Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 12201914 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2019, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2019

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL V1 2019 PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/2019 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 4. Trek 'n streep ná elke afdeling. 5. Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/2019 SS/NSS AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg. TEKS A: ARTIKEL 'N KOELKOP MET EMPATIE 1 Imtiaz Sooliman, Gift of the Givers. Dié stigter en dié organisasie werk met net een doel voor oë: om mense se lot met deernis te verlig. 2 Hy noem homself 'n rampspoedtoeris, sê dr. Imtiaz Sooliman toe ons op 'n somersdag in die Tuine in Kaapstad ontmoet. Hy sit rustig en gesels. 3 Imtiaz praat vinnig, gedrewe. In sy jeug was hy ergerlik oor onregverdigheid. "Ons 5 moes persele ontruim, is verkleineer en as student aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, waar ek in medisyne studeer het, was ek wrewelrig teenoor die regering." 4 Maar toe verander sy lewe op 6 Augustus 1992. Hy was op besoek in Istanboel, Turkye, en het 'n gebedsessie vir alle denominasies bygewoon. 'n Spirituele 10 onderwyser het in sy oë gekyk en gesê: "My seun, in jou siel sien ek iemand wat mense wil help." Wat dit merkwaardig maak, is dat hy nie Turks, en die spirituele onderwyser, Zorah, nie Engels verstaan het nie, onthou Imtiaz. "Ons het 'n geestelike taal gedeel," verduidelik hy. "Die man het gesê: 'Ek vra jou nie, maar beveel jou om die organisasie, Gift of the Givers, te stig en om mense van alle 15 rasse en gelowe, kleure en politieke oortuigings van oor die wêreld onvoorwaardelik te dien.' Dié opdrag het my lewe verander." 5 Reeds vir 25 jaar is hy aan die stuur van een van die wêreld se bekendste humanitêre organisasies, Gift of the Givers. Daar waar die nood groot en oorweldigend is – in Sirië se burgeroorlog, in Jemen ná ontvoerings, in die Kaap en 20 Karoo waar waternood mense tot stilstand dwing, in die Suid-Kaap toe wegholveldbrande alles vernietig het, in Mosambiek tydens droogtes – dáár werk Imtiaz en sy span gekwalifiseerde helpers. 6 Enigiemand kan vir Gift of the Givers werk, "mits jy deernis het, hoogs gekwalifiseerd is en onder druk kan werk". Die organisasie bedryf 21 projekte wat 25 wissel van traumaberading, voeding, behuising tot mediese bystand tydens rampe. Hulle onderhandel ook vir die vrylating van ontvoerdes. 7 Imtiaz se deernis vir mense het kleintyd begin. Twee mense het daartoe bygedra dat hy 'n mediese dokter geword het: sy pa en sy ma. "My pa was 'n winkeleienaar. Hy het dikwels die skuld van sy klante afgeskryf." Sy ma, by wie hy en sy twee 30 susters grootgeword het, het 'n werkverskaffingsburo gehad. "Sy het geglo mense wat werk, is bemagtig." 8 Om mense se lot te verlig, is sy lewenstaak. Dís wat hom dryf. Maar om dit te doen, mag hy nooit emosioneel betrokke raak nie. Hy kan dit nie bekostig nie, want dan verloor hy fokus. "Jy moet die groter prentjie sien, en nie almal kry dit reg nie." 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/2019 SS/NSS 9 Hy noem die voorbeeld van die joernalis, Suna Venter, wat soms gesukkel het om emosioneel onbetrokke te bly. Suna was een van die SAUK-8 wat afgedank is nadat hulle beswaar gemaak het teen die SAUK-besluit dat werklike nuusgebeure, die waarheid, verswyg moes word. Sy was baie betrokke by Gift of the Givers en was saam op sendings na Libië, Gaza, Egipte en Sirië voordat sy verlede jaar 40 dood is. 10 "Suna was 'n wonderlike mens," sê Imtiaz. "Sy het soveel vrae vir slagoffers gevra. Mense was gek na haar, maar sy was té betrokke. Ná sendings het sy kontak met slagoffers behou. Hoewel dit haar enigste strewe was om die waarheid te ontbloot, het haar betrokkenheid by slagoffers soms haar werk beïnvloed – sy kon nie 45 onbetrokke bly nie; sy kon soms nie die groter prentjie sien nie." 11 Wat doen Gift of the Givers? Sedert hulle ontstaan het hulle al hulp van R2,5 miljard in 42 lande verleen. Hieronder tel die R20 miljoen, volgens hul bankstate, wat die organisasie in 2017 tydens die verwoestende Knysnabrande aan die Tuinroete bygedra het as een van hul grootste plaaslike projekte tot op hede. 50 Midde-in die vernietigende droogte het Imtiaz en sy span onlangs landwyd R40 miljoen se veevoer aan boere versprei. 12 Sy kinders verstaan die eise wat sy werk stel. "Hulle weet ek moet baie reis om mense te help, gevolglik leer hulle van jongs af hoe belangrik deernis is. Dit is moeilik om die begrip deernis vir hulle te omskryf: hulle sién wel dat dit 'n gevoel is, 55 maar dat dit ook optrede verg." 13 Imtiaz se sukses met Gift of the Givers kan toegeskryf word aan sy kalmte, geduld en energie. "Ons verdeel in spanne van tussen dertig en sestig dokters, na gelang van die projek. Soms sien ons 7 000 pasiënte per week en werk soggens van ses tot middernag. Hierdie medici is emosioneel sterk en word vooraf gewaarsku dat 60 hulle tydens hulle werksaamhede in gevaarsituasies kan sterf. Selfs sterk mense het ongelukkig 'n beperkte uithouvermoë: wanneer hulle langer as tien dae aaneen werk, loop hulle die gevaar om uit te brand." 14 Hy bly verstom dat mense in die haglikste omstandighede waardig, hoflik en dankbaar bly. "Hulle het dikwels groter vrede as mense wat té gemaklik leef." 65 15 Imtiaz se lewe vul hom daagliks met groot dankbaarheid. Vir hierdie deernisvolle koelkop is dit 'n voorreg om mense te help. [Verwerk uit Sarie, Maart 2018] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/2019 SS/NSS TEKS B: VISUELE TEKS 1 ONDERSTEUN DIE STRYD TEEN MENSEHANDEL 2 Raak betrokke by die stryd teen mensehandel en help VKSA om kinders huis toe te bring. 3 Skenk vandag jou R25 deur middel van 'n SMS aan die VKSA-nommer: 41006 en 4 bewys só jou omgee en meelewing teenoor die verlore kinders. 5 ANDER MANIERE OM BETROKKE TE RAAK: VERLORE KINDERS BORG 'N DIREKTE MYVILLAGE VRYWILLIGER SUID- SALARIS DEPOSITO KAART OF SKENKING AFRIKA NPO 067 095/ PBO 930 034 181 Verlore Kinders SA e-pos: info@verlorekinders.org.za @072verlore Noodnommer: 072 647 7464/ www.verlorekinders.org.za [Verwerk uit Goeie huishouding, Maart 2018] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/2019 SS/NSS VRAE: TEKS A 1.1 Watter verskil maak Imtiaz se lewe, volgens paragraaf 1, aan menselewens? (1) 1.2 Op watter TWEE maniere weerspreek Sooliman se werk as volwassene sy ervarings toe hy jonk was? (2) 1.3 Aan wie skryf Sooliman die stigting van Gift of the Givers toe? Waarom is sy ontmoeting met dié persoon merkwaardig? (2) 1.4 Watter VIER aspekte diskwalifiseer jou vir werk by Gift of the Givers? (4) 1.5 Herlees paragraaf 2 en 5. In paragraaf 2 noem Sooliman homself 'n "rampspoedtoeris". Gee DRIE voorbeelde van sy werk uit paragraaf 5 wat aan hierdie beskrywing voldoen. (3) 1.6 Waarom is dit, na jou mening, soms vir kinders moeilik om deernis aan te leer? Was Sooliman se ouers positiewe rolmodelle met betrekking tot deernis? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (3) 1.7 Dink jy dit is vir werkers van Gift of the Givers moontlik om emosioneel onbetrokke te bly wanneer hulle mense in nood help? Motiveer jou antwoord. (1) 1.8 Herlees paragraaf 9 en 10. Watter vereiste het Suna Venter aan die werk wat sy gedoen het, gestel? Watter TWEE eienskappe van Suna het haar werk by Gift of the Givers negatief beïnvloed? (3) 1.9 Waarom is die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 11 'n feit? (1) 1.10 Watter waarde het Sooliman se werk vir sy kinders? (1) 1.11 Is dit, volgens jou, billik om van die Gift of the Givers-personeel te verwag om vir tien dae aaneen te werk? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) 1.12 Waarom, dink jy, is dit ironies dat mense wat in haglike omstandighede leef groter vrede ervaar as mense wat gemaklik leef? (1) VRAE: TEKS B 1.13 Gee 'n rede waarom die skrif in reël 1 nie deurgaans dieselfde is nie. (1) 1.14 Is die gebruik van hierdie spesifieke foto effektief om die boodskap van dié advertensie oor te dra? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/2019 SS/NSS 1.15 Watter DRIE opeenvolgende woorde in reëls 1 tot 4 sluit by die simbool van die hart in die advertensie aan? Is dit geslaagd dat die advertensie die hartsimbool herhaal? Motiveer jou antwoord. (2) VRAE: TEKS A EN B 1.16 Herlees die onderstreepte gedeelte in paragraaf 6 van TEKS A en reël 2 van TEKS B. Wat het die werksaamhede van Gift of the Givers en Verlore Kinders Suid-Afrika gemeen? Noem TWEE sake. (2) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/2019 SS/NSS AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE wenke om meer in 'n dag gedoen te kry. LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie. 2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf. 3. Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie. 4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het. TEKS C KRY HEELWAT MEER UIT JOU DAG! Neem jy jou gereeld voor om meer uit elke dag te kry, maar jy hol steeds besete rond om huis, werk en sosiale verpligtinge te laat vlot? Kundiges sê deur meer te probeer doen, kry ons minder reg. Lauren de Witt, 'n bestuursafrigter wat in tydsbestuur spesialiseer, glo jy moet eers bepaal wat jy tans met jou tyd doen sodat jy weet waarmee jy jou tyd mors; dán eers kan jy dit voorkom. Daarna beplan jy jou dag. "Ons het almal net 24 uur per dag; deur die regte beplanning van prioriteite-altyd-eerste kan jy die beste uit elke dag haal," is haar raad. Dit sal voorkom dat jy met take wag totdat die kalf in die put is: deeglike beplanning sal jou in staat stel om al jou werk georganiseerd, en betyds klaar te kry. Swak beplanning lei tot paniek en aframmeling van werk, wat in elk geval nie verantwoordelik is nie. As jy boonop heeltyd alles alleen probeer doen, gaan jy beslis faal. Delegeer van jou werk – met die regte mense wat take namens jou doen, wen jy baie tyd. Hoekom wíl jy alles alleen baasraak? Dit is belangrik om die vloei van jou energie so te gebruik dat jy take wat aan mekaar verwant is, tegelykertyd kan afhandel. As jy na een kind se leesles luister, terwyl jy 'n ander met 'n opstel help, val dit binne dieselfde raamwerk. Op dié manier wen jy 'n paar minute tyd! Baken die tyd wat jy aan 'n taak kan afstaan, af. Anders sal jy heeldag besig bly met 'n eenvoudige taak, byvoorbeeld om kamer skoon te maak. Gee jy jou net twee uur vir die taak, dwing dit jou om binne die vasgestelde tyd klaar te kry. En bêre jou selfoon! Navorsing toon dat een onderbreking van 'n twiet, sms of e-pos byna vyf-en-twintig minute van jou tyd steel. Dís hoe lank dit jou neem om weer op die taak waarmee jy besig was, te fokus! Dis sinvol om met planne te eksperimenteer sodat jy tyd wen, byvoorbeeld deur die klere wat jy die volgende dag wil aantrek, die vorige aand reg te sit. Soms is dit klein goedjies wat jou tyd opslurp. [Verwerk uit rooi rose, April 2018] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/2019 SS/NSS AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE Bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS D 1 2 Laat jou weerstand wegsmelt met die Lindor-eier, met 'n vulsel 3 só sag jy sal dit nie kan weerstaan nie. Dit is bederf uit die 4 (3.4) … rakke en eenvoudig té spesiaal om te deel – die 5 ideale sjokolade-eier om vir ander weg te steek. 6 LINDOR, met liefde gemaak deur die LINDT-meestersjokolateur. 7 Passie en liefde vir sjokolade sedert 1845. 8 Vir jóú om te geniet. Vind meer uit by: www.lindt.com 9 Volg ons Lindt @lindtsa en @lindtsa [Verwerk uit kookenkuier, Maart 2018] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/2019 SS/NSS VRAE: TEKS D 3.1 Gee die meervoud van die onderstreepte woord in reël 1. (1) 3.2 "Laat jou weerstand wegsmelt met die Lindor-eier ..." (reël 2). Wat wil die adverteerder met die gebruik van hierdie sinsdeel bereik? (1) 3.3 Gebruik die deeltjiewerkwoord/skeibare werkwoord in reël 2 as twee woorde in 'n sin van jou eie. (1) 3.4 Voltooi die vaste uitdrukking in reëls 3 tot 4 deur die ontbrekende woord neer te skryf. (1) 3.5 Waarom word die aandagstreep in reël 4 gebruik? (1) 3.6 Gebruik die kern van die onderstreepte woord in reël 5 as 'n bepaler in 'n ander samestelling in 'n verduidelikende sin. (1) 3.7 Gee EEN woord vir iemand wat van lekker eet hou. (1) 3.8 Met watter TWEE sinsdele (bestaande uit twee opeenvolgende woorde elk) uit reëls 2 tot 5 beklemtoon die adverteerder die Lindor-eier se heerlikheid asook die gesogtheid daarvan onderskeidelik? (2) 3.9 Voeg 'n bywoordelike bepaling van tyd in reël 8 in. Skryf die sin oor en onderstreep die bepaling. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 11 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 4: SPOTPRENT Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3 Ek weet wat jy bedoel. Ek het afgekom op AGT Die oorvloed van maniere wat ek kan gebruik inligting is 'n moeras van om vas te stel of iets waarheid en leuns. 'n WAAR of VALS is. Ai, my mens, ek Mens kan nie te versigtig weet deesdae wees nie ... Watter nie meer wat stories kan jy glo? om te glo nie ... RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6 RAAMPIE 7 Kyk waar kom die storie Mense lees net 'n Beoordeel die skrywer. Is Is daar enige verwysings? vandaan. Kyk na die sensasionele opskrif hy/sy geloofwaardig? Het Staaf dit die storie? Is die koerant/kanaal/webtuiste/ sonder om die hele storie hy/sy 'n reputasie? verwysings betroubaar? twitter. Wie is hulle? Wat is in ag te neem. Lees verder. Bestaan hy/sy rêrig? hulle invalshoek? RAAMPIE 8 RAAMPIE 9 RAAMPIE 10 RAAMPIE 11 Kyk na die datum. Miskien Is dit 'n grap? As die storie Jou eie vooroordele ... Vra iemand wat weet soos 'n is die verwysing of die heeltemal verregaande is, Onthou dat jou opinies en kundige, of 'n bibliotekaris, storie ou nuus ... kan dit dalk 'n satire wees. wêreldsiening jou oordeel of 'n ander betroubare bron kan beïnvloed. Wil jy hê dit soos jou ma. So sê moet waar of vals wees? www.factcheck.org. [Verwerk uit Rapport, 11 Maart 2018] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 12 DBE/2019 SS/NSS VRAE: TEKS E 4.1 By watter woord in RAAMPIE 1 kan nasalering en vokalisering/nasalering plaasvind? (1) 4.2 Hoe ondersteun die spreker (die seun aan die regterkant) se lyftaal sy woorde in RAAMPIE 1? (1) 4.3 Verbeter die spelfout in RAAMPIE 2 deur die woord korrek neer te skryf. (1) 4.4 Skryf die leenwoord wat in RAAMPIE 4 gebruik word, neer. (1) 4.5 Bestudeer RAAMPIE 5. Waarom kan die onderstreepte sin as 'n aanname beskou word? Op watter wyse ondersteun die visuele voorstelling dié aanname? (2) 4.6 In RAAMPIE 6 word die woord "beoordeel" gebruik. Maak 'n sin waarin jy die woord veroordeel gebruik. (1) 4.7 Gee die intensiewe vorm van die onderstreepte woord in RAAMPIE 8. (1) 4.8 Herskryf die onderstreepte sin in RAAMPIE 9 in die aanvoegende wyse. (1) 4.9 Gebruik die homoniem van "As" (RAAMPIE 9) in 'n verduidelikende sin. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 13 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 5: ARTIKEL Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS F HOE MEER JY LEES, HOE MINDER IS JOU KANS OM TRONK TOE TE GAAN 1 Neil Gaiman, 'n berugte skrywer en spreker, het op 'n keer New York, waar 'n span tegnici in die proses was om 'n tronk te beplan, besoek. (5.2) Die tronkbestuur moes 'n formule vind om te bepaal hoeveel selle oor 15 jaar in die tronk nodig sou wees. (5.3) Daar is op 'n eenvoudige formule besluit: die aantal selle is bepaal deur vas te stel hoeveel 10- en 11-jariges in daardie stadium nie kon lees nie! 2 'n Onlangse nasionale studie dui daarop dat 85% van alle gevangenes in tronke ongeletterd is. Volgens die webtuiste www.beginlees.co.za sal twee derdes van leerders wat teen graad vier nie kan (5.4) lees nie, in die tronk eindig. Statistiek toon ook dat sulke gevangenes wat vrygelaat word, 'n 70%-kans het om weer in die tronk te beland indien hulle in die tronk/elders geen hulp met hul leesvaardighede ontvang nie. 3 Geletterdheid is tans die belangrikste vaardigheid in ons samelewing. Lees en skryf vorm immers deel van ons alledaagse verpligtinge. Ons lewens vereis dat ons daagliks e-posse moet stuur. Ons moet ook skriftelike inligting verwerk. Wanneer mense nie nie kan lees nie, wend hulle hulle dikwels tot misdaad en beland in tronke. 4 "Ons toekoms hang daarom van lees, biblioteke en boeke af," het Gaiman gesê. (5.8) "Biblioteke wat vandag toemaak, het dieselfde effek op 'n land as wat die staking van inentingsprogramme het: selfvernietiging." 5 Dit is belangrik om deesdae goeie leesgewoontes by kinders te kweek omdat dit die belangrikste belegging in hul toekoms is! [Verwerk uit https://helpendehand.co.za] VRAE: TEKS F 5.1 Skryf die versamelnaam wat in paragraaf 1 gebruik word, neer. (1) 5.2 Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 1 in die toekomende tyd. (1) 5.3 Skryf die vetgedrukte sinsdeel in paragraaf 1 in die bedrywende vorm. (1) 5.4 Gebruik die teenwoordige deelwoord/onvoltooide deelwoord van die onderstreepte woord in paragraaf 2 in 'n sin van jou eie. (1) 5.5 Skryf die voorwerpsin van die onderstreepte sin in paragraaf 3 neer. Gee ook 'n ander voorwerp wat in die plek van die voorwerpsin gebruik kan word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 14 DBE/2019 SS/NSS 5.6 Haal die verbindingswoord wat in paragraaf 4 op oorsaak en gevolg dui, aan. (1) 5.7 Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 4 in die indirekte rede. (1) 5.8 Vervang die dubbelpunt aan die einde van die onderstreepte sin (in paragraaf 4) met 'n gepaste woord. (1) 5.9 Verbeter die woordorde in die sin in paragraaf 5. Skryf die sin in die korrekte woordorde oor. (1) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all