Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS HUISTAAL V3
2016
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2016 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2016, 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 354.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
NSC June Exam 2016
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
Show all 12 questions
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.5Luister en Praat (Listening and Speaking)25 marks
- Question 2.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/2016
SSE – Memorandum
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die punte soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = Kh = 22
Taal, styl en redigering: T = Kl = 10
Struktuur: S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 36
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
• Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
• Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
• Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
standpunt insluit. In die geval van ’n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
die slot die opstel saam, terwyl ’n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld:
1.1 Ek is na jare terug op die dorp ...
Hierdie onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere verhalend,
bespiegelend of argumenterend kan wees. ’n Verhaal sal op hierdie onderwerp as
tema fokus. By ’n bespiegelende interpretasie kan die leerder die wenslikheid van
die terugkeer na die dorp bespreek. Indien die kandidaat skryf dat dit noodsaaklik is
om terug te keer en onafgehandelde sake af te handel, kan dit as ’n
argumenterende opstel aanvaar word. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/2016
SSE – Memorandum
1.2 Lillian is 16, beeldskoon en die Du Toits se enigste kind.
Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ’n verhalende opstel aanbied. Die fokus
sal op die karakter Lillian wees. In die vertel van die verhaal sal daar ook gekyk word
na haar skoonheid en die feit dat sy die enigste kind was. Die kandidaat kan ook op
gevoelens ten opsigte van die dinge wat ’n effek op hom/haar het, fokus in ’n opstel
wat beskrywend van aard sal wees. [50]
1.3 Naskoolse opleiding: My reg of voorreg?
Hierdie onderwerp leen hom tot die skryf van ’n argumenterende of beredeneerde
opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek of dit sy of haar reg of voorreg is om
naskoolse opleiding te ontvang en die leser oortuig om sy/haar standpunt te aanvaar.
In ’n verhalende opstel sal die kandidaat die gebeure wat gelei het tot hierdie
stelling, kan aanbied. Die emosies rondom naskoolse opleiding kan ook in ’n
bespiegelende opstel bespreek word. [50]
1.4 Jy is brawer as wat jy glo, sterker as wat jy lyk, en slimmer as wat jy dink.
Hierdie onderwerp kan lei tot al die soorte opstelle. In ’n verhalende opstel kan ’n
gebeurtenis uit die werklikheid of die fantasiewêreld vertel word. In ’n
bespiegelende opstel kan die kandidaat sy of haar siening, idees, gedagtes en
gevoelens oor die onderwerp gee. Dit kan humoristies of ernstig geskryf word. In ’n
beskrywende opstel kom die atmosfeer en stemming duidelik na vore en word ’n
prent met woorde geskep oor die aspekte (braaf, sterk en glo) in die onderwerp. As
die onderwerp as ’n beredeneerde of argumenterende opstel aangebied word,
moet ’n duidelike stelling geformuleer word, bv. Tieners is brawer as wat hul glo,
sterker as wat hulle lyk en slimmer as wat hulle dink. Argumente moet dan vir die
stelling aangevoer word. Beide kante van die saak moet in die beredeneerde opstel
gestel word en slegs een kant van die saak in die argumenterende opstel. [50]
1.5 Lag is die beste medisyne.
Die kandidaat kan die opstel as ’n verhalende opstel aanbied. Verhale oor
gebeurtenisse of ervarings of handelinge wat die kandidaat vreugde verskaf/snaaks
was, kan vertel word. As ’n kandidaat ’n beskrywende opstel aanpak, kan
handelinge of gebeure wat humoristies is, beskryf word. As argumenterende of
beredeneerde opstel kan die kandidaat argumente of redes aanvoer waarom lag die
beste medisyne is, al dan nie. [50]
1.6.1 Kraan met water
Interpretasies kan lei tot ’n beskrywende, verhalende of selfs bespiegelende
opstel, bv. ’n beskrywing van die waarde van water in ’n gemeenskap. ’n Verhaal
kan handel oor die sukkelbestaan sonder water. Hierdie onderwerp kan ook
bespiegel oor die feit dat water ’n kosbare hulpbron is. In ’n argumenterende en
beredeneerde opstel kan die kandidaat argumenteer of beredeneer rondom
kwessies van waterbesparing, die moontlikheid dat water ’n geskilpunt kan word of
swak munisipale dienste. [50]
1.6.2 Man met oop arms
In ’n verhalende opstel kan die kandidaat fokus op die lewensverhaal/emosies/geluk/
vryheid/toekoms/ervarings van ’n mens. In ’n beskrywende opstel sal die verlange
belewenisse en/of emosies van ’n mens wat smag na vryheid/geluk/geleenthede/
toekoms/sukses onder die vergrootglas geplaas word. Wanneer beredeneer/
geargumenteer word oor die onderwerp, kan die kandidaat fokus op die waarde van
sukses/vryheid/geleenthede in ’n mens se lewe. Wanneer die kandidaat peins oor die
eienskappe en sin van vryheid/geluk/geleenthede/sukses/toekoms, kan dit slaag as
bespiegelende opstel. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/2016
SSE – Memorandum
1.6.3 Houtvuur
Die kandidaat kan ’n verhalende opstel skryf waarin hy/sy vertel van ’n ervaring in
die veld toe hy/sy self moes vuur maak of van ’n kampvuurkuier./kampvuur wat ’n
groot brand veroorsaak het. In ’n beskrywende opstel kan die kandidaat skryf oor
verskillende soorte vure, letterlik en figuurlik. As bespiegelende opstel kan die
kandidaat besin oor die waarde van kuiers om ’n kampvuur en/of die buitelewe. Die
kandidaat kan ook oor die waarde van buitelewe-uitstappies redeneer. [50]
SOORTE OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
• ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
• Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
• Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
samehangend.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• ’n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
• ’n Verrassende slot rond die inhoud af.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
• Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis.
• Insig, begrip, ’n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
van waarnemings).
• Tekste kan varieer van meer realisties tot ’n verdieping in die aanbieding.
• Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
• Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en
nie die denotasie van woorde nie.
• Stylfigure kan gebruik word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/2016
SSE – Memorandum
BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.
Hou die volgende in gedagte:
• Die opstel handel oor ’n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
ingeneem word.
• BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
• Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
• Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
• ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
• Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
• Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
• ’n Eie mening word op ’n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
• ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
• Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou.
• ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
• Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
• Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/2016
SSE – Memorandum
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die punte soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10
Taal, styl en redigering: T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).
VRAAG 2
Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf skryfstukke van 180–200 woorde elk.
2.1 INFORMELE BRIEF
Die kandidaat bedank sy/haar beste vriend/vriendin vir sy/haar ondersteuning tydens
die afgelope paar jaar.
Hou die volgende in gedagte:
• Die kandidaat gebruik informele taal, register en styl.
• Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
• Die kandidaat behoort logies en volgens ’n spesifieke doel te skryf.
• Briewe moet ’n inleiding, liggaam/inhoud en slot hê.
• Briewe moet die skrywer se adres en die datum waarop die brief geskryf is,
onder die adres bevat.
• Na die skrywer se adres volg ’n informele aanhef.
• Die brief sluit informeel of semiformeel af, gevolg deur die skrywer se naam.
• Die formaat is belangrik.
2.2 FORMELE BRIEF: AANSOEK
Die brief handel oor die aansoek om ’n geadverteerde betrekking. Die kandidaat
moet aansoek doen by Radio FM soos in die advertensie vermeld. Die brief behoort
te bevestig dat die aansoeker aan die vereistes, soos uiteengesit in die advertensie,
voldoen. Die kandidaat behoort haar/hom ook bereid te verklaar om vir die stemtoets
beskikbaar te wees.
Hou in gedagte:
• Die formaat is formeel.
• Daar moet twee adresse, ’n aanhef, ’n inhoudsopskrif en ’n gepaste afsluiting
wees.
• Die inhoud moet handel oor die aansoek by ’n radiostasie.
• Die styl is saaklik, maar hoflik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/2016
SSE – Memorandum
• Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
• Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar in ’n formele register.
• Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel, voorletters en van
moet gegee word. [25]
2.3 RESENSIE
Die kandidaat gee ’n individuele respons op ’n gewilde TV-program vir die TV Plus-
tydskrif. Toepaslike feite, byvoorbeeld die naam van die TV-program/regisseur/
genre/akteurs ens. word in die resensie aangebied.
Hou die volgende in gedagte:
• Resensies word nie altyd volgens ’n vaste formaat geskryf nie.
• Goeie resensies probeer om regverdig, maar eerlik/subjektief te wees.
• Humor kan in resensies gebruik word.
• Gee die resensent se mening oor ’n werk.
• Die resensent is gewoonlik subjektief. [25]
2.4 NOTULE
Skryf die notule van die personeelvergadering van Checkers.
Hou die volgende in gedagte:
• Die notule moet ’n personeellid, wat nie teenwoordig was nie, ’n idee gee van
wat by die personeelvergadering gebeur het.
• Alle besluite moet genotuleer word.
• Die notule word altyd in die teenwoordige tyd geskryf.
• Die notule stem puntsgewys ooreen met die agenda.
• Taal en styl is formeel.
• Die naam van die personeelvergadering, datum van die vergadering en plek van
die vergadering word boaan die notule geskryf.
• Elke notule bevat ’n opening en verwelkoming, ’n lys verteenwoordigers, ’n lys
afwesiges, die notule van die vorige vergadering wat gelees en goedgekeur moet
word en dan sake uit die vorige notule.
• Die notule moet deur die voorsitter en die sekretaris/sekretaresse onderteken
word. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/2016
SSE – Memorandum
2.5 DIALOOG
In die gesprek tussen twee vriende/vriendinne druk hulle ontsteltenis uit oor ’n
bakleiery.
Hou die volgende in gedagte:
• Twee mense voer ’n gesprek.
• Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit
die spreker se perspektief.
• Elke nuwe spreekbeurt word op ’n volgende reël geskryf.
• Gebruik ’n dubbelpunt na die naam van elke spreker.
• Ekstra inligting word tussen hakies aangedui, bv.
Anna: (met dringendheid) Ek sal dit .../ Anna (met dringendheid): Ek sal dit ...
• ’n Scenario kan geskep word voordat die dialoog geskryf word. [25]
2.6 HULDEBLYK
Die kandidaat bring hulde aan ’n geliefde familielid wat onlangs oorlede is.
Hou die volgende in gedagte:
• Die oorledene se naam en van, adres, ouderdom, datum van dood, plek waar die
persoon oorlede is, oorsaak van dood, duur van siekte en name van gesinslede
wat agtergelaat word, kan gegee word.
• Prestasies/hoogtepunte/opleiding/gemeenskapsbetrokkenheid kan gegee word.
• Gebeurtenisse en staaltjies oor die oorledene; persoonlike herinneringe van
familie en vriende kan gegee word. Die leser moet ʼn duidelike beeld van die
oorledene kan vorm en familie kan ook vertroos word.
• ’n Persoonlike boodskap soos ’n gedig kan bygevoeg word.
• Die taal, styl en register is formeel.
• Gebruik eufemismes waar van toepassing. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 9 DBE/2016
SSE – Memorandum
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant
(Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en
Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, interessant oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp
vir beplanning; volwasse en en lewer bewys van -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie
Hoë vlak
Bewustheid van doel, stem leser tot volwassenheid en redelik organisasie en -Vaag en herhalend
gehoor en konteks nadenke -Organisasie baie samehangend, samehang -Geen organisasie nie
-Uitsonderlike goed en insluitend inleiding, en is onsamehangend
30 PUNTE organisasie en samehangend, liggaam en
samehang, insluitend insluitend inleiding, samevatting/slot
inleiding, liggaam en liggaam en
samevatting/slot samevatting/slot
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
-Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging
maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in
treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met
van ’n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie
-Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant
Lae vlak
volwasse samehangend, samehangend en -Skaars ’n bewys van en ontoepaslik
-Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen
samehang, insluitend liggaam en -’n Mate van samehang fokus nie
inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en
samevatting/slot samehang, insluitend
inleiding, liggaam en
samevatting/slot
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/2016
SSE – Memorandum
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Taal onverstaanbaar
woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat nie gepas -Toon, register, styl en
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en vir doel, gehoor en woordeskat minder
woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks konteks nie gepas vir doel, gehoor
vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie en konteks
Hoë vlak
konteks; van vertroue, en ’n deurlopende om betekenis oor te basies -Woordeskat so
Woordkeuse; indrukwekkend gepaste toon word dra -Toon en woordkeuse beperk dat dit
Taalgebruik en -Toon retories treffend gebruik -Toon is gepas skaars toepaslik onmoontlik is om sin
konvensies, en effektief -Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte te maak
punktuasie, -Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat
grammatika, spelling spelling feitlik foutvry foutvry te versterk
-Knap gedaan -Baie goed gedoen
15 PUNTE 13 10 7 4
-Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik -Voldoende -Taalgebruik
uitstekend en toon is en oor die algemeen taalgebruik, maar onvoldoende
retories effektief effektief teenstrydighede word -Weinig indien enige
Lae vlak
-Grammatika en -Toon gepas en opgemerk sinsverskeidenheid
spelling feitlik foutvry effektief -Toon oor die -Woordeskat baie
-Baie goed tot knap -Enkele foute in algemeen gepas en beperk
gedaan grammatika en beperkte gebruik van
spelling retoriese middele
-Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
-Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige punte -Noodsaaklike punte
Kenmerke van teks; ontwikkeling van van details ontwikkel geldig ontbreek
Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe
en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer foutief foutief
-Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin -Opstel maak nog -Opstel maak nie sin
5 PUNTE uitsonderlik effens sin nie
gekonstrueer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3
Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/2016
SSE – Memorandum
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 13–15 10–12 7–9 4–6 0–3
BEPLANNING & -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie
Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik
Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking
beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in
Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie
kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail
en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die
fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp
15 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas
-Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL & 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie
Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en
Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward
Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie
10 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig
belemmer
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2015 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2016 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Supplementary November 2016 QP
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper