Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V3
FEBRUARIE/MAART 2017
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 P3 Supplementary November 2017 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Supplementary November 2017, 11 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Supplementary November · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- Supplementary November
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 334.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Supplementary November 2017
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
Show all 12 questions
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.6Luister en Praat (Listening and Speaking)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = Kh = 22
Taal, styl en redigering: T = Kl = 10
Struktuur: S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 36
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
standpunt insluit. In die geval van ’n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
die slot die skryfstuk saam, terwyl ’n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, byvoorbeeld:
1.1 Die lewe is een groot avontuur.
Die kandidaat kan hierdie onderwerp as ’n beskrywende opstel aanbied deur te
beskryf wat die lewe avontuurlik maak. Moontlikhede van sulke sake is
interessante/vreemde ouers, familie, onderwysers, vriende ... Dit kan ook handel oor
’n avontuur wat die kandidaat beleef het. In ’n bespiegelende opstel kan die
kandidaat mymer oor aspekte wat die lewe avontuurlik maak. ’n Verhalende opstel
kan handel oor gebeure/handelinge van mense wat groot avontuur in die
kandidaat/verteller se lewe bewerkstellig. As beredeneerde of argumenterende
opstel kan die kandidaat redeneer oor watter mense ’n belangrike rol in sy of haar
lewe speel of ’n spesifieke persoon/groep uitsonder, bv. onderwysers. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
1.2 Sy wys na die woorde op die bladsy voor haar. Dit kan nie waar wees nie ...
Die kandidaat kan die opstel as ’n verhalende opstel aanbied. Die woorde kan as
die inleiding of slot of in die verloop van die opstel gebruik word. Kandidate kan ’n
verhaal skryf oor iets negatiefs of positiefs wat met die karakter gebeur het.
Moontlikhede is slegte of goeie nuus oor ’n erfporsie, ’n matrieksertifikaat/
graadbewys, ’n koerantberig, uitslae van mediese ondersoeke, ’n uitnodiging na ’n
besondere geleentheid, ens. As die kandidaat ’n beskrywende opstel skryf, kan dit
ook handel oor negatiewe of positiewe nuus, maar dan moet daar meer op die
emosie as die verhaal gefokus word. Dit kan ook ’n bespiegelende opstel wees
waarin daar gemymer word oor die woorde op die bladsy, moontlik ’n gedig, ’n
vonnis, ’n uitnodiging, ens. [50]
1.3 Ouers verwag te veel van vandag se tieners.
Hierdie onderwerp kan lei tot al die soorte opstelle. As ’n verhalende opstel kan die
kandidaat skryf oor ’n voorval waar ouers te veel van hul tiener verwag het. In ’n
beskrywende opstel kan die kandidaat skryf oor ’n situasie wat hy/sy waargeneem
het waar ouers onnodige druk op hul tieners plaas. By ’n argumenterende/
beredeneerde aanbieding kan die kandidaat die leser oortuig of hy/sy ten gunste of
teen die stelling is. In ’n bespiegelende opstel kan die kandidaat mymer oor die
onrealistiese verwagtinge van ouers vir hul tieners. [50]
1.4 Toe eindig dit in die hof.
Die kandidate kan enige betekenis aan die woord hof koppel, bv. ’n geregshof,
kerkhof, binnehof, ens. Die kandidaat kan ’n verhalende opstel aanbied wat handel
oor bepaalde konflik wat in ’n geregshof geëindig het. Indien die onderwerp
beskrywend aangebied word, kan die kandidaat fokus op grafstene in ’n kerkhof wat
beskrywend van die oorledene se lewe kan wees. Hierdie onderwerp leen hom ook
tot ’n bespiegelende opstel waarin die kandidaat besin oor die keuses in ons lewe
wat ’n bepaalde uitkoms kan hê. Die hof wat die plig het om almal as gelyk voor die
reg, te behandel, kan beredeneer word. [50]
1.5 die aardryk is vandag puur blou ...
Kandidate kan ’n beskrywende opstel aanbied waarin een spesifieke dag/verskil-
lende dae vol vreugde/geluk/hoop beskryf word. Kandidate kan ook op blou fokus en
die rol van blou in die lewe beskryf. Die onderwerp kan as verhalende opstel handel
oor hoe ’n bepaalde dag verander het om soveel hoop/geluk/vreugde te bring. In ’n
bespiegelende opstel kan die kandidaat besin of dit moontlik is om hoop/vreugde te
beleef te midde van ellende. Die belangrikheid van geluk en hoop teenoor die
wanhoop van armoede en honger in Suid-Afrika kan beredeneer word. [50]
1.6.1 Kuiken broei uit
Interpretasies kan lei tot beskrywende, verhalende of selfs bespiegelende
opstelle, bv. ’n beskrywing van ’n letterlike hoenderboerdery/plaaslewe of ’n
gebeurtenis wat nuwe lewe/geleenthede/verwagtinge suggereer. ’n Verhaal kan
handel oor hoe iemand ’n kans op ’n nuwe geleentheid/begin gekry het of selfs ’n
plaaslewestorie vertel. Hierdie onderwerp kan ook bespiegel oor verskillende
verwagtinge/geleenthede/ideale. In ’n argumenterende/beredeneerde opstel kan
die kandidaat redeneer oor die uitdagings wat ’n nuwe begin/geleentheid aan
iemand bied. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
1.6.2 Die hande met die geskenkpakkie
Interpretasies kan lei tot al die soorte opstelle. ’n Verhalende opstel kan die storie
van ’n misterieuse pakkie of geskenk vertel, of die verhaal van twee mense in
besonderse omstandighede. Dit kan ook handel oor ’n figuurlike pakkie (bv.
gesondheid) met ’n positiewe of negatiewe betekenis. ’n Beskrywende opstel kan ’n
situasie of gebeurtenis beskryf waar geskenke gegee word, bv. Kersfees/’n
verjaardag. ’n Bespiegelende opstel kan mymer oor die gee van geskenke, die
waarde daarvan, die vreugdes wat dit bring en geskenke wat verwag en ontvang
word. Die argumenterende en beredenerende opstelle kan argumente aanvoer vir
of teen die gee van geskenke, die finansiële implikasie daarvan of watter geslag
watter voorkeure by geskenke het. [50]
1.6.3 ’n Man wat op ’n bank sit
Die kandidaat kan die verhaal van ’n persoon se lewe wat tot ’n bepaalde gevolg
gelei het, vertel, of besin hoe menselewens deur eksterne faktore beïnvloed kan
word. Daar kan ook oor medemenslikheid geskryf word. As beskrywende opstel kan
die kandidaat verskillende mense se bedoelinge t.o.v. ooreenkomste/ontmoetings
met die persoon beskryf. Indien die kandidaat argumenteer oor die moontlikheid om
straatmense op te hef, kan die opstel as ’n argumenterende opstel slaag. Daar kan
beredeneer word of daar nog plek vir medemenslikheid in die moderne, gejaagde
era is. ’n Bespiegelende opstel kan die goeie en slegte tye van die kandidaat se
ervaring van aanraking met straatmense bepeins. [50]
SOORTE OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
samehangend.
Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
’n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
’n Verrassende slot rond die inhoud af.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Insig, begrip, ’n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
van waarnemings).
Tekste kan varieer van meer realisties tot ’n verdieping in die aanbieding.
Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en
nie die denotasie van woorde nie.
Stylfigure kan gebruik word.
BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.
Hou die volgende in gedagte:
Die opstel handel oor ’n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
ingeneem word.
BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:
Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
Dis persoonlik van aard.
Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie.
Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
word.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.
Hou die volgende in gedagte:
Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
’n Eie mening word op ’n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou.
’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10
Taal, styl en redigering: T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).
2.1 KLAGTEBRIEF
Die brief fokus op probleme, o.a. onveilige toerusting en ’n onversorgde terrein by ’n
plaaslike privaatpretpark.
Hou die volgende in gedagte:
Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief
se formaat moet korrek wees soos wat dit vir formele briewe geld.
Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees.
Eenvoudige, direkte taal is nodig.
Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die
probleme wat dit vir ondersteuners onaangenaam/onveilig/ongesond maak.
Die doel van die brief is om te kla oor omstandighede, toerusting, diens en/of
higiëne by ’n plaaslike pretpark.
Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy”/“jou”.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar
nodig, bv.
Die uwe
P. van Zyl
P. van Zyl [25]
2.2 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Die kandidaat skryf ’n informele brief aan ’n graad 11-leerder waarin hy/sy hom/haar
raad gee oor hoe om hul graad 12-jaar ten volle te geniet.
Hou die volgende in gedagte:
Informele taal, register en styl behoort gebruik te word.
Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te word.
Briewe behoort ’n inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet gegee word.
Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
Die brief behoort informeel afgesluit te word.
Die formaat van die brief is belangrik. [25]
2.3 HULDEBLYK
Bring hulde aan ’n gunstelingtannie tydens haar spesiale verjaarsdagviering.
Hou die volgende in gedagte:
Die persoon se naam en van, adres en ouderdom, die plek waar die tannie haar
tans bevind behoort gegee te word.
Prestasies, hoogtepunte uit die persoon se lewe en gemeenskapsbetrokkenheid
kan ingesluit word.
Die fokus behoort te wees op dit wat die tannie vir die skrywer beteken het.
Gebeurtenisse/Staaltjies/Persoonlike herinneringe behoort ingesluit te wees.
Die huldeblyk moet waarderend wees.
Iets persoonliks, soos ’n gedig, kan bygevoeg word.
Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart. [25]
2.4 FORMELE VERSLAG
Die hoofleier word deur die skoolhoof versoek om ’n verslag saam te stel vir die
dagbestuur van die skool. Die verslag fokus op boeliegedrag onder leerlinge wat
toenemend op die skoolterrein voorkom.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Hou die volgende in gedagte:
Die verslag moet presiese inligting oor boeliery en die omvang daarvan gee.
Die leerder behoort bewys te lewer dat hy/sy die agtergrond, doel en omvang in
ag geneem het, die inhoudsgedeelte behoort feitlike inligting te verskaf (Wie?
Hoekom? Waar? Wanneer? Wat? Hoe?) en in die samevatting of slot behoort
die leerder aanbevelings, verwysings en/of aanhangsels te noem.
Feite moet gegee word.
Semiformele of formele taal, register en styl behoort gebruik te word.
Die verslag behoort teenwoordige tyd en die derdepersoon te gebruik.
Tegniese woorde en frases kan gebruik word.
Die verslag is kort en bondig.
Taal en styl behoort onpersoonlik te wees. [25]
2.5 KOERANTBERIG
Die koerantberig fokus op ’n storm (letterlik/figuurlik) wat mense koue rillings gegee
het/groot skade aangerig en/of die mense geskok gelaat het/met verwondering
vervul het. Die kandidate gebruik die kop, soos op die vraestel aangedui, vir die
berig.
Hou die volgende in gedagte:
Feite moet kortliks en akkuraat gegee word.
Belangrikste feite moet gegee word sonder om leser te verloor.
Opsomming moet akkuraat wees sonder om die waarheid te verdraai.
Feite moet saaklik en op formele wyse gestel word.
Subtitels kan gebruik word.
Belangrikste feite word in die eerste paragraaf vermeld: wie, wat, waar, wanneer,
waarom, hoe en in watter mate.
Die res van die paragrawe is ’n uitbreiding van die inleidende gegewens. [25]
2.6 FORMELE TOESPRAAK
Die leerder spreek die teenwoordiges (ouers en beheerliggaam) by die oueraand van
die skool toe oor al die veranderinge wat by die snoepie plaasgevind het en dra die
leerders se klagtes daaroor oor.
Hou die volgende in gedagte:
By hierdie toespraak moet die gehoor formeel gegroet word: Geagte Voorsitter,
Skoolhoof en Ouers ...
Die styl moet by die geleentheid en die gehoor pas.
Skryf weldeurdagte idees en vermy clichés.
Gebruik kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde.
Die inleiding moet die gehoor se aandag prikkel.
Die inhoud van die toespraak moet in paragrawe aangebied word.
Die slot moet die gehoor tot nadenke stem. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
LET WEL:
Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant
(Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en
Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, interessant oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp
Hoë vlak
vir beplanning; volwasse en en lewer bewys van -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie
Bewustheid van doel, stem leser tot volwassenheid en redelik organisasie en -Vaag en herhalend
gehoor en konteks nadenke -Organisasie baie samehangend, samehang -Geen organisasie nie
-Uitsonderlike goed en insluitend inleiding, en is onsamehangend
30 PUNTE organisasie en samehangend, liggaam en
samehang, insluitend insluitend inleiding, samevatting/slot
inleiding, liggaam en liggaam en
samevatting/slot samevatting/slot
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
-Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging
maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in
treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met
van ’n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie
Lae vlak
-Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant
volwasse samehangend, samehangend en -Skaars ’n bewys van en ontoepaslik
-Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen
samehang, insluitend liggaam en -’n Mate van samehang fokus nie
inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en
samevatting/slot samehang, insluitend
inleiding, liggaam en
samevatting/slot
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Taal onverstaanbaar
woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat nie gepas -Toon, register, styl en
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en vir doel, gehoor en woordeskat minder
woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks konteks nie gepas vir doel, gehoor
Hoë vlak
vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie en konteks
konteks; van vertroue, en ’n deurlopende om betekenis oor te basies -Woordeskat so
Woordkeuse; indrukwekkend gepaste toon word dra -Toon en woordkeuse beperk dat dit
Taalgebruik en -Toon retories treffend gebruik -Toon is gepas skaars toepaslik onmoontlik is om sin
konvensies, en effektief -Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte te maak
punktuasie, -Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat
grammatika, spelling spelling feitlik foutvry foutvry te versterk
-Knap gedaan -Baie goed gedoen
15 PUNTE 13 10 7 4
-Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik -Voldoende -Taalgebruik
uitstekend en toon is en oor die algemeen taalgebruik, maar onvoldoende
retories effektief effektief teenstrydighede word -Weinig indien enige
Lae vlak
-Grammatika en -Toon gepas en opgemerk sinsverskeidenheid
spelling feitlik foutvry effektief -Toon oor die -Woordeskat baie
-Baie goed tot knap -Enkele foute in algemeen gepas en beperk
gedaan grammatika en beperkte gebruik van
spelling retoriese middele
-Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
-Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige punte -Noodsaaklike punte
Kenmerke van teks; ontwikkeling van van details ontwikkel geldig ontbreek
Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe
en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer foutief foutief
-Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog -Opstel maak nog sin -Opstel maak nie sin
5 PUNTE uitsonderlik effens sin nie
gekonstrueer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 13–15 10–12 7–9 4–6 0–3
BEPLANNING & -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie
Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik
Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking
beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in
Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie
kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail
en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die
fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp
15 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas
-Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL & 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie
Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en
Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward
Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie
10 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig
belemmer
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2017 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2017 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2017 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper