Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2019 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12201911 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2019, 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2019

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL V3 2019 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE NASIONALE NASIENSIMBOLE VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde Hakies en pyltjie ( ) Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken Taalfoute (ook spelfoute) Dubbelstreep onder die taalfout Paragraafindeling [ Begin van 'n nuwe sin Woord(-keuse)-foute X Trek 'n X bo-oor die verkeerde woord. Erkenning van taaljuweeltjies Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees  of uitdrukkings Onduidelik/Onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep Punktuasie O Omkring AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die laaste poging van die eerste onderwerp nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = Kh = 22 Taal, styl en redigering: T = Kl = 10 Struktuur: S =K = 4 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 36 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL  Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.  Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.  Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 1 Riglyne Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, byvoorbeeld: 1.1 O, die skande! Die kandidaat kan hierdie onderwerp as 'n beskrywende opstel aanbied deur te beskryf hoe hy/sy in 'n groot verleentheid beland het en as gevolg daarvan verneder/in die skande gesteek is. 'n Verhalende opstel kan handel oor gebeure/handelinge van mense/die kandidaat wat tot groot skande/skaamte gelei het. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat mymer oor aspekte van mense wat hulle verneder./skaam maak./tot skandes lei. Die kandidaat kan ook bespiegel oor die waarde/blywende aard/kortstondigheid van so 'n skande. As beredeneerde of argumenterende opstel kan die kandidaat redeneer/argumenteer oor skandes en die invloed daarvan op die eie en/of op ander mense se lewens. [50] 1.2 Om jou kanse aan te gryp ... Hierdie onderwerp kan deur die kandidaat as verhalende opstel aangebied word deur te fokus op een of ander gebeurtenis/'n reeks gebeurtenisse wat daarop dui dat dit een of ander gevolg het wanneer jy jou kanse aangryp. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat verskillende kanse/geleenthede wat vir jongmense/alle mense eers waarde kry/het indien dit aangegryp word, beskryf. In 'n argumenterende/ beredeneerde opstel kan die kandidaat verskillende voor- en nadele van kanse/ geleenthede teen mekaar opweeg en tot 'n gevolgtrekking kom. 'n Bespiegelende opstel kan die waarde/betekenis/invloed van kanse wat aangegryp word/nie aangegryp word nie, bepeins. [50] 1.3 'n Groener aarde is elkeen se plig. Hierdie onderwerp leen hom daartoe dat die kandidaat kan redeneer/argumenteer oor ander faktore/die mens se aandeel aan die aarde se vernietiging. Die kandidaat kan redeneer dat die mens se strewe na ontwikkeling die aarde verwoes in plaas daarvan om dit te bewaar. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat mymer/ besin oor die verantwoordelikheid van mense teenoor die aarde./die voortbestaan van volgende geslagte mense op die aarde./die invloed van nalatigheid op die aarde en uiteindelik op die mens. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat fokus op mense se doen en late en die invloed daarvan op die aarde. 'n Verhalende opstel kan handel oor positiewe/negatiewe gebeure wat hom/haar tot die insig gebring het dat 'n groener aarde ons elkeen se plig/verantwoordelikheid is. [50] 1.4 Jou naam is goud werd. Die kandidaat kan hierdie onderwerp aanpak deur te verhaal hoe hy/sy onverantwoordelik opgetree het en uiteindelik besef het dat sy/haar naam daaronder gely het. Die kandidaat kan verder verhaal wat hy/sy gedoen het om sy/ haar naam te probeer red. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat beskryf wat hy/sy gedoen het om sy/haar naam te benadeel en hoe sleg/onaangenaam dit is./was. Die kandidaat kan verder beskryf hoe hy/sy probeer het om die skade aan sy/haar naam te herstel. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat besin oor die skandes en skades wat 'n invloed op 'n mens se naam het./die waarde van 'n goeie naam./die nadele verbonde aan 'n naam wat in oneer gebring is. In 'n argumenterende/ beredeneerde opstel kan die kandidaat die belangrikheid van 'n goeie naam beredeneer/ argumenteer. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 1.5 My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig ... Die kandidaat kan 'n verhalende opstel aanbied waarin hy/sy vertel hoe die veiligheid en huislike warmte van sy/haar huis deur 'n aand van storms bedreig word. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat die storm buite beskryf en dit vergelyk met die veilige huislikheid/vrede binne die huis. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel oor die waarde van storms in 'n mens se lewe wanneer die huis (ouers) veiligheid bied./jou voorberei op die lewe./oor die nadele verbonde aan storms wanneer die huis (ouers) kinders nie op die storms van die lewe voorberei nie./wanneer ouers soos helikopters oor hulle kinders hang. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer oor die belangrikheid van stabiele huise teenoor al die gebroke gesinne wat ons tyd kenmerk. Storms kan letterlik/figuurlik interpreteer word. [50] 1.6.1 Maskers Interpretasies kan lei tot beskrywende, verhalende of selfs bespiegelende opstelle, bv. 'n beskrywing van net een masker/verskillende maskers waaragter mense wegkruip. 'n Verhaal kan handel oor 'n toneelstuk wat die kandidaat bygewoon het./waarin hy/sy opgetree het. Die opstel kan ook fokus op 'n verhaal van iemand wat sielsongelukkig is, maar altyd 'n gelukkige gesig/masker vertoon. Hierdie onderwerp kan bespiegel oor die waarde van kultuuraktiwiteite./die geneigdheid van mense om nie hulle ware kleure te wys nie, maar eerder agter 'n masker/maskers wegkruip. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer/ argumenteer dat die balans tussen sport en kultuur in skoolgemeenskappe ontbreek. [50] 1.6.2 Kinders wat met 'n hond speel Die kandidaat kan van 'n hond wat vir 'n kind/kinders baie belangrik is/was, vertel./ kan verhaal hoe 'n hond bygedra het dat 'n kind/kinders gered word./gevind word. As beskrywende opstel kan die kandidaat verskillende honderasse beskryf, of beskryf hoe sy/haar hond 'n verskil in sy/haar lewe maak./hoe kinders wat honde het, kan speel./ontwikkel. Indien die kandidaat argumenteer/redeneer oor die voordele/nadele van honde as troeteldiere, kan die opstel as 'n argumenterende/beredeneerde opstel slaag. Daar kan beredeneer word of daar nog plek en/of tyd in ons huidige samelewing vir troeteldiere is. 'n Bespiegelende opstel kan besin oor diere wat respekteer moet word of hoe menselewens deur 'n hond/troeteldiere beïnvloed kan word. In al die soorte opstelle kan die fokus ook net op die twee kinders val, sonder melding van die hond. Die speelsituasie kan ook die fokus wees. [50] 1.6.3 Potlood, skerpmaker en uitveër In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat skryf oor o.a. die foute wat 'n skrywer/ mens tydens skryfwerk/die lewe maak en hoe dit, danksy uitveërs/vergifnis/liefde reggestel kan word. In 'n verhalende opstel kan die kandidaat vertel van foute/'n fout wat hy/sy neergeskryf/gemaak het en die vreugde omdat dit met behulp van 'n uitveër/vergifnis/begrip/liefde reggestel kon word. Die kandidaat kan fokus op iets wat foutloos is/was – dat hy/sy nie nodig gehad het om foute reg te maak nie. In verhalende en beskrywende opstelle kan die prikkel figuurlik interpreteer word: foute wat mense in die lewe maak en/of die pogings wat ons aanwend om dit reg te stel. Die kandidaat kan ook vertel/beskryf hoe dit soms onmoontlik is om foute uit te vee./te verander. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat besin oor die waarde van foute in 'n mens se lewe. Hy/sy kan redeneer/argumenteer dat sekere foute makliker uitgevee kan word as ander. Die kandidaat kan in al die soorte opstelle ook aandag gee aan die invloed/weelde van 'n (letterlike én figuurlike) skerpmaker: mense word skerp gemaak vir 'n bepaalde doel, net soos potlode skerp gemaak word om netjies te kan skryf. 'n Kandidaat kan ook skryf oor die ellende van 'n rekenaarlêer wat uitgevee/uitgewis is. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne SOORTE OPSTELLE: VERHALENDE OPSTEL Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte:  Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).  'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.  Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.  Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud samehangend.  Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.  Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.  'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.  'n Verrassende slot rond die inhoud af.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte:  Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.  Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings).  Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.  Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.  Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.  Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.  Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.  Stylfigure kan gebruik word. BEREDENEERDE OPSTEL Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel. Hou die volgende in gedagte:  Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding, ingeneem word.  BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.  Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.  Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.  'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne  Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.  Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor 'n droom of wense/moontlikhede. Hou die volgende in gedagte:  Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.  Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.  Dis persoonlik van aard.  Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.  Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Hou die volgende in gedagte:  Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.  'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.  'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.  Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.  'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.  Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.  Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10 Taal, styl en redigering: T=G= 6 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16 Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar vriend/vriendin waarin hy/sy vertel van 'n groot verleentheid wat met 'n eerste afspraak beleef is; die kandidaat skryf ook hoe hy/sy die verleentheid hanteer het. Hou die volgende in gedagte:  Informele taal, register en styl behoort gebruik te word.  Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.  Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te word.  Briewe behoort 'n inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.  Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet gegee word.  Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.  Die brief behoort informeel afgesluit te word.  Die formaat van die brief is belangrik. [25] 2.2 FORMELE BRIEF: GELUKWENSING Die brief fokus op die gelukwensing aan 'n persoon wat 'n oorsese reis in 'n kompetisie gewen het. Inligting oor die aard van die wenprys moet in die brief vervat word. Hou die volgende in gedagte:  Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief se formaat moet korrek wees soos wat dit vir formele briewe geld.  Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.  Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees.  Eenvoudige, direkte taal is nodig.  Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die gelukwensing en die aard van die wenprys.  Die doel van die brief is om die wenner van 'n oorsese reis geluk te wens en bykomende inligting oor die prys te verskaf.  Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy”/“jou”.  Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar nodig, bv. Die uwe/Vriendelike groete/Groete P. van Zyl P. van Zyl [25] 2.3 HULDEBLYK Die kandidaat bring hulde tydens 'n roudiens/gedenkdiens aan sy/haar neef/niggie wat na 'n lang siekbed oorlede is. Hou die volgende in gedagte:  Die neef/niggie se naam en van, adres en ouderdom asook inligting oor die siekbed kan gegee word.  Prestasies, hoogtepunte uit die neef/niggie se lewe kan ingesluit word.  Die fokus behoort op hulde aan/dankbaarheid teenoor die neef/niggie te val.  Gebeurtenisse/Staaltjies/Persoonlike herinneringe behoort ingesluit te wees.  Die huldeblyk moet waarderend wees.  Iets persoonliks, soos 'n gedig, kan bygevoeg word.  Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 2.4 KOERANTBERIG Lesers van die koerant word met so 'n berig ingelig oor die dorp wat tydens 'n land- wye kompetisie as dorp van die jaar aangewys is. Die opskrif moet gepas wees. Hou die volgende in gedagte:  Inligting oor die dorp as dorp van die jaar moet uitgelig word.  Gee die feite kortliks en akkuraat.  Strewe daarna om die belangrikste feite te gee sonder om die leser te verloor; som akkuraat op sonder om die waarheid te verdraai.  Gee 'n saaklike, bondige, maar treffende titel. Subtitels kan ook gegee word.  Vermeld die belangrikste feite alreeds in die eerste paragraaf: wie, wat, waar, wanneer, waarom, hoe en in watter mate. [25] 2.5 TOESPRAAK Die kandidaat spreek die ouers by 'n ouervergadering toe oor tieners wat wéét wat die lewe van hulle verwag. Hou die volgende in gedagte:  By hierdie toespraak moet die gehoor formeel gegroet word: Geagte Ouers/ Geagte Dames en Here ...  Die styl moet by die geleentheid en die gehoor pas.  Skryf weldeurdagte idees en vermy clichés.  Gebruik kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde.  Die inleiding moet die gehoor se aandag prikkel.  Die inhoud van die toespraak moet in paragrawe aangebied word.  Die slot moet die gehoor tot nadenke stem. [25] 2.6 RESENSIE Die kandidaat skryf 'n resensie vir 'n gesinstydskrif oor 'n boek wat aktuele tienerprobleme/-kwessies belig. Hou die volgende in gedagte:  Resensies word nie altyd volgens 'n vaste formaat geskryf nie. Dit is nie nodig om spesifieke aspekte van die boek te bespreek nie. Oor die algemeen bepaal resensente wat hulle wil resenseer en wie daarby betrokke is.  'n Goeie resensie probeer om regverdig, maar eerlik te wees; 'n swak resensie is bloot persoonlike dwepery of galbrakery.  Humor kan in resensies gebruik word, met in agneming dat stylverskille sal voorkom.  Die resensie gee 'n individuele respons op die boek.  Die resensie gee 'n mening oor die werk wat gewoonlik subjektief is.  Dit gee toepaslike feite, byvoorbeeld, die naam van die skrywer, die titel van die boek, die naam van die uitgewer, die verkoopprys.  Die resensie kan lesers aanbeveel om die boek te lees. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 9 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne LET WEL:  Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).  Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant (Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, interessant oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp Hoë vlak vir beplanning; volwasse en en lewer bewys van -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie Bewustheid van doel, stem leser tot volwassenheid en redelik organisasie en -Vaag en herhalend gehoor en konteks nadenke -Organisasie baie samehangend, samehang -Geen organisasie nie -Uitsonderlike goed en insluitend inleiding, en is onsamehangend 30 PUNTE organisasie en samehangend, liggaam en samehang, insluitend insluitend inleiding, samevatting/slot inleiding, liggaam en liggaam en samevatting/slot samevatting/slot 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 -Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met van 'n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie Lae vlak -Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant volwasse samehangend, samehangend en -Skaars 'n bewys van en ontoepaslik -Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen samehang, insluitend liggaam en -'n Mate van samehang fokus nie inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Taal onverstaanbaar woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat minder -Toon, register, styl en Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor woordeskat nie gepas woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks en konteks nie vir doel, gehoor en Hoë vlak vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie konteks konteks; van vertroue, en 'n deurlopende om betekenis oor te basies -Woordeskat so Woordkeuse; indrukwekkend gepaste toon word dra -Toon en woordkeuse beperk dat dit Taalgebruik en -Toon retories treffend gebruik -Toon is gepas skaars toepaslik onmoontlik is om sin konvensies, en effektief -Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte te maak punktuasie, -Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat grammatika, spelling spelling feitlik foutvry foutvry te versterk -Knap gedaan -Baie goed gedoen 15 PUNTE 13 10 7 4 -Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik -Voldoende -Taalgebruik uitstekend en toon is en oor die algemeen taalgebruik, maar onvoldoende retories effektief effektief teenstrydighede word -Weinig indien enige Lae vlak -Grammatika en -Toon gepas en opgemerk sinsverskeidenheid spelling feitlik foutvry effektief -Toon oor die -Woordeskat baie -Baie goed tot knap -Enkele foute in algemeen gepas en beperk gedaan grammatika en beperkte gebruik van spelling retoriese middele -Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 -Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige punte -Noodsaaklike punte Kenmerke van teks; ontwikkeling van van details ontwikkel geldig ontbreek Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer foutief foutief -Sinne en paragrawe logies en toon variasie - Opstel maak nog sin - Opstel maak nog -Opstel maak nie sin 5 PUNTE uitsonderlik effens sin nie gekonstrueer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 13–15 10–12 7–9 4–6 0–3 BEPLANNING & -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp 15 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas -Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan formaat TAAL, STYL & 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel, doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie 10 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig belemmer Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all