Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V3 (SKRYF)
NOVEMBER 2014
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentMemorandum 











View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL P3 Nov 2014 Memo hlayiso.com
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2014 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Hl
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 3
- Pages
- 11
- File size
- 267.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 11
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = KL = 21
Taal, styl en redigering: T = KL = 8
Struktuur: S =K = 3
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel): 32
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
• Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
• Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
• Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
standpunt insluit. In die geval van ’n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
die slot die skryfstuk saam, terwyl ’n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou
word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld:
1.1 My tassie vol onthou … Die leerders kan die opstel as ’n beskrywende opstel
aanbied. Indien die onderwerp handel oor ’n item/verskillende items in sy/haar tas vol
herinneringe moet hierdie item/items beskryf word. Die verhalende opstel sal fokus
op hoe hy/sy hierdie item/items bekom het. Hierdie onderwerp leen hom ook tot ’n
bespiegelende opstel, veral waar die kandidaat besin oor items/goed wat die moeite
werd is om te onthou. Die belangrikheid van herinneringe met die oog op die toekoms
kan beredeneer word. [50]
1.2 Dis die beste geskenk wat ek nog ooit gekry het!: Indien die leerder die opstel as ’n
verhalende skryfstuk aanbied, sal die fokus terugskouend op die geskenk val. Die
leerder kan ook op gevoelens ten opsigte van die geskenk fokus wat beskrywend
van aard sal wees. Indien die leerder ’n argumenterende of beredeneerde opstel
aanbied, moet die leerder op ’n subjektiewe wyse die leser van sy perspektief oortuig
aangaande die waarde van geskenke al dan nie. Wanneer hy/sy oor die sin van
geskenke in die lewe bespiegel, kan dit as bespiegelende opstel slaag. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
1.3 Die stad of platteland – my oase: Dit leen hom tot ’n bespiegelende opstel waar die
emosies en sinsbelewing van die mens t.o.v. die stad/platteland aangespreek word.
Daar kan ook geargumenteer word watter een van die stad of platteland nou eintlik ’n
oase is. Die kandidaat kan die plek wat hy/sy as oase sien, beskryf. As verhaal kan
die kandidaat skryf oor ’n stadservaring/plattelandse ervaring wat verkeerd/positief
afgeloop het. [50]
1.4 Dromer, soeker, sot!: Hierdie opstel leen hom tot al die soorte opstelle. As ’n
verhalende opstel kan die kandidaat verhalend skryf oor iemand wat na identiteit
soek. In ’n beskrywende opstel kan verskillende soorte gesigte/identiteite/maskers/
mense beskryf word. By ’n argumenterende aanbieding kan die kandidaat oortuig
hoekom dit belangrik is om net jouself te wees. ’n Beredeneerde aanbieding kan
fokus op verskillende soorte mense en hulle nut in die lewe. In ’n bespiegelende
inhoud kan daar oor die mens as komplekse wese bespiegel word. [50]
1.5 ’n Lewe waarin daar baie foute …: Hierdie onderwerp leen hom tot verskeie
interpretasies wat onder andere verhalend, bespiegelend of argumenterend kan
wees. ’n Verhaal sal fokus op hierdie onderwerp as tema of lewensles. By ’n
bespiegelende interpretasie kan die leerder die wenslikheid van ’n lewe vol foute, of
daarsonder, bespreek. Indien die leerder skryf dat dit noodsaaklik is om foute te maak
en daaruit iets te leer, kan dit as argumenterende opstel aanvaar word. [50]
1.6.1 Die pad: Interpretasies kan lei tot beskrywende, verhalende, bespiegelende
skryfstukke, bv. ’n beskrywing van hoe die pad na jou toekoms lyk/verloop het. ’n
Verhaal kan handel oor hoe iemand op die regte/verkeerde pad beland het en/of wat
die gevolge daarvan was. Hierdie onderwerp kan ook bespiegel oor die nut van paaie
(letterlik/figuurlik) in mense se lewens. [50]
1.6.2 Hande: Die kandidaat kan die verhaal van iemand se handewerk vertel, of verhaal
hoe iemand se hande sy/haar lewe beïnvloed het. As beskrywende opstel kan die
kandidaat verskillende mense se hande en/of waarvoor dit gebruik word, beskryf.
Indien die kandidaat argumenteer oor die belangrikste ledemaat, kan die skryfstuk as
’n argumenterende opstel slaag. Daar kan beredeneer word of daar nog plek is vir
handearbeid in die moderne tegnologiese era. ’n Bespiegelende opstel kan die goeie
en slegte tye van die kandidaat se aanraking/dade bepeins. [50]
1.6.3 Man wat berg klim: Hierdie onderwerp leen hom tot verhalende, bespiegelende,
beskrywende, beredeneerde en argumenterende skryfstukke. Moontlikhede: ’n
Verhaal kan handel oor ’n bergklimekspedisie. As bespiegelende opstel kan die
kandidaat besin oor die waarde van uitdagings. Die bergklimmer se emosies,
gedagtes, fisieke uitputting ens. kan beskryf word. Die kandidaat kan ook
beredeneer/argumenteer dat ekstreme sport/uitdagings ’n doel/plek in die lewe het. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
SOORTE OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
• ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
• Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
• Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• ’n Treffende inleiding boei die leser.
• ’n Verrassende slot rond die inhoud af.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
• Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis.
• Insig, begrip, ’n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
van waarnemings).
• Tekste kan varieer van meer realisties tot ’n verdieping in die aanbieding.
• Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
• Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en
nie die denotasie van woorde nie.
• Stylfigure kan gebruik word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.
Hou die volgende in gedagte:
• Die opstel handel oor ’n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
ingeneem word.
• BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
• Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
• Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
• ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
• Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
• Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
• ’n Eie mening word op ’n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
• ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
• Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou.
• ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
• Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
• Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10
Taal, styl en redigering: T=K= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks): 16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte
te wees).
VRAAG 2
2.1 KLAGTEBRIEF
Die brief fokus op probleme wat die klant/kliënt ervaar nadat hy/sy die SEBO-
stofsuier gekoop en gebruik het.
Hou die volgende in gedagte:
• Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief
se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld.
• Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
• Styl: Dit behoort saaklik, formeel maar hoflik te wees. Eenvoudige, direkte taal is
nodig.
• Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die
probleme met die stofsuier en/of verskaffer se beloftes wat nie nagekom is nie.
• Die doel van die brief is om te kla oor die produk en beloftes wat nie nagekom is
nie.
• Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy”/“jou”.
• Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar
nodig, bv.
Die uwe
P. van Zyl
P. van Zyl [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
2.2 FORMELE BRIEF: AANSOEK
Die formele brief moet inligting verstrek wat verband hou met die vereistes van die
DBV-pos.
Hou die volgende in gedagte:
• Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief
se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld.
• Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
• Styl: Dit behoort saaklik, formeel maar hoflik te wees. Eenvoudige, direkte taal is
nodig.
• Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die
kwaliteite van die aansoeker.
• Die doel van die brief is om aansoek te doen om die naweekwerk.
• Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy”/“jou”.
• Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar
nodig, bv.
Die uwe
P. van Zyl
P. van Zyl [25]
2.3 KOERANTBERIG
Die koerantberig fokus op ’n bekende sanger wat iets heldhaftigs gedoen het
waarvoor hy/sy vereer word/is.
Hou die volgende in gedagte:
• Feite moet kortliks en akkuraat gegee word.
• Belangrikste feite moet gegee word sonder om leser te verloor.
• Feite moet akkuraat, sonder ’n verdraaiing van die waarheid, wees.
• Subtitels kan gebruik word.
• Belangrikste feite word in die eerste paragraaf vermeld: wie, wat, waar, wanneer,
waarom, hoe en in watter mate.
• Die res van die paragrawe is ’n uitbreiding van die inleidende gegewens. [25]
2.4 RESENSIE
Die resensie fokus op enige fliek.
Hou die volgende in gedagte:
• Regverdige, eerlike evaluering van die werk is noodsaaklik.
• Daar is nie (meer) ’n vaste formaat nie; die resensent bepaal waarop hy/sy wil
fokus.
• Dit gee ’n individuele respons op die rolprent.
• Dit verskaf die resensent se mening daarom is dit gewoonlik subjektief.
• Dit gee toepaslike feite bv. naam van die rolprent, regisseur, akteur(s) ens. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
2.5 TOESPRAAK:
Die toespraak handel oor nuwe lesse wat die spreker uit ou foute geleer het.
Hou die volgende in gedagte:
• Die kandidaat besluit self oor die styl wat gebruik gaan word. Gee aandag aan:
wanneer, waar, hoekom (doel), wie (graad 12-leerders) en wat.
• Inleiding moet belangstelling wek.
• Ontwikkel weldeurdagte idees en vermy clichés.
• Kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde word gebruik.
• Slot moet die gehoor tot nadenke stem; is nie noodwendig ’n samevatting van
die toespraak nie.
• Klem behoort te val op motivering nl. dat ’n mens uit foute kan leer. [25]
2.6 HULDEBLYK:
Die huldeblyk bring hulde aan ’n ouma/oupa.
Hou die volgende in gedagte:
• Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van afsterwe, plek
waar die persoon oorlede is, oorsaak van dood, duur van siekte en name van
naasbestaandes kan gegee word.
• Prestasies, hoogtepunte en gemeenskapsbetrokkenheid kan ingesluit word.
• Die fokus hier behoort te wees wat die ouma/oupa vir die kleinkinders
beteken het.
• Gebeurtenisse en staaltjies/persoonlike herinneringe behoort ingesluit te wees
en bydra om die familie te vertroos.
• Moet waarderend wees.
• Iets persoonliks, soos ’n gedig, kan bygevoeg word.
• Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.
• Spreker kan eufemismes gebruik. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/Vraestel 3
Downloaded from hlayiso.com 9 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant
(Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en
Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, interessant oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp
Hoë vlak
vir beplanning; volwasse en en lewer bewys van -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie
Bewustheid van doel, stem leser tot volwassenheid en redelik organisasie en -Vaag en herhalend
gehoor en konteks nadenke -Organisasie baie samehangend, samehang -Geen organisasie nie
-Uitsonderlike goed en insluitend inleiding, en is onsamehangend
30 PUNTE organisasie en samehangend, liggaam en
samehang, insluitend insluitend inleiding, samevatting/slot
inleiding, liggaam en liggaam en
samevatting/slot samevatting/slot
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
-Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging
maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in
treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met
van ’n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie
Lae vlak
-Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant
volwasse samehangend, samehangend en -Skaars ’n bewys van en ontoepaslik
-Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen
samehang, insluitend liggaam en -’n Mate van samehang fokus nie
inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en
samevatting/slot samehang, insluitend
inleiding, liggaam en
samevatting/slot
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Taal onverstaanbaar
woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat nie gepas -Toon, register, styl en
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en vir doel, gehoor en woordeskat minder
woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks konteks nie gepas vir doel, gehoor
Hoë vlak
vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie en konteks
konteks; van vertroue, en ’n deurlopende om betekenis oor te basies -Woordeskat so
Woordkeuse; indrukwekkend gepaste toon word dra -Toon en woordkeuse beperk dat dit
Taalgebruik en -Toon retories treffend gebruik -Toon is gepas skaars toepaslik onmoontlik is om sin
konvensies, en effektief -Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte te maak
punktuasie, -Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat
grammatika, spelling spelling feitlik foutvry foutvry te versterk
-Knap gedaan -Baie goed gedoen
15 PUNTE 13 10 7 4
-Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik -Voldoende -Taalgebruik
uitstekend en toon is en oor die algemeen taalgebruik, maar onvoldoende
retories effektief effektief teenstrydighede word -Weinig indien enige
Lae vlak
-Grammatika en -Toon gepas en opgemerk sinsverskeidenheid
spelling feitlik foutvry effektief -Toon oor die -Woordeskat baie
-Baie goed tot knap -Enkele foute in algemeen gepas en beperk
gedaan grammatika en beperkte gebruik van
spelling retoriese middele
-Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
-Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige punte -Noodsaaklike punte
Kenmerke van teks; ontwikkeling van van details ontwikkel geldig ontbreek
Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe
en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer foutief foutief
-Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog -Opstel maak nog sin -Opstel maak nie sin
5 PUNTE uitsonderlik effens sin nie
gekonstrueer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 13–15 10–12 7–9 4–6 0–3
BEPLANNING & -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie
Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik
Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking
beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in
Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie
kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail
en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die
fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp
15 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas
-Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL & 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie
Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en
Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward
Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie
10 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig
belemmer
Kopiereg voorbehou
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 MEMO GR12 SEPT 2022 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2020 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020 hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P3 Nov 2020 Memo hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Afrikaans HL P2 Nov 2014 Memo hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P3 Nov 2018 Memo FINAL hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P3 Nov 2017 Memo hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P3 Nov 2015 Memo hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2014 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P2 Nov 2014 hlayiso.com
More from Grade 12 Afrikaans Hl
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal

Question paper
AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2)

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2025

Question paper
AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024 hlayiso.com

Question paper
