is. (1)
[10]
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Ek is my ma se kind – Danelle Jacobs
1 Ek het my pa se oë,
2 maar ek sien die wêreld soos my ma dit sien.
3 Nege maande lank was haar baar my tuiste,
4 en nou, al 18 jaar lank, is my hart hare.
5 Ek sal volbors voor haar staan en haar beskerm teen enige seer,
6 want sy het kleintyds my bebloede knieë met sagte hande versorg.
7 Om te dink, daar was 'n tyd toe ek nie my ma kon verdra nie,
8 maar die Here weet, ek verstaan dit nou:
9 my ma was ook eens 'n dogtertjie,
10 en die wêreld het ook haar groen oë laat lek.
11 Sy was ook seergemaak
12 en sy wil net seker maak
13 dat ek nie dieselfde deurmaak nie.
14 Sy het vir my die vrede geskep wat sy nooit kon vind nie.
15 Ek het my pa se oë,
16 maar ek is my ma se kind.
[Bron: POORT, 2024]
5.1 Skryf 'n woord uit versreël 2 neer wat deur herhaling beklemtoon word EN
verduidelik die progressie vanaf letterlike tot figuurlike betekenis in versreël 1
en 2. (2)
5.2 Watter funksie verrig die beskrywende woorde in versreël 6? Haal 'n versreël
aan wat die doel agter die ma se opvoeding uitspel EN dui aan in watter opsig
die ma se grootwordjare van die spreker s'n verskil. (3)
5.3 Watter aktuele kwessie ten opsigte van tieners word in versreël 7 aangeraak? (1)
5.4 Benoem die beeldspraak in versreël 10. Dink jy hierdie beeld is effektief?
Motiveer jou antwoord. (2)
5.5 Kies die korrekte antwoord en skryf net die vraagnommer en letter neer,
bv. 5.5 E.
Deur middel van watter retoriese middel word die woord "maar" in die gedig
beklemtoon?
A Herhaling
B Voorplasing
C Personifikasie
D Vergelyking (1)
5.6 Watter afleiding oor die spreker se verhouding met haar pa kan volgens
versreël 15 en 16 gemaak word? (1)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen
Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).
VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG
Die hoofkarakter in die roman word deur middel van INNERLIKE en UITERLIKE KONFLIK
gekarakteriseer.
Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde hoe Greg se innerlike konflik tot sy
geloofwaardigheid as hoofkarakter bydra EN hoe uiterlike konflik sy toenemende
vasgevangenheid uitbeeld. [25]
VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A
Dis die dag ná ek gesien het hoe Eckardt die reisagent se systems hack. En die eerste
oggend dat Eckardt my kom wakker maak.
"Terwyl Zeus, die heerser van Olimpus, slapend gevou lê in Hipnos se vlerke, strand sy
seun, Herakles, se skip vandag weer op Kos," sê hy toe hy aan die deur klop.
"Wat de hel?" vra ek deur die slaap. 5
"Never mind. Roer jou gat en staan op," antwoord hy.
Ek maak een oog oop, lig myself op my elmboë. Eckardt is in sy oefenklere. Sweet glim
op sy lyf. "Is jy simpel? Het jy al gaan draf?" vra ek.
"Altyd. Enigste tyd om helder te dink, so vroeg in die môre. Toe, roer jou, dis byna tyd
vir brekfis." 10
Die dag sleep om. Pouse moet ek, in opdrag van Dok, die VRL aanvat oor hul
"betreurenswaardige dissipline". Meneer Andersen daag halfpad deur die vergadering op.
Spioeneer op ons, asof ons dit nie weet nie.
"Wil meneer nog iets byvoeg?" vra ek toe ek klaar my preek afgesteek het.
Hy skud sy kop en loop. 15
"Good show," sê Kwanele toe hy ook loop, sy houding uitdagend. Ek gluur hom agterna.
Ek kry vir Eckardt op pad na die Engelsklas. "Jy onthou nog van jou belofte van
gisteraand, nè!" herinner ek hom.
7.1 Verwys na reël 1 en 2.
Wat wil Eckardt op hierdie stadium van die roman bereik as hy vir Greg wys dat
hy 'n reisagentskap se systems kan hack EN wat is sy uiteindelike doel agter die
oënskynlik onskuldige kuberkraakaktiwiteite? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
7.2 Verwys na Eckardt se groetwoorde in reël 3 en 4.
Verduidelik hoe Eckardt se woorde "slapend gevou lê" letterlik EN figuurlik op
Greg op hierdie stadium van die roman van toepassing is. In watter opsig kan
die mitologiese naam "Zeus" enersyds na Greg self en andersyds na Greg se pa
verwys? (4)
7.3 Verwys na reël 8.
Dink jy Greg se reaksie op mnr. Andersen se vraag aan hom die dag voor die
skool geopen het, was die waarheid teen die agtergrond van sy reaksie op
Eckardt se drawwery? Motiveer jou antwoord. Noem nog TWEE aspekte van
Eckardt as karakter wat hom van die ander matriekleerders onderskei. (3)
7.4 Verwys na reëls 11 tot 13.
In watter opsig is Greg se woorde oor die opdrag: "Pouse moet ek, in opdrag van
Dok," selfkarakteriserend? Dui Greg se agterdog teenoor mnr. Andersen op 'n
probleem wat Greg met gesagsfigure het? Motiveer jou antwoord deur na TWEE
ander botsings met gesagsfigure te verwys. (3)
EN
TEKS B
Ek is vrek bang, maar ek weet ek moet die een of ander tyd huis toe bel. Ek sit seker 'n
halfuur lank met my selfoon in my hand, my ma se nommer op die skerm, maar ek druk
nie die groen knoppie om die konneksie te maak nie. My hand bewe. My hart ook. Ek wil
my ma nie teleurstel nie. Sy het soveel hoop vir my; 'n anderste hoop as my pa.
Maar uiteindelik het ek geen keuse nie. Kry dit net agter die rug, Greg. 5
"Hallo, Ma?"
Ek begin haar vertel van Eckardt, dat hy 'n hacker is, dat hy my geleer het. Van die
polisie wat my laptop gevat het. Ek bly stil oor Dok en die goed wat ek oor hom uitgevind
het.
Ná 'n diep asemteug voeg ek by: "Ma, hulle dink ek het iets met Eckardt se verdwyning 10
uit te waai."
My ma struikel oor haar eie woorde. Ek kan die vrees in haar stem hoor. "Maar jy sou
mos nie ..."
"Natuurlik nie, Ma."
"Hy was dan jou vriend ..." 15
"Ma moenie vir Pa vertel nie, asseblief. Nie nou nie. Laat ek eers kyk wat ek kan doen."
"Maar wat kán jy doen Greg? Laat ek ten minste Pa se prokureur bel."
"Ma, nee. Ek sê mos, nie nou nie. Ek wil eers iets try."
"Wat, Greg?"
"Net iets, Ma." 20
"Greg, hulle kan jou uit die VRL skop. Jou uit die skool skors." My ma se stem word
sagter. Banger. "Wat ... wat gaan jou pa hiervan sê?"
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
7.5 "Sy het soveel hoop vir my; 'n anderste hoop as my pa." (Reël 4)
In watter opsig is John se selfdood verantwoordelik vir die verskillende "hoop"
wat Greg se ma EN sy pa onderskeidelik vir hom het? (2)
7.6 "Kry dit net agter die rug, Greg." (Reël 5)
Hoekom kan Greg se woorde aan homself as ironies beskou word teen die
agtergrond van sy reaksie op sy pa se kwetsende woorde aan hom die aand voor
hy terug Lawson Kollege toe sou gaan vir sy matriekjaar? (1)
7.7 Verwys na reël 8 en 9: "Ek bly stil oor Dok en die goed wat ek oor hom uitgevind
het."
7.7.1 Wat het Greg oor Dok Pienaar uitgevind? Noem DRIE feite. (3)
7.7.2 Watter inligting sou Greg se ma op hierdie stadium van die roman met
hom kon deel indien hy haar wel van sy vermoedens oor Dok Pienaar
vertel het? Dink jy Greg sou anders opgetree het na hierdie
telefoongesprek indien hy van al die inligting bewus was? Motiveer jou
antwoord. (2)
7.8 "Ma moenie vir Pa vertel nie, asseblief." (Reël 16)
In watter opsig eggo hierdie woorde iets van die rede agter Eckardt se sosiale
manipulering van Greg? (1)
7.9 "Greg, hulle kan jou uit die VRL skop. Jou uit die skool skors." (Reël 21)
Hoe verskil Greg se ma se woorde tydens dié telefoongesprek van haar reaksie
wanneer sy later in die roman vir Greg by die polisiestasie kom oplaai? Dink jy
dit is geregverdig dat sy later in die roman so heeltemal anders reageer?
Motiveer jou antwoord. (2)
7.10 Herlees die volgende reëls:
TEKS A (reël 17 en 18): "Ek kry vir Eckardt op pad na die Engelsklas. 'Jy onthou
nog van jou belofte van gisteraand, nè!' herinner ek hom."
TEKS B (reël 7): "Ek begin haar vertel van Eckardt, dat hy 'n hacker is, dat hy my
geleer het."
Watter betekenistoepassing van die roman se titel kom hier na vore EN in watter
opsig bestaan 'n oorsaak-en-gevolg-verband tussen hierdie twee teksgedeeltes? (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).
VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG
Die hoofkarakter in die roman word deur middel van INNERLIKE en UITERLIKE
KONFLIK gekarakteriseer.
Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde hoe Baas se innerlike konflik tot sy
geloofwaardigheid as hoofkarakter bydra EN hoe uiterlike konflik sy toenemende gevoel
van magteloosheid versterk. [25]
VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS C
"Yessa!" skreeu hy in die rigting van die worsboom. Hy klap vir Baas hande. Sy bene
hoepel teen die bult af.
"Kwê ..." toets die kwêvoël in die jakkalsbessie die atmosfeer.
"Ek sal baie graag vir jou 'n gebed wil doen, neef."
"Vir mý?" 5
"Daar kom 'n tyd in elke mens se lewe dat hy dit nodig het."
"Ag nee, wat, so erg is dit nie. Maar baie dankie vir die gedagte." Baas sien die skoene
van hom af wegdraai.
"Muluti Malila huil oor jou," hoor hy Grace sê.
"Miskien huil hy oor homself." Baas roer nie. Hy kantel sy kop en maak weer sy oë 10
toe.
"As 'n mens oor iemand anders huil, dan huil jy eintlik oor jouself ook." Grace klim van
die bak af.
Die moerasfiskale roep. "Priscilla en Akwilla ..." sê sy. "Dis die name wat ek vir daardie
twee voëls gegee het. Dit was toe jy siek was, in die tyd toe ek in jou huis gesit en wag 15
het dat jy jou oë moet oopmaak. Dis 'n goeie naam vir hulle. Hulle is nooit ver van mekaar
af nie."
Die moerasfiskale hou op roep. Die kinders se gejil bedaar. Van die worsboom se kant
af kom kitaarklanke. 'n Heldersoet stem begin uit die note vloei. "Amazing grace, how
sweet the sound, that saved a wretch like me," sing Nanna. "I once was lost but now I'm 20
found, was blind but now I see."
Die naarheid stoot in Baas se keel op.
9.1 Wie is dit wat vir Baas hande klap en dan teen die bult af "hoepel"? (1)
9.2 Verwys na reël 4: "Ek sal baie graag vir jou 'n gebed wil doen, neef."
Waarom sou die leser kon dink dat muluti Malila vir Baas móét bid? Noem
TWEE sake. Watter ander TWEE mense het ook beleef dat Baas hulle van
hom wegstoot toe hulle oor geloof wil praat? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
9.3 Wat, dink jy, kan as oorsaak vir Baas se sinisme oor geloof beskou word? Gee
TWEE feite. (2)
9.4 Verwys na reëls 14 tot 17.
Waarom raak Grace by Baas se lewe betrokke EN op watter TWEE maniere
vergemaklik sy Baas se lewe ná die koms van die sendelinge? (3)
9.5 Verwys na reël 18: "Die moerasfiskale hou op roep."
Bespreek TWEE funksies wat die feit dat die moerasfiskale ophou roep, binne
die konteks van die teks het. (2)
9.6 In watter opsig, dink jy, kan die lied Amazing Grace, wat as herhalende motief
in die roman voorkom, enersyds as 'n beskuldiging EN andersyds as 'n
waarskuwing beskou word? Watter emosie wat deur die lied opgeroep word,
veroorsaak die "naarheid" (reël 22)? (3)
EN
TEKS D
"Howzit?" Whitey klim af, 'n bottel brandewyn in die een hand en 'n outydse geweer
in die ander. "Gehoor jy het na my kom soek daar by my kamp. Toe dink ek ek sal maar
kom kyk hoe dit gaan. Jy het nie dalk water wat 'n mens hier kan bygooi nie?" Hy gee
die bottel vir Baas.
"Yes, Gracie," groet hy. 5
Grace vryf haar hande teen mekaar en knik haar knieë.
"Gaan jy vir jou kombuiskaste insit?" Baas wys na die planke.
"Eendag ... Miskien ... As ek 'n kombuis het. Hierdie is joune. Jy het daardie dag gesê
jy wil bankies bou. Ek het sommer stutpaaltjies ook saamgebring."
Hulle sit die gewere neer, maak die drade los waarmee die planke aan die trekker 10
vasgewoel is en pak dit onder die seil by die werkswinkel. Baas nooi Whitey
slaaprondawel toe, steek die paraffienlampie aan en bêre sy geweer. Grace kom in met
twee bekers.
"Nou moet julle besluit. Ek stel voor julle gebruik die bekers vir koffie," sê sy.
"Jy weet mos ek hou nie van koffie nie en koffie hou nie van my nie." 15
Whitey sit sy geweer op die bed neer. Grace los die bekers langs die foto's op die
swart trommel en gaan uit om water te gaan haal.
"Ek gooi dop," sê Whitey. "Wat van jou?"
"Nie nou nie, dankie." Baas tel die geweer op en bekyk dit.
"Agtponder." Whitey gaan sit op die groen trommel. 20
Baas se oë dwaal verby die man in die blou oorpak na die portret teen die muur.
9.7 Verwys na reëls 1 tot 4.
Verduidelik in watter opsig Whitey se aankoms op Manaka selfkarakteriserend
is. Hoe skakel hierdie optrede met Baas se eerste ontmoeting met Whitey? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
9.8 Verwys na reël 8 en 9: "Jy het daardie dag gesê jy wil bankies bou."
Waarom is dit ironies dat Baas op daardie stadium van die roman al die indruk
geskep het dat hy die bankies onder die worsboom wil herbou? (1)
9.9 Daar word telkens na gewere in hierdie teks verwys.
Watter belangrike rol speel Baas EN Whitey se gewere ten opsigte van hulle
twee se verbintenis met mekaar? In watter opsig was Baas se geweer
instrumenteel tot sy koms na Manaka EN hoe skakel dit met die naam van die
roman? (3)
9.10 Wie se portret hang in Baas se woonplek teen die muur? Dink jy dit is
geregverdig dat dié portret daar hang en nie een van sy ouers nie? Motiveer
jou antwoord. (2)
9.11 Herlees die volgende reëls:
TEKS C (reël 10 en 11): " 'Miskien huil hy oor homself.' Baas roer nie. Hy kantel
sy kop en maak weer sy oë toe."
TEKS D (reël 15): "Jy weet mos ek hou nie van koffie nie en koffie hou nie van
my nie."
Oor watter verwytende woorde van Baas ten opsigte van waarom hy nie die
Lozi-mense wil help nie, het Grace rede om nie net oor hom te huil nie, maar
ook oor haarself? Dink jy Whitey help Baas om tot ander insigte ten opsigte
hiervan te kom? Motiveer jou antwoord. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VATMAAR – AHM Scholtz
Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).
VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG
In die roman, Vatmaar, slaag Kenneth Kleinhans daarin om, ten spyte van sy eie
innerlike konflik, 'n positiewe verskil in die mense om hom se lewens te maak.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
Die telefoonpale was al tot amper by die kliniek en die mense het gesê: Nog twee
weke en Vatmaar is met die Pan gekonnek.
Die sokkerveld is eerste ingewy.
Dit was 'n trotse Kenneth Kleinhans wat daardie Saterdagmiddag – met die hele
Vatmaar wat om die sokkerveld staan – die bal van Boitjie Afrika gekry het om op die 5
middellyn te gaan stel.
Toe hy terugstap, laat Teacher Elsa haar sakdoek val, iets wat min mense in
Vatmaar gedra het. Kenny tel dit op, waai die stof uit en gee dit vir haar.
Kenny met sy gebroke hart gee dit vir haar en sê: Your handkerchief, lady. Die
woorde knel haar, sy word warm. Maar hierdie Elsa se begeerte, haar diepste wense – 10
dit is die man vir my – kon hom nie aantas nie.
Die Vatmaar Sunbeam-sokkerspan het teen Du Toitspan Wanderers se B-span
gespeel en hulle een-nul gewen. Daarna was Vatmaar nooit weer dieselfde nie. Na die
tyd was die aankykers moeër as die spelers want die meeste van hulle het saam met
hulle se span en die bal op en af langs die veld gehardloop. Party oupas het na 'n kamma 15
bal geskop elke keer as een van Vatmaar se spelers op die veld na die bal skop.
Na die wedstryd is baie dinge afgepraat, soos lat die fluitjieman so grênd was.
Suzan wat ook gaan kyk het, het vir Nellie Ndola gekry toe sy met die paaitjie
terugstap. Sy het vinnig rondgekyk of sy nie vir Tommy Lewis sien nie.
11.1 Wat was die naam van die kliniek EN wat wou Kenneth Kleinhans met die bou
van die kliniek bereik? (2)
11.2 Verwys na reëls 4 tot 6.
11.2.1 Is dit geregverdig om op grond van hierdie gedeelte af te lei dat die
mense van Vatmaar nie vir Kenneth as 'n buitestander beskou het
nie? Motiveer jou antwoord deur na TWEE ander geleenthede te
verwys waartydens die mense van Vatmaar hulle houding oor
Kenneth duidelik getoon het. (2)
11.2.2 In watter opsigte het Boitjie Afrika, Kenneth Kleinhans en Ou Chetty
onderskeidelik saamgewerk om die eerste sokkerwedstryd van
Vatmaar te verwesenlik? Verwys in jou antwoord na AL DRIE
karakters se bydrae in dié verband. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
11.3 Dink jy dat Boitjie Afrika namate die roman vorder karakterontwikkeling
ondergaan? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2)
11.4 Verwys na reël 8.
In watter opsig is Kenneth se optrede in dié situasie selfkarakteriserend? (1)
11.5 Verwys na Teacher Elsa se gedagtes in reël 10 en 11.
Hoekom is hierdie gedagtes ironies teen die agtergrond van haar houding
teenoor Nellie Ndola vroeër in die roman? (1)
11.6 Verwys na reël 19.
Wat word geïmpliseer deur die feit dat Suzan vinnig rondkyk of sy nie vir
Tommy Lewis sien nie? In watter opsig het Tommy enersyds Nellie Ndola EN
andersyds Nono se hart gebreek? (3)
EN
TEKS F
Die Du Toitspan-hospitaal het 'n brief vir die dorpsraad geskryf waarin hulle sê hulle sal
een of twee keer 'n week 'n verpleegster Vatmaar toe kan stuur, op een voorwaarde:
Die dorpsraad moet betaal vir die transport, of dit nou 'n kapkar of 'n mouterkar is. Net
vir 'n bicycle of 'n gewone perdekar hoef hulle nie te betaal nie.
Die dorpsraad het die hospitaal-superintendent bedank en die voorwaarde aanvaar. 5
Dit was weer 'n plesierige Mister Burns wat vir Kenny kom sê het: Here is the letter
from the town council. The clinic will be opened, not this Saturday but the next. Get ready
for the celebration, for there is a time to mourn and a time to be merry.
Kenny vra toe die domanie om op die agenda van die diens te sit dat die kliniek die
volgende Saterdag deur die burgermeester van die Pan en sy raadslede oop verklaar 10
sal word, en dat hulle baie bly sal wees as die hele Vatmaar na die feesvieringe kan
kom.
Kenny het vir Sus Bet geld gegee en haar gevra om die beste khadie te maak wat
sy nog ooit gemaak het. Sy het gesê: Op een voorwaarde, dat Vatmaar se mense nie
van die khadie drink nie. Laat dit net vir die mense van die Pan wees. 15
Fair enough, sê Kenny.
Ek verwag dat jy dit so sal hou, het Sus Bet gesê.
Die gemmerbier sou deur Nurse-sister Gous gemaak word, en sy moes ook sorg vir
genoeg vier-gelling-paraffienblikke vir die bier.
11.7 Verwys na die brief in reël 1.
Watter ander brief het die mense van Vatmaar in die beginjare van Vatmaar
ontvang wat nie só 'n positiewe trant gehad het nie? Watter positiewe uitkoms
het dié teleurstelling destyds vir die mense van Vatmaar gehad? (2)
11.8 Op watter TWEE tasbare wyses het Mister Burns sy goedkeuring oor die kliniek
vir Vatmaar getoon? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
11.9 Verwys na reëls 14 tot 17.
Dink jy Sus Bet kan van vooroordeel teenoor die mense van Vatmaar beskuldig
word op grond van die feit dat sy vooraf dié voorwaarde gestel het? Motiveer
jou antwoord deur na die motief agter die voorwaarde te verwys. (1)
11.10 Watter VIER uitstaande eienskappe van Sus Bet kom in haar optrede tydens
hierdie feesvieringe na vore? (4)
11.11 Watter verwagting word geskep deur die feit dat juis Nurse-sister Gous die
gemmerbier vir die feesvieringe sou maak? (1)
11.12 Herlees die volgende reëls:
TEKS E (reël 9): "Kenny met sy gebroke hart gee dit vir haar en sê: 'Your
handkerchief, lady.' "
TEKS F (reël 7 en 8): "Get ready for the celebration, for there is a time to mourn
and a time to be merry."
In watter opsig sou die opening van die kliniek 'n einde aan Kenneth se gebroke
hart kon bring? (1)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).
VRAAG 12: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG
Die hoofkarakter in die roman word deur middel van INNERLIKE en UITERLIKE
KONFLIK gekarakteriseer.
Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde hoe Iris se innerlike konflik bydra tot haar
geloofwaardigheid as hoofkarakter EN hoe uiterlike konflik tot karaktergroei lei. [25]
VRAAG 13: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS G
"Het Ma gehoor wat ek gesê het?"
"Ja, darling." Sy het die bakkie vet vinnig in die yskas gesit asof die verwerking daarvan
nou die yskas se verantwoordelikheid is. "Ek weet Pa is op 'n dieet."
"Nie dit nie. Van my naam."
Sy het haar hande gewas en die hardevet onder haar naels uitgekrap. "Natuurlik het 5
ek gehoor."
"Dis mooi, nè?"
"Pragtig," het sy saamgestem en haar tong geklik toe sy agterkom die boud is wel in
die oond, maar die oond is nog nie aangeskakel nie. "So 'n mooi blom. Ek vind dit so
jammer dat hulle net in die lente blom." 10
Dis wat ek bedoel. Sy het my nie gehoor nie. Ek het haar maar gehelp aartappels skil.
"Dis so," het ek gesê. "Net een keer per jaar."
My ma, wie se naam ook Elsa was, maar wat deur almal Els genoem is, het nooit daarin
geslaag om die wêreld in haar hand vas te vat nie. Sy was soos iemand wat 'n bus verpas
het en nie daarby kon berus nie. Haar hele lewe lank al hardloop sy agter die bus aan in 15
die hoop dat sy hom gaan inhaal nes hy stadiger om 'n draai ry. Sy was nie die soort
mens wat by die volgende halte sou gaan sit en wag op die volgende bus nie. Nog minder
was sy die soort wat voluit gehardloop het. Nee, sy het op 'n ligte drafstappie beweeg,
net effe uitasem, een en al stralende optimisme dat sy die bus wel gaan inhaal.
13.1 Na watter inligting rakende haar naam verwys Iris in reël 1? (1)
13.2 "Sy het die bakkie vet vinnig in die yskas gesit asof die verwerking daarvan nou
die yskas se verantwoordelikheid is." (Reël 2 en 3)
Hoe, dink jy, dra dié inligting oor Iris se ma tot karakterisering van die ma by?
Watter persoon dra daartoe by dat Iris 'n ander idee van ma-wees het? Motiveer
jou antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
13.3 "So 'n mooi blom. Ek vind dit so jammer dat hulle net in die lente blom."
(Reël 9 en 10)
In watter opsig was die ma se antwoord nie vir Iris verrassend nie? Dink jy
hierdie woorde veroorsaak 'n wanpersepsie by Iris oor haar eie lewe? Motiveer
jou antwoord met TWEE feite. (3)
13.4 Verwys na reëls 13 tot 15.
13.4.1 In watter opsig kan die ma nooit die wêreld in haar hand vasvat nie?
Watter TWEE ooreenkomste toon Iris op hierdie stadium met haar
ma? (3)
13.4.2 Johanna, Elsa en Kara is deel van die ma se wêreld. Hoe word hierdie
drie vroue onderskeidelik deur middel van Iris se weergawes aan die
leser gekarakteriseer? (3)
13.5 Verwys na reëls 16 tot 19.
In hierdie reëls word Iris se ma se onrustige geaardheid verwoord. Watter ma
kry Iris later in haar lewe by EN waarom kom Iris goed met haar oor die weg? (2)
13.6 Waarom is Iris se beskrywing van haar ma in reël 15 en 16 ironies? (1)
EN
TEKS H
… "Sy bestuur 'n ysterwarewinkel en kan goed doen soos gebarste warmwatertenks
regmaak. En sweis en alles."
"Waarom wil sy dan gif drink?" het die tannie gevra.
"Ek dink sy is ongelukkig oor haar verhouding met Brian," het ek gesê. "Ek dink nie
dit het iets te doen met die besigheid nie, mevrou." 5
"Jy kan nie vir my mevrou sê nie," het sy gesê. "Een van die dae moet jy Ma sê. As
die orrel begin speel. Noem my tant Ans."
"Goed," het ek gesê. "Tant Ans." Oor die orrelspel het ek nie uitgewei nie. As ek sou
trou – en op daardie tydstip was selfs dit nog nie 'n uitgemaakte saak nie – sou dit vinnig
en sonder ophef in 'n magistraatskantoor plaasvind. 10
"Hoekom wil dié Brian nie met haar trou nie?" het die oom gevra. "Watse nonsens
is dit?"
"Dis 'n lang storie, oom. Hy het kinders."
"Wag nou, hart," het tant Ans gekeer. "Hulle was goed vir ons kind in die vreemde."
"Maar dis nonsens," het hy weer gesê. " 'n Mens trou of jy trou nie. Jy sit nie en kyk 15
hoe die vrou dreig om haarself te vergiftig nie."
Ek het my appeltert geëet. Dit was heerlik en ek het probeer proe wat dit was wat
die tannie bygesit het sodat ek vir Johanna kon vertel.
"Piet is darem nie so nie?" het die oom gevra.
"Nee, oom." 20
"Jy hou van hom?"
"Ja, oom."
Tant Ans het goedig gelag en haar dik grys hare van haar gesig gevee.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
13.7 Verwys na reëls 1 tot 3.
13.7.1 Wie is die "sy" oor wie daar gepraat word EN in watter opsig het haar
gifdrinkery vir Iris haar uiteindelike blomtyd laat beleef? (2)
13.7.2 Wat impliseer die tannie met haar vraag in reël 3? (1)
13.8 Verwys na reëls 8 tot 10.
Watter rolle het Iris se ma, Elsa, Kara en Johanna onderskeidelik in Iris se
persepsie oor die huwelik gespeel? (4)
13.9 Verwys na die manier hoe Iris na Peter se ma en pa verwys (reël 6 en 7 asook
reëls 19 tot 22).
Watter karaktertrek van Iris blyk hieruit? Wat was haar voorwaarde aan die
oom, voordat sy vir hom pa sal sê? (2)
13.10 Herlees die volgende reëls:
TEKS G (reëls 8 tot 10): " 'Pragtig,' het sy saamgestem en haar tong geklik toe
sy agterkom die boud is wel in die oond, maar die oond is nog nie aangeskakel
nie. 'So 'n mooi blom.' "
TEKS H (reël 17 en 18): "Ek het my appeltert geëet. Dit was heerlik en ek het
probeer proe wat dit was wat die tannie bygesit het sodat ek vir Johanna kon
vertel."
Dink jy Iris het in TEKS H vrede gevind ten opsigte van die innerlike konflik wat
sy in TEKS G beleef het? Motiveer jou antwoord. (1)
[25]
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).
VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde hoe die aktuele tema van ontvlugting uit
'n negatiewe werklikheid in Map en Blanchie se lewens vanaf die eksposisie tot aan die
einde van die drama na vore kom. [25]
VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS I
CAVERNELIS: Dis hoekom ek en Maudie en Blanchie hierso wil weg!
LA GUMA: Best of luck to you, mister Cavernelis. Jy maak geld om hierso yt te
briek. Best of luck. Maar 'is 'n sterk tronk dié. Kyk, die tralies! (Hy trek
regaf strepe in die lug, met albei hande, en wys na die geboue in die
omgewing.) 5
CAVERNELIS: Anyway, dis hoekom ons seker nie nou gaan worry met 'n shower in
die huis nie, mister La Guma. Dis 'n onnodige uitgawe, op 'n huurhuis.
LA GUMA: (luister nie): 'n Sterk tronk, sê ek …
CAVERNELIS: (plaas die tou in La Guma se hande terug, maar dié let dit skaars op):
Ja … 10
LA GUMA: Nou is Map Jacobs ook terug …
Cavernelis sê niks.
LA GUMA: Yt die tronk yt. Terug, hiérnatoe. Kan jy dit vir jou imagine? Hiérnatoe?
Cavernelis sê niks.
LA GUMA: Kamma yt die tronk yt. Na dit toe. (Hy wys, bars dan uit van die lag.) 15
An' you know, what really gets me? Lat die mense almal actually nog
bid! Nog in die Here in glo! Praise the Lord, en al daai jazz!
CAVERNELIS: Wel …
Bo by die woonstelvenster verskyn Blanchie se gesig weer, om te sien
wat haar pa ophou. Sy roep dan. 20
BLANCHIE: Daddy! Daddy!
LA GUMA: En ek hoor Map Jacobs is oek kamma gebekeer!
CAVERNELIS: Ek kom, Blanchie …! Okay, goodnight, mister La Guma …
LA GUMA: (is nog nie klaar gepraat nie. Cavernelis huiwer weer): Weet jy hoekom
hulle vir hom Map ge-call het? You know why? 25
15.1 "Dis hoekom ek en Maudie en Blanchie hierso wil weg!" (Reël 1)
Na watter spesifieke ruimte verwys Cavernelis? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
15.2 Watter wanpersepsie oor La Guma sou sy woorde aan Cavernelis: "Best of
luck." (reël 3) by die leser kon skep? (1)
15.3 "Maar 'is 'n sterk tronk dié. Kyk, die tralies!" (Reël 3)
15.3.1 Wat word deur La Guma se woorde oor die ruimte waarbinne hulle
hul bevind, geïmpliseer? (1)
15.3.2 Na watter gebeurtenis het Blanchie besluit om uit hierdie "tronk" te
ontsnap EN watter gebeurtenis veroorsaak dat sy nie daarin slaag
nie? (2)
15.4 Die neweteks in reël 12 lei tot die retoriese vrae in reël 13.
Motiveer hierdie stelling deur na die dramatiese doel van die retoriese vrae te
verwys EN dui aan op watter manier die toename in emosie in dié retoriese
vrae aangedui word. (2)
15.5 Verwys na reël 11 en reël 22.
In watter opsig kan die nuus oor Map se vrylating uit die tronk as die motoriese
moment van die drama beskou word? Kan jy jou met La Guma se agterdog oor
Map se bekering identifiseer? Motiveer jou antwoord. (2)
15.6 "Weet jy hoekom hulle vir hom Map ge-call het? You know why?" (Reël 24
en 25)
15.6.1 Noem enige EEN van Map se tatoeëermerke. Dink jy sy
tatoeëermerke hou met sy karakterontwikkeling verband? Motiveer
jou antwoord. (2)
15.6.2 Evalueer die geslaagdheid van die feit dat Map twee name het.
Verwys na beide name in die motivering van jou antwoord. (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 27 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
TEKS J
BLANCHIE: … (Dan skielik, hard.) Johnnie … Wat het … met ons gebeur … Wat …
Ek … is … so … sleg …
MAP: (sit sy hand op haar mond): Nee! … Jy's … goed …
BLANCHIE: Jy lieg … Jy … lieg, Johnnie … lieg, lieg, lieg!!!
MAP: (asof hy haar geskreeu nie hoor nie): Dis ek wat sleg is ... Dis … ek … 5
Blanchie … Wat het met ons gebeur …
(Hy hou haar vas, stýf; sy hom. Hy lig sy oë op.) Apostel George! Here!
Ma! … Blanchie … Blanchie … Wat het met ons … gebeur …
BLANCHIE: Ek is so vuil, Johnnie …
MAP: Jy is … mooi … 10
BLANCHIE: (saggies): Johnnie … Wat het … van ons geword …
'n Lang stilte.
MAP: Alles … en niks … Blanchie …
BLANCHIE: (huil): Johnnie …
MAP: Alles … en niks … (Hy huil en lag. Dan sy ook – huil en lag.) Ek het vir jou 15
… alles ge-vertel … Blanchie … voor Apostel George … voor die Here …
en voor Ma … Daar is niks meer nie …
BLANCHIE: Ek het vir jou … ook … ge-vertel … alles … Johnnie …
Hulle hou mekaar styf vás. Soen mekaar hartstogtelik. Die wind van die
Kaapse Vlakte wáái, en blý waai, maar dan word dit ook die geluid van 'n 20
trein wat deur die townships reis. En skielik 'n huilende sirene en remme
van die trein wat staal op staal laat sing. Blanchie en Map weerloos teen
die wind en die huilende trein – teen die gebeurtenis.
15.7 Noem EEN ander karakter wat met Blanchie sou saamstem dat sy "sleg"
(reël 2) is EN meld ook of jy dink dat hierdie karakter se mening oor Blanchie
geregverdig is. Motiveer jou antwoord. (2)
15.8 Hoe versterk Map se handeling in die neweteks sy woorde in reël 3? (1)
15.9 Herlees reëls 6, 8 en 11.
In watter opsig is die verandering van Map se vraag deur Blanchie in reël 11
funksioneel? (1)
15.10 "Apostel George! Here! Ma!" (Reël 7 en 8)
Watter rol speel Apostel George om Map se innerlike stryd enersyds EN sy
verhouding met sy ma andersyds te verlig? (2)
15.11 Verwys na reël 15 en reël 18.
Watter DRIE sake is moontlik ingesluit in die "alles" wat Map aan Blanchie
vertel het? Noem EEN aspek van Blanchie se lewe waaroor sy eerlik moes
wees in haar gesprek met Map. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 28 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
15.12 Herlees die volgende reëls:
TEKS I (reël 9 en 10): "(plaas die tou in La Guma se hande terug, maar dié let
dit skaars op): Ja …"
TEKS J (reëls 19 tot 22): "Die wind van die Kaapse Vlakte wáái, en blý waai,
maar dan word dit ook die geluid van 'n trein wat deur die townships reis. En
skielik 'n huilende sirene en remme van die trein wat staal op staal laat sing."
Watter stemming word onderskeidelik deur die verwysings na die "wind" en die
"trein" in TEKS J geskep EN hoe sluit die verwysing na die tou (TEKS I) by
hierdie stemming aan? (3)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 29 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
MIS – Reza de Wet
Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag).
VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG
Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde hoe die aktuele tema van ontvlugting uit
'n negatiewe werklikheid in Miem en Meisie se lewens vanaf die eksposisie tot aan die
einde van die drama na vore kom. [25]
VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS K
MIEM: (kyk op. Hard) O ja … Onthou tog die slopemmer! Dis al twee dae!
(Sag aan MEISIE) Weet jy, hy was die hele middag so onrustig. (Tel weer
haar voet op en laat dit op 'n stoel rus)
MEISIE: (knik) Ek het gehoor.
'n Sagte huilwind word gehoor. 5
MIEM: (kyk op) Heen en weer. Heen en weer. Sonder ophou.
MEISIE: Ja.
MIEM: Ek dink hy voel dit aan. Die onheil. As vannag tog net verby wil gaan. Al
die verstandiges het voorsorg getref. Slotte en grendels. Luike
toegespyker. Maar jy hoef jou nie te kwel nie, my kind. Ek sal die hele 10
nag by jou waak.
MEISIE: Ja, Ma.
MIEM: Sit regop! Hoeveel keer moet ek dit nog sê? As jy 'n man wil hê, moet jy
let op jou postuur.
Hulle werk verder. 15
MIEM: (na 'n stilte) Dan is dit altesame tweehonderd. Ek het vanmiddag gaan
tel. Die ander honderd-en-sewentig is heeltemal vol en toegewerk. (Byt
garing met haar tande af) So ja. (Hou die sak uit na MEISIE)
MEISIE neem die sak en sit dit op die hoop. Terwyl MIEM verder praat,
trek sy 'n lengte goiing van die rol af en meet dit. 20
MIEM: Kom nou, Meisie, hou reguit.
MEISIE trek die goiing styf terwyl MIEM sny.
MIEM: (sny) Die skêr is al weer stomp, Meisie, jy moet dit slyp. Meestal beesmis.
So dertig perdemis en tien vark. Ja, ons doen goed die maand.
Vroeglente wil almal die grond bewerk. (Baie vriendelik) Miskien koop ek 25
vir jou 'n nuwe rok. (Neem die goiing, skuif die rol eenkant toe en gaan
sit moeisaam)
Die wind huil om die huis.
MEISIE: (sit ook) Dankie, Ma.
Kort stilte. Hulle werk. 30
MIEM: Wat was dit!
MEISIE: Wat, Ma?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 30 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
17.1 Verwys na reël 1.
Na watter gesuggereerde ruimte kyk Miem op? (1)
17.2 Verwys na reëls 1 tot 5.
Dink jy die neweteks in reël 5 is geslaagd teen die agtergrond van Miem se
woorde? Motiveer jou antwoord. (1)
17.3 Verwys na reëls 8 tot 11.
17.3.1 Op watter datum speel die drama af? (1)
17.3.2 Watter wanpersepsie oor Miem word in hierdie spreekbeurt geskep?
Op watter manier bewys Miem die teendeel in die motoriese moment
van die drama? (2)
17.4 Evalueer die geslaagdheid van Meisie se naam EN motiveer jou antwoord. Dui
aan hoe Konstabel juis haar naam gebruik om haar te manipuleer. (2)
17.5 Dink jy dié teks as deel van die eksposisie/uiteensetting van die drama is
geslaagd? Motiveer jou antwoord deur na DRIE funksies van hierdie teks as
deel van die eksposisie te verwys. (3)
EN
TEKS L
MIEM: (trots) Sy is mooi, nè?
KONSTABEL: Ja, Mevrou.
MEISIE staan op en beweeg stadig terug na haar stoel. Daar is 'n kort
stilte. MEISIE werk aan haar sak. MIEM en GERTIE kyk na die
KONSTABEL. Die KONSTABEL kyk voor hom uit. Die valdeur klap 5
hard oop. MEISIE kyk op. 'n Slopemmer sak stadig na onder.
MEISIE: Kyk, Ma! Hier kom dit!
MIEM: (hard. Kyk op) Wees versigtig! Dis al meer as twee dae!
MEISIE, MIEM en GERTIE hou die emmer dop. Dit sak baie stadig af
tot op die vloer. Die emmer is vol slymerige bruin water. Aan die 10
uitdrukking op almal se gesigte kan 'n mens aflei dat die inhoud baie
sleg ruik. MEISIE gaan nader en met haar kop half weggedraai, begin
sy die tou losmaak. GERTIE druk 'n sakdoek voor haar neus. MEISIE
kry die knoop los. Die tou word vinnig opgetrek en die valdeur klap hard
toe. 15
MIEM: Gaan maak dit tog leeg, my kind. En spoel dit goed uit.
KONSTABEL: Laat ek help.
MEISIE: Dankie. As dit vol is, is dit baie swaar. As jy eenkant vat, dan vat ek die
anderkant.
KONSTABEL: Dis goed so. 20
MEISIE: (bly) En as ons baie gesels, dan hoef ons nie die musiek te hoor nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 31 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
17.6 Wat probeer Miem met haar opmerking aan Konstabel in reël 1 bereik? (1)
17.7 Verwys na reël 4: "MEISIE werk aan haar sak."
Hoe skakel Meisie se handeling enersyds met die titel van die drama EN
andersyds met Meisie en haar ma se lewensomstandighede? Watter ander
TWEE betekenisse van die titel skakel met die gebeure in die slot van die
drama? (4)
17.8 Wat is die dramatiese doel van die neweteks oor die slopemmer in reël 6
asook in reëls 9 tot 15? In watter opsigte dra die slopemmer daartoe by dat
Konstabel en Meisie mekaar in die afloop van die drama ontmoet? Noem
TWEE feite. (3)
17.9 Verwys na Meisie se woorde in reël 21.
17.9.1 Hoekom is Meisie se woorde enersyds ironies EN andersyds net
bedoel om Miem gerus te stel? (2)
17.9.2 Watter rol speel Konstabel om Meisie se innerlike konflik in die
drama te vererger EN hoe gaan Konstabel te werk om Meisie se
verhouding met haar ma negatief te beïnvloed? (2)
17.10 Herlees die volgende reëls:
TEKS K (reëls 25 tot 28): "(Baie vriendelik) Miskien koop ek vir jou 'n nuwe
rok. (Neem die goiing, skuif die rol eenkant toe en gaan sit moeisaam)
Die wind huil om die huis."
TEKS L (reël 16): "Gaan maak dit tog leeg, my kind. En spoel dit goed uit."
Hoekom, dink jy, is Miem skielik "Baie vriendelik" met Meisie in TEKS K?
Watter bydrae lewer die woord "tog" (TEKS L) dat dieselfde toon in hierdie
twee spreekbeurte geskep word EN hoe verskil dié toon van hoe sy gewoonlik
met Meisie praat? (3)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2015 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper