Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V3
NOVEMBER 2017
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2017 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2017, 12 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 345.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC November Exam 2017
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)200 marks
Show all 12 questions
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.6Luister en Praat (Listening and Speaking)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs
oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens
hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die punte soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = Kh = 22
Taal, styl en redigering: T = Kl = 10
Struktuur: S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 36
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
• Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
• Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die
samevatting van die hoofgedagte.
• Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
sy/haar standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en
bespiegelende opstel vat die slot die opstel saam, terwyl 'n argumenterende en
beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 1
RIGLYNE
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as
bindend beskou word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, soos
byvoorbeeld:
1.1 Dit was sterk skemer ...
Hierdie onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere
verhalend, bespiegelend of beskrywend kan wees. 'n Verhaal sal op
hierdie onderwerp as tema fokus. Die onderwerp kan ook tot 'n spannende
verhaal lei. By 'n bespiegelende interpretasie kan die leerder die figuurlike
skemerte in die mens se lewe bespreek. Indien die kandidaat skryf oor die
belewing van die skemerte, kan dit as 'n beskrywende opstel aanvaar word. [50]
1.2 Die anker(s) in my lewe
Die kandidaat kan die ankers wat hy/sy kosbaar ag, beskryf. As verhaal kan
die kandidaat skryf oor hoe 'n anker/verskillende ankers 'n verskil in sy/haar
lewe/besluit gemaak het. Die kandidaat kan 'n bespiegelende opstel skryf
waarin die emosies en sinsbelewing van die mens t.o.v. bepaalde ankers
besin word. Daar kan ook geargumenteer word of dit steeds vir die
deursneemens belangrik is om ankers te hê; argumente kan aangevoer word
oor watter ankers die belangrikste is. [50]
1.3 Weg met byname ... of nie?
Hierdie onderwerp leen hom tot die skryf van 'n argumenterende of
beredeneerde opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek of dit sy of haar
reg of voorreg is om ander persone byname te noem of om deur ander op 'n
bynaam genoem te word. In 'n verhalende opstel sal die kandidaat die
gebeure wat gelei het tot die verkryging van 'n bynaam kan aanbied. Die
emosies rondom die dra of invloed van byname kan ook in 'n bespiegelende
opstel bespreek word. [50]
1.4 Wanneer stiltes praat
Die kandidaat kan 'n beskrywende/bespiegelende opstel aanbied oor 'n tyd
van afsondering in stilte of gebeure/tonele oproep waar afsondering as 'n
helingsproses gedien het. As verhalende opstel kan gebeure in 'n
eilandsituasie of 'n tydperk van gevangeneskap vertel word. As
beredeneerde of argumenterende opstel kan die kandidaat redeneer oor
die meriete van absolute stilte of die nadeel daarvan. Is dit so dat selfs stilte
soms 'n antwoord kan skree? [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
1.5 Mars, my (ons) nuwe woning(?)
Die kandidaat kan die opstel as 'n verhalende opstel aanbied. Verhale oor
gebeurtenisse of ervarings of handelinge wat die kandidaat ondervind het in
die ruimtereis na Mars of die uitdagings om van Mars 'n woonplek te maak,
kan vertel word. As 'n kandidaat 'n beskrywende opstel aanpak, kan
handelinge of gebeure wat deel van die Mars-ervaring is, beskryf word. As
argumenterende of beredeneerde opstel kan die kandidaat argumente of
redes aanvoer waarom die verkenning van nuwe planete belangrik is, al dan
nie. Die kandidaat kan ook bespiegel oor reise na vreemde plekke, soos
Mars, en die gepaardgaande aanpassings. Mars kan ook simbolies van 'n
vreemde, eksotiese woonplek wees. [50]
1.6
1.6.1 Reistasse
Die kandidaat kan 'n verhalende opstel skryf waarin hy/sy vertel van 'n
reiservaring. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat skryf oor
verskillende soorte reise, tasse (letterlik en figuurlik) of houers/sakke. As
bespiegelende opstel kan die kandidaat besin oor die waarde van die
lewensreis wat die mens onderneem. Die kandidaat kan ook oor die waarde
van reis om jou lewensuitkyk te verbreed, redeneer/argumenteer. [50]
1.6.2 Persoon vasgevang deur die beheer van iemand anders se hand
'n Verhalende opstel kan die storie vertel van iemand wat jare lank deur
ander gemanipuleer is/word (totdat die toutjies eendag geknip is). 'n
Beskrywende opstel kan handel oor die gevaar daarvan as ander jou lewe
beheer en hulle van jou 'n afdruk van hulle wil maak./insidente en/of mense
wat jou in hulle mag vasvang. Kandidate kan bespiegel oor die grense van
ander se invloed op jou lewe en hoe maklik jy die prooi van 'n manipuleerder
kan raak, ook hoe jy 'n gevangene van jou eie doen en late kan wees.
Argumenterend/Beredeneerd kan daar gekyk word na die gevaar van die
invloed van ander mense op jou lewe en faktore wat jou na ander se pype
laat dans. [50]
1.6.3 Hande wat die aarde vashou
In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat op die skepping fokus op en/of
aantoon hoe negatief/positief die mens se invloed daarop is./hoe daar tóg
mense is wat alles in hulle vermoë doen om die natuur/die aarde te beskerm
en te bewaar. Die kandidaat kan 'n verhalende opstel aanbied wat handel
oor sy/haar bewuswording van die skoonheid in die skepping/agteruitgang in
die natuur. Indien die kandidaat argumenteer oor moontlikhede om die aarde
te red, kan die skryfstuk as 'n argumenterende opstel slaag. Daar kan ook
argumenteer word dat die mens die oorsaak is van aardverwarming en die
vreemde natuurverskynsels wat deesdae ervaar word. 'n Bespiegelende
opstel kan die goeie en slegte tye van die mens se interaksie met die aarde
bepeins. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
SOORTE OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede).
Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).
• 'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
• Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
• Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die
inhoud samehangend.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• 'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
• 'n Verrassende slot rond die inhoud af.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
• Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.
• Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die
opnoem van waarnemings).
• Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.
• Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
• Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
• Stylfigure kan gebruik word.
BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n
spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en
teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die
ontwikkeling van die opstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
Hou die volgende in gedagte:
• Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
ingeneem word.
• BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
• Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
• Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
• 'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak.
Die slot gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
• Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
• Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor 'n droom of wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig
geskryf word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
• 'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
• 'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
• Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.
• 'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
• Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
• Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word
nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks
nagesien.
RIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die punte soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10
Taal, styl en redigering: T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
VRAAG 2
Kandidate kies TWEE van die opdragte en skryf skryfstukke van 180–200 woorde elk.
2.1 VRIENDSKAPLIKE/INFORMELE BRIEF
Die brief is 'n poging om die onmin in die huis op te klaar as die skrywer
sy/haar ouers probeer oortuig om hom/haar toe te laat om gedurende die
Desembervakansie saam met vriende weg te breek.
Hou die volgende in gedagte:
• Gebruik informele taal, register en styl.
• Die skrywer moet sy/haar ouers oortuig dat hy/sy die Desembervakansie
saam met vriende mag wegbreek.
• Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
• Skryf logies en volgens 'n spesifieke doel.
• Daar moet 'n inleiding, liggaam en slot wees.
• Die adres en die datum moet bo-aan verskyn.
• Na die skrywer se adres volg 'n informele aanhef.
• Sluit die brief informeel/semiformeel af, gevolg deur die skrywer se naam. [25]
2.2 FORMELE BRIEF: VERSOEK
Die brief handel oor 'n versoek aan die Gemeenskapsforum om boeke aan 'n
skool se biblioteek/mediasentrum te skenk.
Hou in gedagte:
• Die formaat is formeel.
• Daar moet twee adresse, 'n aanhef, 'n inhoudsopskrif en 'n gepaste
afsluiting wees.
• Die inhoud moet handel oor die versoek aan die Gemeenskapsforum om
boeke aan 'n plaaslike skoolbiblioteek te skenk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
• Die styl is saaklik, maar hoflik.
• Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
• Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar in 'n formele register.
• Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel, voorletters
en van moet gegee word. [25]
2.3 HULDEBLYK
Die kandidaat lewer 'n huldeblyk oor die persoon wat hom/haar
finansieel/emosioneel/intellektueel in sy/haar skoolloopbaan ondersteun het.
Dit moet dus duidelik blyk dat die persoon 'n belangrike rol in die spreker se
lewe vervul (het). Die kandidaat kan verwys na sy/haar verbintenis met die
persoon, die lesse wat hy/sy van dié persoon geleer en in watter mate die
weldoener sy/haar lewe in 'n positiewe rigting gestuur het.
Hou in gedagte:
• Die volgende belangrike inligting word in ’n huldeblyk gegee:
• naam en van van die weldoener.
• gebeure en staaltjies oor die weldoener se bydrae word gegee.
• persoonlike herinneringe kan gegee word.
• Die leser moet ’n duidelike beeld van die weldoener en sy dade kan
vorm.
• Die styl moet by die geleentheid en die gehoor pas.
• Vermy sentimentaliteit.
• Gebruik kort, bondige sinne.
• Die inhoud van die huldeblyk moet in paragrawe aangebied word.
2.4 FORMELE VERSLAG
Die verslag fokus op die wie, wat, waar, wanneer en hoe asook die positiewe
en negatiewe van die musiekkonsert wat by die skool aangebied is.
Hou in gedagte:
• Dink na oor 'n titel, inleiding (agtergrond, doel en omvang), die
inhoudsgedeelte (Wie? Hoekom? Waar? Wanneer? Wat? Hoe?),
samevatting/slot, aanbevelings, verwysings.
• Beplan, versamel en organiseer inligting; skryf oor feite.
• Gebruik semiformele of formele taal, register en styl.
• Die kandidaat kan gebruik maak van:
teenwoordige tyd;
selfstandige naamwoorde
die derdepersoon;
feitelike beskrywing;
tegniese woorde en frases; en
semiformele/formele, onpersoonlike taal [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 9 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
2.5 KOERANTARTIKEL
Die artikel handel oor die misbruik van sosiale media.
Hou die volgende in gedagte:
• Stel die feite kortliks en akkuraat.
• Belangrike en relevante feite moet objektief gegee word.
• 'n Subtitel kan gegee word.
• Menings van kundiges oor hierdie onderwerp kan gegee/gebruik word.
• Die gevolge wat misbruik van sosiale media vir die gebruiker inhou, kan
uitgewys word. [25]
2.6 ONDERHOUD
Die onderhoud met die Minister van Basiese Onderwys kan in dialoog- of in
artikelformaat aangebied word.
Hou die volgende in gedagte:
Dialoogformaat
• Twee mense voer 'n gesprek.
• Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en
vanuit die spreker se perspektief.
• Elke nuwe spreekbeurt word op 'n volgende reël geskryf.
• Gebruik 'n dubbelpunt na die naam van elke spreker.
• Ekstra inligting word tussen hakies aangedui, bv.
Anna: (met dringendheid) Ek sal dit .../Anna (met dringendheid): Ek sal
dit ...
• 'n Scenario kan geskep word voordat die dialoog/onderhoud geskryf word.
Artikelformaat
• Die opskrif moet aantreklik en interessant wees.
• Die styl moet persoonlik wees en direk tot die leser spreek.
• Die artikel moet belangstelling wek en die leser boei.
• Soos vir resensies, is daar is geen vaste formaat vir artikels nie. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant
(Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en
Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, interessant oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp
vir beplanning; volwasse en en lewer bewys van -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie
Hoë vlak
Bewustheid van doel, stem leser tot volwassenheid en redelik organisasie en -Vaag en herhalend
gehoor en konteks nadenke -Organisasie baie samehangend, samehang -Geen organisasie nie
-Uitsonderlike goed en insluitend inleiding, en is onsamehangend
30 PUNTE organisasie en samehangend, liggaam en
samehang, insluitend insluitend inleiding, samevatting/slot
inleiding, liggaam en liggaam en
samevatting/slot samevatting/slot
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
-Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging
maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in
treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met
van 'n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie
-Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant
Lae vlak
volwasse samehangend, samehangend en -Skaars 'n bewys van en ontoepaslik
-Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen
samehang, insluitend liggaam en -'n Mate van samehang fokus nie
inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en
samevatting/slot samehang, insluitend
inleiding, liggaam en
samevatting/slot
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en - Toon, register, styl -Taal onverstaanbaar
woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir en woordeskat minder --Toon, register, styl
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor en woordeskat nie
woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks en konteks gepas vir doel, gehoor
vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie en konteks nie
Hoë vlak
konteks; van vertroue, en 'n deurlopende om betekenis oor te basies -Woordeskat so
Woordkeuse; indrukwekkend gepaste toon word dra -Toon en woordkeuse beperk dat dit
Taalgebruik en -Toon retories treffend gebruik -Toon is gepas skaars toepaslik onmoontlik is om sin
konvensies, en effektief -Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte te maak
punktuasie, -Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat
grammatika, spelling spelling feitlik foutvry foutvry te versterk
-Knap gedaan -Baie goed gedoen
15 PUNTE 13 10 7 4
-Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik -Voldoende -Taalgebruik
uitstekend en toon is en oor die algemeen taalgebruik, maar onvoldoende
retories effektief effektief teenstrydighede word -Weinig indien enige
Lae vlak
-Grammatika en -Toon gepas en opgemerk sinsverskeidenheid
spelling feitlik foutvry effektief -Toon oor die -Woordeskat baie
-Baie goed tot knap -Enkele foute in algemeen gepas en beperk
gedaan grammatika en beperkte gebruik van
spelling retoriese middele
-Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
-Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige punte -Noodsaaklike punte
Kenmerke van teks; ontwikkeling van van details ontwikkel geldig ontbreek
Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe
en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer foutief foutief
-Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin -Opstel maak nog -Opstel maak nie sin
5 PUNTE uitsonderlik effens sin nie
gekonstrueer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 12 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 13–15 10–12 7–9 4–6 0–3
BEPLANNING & -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie
Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik
Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking
beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in
Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie
kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail
en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die
fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp
15 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas
-Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL & 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie
Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en
Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward
Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie
10 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig
belemmer
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 P3 Supplementary November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2018 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper