Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS HUISTAAL V1
2016
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2016 Question Paper
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2016, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 1.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC June Exam 2016
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/2016
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
4. Trek ’n streep ná elke afdeling.
5. Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat ’n reël oop na elke antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/2016
SSE
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS A: ARTIKEL
DÍT TAKEL TIENERS AF
1 Die media en sosiale netwerke het dikwels ’n aftakelende invloed op ons
tieners se selfwaarde.
2 Ons het almal prentjies oor onsself in ons koppe – dit word ons “selfbeeld”
genoem. ’n Selfbeeld word van kleins af gevorm deur ervarings van die
wêreld om ons. Selfwaarde, wat selfvertroue en selfaanvaarding insluit, is ’n
belangrike deel van emosionele gesondheid.
3 As tieners op sosiale media sit en klets, klink dit min of meer soos volg: “Sy
Facebookfoto is gedokter.” “Haar foto is professioneel; haar ma het vir alles
betaal.” “Het julle Helen se twiet gesien? Sy was saam met ’n ou van die gim
by die partytjie en hy is 25!” “Sjoe, sy is gebou soos ’n pou.” Hulle klets oor
wie’s maer, wie het ’n “six pack”, wat is in en wie is uit. Die belangrikste
dinge in hul lewens: Facebook, Twitter, MXit, WhatsApp, maer wees en “in”
wees – die selfbeeldbouers. Dan is daar ongelukkig steeds skool ...
4 “Die tiener se hele wese draai om hoe ander van dieselfde ouderdom hulle
sien en wat hύlle dink,” sê Carien Nel, ’n skoolhoof. “Deesdae is selfs
kinders van agtjarige ouderdom al kop onderstebo en kompulsief besig om
te BBM of WhatsApp. Alle vorme van media het ’n geweldige uitwerking op
tieners se selfbeeld en selfwaarde. Daarom is tieners sonder ’n sterk
selfbeeld en -waarde oneindig broos.”
5 Iemand wat mooi en maer is, die regte soort selfoon het en klere met die
regte handelsmerk dra, word as suksesvol beskou. Kinders meet mekaar
aan hoe groot hul onderskeie huise is en watter soort motors hul ouers ry.
Alles op sosiale platforms gaan oor die uiterlike.
6 Nel voel dat ma’s as ’n groep een van die grootste euwels is. “Die ma’s word
al hoe jonger en meer ‘sexy’. Hulle kinders moet ook so lyk! Erger nog, die
ma’s kompeteer namens hul kinders onder mekaar. Baie tieners sukkel nog
met babavet en slegte velle en as jy voel jy is nie mooi of goed genoeg vir
jou ma nie, wat bly oor? Die ouers wil nie meer ouers wees nie, hulle wil die
‘gewilde, cool’ ma’s wees, derhalwe swig hulle voor die druk van hul kinders.
Dis juis dié kinders wat te vroeg dissiplineloos grootword, wat sukkel met
selfwaarde en nie gesonde waardes in die algemeen aanleer nie.”
7 Kinders leer vroeg middelmatigheid is nie aanvaarbaar nie. Wanneer jy jou
bes doen en dit is nie goed genoeg nie, het dit ’n verpletterende uitwerking
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/2016
SSE
op selfwaarde, wat dan tot verskeie gedragsprobleme kan lei. By ’n Suid-
Afrikaanse hoërskool het Lewensoriënteringonderwysers vrae in die
eksamen oor die uitwerking van die media op tieners se selfwaarde gestel.
“Daar bestaan geen twyfel dat veral Facebook ’n geweldige invloed op
tieners se selfbeeld het nie,” sê Dennis Moir van dié skool. “Maar alles is nie
sleg nie. Selfwaarde kan ook deur sosiale netwerke gebou word. Kinders wat
sukkel om te sosialiseer kry dikwels hier maniere om
kommunikasievaardighede te oefen. Maar, hóé die Facebookblad lyk, watter
foto’s en hóé dikwels items op die muur geplaas word, hoeveel keer iemand
jou muurplasings ‘like’ – dui alles op hoe gewild en suksesvol jy is,” sê Moir.
“Jou Facebookblad bepaal jou selfwaarde.”
8 Baie tieners voel hul lewens steek af teen ander s’n. As jy nie gereeld op die
muur skryf nie, dui dit daarop dat jy nie eintlik ’n lewe het nie. Dit maak hulle
kuberbroos. Volgens ’n sielkundige, dr. Marlene Wasserman, besef tieners
dat Facebook dikwels nie die werklikheid weerspieël nie en dat foto’s soms
gedokter is. Dit ten spyt, het Facebook steeds ’n groot invloed op tieners se
selfwaarde.
9 Veral kuberboelies oorskry dikwels alle perke op Facebook. Hulle plaas
dikwels lelike, onsmaaklike foto’s van ander. Volgens dr. Wasserman ly
jongelinge met ’n lae selfwaarde die meeste onder kuberboelies. “Dit
vernietig tienerselfwaarde en maak hulle dan veral kuberbroos. Hierdie
tieners word in ’n virtuele openbare domein groot – ’n genadelose plek waar
hul lewens in werklike tyd gedokumenteer word.” Dr. Wasserman noem
hierdie generasie se hiperkonnektiwiteit die “nuwe normaal”. Vir hulle ís dit
die werklikheid. “Hierdie generasie weet nie van beter nie. Sosiale platforms
en die Internet is waar hulle hul inligting kry, uitruil, kommunikeer en hulle
selfwaarde vorm.”
10 Ouers se enigste teenvoeter vir bogenoemde sosiale euwels is om kinders se
selfwaarde van kleins af baie doelbewus te bou en dit baksteen vir baksteen
met liefde en respek vas te messel. Tieners word gebombardeer met té veel
mediabeelde van perfeksie, sukses en skoonheid. Dit veroorsaak kompetisie
en ’n oordrewe strewe na die perfekte, wat vir die meeste onbereikbaar is en
hul selfwaarde aftakel. Gesonde idees oor identiteit en sukses verseker ’n
gesonde selfwaarde.
11 Ouers en kinders se betrokkenheid by sosiale media het ’n verreikende
invloed op tieners se selfwaarde. Die menings, erkenning en aanvaarding
van hul maats is vir die meeste tieners so belangrik soos duisende ‘likes’ op
hul mure.
[Verwerk uit Rooi Rose, Februarie 2014]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/2016
SSE
1.1 Wat bepaal ’n mens se selfbeeld en waarom is ’n gesonde selfbeeld
noodsaaklik? (2)
1.2 Wat impliseer die skrywer met die onderstreepte gedeelte in paragraaf 3? (1)
1.3 Herlees paragraaf 4.
Skryf die woord neer wat daarop dui dat die gebruik van tegnologie
verslawend is. (1)
1.4 Wat word deur die sosiale media as die norm vir sukses aan tieners
voorgehou? (3)
1.5 Herlees paragraaf 6.
Dink jy Carien Nel se aanname oor ouers in die moderne tyd is geregverdig?
Motiveer jou antwoord. (1)
1.6 Watter nadeel hou dit vir tieners in om ouers soos in paragraaf 6 te hê? Wat
is die implikasie vir toekomstige gesinne? Hoe dink jy kan die probleem
reggestel word? (3)
1.7 Hoe sal kinders weet dat middelmatigheid nie goed genoeg is nie? Watter
uitwerking het dié besef op hulle? (3)
1.8 Die skrywer voel dat Facebook ook ’n positiewe invloed op tieners het.
Motiveer uit paragraaf 7 waarom jy met hierdie stelling kan saamstem. (1)
1.9 Hoe, dink jy, kan die negatiewe invloed van Facebook (paragraaf 8 en 9)
teëgewerk word? (1)
1.10 “... hul lewens in werklike tyd gedokumenteer word” (paragraaf 9).
Waarna verwys dr. Wasserman? Haal ’n woord uit paragraaf 9 aan om dié
stelling te bewys. (2)
1.11 Gee die oplossings wat hierdie artikel aan ouers bied om kinders teen die
gevare van sosiale media te beskerm. (4)
1.12 Is die tekstitel geslaagd? Motiveer jou antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/2016
SSE
TEKS B: VISUELE TEKS
[Uit: www.single-dc.com]
1.13 Watter gevoel ervaar die meisie in RAAMPIE 3? (1)
1.14 Wat is die verband tussen RAAMPIE 5 en die onderstreepte gedeelte in
paragraaf 9 (TEKS A)? Hoe ondersteun die meisie se liggaamshouding in
RAAMPIE 5 jou antwoord? (2)
1.15 Hoe skakel TEKS B met paragraaf 3 van TEKS A? Dink jy die kunstenaar se
voorstelling van hedendaagse kommunikasie is geslaagd? Motiveer jou
antwoord. (2)
1.16 Kyk na RAAMPIE 7.
Hoe weet ons dat die boodskap wat gestuur word, gunstig is? (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/2016
SSE
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
• Lees die teks hieronder en maak ’n opsomming van SEWE stadiums in die
ontwikkeling van skoene.
• Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm aangebied
word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
• Dit is nie nodig om die opsomming ’n titel te gee nie.
• Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
TEKS C
SKOENE HET AL ’N LANG PAD GESTAP
Die mens se voete moes oor eeue heen beskerm word teen skerpioene, klippe, dorings
asook die verswelgende hitte van woestynsand en vernietigende koue in sneeu en ys.
Skoene was die oplossing! In die geskiedenis het skoene al ’n baie lang pad gestap.
Die vroegste bewys van skoene is in 8000 v.C. in Missouri by Amerikaanse Indiane
gevind. Dit was gevlegte leer en gras wat die voetsool teen allerlei elemente beskerm het.
Die sogenaamde “Ysman” het in 3300 v.C. in die Franse Alpe gesterf en ’n primitiewe
skoen, met gras uitgevoer, is aan sy beendere gevind. Driehonderd jaar ná hierdie
“Ysman” het die Egiptenare muurskilderye van skoene en skoenmakers geverf. Dit was
iets soos sandale wat van gebreide leer gemaak is.
Griekse slawe is in 100 n.C. uitgeken daaraan dat hulle geen skoene gedra het nie; die
voorreg van skoene het uitsluitlik aan vryburgers en slawe-eienaars behoort. Dit was
steeds eenvoudige, handvervaardige leerskoene.
In 1500 het die kunstenaar, Leonardo da Vinci, skoene verhef tot ’n noodsaaklike
bykomstigheid: hy het die hoë hak ontwerp – iets wat aanvanklik net deur mans van die
adelstand gedra is. ’n Eeu later het skoenveters hoogmode geword en die blink gespes
van hoëhakskoene is met veters vervang. In 1800 het fabrieke begin met die
massaproduksie van die skoenmaker se eenvoudige leerskoene met blink leer en skerp
punte.
Die mens se voet is ’n interessante liggaamsdeel: dit het 18 spiere en 25% van die bene
in ’n mens se liggaam kom in jou voet voor. In die Oosterse tradisie was vroue met
besonder klein voetjies gesog. Daarom is vroue se voete van ’n jong ouderdom af met
satynbande toegedraai om die bloedsomloop af te sny en groei te voorkom. Dié verbinde
voete was ’n teken van onderdanigheid aan haar man en familie omdat dit vir die vrou
moeiliker was om rond te beweeg.
Soos die jare aangestap het, het skoene voete op baie paaie geabba. Soms het die
skoensole mense oor moeilike paaie gehelp en andere kere het dit voetspore van
vreugde agtergelaat.
[Aangepas uit http://www.sarie.com/inspirasie en http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/2016
SSE
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIES
Lees die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS D
1 Parmalat EasyGest-melk bevat al
2 die heilsaamheid van suiwel maar
3 9 Daar is net een goeie keuse:
sonder die ongemaklike nagevolge
4 van laktose-intolleransie.
5 Daarom is melk nie vir almal ewe
6 maklik (verteer) nie.
7 Parmalat EasyGest is beskikbaar in
8 volroom- en laevetmelk.
[Verwerk uit Sarie, April 2013]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/2016
SSE
3.1 Verbeter die leestekenfout in reël 1–4. Skryf die woord voor en na die
ontbrekende leesteken ook neer. (1)
3.2 Dink jy die visuele voorstelling pas by die woorde in reël 1–2? Motiveer jou
antwoord. (1)
3.3 Verbeter die spelfout wat in reël 3–6 voorkom. (1)
3.4 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies (reël 6). (1)
3.5 Herskryf reël 7–8 in ’n vraagsin. (1)
3.6 Waarom is reël 9 ’n voorbeeld van partydigheid? (1)
TEKS E
1
2
3
[Verwerk uit Sarie, November 2013]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/2016
SSE
3.7 Watter diskriminasie word deur die advertensie verbreek en hoe sluit die
prent hierby aan? (2)
3.8 Watter afleiding kan oor die persoon op die stoel se lyftaal gemaak word? (1)
3.9 In reël 2 en 3 gebruik die adverteerder Engels. Hoekom, dink jy, pas dit by
die advertensie? (1)
[10]
VRAAG 4: SPOTPRENT
Lees en kyk na die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS F
1. Moenie ’n kind help as
jy bang is vir Wiskunde,
sê professor Taljaard in 2. Mamma, hulle sê
Volksblad. jy moenie vir Pappa
help met Wiskunde-
probleme as jy
bang is nie!
3. Is ’n sirkel se
oppervlak nog pi 4. Ek soek ook
maal straal van daai pastei!
kwadraat?
[Verwerk uit Volksblad, 5 September 2015]
4.1 Gee die afkorting vir “Wiskunde” in Spraakborrel 1. (1)
4.2 Skryf die onderstreepte sin in Spraakborrel 1 korrek oor. (1)
4.3 Die sin in Spraakborrel 1 is ’n mening. Motiveer hierdie stelling. (1)
4.4 Gee die verkleinwoord van die skuinsgedrukte woord in Spraakborrel 2. (1)
4.5 Vorm ’n persoonsnaam van die onderstreepte woord in Spraakborrel 2. (1)
4.6 Watter opvallende stereotiperings kom in Spraakborrel 2 voor? (2)
4.7 Gee TWEE woorde wat dieselfde as die onderstreepte woord in
Spraakborrel 3 beteken. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 11 DBE/2016
SSE
4.8 Herskryf die meerkat se woorde in Spraakborrel 4 in die indirekte rede.
Begin jou antwoord met, Die meerkat sê ... (1)
4.9 Watter bydrae lewer die uitbeelding van die seuntjie tot die versterking van
die spotprenttekenaar se boodskap in hierdie spotprent? (1)
[10]
VRAAG 5: ARTIKEL
Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS G
Wie is sy regtig?
1 (5.1) Dit is nou ysig in die Magaliesburg, en die onverwagte reën lê in groot
poele langs die pad. Ek sien haar toe ek om die draai kom.
2 Sy lyk (5.2) netjies in haar blou blazer en skoolromp. Haar skoene is blink
gepolitoer.
3 Ek stop toe ek sien (5.4) sy gooi duim.
4 “Waarheen gaan jy?” vra ek.
5 “Ek is op pad skool toe vir ekstra lesse. Ons het vandag geografie.”
6 “Op ’n Saterdag?”
7 “Ja, al die matrieks het klas vandag,” sê sy asof dit (5.6) normaal is.
8 “En wat wil jy eendag word?” vra ek nuuskierig.
9 (5.7) “’n Vlieënier,” antwoord sy.
10 Ek is beïndruk! En as jy bereid is om oor ’n naweek meer as 70 kilometer
duim te gooi skool toe, is die kanse seker goed dat jy dit sal regkry, dink ek
stilweg.
11 Wanneer ons iemand ontmoet, is dit omtrent altyd die eerste ding wat ons
vra: “So, wat doen jy vir ’n lewe?” ’n Beroep het amper ’n manier geword om
mense te (5.8) beoordeel. Dit gee jou (5.9) status en aansien.
12 “Wat kry jy? Waar bly jy? Wat ry jy?” (5.10) ... dinge laat ons belangrik voel;
dit gee ’n tipe sin en betekenis aan ons lewe. Maar het jy al gaan sit en dink
wie IS jy?
[Uit: Finesse, Oktober 2015]
5.1 Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 1 in die verlede tyd. (1)
5.2 Skryf die intensiewe vorm van die onderstreepte woord in paragraaf 2 neer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 12 DBE/2016
SSE
5.3 Verbind die twee sinne in paragraaf 2 met die voegwoord “terwyl”. (1)
5.4 Wat beteken die onderstreepte uitdrukking in paragraaf 3? (1)
5.5 Skryf die gesegde wat in die eerste sin van paragraaf 5 voorkom, neer. (1)
5.6 Gee die antoniem vir die onderstreepte woord in paragraaf 7. (1)
5.7 Brei die sin in paragraaf 9 met ’n bywoordelike bepaling uit. Skryf die hele sin
oor en onderstreep die bepaling. (1)
5.8 Die paroniem van “beoordeel” (paragraaf 11) is “veroordeel”. Skryf ’n sin van
jou eie sodat die betekenis van “veroordeel” duidelik blyk. (1)
5.9 Benoem die onderstreepte taalverskynsel in paragraaf 11. (1)
5.10 Skryf die ontbrekende aanwysende voornaamwoord in paragraaf 12 neer. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2016 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2016 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper