Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS HUISTAAL V3
2017
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2017, 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 397.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
NSC June Exam 2017
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/2017
SSE – Memorandum
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = Kh = 22
Taal, styl en redigering: T = Kl = 10
Struktuur: S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 36
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
• Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
• Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
• Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel
vat die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot
die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld:
1.1 'n Vrou/Man so na my hart ...
Hierdie onderwerp kan tot verskeie interpretasies, wat onder andere beskrywend,
verhalend, bespiegelend of argumenterend kan wees, lei. Die beskrywende
opstel sal hierdie merkwaardige persoon se persoonlikheid, gewoontes en
lewensbeskouing beskryf. 'n Verhaal sal op hierdie besondere persoon se
lewensgebeure fokus. By 'n bespiegelende interpretasie kan die leerder die redes
vir hierdie persoon se sukses bespreek. Indien die kandidaat 'n argumenterende
opstel skryf, sal die kandidaat die redes aanvoer hoekom hy/sy meen hierdie
persoon merkwaardig/interessant/goed is. Die onderwerp kan ook op ’n
denkbeeldige persoon/die ideale persoon/iemand wat nog in die toekoms ontmoet
word, dui. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/2017
SSE – Memorandum
1.2 Dis nie wat ek met dié woorde bedoel het nie!
Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as 'n beskrywende opstel aanbied. Die
fokus sal op die woorde/dade val wat nie bedoel is nie of verkeerdelik interpreteer is.
In die vertel van die verhaal sal daar gekyk word na die gevolge van onbedoelde
dade of woorde op ander karakters. Die kandidaat kan ook bespiegel wat die
uitwerking van woorde wat nie bedoel word nie, op iemand is. Die woorde hoef nie in
die skryfstuk genoem te word nie, 'n verwysing daarna is voldoende. [50]
1.3 Die aflaai van rolprente, reekse en musiek sonder om daarvoor te betaal, is
oneties.
Hierdie onderwerp is by uitstek 'n argumenterende of beredeneerde opstel waar
die kandidaat hom of haar uitspreek ten gunste van of teen die stelling en die leser
oortuig om sy of haar standpunt oor roofkyk of -luister te aanvaar. Die kandidaat kan
moontlik ook redeneer of dit werklik so onwettig is. In 'n verhalende opstel sal die
kandidaat die storie van iemand wat oor dié saak tronk toe is, vertel. 'n
Beskrywende opstel kan handel oor die aflaaiproses van sulke materiaal en hoe
nadelig dit is vir mense wat 'n bestaan uit die inkomste van verkope moet maak. [50]
1.4 Dis 'n grys herfsoggend ...
As 'n verhalende opstel kan die kandidaat verhalend skryf oor wat daardie grys
herfsoggend gebeur het en veral fokus op die artikel waarna tevergeefs gesoek is. In
'n beskrywende opstel kan die herfsoggend en die gebeure lewend word deurdat
emosies en gebeure in detail beskryf word, eerder as wat ʼn storie oor karakters
vertel word. In die bespiegelende opstel kan die redes vir die gebeure daardie
oggend ondersoek word. In die argumenterende en beredeneerde opstel kan daar
rondom die onnodigheid van misdaad in ons samelewing geargumenteer of
beredeneer word. Die hele onderwerp moet in die kandidaat se opstel betrek word. [50]
1.5 Deur die hospitaalvenster ...
Die kandidaat kan die opstel as 'n verhalende opstel aanbied. Die woorde kan as
die inleiding of slot of in die verloop van die opstel gebruik word. Kandidate kan 'n
verhaal skryf oor 'n gebeurtenis wat hy/sy deur die hospitaalvenster dophou./
waargeneem het. Die kandidaat kan ook verhaal hoe hy/sy in die hospitaal beland
het en nou deur die venster lê en kyk. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat
sy waarneming gee van wat hy/sy sien/hoor deur deur die venster te kyk en na die
buitekant te luister. In 'n beredeneerde/argumenterende opstel kan standpunt
ingeneem word oor goeie/swak hospitaalsorg of die voor- en/of nadele verbonde
daaraan om in die hospitaal versorg te word. Kandidate kan bespiegelend skryf oor
die moontlikhede om te herstel of oor dit wat hy/sy die meeste van die normale lewe
mis. [50]
1.6.1 Beeld wat sit
Interpretasies kan lei tot 'n beskrywende, verhalende of selfs bespiegelende
opstel, bv. 'n beskrywing van mense wat uniek is, of die wêreld uit 'n ander oogpunt
benader of iemand wat 'n denker is. Beeldhoukuns/Kuns kan ook beskryf word. 'n
Verhaal kan handel oor 'n karakter wat terugdink oor iets wat in die verlede gebeur
het of droom oor iets wat iewers in die toekoms wag. Verhale oor armoede en
swaarkry is ook aanvaarbaar. Hierdie onderwerp kan ook die feit dat daar van die
mens verwag word om te hardloop/jaag/presteer/hard te werk om te oorleef sonder
tyd om stil te word en oor die lewe te dink/daaroor te peins. In 'n argumenterende
en beredeneerde opstel kan die kandidaat kwessies van kuns/die waarde van
kuns/die enkeling teenoor die massa/die vreugde van ongekunsteldheid/die sin van
die lewe/melancholie/swaarkry beredeneer. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
1.6.2 Weegskaal
In 'n verhalende opstel kan die kandidaat fokus op die lewensverhaal/ervarings van
'n mens om balans in die lewe te vind. In 'n beskrywende opstel sal die
belewenisse en/of emosies van 'n mens wat poog om 'n gebalanseerde lewe te lei,
voorrang geniet. Wanneer beredeneer/geargumenteer word oor die onderwerp,
kan die kandidaat fokus op die waarde van balans in die lewe/dat sekere sake
belangriker as ander is om balans te vind. Wanneer die kandidaat peins oor die
eienskappe en sin van 'n gebalanseerde lewensuitkyk, kan dit slaag as
bespiegelende opstel. [50]
1.6.3 Mense wat in 'n ry staan
Interpretasies kan lei tot al die soorte opstelle. 'n Verhalende opstel kan die storie
verhaal van mense wat wag om kaartjies te koop vir een of ander konsert/
wedstryd/diens/of om die vliegtuig te bestyg. 'n Beskrywende/bespiegelende opstel
kan handel oor die verskillende soorte mense in die ry./oor al die rompslomp in die
openbare sektor./die feit dat die mens gesigloos geword het./lyftaal./bagasie wat
mense saamdra. Kandidate kan ook die refleksie gebruik vir 'n opstel wat handel oor
identiteit en mense se soeke na die eie ek. Kandidate kan swak diens, vermorsing
van tyd, gesigloosheid van mense/voortdurende beweging/modes beredeneer of
daaroor argumenteer. [50]
SOORTE OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).
• 'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
• Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
• Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
samehangend.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• 'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
• 'n Verrassende slot rond die inhoud af.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/2017
NSS – Memorandum
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
• Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.
• Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
van waarnemings).
• Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.
• Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
• Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en
nie die denotasie van woorde nie.
• Stylfigure kan gebruik word.
BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.
Hou die volgende in gedagte:
• Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
ingeneem word.
• BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
• Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
• Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
• 'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
• Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
• Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor 'n droom of wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/2017
NSS – Memorandum
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
• 'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
• 'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
• Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.
• 'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
• Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
• Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10
Taal, styl en redigering: T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte
te wees).
VRAAG 2
2.1 INFORMELE BRIEF
Die kandidaat skryf aan 'n geliefde waarin hy/sy die liefdesverhouding beëindig.
Hou die volgende in gedagte:
• Gebruik informele taal, styl en register.
• Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
• Skryf logies en volgens 'n spesifieke doel.
• Skryfstukke moet 'n inleiding, liggaam/inhoud en slot hê.
• Skryfstukke moet die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf is,
bevat.
• Na die skrywer se adres volg 'n informele aanhef.
• Sluit die brief informeel of semiformeel af, gevolg deur die skrywer se naam. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
2.2 FORMELE BRIEF: BRIEF AAN DIE PERS
Die brief het ten doel om die skrywer se positiewe ervaring oor 'n natuurreservaat
aan ander lesers oor te dra.
Hou die volgende in gedagte:
• Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief
se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld.
• Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
• Die aanhef of 'n bekendstelling is nie 'n vereiste nie, maar sal die waarde van die
skryfstuk verhoog.
• Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. Eenvoudige, direkte taal is
nodig.
• Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die
positiewe wat tydens die besoek ervaar is.
• Die formele register moet gebruik word, soos benodig in persbriewe.
• Indien 'n skuilnaam gebruik word, moet die formaat steeds korrek wees.
• Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar
nodig. [25]
2.3 HULDEBLYK
Bring hulde aan jou ouma.
Hou die volgende in gedagte:
• Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van afsterwe, die plek
waar die persoon oorlede is en die oorsaak van dood kan gegee word.
• Prestasies, hoogtepunte uit die oorledene se lewe en gemeenskaps-
betrokkenheid kan ingesluit word.
• Die fokus behoort te wees op dit wat die ouma vir die skrywer beteken het.
• Gebeurtenisse/staaltjies/persoonlike herinneringe behoort ingesluit te wees en
moet kan bydra/behoort by te dra tot die vertroosting van die familie.
• Moet waarderend wees.
• Iets persoonliks, soos 'n gedig, kan bygevoeg word.
• Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.
• Spreker kan eufemismes gebruik. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
2.4 FORMELE TOESPRAAK:
Die toespraak handel oor die uitdagings van die lewe./dat die lewe moeilik/uitdagend
is.
Hou die volgende in gedagte:
• Die styl is formeel. Gee aandag aan: wanneer, waar, hoekom, wie en wat.
• Inleiding moet belangstelling wek.
• Ontwikkel weldeurdagte idees en vermy clichés.
• Kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde word gebruik.
• Slot moet die gehoor tot nadenke stem; is nie noodwendig 'n samevatting van
die toespraak nie.
• Klem behoort te val op die probleme/uitdagings van die lewe. [25]
2.5 KOERANTBERIG
Die koerantberig fokus op die watertekort wat die gemeenskap noop om saam te
staan met die gevolg dat almal tot 'n hegte eenheid saamgebind word.
Hou die volgende in gedagte:
• Feite moet kortliks en akkuraat gegee word.
• Belangrikste feite moet gegee word sonder om die leser te verloor.
• Feite moet akkuraat, sonder 'n verdraaiing van die waarheid, wees.
• Subtitels kan gebruik word.
• Belangrikste feite word in die eerste paragraaf vermeld: wie, wat, waar, wanneer,
waarom, hoe en in watter mate.
• Die res van die paragrawe is 'n uitbreiding van die inleidende gegewens. [25]
2.6 RESENSIE
Die kandidaat gee 'n individuele respons op 'n nuwe eetplek wat in sy/haar
omgewing
geopen het.
Hou die volgende in gedagte:
• Resensies gee die resensent se mening oor die eetplek.
• Goeie resensies probeer om regverdig, maar eerlik te wees.
• Humor kan in resensies gebruik word.
• 'n Resensie is gewoonlik subjektief; twee resensente mag oor dieselfde
onderwerp verskil.
• Gee toepaslike feite, byvoorbeeld die naam van die eetplek, die
kwaliteit van diens, die pryse van geregte en atmosfeer (waar van
toepassing).
• Resensies word nie altyd volgens 'n vaste formaat geskryf nie.
• Dit is nie nodig om spesifieke aspekte van die spyskaart/geregte in
besonderhede te bespreek nie. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 9 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die
omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant
(Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en
Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, interessant oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp
vir beplanning; volwasse en en lewer bewys van -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie
Hoë vlak
Bewustheid van doel, stem leser tot volwassenheid en redelik organisasie en -Vaag en herhalend
gehoor en konteks nadenke -Organisasie baie samehangend, samehang -Geen organisasie nie
-Uitsonderlike goed en insluitend inleiding, en is onsamehangend
30 PUNTE organisasie en samehangend, liggaam en
samehang, insluitend insluitend inleiding, samevatting/slot
inleiding, liggaam en liggaam en
samevatting/slot samevatting/slot
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
-Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging
maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in
treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met
van 'n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie
-Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant
Lae vlak
volwasse samehangend, samehangend en -Skaars 'n bewys van en ontoepaslik
-Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen
samehang, insluitend liggaam en -'n Mate van samehang fokus nie
inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en
samevatting/slot samehang, insluitend
inleiding, liggaam en
samevatting/slot
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Taal onverstaanbaar
woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat minder -Toon, register, styl en
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor woordeskat nie gepas
woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks en konteks vir doel, gehoor en
vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie konteks nie
Hoë vlak
konteks; van vertroue, en 'n deurlopende om betekenis oor te basies -Woordeskat so
Woordkeuse; indrukwekkend gepaste toon word dra -Toon en woordkeuse beperk dat dit
Taalgebruik en -Toon retories treffend gebruik -Toon is gepas skaars toepaslik onmoontlik is om sin
konvensies, en effektief -Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte te maak
punktuasie, -Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat
grammatika, spelling spelling feitlik foutvry foutvry te versterk
-Knap gedaan -Baie goed gedoen
15 PUNTE 13 10 7 4
-Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik -Voldoende -Taalgebruik
uitstekend en toon is en oor die algemeen taalgebruik, maar onvoldoende
retories effektief effektief teenstrydighede word -Weinig indien enige
Lae vlak
-Grammatika en -Toon gepas en opgemerk sinsverskeidenheid
spelling feitlik foutvry effektief -Toon oor die -Woordeskat baie
-Baie goed tot knap -Enkele foute in algemeen gepas en beperk
gedaan grammatika en beperkte gebruik van
spelling retoriese middele
-Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
-Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige punte -Noodsaaklike punte
Kenmerke van teks; ontwikkeling van van details ontwikkel geldig ontbreek
Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe
en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer foutief foutief
-Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin -Opstel maak nog -Opstel maak nie sin
5 PUNTE uitsonderlik effens sin nie
gekonstrueer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 13–15 10–12 7–9 4–6 0–3
BEPLANNING & -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie
Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik
Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking
beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in
Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie
kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail
en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die
fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp
15 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas
-Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL & 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie
Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en
Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward
Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie
10 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig
belemmer
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 P3 Supplementary November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2015 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2017 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper