Downloaded from hlayiso.com
NELSON MANDELA BAAI
DISTRIK
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V2
JUNIE 2023
PUNTE: 80
TYD: 2 ½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Question Paper
Grade 12 Afrikaans HL question paper from the Eastern Cape June 2023, 20 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape June · 2023 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape June
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 313.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
Eastern Cape June 2023
- Paper 2Memo
- Other filesQuestion paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.
2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhoudsopgawe op
bladsy 3 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat jy bestudeer het.
Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil
beantwoord.
3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Gedigte (30)
AFDELING B: Roman (25)
AFDELING C: Drama (25)
4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en EEN in
AFDELING C.
• AFDELING A: GEDIGTE
Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.
• AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
• AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)
• Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
• Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy die
opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in
AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
kontrolelys om jou te help.
6. LENGTE VAN ANTWOORDE
• Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 – 300 woorde.
• Die lengte van die literêre opstel vir die roman en drama is 400 – 450 woorde.
• Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en
relevant.
7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
2
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
9. Beantwoord ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
10. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: ongeveer 40 minute
AFDELING B: ongeveer 55 minute
AFDELING C: ongeveer 55 minute
11. Skryf netjies en leesbaar.
INHOUDSOPGAWE
AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
1. “Maaltyd” Opstelvraag 10 5
2. “Elegie vir my toekomstige vrou” Kontekstuele vraag 10 6-8
3. “Die Bokser” Kontekstuele vraag 10 9 - 10
4. “Suiwer wiskunde” Kontekstuele vraag 10 11
EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
5. “Waar ek woon” Kontekstuele vraag 10 12-13
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.*
6. Onderwêreld Opstelvraag 25 14
7. Onderwêreld Kontekstuele vraag 25 14-16
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag. *
8. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 17
9. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 17-20
*LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
3
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.
AFDELING VRAAGNOMMER GETAL VRAE MERK
BEANTWOORD (√)
A: Gedigte
1–4 2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte
5 1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
6-7 1
(Opstel- of kontekstueel)
C: Drama
8-9 1
(Opstel- of kontekstueel)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE
VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
4
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
AFDELING A: GEDIGTE
VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
Lees die gedig en beantwoord dan die vraag wat volg.
Maaltyd - Peter J. Philander
1. Ou moeder met haar hoepelrokkie
2. en stywe kappie, staan hande gevou
3. in die vorm van ’n koperklokkie
4. vir smôrens, smiddags en vir nou.
5. Die blou bord en die skoon servet,
6. die helder bril, die Bybel oop,
7. en teen die hoë muur haar groot portret
8. hou my aan haar steeds vasgeknoop.
9. En op die gladde, blink buffet,
10. glimmend in die skerp lig van die lamp,
11. skyn sy nou in die seëngebed,
12. leef sy nou in die wasige damp.
13. Sy was eers goud, heel later silwer,
14. nou’s sy koper waar sy staan,
15. maar met elke lui dan skilfer
16. af ... die grasgroenspaan.
[Bron: Uurglas, Nasionale Boekhandel, 1955]
In die gedig is daar verskeie beelde wat die spreker aan sy moeder herinner.
Verwys in jou antwoord ook na die vaste struktuur, strofebou en rym.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 250 tot 300 woorde. [10]
5
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.
Elegie vir my toekomstige vrou - Andrè Letoit
1. ek sal nooit die dag vergeet toe ek jou
2. ontmoet het nie (net soos in die
3. populêre liedjies)
4. :dit was op die skaatsbaan
5. of op die sessiondansvloer
6. of dalk by die biduur
7. (hoewel die soort
8. wat jy by bidure ontmoet
9. gewoonlik nie lank
10. hou nie)
11. ek het jou uitgeneem
12. op my motorfiets (boksburgmeer
13. of milky lane in hillbrow of
14. daai hippiekolonie in berea – ek
15. had altyd ’n voorliefde vir
16. hippiekolonies) en jy het
17. verlief geraak op my
18. toe jy my profiel in die
19. – nee wag – toe ek
20. in jou oor fluister
21. “ek smaak jou” (jou hare
22. het effens na kougom geruik – oh baby)
23. daarna het ek jou ouers ontmoet
24. hulle het my uit die huis uitgejaag
25. (vermoedelik vanweë my lang hare en baard –
26. uit die mode sedert jan van riebeeck en oom paul se tyd
27. my tydsberekening is altyd verkeerd)
28. maar uiteindelik
29. het ons tóg getrou; jy was
30. so bly: niemand het opgedaag by die kerk nie
6
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
31. behalwe die dominee
32. en ’n paar assuransieagente
33. (onder andere my pa, saam met sy
34. vrou: gawe mense, darem,
35. as jy hulle leer ken; ongelukkig
36. ken ek hulle
37. nie so goed nie)
38. daarna het ons, soos altyd, saam
39. geleef (leef?) soos al die ander
40. mense (mense?) en
41. nie meer toptwintig
42. geluister nie;
43. ek het altyd gedog
44. ek was verlief op jou (hahaha!)
45. maar toe eers, toe vang ek
46. die hele triek:
47. alles gaan om skreeuende bybies
48. en kombuiskaste wat piep
49. en die huwelik is ’n duur prys om te betaal
50. vir ’n lewe vol platoniese dogmatiek
[Bron: Suburbia, Perskor]
2.1 Wat is ‘n elegie en verduidelik waarom die gedigtitel satiries is. (2)
2.2. Herlees strofe 1.
2.2.1 Die spreker beweer dat hy die dag waarop hy die jy
ontmoet het, nooit sal vergeet nie. Motiveer die
teendeel van die stelling met EEN rede uit strofe 1. (1)
2.2.2 Bestudeer die tipografiese inkeping. Wat dink jy is die
funksie daarvan? (1)
2.2.3 Watter stemming heers in die strofe? (1)
2.3 Verduidelik die ironie in versreëls 7 tot 10. (1)
7
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
2.4 Herlees versreël 33 tot 34.
Die spreker verwys na sy pa se vrou. Waarom noem hy haar
nie ma nie? (1)
2.5 Herlees versreël 32.
2.5.1 Benoem die beeldspraak. (1)
2.5.2 Is die rede vir die gebruik van die beeldspraak
oortuigend? Motiveer jou antwoord. (1)
2.6 Waarom, dink jy, is die huwelik vir die spreker ‘n duur prys om
te betaal? (1)
[10]
8
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.
Die Bokser – Ernst van Heerden
1 Die grense van die klein kryt
2 is hellende onvastigheid,
3 waar wit bors fier teen wit bors staan
4 en skim teen skim die skynhou slaan;
5 die lyf word wieging – ritmies, sterk -
6 tot skerm liemaak ingeperk;
7 vier donker oë blits fel en woes,
8 wyl twee gedaantes mik en koes;
9 maar elk groteske vuis se smak
10 laat lis en weerstand verder knak...
11 die liggaam is so rank gebou
12 en weerloos teen die man se hou;
13 tog sal my mokerslag hom tref
14 waar hy hom vaag en grynsend hef,
15 sy beeld versplinter in die glas
16 waar netnou my gestalte was;
17 ‘n flikker-weerskyn word verskerf,
18 ‘n lyf stort soos ‘n koring-gerf...
19 Wie is die man wat roerloos lê,
20 wie’t ‘n bekende naam gesê?
21 Waarom die skaar aan’t roep en fluit,
22 en waarom flakker ligte uit?
[Bron: Groot Verseboek, Tafelberg, Tweede druk, 1986]
9
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
3.1 Motiveer waarom hierdie gedig as ‘n allegorie beskou kan (1)
word.
3.2 Herlees versreël 1.
Gee die letterlike en figuurlike betekenis van die versreël. (2)
3.3 Motiveer op watter wyse die rymskema sowel as die strofebou
vir hierdie gedig funksioneel is. (2)
3.4 Spreek jou uit oor die funksionaliteit van die beletselteken in
versreël 10. (1)
3.5 Herlees versreëls 19 tot 20.
3.5.1 Benoem en verduidelik die funksie van die klankeffek
wat hier gebruik word. (2)
3.5.2 Wat is die funksie van die retoriese vrae? (1)
3.6 Watter boodskap het jy uit die gedig gekry? (1)
[10]
10
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.
Suiwer wiskunde – N.P. van Wyk Louw
1. Die uurwerk kantel. En die ligbruin by
2. hang roerloos voor die blom wat nooit bevrug
3. word, nooit sal saadskiet, welk, en nooit verby
4. hierdie verstarde uur sal groei. Die lug
5. het stil soos ys gaan staan, so wit en blou.
6. Die brander wat wou oorbuig, val, en skuim,
7. bly in sy ligter sirkels vasgehou
8. en moet sy see ‘n ewigheid versuim.
[Bron: Nuwe Verse, Tafelberg, 1954]
4.1 Herlees versreël 1.
Gee die denotatiewe en konnotatiewe betekenis van die
eerste drie woorde. (2)
4.2 Herlees versreëls 4 – 5.
4.2.1 Benoem die beeldspraak. (1)
4.2.2 Motiveer die geslaagdheid van hierdie beeldspraak. (1)
4.3 Spreek jou uit oor die funksionaliteit van die plasing van die
vetgedrukte woorde in versreël 5. (1)
4.4 Herlees versreël 6.
4.4.1 Waarop dui die woorde “oorbuig, val, en skuim”? (1)
4.4.2 Verduidelik waarom die woord “wou” in hierdie reël
funksioneel is. (1)
4.4.3 Is die gebruik van so baie kommas hier nie steurend
nie? Motiveer. (1)
4.5 Wat is die stemming van hierdie gedig? (1)
4.6 Haal enige voorbeeld van progressie uit die gedig aan. (1)
[10]
EN
11
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Waar ek woon – Karen Pienaar
1 Waar ek woon
2 ken ons nie werklik winter nie,
3 net
4 koue fronte
5 Bewolkte dae bring
6 geen reën–
7 net leë Beloftes–
8 en dou is die enigste
9 druppels wat klou
10 en kleef teen ruite en rame
11 soos weggeslukte trane
12 Waar ek woon
13 fluister Vlambome in Augustus
14 teen sonop en sononder
15 ‘n eed van kleur
16 oor ‘n bloeisel-kleed
17 in November
18 oor mooi weer in Desember
19 Waar ek woon blom
20 Jakarandas uit pas–
21 Oktober tot lank ná nuwe jaar
22 en baksteenmure bars, buig, sug
23 en staan skeef soos ‘n ou man se rug
24 Kanariegeel verf gemeng met ‘n braaivleisvuur
25 se as
26 is die kleur van die winter se gras en
27 die strate staan geraam met
28 bome van vergane geslagte
29 en die frons van tyd geëts in hul baste
30 Waar ek woon
31 tel ek té vroeg in Augustus
32 die sente wat moes
12
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
33 hou
34 tot die lente
35 en elke maand
36 is myle langer as Desember
37 maar dieselfde son skyn
38 hier
39 as op enige ander
40 plek
[Bron: My eie verse, 2021]
5.1 Watter retoriese middel kom in versreëls 1, 12, 19 en 30 voor?
Wat is die funksie daarvan? (2)
5.2 Met watter gedig het ons te doen indien ons na die uiterlike
bou van die gedig kyk? Gee ook EEN kenmerk om jou (2)
antwoord te staaf.
5.3 Herlees versreël 13.
5.3.1 Benoem die beeldspraak. (1)
5.3.2 Identifiseer die halfrym wat hierin voorkom. (1)
5.3.3 Spreek jou uit oor die effektiwiteit van dié halfrym. (1)
5.4 Wat word met die spreker se woorde in strofe 5 geïmpliseer? (1)
5.5 Op watter wyse word die woord in versreël 38 beklemtoon? (1)
5.6 Formuleer die tema van die gedig in jou eie woorde. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
13
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy
bestudeer het.
ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen
Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag)
VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG
Die roman Onderwêreld voldoen aan die vereistes vir jeugliteratuur
omdat die leser met die emosionele krisisse van die hoofkarakter
kan identifiseer.
Bespreek dié stelling in ʼn opstel van 400 – 450 woorde. [25]
VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSUELE VRAE
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat
volg.
TEKS A
“Hel, ek weet nie eers wát ek wil swot nie.” 1
Ek maak Eckardt se laptop toe en vee met my vingers oor die
Matrix-plakker op die buitekant.
“Ek dink ek sal iets in die lyn van computers gaan swot, sê Eckardt.
“Programming of Information Technology. Dit sal cool wees om 5
‘n job te hê waar ek steeds kan speel met die tools en systems wat
ek nou gebruik en om betaal te word daarvoor.” Sy gesig helder
sommer op toe hy dit sê. Ek kan hom nogal in so ‘n rigting sien, hy
sal goed wees daarin.
Ek wonder skielik wat John sou geswot het. Sou my pa hom steeds 10
in ‘n rigting gedruk het waar hy nie wou wees nie?
“Jy droom lekker,” sê Eckardt.
“Skies, ek dink sommer net.”
“Oor?”
“Oor hoe mens besluit,” lieg ek. “Ek meen, ek is nog so jonk. Hoe 15
moet ek weet wat ek vir die res van my flippen lewe wil doen?”
“Tja, die skole toets jou kamstig, gee raad. Maar op die ou einde is
die besluit joune. Ek dink jy moet luister wat jou hart sê.”
“My hart sê: ‘n toe bek is ‘n heel bek. Hy praat nie,” lag ek.
“Miskien moet ek oorsee gaan. Net so vir ‘n jaar of twee. 20
Maar ek sal sien hoe sit dit my pa se stress levels in die rooi.”
14
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
“Jeez, Greg, jou pa kan nie vir jou besluit nie,” sê Eckardt. “Jy is
byna agttien, my ou. Tyd om op jou eie bene te staan.”
“Jy ken obviously nie my pa nie,” grinnik ek. 25
“Jy’s reg, ek ken hom nie.” Daar is ‘n vreemde glinstering in Eckardt
se oë toe hy dit sê, maar hy tel weer sy boek op en ek vergeet
daarvan.
7.1 Teen watter agtergrond speel die gebeure af? (1)
7.2 Herlees reël 2 – 3.
Op watter wyse sluit die aksie van Greg in TEKS A by TEKS B
aan? (1)
7.3 Herlees reël 7.
Waarom dink jy helder Eckardt se gesig so op? (1)
7.4 Herlees reëls 10 – 11.
Verduidelik wat die rol is wat John in Greg se lewe gespeel
het. Dui ook aan wat met die vetgedrukte woord in reël 10
geïmpliseer word. (3)
7.5 By watter tema van die roman sluit reëls 10-11 aan? Gee nog (2)
een voorbeeld uit die roman waar dié tema voorkom.
7.6 Herlees die onderstreepte sin.
Stem jy saam met Eckardt se stelling? Motiveer jou antwoord. (1)
7.7 Herlees reël 25.
Verduidelik die ironie in Greg se woorde. Haal ‘n bewys uit die
uittreksel aan om jou stelling te staaf. (2)
EN
TEKS B
Toe hy omdraai en kamer toe stap, hoor hy sy pa sê: Nag. 1
Lekker slaap...” Sy pa sê sy naam, maar hy hoor dit nie. Sy naam
los op in die donker.. Verdwyn.
Maar dit is goed so, want jare later sou hy vir homself ‘n ander naam
kies. Een waarmee hy die vrees kon uitdryf. ‘n Naam wat sê hoe dit 5
15
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
voel om magteloos te wag vir antwoorde en net eggo’s uit die
onderwêreld in ruil te kry.
Ek tree terug, voel die koue glas van die galery se venster agter my
rug. Hoe kan dit wees?
“Die foto van jou gesin, jou broer, suster, jou pa-hulle...”sê-vra 10
ek.“Van die internet afgelaai. Ek het nie ‘n clue wie die mense is nie.”
“Die telefoonoproepe met jou ouers?”
“Dit was nie my ouers met wie ek gepraat het nie...”
Liewe hel tog! Skree dit binne my.
“Sien jy hoe fyn was dit beplan? Die aand toe ek weg is, het ek 15
ook alles net so gelos. My klere, boeke, selfoon, die laptop.
Nee, wag, die laptop het ek omgeruil. Ek het ‘n ander een gelos
wat niks sou beteken nie, self al soek hulle hóé vir leidrade.
Dit het gehelp om my tracks te cover. Ek moes tog vir die polisie iets
gee om te doen, om tyd te wen...vir jou.... 20
7.8 In watter ruimte bevind Eckardt en Greg hulle hier? Watter
dramatiese wending vind in hierdie ruimte plaas? (2)
7.9 Daar word van twee tipes vertellers in die uittreksel gebruik
gemaak. Benoem die twee en dui aan waar dit in die
verhaalstruktuur pas. (4)
7.10 Herlees reëls 4 - 5.
Wat is die naam wat Eckardt vir homself kies? Waarom het hy
nodig om vir homself ‘n ander naam te kies? (2)
7.11 Herlees reëls 5 – 7.
Op watter antwoord wag Eckardt waarop hy net ‘n eggo kry?
Noem nog TWEE eggo’s waarvan daar in die roman gelees
word. (3)
7.12 Herlees die laaste sin van die uittreksel.
Waarmee was Greg besig waarvoor hy tyd nodig gehad het?
Wat dink jy was die uiteindelike implikasie hiervan vir sy pa? (2)
7.13 Dink jy die gebruik van so baie Engelse woorde in die
uittreksel is gepas? Motiveer jou antwoord. (1)
[25]
TOTAAL AFDELING B: 25
16
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy
bestudeer het.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag)
VRAAG 8: KRISMIS VAN MAP JACOBS - OPSTELVRAAG
Die drama voldoen aan die vereistes vir protesteater. Die sosiale
misdrywe, milieu en uitsiglose bestaan se invloed word veral gesien
in die lewens van Map Jacobs en die Cavernelis-gesin.
Bespreek dié stelling in ʼn opstel van 400 – 450 woorde. [25]
VRAAG 9: KRISMIS VAN MAP JACOBS - KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksel hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat
volg.
TEKS C
Geluide 1
MAP: ‘Is in die kombuis, die skottelgoed. Dis net om die hoek,
in die gang af.
Stilte.
MAP: Ek sweer alles sal nou regkom, Ma ... Hulle moet my 5
net ʼn kans gee, daar buitekant ... Die social worker,
miss Africa, sy’t moet my gepraat, sy meen hulle sál vir
my ʼn kans gee. Ek moet ʼn werk kry, sy sê sy’s besig
om vir my yt te vind, ek het gesê vir haar enige soorte
werk, ‘it maak nie saak wat nie ... Dit maak nie saak nie 10
... Ek wil net daai kans hê, om te wys ... lat ek ’n
annerste man is ... Ma ... Sê tog vir Blanchie wat ek sê
Sy knik. Stilte.
MAP: Ma lyk goed. Hoe gaan ‘it moet Oompie Paulsen-hulle?
Die band practise seker al vir Krismis. Ek onthou ... Dis 15
regte mense daai, Oompie Paulsen-hulle. Oompie
Paulsen en Kaffi’tjie Arries, en Boytjie Louw, ek onthou
al hulle name even! Sê vir hulle sewe jaar is ʼn lang tyd,
maar ’is oek ʼn kort tyd, ek onthou al hulle name even
... en Danny Delcarme, en Bêrend Oliphant, en Freddy, 20
wat is sy van nou weer ... en Tommy Sobotker, Tommy
17
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
moet sy goetertjies! ... Kan Ma gló, ek kom ýt, op die
sewende ... O ja, Freddy la Vita ...
Sy knik.
MAP: Ek weet Uncle Cavernelis het nooit van my gehou nie, 25
maar sê vir hom ek het ge-veranner, Ma ... Hy hoef nie
meer te worry oor my moet Blanchie nie ... Sewe jare.
9.1 Herlees reëls 1–2.
Hoe help die toneelaanwysing aan die begin van die uittreksel
die leser om dié reëls te verstaan? (1)
9.2 Teen watter agtergrond vind hierdie gesprek tussen Map en sy
ma plaas? (1)
9.3 Het Map die kans gekry waarna hy in reël 5 tot 6 verwys?
Motiveer jou antwoord met TWEE bewyse uit die drama. (2)
9.4 Herlees reëls 8-10.
9.4.1 Verklaar die gebruik van die ellips. (1)
9.4.2 Waarom is dit korrek om te sê Ma se knik en stilswye
verkry ʼn dieper simboliese waarde? (1)
9.4.3 Hoe word die stilte eindelik opgehef? (1)
9.5 Is Map se onderstreepte woorde in reël 15-16 geregverdig?
Motiveer. (1)
9.6 Waar in die struktuur van die drama pas TEKS C in? Motiveer
jou antwoord. (2)
9.7 Die vetgedrukte woord in reël 18 is funksioneel en simbolies in
hierdie drama.
9.7.1 Wat is die implikasie vir die res van die gemeenskap dat
Map juis na sewe jaar vrygelaat word? (1)
9.7.2 Wie het Map die meeste in sy bekering bygestaan? (1)
9.8 Herlees reël 25.
9.8.1 Hoekom het Cavernelis nie van Map gehou nie? (1)
18
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
9.8.2 Cavernelis se lewensdoel het sy lewe oorheers.
Motiveer of hierdie stelling geregverdig is al dan nie. (1)
9.8.3 Is Cavernelis se strewe uiteindelik verwesenlik? (1)
EN
TEKS D
RICHIE: Anyway, 'is seker oek nie ons biesagheit nie... 1
CYRIL: Shit, hoe praat jy dan nou nes ou Tommy! (Lag. Hulle
speel hulle kerrim. Die kerrimskyfies is "kinders".)
Hê, my kinners is darem weer stout vi'dag!
RICHIE: Stoot, jong, stoot! 5
Hulle speel.
CYRIL: Hê, die ou-lady het toe nooit weer eintlik gepraat nie,
nè?
RICHIE: Ja! Sy loep ma’ altyd so silent-silent...
Hulle speel. 10
CYRIL: Hulle sê sy’s stom, ek mien, lat sy haar praat geverloor
het daai selfde aand nog toe dit gebeur het... Sy sê glo
net ‘n woord hier en daar, ma’ dis al...
RICHIE: ‘Is hearty...
CYRIL: Ja. 15
Hulle speel.
RICHIE: Hê, my kinnertjies, kom dan nou, kom dan nou!
Hulle speel.
RICHIE: ‘it was die shock van die ding, daai aand, sê hulle...
CYRIL: Concentrate op die game, man! 20
RICHIE: ‘It kán so gebeur, sê hulle...
CYRIL: Ek sil nie wiet nie, man, ek is nie ‘n fokken psychiatris’
nie! Speel!
Hulle speel.
19
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 JUNIE 2023
RICHIE: ‘It was glo daai anner vark, Gappie Martin, se skuld 25
eintlik... daai aand... Hulle’t altyd gesê ‘is hý wat die hele
ding begin het, daai aand...
CYRIL: Ma’ Map was die leader, man... Hy was mos altyd die
leader... Ennie leader moet die responsibility vat... Hulle
ammal was vuil varke... 30
9.9 Herlees reël 1 en 2.
Watter karaktertrek van Tommy kan duidelik uit die reëls
afgelei word? (1)
9.10 Herlees reëls 2 tot 5.
9.10.1 Dink jy die gebruik van personifikasie in hierdie reëls is
gepas? Motiveer jou antwoord. (1)
9.10.2 Watter karakter maak hom skuldig aan jou antwoord (1)
by 9.10.1?
9.10.3 Waarvan is hierdie spel ʼn simbool in die drama? (1)
9.10.4 Verduidelik hoe hierdie spel bydra tot die tema in
hierdie drama. (1)
9.11 Herlees reël 22 tot 23
9.11.1 Daar kom kru taal in die drama voor. Sou jy sê dit is (1)
gepas? Motiveer.
9.11.2 Met watter tipe teater het ons in die drama te doen,
waarvan kru taal ‘n kenmerk is? (1)
9.11.3 Wat wil Cyril met sy woorde bereik? (1)
9.12 Watter stemming kom in TEKS C voor en hoe verskil dit van
die stemming in TEKS I? (2)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
20
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2022 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2022 Memo

Question paper