Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 12201426 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2014, 26 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2014

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NOVEMBER 2014 PUNTE: 80 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/November 2014 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord. 2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en kies die tipe vraag wat jy wil doen. Neem die voorskrifte by elke vraag in ag. 3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Gedigte (30) AFDELING B: Roman (25) AFDELING C: Drama (25) 4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B en EEN uit AFDELING C. AFDELING A: GEDIGTE Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae. Ongesiene gedig – VERPLIGTE vraag AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. 5. KEUSE VAN VRAE VIR AFDELING B (ROMAN) EN C (DRAMA) • Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy in die klas gedoen het. • Beantwoord EEN LITERÊRE OPSTEL en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy die literêre opstel in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die literêre opstel in AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou te help. 6. LENGTE VAN ANTWOORDE • Die lengte van die literêre opstel vir die gedig is 250–300 woorde. • Die lengte van die literêre opstel vir die roman en drama is onderskeidelik 400–450 woorde. • Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur die puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord jou vrae bondig en relevant. 7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/November 2014 NSS 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Beantwoord ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy. 10. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: ongeveer 40 minute AFDELING B: ongeveer 55 minute AFDELING C: ongeveer 55 minute 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/November 2014 NSS INHOUDSOPGAWE Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele vraestel deur te lees. AFDELING A: GEDIGTE Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY 1. “last grave at dimbaza” Literêre opstel 10 6 OF 2. Een sprong vir ... Kontekstuele vraag 10 7 OF 3. Nuus uit die binneland Kontekstuele vraag 10 8 OF 4. Vroegherfs Kontekstuele vraag 10 10 EN Ongesiene gedig: Verpligtend 5. Nelson Mandela Kontekstuele vraag 10 11 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag.* 6. Die kwart-voor-sewe-lelie Literêre opstel 25 12 OF 7. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 12 8. Manaka Plek van die Horings Literêre opstel 25 15 OF 9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 15 10. Vatmaar Literêre opstel 25 18 OF 11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 18 AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag.* 12. Krismis van Map Jacobs Literêre opstel 25 21 OF 13. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 21 14. Mis Literêre opstel 25 24 OF 15. Mis Kontekstuele vraag 25 24 *LET WEL: Beantwoord EEN LITERÊRE OPSTEL en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/November 2014 NSS KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy al die nodige vrae beantwoord het. AFDELING VRAAG- GETAL VRAE MERK NOMMER BEANTWOORD  A: Gedigte 1–4 2 (Voorgeskrewe gedigte) A: Gedigte 5 1 (Ongesiene gedig) B: Roman 6–11 1 (Literêre opstel of kontekstuele vraag) C: Drama 12–15 1 (Literêre opstel of kontekstuele vraag) LET WEL: Beantwoord EEN LITERÊRE OPSTEL en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/November 2014 NSS AFDELING A: GEDIGTE VOORGESKREWE GEDIGTE Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg. “last grave at dimbaza” – Fanie Olivier 1 beauty douglas was born 2 op ’n wintersnag so all forlorn 3 omring deur die sterre se liggies 4 en koerante kaal klip 5 en nuuskierige hande 6 en tien ander gesiggies 7 a ’n dogter oplaas ’n dogter 8 om beeste te kry om die wêreld 9 te wei a dis lekker 10 om ’n vader te is te is 11 die ma het ’n briefie geskryf 12 aan haar man op die myne 13 om te sê van die kind en te vra van die geld 14 want dit was sy kind die dogter 15 was syne om te sê: o my man 16 o my man ek het beeste gebaar 17 op ’n wintersnag so all forlorn 18 met die sterre soos goud en die mielies klaar 19 beauty douglas your daughter was born 20 sy hart het oopgeskiet tussen lae klip 21 opgeskiet boontoe en oopgevou 22 in ’n laatnagbrief: my vrou 23 my vrou sê aan beauty douglas 24 haar pa het haar lief. 25 hy’t sy brief gepos met sy viersentseël 26 ’n lugposbrief aan beauty douglas 27 om te sê hy’t haar lief 28 die adres was mnxesha 29 oor kingwilliamstown kaap 30 saans as hy sy moegheid streel 31 het hy gedroom van sy meisiekind 32 en op ’n sonskynmiddag twee maande later 33 het ’n brief uit mnxesha hom teruggevind: 34 “beauty douglas was born 35 she died” [Uit : Skimmellig, 1978] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/November 2014 NSS In die gedig word ironie en kontras geslaagd aangewend. Skryf ’n literêre opstel van 250–300 woorde waarin jy die stelling hierbo bespreek. [10] OF VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Een sprong vir ... – Joan Hambidge 1 Jy wil weet 2 waarom herstel ek nie – 3 want jy het my die maan, 4 sterre en uitspansel beloof. 5 Jy stuur my na die maan 6 en à la Neil Armstrong beweeg 7 ek in die lugdrukvrye atmosfeer, 8 karteer die kraters, die stil verwoesting 9 wat jy saai, plant ’n vlaggie van rekapitulasie 10 (dis verby, dis verby, dis ...) op die klein silw’rige planeet. 11 Danksy die verbinding tussen my en die lugskip van glas 12 genaamd poësie, keer ek weer terug na die aarde, 13 wys my foto’s vir diegene wat wil sien, 14 neem stukkies maankors saam 15 en weet ná maande 16 die maan is hiér. 17 Jy wil weet 18 waarom vergeet ek nie – 19 omdat ek weet die maan 20 is beslis nie van kaas. [Uit: Kriptonemie, 1989] 2.1 Wat word ’n strofe bestaande uit vier versreëls genoem? (1) 2.2 Haal ’n versreël uit strofe 1 aan om te bewys dat ’n gesprek in die gedig plaasvind. (1) 2.3 Watter woord uit strofe 1 lei die rede vir die gebroke verhouding in? (1) 2.4 Benoem die stylfiguur in versreël 3–4, gee die geïmpliseerde betekenis daarvan en noem hoe versreël 19–20 by dié betekenis aansluit. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/November 2014 NSS 2.5 Haal die versreël uit strofe 3 aan wat dui op die insig waartoe die spreker gekom het. (1) 2.6 Herlees versreël 17–20. Watter emosie ervaar die spreker in bogenoemde versreëls? (1) 2.7 Dra die uiterlike vorm van die gedig tot die gediginhoud by? Motiveer jou antwoord en bewys dié antwoord met ’n aanhaling uit versreël 1–6. (2) [10] OF VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Nuus uit die binneland – Peter Blum Vir Dirk Opperman 1 Soms in die winter as die reën sag stuif 2 op grasperke, dig en diep soos ’n tapyt – 3 as hy die rotsige bergreeks wegskuif 4 agter ’n misgordyn – as voor die ruit 5 popliere, eike en kastaiingbome 6 saamvloei, en ons versink in blaargroen drome 7 terwyl ons oor ’n ou beskawing lees – 8 dan gryp die onwerklikheid ons met die loop 9 van waters wat kalmeer, en in die gees 10 vou grys en sat die graafskap Surrey oop. 11 Soms in ’n najaarsdag se skemerty 12 stap ons in ’n stil straatjie en gewaar 13 deur ’n ou bolig, kunstig uitgesny 14 in vlegtende patroon van druif en blaar, 15 die lig van verre dae: Ons word gesluk 16 soos deur ’n mond; die luiterse getik 17 van ’n ou horlosie vervang ons ontstoke 18 harte se ritme in die kamerhoek, 19 en ons gestaltes kwyn tot stywe spoke 20 in die vernislaag van ’n Delftse doek. 21 Maar as die bergwind so rukkerig waai 22 en tussen ons rondkrap soos ’n stok 23 in ’n miershoop – in die palms blaai 24 nes ’n barbaar in ’n keurige boek – 25 dan is ons rillend buite alle mure 26 wat ons opstapel in redelike ure 27 met doel en plan – 28 ruik ons droogte en brand, en gerug Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/November 2014 NSS 29 van sprinkaan, aardbewing en oproer 30 op daardie skroeiende binnelandse lug 31 – dan, dan 32 weet ons op watter vasteland ons boer [Uit: Steenbok tot Poolsee, 1955] 3.1 Herlees versreël 1. 3.1.1 Skryf versreël 1 neer en onderstreep die allitererende klanke. (1) 3.1.2 Watter stemming word deur dié allitererende klanke versterk? Haal ’n woord uit versreël 6–10 aan wat by die stemming pas. (2) 3.2 Wat is die gevolg as die spreker in die reënerige toestande oor ’n ou beskawing lees? (1) 3.3 3.3.1 Wie is in die gedig aan die woord? (1) 3.3.2 Haal ’n woord uit strofe 1 aan om jou antwoord in VRAAG 3.3.1 te bewys. (1) 3.4 Wat is die betekenis van die vergelyking in versreël 15–16? (1) 3.5 Benoem die beeldspraak wat die digter gebruik om die mense van Afrika te beskryf en motiveer of die gebruik daarvan geregverdig is. (2) 3.6 In versreël 31 word die aandagstreep geslaagd gebruik. Motiveer hierdie stelling. (1) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/November 2014 NSS VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Vroegherfs – NP van Wyk Louw 1 Die jaar word ryp in goue akkerblare, 2 in wingerd wat verbruin, en witter lug 3 wat daglank van die nuwe wind en klare 4 son deurspoel word; elke blom word vrug, 5 tot selfs die traagstes; en die eerste blare val 6 so stilweg in die rook-vaal bos en laan, 7 dat die takke van die lang populiere al 8 teen elke ligte môre witter staan. 9 O Heer, laat hierdie dae heilig word: 10 laat alles val wat pronk en sieraad was 11 of enkel jeug, en vér was van die pyn; 12 laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort 13 my waan, tot al die hoogheid eindelik vas 14 en nakend uit my teerder jeug verskyn. [Uit: Die halwe kring, 1937] 4.1 Herlees versreël 1–5. 4.1.1 Skryf ’n frase neer wat op die onstuitbaarheid van die natuur dui. (1) 4.1.2 Watter frase dui op die letterlike stroping in die natuur? (1) 4.2 Benoem die beeldspraak wat in versreël 4–5 voorkom. (1) 4.3 Haal die woorde wat die wending/toepassing van die gedig inlui, aan. (1) 4.4 In reël 1 gebruik die spreker die beeld van “goue akkerblare”. Skryf die woord in versreël 9–14 neer waarmee hierdie beeld skakel. (1) 4.5 In versreël 12–13 kom omgekeerde woordorde voor. 4.5.1 Wat is die funksie van die omgekeerde woordorde? (1) 4.5.2 Watter invloed het die omgekeerde woordorde op die beskrywing van die stropingsproses? (1) 4.6 Hierdie gedig is in 1937 geskryf, 77 jaar voor jou matriekjaar. Wat is die boodskap van die gedig? Is dié boodskap relevant vir die tiener van 2014? Motiveer jou antwoord én skryf die boodskap neer wat jy vir die tieners van 2014 wil gee. (3) [10] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/November 2014 NSS ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Nelson Mandela – Johann Lodewyk Marais 1 Jare lank al weier u om te swig 2 by Mvezo oorkant Mbashe. 3 Ek was u voete in hierdie gedig. 4 Hier het u voorvaders ’n kraal gestig 5 en het u u heel eerste tree gegee. 6 Jare lank al weier u om te swig. 7 Bedags het u gedroom van stedelig 8 terwyl u drentel agter spikkelvee. 9 Ek was u voete in hierdie gedig. 10 Ver hiervandaan was iets duisters in sig 11 toe u leer van mense se bitter wee. 12 Jare lank al weier u om te swig. 13 Hulle – my mense – het u selfs verplig 14 om na dié te luister wat op u skree. 15 Ek was u voete in hierdie gedig. 16 Toe u uit die donker kom na die lig 17 het u met ons nasie ’n band gesmee. 18 Jare lank al weier u om te swig. 19 Ek was u voete in hierdie gedig. [Uit: www.versindaba.co.za] 5.1 Watter tipe rym kom in die gedig voor? (1) 5.2 Noem die verwagting wat die titel van die gedig skep en motiveer of dié verwagting in die gedig gerealiseer word. (2) 5.3 Watter ingesteldheid van die spreker kom in versreël 3 duidelik na vore? (1) 5.4 Waarna verwys versreël 5? (1) 5.5 Wat is die funksie van die leestekens in versreël 13? (1) 5.6 Haal die kontrasterende woorde in versreël 16 aan en sê waarna hierdie kontrasterende woorde verwys. (2) 5.7 Dink jy dat hierdie gedig ’n goeie beskrywing van Nelson Mandela se invloed op die samelewing is? Motiveer jou antwoord en haal ’n sin uit die gedig aan om jou antwoord te bewys. (2) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/November 2014 NSS AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. LET WEL: Beantwoord EEN vraag oor die letterkundeteks wat julle in die klas behandel het. VRAAG 6: LITERÊRE OPSTEL DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker Iris skep vir haar ’n fantasiewêreld. Bespreek hierdie stelling in ’n literêre opstel van 400–450 woorde en verwys in jou antwoord na die oorsake vir haar fantasiewêreld, die wyse waarop haar fantasiewêreld in Elsa se lewe weerspieël word en die invloed van die Engel en Peter op haar wêreld. [25] OF VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker Lees die onderstaande uittreksels aandagtig deur en beantwoord die vrae. TEKS 1 1 “Sê my net een ding,” het Peter gevra toe ons weer alleen 2 was. “Waarom, waarom het jy daardie aand saam met my 3 gegaan?” 4 “Dis moeilik om te verduidelik,” het ek gesê. “’n Karakter 5 in een van my stories se naam is Peter en toe jy ...” 6 “Storie? Watse storie? Skryf jy stories?” 7 “Nee. Ek dink hulle uit.” 8 Hy het deur sy hare gevee sodat hulle regop gespring het 9 om die twee kroontjies. “En ek is deel van so ’n versinsel?” 10 “Nee.” Ek het begin eet. “Dis juis my punt, jy is nie.” 11 Hy het sy vurk in sy pasta begin draai. “En as ek jou nou 12 weer sou vra?” 13 “Ek sal weer saamgaan. Maar jy het nie meer jou woonstel 14 nie. Paula het my vertel.” 15 Hy het sy vurk neergesit en die kelner nader gewink. “’n 16 Vriend het syne vir my geleen terwyl ek in die stad is. Het jy 17 ‘n motor?” 18 Ek het my baadjie en handsak opgetel en agter hom aan- 19 geloop ... Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/November 2014 NSS 20 “Waar is die engel wat altyd my hand vashou?” het ou 21 meneer Bruwer vir hom gevra toe ek weer laat was. 22 “Hy noem jou ’n engel,” het dokter Anders gegrom toe ek 23 uiteindelik opdaag. 24 “Dis omdat hy benoud word wanneer jy so in sy mond 25 grou,” het ek verduidelik. ... 26 “Wat ook al,” het hy gesê. “Ek wens die laatkommery wil 27 nou end kry.” 28 “Dit sal,” het ek gesê. “Dis klaar verby.” 7.1 Na watter aand verwys Peter in reël 2? (1) 7.2 Herlees reël 10. Wat sê Iris later in die roman (nie reël 10 nie) van Peter as versinsel? (1) 7.3 Wat neem die leser met die lees van Teks 1 waar ten opsigte van die kommunikasie tussen Peter en Iris? Bewys jou antwoord met ander voorbeelde uit die roman. (2) 7.4 Herlees reël 18–19. Uit hierdie reëls kan ons ’n afleiding maak oor Iris se karakter. Wat is die afleiding wat ons kan maak? Noem nog voorbeelde in die roman waar sy hierdie karaktertrek openbaar. (3) 7.5 Bewys met ’n woord uit die teks dat Iris die verteller is en sê hoekom hierdie soort verteller vir dié roman geloofwaardig is. (3) 7.6 Sowel meneer Bruwer as Iris koester verwagtinge van hul “engele”. Wie was hul onderskeie engele en gee ’n rede hoekom hulle verwagtinge van hulle engele vervul is of nie? (4) 7.7 Hoekom is die laatkommery in reël 28 klaar verby? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/November 2014 NSS TEKS 2 1 Die Engel het hy aanvaar omdat die Engel nie opdrin- 2 gerig is of my tyd in beslag neem nie, maar as ek by Die Spieël 3 wil aansluit, moet ek my koffers pak. Ek het belowe ek sal dit 4 in gedagte hou. Om te moet kies tussen Peter en die voor- 5 vadergeeste is geen keuse nie. 6 Dit is nou laatsomer en ek en Johanna sit saam op ons kom- 7 buisstoeltjies in die hoek van die skadutuin. Dis halfsewe en 8 ons hou die lelie dop. Toe ek nou-nou opkyk, het ek Die En- 9 gel deur die ondertuin sien sweef. Hy hou daarvan om laat- 10 middae in die tuin te wees. Miskien kommunikeer hy met die 11 plante of versterk hy sy onsterflike siel sodat hy krag het vir 12 ons latere argumente. Ek weet nie. 13 “Dan sal ons seker maar so saam oud word,” sê Johanna 14 vir my toe sy met ’n steun langs my kom sit. 15 “Jy word vet,” sê ek. “Jy gaan nie ou bene maak as jy nie 16 oppas nie.” 17 “Ek is gesond vir my jare,” sê sy gebelg. 18 Ek sit my hand op haar knie om te wys ek bedoel dit nie 19 regtig nie en Polder kyk van die een na die ander en dan na 20 die lelie wat met bultende knop roerloos voor ons staan. 21 “Ek hoop nie hy’s laat nie,” sê Johanna. “Ek wil nie die kos 22 vir Peter verbrand nie.” 23 “Wees geduldig,” sê ek. “Dis amper tyd.” 7.8 Herlees reël 1–3. Hoe verskil Peter se houding teenoor Iris se fantasiewêreld in Teks 1 van dié in Teks 2? (2) 7.9 Iris se ma het wel as karakter ontwikkel. Gee ’n rede uit die teks om die stelling te staaf. (1) 7.10 Iris en die Engel bots oor Peter. Wat is die rede vir dié botsing? (1) 7.11 Vergelyk Iris se aanvanklike siening van haar blomtyd met haar siening in Teks 2 en haal ’n frase uit reël 18–23 (Teks 2) aan om jou antwoord te staaf. (3) 7.12 Is dit moontlik dat die ruimte in Teks 2 kon bygedra het om van Iris ’n selfversekerde vrou te maak? Motiveer jou antwoord. (2) 7.13 Sou jy die slot van die roman as geslaagd beskou? Motiveer jou antwoord. (1) [25] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/November 2014 NSS VRAAG 8: LITERÊRE OPSTEL MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Baas, die hoofkarakter in Manaka Plek van Horings, ondergaan – onder die invloed van verskeie ander karakters – ontwikkeling. Bespreek hierdie stelling in ’n literêre opstel van 400–450 woorde. Verwys in jou bespreking na die bydrae wat die khuta, Ouma Essie, Grace en Whitey tot Baas se ontwikkeling lewer. [25] OF VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae. TEKS 1 1 “Ons het al hieroor gepraat,” sê hy beheers. “Ek is 2 nie in Barotseland om welsynswerk te kom doen nie.” 3 “Moenie weer kwaad word nie.” Grace klap versko- 4 nend haar hande. 5 “Ek is nie kwaad nie.” Hy vryf oor die verweerde stuk 6 kakebeen voor hom op die grond. “Goed, ek is kwaad. 7 Ek sal jou ’n storie vertel. Van ’n skoenlappervanger wat 8 van Kanada af gekom en nege en twintig jaar in Afrika 9 gebly het. Toe ek ’n kind was, het ek hom in my gedagtes 10 gewed dat ek vir hom die skoenlapper sal kan vang wat 11 hy nooit gekry het nie.” 12 “Dit is ’n mooi storie.” Grace trek met haar vinger 13 patroontjies in die sand. “Het hy jou ooit gesê na watter 14 soort skoenlapper hy gesoek het?” Sy vryf haar hande 15 teen mekaar, haar gesig effens na die grond gedraai, maar 16 haar oë steeds op hom. 17 “Ek het nooit die kans gehad om hom te vra nie.” 18 Baas kyk onder die worsboom se takke deur na sy boot 19 hoog op die stellasie. “Hy is dood voor ek gebore is.” 20 “Dit sou goed gewees het om die skoenlappervanger 21 te kon ken.” Sy staan op. “Nou sal ek eers vir die skoon- 22 ma van my oorlede pa se suster ’n blikkie vis gaan uithaal.” 23 Baas bly op die stomp sit wat meneer Johnnie gebring 24 het, sy hand op Lady se kop. “Ja, ou dienende Martha. 25 En nou moet ’n sendeling se vrou my nog wegbring 26 jagveld toe,” sê hy eindelik. Hy gooi die stuk kakebeen 27 weg en loop na sy hut toe. Hy vat die dagvaardiging saam. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/November 2014 NSS 9.1 Baas verwys in reël 2 na welsynwerk. Wat beteken dit binne die konteks van hierdie uittreksel? (1) 9.2 Baas vertel Grace van sy droom. Wat lei jy hieruit omtrent hulle verhouding af? (1) 9.3 Noem TWEE simboliese skoenlappers wat Baas vir sy oupagrootjie gevang het. (2) 9.4 Watter bynaam kry Dennis Chipman in Barotseland en waarom is die gebruik van dié bynaam ironies in Manaka? (2) 9.5 Baas verwys na die dienende Martha in reël 24. 9.5.1 Bring dié naam met sy ma in verband. (1) 9.5.2 Gee ’n ander voorbeeld uit die roman waar Grace as ’n dienende Martha beskou kan word. (1) 9.6 Sê waarom die derdepersoonverteller in die roman geslaagd is en motiveer jou antwoord met voorbeelde uit die roman. (4) 9.7 Aan die einde van die roman sê Ouma Essie die volgende: “Wie weet of jy nie met die oog op ’n tyd soos hierdie Manaka toe gestuur is nie?” Watter optrede van Baas in die roman staan in kontras met sy woorde in Teks 1 (reël 1–4)? (1) EN TEKS 2 1 “Ek het niks om te sê nie.” Baas staan op. 2 Die khuta bly sit. 3 Baas buig en klap sy hande. Hy loop. Nie in die rigting 4 van die Datsun waarmee hulle na die vergadering toe 5 gekom het nie. In die rigting van die rivier. Die khuta 6 staar hom in ongeloof agterna. Sitali en Vleislus spring 7 van die bakkie af. Hulle loop saam met Baas al in die 8 voetpad langs wat Manaka toe gaan. 9 By die vergadering spreek ouma Essie die khuta aan 10 sonder om hande te klap. Sy praat Engels. “As julle ná 11 vier of vyf jaar nie weer iemand gekry het om Manaka te 12 huur nie, sal ek en Tibelelo miskien ons huis kan terugkry 13 en dit gaan regmaak. Daarom is dit ’n goeie ding dat 14 julle die man wat wit is, weggejaag het met julle gierig- 15 heid.” 16 Die khuta onderbreek haar. Hulle sê noudat die man 17 wat wit is, geloop het, kan sy in Silozi praat, dan hoef 18 daar nie getolk te word nie. 19 “Ek sal aanhou praat in ’n taal wat hierdie vrou wat 20 wit is, kan verstaan, want wat julle oor die man wat wit 21 is, besluit, is ook julle besluit oor die sendelinge. Sonder 22 meneer Baas sal hulle nie in Barotseland kan bly nie.” Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/November 2014 NSS 9.8 Op watter wyse is Baas na die khuta ontbied? Noem maniere hoe Baas sy minagting/verset by die vergadering gewys het. (3) 9.9 Noem DRIE dinge wat Baas gepla het en waarvan die khuta nie geweet het nie. (3) 9.10 Herlees reël 1. Wat het die khuta hier van Baas verwag? (1) 9.11 Ouma Essie, Baas en Grace klap hande. 9.11.1 Waarom verskil die handeklap van Grace in Teks 1 (reël 3–4) van die handeklap wanneer sy by die khuta is? (2) 9.11.2 Wat lei jy van Ouma Essie se weiering om hande te klap af? (1) 9.12 Plaas jouself in Ouma Essie se skoene dié dag van die vergadering (Teks 2) en sê in EEN sin wat sy na die vergadering aan Baas kan sê. (1) 9.13 Fumi beteken Die Plek van die Ryk Mense. Waarom is dit nie ’n gepaste naam vir die vergaderplek van die khuta nie? (1) [25] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/November 2014 NSS VRAAG 10: LITERÊRE OPSTEL VATMAAR – AHM Scholtz Die karakters se leefwyse in Vatmaar is een van toeëiening. Bespreek hierdie stelling in ’n literêre opstel van 400–450 woorde deur te verwys na die gemeenskap se houding ten opsigte van besittings en besitreg en hoe dit kontrasteer en ooreenkom met die houding van die Britse regering en die Boere. [25] OF VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG VATMAAR – AHM Scholtz Lees die uittreksels hieronder deeglik deur en beantwoord dan die vrae. TEKS 1 1 And take this letter to Mister Keely – the sur- 2 veyor next to the firebuckets. 3 Mister Keeley het vir my gesê: Hope you can work when you are 4 drunk, for you are all the same. Be here on Thursday at eight o’clock 5 sharp! – en hy het na die vloer gewys. 6 Ons sou ons pay vir die eerste maand kry net voor die tyd wat ge- 7 noem word die Paasnaweek. Die Goeie Vrydag, Saterdag, die Paas- 8 sondag en die Paasmaandag – vier volle dae om George en Ruth se 9 troue te vier. 10 George het ’n hele maand vooraf gehad om dinge reg te kry, maar 11 die tyd was min. Ek het op ’n keer vir hom gesê: George, vir wat 12 vat jy haar nie net en woon met haar saam soos man en vrou nie? 13 Hy kan, het hy gesê. But I don’t want to. If I love Ruth as I think I 14 do, I must also respect her and her family. 15 Ek het hom toe maar vertel dat ons die volgende dag ons mate by 16 die kleremaker, Moosa Keppie, moes laat neem en sommer ook 17 moes kyk of die swart materiaal vir ons pakke al gekom het. 18 Alles het uitgewerk en ’n paar dae voor die troue was die pakke reg. 19 Ruth se ouers was baie arm. Toe het ek stilletjies met een van haar 20 tantes afgespreek dat ek vir haar geld sal gee om vir Ruth trouklere te 21 koop. 11.1 Watter indirekte rol het die Queen gespeel om Oom Chai en George Lewies bymekaar uit te bring? (1) 11.2 Hoe het die besoek van Oom Chai en George Lewies aan mnr. J Walker ’n aandeel in die stigting van Vatmaar gehad en watter rol het George Lewies in die stigting gespeel? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/November 2014 NSS 11.3 ... you are all the same ... Teen watter agtergrond speel die roman af? Is mnr. Keely se woorde teen dié agtergrond geregverdig? Noem ’n gevolg wat uit hierdie stereotipering gespruit het. (3) 11.4 Herlees reël 11–12. Dui die verband tussen Oom Chai se woorde in dié reëls en die titel van die roman aan. (2) 11.5 Ta Vuurmaak het Oom Chai skelm-slim genoem. Watter optrede van Oom Chai in Teks 1 staan in kontras met bogenoemde uitspraak? (1) 11.6 In reël 13–14 is dit duidelik dat George Lewies vir Ruth respekteer. Wat is die gevolg daarvan vir George Lewies ten opsigte van ’n woonplek in Du Toitspan en watter tema sou na vore gekom het indien hy nie vir Ruth respekteer het nie? (2) 11.7 Wat is die voordeel van die tipe verteller in Teks 1? (1) EN TEKS 2 1 Oom Chai het ’n groot begrafnis gehad. Die hele Vatmaar het uit 2 die werk uit gebly en daar het ook baie mense van Du Toitspan af 3 gekom. Dit was die eerste begrafnis op Vatmaar met mouterkarre in 4 die stoet agter Ou Swaai en die trollie met die kis en Oom Flip op, 5 nou self ’n oupa. Die domanie van die groot kerk in die Pan het die 6 begrafnisdiens gehou. 7 Bettie het daar gestaan met klein Job in haar arms, ’n niks. Nou en 8 dan het sy ’n skewe kyk gekry van die mense wat na die kis gekyk het, 9 en dan vir haar. 10 Net Boitjie Afrika het haar treur en alleenheid met haar gedeel. Hy 11 het klein Job by haar gevat en hom gesoen en gesê: Moenie worry nie, 12 my darling. 13 Hulle was die laaste om die graf te verlaat. In al die tyd het sy nie 14 ’n traan laat val nie. Nou rol haar trane. Sy sit haar kop op Boitjie se 15 skouer. Hy sê: Huil jou uit, my cheri. Sy tel haar kop op, hy vat sy 16 sakdoek en vee haar trane af so saggies soos hy kan. Toe gee sy hom 17 ’n glimlag, haar eerste Vatmaar-glimlag, die soort wat alles sê. Dit trek 18 tot in sy murg, sy heel eerste smaak van ware liefde. Hulle loop toe 19 met die woorde van Sus Bet in hul ore: Alleen word jy gebore en al- 20 leen gaan jy dood. 21 Bettie kon nie weer in haar en Oom Chai se bed slaap nie. Dit was 22 Boitjie wat eerste daarop gaan lê en gesê het: Bettie, my blom, kom 23 lê hier langs my. Jou verlies is my wins. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/November 2014 NSS 11.8 Oom Chai se troue met Bettie was ’n daad van medemenslikheid. Motiveer bogenoemde stelling met redes uit die roman en gee ’n voorbeeld hoe hy probeer het om die huwelik te laat slaag. Wat is ironies aan hierdie poging? (4) 11.9 In teenstelling met Oom Chai se groot begrafnis, het sy aansien in die gemeenskap na sy troue met Bettie gedaal. Bewys hierdie stelling met voorbeelde uit die roman. (2) 11.10 Ruth is met George Lewies (Teks 1) en Bettie (Teks 2) is met Oom Chai getroud. Hoe verskil Ruth en Bettie se redes vir die huwelik en watter huwelik sluit by die tema van liefde oor kleurgrense aan? (3) 11.11 Die karakter Boitjie word aan die begin van die roman nie positief geteken nie. Watter latere optrede van hom verander dié beeld? Wie het hom gehelp om hierdie beeld te verander en wat het hierdie persoon gedoen om groter waardigheid aan Boitjie te gee? (3) 11.12 Lewer kommentaar op die feit dat Bettie eers nadat almal by die begrafnis weg is, ’n traan gestort het. (1) [25] TOTAAL AFDELING B: 25 EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/November 2014 NSS AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. LET WEL: Beantwoord EEN vraag oor die dramateks wat julle in die klas behandel het. VRAAG 12: LITERÊRE OPSTEL KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small In dié drama is dit duidelik dat Map as karakter ontwikkel het. Bespreek hierdie stelling in ’n literêre opstel van 400–450 woorde en verwys in jou bespreking na die goeie Johnnie wat ’n bendeleier geword het, die verandering wat hy in die tronk en tydens sy parooltyd ondergaan het, hoe sy houding teenoor werk verander het en die insig ten opsigte van Blanchie waartoe hy gekom het. [25] OF VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae. TEKS 1 1 CYRIL: Julle’s darem op julle nerves, jong! 2 RICHIE (aan hulle almal): Los my yt! Wat neuk julle moet 3 my!? (Hy smyt sy stok neer, en lóóp.) 4 TOMMY: Strange ... 5 CYRIL: Oek nie so strange nie ... 6 TOMMY: So Richie het allie tyd só ... gevoel oor haar, nè? 7 Well, I never ... 8 CYRIL: Smaak jy vir speel? 9 TOMMY: Nei, man, anner keer ... 10 CYRIL: Maar ek het dan gedink sy gaat oversea ... 11 TOMMY: Ek oek … Anyway ... Maar ’is seker nie onse 12 biesagheit nie. 13 CYRIL: (lag)’Is soes jy sê, ou Tommy ... So ... hulle siet 14 mekaar weer, Blanchie, en Map Jacobs die bastard! 15 Die lig verander. Doof uit. 16 Doof in: Blanchie en Map. Blanchie totaal verward en huilend. 17 Op ’n afstand van mekaar. 18 BLANCHIE: (bewend) Dis ... Johnnie ... dis Daddy! Daddy! Jy 19 ... kom ... help. Dis Daddy!! Daddy!! Daddy!! (Sy skreeu.) 20 MAP: (staar) Blanchie ... 21 BLANCHIE: Johnnie! Dis Daddy!! 22 MAP: (probeer haar kalmeer) Hê, Blanchie ... Lyster nou 23 eers ... Blanchie ... Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/November 2014 NSS 24 BLANCHIE: (snik, praat dan) Daddy! ... Johnnie ... hy word 25 nooit so nie, hy’t nog ... nooit ... nog ... so ... na ... Johnnie ... 26 gekyk nie ... Toe ... loop hy net ... weg ... net ... loop hy 27 net ... 28 Map sit sy arm om haar, maar asof dit ’n elektriese skok is, 29 ruk sy haar weg. 13.1 Waarna verwys Cyril in reël 1? (1) 13.2 Watter ironie is in Tommy se onkunde (reël 6–7) te bespeur? (1) 13.3 Herlees reël 10. Maud en Blanchie is later in konflik oor die modelkontrak. Gee redes wat Maud aanvoer waarom Blanchie nie die kontrak gekry het nie, sê hoe Cavernelis betrek word en wat die gevolg vir die huisgesin is. (4) 13.4 Vergelyk Blanchie se reaksie teenoor Cavernelis (reël 18–19) met haar reaksie teenoor hom toe die brief ontvang is. (2) 13.5 Noem ’n rede waarom Blanchie na Map as Johnnie verwys. Stem jy saam met Blanchie se naamgewing? Motiveer jou antwoord. (3) 13.6 Herlees reël 24–27. Wat het met Cavernelis gebeur? Gee jou mening oor die gebeure en motiveer jou antwoord. (3) 13.7 Benoem die deel van die dramatiese struktuur waarin Teks 1 geplaas kan word. (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/November 2014 NSS TEKS 2 1 TOMMY: Manne ... Please, please ... 2 Stilte. 3 CYRIL: Why? Because jy use vir Blanchie, jy, ou dad. Sy bring 4 mos cash in, cash. Daai’s mos al waarin jy interested is, 5 die ... (Gebaar met sy vingers wat "cash" beteken.) Jou eie 6 vleis en bloed, en jy use vir haar so ... 7 CAVERNELIS: (lê half teen Tommy, huil half) Ons doen vir 8 julle niks nie, so laat staan vir ons ... (Hy skreeu nou 9 amper.) Los vir ons! Laat staan vir ons! Ek werk vir my 10 gesin ... 11 CYRIL: En Blanchie werk oek ... ek meen, jy lat haar 12 werk, nè, uncle ... En wiet jy hoekô? Dink jy ons wiet 13 nie? Ga! ’Is mos true, nè. Ons het die storie gehoor, en, 14 after all, onse oë is nie in onse agterste nie! Haitie- 15 taities! 16 CAVERNELIS: (nou opgewonde) ’Is nie julle saak nie! ’Is nie 17 julle besigheid nie! 18 CYRIL: Moenie so panic nie, ou dad. Ons verstaan. Dink 19 jy ons verstaan nie? Jy en die missies (wys boontoe), 20 julle wil vir julle ytkoep hierso yt die township yt. Julle 21 spaar vir ’n plotjie grond en ’n hys, somewhere else. In 22 ’n decent coloured area. (Beklemtoon “decent”.) Julle wil 23 hierso yt onse township yt escape. (Wys na die geboue.) 24 Right? Djulle fit mos nie in nie, dis nie julle soorte lewe 25 nie! Nie onse types nie! (Wys na Richie, na Tommy, na 26 homself.) ... Fair enough! (Lag.) 13.8 Herlees reël 3–6. Noem karaktereienskappe wat ons van Cavernelis uit hierdie reëls kan aflei. (2) 13.9 Watter tipe konflik kom tussen Cavernelis en Cyril voor en op watter wyse word dié konflik opgelos? (2) 13.10 Ek werk vir my gesin. (reël 9–10) Watter TWEE werke doen Cavernelis om sy gesin te onderhou en hoe beïnvloed sy werk sy verhouding met Maud? (3) 13.11 Cyril beklemtoon decent in reël 22. Kan ons aflei dat Cyril ook kan bedoel dat Cavernelis nie decent optree nie? Motiveer jou antwoord (1) 13.12 Julle wil hierso yt onse township yt escape. Watter tema van die drama kan jy uit dié woorde aflei? (1) 13.13 Wat is die funksie van die neweteks in reël 25? (1) [25] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/November 2014 NSS VRAAG 14: LITERÊRE OPSTEL MIS – Reza de Wet In die drama Mis ondergaan die karakters verandering. Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde en verwys in jou antwoord na Miem en Gertie wat onder die invloed van Konstabel weer hul vrouwees ontdek, Meisie wat bevry word en hoe Konstabel se verandering tot die tema van die drama bydra. [25] OF VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG MIS – Reza de Wet Lees die onderstaande uittreksels deeglik deur en beantwoord dan die vrae. TEKS 1 1 Wanneer die stuk begin, word die harde sirkusmusiek gehoor. 2 Die musiek vervaag. Ligte op. MIEM en MEISIE sit by die tafel. 3 Elkeen is besig om twee stukke goiing aan mekaar vas te werk 4 om sakke te maak. Die valdeur klap oop. Stilte. MIEM en MEISIE 5 sit en werk. 6 MIEM: Gaan tel. 7 MEISIE: (gaan hurk by die hoop sakke en tel) Ses ... tien ... 8 sewentien ... twintig ... vier-en-twintig, sewe-en-twintig. 9 MIEM: Ons moet dertig hê voor môre. (Sug, tel haar voet op en 10 laat dit op ’n stoel rus) 11 MEISIE: Ja, Ma. (Gaan sit en begin weer werk) 12 Hulle werk in stilte. 13 MEISIE: Eina! (Suig haar vinger) 14 MIEM: Ja, jy wil mos nie ’n vingerhoed gebruik nie. 15 MEISIE buig haar kop en werk verder. MIEM werk ook. Terwyl 16 hulle werk, sak ’n tou stadig uit die valdeur tot ongeveer een 17 meter bo die grond. 18 MIEM: (sien die tou raak) Die mandjie is op die tafel. 19 MEISIE staan ietwat onwillig op en bind die mandjie haastig aan 20 die onderpunt van die tou vas. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/November 2014 NSS 21 MIEM: Nie so vinnig nie. Maak dit ordentlik vas. 22 MEISIE: (fluisterstem) Ek is bang ... As ek opkyk, sien, sien ek sy bene- 23 rige, wit hand. 24 MIEM: (sag en kwaai) Skaam jou! Jou eie pa! (Staan effens moeilik op en 25 maak die tou styf vas.) Trek maar op! 15.1 Watter gevoel skep die gebruik van sirkusmusiek en waarom is dit gepas om die drama daarmee te laat begin? (2) 15.2 Noem die gevolge wat die sakke mis op Meisie se lewe het en sê hoe sy dié invloed probeer stop. (3) 15.3 Die valdeur klap oop. Stilte (reël 4) 15.3.1 Die stilte na die oopklap van die valdeur is effektief. Motiveer hierdie stelling en sê hoe die leser nou weet dat Gabriël se gevangeneskap self opgelê is. (2) 15.3.2 In watter tydperk speel die drama af? Gee DRIE redes waarom Gabriël nie sy optrede kan regverdig nie. (4) 15.4 Bewys uit die teks dat Miem swak gesondheid geniet. (1) 15.5 Watter karaktereienskap van Miem kan jy uit reël 19–25 aflei en hoe sluit hierdie karaktereienskap by Miem se woorde in reël 3–4 (Teks 2) aan? (2) EN TEKS 2 1 MIEM: (trap versigtig oor die spatsel, gaan staan by die deur en 2 kyk agterna) En moenie op die flappe trap nie. Hulle word 3 vanjaar so mooi. (Sag aan GERTIE) Die tweetjies kom nogal 4 goed klaar. 5 GERTIE gaan sit op die stoel langs die stoof. 6 MIEM: Dis baie koud. Vannag gaan dit nog ryp. (Kort stilte) 7 Die aaklige musiek! As ek net dink ... (gril) glo towenaars en 8 halfkaal mense wat aan toue swaai. 9 GERTIE: En die spul was nog vanmôre deur die strate ook. 10 MIEM: En het jy gekyk? 11 GERTIE: Wat anders kon ek maak? Ek wou net die straat oorsteek 12 toe kom hulle verby. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/November 2014 NSS 13 MIEM: Dit was seker ’n spektakel! 14 GERTIE: Daar was perde met pluime en vrouens met baie min 15 klere aan op die perde. Daar was narre wat hard op vals 16 trompette gespeel het en ’n klein dwergie met ’n wit gesig ... 17 MIEM: Hou tog op. Ek wil nie verder hoor nie. (Sy sug en skud 18 haar kop. Sy kyk weer uit. Stilte.) 19 GERTIE: Waar bly hulle! Kan jy iets sien? 20 MIEM: (byna teer) Ja. Onder die perskeboom. Hulle praat met mekaar. 21 GERTIE: (vinnig op) Laat ek sien. (Beweeg na die deur) 22 MIEM: Pasop. Daar is ’n spatsel! 23 GERTIE spring oor die spatsel. 15.6 Wat impliseer die verkleining van die woord twee (reël 3)? (1) 15.7 In reël 7 gril Miem as sy aan die sirkus dink. Hoekom is dié handeling ironies? (1) 15.8 Reël 11–12 dui op Gertie se skynheiligheid. Hoekom is hierdie skynheiligheid aanvaarbaar? Hoe sal jy in dieselfde situasie optree? Motiveer jou optrede. (3) 15.9 Herlees reël 19 en 21. Waarom is dit vir Gertie so belangrik om te sien wat buite aangaan? (1) 15.10 Benoem dié deel van die dramatiese struktuur waaruit Teks 2 geneem is en motiveer jou keuse. Hoekom sou jy die afwesigheid van ’n ontknoping in die drama as geslaagd beskou? (3) 15.11 Hoe sluit Meisie se handeling in Teks 1 en Gertie s’n in Teks 2 by die tema van bevryding aan? (2) [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all