Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
AFRIKAANS HUISTAAL V2
PUNTE: 80
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 30 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024, 30 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 30 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 30
- File size
- 1.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 30
This exam
Eastern Cape Prelim Exam 2024
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)20 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel
beantwoord.
2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die
letterkundetekste wat jy in die klas bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die
tekste wat jy gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.
3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Gedigte (30)
AFDELING B: Roman (25)
AFDELING C: Drama (25)
4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
EEN in AFDELING C.
AFDELING A: GEDIGTE
Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA):
• Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
• Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik
die kontrolelys om jou te help.
6. LENGTE VAN ANTWOORDE
• Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.
• Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.
• Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord die vrae bondig en
relevant.
7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3
9. Beantwoord ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
10. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: ongeveer 40 minute
AFDELING B: ongeveer 55 minute
AFDELING C: ongeveer 55 minute
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
1. “’n Paternoster vir Suid-Afrika” Opstelvraag 10 6
2. “Op sy branderplank” Kontekstuele vraag 10 8
3. “Susan Boyle” Kontekstuele vraag 10 9
4. “Briefie aan Madiba” Kontekstuele vraag 10 10
EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
5. “dekonstruksie” Kontekstuele vraag 10 11
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.*
6. onderwêreld Opstelvraag 25 13
7. onderwêreld Kontekstuele vraag 25 13
8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 16
9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 16
10. Vatmaar Opstelvraag 25 19
11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 19
12. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 22
13. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 22
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.*
14. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 25
15. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 25
16. Mis Opstelvraag 25 28
17. Mis Kontekstuele vraag 25 28
*LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEK KONTEKSTUELE VRAAG in
AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.
AFDELING VRAAG- GETAL VRAE MERK ✓
NOMMER BEANTWOORD
A: Gedigte
(Voorgeskrewe gedigte) 1–4 2
A: Gedigte
5 1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
6–13 1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama
14–17 1
(Opstel of kontekstueel)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
AFDELING A: GEDIGTE
VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
ʼn Paternoster vir Suid-Afrika – Lina Spies
1 Here, laat die name geheilig word
2 van al die kinders van die land –
3 van hulle
4 wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
5 dassies skrikgemaak het in sy klowe,
6 wol getrap het in sy krale.
7 Ek het asemloos toegekyk:
8 swart bolywe geboë oor magtelose diere
9 en skerp skêre wat my laat wag het,
10 bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
11 Maar die swart versigtige hande
12 het selde dieper as die wit geknip
13 en ek kon die lootjies uitdeel
14 want die arbeider was sy loon waardig
15 volgens die aantal wat hy vrygemaak het
16 om ligvoets teen die somerheuwels uit te wei.
17 Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,
18 die wololie van my voete afgewas,
19 my bene nie meer lam getrap nie.
20 Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,
21 soos ons hulle vergewe, die luidrugtiges
22 wat nooit binne die kraal was nie,
23 wat nooit rietperd gery
24 en kaalvoet geloop het nie,
25 en Here, sien ons hande aan:
26 Kyk, om my wit pols is ʼn armband van gras;
27 my donker speelmaat het dit kunstig gevleg
28 soos ek nooit kon nie...
29 Aan U behoort die land
30 en die son
31 en die skape van sy weiding
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7
32 Gee ons liefdevolle hande, Heer,
33 en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed
34 dat daar nie onnodig bloed verspil nie
35 en deel U self die lootjies uit
[Bron: Digby Vergenoeg, 1971]
In hierdie gedig wat as ʼn gebed aangebied word, lê die klem op eenheid en
verdeeldheid.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 250 tot 300 woorde. [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Op sy branderplank – Petra Müller
1 Hy waag hom weer teen horisonne.
2 Die see gooi son in teen sy sonne, maar skuimskuddend
3 deur die teug vlug hy na vore, hys hom
4 lugtig teen die stroom uit, en kom
5 staan-staan strand toe, groen
6 deursigtig en ook reeds gebore.
*
7 Die seun het see in sy mond. Hy weet
8 nie of dit bloed of water is nie: uit
9 spoeg hy dit. Met sy sagte tongpunt voel
10 hy wortels van sy tande af, en proe die lug
11 wat sag van land en kruie om hom labberlag.
12 Hy lig hom van die seeplank af; afwesig
13 skud hy nou sy kop – ʼn blonde rob –
14 en snuit hom skoon
15 van wat hy was;
16 ʼn elegante, goed gesteelde lyf
17 wat eeue lank reeds
18 land toe dryf
[Bron: Nuwe Verseboek vir seniors]
2.1 Herlees die titel.
Waarom voldoen strofe 2 nie aan die verwagting wat die titel by die leser
skep nie? (1)
2.2 Daar is ʼn milieuverskuiwing van strofe 1 na strofe 2. Verduidelik. (2)
2.3 Die gedig het ʼn letterlike en mitologiese interpretasie. Bewys die stelling
deur na versreël 6 te verwys. (2)
2.4 Watter uitheffingstegnieke word ingespan om die metafoor in strofe 2 te
beklemtoon? (3)
2.5 Evalueer die geslaagdheid van die metafoor in strofe 2. (1)
2.6 Is die digsoort gepas as die inhoud van die gedig in ag geneem word?
Verduidelik jou antwoord. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Susan Boyle – Kobus Grobler
1 daar staan jy inskrywing 43212
2 voor die pilatusse van Britain’s got talent
3 aangeja soos ʼn skaap
4 misrabel vaal in die lig verguis
5 die monobrou en die kapsel raam
6 jou vertelsel van ʼn klein Nasaret
7 Simon spot, skares jou uit:
8 jy is die grap van die jaar
9 met die eerste woorde van I dreamed a dream
10 het jy van vernederende vooroordeel
11 hulle en miljoene ander op Youtube
12 in ongeloof laat aanskou
13 hoe jy jare se troeteltalent
14 aan die hele wêreld skenk
[Bron: Toulopers, verse vir tieners]
3.1 Die aangesprokene voel aanvanklik onbelangrik. Gee DRIE bewyse uit
versreël 1–6 om die stelling te bewys. (3)
3.2 Verduidelik waarom die onderstreepte woord in versreël 2 nie met ʼn
hoofletter geskryf is nie, en verklaar die metafoor. (2)
3.3 Identifiseer die klankeffek in versreël 7 en lewer kommentaar oor die
effektiwiteit daarvan. (2)
3.4 Waarom kan reël 8 as ironies beskou word? (1)
3.5 Herlees versreël 8.
Daar is progressie in die skare se houding teenoor Susan Boyle. Haal die
versreël in strofe 2 aan wat hierdie stelling bewys. (1)
3.6 Pas die digsoort by die karakter van die aangesprokene? Motiveer. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Briefie aan Madiba – Sandra O’Kelly
1 Liewe Madiba, ek skryf die vir jou.
2 Ek weet jy kry briefies soos my een aan jou.
3 Ons het nooit ontmoet nie, maar voordat jy groet.
4 Wil ek jou iets vra, dis iets wat ek moet.
5 Gee my jou boeie, ek wil dit dra.
6 Die merke op jou hande, jou vrese jou vrae
7 Ek sal dit oppas, dit altyd bewaar.
8 Eendag met liefde aan my kinders oordra.
9 Liewe Madiba, jy sal van my hou.
10 Ek’s lief vir my land en sy mense en sou
11 so graag wou kom kuier en net met jou praat.
12 Oor ditjies en datjies en goed uit my hart.
13 Gee my jou drome, ek wil dit sien.
14 Die prys so betaal om ander te dien.
15 Ek sal dit koester die wêreld sal weet.
16 Jou voorbeeld en liefde sal ons nooit vergeet.
17 Gee my jou ambag, ek wil dit leer.
18 Hoe ‘n leier en koning sy mense kan eer.
19 Ek sal dit beoefen, ek sal dit ken.
20 Die teerheid en liefde wat ander kan wen.
21 Gee my jou drome, ek wil dit sien.
22 Die prys so betaal om ander te dien.
23 Ek sal dit koester, die wêreld sal weet.
24 Jou voorbeeld en liefde sal ons nooit vergeet.
25 Liewe Madiba, ek skryf die vir jou.
26 Ek weet daar’s baie briefies soos my een aan jou.
27 Ons het nooit ontmoet nie, maar voordat jy groet.
28 Wil ek jou iets vra, dis iets wat ek moet.
[Bron: Sarah Theron se album Terug na jou, uitgegee deur Select Musiek.]
4.1 Wie is die spreker in die gedig en wat is die rede vir die korrespondensie? (2)
4.2 Verduidelik waarom die aanspreekvorm in die brief ironies is. (1)
4.3 Hoe kontrasteer die rymskema in strofe 2 en 3 met die ander strofes in die
gedig en waarom is hierdie afwyking in strofe 2 geslaagd? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11
4.4 Die spreker wil Nelson Mandela se nalatenskap vereer. Bewys hierdie
stelling deur DRIE frases uit die gedig aan te haal. (3)
4.5 Identifiseer die stylfiguur in versreël 10 en 11. (1)
4.6 Hoe sou jy die boodskap van die gedig op jou lewe van toepassing maak? (1)
[10]
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
dekonstruksie – Fanie Viljoen
1 ek kan ook gedigte skryf
2 my rekenaar kan hulle sommer uitrits:
3 reëls uitkots met versteekte boodskappe
4 koeplette
5 sonnette
6 kwatryne
7 en al daardie ander shit
8 ek en enjambement is beste buddies so
9 ek kan sinne laat oorloop van die een
10 reël
11 na die volgende
12 na die volgende
13 dat dit naderhand vloei soos verf in ‘n Pollock-skildery
14 ek kan selfs verwysings inslot oor goed waarvan die meeste
15 mense nog nooit in hulle lewe gehoor het nie
16 asof dit my gedig soveel beter gaan maak as mense moet
17 google
18 om die betekenis te begryp
19 maar ek gaan nie hierdie gedig skryf nie
20 dis hoekom hierdie reëls binne 3 sekondes gaan self-destruct
21 3
22 2
23 1
[Bron: Nuwe stemme 5, Tafelberg-uitgewers, 2013]
5.1 Dui die toon van die spreker aan en motiveer of dit geregverdig is. (2)
5.2 Watter kritiek word daar deur die spreker oor tradisionele digters gelewer? (3)
5.3 Verduidelik die ironie in versreël 4–6 wanneer die uiterlike bou van die gedig
in ag geneem word. (1)
5.4 Noem TWEE maniere hoe die spreker vir ons beklemtoon dat hy/sy
enjambement met gemak kan gebruik. (2)
5.5 Gee ʼn rede waarom hierdie gedig as ʼn vrye vers getipeer kan word. (1)
5.6 Evalueer of die spreker se gedig vir jou beter is as die tipe gedigte wat deur
hom/haar gekritiseer word. Motiveer. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer
het.
ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen
Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).
VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG
Greg het gedink hy is bulletproof, maar eintlik was hy net ʼn pion.
Bespreek die stelling in ʼn opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A
Sy pa kyk na hom. ʼn Spiertjie ruk bo-kant sy oog. Die verstarde ooglede
beweeg nou.
Gaan sy pa huil? Hy het hom nog nooit sien huil nie.
Sy pa vou die pistool toe in die lap. Sy hande bewe.
“Gaan ... gaan slaap nou, my seun,” stamel hy en trek ʼn lessenaarlaai oop. 5
Tydsaam druk hy die pistool daarin. Daarna strek hy sy vingers uit na ʼn geel
koevert wat op die tafelblad lê. Maar voor hy dit kan raak vat, kyk hy op. Sy
gesig is natgehuil.
Die seun staan net daar, sy een hand steeds op die deurknop.
‘Dis oukei, ek belowe,” sê sy pa. “Ek ... ek sal nie ...” Die stilte word ʼn spons 10
wat die woorde moet indrink. “Jy moet nie vir jou ma vertel nie. Oukei? Dis
ons geheim.” Sy mondhoek trek skeef toe hy probeer glimlag. “Gaan slaap
nou.”
Die seun se hand gly van die deurhandvatsel af en val langs sy sy. Hy sê
steeds niks nie, maar binne in hom weerklink sy pa se stem. 15
Toe hy omdraai en kamer toe stap, hoor hy sy pa sê: “Nag. Lekker slaap ...”
Sy pa sê sy naam, maar hy hoor dit nie. Sy naam los op in die donker.
Verdwyn.
Maar dit is goed so, want jare later sou hy vir homself ʼn ander naam kies.
Een waarmee hy die vrees kon uitdryf. ʼn Naam wat sê hoe dit voel om 20
magteloos te wag vir antwoorde en net eggo’s uit die onderwêreld in ruil te
kry.
Ekk-0
7.1 7.1.1 Wie is die seun waarna daar in die bogenoemde teks verwys word? (1)
7.1.2 Noem DRIE handelinge van die pa wat tot die seun se toenemende
ontsteltenis bydra. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
7.2 Dui op ʼn handeling wat veronderstel is om die seun gerus te stel. Watter
woorde is teenstrydig daarmee? (2)
7.3 As ʼn mens die rol van ʼn pa in ag neem, is sy versoek in reël 11 geregverdig?
Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2)
7.4 Herlees reëls 17 en 20.
Skuilname speel ʼn belangrike rol. Identifiseer DRIE ander karakters en hul
skuilname in hierdie roman. (3)
7.5 Wat is die verband tussen die titel van die roman en die gebruik van
skuilname? (1)
7.6 Die onderstreepte woorde in reël 21 en 23 is ʼn deurlopende motief in die
roman. Haal EEN woord uit die teks met dieselfde betekenis aan. (1)
EN
TEKS B
Dis hoe vrees voel: Vuur blits deur jou hele lyf, elke senuwee ruk wakker,
adrenalien gooi jou gedagtes in snelrat, jou oë sper oop, jou asemhaling hou op en
jou borsholte pers saam. En jy hoor dit – jou eie hart. Klop. Klop. Klop.
Ek frons. Wat bedoel hy? Eckardt se stem klink anders as waaraan ek gewoond
is. Sy stem het die keer toe hy daardie vrou gebel het om my te wys hoe social 5
engineering werk, ook verander. Nou is die gemoedelikheid waarmee hy my met
die hacking gehelp het weg. En in die plek daarvan is daar ʼn selfversekerde
hardegat arrogansie.
Is dit hy?
“Vandag, Greg, gaan jy jou laaste hacking-les by my kry. Sorry om te sê, maar 10
hierdie een is ʼn ball breaker.” Hy glimlag weer skeef, maar die glimlag val gou
weg en sy gesig word hard. Dis nie die ou wat ek as my vriend leer ken het nie.
“Jy het toe die keylogger op jou laprop gekry, nie waar nie? Of moet ek sê iemand
ánders het dit gekry? Jy het nie ʼn clue gehad dat dit op was nie. Jy het nie gedink
dat hackers ook gehack kan word nie, nè!” 15
“Wat bedoel jy?”
“Was dit nie in een van my lessies nie?” Eckardt trek sy mond sarkasties. “O, dis
reg ja. Ek het daardie een geskip. Hoekom dink jy het ek dit nie vir jou vertel nie,
Greg? Take a wild guess!”
“Ek ... ek weet nie ...” 20
7.7 Reël 1–3 is ʼn herhaling van ʼn teksgedeelte wat vroeër in die roman voorkom.
Verduidelik die konteks waarin dit vroeër gebruik is en identifiseer in elk van
die gevalle watter karakter die emosies beleef het. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15
7.8 In watter ruimte speel TEKS B af? (1)
7.9 Herlees die onderstreepte woorde in reël 7 en 8.
Identifiseer ʼn vorige keer wat Greg vir Eckardt só opgesom het en
verduidelik hoe en waar ʼn vriendskap, ten spyte van die vooropgestelde
idee, kon begin. (3)
7.10 Herlees reël 17.
Verduidelik waarom die gebruik van die verkleinwoord wat Eckardt hier
gebruik, gepas is. (1)
7.11 Verklaar die dramatiese ironie in TEKS B en gee die funksie daarvan. (2)
7.12 Verwys na TEKS A en B. Watter ooreenkoms is daar in die atmosfeer en
waarom sou ʼn mens kon sê dat TEKS A tot dié oomblik in TEKS B gelei
het? (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).
VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG
Newekarakters het ʼn invloed op die hoofkarakter.
Toon aan hoe Grace, Griesel du Pisani en Whitey vir Baas beïnvloed om tot die
insig te kom dat hy op Manaka moet bly.
Skryf ʼn opstel van 400 tot 450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25]
VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS C
“Dit sal goed wees as jy nou probeer slaap. Jy gaan gesond word.”
By die Plek van die Kremetartbome dra ouma Essie en haar dogter Miriam ʼn jong
vrou uit haar hut.
“In die huis van die Profeet van die Bybel sal my kind miskien gesond word,” sê
Miriam. 5
Dit is nie vir hulle ʼn maklike werk om die vrou met die malaria uit te dra en haar
weer op die slee te laai nie. Ouma Essie is oud en Miriam het net een voet, maar
daar is niemand om te help nie. Die mans is by die khuta, die ander vrouens van
Mubuyu is op die lande en Sitali, die siek vrou se kind, moet voor die osse staan
10
dat hulle nie skrik nie. Die ander kinders is in die veld by die bokke en die paar
beeste. Sitali loop voor die osse uit. By ouma Essie se lapa gaan hy weer staan.
Ouma Essie en Miriam laai die vrou af en dra haar tot by die grootste van die
drie hutte se deur. Daar moet hulle haar eers op die grond neersit om binne vir
haar plek te maak. Die hut is baie vol. Die meubels wat ouma Essie gehad het
15
toe sy nog in die sendingstasie by Manaka gebly het, staan tot teen die grasdak
se nok gepak.
“Jou broer moet van Lusaka af laat kom word,” sê ouma Essie vir haar
kleinseun,
meneer Kebbey, toe hy en sy pa van die khuta af terugkom. 20
“Nee, my ma,” huil Miriam. “My kind sal lewe.” “Jos moet laat kom word,” sê
ouma Essie.
9.1 Wie neem die versorgingsrol in reël 1 waar? (1)
9.2 Waarom tree ouma Essie op Manaka as ‘die Profeet van die Bybel’ op? (1)
9.3 Baas én Griesel kry albei malaria.
In watter opsig hou Baas se malaria vir hom ʼn nadelige én ʼn voordelige
gevolg in? Dink jy dis moontlik dat Griesel se malaria vir Baas positiewe
gevolge het? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17
9.4 Watter konfliksituasie het veroorsaak dat Miriam net een voet het? In watter
opsig het dié konfliksituasie Grace se lewe verander? (2)
9.5 Watter tipe verteller is in reëls 11 tot 15 aan die woord? Watter nadeel het
dié verteller in hierdie reëls? (2)
9.6 By watter geleentheid beteken meneer Kebbey vir Baas iets positiefs?
Watter bewys bied die roman dat meneer Kebbey nie altyd kry waarvoor
hy hom beywer nie? (2)
9.7 Hoekom is dit vir die verloop van die roman belangrik dat meneer Jos hier
aan die leser bekendgestel word? (1)
EN
TEKS D
Ouma Essie het nog nie weer uit die bed opgestaan vandat sy van Ngweze
af teruggekom het nie, sê Grace, en vir meneer Kebbey het hulle nog nie
weer gesien nie. Miskien sal hulle hom môre sien wanneer die kombers van
die nuwe hoofindoena afgehaal word. Die seremonie sal by Mubuyu wees
omdat ouma Essie te swak is om Fumi toe te gaan. 5
“Hoekom sal iemand nou skielik vir ouma Essie omgee?” vra Baas.
“Dit is die woord wat ons van die khuta af gekry het,” sê Grace. “En meneer
Whitey was ook by Manaka toe jy in die veld was,” vertel sy. “Hy het met sy
trekker gekom om te hoor hoe dit gaan. Hy weet van die boot wat weg is. Hy sê
dat hy nie na die inhuldiging toe kom nie. Hy wil vervoer probeer kry om Mongue 10
toe te gaan. En ouma Essie het 'n boodskap gestuur dat meneer Baas die
seremonie moet bywoon.”
Die honde se kos is koud. Grace sit die bakke op die grond neer. Die nuwe
hondjie val die pap en sous grommend aan. Toe Longwane nader kom, flits die
tandjies voor haar neus verby. Grace skep vir die kleintjie sy kos in Brindle se bak 15
oor. Hy eet klaar en dwaal dag lank soos ʼn skaduwee al agter Baas en Lady oor
die leë werf aan.
“Henna ngwenya! Dis ʼn kampioen,” sê meneer Johnnie vroegoggend onder die
worsboom langs die water waar Baas in sy ma se Bybel sit en lees. Hy het die
buffel se horings met sy byltjie uitgekap … 20
9.8 Wat gee en wat sê Baas later vir Whitey wat Whitey help met sy identiteit?
Waarom wil Baas vir Whitey met sy identiteit help? (3)
9.9 Gee ʼn rede vir ouma Essie se aandrang dat Baas (in reëls 10 en 11) die
“seremonie moet bywoon”. (1)
9.10 Formuleer die boodskap van die roman na aanleiding van reël 17. Dink jy
Baas se optrede in reël 17 lewer bewys daarvan dat sy konflik opgelos is?
Gee TWEE redes vir jou antwoord. (3)
9.11 Wat doen Baas met Morena se horings? Gee TWEE redes vir Baas se
handeling. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
18 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
9.12 Herlees TEKS C reëls 13 tot 15 en TEKS D reël 6.
Wat is die verband tussen Baas se vraag in TEKS D en ouma Essie se
lewensomstandighede in TEKS C? Dink jy die nuwe hoofindoena gaan ouma
Essie se omstandighede verander? Motiveer jou antwoord. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 19
VATMAAR – AHM Scholtz
Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).
VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG
In die roman Vatmaar beleef Tant Wonnie en Oom Chai konflik as gevolg van hulle
interaksie met mense.
Skryf ʼn opstel van 400 tot 450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25]
VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
... en gaan staan by die koppenent van die kis. Hy het in die swart gesig van sy
geliefde Ruth gekyk en in ʼn mooi, ryk stem gesing: Rock of Ages, cleft for me, Let
me hide myself in Thee ... Al vier verse.
Die kis is toegemaak en op Oom Flip se trollie getel en Ou Swaai het geweet sy
moet nie haastig wees nie, die hele Vatmaar loop agter haar aan. 5
Langs die graf het Oom Chai met ʼn gebroke stem Nader my God by U begin sing.
Vatmaar het die woorde geken en dit gesing asof dit uit een hart kom en asof hulle
met die Hemelse Vader van Vatmaar praat. Daarna is die kis laat sak. Oom Chai
het ʼn paar handevol sand in die graf gegooi en in Engels gesê: Dust tot dust,
ashes tot 10
ashes – uit respek vir sy vriend se taal.
Terwyl die graf toegegooi word, het Oom Chai na Oupa Lewies se gesig gekyk, sy
hand gevat en hom weggelei. Hulle het mekaar omhels soos net tweelinge kan.
Albei het begin huil. Die trane het op die skouers van die twee grysaards gedrup
terwyl hulle so staan. Almal het stil geraak. Toe het die twee ou vriende hulle arms 15
laat sak en sonder om na te dink het elkeen sy kakiesakdoek uitgehaal en die
ander se gesig afgedroog. Die mense het dit alles doodstil staan en aankyk. Oom
Flip het met ʼn stadige skud van sy kop gesê: Die liefde ken nie grense nie.
11.1 Hoekom was die verhouding tussen Oupa Lewies en Ruth (reël 1 en 2) vir
daardie tyd buitengewoon? (1)
11.2 Hoekom is Oupa Lewies en Ruth uiteindelik op Vatmaar gelukkig? (1)
11.3 Noem TWEE voordele wat sy verhouding met Oupa Lewies vir Oom Chai
(reël 6) ná die Tweede Vryheidsoorlog ingehou het. (2)
11.4 Oom Chai en Oupa Lewies ken mekaar van voor Vatmaar se ontstaan.
11.4.1 Hoe dra Oupa Lewies tot Vatmaar se ontstaan by? (1)
11.4.2 Watter rol speel Oom Chai in die totstandkoming van Vatmaar as
nedersetting? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
20 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
11.5 Oom Chai sing volgens reël 6 in Afrikaans.
Noem TWEE voorbeelde van Oom Chai se betrokkenheid om die Vatmaar-
kinders in Afrikaans op te voed. (2)
11.6 Oom Chai beleef konflik in Vatmaar.
11.6.1 Watter besluit van Oom Chai veroorsaak dat hy die respek van die
Vatmaar-inwoners verloor? (1)
11.6.2 Noem TWEE voorbeelde van innerlike konflik wat Oom Chai ervaar as
gevolg van dié besluit? (2)
11.7 Die twee mans se wedersydse omgee in reëls 12 tot 14 is ʼn bewys van die
gesindheid wat op Vatmaar heers.
11.7.1 Noem TWEE voorbeelde van ander Vatmaar-inwoners se positiewe
optrede teenoor mekaar. (2)
11.7.2 Word Settie September se dade teenoor Tant Wonnie deur omgee
gekenmerk? Gee DRIE redes vir jou antwoord. (3)
EN
TEKS F
Miesies Wingrove moet my verskoon, sê Tant Wonnie. Ek het op pad van die Pan
af gedink dit sal nou ordentlik wees om huur te betaal vir die dak oor my kop. Die
dak behoort aan julle en ek sê dankie met ʼn ope hart.
Toe haal sy ʼn kers uit en steek dit aan en vat die lantern, lig die glas op en blaas die
lig uit en gee dit vir Missus Wingrove: Asseblief, aanvaar dit as my dank. 5
Dit was of die twee vroue se harte een was want hulle gevoelens was dieselfde. Ek
sê ook baie dankie, het Missus Wingrove gesê.
In haar enigheid het Suzan gedink: Die Here is goed, maar nou gee my Ma-Ma dan
weg wat Hy vir ons gegee het!
Suzan, sê Missus Wingrove, steek asseblief vir jou Antie die lamp op. Toe Suzan vir 10
haar die brandende lantern aangee, sê sy: Dankie. Vat dit vir jou my kind, ook met ʼn
ope hart.
Dankie, Antie Wingrove, het Suzan gesê en die lantern teruggehaak aan die draad
waar dit gehang het. Toe het sy die kers met haar vingers uitgesnuit. Want die
mense het gesê om ʼn kers met jou mond uit te blaas, is om die lig uit die huis uit te 15
blaas.
Sy het die vrou omhels en haar van haar stoel af opgelig en gesoen want sy was
baie klein.
Jy druk my wind uit, het Missus Wingrove laggend gesê.
Baie dankie, Antie, het Suzan weer gesê. Ek sal mooi agter dit kyk.
11.8 Reël 1 verwys na Tant Wonnie.
11.8.1 Wat het gebeur wat dit nou vir Tant Wonnie moontlik gemaak het om
huur te betaal? (1)
11.8.2 Op watter TWEE maniere het Settie September se optrede Tant
Wonnie bevoordeel? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 21
11.9 Watter voorwaarde stel Missus Wingrove vir Tant Wonnie se terugkoop van
die huis? (1)
11.10 Hoekom is Suzan se dankbaarheid in reëls 15 tot 18 ironies? (1)
11.11 Herlees TEKS E reël 15 en 16 asook TEKS F reël 8 en 9.
11.11.1 Hoe geld Oom Flip se gedagte dat die liefde nie grense ken nie
vir Ma Khumalo en Kenny onderskeidelik? (2)
11.11.2 Geld die tema van lyding sonder grense vir Suzan (reël 18) en
Harry Look onderskeidelik? Motiveer jou antwoord. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
22 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).
VRAAG 12: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG
“Die lewe is nie ʼn storieboek nie.”
Die teendeel van die Engel se woorde bly vir lank in Iris se lewe waar.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 13: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS G
Daar was hierdie man, sien, ʼn oujongkêrel, ryk genoeg en aantreklik, ʼn Eduard
eintlik. Hy het nie vreeslik in meisies belanggestel nie, maar sy jonger broer het. Sy
naam was Peter. (My karakters het altyd Engelse of buitelandse name gehad en
die verhaal het ook êrens anders afgespeel. Selfs my vrugbare verbeelding kon nie
romanties raak onder Suid-Afrika se bakkende son en interne probleme nie.) Ek, of 5
liewers: sy, was nie een van Peter se meisies nie, sy was bloot ʼn goeie vriendin.
Die meisie by wie hy sy hart kon kom uitpraat. ʼn Maat. Maar op ʼn gegewe aand
kom hy by haar aan, baie laat. Hy het te veel gedrink, kan sy dadelik sien toe sy
eers wakker is. (Sy het al geslaap.)
“Wat makeer?” vra sy en begin koffie maak. 10
Hy trek sy das los en val op haar bed neer. Terwyl hy haar vertel hoe sy meisie
hom teleurgestel het en hoe alles die afgelope weke met hom verkeerd gaan, moet
ek miskien ʼn bietjie agtergrond inskets.
Sy bly alleen in ʼn ateljee-tipe woonstel. Basies net een baie groot vertrek met ʼn
badkamer êrens op die agtergrond. Wat sy doen, weet ek nie. Iets vaags soos ʼn 15
proefleser, in elk geval iets wat sy by die huis kan doen. Miskien was sy selfs ʼn
skryfster. (Sy was my alter ego en ek was altyd besig om stories te versin.) Ek wou
nie tyd mors met wonder waar haar geld vandaan kom en hoe sy dit regkry om
brood en melk te koop nie.
13.1 Wanneer dink Iris die fiktiewe Peter uit en waarom leef dié karakter nie baie lank
nie? (2)
13.2 Watter onregverdige aanname maak Iris oor die regte Peter wanneer sy hom
ontmoet? Hoe bewys die regte Peter haar later verkeerd? (2)
13.3 Hoe dra Iris se obsessie met haar naam by tot haar innerlike konflik oor die
moontlike modelkontrak? Kan Iris se swak selfbeeld aan hierdie obsessie
toegeskryf word? Motiveer jou antwoord. (2)
13.4 Waarheen gaan Iris en die werklike Peter uiteindelik vir ʼn sogenaamde
romantiese vakansie? Op watter wyse ervaar Iris die milieu daar van die begin
af as ʼn antiklimaks? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 23
13.5 Wat is die TWEE funksies van Iris se erkenning in die roman dat werklikheid
en fiksie in haar lewe oorvleuel? Is die Engel vir Iris ʼn fiktiewe karakter?
Motiveer jou antwoord. (3)
13.6 Gee DRIE verskille tussen Iris en Greta, haar alter ego, se
karaktereienskappe. (3)
EN
TEKS H
Die oomblik toe die seremonie verby was en die foto's geneem, het ek my trui weer
aangetrek. Peter het nie omgegee nie, maar Elsa het in my oor gesis dat ʼn bruid
nie ʼn trui dra nie en hoe kan die mense die mooi rok waardeer as ek dit toewikkel
in ʼn wolkombers?
Tydens die onthaal het ek opgekyk na die kerksaal se vensters waardeur die 5
winterson weldadig geskyn het en agter ʼn groot rangskikking bestaande uit buite-
seisoenlike blomme, het ek die Engel sien staan. Ek het vir hom geglimlag en hy
het vir my geknipoog en sy duim in die lug gehou.
“Die Engel is ook hier,” het ek vir Peter gefluister toe almal opstaan om op ons
gesondheid te drink. 10
“Het jy hom genooi?” het Peter gevra.
“Hy kom nie net op uitnodiging nie.”
“Van wie praat julle nou?” het my nuwe skoonpa gevra, wat aan my ander kant
gesit het. Die mense was aan die rondbeweeg en eet en onder die algemene
gedruis kon ons praat. 15
Ek het hom reguit in die oë gekyk. “Die Engel.”
“Is hy hier?” het die oom gevra en oor sy mond gevee.
“Ja.” Peter het nie saamgepraat nie omdat Ma hom aan die arm beetgehad het en
besig was om hom te vertel van Kara se Michel en hoeveel hy nou weeg.
“Waar?” het die oom gevra en bang rondgekyk. 20
“Agter die blomme. Daar by die venster.”
Hy het soontoe gekyk en gefrons. “Ek sien niks nie.”
13.7 Iris en Peter se troue is die bewys van nog ʼn vooropgestelde idee wat Iris
laat vaar het. Bewys die stelling. (1)
13.8 Hoekom is Iris se voorkoms by haar eie troue ironies? (1)
13.9 In reëls 5 tot 7 staan die Engel op die agtergrond. Hoe sluit dit by die slot
van die roman aan? (1)
13.10 Noem TWEE insidente vóór die troue en TWEE insidente ná die troue as
bewys dat die Engel nie ʼn ware beskermengel was nie. (4)
13.11 Herlees reël 17 en 18.
Speel die Engel ʼn raadgewende rol in Iris en haar skoonpa se verhouding?
Motiveer jou antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
24 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
13.12 Herlees reëls 14 tot 16 van TEKS G asook reëls 5 tot 7 van TEKS H.
Hoekom skep Iris fantasiekarakters in TEKS G? Is dit oortuigend dat Iris van
Greta ontslae raak, terwyl die Engel in TEKS H steeds deel van Iris se lewe bly?
Motiveer jou antwoord deur na Greta en die Engel te verwys. (3)
[25]
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 25
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer
het.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).
VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
Dit is nodig vir karakters in ʼn drama om te verander en as mens te groei. Ons sien
dit veral in die lewens van Antie Grootmeisie, Cavernelis, Cyril en Richie.
Bespreek die stelling in ʼn opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS I
MAP se ma besoek hom in die tronk. Ons sien vir Map aan die
een kant van die dik glas wat gevangenes van hul besoekers skei;
Antie Grootmeisie, teenoor hom, aan die anderkant. Grys mure
van die tronk rondom. Antie Grootmeisie praat nie. Map is al een
wat praat, dán huiwerend, dán met drif. 5
Stilte.
MAP: Ek is nog ôrait, Ma ... ‘is Map ... ‘is Johnnie ...
Sy kyk na hom, knik.
MAP: Hoe gaan ‘it moet Ma?
Sy knik dat dit “goed gaan”. 10
MAP: En moet Blanchie? Sy kom ook nie meer nie ... ek wiet sy’t ook
altyd skelm gekom, sonner lat haar mense wiet ...
Antie Grootmeisie kyk na hom, vol ontsteltenis.
MAP: ... maar ek verkwalik haar nie ... Die social worker het weer moet
my gepraat, sy’s nogal vrinnelik ... 15
Sy kyk na hom.
MAP: Miss Africa ... ʼn Mens kan nogal moet haar praat.
Sy kyk vraend op.
Antie Grootmeisie knik.
MAP: Sy sê parole is nou due vir my, ek kom yt op die sewende wat 20
nou kom, annermaand ...
Antie Grootmeisie kyk lewendig op.
MAP: Annermaand!
Sy knik opgewonde.
Parole, Ma ... 25
Sy knik weer.
Ek is jammer oor dit alles, Ma ... Ek het al gesê ... Ek het vir Ma
al gesê, ek is jammer oor dit alles ... Ek het ge-change hierso in
die tronk in. Ma wiet self. (Driftig.) Ek is jammer, maar Ma moet
my glo, Ma móét my gló! Ek het ge-change hierso ... 30
Sy skud haar kop hewig om te kenne te gee dat sy “glo”.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
26 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
15.1 Vir watter misdaad is Map in die tronk en wat het daartoe aanleiding gegee? (2)
15.2 Waarom praat Antie Grootmeisie nie in TEKS I nie, maar wel in die ontknoping
van die drama? (2)
15.3 Ten spyte van Antie Grootmeisie se stilswye neem sy tog deel aan die
gesprek. Bewys hierdie stelling met VIER redes. (4)
15.4 Evalueer hoe Antie Grootmeisie se stilswye tot Map se karakterontwikkeling
bydra. (1)
15.5 Herlees reël 8.
Die tweeledigheid van karakters kan regdeur die drama bespeur word.
Evalueer die korrektheid van die stelling deur na Map, Blanchie en Cavernelis
in jou motivering te verwys. (3)
15.6 Herlees reël 11.
Waarom het Blanchie opgehou om vir Map in die tronk te kom kuier? (1)
15.7 Verklaar die titel van die drama in jou eie woorde en verduidelik ook hoe reël
21–22 daarby aansluit. (3)
EN
TEKS J
MAP: Ma! Die band nét so, oompie Paulsen-hulle. .. even húlle, net so,
dieselfde ... Map Jacobs, obviously, sal die band nou ʼn naam
gee, so steer ma’ clear van Map Jacobs af, nou ... allerhande
ekskusies ... die membership is al vol, die vorms vir die end
vannie jaar se competitions is al ingevul ... (Lag.) Even die 5
verskoning: Ons het al klaar ʼn sax, as ons net gewiét het jy kom
ýt, ou Map, maar ons het nie gewiet nie ... Very sympathetic,
almal!
Stilte dan –
MAP: Ma! Tommy Sobotker vertel vir my van Blanchie ... van daai wit 10
varke wat haar verlei ... vir Blanchie, Ma ... wat het moet ons
gebeur, Ma, moet my en moet haar? (Bewoë.) Ons was same op
skool, in die Elsiesrivier ... alles het mooi gelyk, ek het gehou van
haar en sy’t gehou van my, en toe ... kom al die dinge wat gebeur
het ... Wat het moet ons gebéúr, Ma? (Huil amper; dan driftig.) 15
Lyster julle ammal! (Hy spreek die straat aan.) Ek mind nie wat
Blanchie gedoen het meanwhile nie, ek mind van niks, even as it
waar is sy het ʼn abortion gehad van ʼn wit vark of van enige
iemand ... Here Jesus, wie is ekke om te mind! Apostel George, ja,
jy sê vir my, wie is ekke om te mind, ek is soes niks, soes niets ...
soes niks ... Niets... (Die straat raas.) ‘Is net ... Hoekô avoid jy vir 20
my, Blanchie?... Hoekô avoid sy vir my?... (Dan sagter.) Here! Ma!
Apostel George! Hoekô avoid sy vir my ... Ek wil so graag net moet
haar práát, net vir haar sê, ek is sorry ... Blanchie ... Ek het shit
aangevang ... 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 27
15.8 Wat het aanleiding gegee tot Map se ontsteltenis in TEKS J? (1)
15.9 Wat is die naam van die orkes waarna Map in reël 1–8 verwys en waarom
kan hul naam hier as ironies gesien word? (2)
15.10 Herlees die onderstreepte woorde in reël 16 en 21.
Wat word hierdie teksgedeeltes genoem en waarom word daar
deurlopend na die straat in Map se monoloog verwys? (2)
15.11 Sou jy vir Blanchie kon vergewe as jy Map was? Motiveer. (1)
15.12 Kontrasteer Map se gemoedstoestand in onderskeidelik in TEKS I en
TEKS J en verduidelik hoe elke teks se milieu daartoe bydra. (3)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
28 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
MIS – Reza de Wet
Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag).
VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG
Meisie se karakterontwikkeling dra by tot haar uiteindelike lot.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG.
Lees die onderstaande uittreksels en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS K
GERTIE volg MIEM. Hulle verdwyn deur die gangdeur. Die
KONSTABEL sit. Doodstil. MEISIE is ongemaklik en vroetel met
haar hande.
MEISIE: (na ʼn stilte) Ek is jammer.
KONSTABEL: En waaroor, Juffrou? 5
MEISIE: Ek weet nie wat om te sê nie. Ek is nie gewoond aan mense nie.
KONSTABEL: Werklik Juffrou? Kry u nie besoekers nie? En ... waarom nie? So
ʼn aantreklike, jong dame?
MEISIE: Ek weet ... nie. (Kort stilte) Ek dink dis oor die mis.
KONSTABEL: Die mis, Juffrou? 10
MEISIE: Daar’s baie mis op die werf. Groot hope mis. Soos hooimiede.
Alle soorte. Beesmis. Perdemis. Varkmis. Aan die begin van elke
maand bring die boere hulle mis. Lorries en waens vol mis. Aan
die einde van die maand word dit in sakke gesit (Wys na die
sakke) en ons verkoop dit. Vir bemesting (Kort stilte) My ma sê 15
dit hou ons aan die lewe. Die mis. (Skielik hard, byna histeries)
Maar dit stink! (Skielik skaam) U ... ruik dit seker ook?
KONSTABEL: Dit pla my nie, Juffrou.
MEISIE: Vanaand ruik dit nie so sterk nie, want dis koud en alles is toe.
Maar in die somer is dit baie erg. Die stank ... en die vieslike 20
vlieë. Swerms vlieë. En brommers. Groot, blink brommers.
(Stilte) Ek ... het roosbome voor my venster geplant. (Stilte) En
dis hoekom ... niemand wil kom kuier nie. Dit ruik so aaklig. En
wie sou nou tee wou drink? Die vlieë het mis aan hulle pote.
Hulle loop op die tertjies en val in die melk. (Kort stilte. Sy 25
glimlag) Laas jaar het Danie Venter kom kuier. Een Sondag. Die
wind het reg gewaai. Die wind het die vlieë weggewaai en die
huis het geruik na rose.
17.1 Op watter dag speel die drama af? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS HUISTAAL V2 29
17.2 Herlees die onderstreepte woorde in reël 12. Watter ander
betekenismoontlikhede is daar wat met die titel van die drama verband
hou? (4)
17.3 Konstabel probeer in die bogenoemde teksgedeelte Meisie se guns wen.
Bewys hierdie stelling met DRIE voorbeelde van hoe hy te werk gaan. (3)
17.4 Herlees reël 24.
Verduidelik die parallel wat daar met dié beeld en Meisie se lewe getrek
kan word. (2)
17.5 Is dit geregverdig om te sê dat elk van die vroue in die drama ʼn ander
verwagting van Konstabel koester? Motiveer jou antwoord. (3)
EN
TEKS L
MEISIE: (Maak die ‘gaatjie’ met duim en voorvinger en loer daardeur) Eers
die een oog en toe die ander. (Stilte. Verwonderd asof sy weer
sien) Ek sien ʼn man met lang, swart hare en blink mantel. Daar’s
ook ʼn meisie. Hy wys ʼn saag vir die mense en roep iemand nader
om te voel hoe skerp dit is. Oom vet Soon kom voel en almal lag, 5
want hy sny sy vinger. Die man wys na ʼn lang kis en klap dan die
deksel oop. Die meisie soebat en smeek, sy val op haar knieë voor
die man. Hy gryp haar polse en sleep haar na die kis. Hy gooi haar
in en maak die deksel toe. Haar kop steek diékant uit en haar
voete daaikant. Sy lyk baie bang. Die man begin saag en saag en 10
saag. Die meisie skree. Die saag is vol bloed en die kis is
middeldeur, maar haar kop roer nog én haar voete. Die man gooi
sy mantel oor die kis en sê toorwoorde. Hy haal sy mantel af en
maak die deksel oop. (Oorstelp van vreugde) Die meisie spring uit
en alles is reg, sy’s weer heel! Die mense skree en fluit. Sy sprei 15
haar arms oop. (lig haar arms op en glimlag) Die man maak ʼn kou
oop en voëls vlieg uit. Alle soorte met baie kleure. Hulle hang in die
lug bokant haar. (Lyk skielik droewig. Laat haar arms stadig sak.
Die geluid van die wind hou op.) Toe voel ek ʼn hand op my
skouer. Dit was my ma. Sy het haar japon gedra en haar hare was 20
nog ingedraai. Sy’t die tuinhekkie gehoor toe ek uitgaan en gekyk
of alles reg is. My ma het my goed grootgemaak. En elke jaar het
sy my belet om sirkus toe te gaan. Ek was ongehoorsaam.
17.6 Benoem die teksgedeelte in reël 1 en verduidelik Meisie se handeling. (2)
17.7 Watter stylfiguur word in reël 11 gebruik om Meisie se ervaring van die
sirkus in te kleur? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
30 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
17.8 Herlees die onderstreepte woorde in reël 16–17.
Evalueer of hierdie woorde ʼn voorbode vir die ontknoping van die drama
is al dan nie. Motiveer. (1)
17.9 Watter woorde en handeling dui onderskeidelik die antiklimaks in Meisie
se monoloog aan? (2)
17.10 Reël 23–24 is ʼn duidelike bewys vir die leser dat Meisie al vir jare deur
haar ma gemanipuleer word. Identifiseer maniere waarop Miem haar
manipuleer en onder watter vaandel doen sy dit? (3)
17.11 Meisie en Miem heg uiteenlopende waarde aan die sirkus. Wat beteken
die sirkus vir elk van hul. (2)
17.12 Meisie se gemoed verskil van TEKS K na TEKS L. Hoe dra Meisie se twee
monoloë tot haar uiteindelike lot by? (1)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2022 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2022 Memo

Question paper