Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS HUISTAAL V1
2017
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 70
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2017, 9 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 368.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
NSC June Exam 2017
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)30 marks
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
AFDELING A: LEESBEGRIP
Nasien van die leesbegrip:
• Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie nagesien nie tensy
dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet wel aangetoon
word.)
• Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
• Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
aanhalingstekens ontbreek nie.
• Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat 'n volsin gee, is dit korrek mits
die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
• Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee 'n hele reeks, word
slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
• Indien die kandidaat woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde
woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die
antwoord vereis word, word dit aanvaar.
• Aanvaar dialektiese variasies.
VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.)
Vraag Antwoord Punt
1.1 (Die ontdekking van) die gloeilamp √ 1
1.2 Sy was self die slagoffer van min slaap./
As navorser/skrywer/kenner is sy bekend met slaappatrone./slegte slaap-
gewoontes. √ 1
1.3 Edison glo dat baie slaap tot onproduktiwiteit lei terwyl Huffington glo dat jy deur
slaap beheer oor jou lewe neem. √ 1
Edison glo dat slaap tydmors is, maar Huffington glo dat goeie slaaphigiëne juis 'n
belegging in jou gesondheid is. √ 1
1.4 Die (vinnige) tempo van die nywerheidsrewolusies het tot minder slaap gelei. √
Die ontdekking van die gloeilamp (tydens die tegnologierewolusie) het langer
werksdae./meer werksure per dag tot gevolg gehad. √
As gevolg van die digitale era is mense 24 uur aan die gang./werk mense oral./
permanent. √ 3
Die kandidaat moet die gevolg van elke rewolusie beskryf.
1.5 Die paragraaf gee die rede vir slaapskuld./
Die paragraaf verskaf 'n verduideliking van wat met slaapskuld bedoel word./
Die titel word in die paragraaf herhaal./
Die kundige se uitsprake verleen geloofwaardigheid aan die titel./ondersteun die
titel. √ 1
1.6 Sekere noodsaaklike liggaamsprosesse kan nie plaasvind nie.
Die afskeiding van groeihormone kan nie plaasvind nie.
Die geheue word nie verfris nie.
Leervermoë verbeter nie. 2
Die geheue word nie gerangskik nie. √√
Die kandidaat bied enige TWEE gepaste negatiewe gevolge vir EEN punt elk aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
1.7 Dr. King glo slaap is noodsaaklik (om van gifstowwe in jou liggaam ontslae te 1
raak). √
EN
Mediese studente wat min slaap maak meer foute. √
Moegheid by skofwerkers/nagskofwerkers het al tot groot rampe/
nywerheidskatastrofes/kernkragongelukke/by Tsjernobil/Three Mile Island gelei. √ 2
EN
''wêreldwye'' √ 1
1.8 Dit verseker dat jou brein optimaal funksioneer. √ 1
Jou brein moet geleentheid kry om te rus. √ 1
1.9 Ja
Die digitale tydperk waarin ons leef, veroorsaak dat mense nie genoeg slaap nie.
Tegnologiese vooruitgang maak dit makliker om snags te kommunikeer/werk.
Die tegnologiese era veroorsaak verhoogde werksdruk wat lei tot strenger spertye en
dus minder slaap.
OF
Nee
Daar is baie mense wat met minder as ses uur se slaap normaal kan funksioneer.
Daar is ouer mense en jong kinders wat genoeg slaap en nie slaapskuld het nie.
Nie alle mense het toegang tot tegnologie wat hulle uit die slaap hou nie.
Afgetrede persone het gewoonlik goeie slaapgewoontes hoewel 'n mens minder
slaap wanneer jy ouer word. √√√ 3
Die kandidaat bied enige soortgelyke DRIE motiverings vir EEN punt elk aan.
1.10 Ja
(Dr. Jeff King meld dat) genoeg slaap gifstowwe uit die liggaam verwyder (wat 'n
gesonder liggaam/langer lewe verseker)./(Ander navorsers bevind) genoeg slaap
verminder jou risiko op vetsug./diabetes./hoë bloeddruk./hartsiektes./depressie./
eietydse siektes.
OF
Nee
Daar is nie voldoende mediese navorsing as bewys nie./
Bewyse is beperk tot afleidings van 'n kardioloog./
Die studies/navorsing is nie wêreldwyd gedoen nie. √ 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
1.11 Selfone/televisie/alle vorme van media/stimulante/kafeïen/suiker √√√ 3
Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
1.12 Ja
Tieners besef nie dat te min slaap so gevaarlik kan wees nie.
OF
Nee
Die artikel spreek hoofsaaklik volwassenes wat al werk aan.
Die teikengroep vir hierdie teks is volwassenes, dus sal tieners nie die teks lees nie.√ 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
1.13 Die hond verstaan die man wat hom skel./reageer op die man se aanval./
Die hond neem 'n aggressiewe houding teenoor die oumense in./
Die gesigsuitdrukking(bek/tande)/strepies/uitroeptekens om die hond se kop dui aan
dat hy hard blaf./vies is./kwaad is./
Die hond staan regop teen die draad. √ 1
EN
Die man wys met 'n reguit vinger na die hond./
Hy kla by sy vrou dat die hond hom pla./
Sy gesig dui op beswaardheid/frustrasie./
Sy mond hang van ontevredenheid.
Hy beledig die hond. √ 1
Die kandidaat bied EEN bewys by die hond en EEN bewys by die man aan.
1.14 Ja
Dit beklemtoon die ironie/feit dat die man glad nie rus kry nie./
Dit beklemtoon dat die bure se hond hom nie rus toelaat nie./ondersteun die woorde
van die man dat die hond nie sy versoek verstaan het nie./nie opgehou blaf het nie.
OF
Nee
Die straatnaam het niks met die straatbewoners te make nie./
Daar is 'n onderonsie/geblaf/geskree/gevloek tussen die man en die hond (wat
veroorsaak dat daar nie 'n soete rus in die straat is nie). √
1
Die kandidaat bied EEN soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
1.15 Albei tekste verwys na die knorrigheid van mense wanneer hul bure/ander faktore
die oorsaak is dat hulle min slaap./
In TEKS A lei die bure se partytjies in die nag tot knorrigheid en min slaap terwyl die
hond se aanhoudende geblaf in TEKS B die oorsaak is van knorrigheid en te min
slaap. √ 1
1.16 Die man is uitgeput omdat die hond hom uit die slaap gehou het, terwyl skofwerkers
uitgeput is vanweë nagtelike werksure./
Die man se oordeel is aangetas, terwyl die nagtelike skofwerkers se oordeel hul in
die steek laat wat werksfoute tot gevolg het. √ 1
Hartsiektes/hoë bloeddruk/diabetes/depressie/vetsug √ 1
30
TOTAAL:AFDELING A: [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Nasien van die opsomming
• Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van 'n opskrif/titel te voorsien
nie.
• Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
• Slegs wenke wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
• Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word die eerste
opsomming nagesien.
• Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
• Punte word soos volg toegeken:
o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
o 3 punte vir taal
o Puntetotaal: 10
• Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal het
nie:
o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe.
o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe.
o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe.
• Verspreiding van punte vir taal wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het.
o 6–7 direkte aanhalings: ken geen punte vir taal toe nie.
o 1–5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe.
LET WEL:
• Tel van woorde:
o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het of as
die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is nie.
o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal woorde
oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
o Korter opsommings wat die vereiste wenke bevat, mag nie gepenaliseer word nie.
Identiteitsinligting moet so veilig moontlik gehou word en persoonlike inligting moet nooit op
sosiale media beskikbaar gestel word nie. Moenie jou persoonlike dokumente in die vullisdrom
gooi nie, verbrand dit eerder. Vermy ook e-posversoeke waarin jy persoonlike inligting moet
bevestig. Wees bedag op die ''419''-foefies en moenie aanlyn vriendskappe met vreemdelinge
aanknoop nie. Registreer 'n ''beskermde registrasie'' op jou ID om sodoende jou identiteit te
beskerm.
Getal woorde: 67
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
AANHALING UIT TEKS MOONTLIKE BEWOORDING
1 Jy moet jou identiteitsinligting in A Identiteitsinligting moet veilig gehou
veilige bewaring hou. word.
2 Wees daarom versigtig watter inligting B Moenie inligting op sosiale media
jy op sosiale media beskikbaar stel. beskikbaar stel nie.
3 Verbrand persoonlike dokumente C Moenie persoonlike dokumente in die
wanneer jy dit wil vernietig eerder as om drom gooi nie, maar verbrand dit.
dit in die vullisdrom te gooi.
4 Wees boonop bedag op ongevraagde e- D Vermy e-posversoeke/sms’e waarin jy
posversoeke wat jou vra om jou bankbesonderhede moet bevestig.
bankbesonderhede te bevestig. ''Hier
word die persoon via SMS of e-pos
gekontak …
5 Die SABVD sê mense moet bedag wees E Wees bedag op die ''419''-foefies.
op sogenaamde ''419''-foefies.
6 Moenie hierdie ''aanlyn vriendskappe'' F Moenie sulke vriendskappe met
met vreemdelinge aanknoop nie! vreemdelinge aanlyn aanknoop nie.
7 Roy beveel aan dat mense by die G Registreer 'n ''beskermde registrasie'' op
SABVD 'n ''beskermde registrasie'' op jou ID.
hul ID laat registreer.
Getal woorde: 53
TOTAAL AFDELING B: 10
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Nasien van hierdie afdeling:
• Spelling:
o Eenwoord-antwoorde word nie gepenaliseer nie, al is die spelling nie korrek nie, tensy
die spelling die betekenis van die woord beïnvloed en/of spelling die aspek is wat
geassesseer word.
o In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout in die
taalstruktuur getoets word.
o Waar afkortings getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
• Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die
instruksie aangedui.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Vraag Antwoord Punt
3.1 Koop, verkoop √ 1
Indien die antwoord in 'n sin aangebied word, moet die twee kontrasterende woorde
uitgelig word d.m.v. onderstreping of op 'n ander wyse.
3.2 maar/en/of/dog √ 1
3.3 Die visuele voorstelling van blare/takkies waarop die letters staan, sluit by die
tuingereedskap op die kruiwa aan. √ 1
3.4 Dit lyk (vir my) of daar nét tuinboubenodigdhede/-gereedskap verkoop word./of net
vroue tuingereedskap aankoop./in die tuin werk. √ 1
3.5 Die hemel span wyd oor ons oop. √ 1
Die kandidaat bied 'n eie sin met hierdie bywoord aan.
3.6 Oorreding/Beïnvloeding om die leser nuuskierig te maak (sodat hy/sy gaan kyk)/bewus
te maak van die goedkoper opsie wat gebied word./
Manipulering om tot aksie oor te gaan. √ 1
EN
Ja
Die koper het meer tuingereedskap aangekoop (want die kruiwa is swaar gelaai) as
waarop sy gereken het./Beklemtoon die bekostigbaarheid van die tuingereedskap. √ 1
3.7 ... koop ons (graag wéér) by jou .../
Ons koop (graag wéér) by jou ... √ 1
3.8 Die man sit op die bank terwyl hy televisie kyk.
Die bank van die rivier het tydens die vloed oorstroom. √ 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord met ''bank'' as homoniem aan.
3.9 Klankverspringing/Metatesis √ 1
10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 4: SPOTPRENT
Vraag Antwoord Punt
4.1 lewensbelangrik √ 1
Die woord moet korrek gespel word.
4.2 Die verskil tussen 'n ware heer en 'n barbaar word daardeur/hierdeur gemaak./
Daardeur/hierdeur word die verskil tussen 'n ware heer en 'n barbaar gemaak. √ 1
4.3 wáre √ 1
4.4 Sy wil hom (taktvol maniere) leer./
Sy wil die pa beïnvloed ten opsigte van goeie maniere./
Sy wil hom met behulp van rympies (maniere) leer. √ 1
4.5.1 Waarom/Hoekom/Waarvoor moet 'n Viking sulke snert leer? √ 1
4.5.2 Net konings het goeie maniere./hoef goeie maniere te hê.
Hy moet soos 'n tipiese Viking optree. √ 1
4.6 Ons skryf volgende week eksamen in ons hoofvak, naamlik Afrikaans. √ 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke sin van sy/haar eie aan met die korrekte gebruik van
die afkorting voluit as 'n woord geskryf.
4.7.1 Helga skree baie hard vir/op Hägar (sodat hy sommer platval/op die tafel gaan lê wat
haar mag/die mag van haar woorde aantoon)./
Sy sê hom baie sleg/beledig hom (wat aantoon dat sy d.m.v. taal mag het). √ 1
4.7.2 Ja
Hy ondersteun haar nie./suggereer dat sy seun hom nie aan sy ma moet steur nie.
OF
Nee
Hy het bloot twee vrae gevra sonder om ongeskik te wees./Niemand verdien om 'n
buffel genoem te word nie. √ 1
4.8 ... kom jy deur die (ganse) land./
... stap jy deur die land. √ 1
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 5: ARTIKEL
Vraag Antwoord Punt
5.1 Kontaminasie √ 1
5.2 sonder/geen/niks/nie √ 1
5.3 ontwikkelende √ 1
Die woord moet korrek gespel word.
5.4 millennia/millenniums √ 1
Die woord moet korrek gespel word en die antwoord moet in die meervoud
aangebied word.
5.5 Die lande waarvan melding gemaak word, is juis nie verarm(-d)/arm/verarmde lande
nie./
Die meeste mense wat daar woon, leef armoedig./
Dis 'n gesin sonder lewensmiddele – hulle is behoeftig./
Die kerk sorg vir mense wat armlastig is./
Baie lande van die wêreld is tans hulpbehoewend as gevolg van oorloë. √ 1
Die kandidaat bied 'n eie sin met die antoniem (arm/armoedig/behoeftig/
armlastig/hulpbehoewend) vir EEN punt aan.
5.6 Dit √ 1
5.7 e-we-knie-e/
e/we/knie/e √ 1
Ignoreer die deelteken indien die kandidaat dit wel gebruik.
5.8 Hulle het nóg bedrog, nóg korrupsie geken. √ 1
5.9 in √ 1
5.10 Dit het baie implikasies wat ons nog duur te staan gaan kom./
Dit het baie implikasies waarvan jy later baie sal hoor./
Dit, waarvan jy my nou beskuldig, het baie implikasies. √ 1
Die kandidaat bied 'n eie, gepaste byvoeglike bysin aan.
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2016 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper