Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V1
FEBRUARIE/MAART 2017
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2017 QP
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Supplementary November 2017, 12 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Supplementary November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Supplementary November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 577.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Supplementary November 2017
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
4. Trek ’n streep ná elke afdeling.
5. Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat ’n reël oop na elke antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS A: ARTIKEL
GROEN MAAR GELUKKIG GETROUD
Delia Joubert
1 Hoe gouer jy jou reis saam met jou huweliksmaat begin, hoe beter kan julle
saam groei en die aanslae van die lewe trotseer.
2 Bogenoemde stelling word bevestig deur Rolene Strauss, ons eie Mejuffrou
Wêreld, wat verlede jaar op 23 aangekondig het dat sy en haar kêrel, D’Niel
Strauss, gaan trou. Die bekende Springboksenter, Jan Serfontein (22), wat 5
verlede jaar verloof geraak het aan Lani Scholtz, met wie hy sedert matriek
uitgaan, het dieselfde besluit geneem.
3 Vir die huidige 30+-generasie lyk dit asof Rolene en Jan vroeg trou, maar
deesdae is hulle nie meer die uitsondering nie. Dit is asof meer jongmense
vroeg in hul twintigs die pad kansel toe vat. 10
4 Hoewel baie paartjies vandag jonk trou, is dit nog nie die norm nie. Oral hoor
jy van paartjies wat bloedjonk trou, maar in dié stadium is hulle volgens
die amptelike syfers nog in die minderheid. Volgens Statistiek Suid-Afrika se
2013-opname trou die gemiddelde man in Suid-Afrika tussen die ouderdom
van 30 en 34 en die meeste vroue tussen die ouderdom van 25 en 29. 15
Deon Binneman, ’n sielkundige berader van Durbanville, voeg by:
“My waarneming is dat mense nou op ’n vroeër ouderdom begin saamwoon,
wat vanuit ’n verhoudingsperspektief op dieselfde as ’n huwelik neerkom.”
5 Cindy Strydom, ’n kliniese sielkundige van Johannesburg, sê sy vermoed dis
omdat die vorige generasie soveel later getrou het dat jongmense nou vroeg 20
wil trou. “Die nuwe generasie rebelleer in ’n mate teen die norm. Maar net so
het die vorige generasie, dié mense wat nou 30+ is, gerebelleer teen die
tradisionele gebruik om vroeg te trou. Hierdie generasie se vroue het nie nodig
gehad om te trou vir finansiële stabiliteit nie, want hulle was finansieel
onafhanklik én dit het moontlik geword om later kinders te kry. Daarom wou 25
hulle byna bewys jy hoef nie meer vroeg te trou nie.”
6 Nicholas Kühne, ’n tendenskenner en besturende direkteur van die
handelsbestuursmaatskappy Wunderbrand, stem met Strydom saam. “Elke
generasie het ’n teenreaksie op die trou-ouderdom van vorige generasies.
Daar is ongelukkig min navorsing oor die onderwerp, maar vanuit ’n tendens- 30
oogpunt kan jy wel afleidings uit die verskillende generasies se trougewoontes
maak. Ná die konserwatiewe 1950’s was dwelms, musiekfeeste en vrye liefde
die in-ding in die 60’s. In die laat 70’s en 80’s het mense weer teruggekeer na
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
’n tradisioneler benadering tot trou. Dit is moontlik dat die jonger generasie
’n teenreaksie het op die gewoontes van die vorige een, wat weer later wou 35
trou – of glad nie.”
7 Daar is verskeie redes wat deur jongmense aangevoer word om hulle keuses
te ondersteun. “Kultuur en geloof speel ’n rol, maar die onderliggende redes is
gekompliseerd. Dit maak vandag prakties sin om jonk te trou, want dis byna
onbekostigbaar om voor die ouderdom van 35, op jou eie, ’n huis en ’n motor 40
te koop,” sê Nicholas. Hy is van mening dat die Internet, en veral sosiale
media, ook besig is om die tradisionele struktuur van die samelewing te laat
verbrokkel. “Ons gesels baie meer aanlyn en kuier minder by mekaar as
voorheen. Dit is dus moontlik dat jonger generasies op ’n vroeër ouderdom
egte, persoonlike bande met ander jongmense wil vorm – hulle voel dalk 45
verder van mekaar verwyder as ouer generasies.”
8 Paartjies wat vroeg trou, is nie altyd voorbereid op die eise van die huwelik nie.
Huwelike van jonggetroudes beland dikwels in onstuimige vaarwaters.
Gelukkig is daar hulp vir jonggetroudes wat huweliksprobleme ervaar. Luzanne
Liversage, ’n sielkundige berader van Johannesburg, meen berading is ’n 50
goeie idee vir jong paartjies. “Paartjies wat voor die ouderdom van 25 trou, se
kans om te skei is 50% groter as diegene wat later trou. Fisiek is jou
prefrontale korteks, wat verantwoordelik is vir besluitneming en beplanning,
eers op 25 ten volle ontwikkel. Dus is jou besluite as jongmens dalk nie so
goed soos dié van iemand ouer as 25 nie.” 55
9 Jonger paartjies is meer geneig om vroeër die handdoek in te gooi as hulle
’n verhoudingsprobleem het, sê Deon Binneman. “Dis moeiliker vir jongmense
om verhoudings bo hulle eie belange te stel. Dis noodsaaklik dat jongmense
leer om die ander persoon se belange eerste te stel in plaas daarvan om op
die eie ek te fokus.” 60
10 Om jonk te trou hét voordele, sê Luzanne. “Jy het meer energie vir jou kinders,
en minder bagasie van vorige verhoudings sodat jy met ’n relatief skoon
blaadjie jou verhouding kan begin. Wanneer jy in ’n verhouding met die regte
mens is, en gelukkig genoeg is om hom of haar jonk te ontmoet en te trou, is
daar iemand wat jou altyd bystaan en help om jou volle potensiaal te bereik. 65
Dan is die huwelik ’n veilige hawe waar jy jou eie mens kan wees.”
11 Solank jongmense nie ’n sprokiesverhaal verwag nie en ’n realistiese beeld
van die eie ek, die maat en verhoudings het, is die kans op ’n suksesvolle
verhouding goed.
[Verwerk uit: Sarie, Januarie 2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
TEKS B: VISUELE TEKS
[Uit: Beeld, 8 Februarie 2013]
VRAE: TEKS A
1.1 Wat is die voordeel van vroeg trou volgens paragraaf 1? (1)
1.2 Dink jy dit is gepas dat die skrywer van hierdie artikel na bekende persone
as voorbeelde verwys? Motiveer jou antwoord. (2)
1.3 “… is hulle nie meer die uitsondering nie.” (Paragraaf 3)
Haal VYF opeenvolgende woorde uit paragraaf 4 aan wat hierdie woorde
weerspreek. (1)
1.4 Herlees paragraaf 4.
Hoekom is Deon Binneman se woorde in die laaste twee reëls van hierdie
paragraaf ’n mening? (1)
1.5 Wat is die “norm” waarna Cindy Strydom in paragraaf 5 verwys? Watter
ooreenkoms bestaan daar tussen vandag se jongmense en vorige generasies
se ingesteldheid jeens norme? (2)
1.6 Kühne en Strydom se sienings in paragraaf 5 en 6 stem grootliks ooreen.
In watter opsig verskil hulle sienings? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.7 Watter tendense uit die 60’s dra by tot die terugkeer na ’n tradisionele
benadering van trou? (3)
1.8 Noem ’n finansiële en sosiale uitdaging wat volgens paragraaf 7 tot die tendens
van vroeg trou bydra. Stem jy saam met die skrywer se mening oor dié twee
uitdagings? Motiveer jou keuse. (4)
1.9 Hoekom, volgens Luzanne Liversage, is die kanse op ’n onsuksesvolle huwelik
vir jongmense ’n moontlikheid? Wat kan jongmense doen om te voorkom dat
hul huwelik op die rotse beland? (2)
1.10 Watter belangrike voorwaarde in paragraaf 9 is volgens Binneman nodig om
’n huwelik te laat slaag? (1)
1.11 Wat beteken die titel van die artikel? Hoe hou hierdie titel met paragraaf 10
verband? (2)
1.12 In paragraaf 10 gee Liversage die voordele wat aan vroeg trou verbonde is.
Watter ánder voordele, volgens die teks, is daar aan vroeg trou verbonde? (3)
VRAE: TEKS B
1.13 Watter TWEE veranderinge sal die vrou in die man wil sien? (2)
1.14 Word daar, na jou mening, in hierdie spotprent teen vroue gediskrimineer?
Motiveer jou antwoord. (1)
1.15 Dink jy ’n huwelik, soos dit in dié spotprent gesuggereer word, het ’n goeie kans
om suksesvol te wees? Motiveer jou antwoord. (1)
VRAE: TEKS A EN B
1.16 In die lig van die onderstreepte uitsprake in paragraaf 9 én 10 van TEKS A, is
die voorstelling van die huwelik in TEKS B ironies. Gee redes vir hierdie
stelling. (2)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak ’n opsomming van SEWE unieke eienskappe van
Suid-Afrika.
LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm
aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
2. Jou paragraaf moet samehangend geskryf word.
3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ’n titel te gee nie.
4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
TEKS C
SUID-AFRIKA IN ’N KLAS VAN SY EIE!
Natuurlik is daar baie redes om oor Suid-Afrika negatief te wees. Waarom dan, te midde
van soveel negatiwiteit, wil ons steeds hier woon en werk?
Suid-Afrika toon positiewe ekonomiese groei teenoor die res van die wêreld wat
ekonomies maar sukkel. Soos die res van die wêreld het ons probleme: armoede,
misdaad en werkloosheid … Desnieteenstaande groei die ekonomie redelik bestendig.
Hierdie groeiende ekonomie is inderdaad ’n veertjie in Suid-Afrika se spreekwoordelike
hoed.
Tim du Plessis, voormalige redakteur van Rapport, sê: “Jy kan in ’n nuwe land gaan
oorleef, bes moontlik gemaklik, maar jy sal altyd bly hunker na Suid-Afrika se eiesoortige
buiteluglewe. Vra gerus vir die meeste Suid-Afrikaners wat geëmigreer en daarna na die
land teruggekeer het, wat hulle die meeste gemis het: braai onder die sterre, voetslaan
in die berge, luier op lang, goue strande – tipiese Suid-Afrikaanse buitelugpret! En dan is
daar nog ons wêreldklassport: rugby, krieket, sokker, hokkie, atletiek … Sport laat ons
bloed bruis!
Suid-Afrika bied aan sy inwoners ’n goue pakket van die mooiste natuurskoon.
Mev. Miems Swanepoel, ’n entoesiastiese natuurkenner van Bellville, beklemtoon dat
hierdie natuurskoon Suid-Afrika inderdaad uniek maak. “Waar in die wêreld sal jy nog
sulke blou berge met voetpaaie vol fynbos, klipwoestyne en waterarm streke, siedende
seestorms en rukkerige bergwinde, skouspelagtige sonsondergange, rooibruin
sandduine en bruisende watervalle, wanneer die reën wel kom, kry? Net hiér is dit
moontlik!”
Suid-Afrikaners is skeppende, innoverende wêreldleiers op die gebied van die weten-
skap. Die Square Kilometre Array (SKA) naby Carnarvon is ’n voorbeeld van ons
innovering. Dis voorwaar genoeg rede om breëbors te wees! Suid-Afrika het boonop,
in ’n onlangse studie oor geslagsgelykheid in die werkplek, uitgeblink! Hier is ons
die meeste lande ver voor.
Vincent Mota, ’n Wimpy-kelner voer roomys vir ’n gestremde kliënt, Nerine Gardiner bak
gereeld koeke en deel dit uit aan mense wat liefde nodig het en ’n polisieman deel sy
middagete met ’n straatvrou. Ons het omgee-in-aksie … Suid-Afrikaners soos dié wys
dat Madiba se droom van ’n omgeenasie nie dood is nie.
Wie wil nou nie deel van só ’n Suid-Afrika wees nie?
[Verwerk uit http://www.blynet.co.za en http://www.netwerk24.com/stemme]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS D
1 (3.1) Auto & General Motor- en
Huisinhoudversekering
Motor-, huis-, besigheids- en lew ensversekering
deur die ATKV
2 Die taal hou tred met die tyd.
3 Kan jy dieselfde van jou versekering sê?
4 Net soos Afrikaans by verandering en nuwe tegnologie moet aanpas, moet jou versekering
5 by die nuwe risiko’s van die hedendaagse lewe kan aanpas. Met Auto & General Motor-
6 en Huisinhoudversekering deur die ATKV kan jy gerus wees dat jy nie net aanpasbare
7 versekering het nie, maar ook waardevolle voordele kry, soos:
8 • Kostevrye Tracker-installasie en gesubsidieerde intekengeld.
9 • Dekking vir jou motor se klankstelsel.
10 • Dekking vir ’n wye reeks huishoudelike risiko’s, soos brand, diefstal en
11 oorstroming.
12 • Dekking vir kos wat as gevolg van kragtoevoer of gebreekte ys- of vrieskas
13 bederf.
14 SKAKEL O860 28 28 69
15 VANDAG NOG VIR VERSEKERING WAT IN PAS BLY!
ATKV
[Uit: MyTyd Rapport, September 2012]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAE: TEKS D
3.1 Vervang die koppelteken in reël 1 met die gepaste woorddeel. (1)
3.2 “hou tred met die tyd” (Reël 2)
Haal opeenvolgende woorde uit reël 8–15 aan wat by dié woorde aansluit. (1)
3.3 Wat wil die adverteerder bereik met die insluiting van al die inligting in
reël 8–13? (1)
3.4 Waarom word die onderstreepte letter in die vetgedrukte woord in reël 8 nie
met ’n deelteken geskryf nie? (1)
3.5 Gebruik die kern van die onderstreepte woord in reël 8 as bepaler in ’n ander
woord. (1)
3.6 Skryf jou eie TWEE sinne neer om die verskil in betekenis tussen vir seker
en verseker duidelik aan te toon. (2)
3.7 Kyk na die foto.
Dink jy die gebruik van ’n ouer motor op die voorgrond dra tot die
ondersteuning van die stelling in reël 15 by? Motiveer jou antwoord. (1)
3.8 Noem TWEE maniere waarop hierdie advertensie die verbruiker motiveer om
tot aksie oor te gaan. (2)
[10]
VRAAG 4: SPOTPRENT
Bestudeer die spotprent (TEKS E) en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2
(4.1) Moderne Afrikaanse musiek Hallo Ma ... luister na klein (4.4) Johantjie, Ma!
is nie gesofistikeerd en stylvol Ek vermoed hy’s besig om die (4.6.1) lirieke
nie – dit is vlak! vir ’n nuwe Afrikaanse treffer te komponeer!
(4.3) Navorsing bewys dit.
RAAMPIE 3
RAAMPIE 4: Kan ma’ sê die mannetjie is in die wieg gelê
om ’n lirieklegende te wees.
[Uit: Die Burger, 23 Mei 2015]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAE: TEKS E
4.1 Gee ’n antoniem vir die kursiefgedrukte woord in RAAMPIE 1. (1)
4.2 Skryf die eerste diftong/tweeklank wat in RAAMPIE 1 voorkom, neer. (1)
4.3 Brei die tweede sin van RAAMPIE 1 deur middel van ’n byvoeglike bysin uit. (1)
4.4 Watter gevoelswaarde spreek uit die verkleiningsvorm van die onderstreepte
woord in RAAMPIE 2? (1)
4.5 Skryf die voorwerpsin in RAAMPIE 2 neer. (1)
4.6 Herlees die woorde in RAAMPIE 2.
4.6.1 Benoem die soort selfstandige naamwoord waartoe die woord lirieke
behoort. (1)
4.6.2 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies.
Die ma is (liriek) oor haar baba se sang. (1)
4.7 Wat is die funksie van die ellips/beletselteken in RAAMPIE 3? (1)
4.8 Wat is onderskeidelik die denotatiewe én konnotatiewe betekenis van die
onderstreepte woorde in RAAMPIE 4? (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 5: ARTIKEL
Bestudeer die artikel (TEKS F) en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS F
MATRIEK IN TWEE DAE
1 Dit is nie net by ons waar matrieks se senuwees en uithouvermoë in ’n
eksamenlokaal getoets word nie. Jong Chinese se toekoms hang van hul
finale eksamen voor universiteitstoelating af.
2 Chinese leerlinge se hele skoolloopbaan het net een doel (5.2) … oë: die
gaokao. En om dié finale toelatingseksamen te slaag.
3 Dit vind in die middel (5.3) van die jaar oor twee dae plaas.
4 Omdat dit so kort is, (5.4) plaas dit uitermate druk op die kinders.
5 (5.5) Hulle moet vraestelle in Chinees, Wiskunde en Engels aflê (Engels is ’n
verpligte vak vir almal).
6 Hulle studeer tot 15 ure per dag daarvoor, want hulle (5.6) ding mee om “net”
6,5 miljoen universiteitsplekke.
7 Sowat 9,8 miljoen leerlinge het vanjaar vir die eksamen ingeskryf – baie van
hulle van duur private skole. Dit word in (5.7) hoofsentra afgelê en duisende
van hulle word met spesiale busse na die lokale aangery.
8 Die Hengshui High School in die (5.8) Hebei-Suid se leerlinge vaar reeds die
afgelope 14 jaar die beste in die (5.9) gaokao.
9 Die skool het twee leuses:
10 “Die lewe is nie ’n kleedrepetisie nie – jy gaan nie kans kry om hom óór te
lewe nie,” en “As jy nog nie dood is van harde werk nie, werk harder.”
11 Leerlinge word daar met kringtelevisie dopgehou en moet van 05:30 tot
21:50 studeer.
12 Vertel dít ’n bietjie vir jou Suid-Afrikaanse (5.10) matrieks …
[Verwerk uit: http://www.netwerk24.com/Ontspan/Matriek-in-twee-dae]
VRAE: TEKS F
5.1 Skryf ’n woord in paragraaf 1 neer wat dieselfde as “stamina” beteken. (1)
5.2 Skryf die ontbrekende voorsetsel in paragraaf 2 neer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
5.3 Maak ’n sin van jou eie met die homoniem van die onderstreepte woord.
(paragraaf 3) (1)
5.4 Herskryf die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 4 in die lydende vorm sodat
dit binne die konteks van die sin sal pas. (1)
5.5 Gee die voorwerp van die onderstreepte sin in paragraaf 5. (1)
5.6 Tot watter woordsoort behoort die onderstreepte woorde in paragraaf 6? (1)
5.7 Gee ’n ander meervoud wat vir die onderstreepte woord in paragraaf 7
gebruik kan word. (1)
5.8 Gee die spelreël wat die koppeltekengebruik van die onderstreepte woord in
paragraaf 8 bepaal. (1)
5.9 Is “gaokao” (paragraaf 8) ’n voorbeeld van ’n leenwoord? Motiveer jou
antwoord. (1)
5.10 Vorm, deur middel van afleiding, ’n ander persoonsnaam vir die
onderstreepte woord in paragraaf 12. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2017 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Supplementary November 2017 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2018 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2016 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 P3 Supplementary November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper